des jan 2013

9

Upload: lilla-fourie

Post on 31-Mar-2016

229 views

Category:

Documents


6 download

DESCRIPTION

A bi-monthly seniors magazine

TRANSCRIPT

Page 1: Des jan 2013
Page 2: Des jan 2013

Voorportaal / Foyer

6 Redaksioneel / Editorial 2013: What did it hold for you?/ Vir jou, 2013 die jaar van wat?7 Briewe9 Desalination–IanRaper10 Motorbestuur–hoelanknog?– Jan Bekker

FestiveSeason/Feestyd

11 Foodforthought–Angus Buchan 12 Kerstyd:lagtydofhuiltyd?– Werner van der Walt13 DieKrismiskers–Marianne Collin14 Aftree-oordsemurevanliggies15 Onefortheroad–OraLarkin19 Beplan‘ngesondefeesmaal hierdieKersfees–Charmaine Nel

Woonenleef/Life-style

22 Apositiveattitudetowards retirement–JohannesJordaan24 RetirementExpo26 Oorseemaarnet‘nklipgooiver –EleineRoets

Mense / People

40 Francois en Elizabeth kuier dié Kersfeesvanharttothart– LouisevanNiekerk42 SarelMeyerhelpinghandofthe year-JuanitaduPreez43 There’snoslowingdownHip op Gran

Plus 50 is ‘n onafhanklike 2-maandelikse publikasie wat die belange van senior burgers in die RSA bevorder. Hoewel Plus 50 beskikbaar is as mondstuk van erkende seniorsorganisasies is dit redaksioneel en finansieel onafhanklik. Plus 50 word onderskryf deur GrysKrag.Alle kopiereg van die inhoud word voor-behou. Geen deel mag op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toe-stemming van die uitgewer nie.Kort uittrek-sels (maksimum 60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits volledige erkenning aan die skrywer en die pub-likasienaam en -datum gegee word. Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van medewerkers is nie noodwendig die van die blad nie.

Plus 50 is an independent 2-monthly pub-lication promoting the interest of senior citizens in the RSA. Although Plus 50 is available as a mouthpiece for recognized seniors organisations, it is editorially and financially independent. Plus 50 is en-dorsed by GreyPower.All copyright of the contents is held by the publisher. No part of the publication may be reproduced in any way without the written permission of the publisher. Text extracts of not more than 60 words may be used without prior permission, provided that the author, the magazine name and date of publication are acknowledge. The editor reserves the right to change and/or shorten articles. The publisher accepts no responsibility for the content of advertisements. The opinions of contributors are not neccessarily those of the magazine.

Desember 2013 Januarie 2014 | December 2013 January 2014

Inhoud Contents

40

4 | Plus 50 • Desember 2013 / Januarie 2014

Page 3: Des jan 2013

Plus 50 • December 2013 / January 2014 | 5

44 Ligjarevanmusiek46 Chasingmorethanmedals: cyclingforcharity–SusanDaly48 Dieleweasentrepreneurbegin na50–LillaFourie50 50plus50–LillaFourie53 Arrangingafuneral-SonjaSmith

Moneymatters/Geldsake

54 Boedelbeplanning–NicoSwart59 Rek daai Rand, al is hy nie van rubbernie–InaWilken61 Managingdebt–DaveCrawford

Gesondenfiks/Healthandfitness

62 Theageingeyeandmacular degeneration64 Spatare–RiekieSmit66 Vroue,blygesondlewenslank- Daleen Malan67 Whyexerciseatourage?– IonaHenning68 Wateraerobieseoefeningehou joujonk–CarlavanderSpuy83 Hallusinasiesgepaardmet Alzheimersesiekte– GerrieScheepers84 Excessivesweating86 3DMammography88 Sukkeluomtehoor?112Sneezingafterforty?Adultonset ofallergiesarerising– DrSureneFourie

26 4819

WIN! WEN!

Beauty / Voorkoms

92 Howtoslowdownyourageing– DrJohnDemartini96 Hormonebalanceforharmonious ageing–DrBurtJooste99 ToBotoxornottoBotox– Dr G Wolfaardt100Hairloss–MimmieLancaster102 Anti-ageinginthe21stcentury -DrSanta-MariéVenter104 Hitrewind–CaitlinWright

Ooknog.../Andalso...

