ministry of education, arts and culture...skryf 'n brief 'n tydskrif oor die dag van die...

37
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE SENIOR PRIMARY PHASE To be implemented in 2016 AFRIKAANS FIRST LANGUAGE SYLLABUS GRADES 4-7

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE

SENIOR PRIMARY PHASE

To be implemented in 2016

AFRIKAANS FIRST LANGUAGE SYLLABUS

GRADES 4-7

Page 2: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Ministry of Education, Arts and Culture National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia © Copyright NIED, Ministry of Education, Arts and Culture 2015 Afrikaans First Language Syllabus Grades 4-7 ISBN: 978-99945-2-098-21 Printed by NIED Website: http://www.nied.edu.na Publication date: December 2015

Page 3: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding .............................................................................................................................. 1

2. Rasionaal ............................................................................................................................ 1

3. Doelstellings ....................................................................................................................... 1

4. Insluitende onderwys ......................................................................................................... 1

5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre kwessies ..................................................... 2

6. Onderrig-leer-benadering .................................................................................................... 4

7. Vaardighede aan die einde van die senior primêre fase ................................................... 5

8. Samevatting van die leerinhoud ......................................................................................... 5

9. Leerinhoud ......................................................................................................................... 7

10. Assessering.......................................................................................................................... 21

10.1 Deurlopende assessering .................................................................................................... 21

10.2 Formatiewe en samevattende assessering ........................................................................ 21

10.3 Informele en formele metodes ............................................................................................. 21

10.4 Evaluering ........................................................................................................................... 22

10.5 Kriteria-gerigte assessering ................................................................................................ 22

10.6 Graadomskrywings ............................................................................................................. 22

10.7 Beplanning van assessering en byhou van punte .............................................................. 22

10.8 Assesseringsdoelstellings .................................................................................................. 22

10.9 Deurlopende assessering: riglyne ...................................................................................... 23

10.10 Eindeksamen: uiteensetting van vraestelle ........................................................................ 26

10.11 Promosiepunt ..................................................................................................................... 28

10.12 Verband tussen assesseringsdoelstelling en die vraestelle ................................................ 28

11. Woordelys............................................................................................................................. 29

Bylaes:

Bylae A: Merkskema: Praatvaardigheid

Bylae B: Merkskema: Hardoplees

Bylae C: Merkskema: Skriftelike stelwerk

Deurlopende Assesseringspuntelys

Page 4: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 1

1. Inleiding Hierdie sillabus beskryf die leeruitkomste en assessering van Afrikaans Eerste Taal in die Senior Primêre fase (graad 4 tot 7). As vak hoort Afrikaans Eerste Taal tot die taal- en geletterdheidsleerarea in die kurrikulum. 2. Rasionaal Taal is die belangrikste sleutel tot suksesvolle leer. Die moedertaal is onontbeerlik vir konsepvorming, asook om dit wat deur medium van 'n ander taal geleer word, in verband te bring met persoonlike ervaring en die eie kultuur. Leerders wat nie hulle moedertaal as vak neem in formele onderwys nie, kan onder die indruk gebring word dat dit minderwaardig is in vergelyking met die tweede of vreemde taal. Om in die moedertaal te leer en te ontwikkel, is noodsaaklik vir die vestiging van 'n positiewe selfbeeld, vaslegging van die eie kultuur en primêre begrip van die wêreld. Taalgeletterdheid en kommunikasievaardighede in die eerste taal word beskou as onontbeerlike fasette van menslike ontwikkeling en lê die grondslag vir lewenslange leer. Ter wille van beide die bevordering van optimale leeromstandighede en die versterking van 'n eie identiteit, asook ter wille van taalekologie, behoort die moedertaal as vak aangebied te word tot aan die einde van die skoolloopbaan. 3. Doelstellings Die oorkoepelende doelstelling met die onderrig van 'n eerste taal is die ontwikkeling van die kognitiewe kommunikasievaardighede van die leerders, ter wille van betekenisvolle interaksie in 'n multi-kulturele en meertalige gemeenskap. Die doelstellings met die onderrig van Afrikaans Eerste Taal is om:

positiewe gesindhede teenoor asook begrip vir die rol en waarde van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde te ontwikkel

die verwerwing van insig in die struktuur en funksies van die eerste taal (moedertaal) sodat hulle mondelinge en geskrewe gebruik van die taal gepas en vry van ernstige foute kan wees

die bevordering van begrip en waardering vir die gebruik van die taal vir kreatiewe en akademiese doeleindes, en die ontwikkeling van leerders se vaardigheid hierin

die ontwikkeling van die vermoë om die taal met selfvertroue in die skool en in die daaglikse lewe te gebruik en begrip te ontwikkel vir die wêreld waarin hulle leef

4. Insluitende onderwys Insluitende onderwys maak dit vir elke leerder moontlik om toegang te hê tot en deel te neem aan die volle spektrum van opvoedkundige programme en dienste wat deur die onderwysstelsel in hoofstroomskole aangebied word. Dit is gebaseer op die erkenning van diversiteit onder leerders en die verwydering van leerstruikelblokke. Die Afrikaans Eerste Taal-onderwyser moet dus leerders met spesiale onderwysbehoeftes in ag neem deur hierdie sillabus by hulle behoeftes aan te pas deur differensiasie waar nodig, en soos aangedui in die kurrikulumraamwerk vir insluitende onderwys (Curriculum Framework for Inclusive Education, 2014). Die aanpassings in assessering van leerders met spesiale behoeftes moet gedoen word volgens die riglyne wat vervat is in die Handbook for Centres (2012), 'n publikasie van die Direktoraat vir Nasionale Eksamens en Assessering (DNEA). Leerders wat leerhindernisse ervaar, wat van so 'n aard is dat hulle nie in inklusiewe skole geakkommodeer kan word nie, sal geakkommodeer word in ondersteuningseenhede, spesiale eenhede of spesiale skole tot hulle by 'n inklusiewe skool kan inskakel, indien moontlik. 'n Leerdergerigte benadering tot onderrig is uiters geskik vir leerders met spesiale behoeftes, aangesien dit bou op wat leerders reeds weet en kan doen en hulle dan verder help om nuwe kennis en vaardighede te verwerf. Die kurrikulumraamwerk vir insluitende onderrig spesifiseer die vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te bemeester. Individuele

Page 5: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 2

ondersteuningsplanne moet vir elke leerder ontwikkel word om die individuele leerproses te rig en te evalueer. Die Senior Primêre fase bevorder gelyke geleenthede vir seuns en dogters, sodat beide geslagte in staat sal wees om op dieselfde vlak deel te neem. Onderwysers moet weet en verstaan hoe om seuns en dogters gelykwaardig te behandel en alle onderrigmateriaal moet geslagsgelykheid bevorder. Leerders moet ook geleer word om tekste te analiseer om seker te maak dat dit vry van geslagstereotipering is. Om perspektiewe van beide geslagte in alle sosiale temas in te sluit, is belangrik vir die kweek van 'n bewustheid van gelagsgelykheid. 5. Skakeling met ander vakke en interkurrikulêre kwessies Eerstetaalonderrig versterk die kurrikulum deurdat die stories wat leerders lees en na luister, die onderwerpe waaroor hulle nadink en praat en die rolle wat hulle tydens rolspel vertolk, alles interkurrikulêre skakels kan hê met kwessies soos bevolkingsaangeleenthede, MIV en Vigs, menseregte, demokrasie, omgewingsbewustheid en padveiligheid. Hierdie kwessies is nie beperk tot net enkele vakke nie, maar word in al die verskillende vaksillabusse aangedui, want elkeen van die kwessies het te doen met spesifieke risiko’s en uitdagings in die Namibiese samelewing. Daarom moet alle leerders:

die aard van hierdie risiko’s en uitdagings verstaan

weet watter impak dit op die samelewing en op die kwaliteit van lewe het

verstaan hoe hierdie risiko’s en uitdagings die hoof gebied kan word op nasionale en globale vlak, tans en in die toekoms

verstaan watter rol elkeen van hulle kan speel, in hulle eie skool en gemeenskap, in die hantering van hierdie risiko’s en uitdagings.

Die hoof risiko’s en uitdagings sluit die volgende in:

die uitdagings en risiko’s wat ons in die gesig staar as ons nie ons natuurlike hulpbronne behoorlik bestuur nie

die uitdagings en risiko’s wat voortspruit uit MIV en Vigs

die uitdagings en risiko’s vir gesondheid wat veroorsaak word deur besoedeling, swak sanitasie en rommel

die uitdagings en risiko’s wat aan demokrasie en sosiale stabiliteit gestel word deur ongelykheid en deur 'n regering wat regte en verantwoordelikhede ignoreer

die uitdagings en risiko’s wat ons in die gesig staar as ons nie by padveiligheisregulasies hou nie

die uitdagings en risiko’s wat globalisering meebring Die voorstelle in die onderstaande tabel het ten doel om leiding te verskaf aan onderwysers oor die integrering van interkurrikulêre kwessies in die daaglikse taalonderrig. Dit staan onderwysers vry om hierdie onderwerpe en aktiwiteite aan te vul en te verander om te pas by die ontwikkelingsvlak en belangstelling van hulle leerders.

Interkurrikulêre kwessie

Onderwerp Aktiwiteite

Luister Praat Lees Skryf

Omgewings-opvoeding

Waaruit betaan ons omgewing?

