iret: sie - western cape€¦ · addendum f – mie persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm...

18
Laer Parlementstraat, Kaapstad, 8001 Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000 Tel.: +27 21 467 2911/20 Faks.: +27 21 467 5637 Indiensnemings- en salarisnavrae: 0861 92 33 22 Veilige Skole: 0800 45 46 47 www.westerncape.gov.za Direktoraat: Eksamenadministrasie Verwysing: 20200213-4436 Lêerno.: 13/11/2 Navrae: Volgens tabel 14.1 Eksamenadministrasieminuut: 0001/2020 Aan: Adjunk-direkteurs-generaal, Hoofdirekteure, Direkteure, (Hoofkantoor en distrikskantore), Adjunkdirekteure, Hoofonderwyskundiges, Hoofde: Kurrikulumondersteuning, Vak- adviseurs, Hoofde: Bestuur en Beheer, Kringbestuurders, Adjunk-hoofonderwyskundiges, Hoofde: GLOO-koördinering en -advies, Assesserings- en Eksamenkoördineerders en Hoofde van inrigtings wat kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) en Onderwys en Opleiding vir Volwassenes Vlak 4-eksamens voorberei Onderwerp: Aanstelling van opsieners vir die Junie 2020 Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) aanvullende/Senior Sertifikaat SS(a)-, Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (OOV) Vlak 4-eksamens en November 2020 Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamens 1. Ingevolge die Regulasies betreffende die Afneem, Administrasie en Bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen, gepubliseer in Staatskoerant No. 37651 van 16 Mei 2014, soos gewysig op 30 April 2019, moet die provinsiale departemente van onderwys die prinsipaal van 'n skool as die hoofopsiener vir die NSS-eksamen aanstel. 2. Prinsipale en sentrumbestuurders van leersentrums vir volwassenes mag hierdie verantwoordelikheid skriftelik aan 'n lid van die skoolbestuurspan (SBS) wat deur die Wes- Kaap Onderwysdepartement (WKOD) in diens geneem is, delegeer. Die prinsipaal/sentrumbestuurder sal egter uiteindelik volle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir die afneem van alle eksamens by hul skool/sentrum aanvaar. 3. Die senior opsiener sal as die hoofopsiener vir die NSS se aanvullende en SS(a)-eksamens wat in Junie/Julie 2020 afgelê sal word, dien. 4. In die November 2020 NSS-eksamens word daar van die senior opsiener, wat 'n lid van die gemeenskap moet wees, verwag om die hoofopsiener met die administrasie en afneem van die eksamen te ondersteun. Onder geen omstandighede moet die senior opsiener volle verantwoordelikheid vir al die administratiewe take wat met die November 2020 NSS- eksamen verband hou, neem nie.

Upload: others

Post on 07-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

Laer Parlementstraat, Kaapstad, 8001 Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000

Tel.: +27 21 467 2911/20 Faks.: +27 21 467 5637 Indiensnemings- en salarisnavrae: 0861 92 33 22

Veilige Skole: 0800 45 46 47 www.westerncape.gov.za

Direktoraat: Eksamenadministrasie

Verwysing: 20200213-4436

Lêerno.: 13/11/2

Navrae: Volgens tabel 14.1

Eksamenadministrasieminuut: 0001/2020

Aan: Adjunk-direkteurs-generaal, Hoofdirekteure, Direkteure, (Hoofkantoor en distrikskantore),

Adjunkdirekteure, Hoofonderwyskundiges, Hoofde: Kurrikulumondersteuning, Vak-

adviseurs, Hoofde: Bestuur en Beheer, Kringbestuurders, Adjunk-hoofonderwyskundiges,

Hoofde: GLOO-koördinering en -advies, Assesserings- en Eksamenkoördineerders en

Hoofde van inrigtings wat kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) en

Onderwys en Opleiding vir Volwassenes Vlak 4-eksamens voorberei

Onderwerp: Aanstelling van opsieners vir die Junie 2020 Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)

aanvullende/Senior Sertifikaat SS(a)-, Onderwys en Opleiding vir Volwassenes

(OOV) Vlak 4-eksamens en November 2020 Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)

eksamens

1. Ingevolge die Regulasies betreffende die Afneem, Administrasie en Bestuur van die

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen, gepubliseer in Staatskoerant No. 37651 van 16 Mei

2014, soos gewysig op 30 April 2019, moet die provinsiale departemente van onderwys die

prinsipaal van 'n skool as die hoofopsiener vir die NSS-eksamen aanstel.

2. Prinsipale en sentrumbestuurders van leersentrums vir volwassenes mag hierdie

verantwoordelikheid skriftelik aan 'n lid van die skoolbestuurspan (SBS) wat deur die Wes-

Kaap Onderwysdepartement (WKOD) in diens geneem is, delegeer. Die

prinsipaal/sentrumbestuurder sal egter uiteindelik volle verantwoordelikheid en

aanspreeklikheid vir die afneem van alle eksamens by hul skool/sentrum aanvaar.

3. Die senior opsiener sal as die hoofopsiener vir die NSS se aanvullende en SS(a)-eksamens

wat in Junie/Julie 2020 afgelê sal word, dien.

