kwa zulu natal nuusrief / news letterlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/kzn-feb-2017.pdfkwa...

6
KWA ZULU NATAL NUUSBRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 2017 is going to be our year. Combined we have the knowledge and willingness to make a difference in our communies. Water is life and we can educate our fellow pupils on the conservaon of our precious resources by seng the example. Gryp die kans om `n verskil te maak in 2017. Gaan uit en wys vir almal dat `n Landsdiener weet hoe om leiding te neem op soveel terreine. Jy kan `n permanente verskil maak aan hoe an- der mense die omgewing ervaar deur hulle op te voed in die korrekte benung van ons praggte land se natuurskoon. Leef voluit in elke terrein waar jy jouself bevind en maak `n ver- skil in 2017. Facta non Verba Tannie Anita Pssst….Vra jou klubleier as jy plakkers soos hierbo wil koop... Arries Landsdiens Arries Landsdiens het die jaar afgeskop met n lekker rounders en roomys dag waar ons Landsdiens groep saam met ons juffrouens op die skoolveld rounders gespeel het. Laas Vrydag het ons n water praatjie gehad en het ons ook n paar wenke gekry oor hoe om water te bespaar, van die idees was baie yucky! Ons het ook uitgevind dat ons en die oermense en selfs die dinosaurs almal dieselfde water drink! Ons het ons Vrydag afgesluit met n paar spanbou akwiteite! Piet Reef Laerskool Kinders is gevra om water spuitgewere en 'n emmer saam te bring vir die water sport ope dag. Reën kon nie die kinders se opgewondenheid demper nie, en was daar vir die eerste Landsdiens akwiteit kinders wat sommer so kop onder die emmer opgedaag het vir die ope dag. Kinders is in groepe verdeel en het weggespring om mekaar met watergewere en gekleurde water te bespuit. Daarna is verskeie speletjies gespeel en met nat lywe - kleurvol gekleur - is nog 'n suksesvolle Landsdiens dag beëindig. Landdies groete

Upload: others

Post on 24-Jul-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

KWA ZULU NATAL

NUUSBRIEF / NEWS LETTER

Maart 2017

2017 is going to be our year. Combined we have the knowledge

and willingness to make a difference in our communities. Water

is life and we can educate our fellow pupils on the conservation

of our precious resources by setting the example.

Gryp die kans om `n verskil te maak in 2017. Gaan uit en wys vir

almal dat `n Landsdiener weet hoe om leiding te neem op

soveel terreine. Jy kan `n permanente verskil maak aan hoe an-

der mense die omgewing ervaar deur hulle op te voed in die

korrekte benutting van ons pragtigte land se natuurskoon.

Leef voluit in elke terrein waar jy jouself bevind en maak `n ver-

skil in 2017.

Facta non Verba

Tannie Anita

Pssst….Vra jou klubleier as jy plakkers soos hierbo wil koop...

Arries Landsdiens

Arries Landsdiens het die jaar afgeskop met n lekker rounders en roomys dag waar ons Landsdiens groep saam met ons juffrouens op die skoolveld rounders gespeel het.

Laas Vrydag het ons n water praatjie gehad en het ons ook n paar wenke gekry oor hoe om water te bespaar, van die idees was baie yucky! Ons het ook uitgevind dat ons en die oermense en selfs die dinosaurs almal dieselfde water drink! Ons het ons Vrydag afgesluit met n paar spanbou aktiwiteite!

Piet Retief Laerskool Kinders is gevra om water spuitgewere en 'n emmer saam te bring vir die water sport ope dag. Reën kon nie die kinders se opgewondenheid demper nie, en was daar vir die eerste Landsdiens aktiwiteit kinders wat sommer so kop onder die emmer opgedaag het vir die ope dag. Kinders is in groepe verdeel en het weggespring om mekaar met watergewere en gekleurde water te bespuit. Daarna is verskeie speletjies gespeel en met nat lywe - kleurvol gekleur - is nog 'n suksesvolle Landsdiens dag beëindig. Landdies groete

Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
Landsdiens
Page 2: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

SUIDIES NUUS

Hoërskool Suid-Natal het 2017 op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n sokkie…Die fondse wat daardeur ingesamel is, word gebruik om die bejaardes by die ouetehuise te bederf en die DBV te ondersteun in hulle taak om hawelose diere te versorg.