Parke en ontspanning

Bewaring

Boomplantdag

Luister na tekste en rangskik inligting wat op stukkies papier geskryf is

Voer 'n onder-houd met 'n natuurbewaar-der

Lewer 'n praatjie oor maniere om elektrisiteit te bespaar

Vind inligting oor geskikte plante / bome vir die skoolter-rein

Pas woorde by korrekte betekenisse in tekste oor omgewings-kwessies

Briefie van bedanking aan die burge-meester vir sy / haar deelname aan boom-plantdag by die skool

Page 6: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 3

Interkurrikulêre kwessie

Onderwerp Aktiwiteite

Luister Praat Lees Skryf

Bevolkings-kwessies

Namibië se bevolkingsame-stelling

Namibië se vroeë geskiede-nis

Lewensomstan-dighede in ver-skillende dele van die land

Luister na 'n voorlesing en merk korrekte antwoorde af

Luister na 'n voorlesing en beant-woord een-voudige be-gripsvrae daaroor

Bespreek in-vloedryke per-sone in die ge-skiedenis van Namibië

Debatteer aangeleent-hede rondom die huidige bevolkings-groei in Namibië

Dra inligting oor kulturele groepe in Na-mibië in op 'n tabel

Lees 'n tabel oor lewens-verwagting

Ontwerp 'n plakkaat om verskillende aspekte van die bevolkings-groepe in Namibië uit te beeld

MIV en Vigs Leef positief saam met MIV en Vigs

Voorkoming

Regte van MIV-positiewe mense

Luister na 'n teks en beantwoord waar / vals vrae

Luister na verhale oor persone wat MIV-positief is

Voer 'n onderhoud met 'n gesondheids-werker oor be-paalde aspekte rondom MIV & Vigs

Debatteer die vraag of dit goed is om te weet wat jou MIV-status is

Soeklees 'n teks vir voorkomende maatreëls

Ontleed en bespreek plakkate oor aspekte van MIV en Vigs

Dra data oor die voorkoms van MIV & Vigs in op 'n tabel

Ontwerp plak-kate om die boodskap van voorkoming oor te dra

Menseregte en demokrasie

Die bevorde-ring van vrede

Verstaan kultu-rele verskeiden-heid

Regte en ver-antwoordelik-hede

Dag van die Afrika-kind

Luister na tekste oor regte en verantwoor-delikhede en voltooi verskillende take

Bespreek as-pekte van ver-skillende kul-ture, bv. taal, stapelvoedsel, kleredrag, ens.

Bespreek ver-pligte skoolby-woning

Lees en be-spreek koerant-artikels oor demokrasie

Lees verhale waaruit inlig-ting oor bepaalde kulture afge-lei kan word

Stel riglyne op oor hoe om vrede te bewaar

Skryf 'n brief aan 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind

Inligtings-tegnologie

Ontwikkeling in inligtingsteg-nologie

Maniere van kommunikasie

Groot uitvinders

Luister na 'n beskrywing van 'n rekenaar en skryf die name van dele in op 'n skets

Luister na stories oor beroemde uitvinders en gebruik die inligting om opdragte uit te voer

Bied 'n radio- of TV-program aan oor ont-wikkelinge in die tegnologie

Vluglees 'n teks oor die ontwikkeling van inligtings-tegnologie en stel 'n tydlyn op

Lees artikels oor groot uitvinders

Vul inligting in op 'n grafiek, bv. oor die aantal leerders in die skool wat 'n radio, selfoon en rekenaar besit

Padveiligheid Ongelukke Hou groep-besprekings oor padveilig-heidskwessies

Lees koerant-artikels oor ongelukke

Maak plakkate wat bewustheid van padveilig-heid bevorder

Page 7: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 4

6. Onderrig-leer-benadering Die onderrig-leer-benadering is leerdergerig. Dit verseker die optimale kwaliteit van leer indien sekere beginsels nagekom word. Die doel is om begrip te verseker, asook die ontwikkeling van vaardighede en gesindhede wat nodig is om 'n bydrae tot die gemeenskap te kan lewer. Die vertrekpunt is die magdom kennis en sosiale ondervinding wat elke leerder na die skool bring. Onderrig en leer in die skool moet elke leerder se bestaande kennis en ondervinding verbreed, ontwikkel en uitdaag. Leerders leer die beste wanneer hulle by die leerproses betrokke is deur 'n hoë mate van aktiewe deelname, bydrae en produksie. Terselfdertyd moet die onderrig-leer-benadering voorsiening maak vir die feit dat elke leerder 'n individu is met sy/haar eie behoeftes, tempo van leer, ondervinding en vermoëns. Die onderwyser moet in staat wees om die behoeftes van leerders te peil, die aard van die leer wat moet plaasvind te identifiseer en dan die leerervaring dienooreenkomstig te beplan. Daarom moet onderrigstrategieë buigsaam wees in 'n goed beplande reeks lesse wat verkieslik rondom temas beplan word. Afhangende van die betrokke algemene en spesifieke doelstellings wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer leerinhoud direk onderrig moet word, wanneer dit beter sal wees om leerders die inhoud self te laat ontdek, wanneer gerigte leeraktiwiteite nodig is, wanneer vaslegging of verryking nodig is, wanneer daar 'n spesifieke opeenvolging van vaardighede of inligting is wat gevolg moet word, of wanneer leerders toegelaat kan word om self te besluit hoe hulle 'n onderwerp wil aanpak. Die klas kan op verskillende wyses georganiseer word: leerders kan individueel werk, in pare, in groepe of as die totale klasgroep. Die groepering wat gekies word, sal afhang van die spesifieke aktiwiteit. Wedersydse ondersteuning en samewerking tussen groepe behoort aangemoedig te word. Om dit te bewerkstellig, moet opdragte so beplan word dat paar- en groepwerk nodig is om dit uit te voer, andersins is groepwerk vir leerders irrelevant. In die lig van die feit dat leerders in hierdie fase reeds bepaalde persoonlike, sosiale en kommunikatiewe vaardighede ontwikkel het, moet hulle onder leiding van die onderwyser toenemend meer by die beplanning en evaluering van hulle werk betrek word. Aangesien leerders in die Junior Primêre fase reeds 'n groot deel van hulle moedertaal verwerf het, behoort die onderrig in die Senior Primêre fase afgestem te wees op verdere ontwikkeling van taalvaardighede. Dit moet bou op wat leerders reeds ken en kan doen, dit moet lei tot verfyning van taalstrukture, asook die ontwikkeling van die vermoë om die taal op meer subtiele wyse en in meer komplekse situasies te gebruik. 'n Belangrike funksie van die vak in hierdie fase is die doelbewuste uitbreiding van leerders se woordeskat. Die onderrig van Afrikaans Eerste Taal moet 'n bewustheid kweek van die feit dat daar 'n standaardvorm van die taal is wat toepaslik is in skryfwerk en meer formele situasies, terwyl die gesproke vorm van die taal 'n reeks variëteite insluit, nie net in terme van dialekte nie, maar ook wat betref baie formele en hoflike taal, asook informele taal en slang. Dit is belangrik dat die klaskamer 'n ryk taalomgewing moet bied, veral ten opsigte van die geskrewe en gedrukte vorm. Elke klaskamer behoort 'n leeshoekie te hê met gepubliseerde boeke, wat feite oor verskillende onderwerpe, stories en gedigte bevat. Verder behoort die leerders se eie kreatiewe skryfwerk en geannoteerde plakkate, ook wat die leerders self maak, in die klaskamer uitgestal te word. 'n Wye verskeidenheid onderrigmedia behoort gebruik te word om besprekings uit te lok: rolspel, kreatiewe skryfwerk, uitsendings deur plaaslike radiostasies, prente sonder byskrifte, plaaslike gebeure uit Afrikaanse koerante en kinderliteratuur. Alhoewel min skole rekenaars beskikbaar het vir die leerders se gebruik, moet onderwysers 'n bewustheid kweek by die leerders van hedendaagse inligtingstegnologie. Dit kan versterk word deur gesprekke oor rekenaars in die leerders se onmiddellike omgewing, asook deur stories te lees en

Page 8: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 5

prente en advertensies wat oor inligtingstegnologie handel, te bespreek. Leerders wat toegang het tot rekenaars moet aangemoedig word om dit te gebruik wanneer hulle huiswerk doen. Die moedertaal hou ten diepste verband met die identiteit van 'n persoon en bevestig lidmaatskap van die primêre groep in die lewe, die gesin, asook van die gemeenskap. Daarom moet die onderrig van die moedertaal op elke moontlike wyse put uit die kulturele rykdom van die gemeenskap en verbande lê tussen onderwerpe wat in die klas aan die orde kom en die onmiddellike omgewing. Slegs as leerders geborge voel in hul persoonlike en taalidentiteit en hul eie kultuur na waarde skat, sal hulle in staat wees om Engels (die medium van onderrig in die Senior Primêre fase) en die globalisering wat daarmee gepaard gaan te bemeester sonder om van hulle eie taal en kultuur vervreem te word. 7. Vaadighede aan die einde van die senior primêre fase Met die aanvang van die Senior Primêre fase word veronderstel dat leerders reeds begin het om die moedertaal effektief te gebruik vir kommunikasie, selfontwikkeling en intellektuele groei. Daarom is dit belangrik om in gedagte te hou dat die eerstetaalsillabus primêr bedoel is vir moedertaalsprekers. Al die vaardighede in hierdie sillabus is noodsaaklik en dui die minimum vlak van vaardigheid aan wat leerders aan die einde van elke graad in die Senior Primêre fase behoort te bereik. Die bedoeling is nie om die inisiatief van die onderwyser of die klas te beperk nie. Onderwysers moet hulle leerders ver verby die minimum vlakke neem waar enigsins moontlik. Aan die einde van die Senior Primêre fase behoort alle leerders in staat te wees tot betekenisvolle interaksie, hulleself duidelik in 'n verskeidenheid genres en situasies kan uitdruk en 'n verskeidenheid tekste kan lees en krities interpreteer. Deur gereelde blootstelling aan ryk vorme van kommunikasie, sal leerders toenemend bewus word van korrekte en betekenisvolle taal en die korrekte gebruik van grammatikale strukture. Ten einde groei en ontwikkeling in die taal soveel as moontlik aan te help, is dit belangrik dat die taalvaardighede geïntegreerd onderrig word. Baie van die vaardighede wat in die Senior Primêre fase ingesluit is, was reeds deel van die Junior Primêre fase. Die rede waarom dit in die Senior Primêre fase herhaal word, is om die belangrikheid van progressiewe ontwikkeling van hierdie vaardighede aan te dui. In opeenvolgende jare sal van leerders vereis word om die vaardighede met toenemende vlakke van gesofistikeerdheid te ontwikkel. 8. Samevatting van die leerinhoud Die Afrikaans Eerstetaalsillabus bestaan uit die volgende vyf afdelings: Luister en reageer Die doel met luisteronderrig is om fonologiese vaardighede (woordherkenning) te ontwikkel, woordeskat te verryk, 'n aanvoeling vir korrekte sinstruktuur te ontwikkel en na taalgebruik in verskillende kontekste te luister. Daarom moet luistertekste wat gebruik word van so 'n aard wees dat dit leerders uitdaag ten opsigte van woordeskat, sinskonstruksie, figuurlike taalgebruik en verskillende style, en blootstel aan 'n verskeidenheid sprekers. Waar moontlik moet oudiovisuele tekste soos TV-advertensies en kort dokumentêre aanbiedings ook gebruik word. Praat Die spesifieke doelstellings met praatonderrig sluit die volgende in: oordra van inligting, gevoelens en idees, die beplanning en aanbieding van verskillende tipes praatjies en voordragte, betekenisvolle deelname aan groep- en klasgesprekke. Lees en reageer Leesonderrig behels nie net die ontwikkeling van stilleesvaardighede en die vermoë om hardop voor te lees nie, maar ook die lees van letterkunde en die gebruik van naslaanbronne.

