geïntegreerde maatskaplike dienste die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by...

5
In a recent gathering of the Integral Leadership Collaborative, Dr With these words he touched on the sensitive issue of designing In a recent gathering of the Integral Leadership Collaborative, Dr Don Beck said: “We’ve got ourselves a Split World. How do we close the gaps? So far many of the attempts to do that failed. Hearts and minds of both sides have not been connected to a common goal and value. Instead of trying to resolve issues in the past, people have to design their future conditions. And of course we have to deal with the fear.” With these words he touched on the sensitive issue of designing our future conditions and the fear we naturally have in doing so, but to prevent us from failing in this process our minds and hearts should be connected to a common goal and value. Let us focus on our shared values and create future living conditions for our residents in which they will thrive and enjoy life to the fullest of their ability. RESIDENSIëLE DIENSTE: SPORT EN ONTSPANNING: Gedurende die somer is die Bocce in volle swang. Daar is 20 inwoners wat gereeld oefen en aan kompetisies teen ander instansies (Alta du Toit en Sunfield) deelneem. Die lekkerste is darem maar om te sê dat Huis Horison omtrent altyd aan die wenkant is. Die gimnasium word deesdae druk besoek, want die meeste inwoners oefen onder leiding van Calvyn le Roux. Die Line Dancing groep is steeds besig om onder leiding van Yvette Peterson baie hard te oefen vir optredes later vanjaar. SOSIALE AKTIWITEITE EN UITSTAPPIES: Daar word deurlopend verjaardagpartytjies op alle maniere gehou. Van ‘n opskop op groot skaal tot ‘n intieme braai met ‘n paar vriende of selfs net ‘n uiteet met een vriend. Die studente was soos gewoonlik aktief betrokke. Die Voortrekkers het begin en wil graag ook in die toekoms betrokke wees by projekte om die lewe interessanter vir ons inwoners te maak. Ons het afskeid geneem van ‘n hele paar inwoners. Braam, Neil, Rudi, Carina, Candy, Chrismarie, Nico en Gina. Daar is hierdie jaar baie moeite gedoen om die inwoners wat graag wou gaan fliek, te neem. Die frekwensie daarvan was 3 keer per week.

Upload: vankhuong

Post on 14-Jun-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om te

In a recent gathering of the Integral Leadership Collaborative, Dr

With these words he touched on the sensitive issue of designing

In a recent gathering of the Integral Leadership

Collaborative, Dr Don Beck said: “We’ve got ourselves a

Split World. How do we close the gaps? So far many of the

attempts to do that failed. Hearts and minds of both sides

have not been connected to a common goal and value.

Instead of trying to resolve issues in the past, people have

to design their future conditions. And of course we have to

deal with the fear.”

With these words he touched on the sensitive issue of

designing our future conditions and the fear we naturally

have in doing so, but to prevent us from failing in this

process our minds and hearts should be connected to a

common goal and value. Let us focus on our shared values

and create future living conditions for our residents in which

they will thrive and enjoy life to the fullest of their ability.

RESIDENSIëLE DIENSTE:

SPORT EN ONTSPANNING:

Gedurende die somer is die Bocce in volle swang. Daar is 20 inwoners wat

gereeld oefen en aan kompetisies teen ander instansies (Alta du Toit en

Sunfield) deelneem. Die lekkerste is darem maar om te sê dat Huis Horison

omtrent altyd aan die wenkant is.

Die gimnasium word deesdae druk besoek, want die meeste inwoners oefen

onder leiding van Calvyn le Roux.

Die Line Dancing groep is steeds besig om onder leiding van Yvette Peterson

baie hard te oefen vir optredes

later vanjaar.

SOSIALE AKTIWITEITE EN UITSTAPPIES:

Daar word deurlopend verjaardagpartytjies op alle maniere gehou. Van ‘n

opskop op groot skaal tot ‘n intieme braai met ‘n paar vriende of selfs net ‘n

uiteet met een vriend.

Die studente was soos gewoonlik aktief betrokke. Die Voortrekkers het begin

en wil graag ook in die toekoms betrokke wees by projekte om die lewe

interessanter vir ons inwoners te maak.

Ons het afskeid geneem van ‘n hele paar inwoners. Braam, Neil, Rudi,

Carina, Candy, Chrismarie, Nico en Gina.

Daar is hierdie jaar baie moeite gedoen om die inwoners wat graag wou gaan

fliek, te neem. Die frekwensie daarvan was 3 keer per week.

Page 2: GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om te

NAGPERSONEEL:

Een nagpersoneellid, Maria McKrige is aangestel in Patricia se plek, maar

ons is bly om te sê dat ons nog

twee ekstra nagpersoneellede kon

aanstel. Welkom aan Yumna

Bergstedt en Essie Snyders. Hulle

twee is ook beopdrag met die instel

en volhou van ‘n aandprogram vir

al ons inwoners wat graag sosiaal

verkeer en nie net in hulle kamers

wil sit of TV kyk nie.

Die nagpersoneel het ook gedurende die jaar ‘n paar interessante kursusse

wat by Alexandra deur Cape Mental Health aangebied word bygewoon, bv.