4. In die November 2020 NSS-eksamens word daar van die senior opsiener, wat 'n lid van die

gemeenskap moet wees, verwag om die hoofopsiener met die administrasie en afneem

van die eksamen te ondersteun. Onder geen omstandighede moet die senior opsiener

volle verantwoordelikheid vir al die administratiewe take wat met die November 2020 NSS-

eksamen verband hou, neem nie.

Page 2: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

2

5. Prinsipale/sentrumbestuurders van leersentrums vir volwassenes word versoek om ʼn

geloofwaardige werwings- en keuringsproses te volg om geskikte persone vanuit die

gemeenskap as senior opsieners en opsieners vir die bogenoemde eksamens te

identifiseer.

6. Die prinsipaal/sentrumbestuurder of sy/haar afgevaardigde moet seker maak dat al die

dokumente wat by hierdie minuut aangeheg is, voltooi word:

Addendum A – Nominasie: Hoofopsiener

Addendum B – Nominasie: Senior opsiener

Addendum C – Aanstelling van opsieners

Addendum D – BRS-entiteitsinstandhouding (met belastingnommer en deur bank

gestempel)

Addendum E – Dienskontrak vir tydelike indiensneming van gemeenskapslede

Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm

Addendum G – Vertroulikheidsverklaring

Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

LET ASSEBLIEF DAAROP dat slegs oorspronklike dokumente wat onderteken is, ingedien

moet word. Afskrifte wat per e-pos gestuur of gefaks is, sal nie aanvaar word nie.

7. Kontrolering van opsieners se geskiktheid

7.1 Die prinsipaal/sentrumbestuurder of sy/haar afgevaardigde moet seker maak dat alle

opsieners gesif en aangestel word ooreenkomstig Regulasie 57(1)(c) van die

Staatsdiensregulasies, 2016, gepubliseer in Staatkoerant No. 40167 van 29 Julie 2016.

7.2 Bylae F (MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm) moet deur alle opsieners wat

aangestel is, voltooi word om die volgende te verseker:

a) Nagaan van misdaadagtergrond

b) Bevestiging van burgerskap

c) Bevestiging van kwalifikasies

d) Bevestiging van vorige indiensneming

8. Maatstawwe vir die aanstelling van opsieners

8.1 In normale omstandighede sal die volgende maatstawwe vir die aanstelling as

hoofopsiener, senior opsiener of opsiener oorweeg word:

a) Tussen 25 en 65 jaar oud

b) Graad 12 as minimum kwalifikasie

c) Mag nie ʼn familielid van ʼn kandidaat wat die eksamens aflê, wees nie

d) Mag nie die huweliksmaat of naasbestaande van die hoofopsiener wees nie

e) Voorkeur moet aan Suid-Afrikaanse burgers gegee word

f) ʼn Afwyking van hierdie maatstawwe moet deur die Direktoraat: Eksamen-

administrasie goedgekeur word voordat ʼn aanstellingsbrief uitgereik word.

Page 3: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

3

8.2 Benewens die hoofopsiener, moet een opsiener vir elke 30 kandidate aangestel word.

Alle lokale moet ten volle benut word voordat ʼn addisionele lokaal gebruik word.

8.3 By sessies waar daar slegs ʼn paar kandidate (minimum van twee) is, sal die dienste van

een opsiener voldoende wees. In sodanige gevalle sal die senior- of hoofopsiener nie

toesighoudende pligte verrig nie, behalwe om ʼn opsiener wat ʼn kandidaat na die

badkamer moet vergesel, af te los.

8.4 Indien al die kandidate manlik is, word daar aanbeveel dat die hoofopsiener, senior

opsiener en opsieners ook manlik is. Indien al die kandidate vroulik is, word daar

aanbeveel dat die hoofopsiener, senior opsiener en opsieners ook vroulik is. Indien daar

manlike sowel as vroulike kandidate is en die hoofopsiener manlik is, moet minstens een

van die opsieners vroulik wees, of, indien die hoofopsiener vroulik is, moet minstens een

van die opsieners manlik wees.

8.5 Wanneer die dienste van bykomende opsieners benodig word om twee of meer

eksamenlokale terselfdertyd te hanteer, sal die hoofopsiener nie normale

toesighoudende pligte verrig nie, maar sal versoek word om die pligte van ʼn hoofopsiener

by al die lokale te verrig.

9. Aanstelling van opsieners

9.1 Die Junie 2020 NSS- aanvullende, SS(a)- en VOO Vlak 4-eksamens

9.1.1 Die prinsipaal/sentrumbestuurder of sy/haar afgevaardigde sal as die hoofeksamen-

beampte aangestel word en sal aanspreeklik wees vir die bestuur en administrasie van

die Mei–Junie 2020 NSS-/SS(a)-eksamens. Die hoofeksamenbeampte sal deur die senior

opsiener (gemeenskapslid) wat as die hoofopsiener aangestel sal word, bygestaan word

met die afneem van die Mei–Junie 2020 NSS-/SS(a)-eksamens.

9.1.2 Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet skriftelik gemeenskapslede aanstel wat as die

hoofopsiener en opsieners vir die Mei–Junie 2020 NSS-/SS(a)- en VOO Vlak 4-eksamens

diens sal verrig.

9.1.3 Die hoofopsiener (prinsipaal/sentrumbestuurder/SBS-lid) en die senior opsiener moet

ingelig word dat daar van hulle verwag sal word om opleidingsessies vir opsieners wat

deur die WKOD aangebied word, by te woon.