Page 9: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 6

Skryf Die onderrig van skryf sal aan leerders die geleentheid gee om taal te gebruik om idees en gevoelens skriftelik weer te gee, die belangrikheid van korrekte spelling en leestekens te leer en te besef dat die gehoor en doel van 'n skryfstuk nie net die inhoud daarvan bepaal nie, maar ook die styl waarin dit geskryf word. Alle eerstetaalleerders se vaardigheid in die skriftelike gebruik van die taal moet goed ontwikkel word, maar dit moet ook 'n genotvolle ervaring wees. In die senior primêre fase behels opstelskryf hoofsaaklik die skryf van verhalende opstelle. Grammatika en taalgebruik Die hoofdoel met die onderrig van grammatika en taalgebruik is om te verseker dat 'n behoorlike grondslag gelê word in die basiese taalreëls, sodat leerders dit in hulle mondelinge en skriftelike gebruik van die taal kan toepas. 'n Wye woordeskat en kennis van die idiome van die taal kom aan die orde. Leerders moet ook gaandeweg toepaslike grammatikale terme leer ken en gebruik. Al word hierdie vaardighede hier apart aangedui om dit duidelik te omskryf, moet dit nie in isolasie onderrig word nie. Verskillende taalvaardighede word in die praktyk nie in isolasie gebruik nie, maar wel in verskillende kombinasies. In die taalklas moet dieselfde natuurlike groepering van taalvaardighede as in die werklike lewe geïntegreerd onderrig word.

Page 10: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 7

9. LEERINHOUD 9.1 Luister en reageer Ten einde luistervaardigheid te assesseer, sal leerders mondelings of skriftelik moet reageer. Die tekste, asook die vrae en opdragte wat in die verskillende grade gebruik word, moet in lengte en moeilikheidsgraad toeneem. Alhoewel spesifieke doelstellings op die oog af dieselfde lyk vir verskillende grade, moet dit in groter diepte onderrig word in elke volgende graad. Die verskeidenheid en tipes tekste wat gebruik word moet van so 'n aard wees dat dit pas by die leerders se ontwikkelingspeil en belangstelling en bespreking stimuleer.

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. na inligtingstekste, stories, gedigte en liedjies en ander tipes tekste luister en dit verstaan

verskillende tipes tekste te verstaan en eenvoudige inligting daaruit te haal

inligting uit tekste mondelings aan te bied

die algemene strekking van tekste te kan weergee

die volgorde van gebeure weer te gee

stories oor te vertel

karakters te identifiseer

verskillende tipes tekste te verstaan en eenvoudige inligting daaruit te haal

hoof- en ondersteunende idees te identifiseer

die boodskap, betekenis en/of doel te verduidelik

'n persoonlike mening te gee

ooglopende elemente wat plot, karakter en verloop aandui, te identifiseer

verskillende tipes tekste te verstaan en meer gevor-derde inligting daaruit te haal soos menings

te onderskei tussen feit en mening

inligting uit tekste op 'n meer omvattende wyse aan te bied

'n persoonlike mening te kan weergee, ondersteun deur argumente

'n groter verskeidenheid tipes tekste te verstaan en meer gevorderde inligting daaruit te haal

te onderskei tussen feite en menings, idees en aannames

inligting uit tekste op 'n meer omvattende wyse aan te bied

eienskappe van verskillende mondelinge tekste te beskryf, soos weervoorspellings en nuusuitsendings

2. instruksies en aan-wysings herken en uitvoer

eenvoudige instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer, soos vervat in aankondigings en boodskappe

instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer, bv. hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan

meer gedetailleerde instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer, bv. hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan

meer gedetailleerde instruksies en aanwysings te volg en dit uit te voer, bv. hoe om toerusting en instrumente te gebruik, dinge te vind, na spesifieke plekke te gaan

Page 11: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 8

9.1 Luister en reageer (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

3. hoofpunte en -idees herken en onder-steunende detail en voorbeelde vind

enkele feite uit kort tekste te haal

oorsaak en gevolg te identifiseer

feite uit tekste te haal en met bewyse te staaf

probleem en oplossing te identifiseer

'n spreker se hoofpunte en –idees te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te vind in tekste soos stories, gesprekke en besprekings

'n spreker se hoofpunte en –idees te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te vind in tekste soos kort toesprake

4. gevoelens, bedoeling, emosies en houdings van sprekers verstaan

basiese gevoelens en emosies van karakters in stories te herken en weer te gee

gevoelens en emosies van karakters in stories te herken en bespreek

woorde, lyftaal en stemtoon aan te dui wat gevoelens, emosies en houdings van karakters in stories en gesprekke uitdruk

woorde, lyftaal en stemtoon aan te dui wat bedoelings en houdings van sprekers uitdruk. Dit sluit aspekte in soos humor, of die trant formeel of minder formeel is, ensovoorts.

5. in verskillende verbande aan gesprekke deelneem

op gepaste wyse te reageer en op te tree in verskillende sosiale en kulturele situasies soos gesprekke

op gepaste wyse te reageer en op te tree in verskillende sosiale en kulturele situasies soos gesprekke

ander persone se gevoelens en menings te herken en te respekteer

op gepaste wyse en effektief te reageer en op te tree in verskillende sosiale en kulturele situasies soos gesprekke

ander persone se gevoelens en menings te herken en te respekteer

effektief en krities te reageer en op te tree in verskillende sosiale en kulturele situasies soos gesprekke, besprekings en debatte, asook in vakverband

ander persone se gevoelens en menings te herken en te respekteer

Page 12: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 9

9.2 Praat In die Senior Primêre fase behoort elke leerder sy/haar moedertaal vlot te kan praat en korrekte taalstrukture te gebruik. Leerders moet gelei word om bedagsaam en sensitief te wees vir kulturele verskille soos aanspreekvorme en verskillende wyses van groet wat verband hou met die verhouding tussen kinders en volwassenes.

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. inligting, aanwysings en instruksies vra en gee

inligting, aanwysings en instruksies in verskillende verbande en op gepaste wyse te vra en te gee

inligting oor spesifieke onderwerpe / aangeleenthede op gepaste wyse te gee en te vra

aanwysings te gee en te vra om bepaalde plekke of dinge te vind

verduidelikings en instruksies oor spesifieke onderwerpe / aangeleenthede op gepaste wyse te gee en te vra

aanwysings te gee en te vra om bepaalde plekke of dinge te vind

duidelike instruksies en verduidelikings oor spesifieke onderwerpe / aangeleenthede te gee en te vra

duidelike aanwysings te gee en te vra om bepaalde plekke of dinge te vind

2. ondervindings, gevoelens en menings oordra

duidelik en samehangend te kommunikeer in bekende situasies

eie ondervindings en gevoelens oor te dra in 'n verskeidenheid situasies

eie ondervindings en gevoelens oortuigend oor te dra en ander se gevoelens te erken

eie ondervindings en gevoelens oortuigend oor te dra en ander se gevoelens te erken in 'n verskeidenheid situasies soos dood, ongelukke, 'n klasmaat wat druip

3. gepaste woordeskat gebruik om beskrywings van bepaalde onderwerpe te gee

gepaste woordeskat te gebruik om idees en ervarings duidelik oor te dra

gepaste woordeskat te gebruik om te vertel, verduidelik, verskoning te vra, iemand te bedank

beskrywings te gee van bepaalde onderwerpe soos persone, voorwerpe, plekke, gebeure

gepaste woordeskat te gebruik om navraag te doen, beskrywings te gee, instruksies te gee, te vergelyk

duidelike beskrywings te kan gee van persone, voorwerpe, plekke en gebeure

bestaande advertensies aan te bied asook eie advertensies te ontwerp en aan te bied

gepaste woordeskat te gebruik om duidelike beskrywings te gee van persone, voorwerpe, plekke en gebeure

'n toenemende aanvoeling vir die gehoor te openbaar

Page 13: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 10

9.2 Praat (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

4. algemene hoflikheids-konvensies toepas met 'n aanvoeling vir die gehoor in gesimuleerde situasies

deel te neem aan groepgesprekke terwyl algemene hoflikheidskonvensies toegepas word soos om na ander te luister, ander se gevoelens en regte in ag te neem

algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in alledaagse situasies soos telefoongesprekke, die plaas van bestellings en toestemming vra

algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in informele en eenvoudige formele situasies soos afsprake maak en kanselleer, mense voorstel en toestemming vra en weier

algemene hoflikheidskonvensies toe te pas in informele en meer formele situasies soos die gee en ontvang van komplimente, gelukwensings, raad en waarskuwings

5. inligting, gevoelens en idees oordra deur middel van 'n verskeidenheid aanbiedings en met 'n aanvoeling vir die gehoor

inligting oor te dra met die korrekte gebruik van: oogkontak, uitskakeling van onnodige gevroetel, gepaste volume, pousering en praattempo

mondelinge aanbiedings te beplan

gepaste inhoud vir die gehoor en doel van die aanbieding te kies

die inhoud van 'n praatjie reg te rangskik

inligting, gevoelens en idees oor te dra in aktiwi-teite soos die voordra van gedigte, dramatisering van situasies, verslag gee van aktiwiteite soos sportge-leenthede en kulturele programme;

met die hele gehoor te kommunikeer, deur intonasie (stemtoon), praattempo en volume aan te pas by die gehoor

mondelinge aanbiedings vir verskillende doeleindes te beplan

gepaste taal, inhoud en visuele aanbiedings te beplan vir die gehoor

die inhoud van 'n praatjie logies uiteen te sit

inligting, gevoelens en idees oor te dra in aktiwiteite soos gesprekke, onderhoude en aanbiedings

gepaste lyftaal, oogkontak en gesigsuitdrukkings te gebruik

'n aanvoeling te openbaar vir die gehoor

kommentaar te lewer op eie aanbiedingsvaar-dighede

gepaste taal, inhoud en visuele aanbiedings te beplan vir die gehoor

die inhoud van 'n praatjie logies en met 'n duidelike inleiding en slot uiteen te sit

inligting, gevoelens en idees oor te dra in aktiwiteite soos debatte, voordragte, situasies van onderhandeling, probleemoplossing

gepaste lyftaal, oogkontak en gesigsuitdrukkings te gebruik

'n aanvoeling te openbaar vir die gehoor

kommentaar te lewer op eie aanbiedingsvaar-dighede

gepaste taal, inhoud en visuele aanbiedings te beplan vir die gehoor

die inhoud van 'n praatjie logies en met 'n duidelike inleiding, hoofpunte en slot uiteen te sit

