ministry of education junior primary phase pre … · die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31...

28
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE FOR IMPLEMENTATION 2015 PRE-PRIMARY SYLLABUS AFRIKAANS VERSION

Upload: others

Post on 14-Oct-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

JUNIOR PRIMARY PHASE

FOR IMPLEMENTATION

2015

PRE-PRIMARY SYLLABUS

AFRIKAANS VERSION

Page 2: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Ministry of Education National Institute for Educational Development (NIED) Private Bag 2034 Okahandja Namibia © Copyright NIED, Ministry of Education, 2015 Pre-Primary Syllabus English Version ISBN: 978-99945-2-057-2 Printed by NIED Publication date: 2015

Page 3: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

INHOUDSOPGAWE

1. Inleiding ..............................................................................................................................................1

2. Rasionaal ...........................................................................................................................................1

3. Doelstellings ......................................................................................................................................1

4. Inklusiewe Onderrig ..........................................................................................................................2

5. Vaardighede en Leeruitkomste .......................................................................................................3

6. Spesifieke Eienskappe van Pre-primêre Onderrig ......................................................................3

7. Geslagskwessies ..............................................................................................................................3

8. Interkurrikulêre kwessies .................................................................................................................4

9. Onderrig-leer-benadering ................................................................................................................4

10. Assessering .......................................................................................................................................5

11. Ontwikkelingsareas ...........................................................................................................................7

12. Opsomming van die Leerinhoud .....................................................................................................9

13. Leerinhoud ......................................................................................................................................10

13.1 Taalontwikkeling .............................................................................................................................10

13.2 Voorbereidende Wiskunde ............................................................................................................13

13.3 Omgewingsleer ...............................................................................................................................15

13.4 Kuns..................................................................................................................................................19

13.5 Godsdiens- en Morele Onderrig ...................................................................................................21

13.6 Fisiese Ontwikkeling ......................................................................................................................22

14. Addisionele Inligting ........................................................................................................................24

Page 4: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

1

1 Inleiding Pre-primêre onderrig maak voorsiening vir een jaar se skoolgereedheidsaktiwiteite voordat daar met formele primêre onderrig begin word. Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van die vorige jaar alvorens toelating tot die Pre-primêre skool in Januarie verkry kan word. Die doel van Pre-primêre Onderrig is om deur persoonlike en sosiale ontwikkeling selfvertroue en eiewaarde te kweek en sodoende „n stewige grondslag vir formele leer te lê, Alle onderrig moet die groei en ontwikkeling van elke kind as individu en lid van die skool en die samelewing bevorder. Die klasonderwyser moet alle leerareas in hierdie fase onderrig om sodoende goeie sosiale verhoudings, stabiliteit en kontinuïteit vir die leerders te skep. Om hierdie sillabus doeltreffend te implementeer, moet leerders ten minste twintig uur per week skool bywoon. Die tydskedule moet buigsaam wees na goeddunke van die Pre-primêre onderwyser/es. Hierdie sillabus word gerugsteun deur ‟n Onderwysershandleiding, ‟n Werkboek vir Leerders en ‟n Hulpmiddelhandleiding vir Onderwysers. Die Onderwysershandleiding bevat meer breedvoerige inligting vir Pre-primêre onderwysers hoe om die sillabus te interpreteer en die inhoud van die sillabus te onderrig. Die Onderwysershandleiding bevat ook ‟n werkskema, riglyne vir assessering en rekordvorms en ‟n volledige woordelys. Beide die sillabus en die aanvullende materiaal kan verkry word op die NIED-webtuiste http://www.nied.edu.na.

2 Rasionaal Wanneer jong leerders vir die eerste keer skool toe gaan, sal ‟n hoë persentasie van hulle, in baie opsigte, gereed wees om suksesvol tot die formele leersituasie toe te tree, maar baie het nie gedurende hul voorskoolse jare die geleentheid gehad om deel te hê in aktiwiteite wat hulle kon toerus met kennis en begrip, vaardighede en gesindhede wat vereis word vir formele leer nie. Daarom maak die Pre-primêre sillabus voorsiening vir gelyke geleenthede vir alle leerders deur die ontwikkeling van verskeie vaardighede en norme deur spesifieke leerondervinding tot die vlak waar dit aangewend kan word in die formele leersituasie. Die Pre-primêre kurrikulum is ontwerp om deur ‟n leerder-gesentreerde benadering die leerders te begelei op die mees doeltreffende manier in ooreenstemming met hul eie vermoë om opgewasse te wees teen die formele leersituasie in die primêre grade. Die insluiting van al die leerareas op ‟n geïntegreerde manier sal bydra tot die verwerwing van kennis en begrip, vaardighede en gesindhede om die grondslag te lê vir ‟n suksesvolle skoolloopbaan.

3 Doelstellings Die doelstellings van die Pre-primêre sillabus is om voorsiening te maak vir ‟n gebalanseerde, relevante, en samehangende leerprogram deur gestruktureerde spel. Die doelstellings is om:

persoonlike, sosiale en spesifiek emosionele welstand te ontwikkel deur die oorgang na en tussen omgewings te ondersteun, ‟n omvattende etos te bevorder en elke kind van geleenthede te voorsien om ‟n gewaardeerde lid van die gemeenskap te word sodat selfrespek bevorder word

geleenthede te voorsien wat die leerders in staat sal stel om te leer hoe om te deel, saam te werk en in harmonie met ander te werk en na mekaar te luister

aandagvaardighede te ontwikkel om op hul eie speelaktiwiteite en gegewe take te konsentreer

leerders se taal-en kommunikasievaardighede te ontwikkel met geleenthede vir almal om te praat en te kommunikeer in ‟n wye reeks situasies, om aandagtig te luister na ander en te reageer en verder om die omvang van die gebruik van woordeskat uit te brei en te oefen