105 Aftrede-seminareskopsuksesvol af–MartieSquier108 WATBorg‘nwoord109 Ekook‘nskrywerofdigter? Hoekomnie?110 Boeke nou op die rak113 Thefascinatingworldofstamps– Johan van Wyk114 Rekenaarles13–DieterBruijns115 Blokraai116 Intekenvorm

Beauty products/Skoonheidsprodukte: 98,

Beauty and wellness supplement

Gesondheidprodukte/Health products: 91

Beauty and wellness supplement

Blokraai/Crossword: 115

Subscriber/Intekenaar: 116

Boeke/Books: 110

Page 4: Des jan 2013

40 | Plus 50 • Desember 2013 / Januarie 2014

“Wil jy dans Carina, gee net kans Carina … alles is die moeite werd om te probeer, ek vra jou nog ’n laaste keer...” Die refrein en meesleurende deuntjie van Francois en Elizabeth se grootste treffer word onwillekeurig uit my geheue opgediep met die gedagte aan ’n ontmoeting met dié gewilde sangpaar. Toe die liedjie meer as 30

Francois en Elizabeth

MENSE

Francois en Elizabeth Fourie – een van die gewildste en mees geliefde sangpare in Afrikaans – wil nie “sterre” wees nie. Met talle toekennings, treffers wat die toets van die tyd deurstaan het, en optredes van die Kaap tot in Europa en Australië op hul kerfstok, bly hulle plat-op-die-aarde-mense. “Ons is kaalvoet-mense; gewone mense wat ’n talent gekry het waarmee ons ander met vreugde wil dien.” Louise van Niekerk het met hulle gesels oor hul musiek, oor Kerstyd en oor die nuwe vreugde in hul lewens – hul eerste kleinkind.

jaar gelede opgeneem is “net vir die lekker,” het hulle nooit kon droom dat dit vir hulle die deur sou oopmaak na ‘n luisterryke musiekloopbaan van meer as drie dekades lank nie. Die deuntjie draal steeds in my kop op pad Roodepoort toe waar ek by hul dogter, Minette, se huis hartlik ver-welkom word vir die onderhoud.

kuier dié Kersfees van hart tot hart

Page 5: Des jan 2013

Plus 50 • December 2013 / January 2014 | 41

om in die nuwe jaar sy tyd meer doeltreffend te bestee. “Tegnologie sluk deesdae mense se tyd in – dinge soos TV, selfone en rekenaars steel ons tyd; dit vreet ons tyd op – totaal, dit steel ons joy,” sê hy. “Ons moet dit nie toelaat nie; ons moet ’n besluit neem dat dit ons nie sal oorneem nie. Ouer mense moet minder TV kyk; hulle moet tyd maak om te stap; tuin te maak, iets vir hulle medemens te doen...” Vir Elizabeth is elke nuwe jaar ‘n simboliese nuwe begin, ‘n nuwe kans. “Dit is ‘n tyd om boeke toe te maak oor dinge wat verby is en vorentoe te kyk,” sê sy. Daar is nog so baie om oor te gesels, maar die Fouries, wat pas uit George teruggekeer het, wil nog terugry na hul eie plekkie in Parys by Vaal de Grace op ‘n eiland in die Vaalrivier; hier kan hulle hul skoene uitskop vir ‘n welverdiende blaaskans in die pragtige natuur. Toe ek terugry Pretoria toe, besef ek dat dié twee mense se lewensvreugde aansteeklik is – “Ons lief die lewe, ons lewe voluit,” sê hulle. Hulle wil dans, hulle wil sing, hulle wil dien en alles is tog die moeite werd. Ek luister in die motor na die Saam-sing Liedjies-CD wat ek by hulle gekry het om vir my eie kleinkind te gee, en in my geestesoog sien ek reeds hoe hy sy voetjies stamp, sy armpies swaai en kraai van plesier op die maat van die Wielie Walie medley, die Rockstar Twinkle Song, Mangwane Mpulele, en die Plaasdiereliedjie…