Page 14: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 11

9.2 Praat (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

6. betekenisvol kommunikeer deur gepaste woordeskat in sosiale, kulturele en vakverband te gebruik

gepaste interaksie-vaardighede te toon deur ander se idees te oorweeg, by te dra tot besprekings, inligting en idees te deel, redes vir argumente te verskaf

deel te neem aan gesprekke oor bepaalde onderwerpe

iets te verduidelik wanneer 'n groeplid dit nie verstaan nie

'n standpunt te verdedig

deel te neem aan groepbesprekings en gesprekke

te redeneer, te ondersoek en te oorreed

uitdagings te aanvaar

krities en op gepaste wyse deel te neem aan gesprekke en debatte; en kort toesprake te lewer

te redeneer, te verken en oortuigend te oorreed

kritiek te aanvaar

Page 15: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 12

9.3 Lees en reageer Die tekste wat in die verskillende grade gebruik word, sal toeneem in lengte en moeilikheidsgraad en moet aanpas by die belangstelling en ontwikkelingsvlak van die leerders. Leerders se sigwoordeskat moet merkbaar toeneem. Gepaste Afrikaanse tekste wat handel oor onderwerpe wat in ander vakke behandel word, behoort gebruik te word vir die onderrig van leesvaardighede. Leesonderrig moet nie net op die ontwikkeling van bepaalde leesvaardighede afgestem wees nie, maar moet op so 'n wyse aangepak word dat leerders dit geniet om te lees en lewenslange lesers sal word. Stilleesvaardighede moet toenemend meer aandag geniet soos leerders deur die grade vorder.

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. hardop lees om begrip van die teks oor te dra

eenvoudige tekste hardop te lees terwyl aspekte soos vlotheid, uitspraak en oordrag van betekenis in ag geneem word

eenvoudige tekste soos stories voor te lees terwyl aspekte soos tempo, begrip en stemprojeksie in ag geneem word

verskillende tipes tekste soos stories, dialoë en informasietekste voor te lees op so 'n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan, met inagneming van liggaamshouding, gebare en stemprojeksie

verskillende tipes tekste soos stories, dramas, informasietekste, tabelle voor te lees op so 'n wyse dat dit maklik is om te volg en verstaan, met inagneming van al die aspekte wat bydra tot 'n geslaagde voorlesing

2. stillees uit 'n verskeidenheid voorgeskrewe en ander tekste en begrip toon van die inhoud, teksstruk-tuur en -formaat

stilleestegnieke soos vluglees en soeklees toe te pas om inligting in tekste te vind

'n leesspoed van 130-150 woorde per minuut te kan handhaaf met voldoende begrip van die teks

stilleestegnieke soos vluglees en soeklees toe te pas om inligting in tekste te vind

'n leesspoed van 150-160 woorde per minuut te kan handhaaf met voldoende begrip van die teks

stilleestegnieke soos vluglees, soeklees en die lees van frases toe te pas met toenemende leesspoed en –begrip

'n leesspoed van 160-175 woorde per minuut te kan handhaaf met voldoende begrip van die teks

stilleestegnieke soos vluglees, soeklees, kolomlees, die lees van frases en studielees toe te pas met toenemende leesspoed en –begrip

'n leesspoed van 175-185 woorde per minuut te kan handhaaf met voldoende begrip van die teks

Page 16: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 13

9.3 Lees en reageer (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

3. 'n verskeidenheid tekste, insluitende visuele tekste, van geskikte moeilikheidsgraad lees en interpreteer

verskillende soorte tekste te lees en te interpreteer, byvoorbeeld prente en strokiesverhale

die volgende leesstrategieë toe te pas: - vluglees en soeklees om

hoofgedagtes uit te lig

verskillende soorte tekste te lees en te interpreteer, byvoorbeeld tabelle, prente, grafiese voorstellings, kaarte, plakkate en advertensies

die volgende leesstrategieë toe te pas: - vluglees en soeklees om

hoofgedagtes uit te lig - aandagtige lees om

ondersteunende besonderhede te vind

verskillende soorte tekste met toenemende spoed en vaardigheid te lees en te interpreteer, byvoorbeeld diagramme, grafieke, simbole. (Dit behoort ook tekste op oudio-visuele en elektroniese media in te sluit waar moontlik.)

die volgende leesstrategieë toe te pas: - vluglees en soeklees om

hoofgedagtes uit te lig - aandagtige lees om

ondersteunende besonderhede te vind

- die maak van notas - afleidings en

gevolgtrekkings maak

verskillende soorte tekste met toenemende spoed en vaardigheid te lees en te interpreteer. byvoorbeeld diagramme, grafieke, simbole. (Dit behoort ook tekste op oudio-visuele en elektroniese media in te sluit waar moontlik.)

die volgende leesstrategieë toe te pas: - vluglees en soeklees om

hoofgedagtes uit te lig - aandagtige lees om

ondersteunende besonderhede te vind

- die maak van notas - afleidings en

gevolgtrekkings maak - die skrywer se standpunt te

verduidelik - puntsgewyse opsommings

maak

Page 17: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 14

9.3 Lees en reageer (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

4. tekste oor onderwerpe in ander vakke lees vir genot en begrip

tekste wat oor interkurrikulêre onder-werpe handel te lees vir begrip en genot

tekste wat oor interkurrikulêre onder-werpe handel te lees vir begrip en genot

'n persoonlike reaksie weer te gee op tekste wat gelees is

tekste wat oor interkurrikulêre onder-werpe handel te lees met toenemende begrip en met genot

'n persoonlike reaksie weer te gee op tekste wat gelees is

tekste wat oor interkurrikulêre onder-werpe handel te lees met toenemende begrip en met genot

'n persoonlike reaksie weer te gee op tekste wat gelees is

5. 'n verskeidenheid tekste lees met die doel om spesifieke inligting daaruit te haal

verskillende soorte tekste soos tydskrifte en koerante te lees en bepaalde inligting daaruit te haal

eenvoudige geskrewe instruksies te volg en daarop te reageer

verskillende soorte tekste soos tydskrifte en koerante te lees en bepaalde inligting daaruit te haal

inligting uit 'n verskeidenheid soorte tekste soos advertensies, instruksies en pamflette te haal en op bepaalde wyses weer te gee

inligting uit 'n verskeidenheid soorte tekste soos advertensies, instruksies en pamflette te haal en op bepaalde wyses weer te gee

6. 'n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste lees en daarop reageer

die hoofgedagtes van 'n storie, volksverhaal en fabel te vind

die basiese eienskappe van vrye verse en eenvoudige gedigte te identifiseer (vorm, versreëls, herhaling, rym)

die titel, skrywer, illustreerder, uitgewer en samevatting van 'n literêre teks te identifiseer

die hoofgedagtes van 'n storie, kort drama en 'n fantasie te identifiseer

eenvoudige karakter-beskrywings te gee

die basiese eienskappe van vrye verse en gedigte te identifiseer (vorm, versreëls, herhaling, rym, beeldspraak)

die titel, skrywer, illustreerder, uitgewer en samevatting van 'n literêre teks te identifiseer

die hoofgedagtes van 'n storie, kort drama en 'n mite te identifiseer

die effek van elementêre literêre aspekte soos vergelyking, metafore, personifikasie en die gebruik van leestekens in gedigte te identifiseer

die hoofgedagtes van verskillende soorte verhale en 'n drama te identifiseer

die effek van woorde en ander literêre tekste te identifiseer

kommentaar te lewer oor die bedoeling van die skrywer

eenvoudige verskille tussen twee tekste te kan uitwys, byvoorbeeld of dit verhalend of beskrywend is

Page 18: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 15

9.3 Lees en reageer (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

6. 'n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste lees en daarop reageer (vervolg)

die verteller te identifiseer, die milieu, karakters en hoofgebeure van 'n storie of drama te identifiseer, en eenvoudige afleidings te maak oor karakters se optrede

die verteller, milieu, karakters en hoofgebeure van 'n storie of drama te identifiseer, en ooglopende afleidings te maak oor karakters se optrede deur die analise en kombinering van inligting uit verskeie dele van 'n teks

die verteller te identifiseer, die milieu en hooftema van 'n roman, drama of kortverhaal te bespreek en afleidings te maak oor die storielyn, tema en karakters deur analise en kombinering van inligting uit verskillende dele van die teks

kommentaar te lewer oor die bedoeling van die skrywer

die verteller te identifiseer, die milieu en hooftema van 'n roman, drama of kortverhaal te bespreek en afleidings te maak oor die storielyn, tema en karakters deur analise en kombinering van inligting uit verskillende dele van die teks

Page 19: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 16

9.4 Skryf Daar sal van leerders verwag word om toenemend langer tekste te skryf en 'n groter aanvoeling vir die teikengehoor te toon.