Page 5: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

2

leerders voor te berei vir lees- en skryfvaardighede met geleenthede vir almal om te verken, geniet, leer oor tekens en woorde in ‟n breë reeks kontekste en om ‟n ryke verskeidenheid van gedrukte stof te ervaar

hulle begrip van syfers, maat, patrone, vorms en ruimte te ontwikkel deur die voorsiening van ‟n wye reeks kontekste waarin hulle kan verken, geniet, leer en oefen

leerders se kennis en begrip van die wêreld met geleenthede vir almal te ontwikkel om probleme op te los, besluite te neem, te eksperimenteer, voorspel, beplan, verken en uit te vind oor die omgewing, mense en plekke wat betekenis in hul lewens het

hulle fyn- en groot- motoriese vaardighede te ontwikkel en te oefen en hul begrip van hoe hulle liggame funksioneer uit te brei en wat hulle moet doen om gesond en veilig te wees

leerders se kreatiwiteit te ontwikkel met geleenthede vir almal om te verken en hulle gedagtes, idees en gevoelens te deel deur ‟n verskeidenheid van denkbeeldige kunsvorme.

4 Inklusiewe Onderrig Elke leerder het die reg tot Inklusiewe Onderrig. Dit bevorder deelname in, of toegang tot, die volle reeks opvoedkundige programme en dienste wat aangebied word deur die onderwyssisteem in hoofstroomskole. Dit is gebaseer op die beginsel van ondersteuning aan en erkenning van die verskeidenheid wat bestaan tussen ALLE leerders en die verwydering van ALLE leerhindernisse..

Basiese Onderwys berei die samelewing voor, soos in die vooruitsig gestel in Namibië se Visie 2030, deur inklusiwiteit te bevorder. Leerders wat hindernisse tot leer en ander individuele behoeftes ervaar, sal opgeneem word in ‟n hoofstroomskool en daar sal na hulle behoeftes omgesien word deur differensiasie in onderrigmetodes en materiaal, soos vereis. Daar sal vir leerders wat so erg verswak is dat hulle nie kan baat vind deur inklusiewe skole by te woon nie, voorsien word in leerondersteuningseenhede, hulpbroneenhede of hulpbronskole, afhangende van hulle behoeftes, totdat hulle kan aansluit by die inklusiewe skool soos van toepassing. Die kurrikulum, onderrigmetodes en –materiaal is aangepas vir leerders in hierdie instellings.

Die leerder-gesentreerde benadering tot onderrig is baie gepas vir leerders met spesiale leerbehoeftes omdat dit munt slaan uit wat leerders alreeds weet en kan doen, en hulle dan help om nuwe kennis en vaardighede te bekom. Die Kurrikulum-raamwerk vir Inklusiewe Onderrig spesifiseer die basiese vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te bemeester. Individuele Leerondersteuningsplanne (ILSP) moet in plek wees om die individuele leerproses vir leerders met spesiale leerbehoeftes te rig en te evalueer. Verdere riglyne oor hoe om te beplan vir leer en onderrig in ’n inklusiewe klaskamer kan verkry word in die Curriculum Framework for Inclusive Education Curriculum (2012). Hierdie riglyne sal help om ALLE leerders toe te rus met kennis, vaardighede en gesindhede om hulle te help om suksesvol te funksioneer in die wêreld wat toenemend kompleks, snelveranderend en ryk in inligting en kommunikasietegnologie is.

Page 6: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

3

5 Vaardighede en Leeruitkomste Na voltooiing van die Pre-primêre jaar, sal leerders „n stewige grondslag hê waarvandaan hulle kan groei om aktiewe deelnemers in lewenslange leer te word. Die vaardighede vir die einde van die fase vir elke leerarea is as volg:

Taal Leerders kan luister vir inligting en toepaslik reageer. Hulle kan tekens en woorde uit hul onmiddellike omgewing lees en hulle kan effektief en met vertroue in hul moedertaal (waar moedertaal nie moontlik is nie, in die plaaslike mees gesproke taal) kommunikeer.

Voorbereidende

Wiskunde

Leerders kan hul begrip van getalkonsepte en wiskundige simbole mondelings uitdruk. Hulle kan patrone, verwantskappe en vorms herken en beskryf en hulle kan eenvoudige probleme in alledaagse kontekste oplos.

Omgewingsleer Leerders is bewus van die belangrikheid van hul eie basiese gesondheid en voeding. Hulle tree positief op teenoor die natuurlike omgewing en reageer positief in die sosiale omgewing.

Kuns Leerders demonstreer persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur vrye deelname in kreatiewe aktiwiteite; hulle druk hulself uit deur kunsvorme en waardeer ander se uitdrukkings in kuns

Fisiese Ontwikkeling

Leerders kan na die beste van hul vermoë deelneem aan ‟n verskeidenheid van fisiese aktiwiteite wat beweging en motoriese ontwikkeling bevorder.

Godsdiens-en Morele Onderrig

Leerders het ‟n basiese begrip van hul eie geloof, is verdraagsaam teenoor ander s‟n en deel algemene positiewe waardes.

6 Spesifieke Eienskappe van Pre-primêre Onderrig Goeie Vroeë Kinderontwikkeling en Pre-primêre Onderrig maak voorsiening vir ‟n stimulerende omgewing vir die veelsydige ontwikkeling van die kind wat ‟n grondslag sal lê vir formele skoolopleiding. Universele Pre-primêre Onderrig verhoog regverdigheid by toelating tot primêre onderrig, veral vir leerders met leeragterstande. Pre-primêre Onderrig is nog nie ‟n voorvereiste vir toelating tot Basiese Onderwys nie, maar sal so vinnig moontlik oor die hele land uitgebrei word. Leerders wat Vroeë Kinderontwikkeling en/of Pre-primêre Onderrig met toepaslike opvoedingsbeginsels bygewoon het, maak beter vordering in formele onderrig en presteer beter as diegene wat dit nie bygewoon het nie. Ontwikkeling behels aanpassing en differensiasie in kognitiewe, fisiese en sosio-emosionele areas.