Kaartjies en blomme met selfgemaakte boksies is aan die per-soneel uitgedeel om ons liefde aan hulle te betoon.

Landsdieners is baie opgewonde oor die volgende paar pro-jekte wat ons die res van die kwartaal wil aanpak… strand-skoonmaak, DBV besoek en help hokke skoonmaak… elke Woensdag se handvaardiheid is ook ‘n lekker vooruitsig.

Mag almal so ‘n geseënde Landsdiens-kwartaal ervaar.

Fotos hieronder

Suidkus groete

Suid Natal Primêr het die naweek van 3-4 Februarie die skool se

gronde behoorlik op horings geneem. Altesaam 115 leerders en

25 volwasse lede het saam kom kamp.

Dit was behoorlik bokstaan om almal besig te hou en kos te gee.

Die kamp het afgeskop deur almal se tente opgeslaan te kry en

party tente het later soos Liewe Heksie se stertjieskombuis gelyk!

Daarna het die swembadspele en speletjies begin. Die

hongerpyne het begin grom en is gestil met heerlike

worsbroodjies en koeldrank.

`n Konsert onder sterlig het almal laat skater. andwerkaktiwiteite

het die lang nag korter gemaak. Daar is gepas afgesluit met

oordenking. Nodeloos om te sê, sekere onderwysers het maar

deurnag boeke gemerk om die lawwe energieke leerders se

manelwales te beheer. Dit was die grootste klubkamp wat nog by

die skool gehou is en ons sien daarna uit om dit `n jaarlikse

instelling te maak.

Suid Natal Primêr kamp GROOT!

Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
sterretjies
Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
handvaardigheid
Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
?
Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
manewales
Page 3: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

Richardsbaai Primêre Skool

Ons het ons landsdiens aktiwiteite afgeskop met ‘n “ysbreker”, op Vrydag 27 Januarie, waar lede in groepe opgedeel is en ‘n rusperband moes maak uit papier, en met almal binne-in oor ons rugbyveld en terug moes loop. Dit is gedoen om spanwerk en liefde vir jou medemens te bevorder.

Ons het dan ook die afgelope naweek, vanaf Vrydag 10 to Sa-terdag 11 Februarie ons klubkamp gehad, met so 94 kinders. Ons het ‘n “Amazing Race “ gehad met twee groepe waar liefde vir die natuur en liefde vir jou medemens voorrang gekry het, terwyl twee groepe hul eie t-hemde vir ons klub vir 2017 moes verf as handwerk aktiwiteit. Die groepe het daarna geroteer en ons het later die aand “Minute-to –Win-it” gespeel. Die aand is afgesluit met Lofprysing en Sang en ‘n fliek om mee in te sluimer.

Saterdagoggend om 06h00 het ons opgestaan, opgepak, stiltetyd gehou, bietjie fisiese aktiwiteiete op die veld verrig, voor almal huiswaarts gekeer het.

“No-one has ever become poor by giving.” -Anne Frank

Net soos die woorde van Anne Frank, leef die lede van Hoërskool Empangeni se Landsdiens dag na dag só. Hulle doen dit nie vir die erkenning nie, ook nie omdat hulle moet nie, maar omdat hulle ’n proetjie gekry het van die genot wat teruggee en goed doen vir jou bring.