9.1.4 Die lys van al die gemeenskapslede wat as opsieners vir hierdie eksamens aangestel word,

moet teen Vrydag, 13 Maart 2020 by die distrikskantoor ingedien word.

9.1.5 Die distrikskantoor moet die nominasievorms wat van al die eksamensentrums ontvang is,

insamel en die nominasievorms in een versamelde pak by Hoofkantoor teen Maandag,

16 Maart 2020 indien.

Page 4: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

4

9.2 Die November 2020 NSS- en VOO Vlak 4-eksamens

9.2.1 Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet seker maak dat, vir die NSS-eksamensessies, 50%

van die opsieners onderwysers en 50% gemeenskapslede is.

9.2.2 Onderwysers wat as opsieners diens doen, hoef nie op die rooster geplaas te word om vir

die volle duur van elke eksamensessie toesig te hou nie.

9.2.3 ʼn Onderwyser wie se kind die NSS-eksamen aflê by die skool waar hy of sy in diens is, moet

nie as ʼn opsiener aangestel word nie.

9.2.4 Dit is noodsaaklik dat ʼn onderwyser nie toesig hou by die vak wat hy/sy by die skool

onderrig nie.

9.2.5 Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet alle onderwysers wat as opsieners tydens die NSS-

eksamen diens sal doen, skriftelik aanstel. Die lys van al die onderwysers en

gemeenskapslede wat as opsieners aangestel is, moet teen Maandag, 01 Junie 2020 aan

die distrikskantoor voorgelê word.

9.2.6 Die distrikskantoor moet die nominasievorms wat van al die eksamensentrums ontvang is,

insamel en die nominasievorms in een versamelde pak teen Vrydag, 05 Junie 2020 by

Hoofkantoor indien.

10. Pligte van hoofopsieners, senior opsieners en opsieners

10.1 Die pligte van hoofopsieners, senior opsieners en opsieners verskyn in die

Eksamenprosedure-handleiding, aangeheg as Bylae A.

10.2 Opsieners moet nie kandidate met enige onreëlmatige aktiwiteite tydens die afneem van

ʼn eksamen help nie. Die WKOD sal nie huiwer om ʼn strafregtelike aanklag in te dien teen

enige opsiener wat skuldig bevind word aan enige betrokkenheid by ʼn onreëlmatigheid

nie.

10.3 Hoofopsieners, senior opsieners en opsieners moet hul identiteitsdokumente, mees

onlangse akademiese rekords en aanstellingskontrakte vir die duur van die eksamen by

hulle dra.

10.4 Prinsipale/sentrumbestuurders moet ʼn opsienerrooster opstel en dit aan die betrokke

kringbestuurder voorlê sodra aanstellings van opsieners goedgekeur is.

10.5 Die opsienerrooster moet opsieners en aflos-opsieners vir elke eksamensessie insluit.

Page 5: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

5

11. Opleiding van opsieners vir die NSS-, SS- en VOO Vlak 4-eksamens

11.1 Opleiding vir prinsipale/sentrumbestuurders, hoofopsieners, senior opsieners en

gemeenskapslede sal in Augustus en September 2020 plaasvind en is verpligtend.

11.2 Senior opsieners wat binne ʼn 75 km-radius van die skool of sentrum af woon waar die

opleiding plaasvind, sal vir een bykomende sessie betaal word om vir reiskostes te

vergoed.

11.3 Senior opsieners wat verder as 75 km van die opleidingslokaal af woon, sal vir twee

bykomende sessies betaal word om vir reiskostes te vergoed.

11.4 Prinsipale/sentrumbestuurders moet seker maak dat alle onderwysers en

gemeenskapslede wat as opsieners aangestel is, ten volle vir die uitvoering van hul pligte

as opsieners opgelei is.

11.5 Opleiding moet afgewentel word vanaf prinsipale/sentrumbestuurders en hoofopsieners

na alle opsieners wat nie ʼn Hoofkantoor-opleidingsessie bygewoon het nie.

11.6 Opleidingsregisters moet op skoolvlak as bewys voltooi word en moet die tyd en lokaal vir

die opleiding aandui, asook die name van die opsieners wat die sessie bygewoon het.

12. Nominasies en goedkeuring van hoofopsieners, senior opsieners en opsieners vir alle

eksamens

12.1 Addendum A en Addendum B moet deur die prinsipaal/sentrumbestuurder voltooi word.

Die kringbestuurder moet die genomineerdes bevestig en aanbeveel en die dokumente

na hoofkantoor vir finale goedkeuring stuur.

12.2 Die nominasies van senior opsieners moet vergesel word van gewaarborgte afskrifte van

elke genomineerde se identiteitsdokument, ʼn curriculum vitae van een bladsy en sy/haar

akademiese kwalifikasie(s) (wat minstens 'n graad 12-sertifikaat moet insluit).

12.3 Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet ʼn persoonlike onderhoud voer met die

persoon(persone) wat as die afgevaardigde hoofopsiener en senior opsiener genomineer

is.

12.4 Die kringbestuurder moet bevestig dat elke genomineerde goeie lees-, skryf-, gehoor- en

visuele vermoëns het, en goeie gesondheid geniet.

12.5 Aansoekers of genomineerdes wat elders om ʼn voltydse betrekking aansoek gedoen het,

moet verkieslik nie vir aanstelling oorweeg word nie.