Carina, wat beteken “om lief te hê,” sê Elizabeth, was nie ‘n spesifieke meisie nie, maar die betekenis van die naam is vir my “nogal baie spesiaal.” Terwyl ons op die gesellige stoep gesels, word dit ook duidelik dat om lief te hê en liefde te gee ’n integrale deel van dié duo se lewens is. Hulle liefde vir mekaar, vir hul gesin, hul eersteling-kleinkind, hul gehore – veral bejaardes en kinders – straal uit hulle uit. Musiek is vir hulle ’n manier om met mense te kommunikeer en iets van hulleself te gee. “Dis meer as woorde, dit gaan dieper; dis so wonderlik, want ons werk met mense se harte,” sê Elizabeth. Hulle optredes, verduidelik sy, is ‘n “kuier van hart tot hart; daar moet iets agterbly wat die gehoor met hulle kan saamneem.” En wanneer die Kersseisoen aan-breek, verdiep dié behoefte om te gee, want, sê Francois, “dit bring vir baie mense ook heimwee, soos vir eensame bejaardes en behoeftiges. Dan het ons die geleentheid om vir hulle die lig van Kersfees te bring met Kerssangkonserte en Kerssangdienste. Dis ’n geleentheid om weer hoop te bring; die blydskap en die betekenis van Kersfees te kan oordra.” Vir Elizabeth is Kerstyd ook ’n per-soonlike herdontdekking van Christus se geboorte, maar, sê sy, “Dit maak my benoud dat Kersfees so kommer-sieel geword het. Eintlik is Kerstyd heeltyd, want Jesus is heeltyd.” Kerstyd is ook familietyd, maar met hul besige skedules kan die Fouries nie altyd Kersfees saam met die familie wees nie; daarom is enige tyd saam met hul geliefdes vir hulle kosbaar. En deesdae is dit selfs meer spesiaal, want hulle het onlangs vir die eerstekeer die vreugde gesmaak om groot-ouers te word. Klein Johan met sy helderblou ogies, blosende wangetjies en innemende glimlag, draai duidelik vir Oupa Francois en Ouma Elizabeth om sy perfekte klein pinkie! Hulle kan net nie genoeg van dié bondeltjie vreugde kry nie. Elizabeth se jongste CD, Saamsing Liedjies, is ook aan hom opgedra. “Hierdie CD is gemaak met liefde en blydskap oor ons eerste kleinkind, Johan,” lees die inskripsie op die CD se omslag.

P

Maar wat maak oupa- en oumawees vir hulle so besonders? “‘n Mens sal dit nooit verstaan as jy nie daar is nie,” sê Francois, wat hom voor Johan se geboorte voorgeneem het om nie soos baie grootouers, oorboord te gaan met die nuwe rol nie. “Maar Johan was skaars uit, toe stuur ek reeds die eerste foto’s van hom die wêreld in,” lag hy. “Ons weet net, die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie...” Daar’s baie dinge wat oupas en ou-mas in hul kleinkinders se lewens kan inplant, meen die Fouries. Ouma en Oupa moet vir hulle ‘n veilig plek wees waar hulle na hartelus kan speel, waar hulle stories hoor, en kan sing en lag. “Oupa en Ouma moet daardie ekstra tyd kan gee wat Pa en Ma nie kan gee nie,” beaam albei. “Ouer mense dink dikwels hulle is nie meer nodig nie, maar hulle moet besef hulle het ’n ongelooflike skat van kennis,” sê Francois. “Juis omdat hulle soveel kan gee – liefde, hartlikheid, lewenservaring, stories – is hulle van onskatbare waarde.” En, voeg Eliza-beth skertsend by, ”Oumense het nog Boere-ordentlikheid!” Francois en Elizabeth het nog altyd ‘n besondere sagte plekkie vir be-jaardes gehad. “Ons weet ook dat hulle ons musiek baie waardeer en geniet en ons tree graag vir dienssen-trums en bejaarde aksies op,” vertel Elizabeth. “Ons spesiale fokus vir 2014 is juis om by meer aftree-oorde op te tree,” voeg Francois by. Francois het hom ook voorgeneem

Page 6: Des jan 2013

50 | Plus 50 • Desember 2013 / Januarie 2014

50 plus

50Lilla Fourie

Jeanne Theron het hierdie jaar ‘n Groot Verjaardag gevier,

maar haar geesdrif vir die lewe en haar belangstelling in haar

medemens het met die jare niks minder geword nie.