• Management of Challenging Behaviour in the Person with Intellectual

Disability

• Understanding the link between stress and sensory overload.

KUNS:

‘n Nagraadse kunsstudent, Jean Gaigher, bied vrywillig een keer per week

kunsklasse aan vir 6 inwoners. Sien hul uitstalling by die Jaarvergadering.

INTERESSANTE FEITE:

Waskamer: Daar word elke dag ongeveer 240 kg wasgoed gewas, gedroog,

gestryk, opgevou en terugbesorg aan die koshuise. Daar werk 5 inwoners en

1 instrukteur!

Kombuis: Elke dag word ongeveer

300 borde, 250 koppies en

pierings en kleinborde per dag

gewas. Die vloere en 16 tafels

word 2 keer per dag afgedek en

gewas. Deurentyd word gaste en

personeel met tee bedien

GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE

MAATSKAPLIKE DIENSLEWERING:

Jaarliks skakel studente by Huis Horison in om met dienslewering hul

praktiese werk te doen as deel van hul geïntegreerde maatskaplike

werkstudies. Die inwoners geniet die skakeling met die studente en verder

lewer die studente ‘n bydrae tot die holistiese benadering waarna Huis

Horison streef.

Dienste word gelewer aan inwoners onder die supervisie van ons

Maatskaplike Werker, Mev Elize le Roux, deur middel van individuele werk,

groepwerk en gemeenskapswerk. Gedurende 2011 het 16 studente van

Universiteit Stellenbosch ingeskakel. Die 18 studente van 2012 het 22

inwoners betrek in individuele sessies in onderhoude wat gefokus was op:

• Gedragsverandering

• Konflikhantering

• Handhawing van beter verhoudinge

• Bemagtiging om selfbeeld te verbeter

• Om verhoging van sosiale kohesie in Huis Horison te versterk

In die groepe is gefokus op:

• Kommunikasie

• Om groepsdruk te kan hanteer

• Om beter bure te wees in die koshuis.

Page 3: GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om te

Met die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by

weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om

te leer wat hul regte is as gestremde persone is en daar is gefokus op:

• Dat niemand teen hul mag diskrimineer nie - deur in groepe

verskillende poppe te maak.

• Met behulp van ‘n stemming te leer dat hul die reg het om keuses te

kan uitoefen – selfverteenwoordiging.

• Geleer om bv. met sport- en dansaktiwiteite hul reg op gesond lewe,

toegang tot sport en ontspanning en deelname aan ‘n sosiale lewe uit

te oefen.

• Hul reg op veilig voel en veral seksuele veiligheid is met behulp van die

aanleer van ‘n liedjie vasgelê.

• Hul reg om te kommunikeer te versterk.

Om die projek af te sluit, is 45 inwoners en 8 personeellede van drie ander

instellings vir ‘n dag oorgenooi na Huis Horison waar hul as groot groep,

hierdie regte aanleer. Hul behoefte om sosiale verkeer word ook so

aangespreek.

0

20

40

60

80

100

120

Psigiatrie Terapeuties Studente (Individueel) Studente (Groepe) Studente(Gemeenskapswerk)

Terapeutiese Dienste

Inwoners betrokke Totale Inwoners

WERKSAREAS

Ons inwoners is soos altyd baie besig in hul onderskeie werksareas. Elkeen

het op sy eie besondere manier 'n bydrae gelewer. Of dit nou in die vorm van

‘n pragtige stoel, handsak, netjiese blombedding, heerlike pak beskuit of ‘n

sak uitgesoekte herwinbare materiaal is.

Die werkareas presteer bo verwagting en alle inwoners is trots op hul werk en

ervaar erkenning en verhoogde selfwaarde.

• Handwerk – Mariëtte Nieuwoudt, Alida Meyer en Vrywilligers

• Houtwerk – Wilson Ngongoshe en Thulani Ubisi

• Onderhoud – Tim Burrows en Carel Botha

• Bakkery – Annie de Klerk

• Tuin en Terrein – Vissie de Klerk

HERWINNING

Ons kan boeke skryf oor die besonderse werk wat elkeen verrig. Die

Herwinningsarea lewer ook ‘n bydrae om ons natuurlike hulpbronne te

bewaar.

Alhoewel die tegnologie van Herwinning al ongeveer 3000 jaar oud is, is die

werklike implementering daarvan relatief jonk. Daar word algemeen aanvaar

dat bv. papier maklik in die natuur vergaan, maar daar is op vullishope in

Amerika ou telefoongidse gevind wat onvernietigbaar blyk te wees en

koerante wat na 20 jaar leesbaar op ‘n hoop gelê het.

Dan het ons nog nie begin praat van verrotte papier wat organies is en dus

metaangas skep wat hoogs vlambaar is nie! Die plastiek het water en

sonskyn nodig om te vergaan en as plastiek tot poeier afbreek sypel dit weer

deur na die watertafel en besoedel weer daar. Dit is duidelik dat ons nie gaan

wen sonder Herwinning nie.