7 Geslagskwessies Pre-primêre Onderrig bevorder gelyke geleenthede vir beide geslagte om seuns en meisies ten volle te laat deelneem. Onderwysers behoort te weet en te verstaan hoe om leerders gelyk te behandel en alle materiaal moet geslagsgelykheid bevorder. Onderwysers moet bewus wees van die maniere waarop seuns en meisies dikwels gunstelinge word gedurende interaksie in die klaskamer en verseker dat hulle rol as onderwysers een is wat geslagsgelykheid bevorder. Daar bestaan stereotipe verwagtinge dat sekere konsepte moeiliker is vir meisies. Dit is daarom noodsaaklik dat die onderwyser/es motivering en vertroue skep by meisies sowel as by seuns.

Page 7: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

4

8 Interkurrikulêre kwessies Die temas en onderwerpe van Omgewingsleer strek regoor die kurrikulum en is geïntegreer in ander leerareas. Dit is ook die hoofdraervak van die interkurrikulêre temas soos MIV en VIGS Opvoeding, Menseregte en Demokrasie en Bevolkingsopvoeding. In skole waar rekenaars en/of ander tegnologie beskikbaar is, kan leerders vrylik deelneem aan aktiwiteite verwant aan Inligtingstegnologie. Blootstelling aan rekenaars sluit opvoedkundige speletjies en sagteware wat multimedia funksies soos klank, ens. het, in. Leerders kan sodoende ‟n waardering vir tegnologie ontwikkel.

9 Onderrig-leer-benadering Die kurrikulum neem die “totale” kind in ag, met erkenning van elke kind se unieke belangstellings, vermoë, persoonlikheid, leerstyl en ontwikkelingstempo. Die onderwyser/es moet leerders aanmoedig om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul eie leer deur die bevordering van keuses in hul daaglikse aktiwiteite. Die benadering tot onderrig en leer is gebaseer op ‟n paradigma van leerder-gesentreerde onderrig soos omvat in ministeriële beleidsdokumente. Die doel is die verwerwing van kennis en begrip, vaardighede en gesindhede om by te dra tot die ontwikkeling van die samelewing. Die vertrekpunt vir onderrig en leer is die feit dat die kind alreeds ‟n rykdom van kennis en sosiale ondervinding het wat hy/sy opgedoen het in die familie, die gemeenskap en deur interaksie met die omgewing. Kinders leer die beste wanneer hulle aktief betrokke is in die leerproses deur ‟n hoë graad van deelname, bydrae en produksie. Deur gestruktureerde spel en die hantering van ‟n verskeidenheid voorwerpe, sal leerders aangemoedig word om die leeromgewing te ondersoek en te verken. Onderrigstrategieë moet daarom gevarieer word, maar moet buigsaam wees binne ‟n gestruktureerde reeks prettige lesse met stories, liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig te word om saam te werk in groepe. Groepwerk, werk as individue of in pare en klasonderrig moet georganiseer word met die taak op hande. Pre-primêre Onderrig volg ‟n tematiese benadering. Daarom is daar doelbewuste konneksies tussen leerareas wat leeroordrag vanaf een konteks na ‟n ander toelaat. Dit sal verder ‟n waardevolle fokus bied in die kinders se leefomgewing en dit sal leerders help om te verstaan hoekom hulle doen wat hulle doen.

Leer sal mees relevant en betekenisvol vir die leerders wees as dit konstant gebruik word in verhouding tot hul onmiddellike omgewing. Dit is slegs deur lokale kontekstualisering en toepassing dat jonger leerders sal verstaan wat hulle leer. Die onderrig van alle leerareas moet dus verkry word uit die kulturele rykdom van die onmiddellike omgewing en onderwerpe sover moontlik in verband bring met die onmiddellike omgewing.

Onderrig en leer in Pre-primêre Onderrig sal in die moedertaal wees of, waar moedertaal nie moontlik is nie, in die mees gesproke plaaslike taal. Dit is die taal op die diepste vlak van ‟n persoon se identiteit en maak deel uit van die lewe se primêre groep – die gesin en die plaaslike gemeenskap. Ouers en lede van die gemeenskap moet so ver moontlik betrokke wees in die onderrig- en leerproses.

Page 8: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

5

10 Assessering Assessering in die Pe-primêre jaar bestaan uit informele deurlopende evaluering wat gedoen word tydens normale klasaktiwiteite. Alle assessering is gebaseer op waarneming en gemik daarop om te identifiseer of ‟n kind spesiale behoeftes het en hoe om hulpbronne te mobiliseer ten einde hul behoeftes die hoof te bied.Die assessering is verwant aan hoe goed elke kind die vaardighede wat in die sillabus gespesifiseer is, bemeester. Informele deurlopende evaluering is die mees geskikte wyse van assessering om die kind se vordering dop te hou en deurlopende terugvoering te gee.

‟n Wye reeks assesseringsprosedures moet gebruik word soos waarnemingstegnieke, praktiese take, informele vrae en bespreking. Assessering moet betrekking hê op die doelstellings van elke onderwerp en kan individuele- of groepsaktiwiteite, vaardighede, idees, prosesse, aanbieding en evaluering insluit. Die leerders se deelname, betrokkenheid en bydraes tot groepwerk moet ook in ag geneem word. Assessering moet ook die leerders se vlak van ontwikkeling in gedagte hou. Die vaardigheidsvlak van leerders in soortgelyke take moet geleidelik toeneem in ooreenstemming met hulle vlak van rypwording. Assesseringsinligting sal gebruik word om:

die kind en haar/sy ouers in te lig oor vordering en prestasies

die onderwyser bewus te maak van probleme in die leerproses en regstellende onderrig te lei

die onderrig-leerproses te evalueer om metodes en materiaal aan te pas by die individuele vordering en behoeftes van elke kind om die werksatmosfeer en prestasies van die klas voortdurend te verbeter.

