inhoudsopgawe - ngkzn.org.za web viewgetting to know him better so we reach the people in the world...

17
6 Junie 2014 Skakels wat saak maak Inhoudsopgawe SINODE NUUS Kalender Junie - Julie 2014 Gereformeerde Christen-vroue Forum: Mediaverklaring KZN Outreach Workshop – 19 June 2014 Dit gaan baie swaar in Rustenburg A day with Bishop Graham Cray – Fresh Expression RE#Imagine ANDER NUUS Lees in die jongste Kerkbode van 6 Junie Lees LiG se Julie-uitgawe Jongste Bybelkor publikasies Het ons ‘n NG Kerk Treffersparade? Nuus van die Hugenote Kollege NUUS UIT GEMEENTES Pinkster in die Ring van Pietermaritzburg NG Gemeente Hayfields Wintermark – 7 Junie 2014 NG Gemeente UMhlanga Daniël Konferensie – 15 -17 Augustus 2014 Predikante wat verjaar HERHALINGS Spesiale Sinodesitting vir KZN NG Gemeente Melmoth – 150 jaar van Genade 14-15 Junie 2014 Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Upload: vucong

Post on 11-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


10 download

TRANSCRIPT

Page 1: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

6 Junie 2014

Skakels wat saak maak

Inhoudsopgawe

SINODE NUUS Kalender Junie - Julie 2014Gereformeerde Christen-vroue Forum: MediaverklaringKZN Outreach Workshop – 19 June 2014Dit gaan baie swaar in RustenburgA day with Bishop Graham Cray – Fresh ExpressionRE#Imagine

ANDER NUUS Lees in die jongste Kerkbode van 6 JunieLees LiG se Julie-uitgaweJongste Bybelkor publikasiesHet ons ‘n NG Kerk Treffersparade?Nuus van die Hugenote Kollege

NUUS UIT GEMEENTES Pinkster in die Ring van PietermaritzburgNG Gemeente Hayfields Wintermark – 7 Junie 2014NG Gemeente UMhlanga Daniël Konferensie – 15 -17 Augustus 2014Predikante wat verjaar

HERHALINGS Spesiale Sinodesitting vir KZNNG Gemeente Melmoth – 150 jaar van Genade 14-15 Junie 2014 Mentorskursus 7-9 Augustus 2014Geloofsreis 23 -26 Junie 2014Skolliekamp – fondse knypWil jy VBO punte verdien sonder om jou voete uit die huis te sit?Mentorkursus 7-9 Augustus 2014

Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Page 2: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

SINODE NUUS

Kalender vir Junie- Julie 2014 

Pinksterfees 8 JunieArgiefwerkgroep 11 JunieJeugdag 16 JunieKZN Outreach 19 Junie Geloofsreis Groep 2 23-26 Junie SKOLE SLUIT 27 JunieMsinga Vennootskap 3 JulieSkolliekamp 7-13 JulieSKOLE BEGIN 21 JulieSinodale Visionêre Leierspan (SVL) 29-31 Julie Inhoud

Gereformeerde Christen-vroue Forum: Mediaverklaring

Die Gereformeerde Christen-vroue Forum is onlangs deur vroue uit die Gereformeerde kerke in Suid Afrika gestig, as platform vir Christen-vrouestemme. Christen-vroue se stemme oor kwessies en sake wat vroue aangaan, word nie genoeg gehoor nie. Die Forum wil die gesamentlike, publieke getuienis van Christen-vroue aanspreek. Die fokuspunt is veral sake op die vlak van sosiale geregtigheid, soos die Woord van God ons leer.

Die volgende kerke is deel hiervan:  Die Uniting Presbyterian Church in SA (UPCSA); Gereformeerde kerk, Hervormde kerk, Verenigde Geref kerk (VGK), Reformed Church in Africa (RCA), NG Kerk in Afrika (NGKA), Methodist Church, NG Kerk en die Uniting Congregational Church in SA (UCCSA).

Klik asb hier vir die mediaverklaring in AfrikaansKlik asb hier vir die mediaverklaring in EngelsDie dokumente is op die webblad beskikbaarInhoud

KZN Outreach Workshop at NGK Hayfields - 19 June 2014Theme: How to deal with the challenges of doing continuous ministry more effectively Rev Bennett ShunmugamTime: 9:30 -15:00

Aim and scope of workshop

 Aim:    Addressing the new challenges of doing missions  (helping  our communities/world receive God's  love/blessings)  in KZN because of our changing society.