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. 'n verskeidenheid sinstrukture gebruik

eenvoudige sinne korrek te skryf

verskillende sinstipes (stel-vraag-, bevelsinne en uitroepe) korrek in hul skryfwerk te gebruik

eenvoudige sinne korrek te skryf

eenvoudige sinne saam te voeg met die gebruik van voegwoorde

verskillende sinstipes (stel-vraag-, bevelsinne en uitroepe) korrek in hul skryfwerk te gebruik

langer sinne korrek te skryf

saamgestelde en langer sinne saam te voeg met die gebruik van geskikte voegwoorde

verskillende sinstipes (stel-vraag-, bevelsinne en uitroepe) korrek in hul skryfwerk te gebruik

langer sinne korrek te skryf

saamgestelde en langer sinne saam te voeg met die gebruik van geskikte voegwoorde

verskillende sinstipes (stel-vraag-, bevelsinne en uitroepe) korrek in hul skryfwerk te gebruik

2. goed-gestruktureerde paragrawe skryf

prentjies in die regte volgorde te rangskik om 'n strokie te vorm

sinne saam te voeg om 'n kort storie (slegs een paragraaf) te vorm

prentjies in die regte volgorde te rangskik om 'n strokie te vorm

sinne saam te voeg om kort paragrawe te vorm, insluitend inleidende en slotparagrawe

sinne saam te voeg om paragrawe te vorm

verskillende soorte paragrawe te skryf, bv. 'n inleidende, inhoudelike en slotparagraaf

beskrywende paragrawe te skryf wat inleidende en slotsinne bevat

verskillende paragrawe te skryf om 'n langer skryfstuk te vorm

3. notas maak enkele notas te maak uit kort tekste wat gelees word

eenvoudige notas te maak uit kort tekste wat gelees word

notas te maak uit tekste wat gelees word

notas te maak uit tekste wat gelees sowel as gehoor word

4. vorms invul en vraelyste voltooi

eenvoudige vorms in te vul eenvoudige vorms in te vul en vraelyste te voltooi

langer vorms en vraelyste in te vul

langer vorms en vraelyste in te vul

5. spesifieke inligting uit tekste gebruik om kort gerigte skryfstukke te skryf

geskikte inligting uit 'n teks te kies vir 'n spesifieke skryftaak

geskikte inligting uit een of meer tekste te kies vir 'n spesifieke skryftaak

geskikte inligting uit verskeie tekste te kies en te integreer om 'n kort gerigte skryfstuk te lewer

geskikte inligting uit verskeie tekste te kies en te integreer om 'n kort gerigte skryfstuk te lewer

Page 20: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 17

9.4 Skryf (vervolg) .

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

6. 'n verskeidenheid kreatiewe skryftake uitvoer

'n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos poskaarte, uitnodigings, plakkate, resepte, eenvoudige rymende gediggies, 'n verhalende skryfstuk

'n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos persoonlike ondervindings, beskrywings en raaisels

'n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos aanwysings, plakkate, advertensies, e-posboodskappe

'n aanvoeling vir die gehoor te openbaar in skryfwerk

'n verskeidenheid kreatiewe skryftake uit te voer, soos kort koerantberigte, aansoek vir vakansiewerk

'n aanvoeling vir die gehoor te openbaar in skryfwerk

7. 'n verskeidenheid formele en informele kreatiewe tekste skryf, met 'n aanvoeling vir gehoor en doel

kort tekste te skryf. Dit behels die skryf van eenvoudige 'opstelletjies' (skryfstukke) wat gebou word rondom 'n aantal kernwoorde.

korter tekste van ongeveer 60 woorde en langer tekste van ongeveer 120 woorde te skryf. Korter tekste sluit informele briewe en notas aan vriende en familie, asook dagboekinskrywings in. Langer tekste kan ware en fiktiewe stories en ander opstelle insluit.

korter tekste van ongeveer 80 woorde en langer tekste van ongeveer 140 woorde te skryf. Korter tekste sluit informele en formele briewe, dagboekinskry-wings en uitnodigings in. Langer tekste kan dialoë, ware en fiktiewe stories, artikels en ander opstelle insluit.

korter tekste van ongeveer 100 woorde en langer tekste van ongeveer 160 woorde te skryf. Korter tekste sluit verskillende informele sowel as formele briewe en verslae in. Langer tekste kan ware en fiktiewe stories oor spesifieke onderwerpe en ander opstelle insluit.

Page 21: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 18

9.5 Grammatika en taalgebruik

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

1. progressief meer korrek spel, asook leestekens en grammatikale strukture ken en korrek gebruik

betreffende taalkonvensies: - klankpatrone in Afrikaanse

woorde te identifiseer - woorde op te breek in

klankgrepe en lettergrepe - woorde af te breek aan die

einde van 'n reël - alfabetiese rangskikking te

doen - algmeen gebruikte

afkortings korrek te skryf

die volgende leestekens korrek te gebruik: - punt - komma - vraagteken - uitroepteken

die volgende skryftekens korrek te gebruik: - deelteken - kappie - koppelteken - afkappingsteken - hoofletters

diktee van 3 tot 4 lyne te skryf

betreffende taalkonvensies: - klankpatrone in Afrikaanse

woorde te identifiseer - woorde op te breek in

klankgrepe en lettergrepe - woorde af te breek aan die

einde van 'n reël - alfabetiese rangskikking te

doen - algmeen gebruikte

afkortings korrek te skryf

die volgende bykomende leestekens korrek te gebruik: - dubbelpunt - hakies - aanhalingstekens

die volgende skryftekens korrek te gebruik: - deelteken - kappie - koppelteken - afkappingsteken - hoofletters

diktee van 5 tot 6 lyne te skryf

betreffende taalkonvensies: - klankpatrone in Afrikaanse

woorde te identifiseer - woorde op te breek in

klankgrepe en lettergrepe - woorde af te breek aan die

einde van 'n reël - alfabetiese rangskikking te

doen - algmeen gebruikte

afkortings korrek te skryf

die volgende bykomende leestekens korrek te gebruik: - parentese - kommapunt

die volgende skryftekens korrek te gebruik: - deelteken - kappie - koppelteken - afkappingsteken - hoofletters

diktee van 8 tot 10 lyne te skryf

betreffende taalkonvensies: - klankpatrone in Afrikaanse

woorde te identifiseer - woorde op te breek in

klankgrepe en lettergrepe - woorde af te breek aan die

einde van 'n reël - alfabetiese rangskikking te

doen - algmeen gebruikte

afkortings korrek te skryf

die volgende bykomende leestekens korrek te gebruik: - stippels (ellips) - aandagstreep

die volgende skryftekens korrek te gebruik: - deelteken - kappie - koppelteken - afkappingsteken - hoofletters

diktee van 8 tot 10 lyne te skryf

Page 22: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 19

9.5 Grammatika en taalgebruik (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

2. gepaste, verbeeldingryke en 'n verskeidenheid woorde en idiome gebruik

sinonieme en antonieme te identifiseer

homonieme en homofone te identifiseer

vaste uitdrukkings en idiome te herken en gebruik

woordvorming te doen met samestellings en afleidings, voor- en agtervoegsels

nuwe woorde wat hulle uit leeswerk verkry in hulle skryfwerk te gebruik

gepaste woorde en idiomatiese uitdrukkings te gebruik

woorde en idiome te kies en te gebruik om 'n spesifieke effek op die leser te hê

woordvorming te doen met samestellings en afleidings, voor- en agtervoegsels

woorde en uitdrukkings te kies om spesifieke effekte te verkry

Afrikaanse woorde uit ander vakgebiede in hulle skryfwerk te gebruik

woorde en idiome te kies en te gebruik om 'n spesifieke effek op die leser te hê

woordvorming te doen met samestellings en afleidings, voor- en agtervoegsels

'n gevarieerde woordeskat in hulle skryfwerk te gebruik

gepaste woorde en idiomatiese uitdrukkings in hulle skryfwerk te gebruik

woorde en idiome te kies en te gebruik om 'n spesifieke effek op die leser te hê

woordvorming te doen met samestellings en afleidings, voor- en agtervoegsels

3. verskillende woord-soorte effektief in sinne gebruik

die volgende woordsoorte in sinsverband te herken en gebruik: - werkwoord en tydsvorme - selfstandige naamwoorde:

soortname, eiename, ver-samelname, massaname

- byvoeglike naamwoorde, verbuiging, intensiewe vorme, trappe van ver-gelyking

- bepaalde en onbepaalde lidwoorde

- voornaamwoorde: persoon-lik, besitlik, vraend

- bywoorde van tyd, wyse, plek

- voorsetsels - hoof- en rangtelwoorde - voegwoorde

die volgende woordsoorte in sinsverband te herken en gebruik: - werkwoord en tydsvorme - selfstandige naamwoorde:

soortname, eiename, ver-samelname, massaname

- byvoeglike naamwoorde, verbuiging, intensiewe vorme, trappe van ver-gelyking

- bepaalde en onbepaalde lidwoorde

- voornaamwoorde: persoon-lik, onpersoonlik, besitlik, betreklik, vraend, aanwysend

- bywoorde van tyd, wyse, plek

- vaste en vrye voorsetsels - hoof- en rangtelwoorde - voegwoorde

die volgende woordsoorte in sinsverband te herken en gebruik: - werkwoord en tydsvorme - selfstandige naamwoorde:

soortname, eiename, ver-samelname, massaname

- byvoeglike naamwoorde, verbuiging, intensiewe vorme, trappe van ver-gelyking

- bepaalde en onbepaalde lidwoorde

- voornaamwoorde: persoon-lik, onpersoonlik, besitlik, betreklik, vraend, aanwysend

- bywoorde van tyd, wyse, plek

- vaste en vrye voorsetsels - hoof- en rangtelwoorde - voegwoorde

die volgende woordsoorte in sinsverband te herken en gebruik: - werkwoord en tydsvorme - selfstandige naamwoorde:

soortname, eiename, ver-samelname, massaname

- byvoeglike naamwoorde, verbuiging, intensiewe vorme, trappe van ver-gelyking

- bepaalde en onbepaalde lidwoorde

- voornaamwoorde: persoon-lik, onpersoonlik, besitlik, betreklik, vraend, aanwysend

- bywoorde van tyd, wyse, plek

- vaste en vrye voorsetsels - hoof- en rangtelwoorde - voegwoorde

Page 23: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 20

9.5 Grammatika en taalgebruik (vervolg)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

SPESIFIEKE DOELSTELLINGS

Leerders sal: Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Aan die einde van Graad 4 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 5 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 6 behoort leerders in staat te wees om:

Aan die einde van Graad 7 behoort leerders in staat te wees om:

4. 'n verskeidenheid sinsoorte en -strukture gebruik

sinsoorte (stelsin, vraagsin, bevelsin, uitroepsin) te identifiseer

enkelvoudige sinne (onderwerp, gesegde, voorwerp) korrek kan skryf

ontkenning in kort sinne korrek te gebruik

enkelvoudige en kort saamgestelde sinne te gebruik

enkelvoudige sinne saam te voeg om saamgestelde sinne te kry (sonder om noodwendig met die begrippe eenvoudig en saamgesteld te werk)

stel- vraagsinne te gebruik en te onderskei

ontkenning in kort sinne korrek te gebruik

veelvoudige sinne te gebruik

langer sinne saam te voeg deur spesifieke voegwoorde te gebruik

ontkenning korrek te gebruik in langer sinne

sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik

meer komplekse sinstrukture korrek te gebruik

ontkenning korrek te gebruik in langer sinne

sinne in die direkte en indirekte rede korrek te gebruik

die aktiewe en passiewe vorm van die werkwoord te herken

5. progressief meer vaardigheid ontwikkel in die gebruik van naslaanbronne

'n eenvoudige woordeboek te gebruik om die betekenis en spelling van woorde na te slaan