Die evaluering van die onderrig-leerproses is ‟n integrale deel van onderrig en leer. Inligting verkry vanaf assessering moet deur die onderwyser/es gebruik word om te evalueer waar dit nodig is om metodes en materiaal aan te pas by die vordering en behoeftes van elke kind. Aan die einde van elke hoofeenheid van onderrig, en aan die einde van elke termyn, moet die onderwyser/es, saam met die leerders, die proses evalueer in terme van take voltooi, deelname, wat die leerders geleer het en wat gedoen kan word om voortdurend die werksatmosfeer en prestasies van die klas te verbeter. Assessering het nie ten doel om gebruik te word vir keuring of bevordering nie en leerders sal begin met Graad 1 na voltooiing van die Pre-primêre skooljaar. Die assesseringrekordvorms in die assesseringrekordboek moet gebruik word om deurlopende evaluering in alle leerareas aan te teken. In die Pe-primêre skooljaar moet drie assesserings per jaar gedoen word vir elke leerarea: een volledige assessering per termyn. Hoe om deurlopend te assesseer Assessering moet deel vorm van die weeklikse lesbeplanning. Die afdelings oor Assessering in die Onderwysershandleiding sal die onderwyser/es lei oor wat om te evalueer in elke Tema. Die onderwyser/es ken punte toe volgens die 3-punt assesseringskaal in alle leerareas tydens elke dag se lesse en terwyl leerders besig is met normale klaskamer- en buiteaktiwiteite. Hierdie punte word aangeteken op die Klaslysvorms gedurende die termyn. In Pre-primêre Onderrig is die assessering kriterium-gebaseer. Dit beteken dat, wanneer punte toegeken word, dit noodsaaklik is dat hulle die kind se werklike vlak van prestasie in verhouding tot die vaardighede van die sillabus reflekteer.

3 = Vol Bemeester (VB) – die kind het die vaardigheid baie goed bemeester. Dit is vir goeie prestasie in die area van assessering. (Voorbeeld: die kind ken al 7 die vereiste kleure.)

2 = Amper Bemeester (AB) – die kind het die vaardigheid gedeeltelik bemeester. Die kind mag nog nie alle aspekte van die vaardigheid bemeester het nie, maar het, met ekstra ondersteuning en leiding van die onderwyser/es, genoeg vaardigheid in die spesifieke skoolgereedheidvaardigheid. (Voorbeeld: die kind ken 5 van die 7 vereiste kleure.)

Page 9: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

6

1 = Nog nie Bemeester (NB) – die kind het nog nie die meerderheid van vaardighede bemeester nie. Die kind was nie in staat om ‟n minimumvaardigheidsvlak te bereik nie, selfs met behulp van die onderwyser/es, en benodig uitgebreide leerondersteuning. (Voorbeeld: die kind ken minder as 5 van die 7 vereiste kleure.)

Opsomming Aan die einde van die termyn maak die onderwyser/es ‟n opsomming van die punte op die Klaslysvorms deur die totale punt vir elke komponent in die opsommingkolomme te bereken. Die gemiddelde word dan bereken deur die totale punt te deel deur die aantal kere wat die spesifieke komponent geassesseer is. Die afgeronde punte word dan oorgedra na die Assesseringsopsommingsvorm. Punte moet as volg afgerond word: 2.5 – 3 = 3 punte 1.5 – 2.4 = 2 punte 0 – 1.4 = 1 punt Analise Die gemiddelde punte in elk van die komponentkolomme sal die onderwyser/es lei in terme van die kind se vordering, d.i. watter leerders benodig nog ekstensiewe aandag en steun om die nodige skoolgereedheidsvaardighede te verwerf en watter leerders het verrykingsaktiwiteite nodig. Dit sal ook die onderwyser/es op hoogte bring van moontlike veranderings in onderrigstrategieë. Rapport Aan die einde van elke termyn word die punt vir elke komponent in elke leerarea gereflekteer as VB, AB of NB op die Rapportvorm van elke kind. Aan die einde van die jaar word slegs die punte van die laaste termyn oorweeg vir die rapport. Geen skedules word voltooi vir die Pre-primêre skooljaar nie.

Page 10: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

7

11 Ontwikkelingsareas

Die volgende ontwikkelingsareas word aangespreek in die sillabusinhoud:

ONTWIKKELINGSAREA SUB-AREA ONTWIKKELINGSVAARDIGHEDE

1 KOGNITIEWE ONTWIKKELING

Persepsie Visuele persepsie Ouditiewe persepsie Gevoelspersepsie Reukpersepsie Smaakpersepsie

Diskriminasie Voor- en agtergrond diskriminasie Vormkonstantheid Analise en sintese Sluiting Geheue Volgorde Volgorde-geheue Motoriese integrasie Oudio-visuele sluiting

Konseptuele Vaardighede

Klassifikasie Volgorde Getalbegrip Tyd Ruimte Meting

Konsentrasie

Ontspanning Aandag (aktief en passief) Motivering

Taal Reseptiewe taal Ekspressiewe taal Toevallige lees

Luister Praat Kommunikasie Woordeskat Voordrag Sinskonstruksie

Intellektuele Ontwikkeling Waarneming Geheue Probleemoplossing Evaluering Kreatiewe denke en uitdrukking

2 EMOSIONELE ONTWIKKELING

Selfbeeld Emosionele bewustheid Hantering van emosies Emosionele stabiliteit/selfbeheersing Onafhanklikheid Volharding

3 SOSIALE ONTWIKKELING

Sosiale vaardighede Sosiale aanvaarding Verhoudings Kommunikasie Samewerking

4 ESTETIESE ONTWIKKELING

Eksplorasie Bewustheid en selfuitdrukking Waardering

Page 11: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

8

ONTWIKKELINGSAREA SUB-AREA ONTWIKKELINGSVAARDIGHEDE

5 GEESTELIKE EN SEDELIKE ONTWIKKELING

Gelowe (godsdienstig en ander) Norme en Waardes Morele Waardes

6 FISIESE ONTWIKKELING

Groot-motoriese ontwikkeling

Groot-motoriese beweging Balans Koördinasie Oog-handkoördinasie Oog-voetkoördinasie Ritme