Scope:  1  Addressing “blind spots” in our missional strategies, (where do we

miss the power of God working through us in reaching the world? How to let His power operate through us. Who are the areas/places/groups of people that we are missing in our outreach; how can we get to them effectively?)  

Page 3: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

2  Looking at the “bigger picture” of missions in KZN, and  what is God already doing to reach KZN's people, not only in our NGK/RCA/URC circles. Where can we join in?3  Rediscovering God’s way of doing mission.  Getting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him working through us. How? 

Please contact Marlise at the Synodical office in Pietermaritzburg before 12 June 2014  to reserve your place. [email protected]    (Tel: 033-3452276 / 033- 3427900)

Travelling costs will be paid. Please try and come together in the same car as far as possible.  We know it is not always possible..

 Mike HeaneyKZN OutreachInhoud

Dit gaan baie swaar in Rustenburg

Ons is almal bewus van die lang verlammende staking in die platinummyne in Rustenburg. Ons is ook bewus van die lyding wat hierdie staking veroorsaak, ook vir ons eie lidmate. Dit is lankal nie meer net die stakers wat swaarkry en armoede in die gesig staar nie.  In die jongste Kerkbode vertel van die predikante daar, hoe lidmate met eie besighede ook nou swaarkry omdat die hele streek se ekonomie bykans tot stilstand gekom het. Ons kan nie net toekyk en niks daaraan doen nie. Indiwidue en gemeentes wat ‘n bydrae wil maak om die nood van die lydendes te verlig, kan inbetalings in die volgende rekening inbetaal, wat spesiaal deur die ring in daardie omgewing vir hierdie doel geopen is :

ABSATjekrekeningNGK Rustenburg-SuidRek.no: 1220580098

Enige navrae kan aan ds Gerhard Botha by 0829237407 gerig word. Inhoud

A Day with Bishop Graham Cray – Fresh Expression

A fresh expression of church is a new form of church for a fast changing world that serves those outside the existing church, listen to people and enters their culture makes discipleship a priority and intentionally forms a chirstian community.

28 Junie 2014St Agnes Auditorium, 53 Abella Road, Kloof Vir verdere inligting:ePos: [email protected]

Page 4: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

RE#imagine

Ds Rupert de Koning laat weet dat RE#Imagine op die 20 Junie plaasvind en dat gemeentes sal seker maak dat hulle jongmense via die Ring se HUB leier sal deel wees hiervan. HUB leiers behoort hierdie inligting deur te gee maar indien ‘n gemeente nie weet wir hulle HUBleier is of hoe om te werk te gaan nie kan hyself gekontak word:Rupert de Koning: Sel: 0733663777

Ons RE#imagine is om die draai en ons wil graag die reelings begin vasmaak.Die idee is as volg

Ons kry vir Jaco Strydom (laaste spreker wat met #imagine opgetree het) om op Vrydag 20 Junie by Kruin-gemeente(DBN) 'n praatjie te kom hou oor "RE#imagine jou kerk, jou gemeenskap en jou wereld."

Maar terwyl hy daar praat, skakel elke ander HUB via internet in op 'n lewendig uitsending van sy aanbieding (dis hier waar elke HUB 'n geskikte plek moet kry en iemand met die nodige tegniese kennis

Dit beteken dat elke HUB al die jongmense in sy HUB-gemeentes na een plek toe nooi vir daardie spesifieke aand en saam die selfde program volg en na dieselfde spreker luister.Inhoud

ANDER NUUS

Lees in die jongste Kerkbode van 6 Junie

Kyk na die weduwees en weseJohn Robinson van die NG gemeente Witrivier het gevoel God sê hy moet na die weduwees en wese omsien. Saam met vriende het hy daaroor gebid tot hy besef het hulle het nou genoeg gebid. Hulle moet nou begin doen. Nou gee hy, sy vrou Antoinette en hul helpers vyf dae per week vir meer as 1500 kos en die blye boodskap. Vir Witrivier is hulle ‘n inspirasie.

Help vir Rustenburg!Rustenburg se gemeentes het alle moontlike hulp nodig om die maatskaplike krisis in hul gemeenskap te hanteer. Kerkbode vertel hoe ander gemeentes kan help.