Page 6: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

6

12.6 Die prinsipaal/sentrumbestuurder moet verklaar dat die genomineerde(s) geskik is om die

pligte van ʼn opsiener uit te voer. Die kringbestuurder moet daarna aandui of die

aanstelling van die genomineerde(s) aanbeveel kan word. Addendum C moet dan deur

die opsiener(s) voltooi en onderteken word.

12.7 Slegs ʼn persoon wie se aanstelling deur Hoofkantoor goedgekeur is, mag die pligte van ʼn

opsiener uitvoer. Opsieners mag onder geen omstandighede plaasvervangers vir enige

deel van hulle werk aanstel nie.

12.8 Indien omstandighede ʼn hoofopsiener, senior opsiener of opsiener verhoed om tydens ʼn

eksamen toesig te hou, moet die prinsipaal/sentrumbestuurder, in oorlegpleging met die

kringbestuurder, reëlings tref vir die aanstelling van ʼn plaasvervanger, en die Direktoraat:

Eksamenadministrasie moet onmiddellik oor die verandering ingelig word.

Plaasvervangers moet ook hul bankbesonderhede en belastingverwysingsnommer op die

aangehegte Addendum D-vorm verskaf (neem asseblief kennis dat slegs oorspronklike

dokumente aanvaar sal word).

13. Dienskontrak

Alle hoofopsieners, senior opsieners en opsieners moet bereid wees om 'n dienskontrak

met die WKOD oor hul pligte en verantwoordelikhede wat die afneem van die eksamens

betref, aan te gaan. Die kontrak sal vir die duur van die Junie 2020- en November 2020-

eksamens geld.

14. Indien van nominasievorms

14.1 Na die bevestiging van Addenda A, B, C, D, E, F, G, H en I, moet die kringbestuurder dit

saam in een pak aan die toepaslike amptenaar, soos hieronder aangedui, voorlê:

LW: SLEGS OORSPRONKLIKE DOKUMENTE SAL AANVAAR WORD

Distrik Verantwoordelike amptenaar Telefoonnommer

Metro-Noord Johnnie Isaacs (Hoofkantoor) 021 467 2974

Metro-Sentraal Gail Laguma (Hoofkantoor) 021 467 2909

Metro-Suid Linsay van Gensen (Hoofkantoor) 021 467 2917

Metro-Oos Gideon Dilgee (Hoofkantoor) 021 467 2941

Weskus Patricia Liguma (Hoofkantoor) 021 467 2936

Kaapse Wynland Lindsay Weber (Hoofkantoor) 021 467 2732

Page 7: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

7

Overberg Patricia Liguma (Hoofkantoor) 021 467 2936

Eden en Sentrale Karoo George Valentine (Hoofkantoor) 021 467 2978

14.2 Opsomming van voorleggingsdatums vir nominasievorms van opsieners:

Junie 2020 NSS- aanvullende/SS(a)- en VOO Vlak 4-eksamens: 13 Maart 2020

November 2020 NSS- en VOO Vlak 4-eksamens: 01 Junie 2020

15. Besoldiging van opsieners

15.1 Die WKOD sal opsieners uit die gemeenskap ooreenkomstig die Personeel-

administrasiemaatreëls (PAM), gepubliseer in Staatskoerant No. 39684 van 12 Februarie

2016, aanstel en besoldig.

15.2 Onafhanklike skole, kolleges en gevangenisse is verantwoordelik vir die besoldiging van

hulle eie opsieners. Prinsipale van onafhanklike skole, hoofde van kolleges en

gevangenisse moet egter daarop let dat dit verpligtend is om Addenda A, B, C en E te

voltooi en dit aan die WKOD terug te stuur, selfs al word die opsieners van hierdie inrigtings

nie deur die WKOD betaal nie.

15.3 Administratiewe personeel en onderwysers, wat ʼn salaris van die WKOD ontvang en ook

as opsieners diens doen, sal nie deur die WKOD vir opsienerpligte besoldig word nie.

15.4 Die huidige tarief (onderhewig aan verandering) vir toesighouding is R257,10 per sessie vir

ʼn senior opsiener en R171,40 per sessie vir ʼn opsiener.

15.5 Opsieners sal onder geen omstandighede vir reiskoste wat ten opsigte van die uitvoer van

opsienerpligte aangegaan is, vergoed word nie. Prinsipale/sentrumbestuurders moet dus

opsieners vanuit die onmiddellike gemeenskap wat deur die skool of sentrum bedien

word, aanstel.

15.6 Die regulasies (IRP10) oor die betaling van werknemersbelasting bepaal dat alle salarisse

van persone in deeltydse indiensneming onderhewig aan ʼn belastingaftrekking van 25%

is. Die WKOD sal dus 25% belasting aftrek van die bedrae wat aan opsieners betaal word

vir die dienste wat gelewer is. Die indien van ʼn belastingaanwysing vir werknemers (IRP3)

is dus nie meer van toepassing nie.

15.7 Opsieners wat kwalifiseer vir vrystelling of gedeeltelike vrystelling van die betaling van

werknemerbelasting moet, na ontvangs van ʼn IRP5-sertifikaat, die sertifikaat saam met die

voorgeskrewe IT12 S-vorm aan hul plaaslike Suid-Afrikaanse Inkomstediens-kantoor voorlê.

IRP5-sertifikate word gewoonlik in Junie of Julie van die jaar na hul tydperk as opsieners na

opsieners se posadresse gepos.