Fyn-motoriese ontwikkeling

Kleinspierbeheer Kleinspierbeweging Ritme

Liggaamlike bewustheid Liggaamskonsep Liggaamsbegrip Dominansie Lateraliteit en rigtingbewustheid Middellynkruising

Ruimtelike bewustheid

Posisie in ruimte en ruimtelike verhoudings

Page 12: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

9

12 Opsomming van die Leerinhoud

Taalontwikkeling Voorbereidende Wiskunde

Omgewingsleer Kuns Godsdiens-en Morele Onderrig

Fisiese Ontwikkeling

Luister en reageer Praat en Kommunikasie Voorbereidende Lees Toevallige Lees Voorbereidende Handskrif

Getalbegrip Probleemoplossing Klassifikasie Opeenvolging Ruimtelike Verhoudings Meting - Tyd - Lengte - Massa - Volume - Geld

Ek Self - Selfbegrip My Liggaam - Liggaamsbewustheid - Liggaamskonsep My Familie My Huis My Skool My Gemeenskap en Kultuur Diere Water Plante Die Weer Gesondheid Veiligheid Spesiale Geleenthede

Visuele Kuns - Teken - Verf - Modellering - Konstruksie - Collage Musiek - Sang - Instrumente Dans - Vrye Beweging - Choreografiese danse Drama: - Dramatisering - Rolspel - Mimiek Waardering

Godsdiensidentiteit Gelowe, Norme en Waardes Morele Waardes Sosiale en emosionele ontwikkeling

Groot-motoriese Ontwikkeling - Groot-motoriese

Beweging - Balans - Koördinasie - Oog-handkoördinasie - Oog-voetkoördinasie - Ritme Kleinpierontwikkeling - Kleinspierbeheer - Kleinspierbeweging - Ritme Liggaamsbewustheid - Liggaamskonsep - Liggaamsbegrip - Dominansie - Lateraliteit, rigting en

middellynkruising Ontspanning

Page 13: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

10

13 Leerinhoud

13.1 Taalontwikkeling

Vaardighede Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

1. Luister en Reageer

vaardighede in ouditiewe persepsie en diskriminasie ontwikkel

klankbewustheid en –vaardighede ontwikkel

aandagtig luister en toepaslik reageer

hul verbeelding en begeerte om na stories,rympies en liedjies te luister, ontwikkel

te onderskei tussen verskillende klanke wat hulle in die omgewing hoor en dit te identifiseer ver/naby; hard/sag; hoog/laag

verskille en ooreenkomste tussen gesproke klanke waar te neem

‟n klankpatroon te herhaal of ritme korrek te klap

te reageer op mondelinge instruksies

aanvaarbare luistergedrag te openbaar deur vir ‟n spreekbeurt te wag sonder om te onderbreek

‟n opeenvolging van 3-4 woorde korrek te herhaal (vorentoe en agteruit)

vir genot na stories, rympies en liedjies te luister

2. Praat en Kommunikeer

die tongspiere ontwikkel en betekenisvolle klanke gebruik

hul verbeelding en begeerte om te kommunikeer, ontwikkel

hul kommunikasievaardighede ontwikkel en hul woordeskat uitbrei

hul eie idees en opinies lug, hul eie ondervindings deel en na ander luister

tongspieroefeninge te doen; bewegings van links na regs en van bo na onder

tongklikke en klankpatrone na te maak

gedeeltes van stories in hul eie woorde te vertel, rympies op te sê en liedjies te sing

deel te neem aan besprekings, rolspel, nabootsing, mimiek en gesprekvoering

eie en ander kort stories te vertel deur eenvoudige sinne en korrekte taal en uitspraak te gebruik

vrae oor besprekings, stories, rympies en liedjies te beantwoord

vrae te stel om inligting te verkry

spontaan en met selfvertroue oor hulself en hul omgewing te kommunikeer

voorwerpe, prente en situasies te beskryf en te vergelyk en fyner besonderhede uit te wys

hoflikheidsuitdrukkings te gebruik, bv. groetvorme, toestemming vra en bedankings doen

nie-verbale strategieë (oogkontak, korrekte liggaamshouding) gebruik om doeltreffend te kommunikeer met inagneming van kultuurverskille

Page 14: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

11

Taalontwikkeling (vervolg)

Vaardighede Leerdoelstellings

Leerders sal: Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

3. Voorbereiden- de Lees

oogspiere ontwikkel en visuele aanduidings gebruik om betekenis te gee

hul oriëntasie van links-na-regs, bo-na-onder ontwikkel

vaardighede ontwikkel in visuele persepsie, visuele diskriminasie en volgorde en visuele geheue

vaardighede ontwikkel in voorgrond-agtergrond differensiasie

vaardighede in analise en sintese ontwikkel

fonologiese bewustheid en artikulasie ontwikkel

oogspieroefeninge te doen van links-na-regs en bo-na-onder

die oë op ‟n stilstaande voorwerp te fokus terwyl die kop beweeg word en die kop stil te hou terwyl die voorwerp beweeg word

vinnig te herfokus van ver tot naby asof afgeskryf word van die skryfbord

prente in die regte volgorde te rangskik

deel te neem aan kaart-, woord- en geheuespeletjies

die geheel as ‟n betekenisvolle geheel waar te neem

voorwerpe op die voorgrond en die agtergrond waar te neem en hul betekenisvol te skei

legkaarte van tot 12 stukke te voltooi

‟n prent as ‟n geheel waar te neem, die dele logies op te breek en weer saamvoeg as ‟n betekenisvolle geheel

fonologiese bewustheid te toon deur woorde in sinne en woorde wat rym, te identifiseer

fonologiese bewustheid te toon deur die begin- en eindklanke (foneme) in eenvoudige woorde te herken