Lees ook:

Karoodominee se kamera tower skoonheid op. Dit is óns kinders, nie ‘hulle’ kinders nie. ’n Stukkie paradys in die Laeveld. Dwars oor Namibië vir kinders. Inhoud

Lees in Juliemaand se LiG

Ouerskap:

Page 5: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

wees suikerslim geweld en my kind – nie net TV se skuld nie

Tuisonderrig:

Die wêreld is ons klaskamer

Inhoud

Jongste drie Bybelkor-publikasies bekendgestel

Jaap du Rand praat oor eenheid, versoening en geregtigheidSoos die boektitel suggereer, weerspieël hierdie bundel temas wat Jaap Durand vir meer as 40 jaar passievol bedink en nagestreef het: die eenheid van die kerk, versoening tussen mense en dat geregtigheid sal geskied.Hoewel dié bundel temas direk en indirek met die Belydenis van Belhar verband hou, word dit nie daardeur omlyn of beperk nie. Die bundelopset is veel wyer. Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en

roeping van die kerk – en uiteraard, óók oor die vraag na eenheid, versoening en geregtigheid.Prys: R135,00 (BTW en posgeld ingesluit). Op 26 Mei op Stellenbosch bekendgestel.

WonderwêreldJesus se woorde in Matteus oor die koninkryk van GodHierdie geselsgids strek oor vier weke en begin met ’n inleidende oordenking oor elke tema. Daarna volg een groepstudie en vyf persoonlike studies vir elke week. Die maand word met ʼn slotoordenking afgesluit.Elke week spring weg met ’n kort preekstudie en groepriglyne wat by mekaar aansluit. In ʼn gemeente sou die preek die week se studies kon inlei of selfs daarop kon volg.

’n Omvattende Bybelstudie vir Koninkrykstyd oor God se koninkryk: 20 individuele Bybelstudies 4 groepbyeenkomste ʼn Gratis preekstudie vir elke week (laai af by bybelmedia.co.za). Gratis videogrepe as gesprek-afskoppers vir die groepgesprek (laai af by

bybelmedia.co.za).Prys: R 59,95 (BTW en posgeld ingesluit).

Prente van die koninkryk ... Jaco Thom.Jesus se gelykenisse oor God se nuwe wêreld.’n Ses-weke-Bybelstudie ... Vir individue en kleingroepe.Iemand het gesê ’n gelykenis is soos ’n grap. As jy dit eers moet verduidelik, is dit nie meer ’n grap nie. Só werk ’n gelykenis ook. Dit skep ’n beeld wat jy moet snap, en waarop jy moet reageer: met skok, verontwaardiging, verbasing … Jy kan nie neutraal bly of afgetrokke daarna luister en tog die boodskap verstaan wat dit wil oordra nie.In hierdie Bybelstudie met ses ontmoetings lei Jaco Thom individue en kleingroepe deur Jesus se gelykenisse oor God se koninkryk, sy nuwe wêreld. Hierdie gelykenisse wil nie (net) ons insig in God se nuwe wêreld verander nie, maar ons hele lewe.

Prys: R40,00 (BTW en posgeld in gesluit).Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Page 6: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822 Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

E-pos: [email protected]: 021 864 8223Inhoud

Het ons ’n NG Kerk Treffersparade?Ds Clem Marais se ertjie oor gemeentesang verlede week (Om te sing of te luister – dit is die vraag... Feldmuis 16/2014) het reaksie ontlok en plaas ons dit graag in ePosduif. Francois Retief skryf: Ek sê "Amen!" vir jou "Sing of Luister"- frustrasie! Daar is na my mening 'n paar redes: Mense verstaan nie die verskil tussen luister-liedere en sing-liedere nie. Die erediens word nie meer gesien as die tweegesprek tussen God en gemeente nie –

dis nou 'n produksie. Leraars gee die liturgie weg aan musiekleiers wat elke Sondag 'n nuwe toertjie wil uitdink. En dit beteken dat die dominee net 'n item in hierdie produksie word. En die gevolg? 'n Gevrekte erediens met geen belewenis van God se teenwoordigheid

nie!     Mooi bly daar – en "kom laat ons sing!"Ook Gustav Pansegrouw het van hom laat hoor: Hier is nog iemand wat gereeld vir homself moet sê: “Los jou ou man geite by die huis”.  My singery, soos my ou vader altyd met homself spot, is niks meer as ‘n joyful noise nie, maar dis deel van aanbidding. Trouens, deur sang kan mens dinge sê wat in gewone praat taal nie gesê kan word nie.