Page 7: Des jan 2013

Plus 50 • December 2013 / January 2014 | 51

MENSE

Jeanne Theron lees elke dag die koerant. As sy weg was en ‘n paar uitgawes nie onder oë gehad het

nie, rus sy nie voor sy die stapeltjie koerante goed deurgekyk het nie. “Ek’s bang ek loop iets mis,” erken sy en verklap sommer daarmee haar lewensingesteldheid van die afgelope 100 jaar. Ja, sy het in Februarie vanjaar ‘n hele eeu se lewe gevier. Hierdie lewe het in 1913 in Engeland begin waar haar ouers destyds gewoon het. “Maar ek het op Malmesbury groot-geword, soos julle seker uit my Swart-landse Afrikaans kan hoor,” sprankel sy. Haar kinderdae op Malmesbury was sorgvry. Sy’t musiek gemaak en geteken en in standerd 9, tot groot trots van haar skool, haar eerste kinderstorie met eie illustrasies gepu-bliseer. Sy het £5 daarvoor ontvang. Na matriek het ‘n beurs haar in staat gestel om Skone Kunste aan die Uni-

versiteit van Kaapstad te gaan studeer. En toe in haar vierde jaar, soos ‘n grepie uit ‘n Mills & Boon-romanse, was sy in ‘n motorongeluk betrokke, is deur die romantiese held uit die wrak gered en by die hospitaal besorg. Hy het elke dag kom kyk hoe dit gaan, ook nadat sy terug was by die huis, met die verskil dat hy nou sy viool saamgebring het. Hy was ‘n kranige violis en sy ‘n opgeleide pianis. Hulle het ure saam musiek gemaak en toe sy haar oë uitvee, was sy met die jong prokureurtjie Johan Theron getroud! Tussen die grootmaak van hulle 3 kinders deur, het sy kleutermusieklesse aangebied en stories vir Die Kleinspan en Die Jongspan geskryf en geïllus-treer. Sy het ook ‘n tabakboervrou geword! Want soos sy, het Johan ‘n waag-moedige avontuurlus gehad. Hy het ‘n tabakplaas by Brits gekoop al het hy van boer en tabak ewe min geweet. Hy het begin oplees oor tabak-boerdery, sy het alles oor die hante-ring en droog van tabakblare gaan leer en hulle het sommer al in hulle eerste jaar op die plaas ‘n pragtige oes gehad – wat die hael in een middag verwoes het! Hulle dae op die tabakplaas was getel toe Johan as Hansard-skrywer by die Parlement aangestel is. Hulle het die plek verkoop en in die Kaap gaan woon, eers in Oranjezicht en later in Milnerton.

Na Johan se dood het sy teruggetrek Pretoria toe om naby die kinders te wees. Sy het by die RGN as kunsna-vorser gaan werk en later ook met taalnavorsing gehelp. “Dit was wonderlike interessante jare daardie,” gesels Jeanne. “Ons het oral in die land rondgereis.” Deesdae is sy net ‘n leunstoelreisiger, maar ook dit doen sy met oorgawe. Sy lees elke aand tot laat en sommer twee boeke op ‘n keer. Sy raak nie deurme-kaar met die stories nie, net somtyds as die boek baie karakters het, moet sy ‘n lysie maak om te kan onthou watter eienskappe elkeen het en waar hy in die storie inpas. Jeanne woon lekker in Harmonie-hof, 24 jaar lank al. Sy is ‘n gewilde inwoner wat altyd ‘n simpatieke oor het vir ander mense se probleme en graag in hulle vreugde deel. Sy sorg ook dat daar klavierbegeleiding is by bidure en ander geleenthede. Haar aanslag is fors, die vingers steeds rats, artritis en ‘n gebreekte hand ten spyt! Sy staan maklik van die klavierstoeltjie op, skuif dit terug en stap kersregop na die tafel om te gaan tee skink. “So baie mense vra vir my wat ‘n mens moet doen om so goed oud te word, maar ek het nie ‘n antwoord nie, behalwe dat dit alles net genade is,” glimlag sy. P

Boekies wat Jeanne Theron geïllustreer het

Page 8: Des jan 2013

54 | Plus 50 • Desember 2013 / Januarie 2014

gens wetsbepalings) ná jou dood. Vir elke R1 miljoen betaal jy dus R35 000 aan die eksekuteur. Daar moet ook geld aan die Meester van die Hoë Hof betaal word vir die goedkeuring van jou finale boe-delrekeninge soos deur die eksekuteur opgestel. Daar is ook advertensiekoste om in die plaaslike en Staatskoerant te adverteer dat jy dood is en dat alle skuldeisers teen jou boedel moet eis. Die oordrag van vaste eiendom en plase na erfgename het talle koste-items tot gevolg, byvoorbeeld: hereregte; oordragkoste; seëlkoste; eiendomswaarderingskoste; verband-kansellasiekoste; ens. Al hierdie koste-items gaan ná jou dood ontstaan, bo en behalwe jou uitstaande boedelskuld (rekenings, lenings en verbande) wat ook betaal moet word.