'n eenvoudige woordeboek te gebruik om die betekenis en spelling van woorde na te slaan

algemeen gebruikte afkortings te herken

woordeboeke met meer vertroue te gebruik om aspekte soos sinonieme, woordsoorte, afleidings, variasies in spelling en betekenis en afleidings na te slaan

woordeboeke en ander naslaanbronne met vertroue te gebruik

voorvoegsels, agtervoegsels en spesiale betekenisse van woorde in woordeboeke na te slaan

Page 24: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 21

10 Assessering 'n Leerdergerigte kurrikulum en leerdergerigte onderrig maak gebruik van 'n breë verskeidenheid kennis en vaardighede wat relevant is vir 'n kennis-gebaseerde samelewing. Die spesifieke doelstellings in die sillabus omskryf die kennis en vaardighede waaroor 'n leerder moet beskik as 'n gevolg van die onderrig-leerproses, asook watter vaardighede geassesseer sal word. Die bedoeling is dat die kurrikulum op leer moet fokus, nie op assessering en eksaminering nie. Die funksie van assessering is om leer te ondersteun. 10.1 Deurlopende assessering

'n Verskeidenheid van formele en informele deurlopende assesserings is nodig om 'n volledige prentjie te gee van 'n leerder se vordering en prestasie in alle vakke. Deurlopende assessering moet duidelik, eenvoudig en maklik hanteerbaar wees en uitdruklik geanker wees in leerdergerigte beginsels en praktyk. Onderwysers moet betroubare en geldige inligting verkry oor 'n leerder se prestasie in die spesifieke doelstelings. Die inligting wat versamel word oor die leerders se vordering en prestasie behoort gebruik te word om terugvoer te gee aan die leerders oor hul sterk en swak punte, en waarom, waar en hoe hulle nodig het om harder te probeer. Die ouers moet gereeld ingelig word oor die vordering van hul kind, aangemoedig word om prestasies te beloon, en voorstelle ontvang oor hoe hulle hul kind se leeraktiwiteite kan ondersteun. Die leerder se vordering en prestasies in alle vakke moet aan die ouers gerapporteer word deur middel van die skoolrapport. 10.2 Formatiewe en samevattende assessering Die twee vorme van assessering wat gebruik word, is formatiewe deurlopende assessering en samevattende assessering. Formatiewe deurlopende assessering is enige assessering wat gedurende die skooljaar gedoen word ten einde leer te verbeter en die onderrig-leerproses te help vorm en rig. Assessering is formatief omdat die waarnemings wat gemaak word en die inligting wat verkry word, gebruik word om leiding te gee aan die leerder sowel as die onderrig- en leerproses. Assessering het formatiewe waarde vir leerders as en wanneer:

- dit gebruik word om leerders te motiveer om hulle kennis en vaardighede uit te brei, waardes te vestig en gesonde studiegewoontes te bevorder;

- assesseringstake leerders help om probleme op intelligente wyse op te los deur dit wat hulle geleer het, toe te pas;

- die onderwyser die inligting gebruik om onderrigmetodes en –materiaal te verbeter. Samevattende assessering is enige assesering wat aan die einde van die skooljaar gedoen word en gebaseer is op die akkumulasie van die vordering en prestasies van die leerder dwarsdeur die jaar in 'n gegewe onderwerp, tesame met enige einde-van-die-jaar toetse of eksamens. Die resultaat van die samevattende assessering is 'n einde-van-jaar bevorderingsgraad. 10.3 Informele en formele metodes Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die spesifieke doelstellings bemeester wat in die vaksillabus beskryf word. Dit kan in 'n groot mate op 'n informele wyse gedoen word deur gestruktureerde waarneming van elke leerder se vordering in leersituasies en aktiwiteite waartydens hulle dinge ondersoek, verskynsels en data interpreteer, kennis toepas en kommunikeer. Wanneer dit nodig is om assessering meer formeel te struktureer, moet die onderwyser sover as moontlik situasies gebruik wat soortgelyk is aan gewone leer- en praktyksituasies om die vaardigheid van die leerder te assesseer. Formele geskrewe en mondelinge toetse kan gebruik word om 'n beperkte reeks vaardighede te assesseer en behoort dus nie baie tyd in beslag te neem nie. Kort toetse moet beperk word tot 'n deel van 'n periode en slegs in uitsonderlike gevalle 'n hele periode gebruik.

Page 25: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 22

10.4 Evaluering Inligting verkry uit informele en formele deurlopende assessering moet deur die onderwyser gebruik word om vas te stel in watter gevalle dit nodig is om metodes en materiaal aan te pas by die individuele vordering en behoeftes van elke leerder. Aan die einde van 'n bepaalde hoofafdeling van die werk en aan die einde van elke termyn moet die onderwyser saam met die kinders die leerproses evalueer in terme van voltooide take, deelname, wat die leerders geleer het, en wat gedoen kan word om voortdurend die werkatmosfeer en prestasies van die klas te verbeter. 10.5 Kriteriagerigte assessering Wanneer punte toegeken word in deurlopende assessering is dit belangrik dat die leerder se werklike vlak van prestasie ten opdigte van die spesifieke doelstellings in die sillabus, en nie ten opsigte van die ander leerders nie, weerspieël word. Graadomskrywings moet vir elke vak vir elke jaar ontwikkel word. Dit is belangrik dat onderwysers saamwerk sodat hulle 'n gemeenskaplike begrip van die graadomskrywings ontwikkel en dit eenvormig toepas in deurlopende assessering. Slegs dan sal die assessering betroubaar wees. 10.6 Graadomskrywings

Die leerder se bemeestering van die spesifieke doelstellings wat in die sillabus aangedui is, sal met die letters A - E aangedui word. A verteenwoordig die hoogste gradering en E die laagste. Die verband tussen die gradering en die spesifieke doelstellings word in die tabel hier onder aangedui.

GRAAD GRAAD-

INTERVALLE (%)

OMSKRYWING

A 80%+ Bemeester die vaardighede uitsonderlik goed. Die leerder is uitsonderlik goed in alle vaardighede.

B 70 - 79% Bemeester die vaardighede baie goed. Die leerder is hoogs vaardig in die meeste vaardighede.

C 60 - 69% Bemeester die vaardighede bevredigend en kan dit in onbekende situasies toepas.

D 50 - 59% Bemeester die vaardighede bevredigend, maar die leerder se prestasie is gemiddeld en hy/sy benodig ekstra hulp in sommige gevalle.

E 40 - 49%

Bemeester slegs die minimum getal vaardighede om te slaag. Die leerder het talle vaardighede nie bemeester nie en benodig ekstra hulp met die meeste aspekte van die werk, maar beskik tog oor voldoende vaardigheid om na die volgende graad bevorder te word.

U 0 - 39% (Ungraded.) Kon nie die minimum getal vaardighede bemeester om te slaag nie, selfs met baie hulp van die onderwyser, en benodig remediërende hulp.

10.7 Beplanning van assessering en byhou van punte Deurlopende assessering moet aan die begin van die jaar beplan word en so eenvoudig as moontlik gehou word. Punte wat toegeken word vir klasaktiwiteite, praktiese aktiwiteite, projekwerk, opdragte, huiswerk en kort toetse mag vir deurlopende assessering aangeteken word. Hierdie punte moet aan die ouers gerapporteer word deur die skoolrapport aan die einde van elke termyn.

Page 26: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 23

10.8 Assesseringsdoelstellings

10.8.1 Luister en reageer

Die leerder behoort in staat te wees om: 1. na inligting te luister en dit te verstaan 2. instruksies en aanwysings te verstaan en te volg 3. hoofpunte in 'n mondelinge teks te herken en ondersteunende detail en voorbeelde te

identifiseer 4. gepaste woordeskat te gebruik om effektief te kommunikeer

10.8.2 Lees en reageer

Die leerder behoort in staat te wees om: 1. hardop te lees om begrip van die teks oor te dra 2. spesifieke inligting te verkry deur stillees van 'n verskeidenheid tekste 3. 'n verskeidenheid voorgeskrewe literêre tekste te lees en daarop te reageer 10.8.3 Skryf

Die leerder behoort in staat te wees om: 1. enkelvoudige, saamgestelde en veelvoudige sinne te skryf 2. goed gestruktureerde paragrawe te skryf 3. 'n verskeidenheid formele en informele kreatiewe skryftake uit te voer 4. 'n aanvoeling te toon vir die gehoor en doel 10.8.4 Grammatika en taalgebruik

Die leerder behoort in staat te wees om: 1. korrekte spelling, leestekens en grammatikale strukture te gebruik 2. gepaste en verbeeldingryke woordeskat en idome te gebruik 3. verskillende woordsoorte effektief te gebruik 4. 'n verskeidenheid sinstrukture te gebruik

10.9 Deurlopende assessering: Riglyne

'n Spesifieke aantal deurlopende assesseringsaktiwiteite moet per termyn nagesien en aangeteken word. Hierdie deurlopende assessering moet noukeurig beplan word en volgens 'n nasienskema gemerk word. Die kriteria wat gebruik word om ander aktiwiteite as toetse te assesseer, moet voor die assesseringsaktiwiteit aan die leerder gegee word. Bewyse van goeie, gemiddelde en swak werk deur leerders moet tot die einde van die volgende jaar by die skool gehou word.

10.9.1 Luister en praat Leerders se luisterbegrip moet ten minste een keer per termyn formeel getoets word. Vir hierdie doel sal onderwysers 'n luistertoets moet opstel wat skriftelik beantwoord word. Die punte word aangeteken in die kolom vir Luisterbegrip op die Deurlopende Assesseringspuntelys. Leerders se praatvaardigheid moet ten minste een keer per termyn bepunt word. Die punte word aangeteken in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys.

10.9.2 Lees en literatuurstudie Hardoplees moet ten minste een keer per termyn getoets word. Dit moet verkieslik gedoen word deur middel van 'n teks wat die leerders voorberei het. Die onderwyser kan begrip van die voorgelese gedeelte toets deur enkele vrae te vra wat die leerder mondelings moet beantwoord, maar dit is belangrik om in gedagte te hou dat die formele toetsing van begrip in die Lees en Gerigte Skryfwerk-take gedoen word. Ten minste een kort taak of toets oor die voorgeskrewe letterkunde moet per termyn bepunt word. Die punte word in die toepaslike kolom op die Deurlopende Assesseringspuntelys aangeteken.