4. Toevallige Lees

die geskrewe en gesproke woord toevallig herken en assosieer

hul leeswoordeskat uitbrei

vaardighede in visuele geheue ontwikkel

bewus word van die behoefte om te lees en ‟n begeerte om te lees, ontwikkel

die basiese kenmerke van drukskrif organiseer

ontsyferingstrategieë vir prentlees ontwikkel

fonologiese bewustheid ontwikkel

voorgee dat hulle kan stil en hardop „lees‟

hul eie naam te herken

woorde en slagspreuke (frases) in hul omgewing toevallig te lees

geskrewe tekens en sigwoorde te herken

woorde met woorde en woorde met prente te identifiseer en te pas

name van geëtiketteerde voorwerpe en prente in die klaskamer te herken

te wys wat die korrekte manier is om boeke te hanteer deur die boek regop te hou en die voor-en agterblad te herken

te herken dat prente en gedrukte skrif betekenis oordra, woorde geskei word deur spasies en gedrukte skrif „gelees‟ word van links-na-regs, bo na onder

prenteboeke te ontrafel deur te „lees‟ en ‟n storie op te maak

deur voorspelling woorde met prente in verband te bring

toevallig die alfabet en party enkelklanke te herken en te benoem

kennis van party letters en klanke gebruik om te probeer om woorde te „lees‟

te maak asof hulle prenteboeke met of sonder gedrukte skrif „lees‟

Page 15: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

12

Vaardighede Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

5. Voorbereiden- de Skrif

fyn-motoriese bewegings, oog-handkoördinasie, handdominansie, potloodgreep en korrekte sitposisie ontwikkel

hulle links-na-regs, bo-na-onder oriëntasie ontwikkel

bewus word van die behoefte om te skryf en ‟n begeerte ontwikkel om te skryf

vaardighede in sluiting ontwikkel

vingerspeletjies te demonstreer en deel te neem aan vingeroefeninge

die dominante hand te gebruik en die korrekte greep van skryfmedia asook die korrekte liggaamshouding te demonstreer

patrone in die sand te skryf

prente in te kleur sonder om oor die buitelyne te gaan

ritmiese patrone op stippellyne van links-na-regs en bo-na-onder na te trek

hul name af te skryf en later self te skryf

ritmiese skrif te ontwikkel-vryvloeiende bewegings

die geheel van ‟n figuur of prent te herken wanneer slegs ‟n gedeelte daarvan sigbaar is bv. identifiseer onvolledige prente

op ‟n spesifieke taak te konsentreer vir ‟n spesifieke tyd en take te voltooi binne ‟n spesifieke tydsduur

Page 16: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

13

13.2 Voorbereidende Wiskunde

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

1. Getalbegrip

die nut en gerief om in die alledaagse lewe te kan tel, waardeer en verstaan

mondelings hul begrip uitdruk van getalpatrone, simbole en gelyke/ongelyke waardes van getalle 1-9

vaardighede in visuele geheue ontwikkel

‟n bewustheid ontwikkel van die getalsimbole wat deur ‟n groep voorwerpe voorgestel word

die volgorde van getalle te leer deur middel van telrympies, liedjies en vingerspeletjies/dreunsing

ritmies te tel tot 20

voorwerpe te manipuleer en uit te tel tot by 10

tot 4 voorwerpe te herken sonder om te tel

getalle tot by 10 te herken

getalle tot by 9 te skryf

woordeskat soos ‟n klomp, ‟n paar, baie te gebruik om ‟n aantal voorwerpe te beskryf

een-tot-een afparing van voorwerpe te doen om gelyke/ongelyke waardes van getalle 1-9 te verduidelik

syfers in hul omgewing waar te neem, te ontdek en te identifiseer

syfers met die gesproke getalname of groepe voorwerpe tot 10 te assosieer

2. Probleemoplo- ssing

hul vermoë ontwikkel om logies te dink eenvoudige storieprobleme mondelings op te los

voorwerpe gelykop te deel in ‟n groep deur konkrete voorwerpe te gebruik

3. Klassifikasie

vaardighede ontwikkel in visuele, ouditiewe, gevoels-, smaak- en reukpersepsie, diskriminasie en volgorde en hul wiskundewoordeskat uitbrei

vormkonstantheid verstaan

vaardigheid in logiese denke ontwikkel

voorwerpe te sorteer volgens een of twee ooreenkomste

voorwerpe te sorteer volgens kleur, tekstuur, vorm, grootte, smaak en reuk en die relevante woordeskat korrek te gebruik

sensasies soos warm/koud, hard/sag, glad/grof, stomp/skerp, soet/suur/bitter, aangenaam/onaangenaam, hoog/laag, ens. korrek te interpreteer

karaktereienskappe en verwantskappe tussen die volgende 2-dimensionele vorms te beskryf: sirkel, vierkant, driehoek, en reghoek

tussen vorms en simbole te onderskei en die belangrike karaktereienskappe van ‟n voorwerp te herken al verskil dit in grootte, kleur, posisie en vorm

voorwerpe te identifiseer wat kan sink/dryf, wat lewend/nie-lewend is, ens.

Page 17: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

14

Voorbereidende Wiskunde (vervolg)

Temas en

Onderwerpe Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

4. Volgorde

vaardighede ontwikkel in visuele en gevoelspersepsie, diskriminasie en volgorde

hul wiskundewoordeskat uitbrei

‟n bewustheid ontwikkel van patrone en volgorde van voorwerpe, vorms en getalle

bewus word van ranggetalle

prente/voorwerpe in spesifieke volgorde of patrone te rangskik en die relevante woordeskat te gebruik soos groot, groter, grootste; klein, kleiner kleinste; lig, ligter, ligste; swaar, swaarder, swaarste; kort, korter, kortste; lank, langer, langste; glad, gladder, gladste, ens.