Ek lees in die NGTT ‘n artikel van Flip Theron waarin hy na die hedendaagse tendens wat ons kerkmusiek betref, verwys as die NG Kerk Treffersparade.Nou wonder ek wat die Flameenskap hieroor te sê sou hê? (Wie is die Flameenskap? Gaan kyk by http://www.flam.co.za/WieIsOns.asp). Inhoud

Nuus vanaf die Hugenote Kollege

Vanaf die Hugenote Kollege laat weet André Pentz, Handelsmerkbestuurder van die volgende konferensie:

Konferensie: Interkulturelegemeente-weesDie doel van die konferensie is om te besin oor die aard en huidige funksionering van multikulturelegemeentes in die NG Kerk-familie, met die oog daarop om die vorming en funksionering van multikulturele gemeentes te bevorder.

Datum: 22 – 23 Junie 2014Plek: Chrismar Villas / Bellville Dienssentrum, Jessiestraat, Bellville

Onderwerpe & Sprekers

Page 7: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Die stand van multikulturelegemeentes in Kaapland: Hugenote Kollege

Multikulturelegemeentes: ’n Sosiologieseperspektief: Prof. Groenewald en dr. Frans Kotze      NuweTestamentiesePerspektiewe: Dr. Marius Nel

Teologiese perspektiewe vir multikulturele gemeente-wees: Prof. NicoKoopman en dr. F. Wessels

Leierskap in multikulturelegemeentes: Ds. Martiens Swart en ds. Rene Potgieter

Van mono- namultikulturelegemeentes: Prof. Klippies Kritzinger en ds. Jacob Nthakhe

KosteLede van KGA | GKS | Hugenote Kollege | R125-00 Materiaal & Verversings ingesluitNie-ledeR250-00 Materiaal&VerversingsIngesluit

AanbiedingstaalAfrikaans & Engels

AkreditasieGeakrediteervir VBO punte

RegistrasieKontak: Hugenote Kollege |Isebell Appollis | 021 873 1181 | [email protected]

VennoteKommissievirGetuienisaksie (KGA)RaadvirGemeenteOntwikkeling en KerklikeSamewerking (GKS)Hugenote Kollege | Connect – Enhancing ConnectionsInhoud

NUUS UIT GEMEENTES

Pinkster 2014 in die Ring van Pietermaritzburg – 8-11 JuniePinkster sal in Pietermaritzburg plaasvind vanaf 8 Junie tot 11 Junie 2014. Dr Adrio König sal die Pinkster lei met die tema: Op voetspoor van Paulus. Die dienste sal afskop op 8 Junie 2014 by die kerkgebou van Pietermaritsburg-Noord gemeente om 18:30. 

LW: Vanaf Maandagaand 9 Junie – Woensdag 11 Junie sal die ontmoetings by die sinodale sentrum plaasvind, om 18:30 Sondagoggend: 09.00 - Pinkster – die Gees en die taleSondagaand: 18.30 - PMB Noord: Paulus ʼn vreemde figuurMaandagoggend: 09.00 – Hayfields – Herhaling van SondagaandMaandagaand: 18.30 Sinodale sentrum – Paulus se sendingmetodeDinsdagoggend: 09.00 Hayfields - Herhaling van MaandagaandDinsdagaand: 18.30 Sinodale sentrum – Paulus se boodskapWoensdagoggend 09.00 Hayfields - Herhaling van Dinsdagaand

Page 8: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Woensdagaand: 18.30 Sinodale sentrum – Paulus se oproepDonderdagoggend 09.00 Hayfields Herhaling van Woensdagaand

NB: Daar sal ook elke oggend van Maandagoggend tot Woensdagoggend om 9:00vm dienste by Hayfields gemeente plaasvind vir díe wat moontlik nie die aanddiens kan bywoon nie. Inhoud

NG Gemeente Hayfields Wintermark – 7 Junie 2014

Bromheadweg 24, Pietermaritzburg.8:00-12:00As jy uitmis gaan jy bitter spyt wees!

