iederark - maak dissipels van christus... jan.pdf · blow around—they land in our hearts and not...
Post on 09-Sep-2019
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Wat gebeur DV hierdie week….……
17 Januarie 2016
Iederark
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos kantoor@ngkmiederpark.co.za Sendingkantoor sending@ngkmiederpark.co.za Jeugkantoor jeug@ngkmiederpark.co.za
Sondag 17 Januarie
Erediens—Doop Sondagskool Gr 1-6
Selbediening vergadering Koffiediens
09:15
17:30
Maandag 18 Januarie
Ouderling vergadering Diakonie vergadering
18:00 18:00
Dinsdag 19 Januarie
FK vergadering Media vergadering
17:30 18:30
Woensdag 20 Januarie
Sending / Getuienis verg 18:00
Donderdag 21 Januarie
Vrydag 22 Januarie
Manne bid-uur 07:00 Saterdag 23 Januarie
Uitgawe 1/2016
God
ver
troo
s on
s ni
e om
ons
gem
aklik
te m
aak
nie,
maa
r om
van
ons
ver
troo
ster
s te m
aak
- J
H J
owett
WORDS AND SEEDS: "They do more than blow around—they land in our hearts and
not the ground.
Uitgawe 1/2016 Bladsy 2
SENDING GEBEDSVERSOEKE
HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Rosa Knobel en Susan Bester wat die boodskap van bed tot bed bring in die hospitaal. Bid asb vir hulle. Bid asb vir : Iemand met ’n afhanklikheidsprobleem
en wat negatief is oor behandeling. Iemand wat wag op uitslae van bloed-
kanker toetse. Iemand wat beroerte gehad het wat
baie groot besluite sal moet neem oor versorging en woonplek vir die toekoms.
BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Bid asb dat: Ons werk hier in God se wil sal wees.
Alle eer aan die Here vir ’n geseënde 2015. Ons bid dat hierdie jaar net so ge-seënd sal wees.
Phia is swanger, Izette trou April. Andre se operasie aan sy been was ‘n sukses en herstel nou.
Roy se dogter het verlede week ‘n seun-tjie ryker geword.
Ons dank die Here dat die reuse boom wat omgeval het Eben en Phia se huis gemis het.
Ons het reën baie nodig.
VERTIAS SENDING (Ds Dawie en Naomi de Wet) Die jaar begin met mening en die meeste op-leidingsgroepe hervat ook nou weer. Daarom vra ons ook voorbidding vir die volgende: Die opleiding van Franssprekende immi-
grante (die meeste uit die DRK) in die Kaap onder Jean-Blaise.
Die vyf onafhanklike kerke in Kayelitsha wat met opleiding begin het – daar is heelwat groeipyne en dit is ‘n uitdaging om hulle aan die gang te hou. Bid asb vir Pastt, Jimmy, Jafta, Eric, Nkotobe en Pe-
ter en vir elkeen se groep. Ekself gaan help vir dr Herman Steyn (die
Vrystaatse Streekdirekteur van Veritas College) met opleiding die week 24 tot 29 Januarie. Dit vind plaas in Vrede in die Noord-Oos Vrystaat. Ek sal die Module 1 groep neem en hy die Module 2 groep. Bid asb vir hierdie opleiding.
MALAWI SENDING (Pieter Loots) Ek wil vandag vir die Here so dankie sê dat ek ‘n voorreg gehad het om: Saam met Johan van Mosambiek na SA
te ry. Om gedurende die Kerstyd hier te wees
by my familie en soveel vriende te kon sien, en heerlik te rus.
Baie dankie dat ek saam met Ivan van Lilongwe kon terugry na Malawi.
Baie dankie vir soveel vriende wat vir ons gebid het.
Ivan kon getuig dat dit die eerste keer is wat hy na Malawi gery het sonder enige probleme langs die pad. Alles het goed deur die grense gegaan. Tot waar pad-versperrings was en ons vorige kere lank moes wag, het hulle terwyl ons aankom die valhek opgelig en gewys dat ons kon ry. Dit is wat gebed kan doen. Baie dankie gebedsvriende en baie dankie Here.
Bid asb vir my vir 2016 dat die Here oral in beheer sal wees en sal klop aan die deure van verlore siele.
Uitgawe 1/2016 Bladsy 3
HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem
word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief
by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die
NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die
leraars makliker om hulle tydens die weeklikse
hospitaalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te
spoor.
GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n
houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy
wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n
saak of dat ons by jou huis saam met jou
moet kom bid, gooi jou versoek in die
houer en dit sal opgevolg word.
Uitgawe 1/2016 Bladsy 4
As daar iets is wat elke ouer nodig het, dan is dit die beste toerusting om hul kinders die
beste opvoeding in die lewe te gee. God se wysheid oor kinderopvoeding, bly die beste,
omdat God die skepper van die huisgesin is. Die leraars wil ernstig pleit dat elke ouer
wie se kinders in Miederpark se jeugbediening ingeskryf is, die kursus oor Vaderskap
sal bywoon. Ons wil versoek dat (indien moontlik) Pa’s en Ma’s dit saam bywoon omdat
julle saam ʼn gedugte span kan vorm.