gebeure in volgorde te rangskik deur konsepte soos „voor‟ en „na‟ te gebruik

die dele in ‟n herhalende patroon te identifiseer

‟n gegewe patroon of volgorde te kopieer

‟n patroon te ontwerp met voorwerpe/prente en dit te beskryf

een-tot-een afparing te doen deur gelyke en ongelyke groepe te vergelyk

woordeskat te gebruik wat rangorde aandui bv. eerste, tweede, laaste

5. Ruimtelike Verhoudings

‟n bewustheid van ruimtelike oriëntasie ontwikkel, bewus word van die liggaam in verhouding tot die omgewing asook die verhouding van voorwerpe tot mekaar

hul wiskundewoordeskat uitbrei

die posisie van die liggaam of ‟n voorwerp teenoor ander voorwerpe in die omgewing te te demonstreer en te beskryf met betrekking tot rigting en ooreenkomste

toepaslike woordeskat te gebruik soos: voor, agter, onder, bo, bo-op, binne, buite, ver, naby, links, regs, ens.

legkaarte te bou

6. Meting

- Tyd - Lengte - Massa - Kapasiteit - Geld

‟n begrip van ‟n periode van tyd, ‟n sekere tydsduur en die kontinuïteit van tyd verkry

hul wiskundewoordeskat uitbrei

bewus word van en vergelykings tref tussen die konsepte lengte, massa en inhoud

leer om Namibiese munte te gebruik

te onderskei tussen dag/nag, oggend/middag/aand, ‟n lang/kort tydperk

die dae van die week en die maande van die jaar op te noem

die lengte, massa of inhoud van twee voorwerpe/houers te vergelyk en toepaslike woordeskat gebruik soos lank/kort, swaar/lig, vol/leeg/halfvol, dieselfde as, meer as/minder as

Namibiese munte te benoem en te identifiseer: 5c, 10c, 50c, N$1

speelgeld te gebruik om koop en verkoop te oefen

Page 18: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

15

13.3 Omgewingsleer

Om ‟n tematiese benadering in onderrig en leer te volg, sal Temas 1-9 gebruik word as temas vir integrasie, terwyl die inhoud van Temas 10-13 in alle temas regdeur die jaar behandel word

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

1. Ek Self - Selfbewuswording

relevante inligting omtrent hulself leer

verstaan dat hulle uniek en spesiale mense is

spontaan en selfversekerd reageer en in beheer van hul emosies wees

persoonlike inligting te verskaf bv. hul name, vanne, adresse, telefoonnommers, verjaardagdatums, ens.

aan ander te vertel van dinge wat hulle uniek en spesiaal maak

eie gevoelens te herken en te identifiseer en sensitief te wees vir die gevoelens van ander

te ervaar hoe emosies en gevoelens kan verander

2. My Liggaam - Liggaamlike Bewuswording

-Liggaamskonsep

die liggaam en liggaamsdele ken en verstaan

bewus word van hul sintuie, hulself en hul onmiddellike omgewing deur middel van hulle sintuie

tusen die liggaamsdele en hulle funksies onderskei

bewus te word van die verbindingspunte van die liggaam

die vyf sensoriese funksies te identifiseer en op te noem en hul bydrae tot leer verduidelik

3. My Familie

hul kennis van die gesin en familie verbreed

die waarde van goeie familieverhoudings leer en hulle sosiale ontwikkeling verbreed

bewus word van die regte en verantwoordelikhede binne die familieverband

familielede te identifiseer en op te noem

die rol en verantwoordelikhede van familielede in die huishouding te bespreek

te praat oor regte en verantwoordelikhede van leerders

4. My Huis

hulle huisadres (waar van toepassing) en die pad van en na hul huise ken

die verskille en ooreenkomste van verskillende tipes huise en boumateriale wat in hul huise en omgewing gebruik word, ontdek

te weet waar hulle woon

landmerke te noem op pad skool toe en terug huis toe

verskillende boumateriale wat in hul eie huise gebruik is, noem

te onderskei tussen die verskillende tipes huise met betrekking tot tradisionele tipes, kleur, grootte en vorm

5. My Skool

relevante inligting omtrent hulle skool leer

voorwerpe in die klaskamer en op die skoolterrein ken

gepaste maniere van gedrag in die klaskamer verstaan en toepas

die naam van die skool, skoolhoof, klasonderwyser en name van klasmaats te ken

die name van voorwerpe in die klaskamer en op die skoolterrein te identifiseer en op te noem

aanvaarbare gedrag by die skool en in die klaskamer te demonstreer

Page 19: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

16

Omgewingsleer (vervolg)

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings

Leerders sal:

Basiese Vaardighede

Leerders sal in staat wees om:

6. My Gemeenskap en Kultuur

respek en waardering vir hul eie en die kultuur van ander ontwikkel

bewus word van die gemeenskap as ‟n sosiale struktuur

elemente van hul eie kultuur te identifiseer en te noem bv. taal, kos, klere, ens.

tradisionele stories te vertel

verskillende dienste, beroepe en die rol wat elke persoon in die gemeenskap speel, op te noem

die vervoermiddels in die gemeenskap noem

7. Diere

bewus word van lewend en nie-lewend

bewus word van verskillende soorte diere en hul belangrikheid in hul onmiddellike omgewing

leer hoe om diere te versorg

eenvoudige verskille tussen lewende dinge en nie-lewende dinge te beskryf

wilde en mak diere in hul omgewing te identifiseer en te kategoriseer

eenvoudige ooreenkomste en verskille in die voorkoms en gedrag van volwasse diere en hul kleintjies te beskryf

te verduidelik hoe om mak diere en plaasdiere te versorg

voedsel en ander produkte afkomstig van diere te identifiseer

8. Water

bewus word van waterbronne in hul onmiddellike omgewing

leer van die belangrikheid van water, hoe om water te bespaar en besoedeling te voorkom

plaaslike waterbronne te identifiseer en op te noem

die gebruike van water en hoe om water te bespaar op te noem

maniere van waterbesoedeling en die gevare van besoedelde drinkwater op te noem

eenvoudige maniere hoe om waterbesoedeling te voorkom te bespreek

9. Plante

bewus word van verskillende soorte plante in hul onmiddellike omgewing

leer hoe om plante te versorg

die ooreenkomste en verskille tussen verskeie plante, sade en blare te ontdek

plante in hul omgewing te identifiseer en eetbare plante op te noem

bewus te word van giftige plante

saadjies te saai en waar te neem hoe die plante groei

te beskryf hoe om plante te versorg

om die vorms, groottes en kleure van verskeie plante, blare en sade te vergelyk

Page 20: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

17

Omgewingsleer (vervolg)