Inhoud

NG Gemeente Umhlanga - Daniël Konferensie – 15-17 Aug 2014 

Vir meer inligting klik op die banier hier langsaan of kontak Maryke SchreuderNG Gemeente Umhlanga031-5613191 (08h00 – 13h00)031-5613192 (f)[email protected]

http://www.ngumhlanga.co.za/home.phpInhoud

Predikante wat verjaar 7- 13 Junie 2014

10 Junie Diek Venter, Sel: 0828977040, ePos: [email protected]

Baie geluk Diek, mag jou nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede en goeie gesondheid wees.Inhoud

HERHALINGS

(LW ons het ‘n Spesiale Sinode in KZN, 5 November 2014, om oor die verandering van Art 1 te praat en te stem).

Page 9: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Inhoud

NG Kerk Melmoth vier 120 jaar van genade – 14-15 Junie

Ons nooi elke gemeente en predikant in die Ring van Melmoth na die oudste gemeente in die Ring se 120 jaar van Genadefees.  Ons hoop dat van julle die naweek saam ons sal kan wees!  Kan jul asb die uitnodiging aan jul kerkraad en gemeente ook deurgee!Inhoud

Mentorskursus 7-9 AugustusKom leer hoe om 'n beter Reisgenoot te wees by die Mentorskursus

Predikante, kerkraadslede en lidmate is daagliks op 'n lewensreis saam met ander. In die Mentorskursus leer kursusgangers vaardighede en gewoontes aan om te help om 'n pad met mense te loop. Hierdie pad kan dié van 'n Mentor en Mentee wees, maar die kursus kan ook iemand help as geestelike begeleier, afrigter ('coach'), pastor of vriend.

Die besonderhede van die Mentorskursus:- Aanvanklike drie dae te Drakensville naby Bergville: 7-9 Augustus 2014- Daarna is jy vir 'n jaar lank deel van 'n Tutorgroep- Afrondingsgeleentheid: Derde kwartaal in 2015.- Koste vir eerste drie dae: R1200- Inskrywingsvorms hierby aangeheg. Skryf in voor 31 Julie 2014.

Enige navrae oor die kursus kan by my (Ben) gedoen word by 072 1438838 of by Barry Tolmay by 082 4110626.Ben van DykInhoud

Geloofsreis 23 – 26 Junie 2014As jy wil saamreis, moet jy nou baie vinnig inskryf:

Die nuwe groep wat op 'n opwindende Geloofsreis vertrek, begin op 23 Junie 2014 by Jacobs Well naby Durban. Hiermee saam die inskrywingsvorm, maar jy moet gou maak: daar is net 15 plekke beskikbaar. Die eerste 15 persone wat inskryf, kry voorkeur. Hierdie Geloofreis fokus eerstens op predikante. Eggenotes is egter ook welkom. Vanjaar wil ons ook sleutelleiers in gemeentes uitnooi. Dis egter nie 'n ope uitnodiging nie. Ons vra dat jy as predikant leiers wat hier by kan baatvind, persoonlik sal uitnooi

Ben van Dyk.16 Mei 2014Detail inligting oor die Geloofsreis is reeds voorheen in die ePosduif bekendgemaak maar vir julle gerief plaas ons dit weer hieronder.

Page 10: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

‘n Reis wat jy moet reis ….. (Geloofsreis vir predikante)Die Geloofsvormingsreis (verkort: Geloofsreis) vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas (Stellenbosch) in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Hier in KZN begin 'n tweede groep met hierdie Geloofsreis op 23-26 Junie by Jacob's Well te Bothashill naby Durban. Vier jaar gelede het die eerste groep predikante in KZN met die Geloofsreis begin en almal getuig van 'n lewensveranderende reis. Ons glo dat die Geloofsreis ook vir die nuwe groep hier in KZN net so baie sal beteken.Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikaleInnerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping. Dit kan aan die hand van vierpunte omskryf word:

1. HerontdekkingGeloofsvorming gaan oor ʼn “herontdekking” van Jesus en ʼn eerstehandse leer leef met Hom. Dallas Willard sê in sy boek, The Divine Conspiracy: “My hope is to gain a fresh hearing for Jesus, especially among those who believe they already understand Him”.