Dis maklik om ʼn Man te wees, maar waar leer jy om ʼn goeie pa te wees, veral as jy nie
ʼn goeie rolmodel gehad het nie (40% van alle kinders woon vandag nie by hul biologiese vaders
nie!). Boonop bestaan daar bitter min opleidingsgeleenthede vir mans om effektiewe
Pa’s te wees. Sonder dat die gemeenskap dit weet het afwesige Pa’s ( dit sluit pa’s in wat by
die huis is maar te besig is sodat hulle nie aandag aan hul kinders kan gee nie), die grootse probleem
geword wat bydra tot disfunksionele families. Afwesige Pa’s het ʼn enorme impak in die
lewe van kinders!
Kyk na die volgende statistiek (navorsing is in 21 lande wêreldwyd gedoen): 63% van selfmoorde kom van huise met afwesige pa’s
80% van verkragtings wat uit woede en frustrasie gepleeg word, kom van huise met afwesige pa’s
70% van jeugdiges in institusionele inrigtings wat deur die staat bestuur word, kom uit huise met afwesi-
ge pa’s.
85% van kinders met gedragsprobleme kom van huise met afwesige pa’s.
90% van kinders wat rondswerf sonder vaste huisvesting, kom van huise met afwesige pa’s.
71% van kinders wat nie hul skoolloopbaan voltooi nie, kom van huise met afwesige pa’s
Wanneer mans eienaarskap neem om hul lewe en prioriteite te verander en hul ver-
antwoordelikheid en outoriteit beoefen soos God dit bedoel het, kan dit ʼn reuse veran-
dering en impak in ʼn gemeenskap bring.
Nou is hier ʼn Puik toerustingsgeleentheid waar ouers mekaar begelei om
weer die pa en ma te word wat God bedoel het hulle moet wees.
Kursus besonderhede: Wanneer: Elke Dinsdagaand vanaf 6-8nm (2 Feb tot 8Mrt ) en Donder-
dag 17 Maart sluit ons af.
Internasionale kursusmateriaal ontwikkel deur: Cassie Carstens “The
World needs a Father”.
Aanbieder: Ds Willem Louw
Waar: NG Miederpark (h/v Suikerbos en Aarbeilaan, Potch.)
Koste: Materiaal word gratis voorsien (vrywillige donasies welkom)
Registreer vooraf deur jou naam, van en sel nommer per sms te stuur na
ds Willem (sel. 082 340 7549 of e-pos: willem@ngkmiederpark.co.za )
Wat elke Pa en Ma moet weet!
Uitgawe 1/2016 Bladsy 5
Beste vriend Die geestelike leiers van die stad (verteenwoordigend van verskillende denominasies) wil u drin-gend uitnooi na ʼn spesiale geleentheid van gebed en verootmoediging vir ons stad en land. Plek: Elgro Hotel (groot saal) Wolmarans str. 60, Potchefstroom Datum: Woensdagaand 27 Januarie 2016 Tyd: 18:30 Verskeie pastore en leraars in die stad besef:
Die droogte toestand het ramp afmetings oor die land aangeneem. (Ons neem kennis, en is dankbaar dat daar reeds talle biddae vir reën gehou is en steeds gehou word in verskeie gemeentes in die stad). Ons is ook dankbaar oor reën wat in sekere dele geval het. Ons glo dit gaan egter oor meer as net die droogte! God praat met ons.
Almal is dit eens dat die Kerk self, op verskeie terreine in ʼn krisis verkeer. Ons is oortuig dat God besig is om sy gelowige kinders op verskeie maniere aan te spreek (bv. deur die na-tuur, die ekonomie, die sosiale ellende, die korrupsie in die regering, ens. Die lys kan on-eindig uitgebrei word…)
Die land verkeer in ʼn krisis. Die regering het leiding en gebed nodig. Die vergadering was dit eens dat die boodskap van God soos verwoord in 2Kron.7:13-14
ook in hierdie tyd van toepassing is: “As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hul bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.”
Dit was die algemene gevoel dat meer gedoen moet word as die normale wat reeds binne elke gemeente gebeur. Dit gaan immers om die eer van God. God roep ons tot gebed, en ʼn soeke na Sy wil. Hy roep ons tot berou en bekering. Daarom kan die Kerk nie stilsit en swyg nie. Ons moet ook kollektief saam bid (Pred. 4:9 -12... twee is beter as een!). Ons weet dat God elkeen oproep tot selfondersoek. Daarom wil ons as Kerk in die gemeen-skap oor denominasionele grense heen spontaan byeenkom en ons voor God gesamentlik verootmoedig. So ʼn gebedsgeleentheid kan mense help om bewus te word van God se Heiligheid en ons eie sondige leefstyl. Dit berei die hart van die gemeenskap voor om die wil van God meer ernstig te soek.