Page 27: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 24

Die studie van letterkunde bestaan uit twee aspekte: prosa en poësie. Beide prosa en gedigte kan deel uitmaak van die formele mondelinge toetsing en ook skriftelik getoets word.

Prosa (roman of kortverhale of kort drama) Die inhoud moet informeel bestudeer word wat betref karakters, verhaalverloop, gebeure en gevolge. Geskrewe vrae moet kontekstueel wees. Leerders behoort in staat te wees om vrae te beantwoord deur die teks te raadpleeg. In die primêre fase word nie 'n diepgaande studie van die tekste vereis nie.

Gedigte Leerders behoort geleer te word om gedigte te waardeer en te geniet. Om dit te bereik, is dit belangrik dat die leerders die inhoud van 'n gedig verstaan. Leerders moet gelei word om die gedigte met gevoel en 'n interpretasie van die emosies wat ter sprake is te lees. Afgesaagde en “singerige” koorlees van gedigte moet nooit aangemoedig of toegelaat word nie. Vir assesseringsdoeleindes kan beide gesiene en ongesiene gedigte gebruik word en die vrae moet kontekstueel wees. Assessering moet nie slegs begrip van 'n gedig toets nie, maar ook die vermoë om beeldspraak en die effek daarvan te herken, asook ander taal- en literêre aspekte wat onderrig is. Minimum voorgeskrewe leeswerk per graad: Graad 4: 4 gedigte EN 1 kort roman (kinderverhaal) OF 3 kortverhale per jaar Graad 5: 4 gedigte EN 1 kort roman (kinderverhaal) OF 4 kortverhale per jaar Graad 6: 5 gedigte EN 1 kort roman (kinderverhaal) OF 5 kortverhale per jaar. Die kortverhale of die roman kan deur 'n drama vervang word, indien beskikbaar. Graad 7: 6 gedigte EN 1 kort roman (kinderverhaal) OF 6 kortverhale per jaar. Die

kortverhale of die roman kan deur 'n drama vervang word, indien beskikbaar. 10.9.3 Lees en gerigte skryfwerk Ten minste een taak wat uit 'n leesstuk met 'n verskeidenheid tipes vrae bestaan, moet per termyn deur die onderwyser gemerk word en die punte ingedra word op die deurlopende assesseringspuntelys. Die vrae moet begrip toets en moet ook 'n gerigte skryfwerkopdrag insluit. Dit wil sê leerders se vermoë om inligting in 'n ander vorm weer te gee uit een of meer tekste of visuele materiaal word getoets. Grammatika en taalgebruik Dit is baie belangrik dat leerders die grammatika van Afrikaans goed onder die knie kry in die Senior Primêre fase. Dit is egter belangrik om daarop te let dat kennis van die grammatika altyd in sinsverband getoets moet word. Ten minste een grammatikatoets per termyn moet deur die onderwyser gemerk word vir doeleindes van formele deurlopende assessering en die punte moet aangeteken word op die deurlopende assesseringspuntelys. Diktee Diktee in die vorm van sinne of 'n paragraaf wat voorgelees word, moet gebruik word om leerders se spelvermoë te toets. Dit is belangrik dat leerders gereeld oefening kry in die skryf van diktee. Die paragraaf (of sinne) moet woorde insluit wat in die onderrig opgeduik het en pertinent onderrig is in die loop van die week, termyn of jaar. Dit kan deur die leerders self of deur klasmaats gemerk word, maar ten minste een dikteetoets per termyn moet deur die onderwyser gemerk word vir doeleindes van formele deurlopende assessering en die punte moet aangeteken word op die deurlopende assesseringspuntelys. 10.9.4 Deurlopende skryfwerk Ten minste een opstel en een korter skryfstuk per termyn (in graad 5 tot 7) moet volledig nagesien word en die punte op die deurlopende assesseringspuntelys aangeteken word. Die onderstaande aanduiding van die lengte van skryfstukke dien as riglyn, maar hoef nie slaafs gevolg te word nie.

Page 28: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 25

Graad 4-leerders skryf slegs sinne rondom kernwoorde. Daarom word daar nog nie van hulle verwag om paragrawe te skryf of die vorm van briewe te ken nie. Langer skryfstukke: Graad 4: 15 - 20 sinne Graad 5: 120 - 150 woorde Graad 6: 150 - 180 woorde Graad 7: 180 - 200 woorde Korter skryftake: Graad 4: 6 - 10 sinne Graad 5: 80 - 100 woorde Graad 6: 100 - 120 woorde Graad 7: 120 - 150 woorde

10.9.5 Samevatting van Deurlopende Assessering

Vaardigheid Punte Totaal

1. Luister/Praat

Luisterbegrip 10

Voorbereide toespraak 10

Totaal: 20

2. Lees en skryf

Hardoplees 10

Literatuurstudie 10

Lees en gerigte skryfwerk taak 20

Langer skryfstuk 10

Korter skryfstuk 10

Totaal: 60

3. Grammatika en taalgebruik

Grammatika 10

Spelling/Diktee 10

Totaal: 20

TOTAAL 100

10.9.6 Einde van die termyn punt vir die rapport Die punte vir deurlopende assessering van een termyn tel uit 100. Hierdie punt moet gebruik word vir die rapport aan die einde van die eerste en tweede termyn. Ten einde 'n meer positiewe gesindheid by leerders te kweek ten opsigte van die skryf van opstelle, moet skole hulle weerhou van die praktyk om opstelle en korter stelwerkstukke op die laaste skooldag van 'n termyn te laat skryf in 'n poging om al die leerders in die skool te hou.

Page 29: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 26

10.10 Eindeksamen: Uiteensetting van vraestelle Die eksamen aan die einde van die jaar bestaan uit twee vraestelle:

GRAAD 4 Tyd Punte

Vraestel 1

Leesbegrip en

grammatika

Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, invul-vrae, vrae waarin die antwoord aan 'n stelling gekoppel word en volsin antwoorde.

Afdeling A: Leesbegrip (20 punte) Vrae moet opgestel word oor een of twee ongesiene verhalende, beskrywende of inligtingstekste (ongeveer 150 tot 200 woorde per teks, nie meer as 400 woorde in totaal vir die afdeling nie), en kan ook 'n gedig insluit. Visuele materiaal (grappies, advertensies, grafiese tekste) kan bykomend by die tekste gebruik word. Vrae sal begrip toets en 'n verskeidenheid tipes vrae op verskillende vlakke insluit.

Afdeling B: Grammatika (10 punte) Vrae moet gevra word oor grammatika wat deur die loop van die laaste termyn onderrig is, bv. leestekens, woordsoorte, sinskonstruksie, ensovoorts. Grammatika moet in konteks (binne sinsverband) getoets word.

1 uur

30

Vraestel 2 Deurlopende

Skryfwerk

Skryfstuk (20 punte) Leerders sal 'n verhalende stuk van ongeveer 15 tot 20 sinne skryf oor een van vier onderwerpe. 'n Visuele stimulus of kernwoorde kan gegee word.

45 min

20

TOTAAL 50

GRAAD 5 Tyd Punte

Vraestel 1: Leesbegrip en gerigte skryfwerk

Vraestel 1 bestaan uit twee afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/vals vrae, invul-vrae, vrae waarin die antwoord aan 'n stelling gekoppel word en vrae wat volsin antwoorde verwag.

Afdeling A: Lees en gerigte skryfwerk (20 punte) Die afdeling sal uit vrae bestaan wat gebaseer is op een of twee ongesiene verhalende, feitelike, beskrywende tekste (200 tot 250 woorde per teks, nie meer as 500 woorde in totaal vir die afdeling nie), en kan ook 'n gedig insluit. Visuele materiaal (grappies, advertensies, grafiese tekste) kan bykomend by die tekste gebruik word. Vrae sal begrip toets (10 punte) en 'n verskeidenheid tipes vrae op verskillende vlakke insluit. Die laaste vraag van hierdie afdeling moet 'n gerigte skryfwerkopdrag wees van ongeveer 80 tot 100 woorde (10 punte).

Afdeling B: Grammatika (10 punte) Vrae moet gevra word oor grammatika wat deur die loop van die jaar onderrig is. Grammatika moet in konteks (binne sinsverband) getoets word.

1 uur

15 min

30

Vraestel 2: Deurlopende

Skryfwerk

Opstel (20 punte) Leerders sal 'n verhalende opstel oor een van 4 onderwerpe skryf. (120 - 150 woorde)

1 uur

20

TOTAAL 50

Page 30: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 27

GRAAD 6 & 7 Tyd Punte

Vraestel 1: Lees en Gerigte

Skryfwerk

Vraestel 1 bestaan uit drie afdelings. Die vrae kan die volgende tipes vrae insluit: meerkeuse vrae, waar/onwaar vrae, vrae waarin die antwoord aan 'n stelling gekoppel word, volsin antwoorde en vrae oor taalgebruik. Afdeling A: Lees en gerigte skryfwerk (50 punte) Die afdeling sal uit vrae bestaan wat gebaseer is op een of meer ongesiene verhalende, feitelike en beskrywende tekste. Vrae sal begrip (40 punte) toets en 'n verskeidenheid tipes vrae op verskillende vlakke insluit. Die totale lengte van tekste behoort tussen 600 - 900 vir Graad 6 en 800 tot 1200 vir Graad 7 te wees, en sal bepaal word deur die moeilikheidsgraad van die teks en leesvlakke van die leerders. Visuele materiaal (grappies, advertensies, grafiese tekste) kan bykomend by die tekste gebruik word. Die laaste vraag van hierdie afdeling moet 'n gerigte skryfwerkopdrag (10 punte) wees van ongeveer 100 tot 120 woorde vir Graad 6 en 120 tot 150 woorde vir Graad 7. Afdeling B: Letterkunde (10 punte) Kontekstuele vrae moet gevra word oor 'n literêre teks wat in die laaste termyn behandel is. Die vrae moet die spesifieke doelstellings t.o.v. letterkunde toets wat in die sillabus uiteengesit is. Afdeling C: Grammatika (20 punte) Vrae moet gevra word oor grammatika wat deur die loop van die jaar onderrig is. Grammatika moet in konteks (binne sinsverband) getoets word.

1 uur

45 min.