Page 8: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

8

15.8 Om die uitbetaling van opsieners se eise te bespoedig, moet elke senior opsiener of

opsiener sy of haar identiteitsnommer op die aanvaardingsvorm skryf en ʼn gewaarborgde

afskrif van sy/haar identiteitsdokument aanheg. Addendum D, wat ook die

belastingverwysingsnommer weergee, moet deur alle senior opsieners en opsieners uit

die gemeenskap voltooi word. Hierdie vorm moet voltooi en as korrek gewaarmerk word

en die bankrekening moet deur die betrokke bank as aktief verklaar word.

16. Maak asseblief seker dat ʼn afskrif van hierdie minuut aan alle

prinsipale/sentrumbestuurders, senior opsieners en bykomende opsieners oorhandig

word.

GETEKEN: PAD BEETS

ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBESTUUR

DATUM: 2020-02-26

Page 9: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

Direktoraat: Eksamenadministrasie

BYLAAG A

NOMINASIE EN AANSTELLING: HOOFOPSIENER

MOET DEUR DIE PRINSIPAAL VOLTOOI WORD EN AAN DIE KRINGBESTUURDER GESTUUR WORD VIR ELK VAN DIE

BETROKKE EKSAMENS

* Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van ID, hoogste kwalifikasie en een bladsy CV aan

Eksamen: (Merk toepaslike opsie)

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen Junie 2020

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen November 2020

DEEL A: NOMINASIE VAN DIE HOOFOPSIENER (MOET DEUR DIE PRINSIPAAL VOLTOOI WORD)

1. Naam van skool/sentrum: __________________________________________________________________________

2. Sentrumnommer:

3. Kontakbesonderhede van hoofopsiener:

Naam en Van: ____________________________________________________________________________________

Persalnommer:

Selfoonnommer:

Adres: _____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

4. Getal kandidate wat vir die eksamen ingeskryf is. Meld getal voltydse kandidate sowel as deeltydse

kandidate, indien enige:

VOLTYDS DEELTYDS

/HERHALER

TOTAAL

5. Getal opsieners benodig: ___________________

DEEL B: AANBEVELING EN GOEDKEURING (MOET DEUR KRINGBESTUURDER VOLTOOI WORD)

______________________________________ _______________________________________

HANDTEKENING VAN KRINGBESTUURDER HANDTEKENING VAN HOOFOPSIENER

DATUM: DATUM:

DEEL C: FINALE GOEDKEURING DEUR HOOFKANTOOR

Aanstelling goedgekeur Ja Nee

Alle dokumente ingedien Ja Nee

________________________________________________ ________________________________________________

HANDTEKENING VAN HOOFKANTOORAMPTENAAR DATUM

Page 10: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

Direktoraat: Eksamenadministrasie

BYLAAG B

NOMINASIE EN AANSTELLING: SENIOR OPSIENER

MOET DEUR DIE PRINSIPAAL VOLTOOI WORD EN AAN DIE KRINGBESTUURDER GESTUUR WORD VIR ELK VAN DIE

BETROKKE EKSAMENS

* Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van ID, hoogste kwalifikasie en een bladsy CV aan

Eksamen: (Merk toepaslike opsie)

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen Junie 2020

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen November 2020

DEEL A: NOMINASIE VAN DIE SENIOR OPSIENER (MOET DEUR DIE PRINSIPAAL VOLTOOI WORD)

1. Naam van skool/sentrum: __________________________________________________________________________

2. Sentrumnommer:

3. Kontakbesonderhede van senior opsiener:

Naam en Van: ____________________________________________________________________________________

Persalnommer:

Selfoonnommer:

Adres: _____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

DEEL B: AANBEVELING EN ONDERHOUD (MOET DEUR PRINSIPAAL VOLTOOI WORD)

Onderhoud gevoer op _______ (dag) van ___________________ (maand) 2018/2019 te _____________________ .

Senior opsiener deur kringbestuurder aanbeveel: Ja Nee

______________________________________ _______________________________________

HANDTEKENING VAN PRINSIPAAL HANDTEKENING VAN HOOFOPSIENER

DATUM: DATUM:

DEEL C: FINALE GOEDKEURING DEUR HOOFKANTOOR

Aanstelling goedgekeur Ja Nee

Alle dokumente ingedien Ja Nee

________________________________________________ ________________________________________________

HANDTEKENING VAN HOOFKANTOORAMPTENAAR DATUM

Page 11: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

Direktoraat: Eksamenadministrasie

AANSTELLING VAN OPSIENERS BYLAAG C

MOET DEUR DIE PRINSIPAAL VOLTOOI WORD EN AAN DIE KRINGBESTUURDER GESTUUR WORD VIR ELK VAN DIE BETROKKE EKSAMENS

* Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van ID, hoogste kwalifikasie vir elke opsiener aan (slegs vir gemeenskapslede)

Eksamen: (Merk toepaslike opsie)

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen Junie 2020

Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen November 2020

Naam van skool/sentrum: ______________________________________________________________________________

Sentrumnommer:

A: AANSTELLING VAN GEMEENSKAPSLEDE AS OPSIENERS

Voltooi asseblief die onderstaande tabel vir alle gemeenskapslede wat as opsieners aangestel is.