2. InnerliketransformasieDaar vind ʼn voortdurende innerlike transformasie van ons lewens plaas – in Willard se woorde:“Becoming a new kind of person”.

3. Groter emosionele gesondheid’n Baie belangrike aspek van hierdie transformasie is ons innerlike genesing en heling en groter emosionele gesondheid.

4. LiefdesdiensGeloofsvorming loop altyd uit op liefdes diens aan jou naaste en die skepping.

Die Geloofsreis het ʼn aanvanklike curriculum van 3 jaar waar predikante op 4-dag retraites waar hulle in ʼn rustige omgewing begelei word aan die hand van al vier hierdie punte. Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word ook genooi om steeds voort te gaan met die reis, en daar word dus nog 2 retraites bygevoeg.Die koste van elke retraite is ongeveer R1,500 per persoon. Inskrywingsvorms met die presiese koste sal nader aan die tyd beskikbaargestel word.

As jy oorweeg om saam te reis, teken die datums nou al in jou dagboek aan en laat die kerkraad begroot hiervoor (ongeveer R3,000 per jaar). Dit is maar 'n klein bedrag vir 'n "nuwe" predikant.Gryp hierdie geleentheid aan. Die volgende groep sal waarskynlik eers weer in 2017 begin.Enige verder navrae: Ben van Dyk 033 3452276 [email protected] van Niekerk. 034 9822855 [email protected]

GeloofsreisGeloofsreis Jaar 1 - 2014Retraite 1.1: Emosioneel gesonde spiritualiteit en die innerlike reis: vals self vs ware self 23-26 Junie 2014Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk vanScazzero. Boeke aanbeveel: Pete Scazzero: Emotional healthy spirituality en Emotional healthy church (Die laaste een opsioneel)

Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming.Boeke: Basil Pennington: False Self vsTrue Self; Brennan Manning: Abba’s ChildBegeleier: Gys van Schoor

Page 11: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Retraite 1.2: Ons het ons misgis met Jesus27-30 Oktober 2014Ons herontdek saam Jesus se evangelie.Boeke: NT Wright: Simply Jesus en How God became KingBegeleier: Gys van Schoor

Geloofsreis Jaar 2 - 2015Retraite 2:1: EnneagramDatum sal in samewerking met die groep bepaal word iewers in die tweede kwartaal.Weereens word hier gefokus op selfkennis.Begeleier: Sal nog bepaal wordRetraite 2:2: Dissipelskap en GeloofsvormingDatum: iewers in derde of vierde kwartaal.Dallas Willard help ons met ons eie Dissipelskap en GeloofsvormingBoek: Dallas Willard: The Great OmissionBegeleier: Gys van Schoor

Geloofsreis Jaar 3 - 2016Retraite 3:1: Kontemplatiewe SpiritualiteitDatum: iewers in tweede kwartaal.Willem lei ons in die kontemplatiewe wêreld in.Begeleier: Willem NicolRetraite 3:2: Die praktiese implikasies van die Geloofsreis vir jou bedieningDatum: derde of vierde kwartaal.Hier word nagedink oor die implikasies van die Geloofsreis vir die breër kerk, maar veral vir jou gemeente.Begeleier: Gys van Schoor

Vir mense wat verder reis na die 3 jaar is daar 2 stoppe:Stop 1: Seisoene van die sielDatum: Tweede kwartaal 2017Riaan hanteer sy boekie oor spiritualiteit.Begeleier: Riaan van der Merwe

Stop 2: Stilte retraiteDatum: Derde of vierde kwartaal 2017.Inhoud

KZN Skolliekampe reeds 47 jaar ‘n wenresep maar fondse knyp!Die Natalse Skoolverlaterskamp (Skolliekamp) word sedert 1967 aangebied en is daarop gemik om matrikulante voor te berei vir die lewe na matriek. Die kamp word vanjaar van 7-13 Junie gehou by die VCSV kampterrein in Winklespruit.

Daar word op die kamp aandag gegee aan onderwerpe soos selfbeeld, verhoudings, geloofsekerheid en nog vele meer. Terugvoering oor die jare toon dat die matrikulant na die kamp hulleself, ander mense en God en Sy reddingsplan baie beter verstaan. 