80

Vraestel 2: Deurlopende

Skryfwerk

Opstel: (20 punte) Leerders sal 'n verhalende opstel oor een van 4 onderwerpe skryf. (Graad 6:150-180 woorde, Graad 7: 180-200 woorde)

1 uur

20

TOTAAL

100 ÷ 2 =

50

Page 31: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 28

10.11 Promosiepunt 'n Einde-van-jaar samevattende punt sal slegs gebaseer word op die assesseringstake in die sillabus. Deurlopende assessering sal 50% bydra tot die finale jaarpunt en 'n interne eksamen aan die einde van die jaar sal 50% tel. [50 + 50 = 100]. Die gewigswaarde van elke komponent is soos volg:

Graad 4 en 5

KOMPONENT OMSKRYWING PUNTE GEWIGSWAARDE

Deurlopende assessering

Verskeie vaardighede 100 50%

Eksamen Vraestel 1 30 30%

Vraestel 2 20 20%

Totaal: 100%

Graad 6 en 7

KOMPONENT OMSKRYWING PUNTE GEWIGSWAARDE

Deurlopende assessering

Verskeie vaardighede 100 50%

Eksamen Vraestel 1 80 40%

Vraestel 2 20 10%

Totaal: 100%

10.12 Verband tussen assesseringsdoelstellings en die vraestelle

Assesseringsdoelstellings Deurlopende assessering

Vraestel 1 Vraestel 2

Luister en reageer 1 √

Luister en reageer 2 √

Luister en reageer 3 √

Luister en reageer 4 √

Lees en reageer 1 √

Lees en reageer 2 √ √

Lees en reageer 3 √ √

Skryf 1 √ √

Skryf 2 √ √ √

Skryf 3 √ √

Skryf 4 √ √ √

Grammatika en taalgebruik 1 √ √ √

Grammatika en taalgebruik 2 √ √ √

Grammatika en taalgebruik 3 √ √ √

Grammatika en taalgebruik 4 √ √ √

Page 32: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 29

12. WOORDELYS

Deurlopende Assesseringspunt: die totale punt wat in al die vaardighede oor die drie termyne versamel is

Deurlopende skryfwerk: langer en korter skryfstukke soos opstelle, briewe, verslae,

dialoë

Formele deurlopende assessering: geskied tydens gestruktureerde toetsing onder gekontroleerde omstandighede

Gerigte skryfwerk: korter skryfstukke wat op stimulusmateriaal gebaseer is

Informele deurlopende assessering: geskied tydens die les en vorm 'n integrale deel van die onderrig van elke dag

Interne eksamen: 'n eksamen wat deur die onderwyser opgestel word en deur die

vakhoof gemodereer word

Kronologiese orde: die orde waarin gebeure plaasvind

Kommunikatiewe: om inligting, nuus, idees op 'n interaktiewe wyse uit te ruil

Leesstrategieë: leesprosesse en –vaardighede

Promosiepunt: die gemiddeld van die deurlopende assessering en finale eksamenpunt

Soeklees: om slegs vir spesifieke inligting in 'n teks te soek

Trimesterpunt: die totale punt wat in al die vaardighede in een termyn versamel is

Vluglees: om 'n teks baie vlugtig te lees om 'n oorsig te kry

Voorspel: om te sê of te raai wat gaan gebeur voordat 'n teks volledig gelees is

Page 33: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 30

BYLAE A: MERKSKEMA: PRAATVAARDIGHEID Ken vir elke kategorie 'n punt toe uit 10. Deel die totaal deur 3 om 'n finale punt uit 10 te kry.

Punte Korrektheid Vlotheid Toepaslikheid

9-10

Effektiewe gebruik van 'n uitgebreide woordeskat; feitlik geen sinsboufoute nie; duidelike en korrekte uitspraak van woorde

Kommunikeer eie idees met selfvertroue; goed ontwikkelde idees en persoonlike mening; idees en inligting word oortuigend oorgedra en vloei gemaklik

In staat tot gepaste taalgebruik vir verskillende onderwerpe en gehore

7-8

Goed ontwikkelde woordeskat; geringe sinsboufoute; foute steur nie; praat duidelik

Praat met redelike vertroue en gemak; kan idees en persoonlike mening oortuigend oordra

Gebruik meestal gepaste woordeskat en taal

5-6

Bevredigende woordeskat; algemene foute in sinsbou; praat redelik duidelik, maar begaan foute

Praat met 'n mate van huiwering, maar kan idees en gedagtes nog duidelik oordra; kommunikeer bevredigend

Kan gepaste woordeskat en taalstrukture in alledaagse / bekende situasies gebruik

3-4

Beperkte woordeskat; talle foute in sinsbou en selfs uit-spraak; soms onduidelik; swak kommunikasie

Huiwerig om te praat; sukkel om gedagtes oor te dra; idees deurmekaar en onsamehangend

Kan slegs in baie bekende, alledaagse situasies geskikte woordeskat en taalstrukture gebruik

1-2

Baie beperkte woordeskat; praat baie onduidelik en onverstaanbaar; benodig baie hulp van onderwyser

Het baie aanmoediging en hulp nodig om te praat; praat stotterend

Woordeskat en taalgebruik selde toepaslik

Korrektheid: Korrekte woordeskat en sinsbou Vlotheid: Die korrekte hantering van taal, met gemak Toepaslikheid: Kennis en gebruik van woordeskat wat van toepassing is vir bepaalde hoorders in

bepaalde situasies

Page 34: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 31

BYLAE B: MERKSKEMA: HARDOPLEES Ken vir elke kategorie 'n punt toe uit 10. Deel die totaal deur 3 om 'n finale punt uit 10 te kry.

Punte Uitspraak Vlotheid Intonasie / Vertolking

9-10 Goeie uitspraak met duidelike artikulasie

Lees vlot en met goeie tempo en pousering

Interessante en korrekte intonasie

7-8 Min foute in uitspraak; artikulasie meestal duidelik

Meestal vlot en korrekte tempo en pousering; foute gering

Intonasie toon 'n mate van afwisseling

5-6

Uitspraak steeds bevredigend en verstaanbaar; afwykings verhinder nie begrip nie

Aanvaarbare vlotheid en pousering; maak wel foute

Intonasie voldoende om voorlesing te verstaan

3-4

Uitspraak nie voldoende nie; afwykings kan soms onduidelikheid veroorsaak

Vlotheid en pousering nie voldoende nie; benodig kort-kort hulp; lees stotterend

Talle foute in intonasie; simpatieke luisteraar kan wel nog volg

1-2 Swak uitspraak maak dit moeilik om leser te volg

Steek aanmekaar vas; kan nie op eie stoom lees nie

Geen variasie in intonasie nie wat begrip bemoeilik

Page 35: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 32

BYLAE C: MERKSKEMA: SKRIFTELIKE STELWERK AFRIKAANS EERSTE

TAAL

Graad 5-7

[Bv. Inhoud 2 + T/S 2 = 7]

Taalg

eb

ruik

&

Leeste

ken

s

Taalgebruik oorspronklik en verbeeldingryk; idioom en sinsbou feitlik foutloos; duidelike aanvoeling vir gehoor; korrekte & interessante paragrafering; vorm foutloos

Gepaste taalgebruik vir die taak; blyke van aanvoeling vir die gehoor; enkele kleiner foute; korrekte paragrafering; vorm geskik

Taalgebruik gewoon, maar bevredigend; min aanvoeling vir gehoor; foute kom voor, maar belemmer nie begrip nie; leemtes in paragrafering; vorm toon leemtes

Taalgebruik beperk en nie effektief nie; talle foute – veroorsaak verwarring; geen aanvoeling vir gehoor; vorm en aanbieding hinderlik

Taalgebruik onvoldoende om opdrag uit te voer, alhoewel soms verstaan-baar; onvolledige sinne; foute oorweldigend; geen skryftegnieke; geen vorm

Inhoud 1 2 3 4 5

Oorspronklik; oortuigend; instruksies ten volle uitgevoer; inligting korrek geïnterpreteer

1 9-10 8 7 6 5

Nie so oortuigend nie; die meeste instruksies korrek uitgevoer; afwykings affekteer nie die teks as geheel nie

2 8 7 6 5 4

Net-net oortuigend; sommige instruksies is uitgevoer; nie-relevante inligting word gebruik; afwykings pla

3 7 6 5 4 3

Inhoud slegs plek-plek relevant; onsamehangend; die meeste instruksies nie uitgevoer nie; waninterpre-tasie van onderwerp affekteer inhoud erg

4 6 5 4 3 2

Deurmekaar; glad nie relevant nie; geen instruksies uitgevoer nie

5 5 4 3 2 1

Indien 'n opstel die voorgeskrewe aantal woorde met meer as 30 woorde oorskry, word die inhoud slegs op die vereiste aantal woorde geëvalueer; met ander woorde die inhoud word gepenaliseer ten opsigte van aspekte soos afgeronde eenheid, progressie, ensovoorts.

Page 36: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

Afrikaans First Language Syllabus Gr 4-7, NIED 2015 33

DEURLOPENDE ASSESSERINGSPUNTELYS: AFRIKAANS EERSTE TAAL

GRAAD: _______ KLASGROEP: _______________ JAAR: ____________ SKOOL: ________________________________________ ONDERWYSER: _________________________________________

NAAM T

RIM

ES

TE

R

Luister en Praat Lees en Skryf Grammatika en

Diktee

TO

TA

AL

TO

TA

AL

(v

ir 3

trim

este

rs)

GE

MID

DE

LD

E

TIM

ES

TE

RP

UN

T

EK

SA

ME

NP

UN

T

PR

OM

OS

IEP

UN

T

Lu

iste

rbeg

rip

Vo

orb

ere

ide

toesp

raa

k

TO

TA

AL

Hard

op

lees

Lit

era

tuu

rstu

die

Lees &

Geri

gte

Skry

fwerk

Op

ste

l

Ko

rter

skry

fstu

k

TO

TA

AL

gra

mm

ati

ka

Dik

tee

TO

TA

AL

10 10 20 10 10 20 10 10 60 10 10 20 100 300 50 50 100

1

2

3

1

2

3

1

2

3

1

2

3

1

2

3

1

2

3

Page 37: MINISTRY OF EDUCATION, ARTS AND CULTURE...Skryf 'n brief 'n tydskrif oor die Dag van die Afrika-kind Inligtings-tegnologie Ontwikkeling in inligtingsteg - nologie aanManiere van kommunikasie

The National Institute for Educational Development P/Bag 2034 Okahandja NAMIBIA Telephone: +264 62 509000 Facsimile: +264 62 509073 E-mail: [email protected] Website: http://www.nied.edu.na