Ons klub bestaan nou al net oor 10 jaar en ons ledetal is besig om weereens groter te word. Die klub het in 2016 verskeie lekker dinge gedoen en onsself gate uit geniet. Dit sluit naatuurlik ons klub- en areakamp in, verder deur die jaar het ons verskeie kreatiewe handwerk geleenthede gehad, soos Valentynsdagkaartjies, herwinde krale en ou t-hemp halsnoere vir Moedersdag en origami tulpe vir ons onderwysers op Lentedag. Ons het teruggegee vir ons gemeenskap deur iKhayaLika Baba, ’n MIV/Vigs kinderhuis, en Leisure Gardens, ’n tehuis in ons dorp te besoek, en ou skoolskoene van leerders in die skool in te samel en aan weeshuise in die omgewing. Ons het onsself weer gevind in die rustigheid van die natuur toe ons St Lucia Vleilandpark en Dlinza Forrest besoek het. Die klub het geesgebou deur koekbak kompetisies te hou en dan later aan die skool te verkoop. Ons het die Here ons God geëer as ons elke dag in Sy Naam afsluit.

Die Bogenoemde aktiwiteite is slegs ’n paar van dit wat ons klub gedoen het, en 2017 gaan nóg voller wees, ons het al klaar ’n paar aktiwiteite agter die blad en die opwinding van die nuwe lede en die ou lede loop deur die skool en so versprei ons ons lewenswyse en ons passie vir teruggee.

Mareli Swart (Gr12)

Hoërskool Empangeni Landsdiensklub

Amanda
Cross-Out
Amanda
Inserted Text
natuurlik
Page 4: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

Arbour Week

On this day, we planted 2 trees at our school:

Black Locust (False Acacia) and the Kapokboom

Veldenvlei Primary School

Here are a few of the activities that took place at Veldenvlei.

Paper Etching During this activity, Miss Bester told the learners more about the four pillars that Land Service are built on i.e:Love for God, Love for the environment, Love for fellow men, Love for labour

Learners then had to scratch out the picture on the etching

Jaarlikse Strandskoonmaak dag

Ons het trots deelgeneem aan die Jaarlikse Strandskoonmaak

dag en het ‘n reënerige oggend ‘n dag van omgee vir die

omgewing gemaak.

Versier hout-gesnyde woorde

Tydens die handvlyt aktiwiteit het leerders woorde soos

“Geloof”, “Familie”, “Vriende”, ens. met verf versier.

Page 5: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

Nog Nuus van Suid Natal Primêr

Suid Natal Primêre skool het vandag op Valentynsdag omtrent die liefde uitgeleef. Die klub se jaarlikse Markdag het vroegoggend afgeskop. Ouers en kinders het alles wat die liefde uitdra, te koop aangebied aan verliefdes, geliefdes en sommer net vir die wat lief het! Daar was rooi koekies, rooi sjokolade, rooi harte, en selfs rooi pannekoek!

Teen pouse is alles uitverkoop en was almal "stroopsoet" die res van die dag!

Vryheid Landbou

Water is life - life is Land Service.

It is important for Landbouians Landsdiens members to make the difference. To be the supporters of life, humanity, knowledge, adventure, leadership and greatness.

This year we are once again growing tall trees. But this year is different with a different approach,for we are growing tall trees to greatness keeping in mind that "every drop" matters. No drop will be on the ground for waste, though every drop is nurturing

Ndumiso Ngema : Club secretary

Landdiens 8 Februarie 2017 Uitstappie na Mev Mouton se plaas-dam. Op hierdie heerlike warm dag in die bus styf ingedruk soos sardientjies, is ons na 'n plaaslike dam. Daar aangekom, moes die Landsdiens leerders 5 voorwerpe langs die pad optel. 'n veer, blom, klippies en gras om net 'n paar voorwerpe te noem is op-getel. By die Plaasdam het die leerders lekker op die gras gesit terwyl Juffrou Elize vir hulle vertel het van die landsdiens tema hierdie jaar: WATER en die belangrikheid van water. Leerders het grootoor geluister na al die feite, en sommer gou is nog 'n won-derlike uitstappie afgesluit. Landsdiens groete..

Nog Nuus van Piet Retief

Page 6: KWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTERlandsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/KZN-Feb-2017.pdfKWA ZULU NATAL NUUSRIEF / NEWS LETTER Maart 2017 î ì í ó is going to be our year

Rungu & Albon Fredrich Nezar