Bepaal jou likiditeitLikiditeit beteken jou vermoë om sowel jou uitstaande skuld as die laasgenoemde koste wat by jou dood ontstaan, te kan betaal. Jy moet dus

GELDSAKE

Almal het ‘n boedel, veral teen die tyd wat hulle aftree of afgetree het. Net so probeer almal deurgaans in hulle leef-tyd hierdie boedel vergroot en weet meestal nie dat die staat alles moontlik doen om die boedel ná jou dood op verskillende maniere te belas nie. Die geheim is juis om jou boedel regdeur jou lewe te beplan, sodat die minimum boedelkoste ná jou dood gehef sal word.

Wat is boedelbeplanning?Jou boedel is die naam wat die wet gee vir al jou besittings wat in geld-waarde uitgedruk kan word. Al jou bates en laste vorm dus jou boedel. Boedelbeplanning (vir klein sowel as groot boedels) verwys na beplanning vir die oordrag van jou boedel na jou erfgename ná jou dood. Jou erfge-name kan mense (natuurlike persone), organisasies of regspersone wees (maatskappye en trusts).

Hoe doen mens boedelbe-planning? Die boedelbeplanningsproses in 6 stappe:

Stap 1: Bepaal jou boedelbatesJy moet eerstens al die verskillende bates in jou boedel identifiseer en ‘n markwaarde daarvoor bepaal.

Identifiseer die batesMaak ‘n lys van al jou bates (meubels, huishoudelike toebehore, voertuie, implemente, geboue, plase, vee, besighede, pensioen, polisse, beleg-gings). Vra jou boekhouer om jou te help.

Bepaal die waarde van jou batesJy moet ‘n realistiese markwaarde vir elke tipe bate bepaal, of laat bepaal

met die hulp van ‘n geswore eien-domswaardeerder, jou boekhouer of prokureur. Gebruik jou finansiële state, korttermynversekeringskontrak en poliskontrakte om te help. Die totale waarde van al jou besit-tings (jou boedel) word die bruto waarde van jou boedel genoem.

Stap 2: Bepaal jou boedellasteNou moet jy jou skuld lys en die waarde daarvan bepaal. Jy moet ook die koste wat ná jou dood ontstaan tydens die bereddering (afhandeling) van jou boedel hierby tel.

Identifiseer jou lasteMaak ‘n lys van al jou rekenings, lenings en verbande. Gebruik jou finansiële jaarstate en huishoudelike begroting as riglyne.

Bepaal die waarde van jou lasteDie totale waarde van al jou laste in jou boedel moet nou van die bruto waarde van jou boedel afgetrek word om die netto waarde van jou boedel te bepaal. Sou jou boedel se netto waarde meer as R3.5 miljoen beloop, betaal jy boedelbelasting op die bedrag teen ‘n koers van 20%. Vir elke miljoen Rand bó hierdie bedrag (korting), betaal jy dus R200 000. Net so moet jy byvoorbeeld kapitaal-winsbelasting betaal vir die groei in die waarde van sekere bates, byvoor-beeld beleggings, vaste eiendom of plase. Jy moet ook eksekuteurskoste aan die eksekuteur betaal op die bruto waarde van jou boedel teen 3.5%. Die eksekuteur is die persoon, finansiële instelling of versekeringsmaatskappy wat jy in jou testament aanstel om jou boedel te beredder (af te handel vol-

Beplan jou boedel só

Nico Swart

Page 9: Des jan 2013

Plus 50 • December 2013 / January 2014 | 55

beplanners, moet jy die mees geskikte tegnieke vir jou boedel kies. Jy kan byvoorbeeld besluit om jou testament te verander, ‘n groot lewenspolis uit te neem en om ‘n trust ná jou dood op te rig.

Stap 5: Implementeer jou boe-delplanTydens hierdie stap moet jy die tegnieke waarop jy in die vorige stap besluit het, in werking gaan stel.

Stel dokumente op Jy moet na die prokureur gaan en ‘n testament laat opstel waarin aangedui word dat jy ‘n bepaalde tipe trust ná jou dood wil oprig. Verder moet jy jou makelaar raadpleeg en die lewens-polis uitneem vir ‘n bepaalde bedrag, byvoorbeeld R4 miljoen.

Stel erfgename in kennis – jou keusePasop vir konflik tussen erfgename oor jou boedelplanne tot en met jou dood, asook daarná.