VOLLE NAME EN VAN ADRES

(sluit asseblief straatnommer in)

IDENTITEITSNOMMER

(heg asseblief ʼn

gesertifiseerde afskrif

aan)

SELFOONNOMMER

HOOGSTE KWALIFIKASIE

(heg asseblief ʼn

gesertifiseerde afskrif

aan)

HANDTEKENING VAN

OPSIENER

Page 12: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

B: AANSTELLING VAN ONDERWYSERS AS OPSIENERS

Voltooi asseblief die onderstaande tabel vir alle onderwysers wat as opsieners aangestel is.

VOLLE NAME EN VAN IDENTITEITSNOMMER PERSALNOMMER HANDTEKENING VAN OPSIENER

C: Ek verklaar dat bogenoemde opsiener(s) geskik is en myself vergewis het dat hy/sy/hulle die toesigpligte toegewyd sal uitvoer.

______________________________________ _______________________________________

HANDTEKENING VAN HOOFOPSIENER DATUM

D: Aanstelling(s) goedgekeur/nie goedgekeur nie.

______________________________________ _______________________________________

HANDTEKENING VAN KRINGBESTUURDER DATUM

Page 13: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

BYLAAG D

BRS-ENTITEITSINSTANDHOUDING

BANKBESONDERHEDE VAN REKENINGHOUER

BELASTINGVERWYSINGSNOMMER (verpligtend:) ............................................................................................................

Naam: ...................................................................................................................................................................

Adres: ...................................................................................................................................................................

...................................................................................................................................................................

...................................................................................................................................................................

Poskode: ...................................................................................................................................................................

Kontakpersoon: ........................................................................... Tel. No.: ..................................................................

e-posadres: ...................................................................................................................................................................

Opvoeder/Amptelike Persalnommer:

Ek/Ons versoek en bemagtig u hiermee om enige bedrae wat my/ons toekom in my/ons bankrekening by die genoemde bank in te

betaal.

Ek/Ons verstaan dat die kredietoorplasings wat hiermee gemagtig is met 'n rekenaar verwerk sal word deur ʼn stelsel wat as die “ACB

ELECTRONIC BANK TRANSFER SERVICE” bekend staan en ek/ons verstaan ook dat geen bykomende betalingsadvies deur my/ons bank

verskaf sal word nie, maar besonderhede van elke betaling sal op my/ons bankstaat of enige gepaardgaande bewys verskyn (dit is

nie van toepassing waar banke nie gewoonlik bankstate uitreik nie).

Ek/Ons verstaan dat ʼn betalingsadvies deur die WKOD op die gebruiklike manier verskaf sal word en dat dit die datum sal aandui

waarop fondse in my/ons rekening beskikbaar sal wees. Hierdie magtiging kan deur my/ons gekanselleer word deur dertig dae kennis

per voorafbetaalde geregistreerde pos te gee.

................................................................ ..................................................... ...............................................

Voorletters en Van Gemagtigde Handtekening Datum

Naam van Bank

Naam van Tak

Takkode Branch Code

Rekeningnommer

Rekeningtipe Lopende Rekening

Spaarrekening

Transmissierekening

DATUMSTEMPEL VAN BANK

BESONDERHEDE VAN BANKREKENING

AS KORREK GESERTIFISEER ADRES WAARHEEN BETAALSTROKIE GESTUUR MOET WORD:

Page 14: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

1

Direktoraat: Eksamenadministrasie

ADDENDUM E

KONTRAK VAN TYDELIKE WERK VIR GEMEENSKAPSLEDE

SENIOR OPSIENER/OPSIENER VAN EKSAMENS

1. KONTRAKPARTYE

Hierdie kontrak word gesluit tussen die Wes-Kaap Onderwysdepartement (hierna

verwys as die WERKGEWER), verteenwoordig deur Brian Schreuder in hom

hoedanigheid as Hoof: Onderwys of haar gedelegeerde (verteenwoordig deur die

onderwysdistrik se Inrigtingsbestuur en Beheerbestuurder van die WERKGEWER), en

______________________________________________________________ (hierna verwys as die

WERKNEMER) om as senior opsiener/opsiener aangestel te word by

NAAM VAN SKOOL/SENTRUM: ______________________________________________________

SENTRUM NR:

2. BEPALINGS EN VOORWAARDES

Daar word ooreengekom dat die senior opsiener/opsiener aangestel word ingevolge

die Regulasies wat betrekking het op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen, soos

gepubliseer in Staatskoerant 37651 van 16 Mei 2014, en die bepalings en voorwaardes

soos uiteengesit in die EKSAMEN PROSEDURE HANDLEIDING.

3. DUUR

Ongeag die datum of datums waarop hierdie ooreenkoms deur die partye onderteken

is, word daar ooreengekom dat die ooreenkoms vanaf Junie tot November 2020

geldig sal wees.

4. DOMICILIA EN KENNISGEWINGS

Die partye kies hiermee hul straat- en posadres vir die doel van hierdie ooreenkoms,

met inbegrip van die uitstuur van alle kennisgewings en prosesse in hierdie verband,

soos hieronder genoem.

Page 15: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

2

DIE WERKGEWER: HOOF: ONDERWYS, WES-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT, PRIVAATSAK

X9114, KAAPSTAD, 8000

Die WERKNEMER: _______________________________________________________________________

Straatadres: ___________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________________

Posadres: ______________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________________

Gedoen en uitgevoer deur die partye op die onderskeie plekke en datums soos aangedui

teenoor hulle name.