Ons glo die geleentheid kan God se kinders inspireer om voortgaande elkeen in sy eie binne-kamer, eie gesin en eie gemeente met groter toewyding, hul voor God te verootmoedig. (Ons moedig daarom ook ons medegelowiges aan om voort te gaan om geleenthede vir gebed en verootmoediging te skep in hul eie gemeentes. Dit kan ʼn dag, ʼn week van ge-bed, of verskeie ander vorme aanneem.)
Ons roep u op om saam te kom buig voor die Almagtige God en u saam met ons in gebed te kom verootmoedig! Ons vra dringend dat u ook u vriende, familie en kollegas uitnooi en die inligting help versprei. Groete in Christus Ds Willem Louw (namens die interkerklike forum van Potchefstroom.) Navrae: 0823407549
Uitgawe 1/2016 Bladsy 7
Verjaarsdae Januarie
Gouws Johan 01-Jan
Hattingh Alexander 01-Jan
Kirstein Tanya 01-Jan
Lindeque Leonard 01-Jan
Nel Rika 01-Jan
Stemmet Mia 01-Jan
Lindeque Leon 02-Jan
Scheepers Luan 02-Jan
Swart Hettie 02-Jan
Du Toit Wynand 04-Jan
Du Toit Karin 04-Jan
Harris Ruan 04-Jan
Mieny Alyssa 04-Jan
Rudd Jeandré 04-Jan
Beukes Pattie 05-Jan
Combrinck Sherien 05-Jan
Esterhuizen Magriet 05-Jan
McKellar Cindy 05-Jan
Scheepers Willem 05-Jan
De Klerk Pieter 06-Jan
Hamilton Robert 06-Jan
Smit Bianka 06-Jan
Heyneke Eva 07-Jan
Menezies Maxie 07-Jan
Ranft Cornelius 08-Jan
Stassen Sonja 08-Jan
Theart Ludi 08-Jan
Kanes Willem 10-Jan
Peach Miné 10-Jan
Pavier JC 11-Jan
Visagie Mia 11-Jan
Gouws Ruan 12-Jan
Rudolph Ruandie 12-Jan
Van Greunen Marion 12-Jan
Wallis Mariet 12-Jan
Engelbrecht Rudie 13-Jan
Minny Izette 14-Jan
Smit Joey 14-Jan
Botes Jaco 15-Jan
Stander Heleen 15-Jan
Uys Magda 15-Jan
Barnard Schalk, Jr 16-Jan
Jacobs Henry 16-Jan
Labuschagné Jan 16-Jan
Van der Walt Eljo 17-Jan
Van Staden Johan 17-Jan
Botes Wietzké 18-Jan
Coetzee Johann 18-Jan
Pretorius Lee-Ann 18-Jan
Van Wyk Hester 18-Jan
Bronkhorst Mariëtte 19-Jan
Le Roux Tommie 19-Jan
Myburgh Tanja 19-Jan
Grobler Karien 21-Jan
Jacobs Jakes 21-Jan
Nel Janise 21-Jan
Van der Riet Maryn 21-Jan
Willemse Phillip 21-Jan
Van Eck Janica 22-Jan
Calitz Taenique 23-Jan
Du Toit Lizl 23-Jan
Erasmus Johnny 24-Jan
Strydom Liana 24-Jan
Van der Merwe Theo 24-Jan
Moolman Pieter 25-Jan
Reinecke Antoinette 25-Jan
Yoyner Yolandi 25-Jan
Roux Carin 26-Jan
Greeve Anneke 27-Jan
Van der Riet Johan 27-Jan
Conradie Annedine 28-Jan
Geldenhuys Ben 28-Jan
Van Bosch Mari 28-Jan
Van Niekerk Ruan 28-Jan
Van Niekerk Krizelle 28-Jan
Grobbelaar Cornel 29-Jan
Rex Caroline 29-Jan
Steyn Jeanne 29-Jan
Smit Elka 30-Jan
Van der Lith Sandra 30-Jan
Swart Diedré 31-Jan
Uitgawe 1/2016 Bladsy 8
Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein
advertensies @ R100 pm (vir vier plasings)
vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n
outomatiese verskyning op die webblad in.
Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600
pm. Inbetalings word by die kerkkantoor ge-
doen. Advertensies word vooraf opgestel en
elektronies tesame met die inbetalings-
bewys na Naomi gestuur. (Naomi en die
Mediabestuur hou die reg voor om ad-
vertensies wat indruis teen die etos van die
gemeente, nie te plaas nie. Die voorreg om
in die Iederark te adverteer is slegs vir in-
geskrewe lidmate van die gemeente beskik-
baar.)
Redakteur:
Naomi Scheepers
E-pos gerus enige voorstelle, idees of
bydraes na:
naomischeepers@hotmail.com
(Kritiek Welkom!)
top related