Stap 6: Hersien jou boedelplanBoedelbeplanning is ‘n deurlopende proses regdeur jou lewe. Sodra enige aspekte rondom jou boedel verander, moet jou boedelbeplanning daarvol-gens aangepas word. Die volgende gebeure verg die hersiening van jou boedelplan: ‘n nuwe baba; egskeiding (jy self of jou kinders/kleinkinders); nuwe beleggings; jy koop of verkoop vaste eiendom of ‘n plaas; jy koop vee of implemente; die dood van ‘n erfge-naam; of jy trou weer. Hierna begin jy elke keer weer by stap een en volg al die stappe tot by stap ses.

Die geheim is dus om jou boe-del sodanig regdeur jou lewe te beplan dat jy ten tye van jou afsterwe baie min aardse besittings op jou naam het. Alternatiewelik moet jy oor reuse lewenspolisse beskik wat jou boedel se boedelkoste kan betaal ná jou dood.

(Nico Swart is outeur van meer as 70 boeke oor persoonlike finansiële beplanning en is Hoof: Persoonlike finansiële bestuur, Unisa)

likiede middele soos kontant, beleg-gings en lewenspolisse hê om al die kostes ná jou dood te kan betaal.

Stap 3: Stel jou boedeldoelwitteJou boedeldoelwitte moet veral die versorging van afhanklikes vooropstel. Die belangrikste doelwitte is: die be-skerming van jou bates; die oordrag van jou boedel teen die laagste koste; en die voorsiening van voldoende likiede middele om jou boedel te kan oordra.

Identifiseer jou erfgenameElke boedeleienaar moet vooraf besluit wie moet erf, byvoorbeeld: kinders; kleinkinders; familie; vriende; organisa-sies; ens.

Bepaal wat elkeen moet erf Aan elke erfgenaam moet ‘n bepaalde bedrag, belegging of vaste eiendom toegeken word. Sou daar slegs een eiendom of besigheid bestaan en drie erfgename, moet die eiendom byvoor-beeld: verkoop en die geld in drie verdeel word; of ‘n trust gestig word.Besluit wie die bates moet beheer

Dit is belangrik dat iemand met die nodige kennis byvoorbeeld die fami-liebesigheid of die vaste eiendomme sal bestuur. Die volgende persone moet in jou testament gediskwalifiseer word om dit te doen: ‘n kranksinnige; ‘n psigopaat; ‘n verstandelik gestrem-de; en ‘n verkwister.

Stap 4: Kies die boedelbeplan-ningstegniekeDaar bestaan verskeie tegnieke wat jy kan gebruik om jou boedelprobleme te help oplos. Verskeie tipes professionele persone kan gebruik word om jou te help om die mees geskikte tegniek(e) vir jóú boedelsituasie te kies.

Kies jou span beplannersMaak gebruik van professionele beplanners om jou te help met jou boe-delbeplanning, en soos volg: makelaar vir beleggings; prokureur vir regsas-pekte; geoktrooieerde rekenmeester/ouditeur vir inkomstebelasting; en ‘n geswore waardeerder of eiendoms-konsultant vir vaste eiendom/plase.

Bepaal beskikbare tegnieke Verskeie tegnieke bestaan om ons te help met boedelprobleme as gevolg van ons verskillende finansiële situ-asies. Kom ons kyk na enkele tegnieke.• Die trust inter vivos: ‘n Trust is ‘n regspersoon net soos ‘n maatskappy. Sou jy ‘n trust stig terwyl jy nog leef, word dit ‘n trust inter vivos genoem. Jy kan byvoorbeeld ‘n vaste eiendom of ‘n besigheid in ‘n trust plaas (onthou die koste) en dit bestuur vir ‘n erfge-naam. Jy het dus geen koste ná jou dood in dié verband nie.• Testamentêre tegnieke (tegnieke wat jy binne in jou testament kan gebruik): jy kan ‘n nuwe testament opstel; jy kan ook ‘n testamentêre trust in jou testament skep wat ná jou dood deur die eksekuteur opgerig sal word; jy kan die plaas/woonhuis aan die een kind bemaak en die inkomste vanuit ‘n besigheid (die vruggebruik) aan die ander; of stig ‘n maatskappy en bemaak die gewone aandele aan die kinders sodat die besigheid in hulle naam groei.

Kies toepaslike tegniekeNadat jy die tegnieke ontleed het met die hulp van die professionele

P