Page 4: GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om te

Die grafiek toon die persentasie van die herwinde produkte by Huis Horison:

- 14075 kg

- 55380 kg

- 41872kg

- 378 kg

- 7273 kg

- 90 kg

- 63105 kg

US WOORDFEES

Inwoners van Herwinning het deelgeneem aan die jaarlikse Woordfees en het

die tema van die Woordfees, Ons hart is groen, duidelik uitgebeeld en

sodoende die prys gewen vir die beste groepuitbeelding.

6%

31%

24%

0%

4%

0%

35%

HERWINNING IN KILOGRAMMETOTAAL: 182 173kg

Plastiek

Glas

Karton

Polistireen

Ligte staal

Aluminium

Papier

GROND EN GEBOUE

Noodsaaklike verbeterings is aangebring, naamlik:

• Verbeteringe by Herwinning

• Verf van die vooraansig van die gebou van Huis Horison

• Verandering aan sitkamer van Huis Katjiepiering

• In beplanning: opknap van sekuriteit

FONDSINSAMELING EN BEMARKING

Onder die hand van Mev Martie de Lange en Mev Alta Marais, as vrywilliger,

is diè departement sistematies uitgebrei en stabiliteit verseker. Mev De Lange

fokus op 'n gediversifiseerde benadering wat insluit:

• Kermisse

• Voorleggings aan maatskappye en trusts

• Gholfdag en Loslitdag en ander projekte

• Nuusbriewe en vriendskapsbefondsing

• Mediaskakeling en bemarking

• Bemakings

• Vier die Lewe ete.

BEDANKINGS

Ons het gedurende die jaar uitstaande samewerking en diens van verskeie

mense en instansies ontvang. Ek bedank graag die dames wat vrywillige take

doen in ons handwerk afdeling. Mev Mariette Nieuwoudt beklemtoon hoe

baie hul hulp beteken.

Die uitsonderlike inisiatief van Mnr Dillie Malherbe en Jannie Durand in die

stigting van die Vriende van Huis Horison Trust en die professionele mense

wat ons bygestaan in die proses van die opstel en aanvaarding van ons nuwe

Chefs: George Jardien, Bertus Basson, Susiena Jooste

and Michael Broughtan

Page 5: GEïNTEGREERDE MAATSKAPLIKE DIENSTE die hulp van die gemeenskapswerk metode is 52 inwoners betrek by weeklikse sessies waar hul op ‘n konkrete en praktiese manier gehelp is om te

M.O.I., naamlik Mnr Gerhard Swiegers en die prokureurs firma Rufus

Dercksen en Vennote.

Ons onderskeie groot en kleiner donateurs wat elkeen na hul vermoë ‘n

bydrae maak in tyd, goedere of finansieel. Hierdie bydrae is dikwels dit wat

Huis Horison se hartklop onderhou en dit so ‘n besondere plek maak

Dankie aan ons Direksielede en elke personeelllid, omdat almal saamwerk

om ons harte en denke te verenig en sodoende omstandighede vir die

toekoms te skep waarin ons inwoners sal floreer en hul potensiaal as mense

te bereik soos uiteengesit in ons gesamentlike waardes:

SHARED VALUES

We are humbly proud of our identity and that which we achieve here and we

strive to instil this sense of pride and identity in all concerned on the basis of the

following shared values:

1. We believe that every person is a unique being with worth, status and value

and may therefore lay claim to unconditional recognition and respect.

Therefore

• we are a non-racist, non-sexist institution with a Christian character that fully acknowledges freedom of religion.

• we strive for the comprehensive upholding of the rights, freedoms and obligations that are also the disabled’s due.

• we acknowledge that in no way do we have a lesser responsibility with regard to the humanity of the disabled.

• we regard the care group as the most important people in the facility.

2. We believe that every person uniquely experiences and executes his/her

human nature in relationships.

Therefore

• we strive for the character of a balanced parental home where happiness, warmth and security can be experienced.

• we welcome responsible religious involvement of and attention to our care group.

• we strive for maximum personal and social development of each one in the care group.

Elza C Bresler Uitvoerende Direkteur: Huis Horison

3. We believe that each person experiences a multitude of life dimensions

within the unbreakable unity of his/her human nature, and that these mutually

influence one another as well as the complete quality of life.

Therefore

• we strive for a holistic approach that recognises the importance of all facets of life such as intellectual, personal and social facets, but also physical facets such as nutrition, health, hygiene, sexuality, work, aesthetics, creativity, games and sport.

• we recognise that none of these life dimensions may be seen in isolation of the entirety.

4. We believe that the uniqueness of a person also exists in his/her future

direction and the ability to change and improve.

Therefore

• we strive for the maximum development of all potential to grow towards greater independence.

• we recognise the positive value of dreams, hopes, expectations, improvement and fulfilment in every person.

5. We believe that in order to do justice to the above, we must answer to the

highest standards of

• professional behaviour

• unimpeachable integrity

• an open and participatory management style

• positive teamwork and mutual respect

• strict financial management

• maximising the abilities and talents of the care group and staff

• ethical and moral integrity

• close cooperation with parents and guardians

• participation, empathy and ownership of all parties involved

• cooperation with other institutions in the interests of Horizon House.