Studente en jong werkendes tree op die kamp as personeel op. Die matrikulante kan dus praktiese raad kry oor wat hulle volgende jaar kan verwag - hetsy of hulle oorsee gaan, studeer of werk. Na verwagting sal ongeveer 120 studente en matrikulante die kamp bywoon.

Page 12: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Daar is hierdie jaar heelparty matrikulante wie se ouers nie die fondse het om die kampgelde te betaal nie. Die koste verbonde aan die kamp is gemiddeld R950 (vervoer uitgesluit) en ons is dringend op soek na instansies, kerke of persone wat bereid sal wees om ‘n skoolverlater of skoolverlaters te borg.Indien dit vir u enigsins moontlik is, sal dit besonder baie waardeer word. Ons bankbesonderhede:KZN CMD Rek nr 4054396843 ABSA Kode 630125Gebruik asb “Skol Donasie” as verwysing en laat ons asb weet sodat ons u kan bedank!By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!

Shawn [email protected]://www.youtube.com/watch?v=Afo3HdOmW1Q&feature=shareInhoud

Wil jy VBO punte verdien sonder om jou voete by die huis uit te sit?Hier is ‘n geleentheid vir predikante en lidmate om saam te dink en te leer oor dissipelskap, en predikante kan sommer VBO punte verdien.Dit vra 3 sessies van een en ‘n half ure elk op die internet en die lees van ‘n boek. Ek het aan hulle vorige webinaar oor Missionaliteit deelgeneem. Dit was werklik ‘n positiewe ervaring. Dit is baie minder moeite as om ‘n kursus by te woon met amper dieselfde waarde.

Jy hoef nie bang te wees dat jy nie sal weet hoe om in te skakel by die webinaar nie. Nadat jy geregistreer het, sal jy al die inligting ontvang en Pierre Engelbrecht sal jou verder help as jy probleme ondervind. Al wat jy nodig het, is ‘n rekenaar/tablet/selfoon met ‘n redelike internet verbinding. En as jy vir data moet betaal, bly dit steeds die moeite werd, want die webinaar is gratis.

Hieronder is die inligting soos van eKerk ontvang.

“ekerk is baie opgewonde om ons volgende Learning Community webinaar bekend te stel!Tema: die pad van dissipelskap

Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes. Wat is dissipelskap? Moet elke gelowige nie 'n dissipel wees nie?Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?Moet 'n dissipel 'n buitengewone gelowige wees?

Kom luister saam met ons op 22 Mei na Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oorwaar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.

29 Mei luister ons na Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.

5 Junie luister ons na Stephan Joubert waar hy gesels oor  'n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.Elke webinaar sal geskied die dag van 10:30 – 12:00.Daar is ook 'n boek wat gelees moet word om die denke aan te moedig. Die voorgeskrewe boek is: The Cost of Discipleship. Dietrich Bonhoeffer

Page 13: Inhoudsopgawe - ngkzn.org.za Web viewGetting to know Him better so we reach the people in the world in His way; Him ... 53 Abella Road, Kloof . Vir verdere ... Daar word op die kamp

Ben van Dyk.Inhoud

Mentorskursus 7-9 AugustusKom leer hoe om 'n beter Reisgenoot te wees by die Mentorskursus

Predikante, kerkraadslede en lidmate is daagliks op 'n lewensreis saam met ander. In die Mentorskursus leer kursusgangers vaardighede en gewoontes aan om te help om 'n pad met mense te loop. Hierdie pad kan dié van 'n Mentor en Mentee wees, maar die kursus kan ook iemand help as geestelike begeleier, afrigter ('coach'), pastor of vriend.

Die besonderhede van die Mentorskursus:- Aanvanklike drie dae te Drakensville naby Bergville: 7-9 Augustus 2014- Daarna is jy vir 'n jaar lank deel van 'n Tutorgroep- Afrondingsgeleentheid: Derde kwartaal in 2015.- Koste vir eerste drie dae: R1200- Skryf in voor 31 Julie 2014. Skakel vir Marinda Pieterse 033 3452276 vir ‘n inskrywingsvorm.

Enige navrae oor die kursus kan by my (Ben) gedoen word by 072 1438838 of by Barry Tolmay by 082 4110626.Ben van Dyk

Inhoud

Marinda MeyerNG KERK IN KZN Kommunikasie

Tel: 033 3452276E-pos: [email protected]