Onderteken namens die WERKGEWER TE _______________________________________________

op hierdie _________ dag van ___________________________________________________ 2020

_______________________________________ _______________________________________

Namens die WERKGEWER (handtekening) As getuie (handtekening)

Onderteken deur die WERKNEMER TE ___________________________________________________

op hierdie _________ dag van ___________________________________________________ 2020

_______________________________________ _______________________________________

WERKNEMER (handtekening) As getuie (handtekening)

Page 16: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

COPYRIGHT Last Updated: 14 February 2019

Personal Credential Disclosure Form

COMPANY DETAILS “Company” To be completed by Company Agent

Company Name: Email:

Agent Name: Mobile No:

CANDIDATE PERSONAL INFORMATION To be completed by the Candidate

Surname:

Full Names:

Maiden Name: Date of Birth:

ID Number / Identifier:

Description of Identifier:

Eg. South African ID Number, Zimbabwean Passport Number, etc.

DEFINITIONS IN TERMS OF BELOW CONSENT

“Candidate” means the person completing this document to be considered by the Company for purposes of employment/ continuation of employment; “Company” refers to MIE Client; “Consumer Credit Information” shall have the meaning ascribed to it in section 70 of the NCA; “FAIS Act” shall mean the Financial Advisory and Intermediary Services Act of 2002; “FSCA” refers to the Financial Sector Conduct Authority; “NCA” shall mean the National Credit Act, No 34 of 2005, as amended from time to time, including any regulations made under the Act; “Personal Information” shall have the meaning ascribed to it in Chapter 1 of POPI and includes, but is not limited to a name, address, email address, telephone or fax number, fingerprints, criminal history and education or other personal credentials provided, or which is collected from the candidate or other third parties, before and/or during the background screening process and/or thereafter; “POPI” shall mean the Protection of Personal Information Act, No 4 of 2013, as amended from time to time, including any regulations made under the Act; “Privacy and Data Protection Conditions” refers to the 8 (eight) statutory prescribed conditions for the lawful Processing of Personal Information; “Responsible Parties” have meaning to the Company and MIE together, and “Responsible Party” any one of them; “Verification Information Suppliers” shall mean third parties acting on behalf of MIE, including, but not limited to, crimina l record bureaus, credit bureaus, governmental bodies, and any educational, training, and fraud prevention organisations;

CONSENT FOR THE USE OF PERSONAL INFORMATION

I hereby authorize the Company’s duly authorized verification agent, Managed Integrity Evaluation (Pty) Ltd (“MIE”), to access my Personal Information and conduct background screening checks including, but not limited to, credit, qualifications, employment references, criminal record, fraud prevention, ID verification, drivers’ licence and all social media accounts linked/associated/known to me of which I am a user/member of. I consent to requests for consumer credit information to be released for the below prescribed purposes only:

For employment in a position of trust and honesty and entails the handling of cash or finances; Fraud prevention or detection.

I understand that verification requests form part of the background screening process and: That requests for credit information from Credit Bureaus will only be conducted under the regulations defined as per the NCA; Data obtained from the FSCA serve only for the purpose to determine the fitness and propriety as envisaged in the FAIS Act.

I acknowledge that any Personal Information supplied to the Company is provided voluntarily and that the Company may not be able to comply with its obligations if the correct Personal Information is not supplied to the Company. I understand that privacy is important to the Responsible Parties and the Responsible Parties will use reasonable efforts in order to ensure that any Personal Information in their possession or processed on their behalf is kept confidential, stored in a secure manner and processed in terms of South African law and or applicable Data Protection Legislation, for the purposes I have authorised. I warrant that all information, including Personal Information, supplied to the Company is accurate and current and agree to correct and update such information when necessary. By submitting any Personal Information to the Company in any form I acknowledge that such conduct constitutes a reasonable unconditional, specific and voluntary consent to the processing of such Personal Information in the following manner by the Company and/or verification information suppliers:

Personal Information may be shared by the Company with MIE and may be further shared by MIE with the Verification Information Suppliers for verification or other legitimate purposes; Personal Information may be shared by the Verification Information Suppliers with MIE and be further stored and shared by MIE with the Company and MIE’s other clients for purposes of continued or future employment or for other legitimate purposes as per the NCA; Personal Information may be stored for a reasonable period by the Company, MIE and/or the Verification Information Suppliers, and Personal Information may be transferred cross-border to countries, which do not necessarily have data-protection laws similar to South Africa, for verification or storage purposes. In any cross-border transfer of personal information the recipient will be notified of the need to protect the confidentiality of the personal information.

I take note that if the Responsible Party has utilised the Personal Information contrary to the Privacy and Data Protection Conditions, I may first resolve any concerns with that Responsible Party. If I am not satisfied with such process, I have the right to lodge a complaint with the Information Regulator. A copy of Personal Information kept by the Responsible Parties will be furnished to me upon request in terms of the provisions of POPI or the NCA and I understand that I may dispute any information in the record provided. I unconditionally agree to indemnify the Responsible Parties, and Verification Information Suppliers, acting in good faith in taking reasonable steps to process my personal information lawfully, against any liability that may result from the processing of my personal information. This includes unintentional disclosures of such personal information to, or access by unauthorized persons, and/or any reliance which may inadvertently be placed on inaccurate, misleading, or outdated personal information, provided to the Company by myself or by a third party in respect of me. In authorizing the search/s referred to above, I confirm that I have / have not been forced/ coerced into signing and supplying the above information.

CANDIDATE SIGNATURE MOBILE NUMBER DATE

COMPANY AGENT SIGNATURE DATE

All signatories to this document agree that MIE will NOT be held liable for the content, factual correctness or accuracy of any Supplier Data supplied to MIE for the Company by MIE’s suppliers. The Company and the Candidate hereby indemnifies and holds MIE harmless against any loss arising from neglect or damage in procuring, communicating or failing to communicate information to the Company.

Page 17: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

Directorate: Examinations Administration

Lower Parliament Street, Cape Town, 8001 Private Bag X9114, Cape Town, 8000

tel: +27 21 467 2945 fax: +27 21 461 5637 Employment and salary enquiries: 0861 92 33 22

Safe Schools: 0800 45 46 47 www.westerncape.gov.za

DECLARATION OF CONFIDENTIALITY

1. I, ………………………………………………………………………………………..., hereby declare on the ………………………..day

of …………………..………………………… at …………………………………. that I am familiar with the prescriptions

contained in Section 20(m) of the Public Service Act, 1994 (Proclamation 103 of 1994) and Section 4 of

the Act on the Security of Information, 1982 (Act 84 of 1982), which read as follows, respectively:

(a) Section 20(m) of the Public Service Act, 1994

20. An officer, other than a member of the services or an educator or a member of the National

Intelligence Services, shall be guilty of misconduct and may be dealt with in accordance with

section 21, if he or she -

(m) without first having obtained the permission of his or her head of department,

discloses, otherwise than in carrying out his or her official· duties, information

gained by or conveyed to him or her through his or her employment in the public

service, or uses that information for any purpose other than for carrying out his or

her official duties, whether or not he or she discloses that information;

(b) Section 4 of the Protection of Information Act, No 84 of 1982

“4. Prohibition of disclosure of certain information. - (1) any person who has in his possession or

under his control or at his disposal -

(a) any secret official code or password; or

(b) any document, model, article or information -

(i) which he knows or reasonably should know is kept, used, made or obtained

in a prohibited place or relates to a prohibited place, anything in a

prohibited place armaments, the defense of the Republic a military matter, a

security matter or the prevention or combating of terrorism;

(ii) which has been made, obtained or received in contravention of this Act;

(iii) which has been entrusted in confidence to him by any person holding office

under the Government;

(iv) which he has obtained or to which he has had access by virtue of his

position as a person who holds or has held office under the Government, or

as person who holds or has held a contract made on behalf of the

Government, or a contract the performance of which takes place entirely or

partly in a prohibited place or as a person who is or has been employed

under a person who holds or has held such office or contract, and the

secrecy of which document, model, article or information he knows or

Page 18: iret: sie - Western Cape€¦ · Addendum F – MIE persoonlike getuigskrif-openbaarmakingsvorm Addendum G – Vertroulikheidsverklaring Addendum H – Gewaarmerkte afskrif van ID

2

reasonably should know to be required by the security or the other interests

of the Republic; or

(iv) of which he obtained possession in any manner and which document,

model, article or information he knows or reasonably should know has been

obtained by any other person in any of the ways referred to in paragraph (iii)

or (iv) and the unauthorized disclosure of such document, model, article or

information by such other person he knows or and who reasonably should

know will be an offence under this Act,

and who -

(aa) discloses such code, password, document, model, article or information to

any person other than a person to whom he is authorized to disclose it or to

whom it may lawfully be disclosed or to whom, in the interests of the

Republic, it is his duty to disclose it;

(bb) publishes or uses such code, password, document, model, article or

information in any manner or for any purpose which is prejudicial to the

security or interests of the Republic;

(cc) retains such code, password, document, model, article or information when

he has no right to retain it or when it is contrary to his duty to retain it, or

neglects or fails to comply with any directions issued by lawful authority

with regard to the return or disposal thereof; or

(dd) neglects or fails to take proper care of such code, password, document,

model, article or information, or so to conduct himself as not to endanger

the safety thereof.

(1) shall be guilty of an offence and liable on conviction to a fine not exceeding R10 000 or to

imprisonment for a period not exceeding 10 years or to both such fine and such

imprisonment or, if it is proved that the publication or disclosure of such secret official code

or password or of such document, model, article or information took place for the purpose

of its being disclosed to a foreign State or to a hostile organization, to the penalty prescribed

in section 2.

(2) Any person who receives any secret official code or password or any document, model,

article or information, knowing or having reasonable grounds to believe, at the time when he

receives it, that such code, password, document, model, article or information is being

disclosed to him in contravention of the provisions of this Act, shall unless he proves that the

disclosure thereof to him was against his wish, be guilty of an offence and liable on

conviction to a fine not exceeding R10 000 or to imprisonment for a period not exceeding 10

years or to both such fine and such imprisonment. "

2. I have noted and understand that I will be guilty of misconduct and even of penal transgression if I

disclose, without the permission of my departmental head, any information which was entrusted to me

or came to my notice in my official capacity, to any person or body, unless the execution of my official

duty requires me to do so .

………………………………………… ………………………………….

SIGNATURE DATE

…………………………………………..

(NAME IN PRINT)