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

10. Die Weer

(Hierdie tema word geïntegreer in

Temas 1-9 regdeur die jaar)

bewus word van weerpatrone en seisoensveranderinge

leer hoe om behoorlik aan te trek en van verskillende kossoorte tipies van elke seisoen

seisoensveranderinge te beskryf

klere wat geskik is vir verskillende weersomstandighede op te noem

die kossoorte wat mense verkies of gebruik gedurende die verskillende seisoene op te noem

deel te hê aan die byhou van ‟n daaglikse weerkaart vir die klas

11. Gesondheid

(Hierdie tema word geïntegreer in

Temas 1-9 regdeur die jaar)

begryp dat goeie eetgewoontes, oefening en rus noodsaaklik is vir hul groei en gesondheid

die waarde van persoonlike higiëne verstaan

verstaan hoe om na ander om te sien terwyl hulle hulself beskerm

verstaan dat ‟n gesonde omgewing belangrik is vir ons basiese behoeftes, en om te leer om na die omgewing om te sien

te verduidelik hoekom ‟n skoon omgewing, persoonlike higiëne, liggaamlike oefening en rus belangrik is

tussen gesonde en ongesonde voedsel te onderskei

‟n daaglikse roetine om hul liggame skoon te hou, te beskryf, met verwysing na hare, vel, naels, tande borsel, hande was voor ete en na gebruik van die toilet

maniere te bespreek hoe MIV & Vigs nie oorgedra kan word nie, bv. omhelsing, speel, aanraking en oorgedra word deur oop wonde/bloed

te verduidelik waarom mense hulle omgewing moet skoon hou

deel te neem in die daaglikse pligte van die klas

12. Veiligheid

(Hierdie tema word geïntegreer in

Temas 1-9 regdeur die jaar)

verstaan hoe om op te tree as voetgangers en wanneer hulle passasiers in voertuie is

behoorlike veiligheidsmaatreëls toepas in en om die huis, skool en in hul omgewing

verstaan hoe om hulself te handhaaf in potensieel gevaarlike situasies

goeie gedrag as ‟n passasier te beskryf, bv. om nie die bestuurder te steur nie en om op ‟n veilige plek te sit

goeie voetgangergedrag te beskryf, bv. hoe om ‟n straat oor te steek en op die veilige kant van die pad te stap

gevaar en veiligheidsmaatreëls in die huis, skool en onmiddellike omgewing te beskryf, bv. optel van vreemde voorwerpe, hantering van skerp voorwerpe, vuur, brandstof en elektrisiteit

moontlike gevaarlike situasies en plekke in die huis, skool en plaaslike omgewing te identifiseer en te weet hoekom dit gevaar inhou en hoe om dit te vermy

te leer om „nee‟ te sê in ‟n ongemaklike, moontlike gevaarlike situasie of vir onbetaamlike betasting en waar om vir hulp aan te klop

te leer van aanvaarbare/onaanvaarbare maniere van aanraking

Page 21: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

18

Omgewingsleer (vervolg)

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

13. Spesiale Geleenthede

(Hierdie tema word geïntegreer in

Temas 1-9 regdeur die jaar)

ondervinding van nasionale feeste en familietradisies en –seremonies met mekaar deel

dinge in die omgewing beproef en verken

deel te neem aan vieringe van nasionale feeste wat by die skool aangebied word

hul eie familietradisies, seremonies en feesvieringe te verduidelik

deel te neem aan die byhou van die verjaardagkalender in die klaskamer

deel te neem aan klasuitstappies om inligting te versamel

Page 22: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

19

13.4 Kuns

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

1. Visuele Kuns

- Teken - Verf - Modelleer - Konstruksie - Collage

die ryk omgewing wat ons omring, ontdek en bewus word van teksture, kleure, lyne en ruimte en hoe om dit te organiseer

uit te beeld wat hul moontlik nie in woorde kan uitdruk nie

simbole uit eie inisiatief skep wat hulle met ander kan deel

deel te neem aan kreatiewe aktiwiteite en hulself uitdruk bv. prente en patrone maak, papiervou, modelle en speelgoed maak d.m.v . verskillende materiale en tegnieke soos om: - te werk met verf, kryte en potlode - gereedskap soos kwaste, kryte, potlode en skêre te gebruik - te modelleer met klei, rivierklei en speeldeeg - beelde uit hout, klip, seep en draad te maak - te vou, skeur, knip en plak

te eksperimenteer met kleure

2D geometriese vorms naastenby na te maak

nie-geometriese vorms soos handafdrukke te skep

groot naaldwerksteke te werk op materiaal om ‟n rand te maak

2. Musiek

- Sing - Instrumente

bespeel

bewus te wees van die ryk omgewing wat ons omring soos melodieë, klanke en beweging en hoe om dit te organiseer

bewus te word van die moontlikhede van stem en slaginstrumente

bewus word van volksliedjies

deel te neem aan melodieuse aktiwiteite d.m.v. verskillende materiale en tegnieke soos: - vrye interpretasie van musiek - musiekwaardering deur te luister - sing in ‟n groep met ritme en tempo - liggaamsbegeleiding soos hande klap, vingers klap - verskeie selfgemaakte slaginstrumente met ritme en tempo

bespeel

liedjies, volksliedjies en sangspeletjies harmonies uit te voer in hul moedertaal

3. Dans

- Vrye beweging - Choreografiese

danse

bewus te wees van die ryk omgewing wat ons omring soos melodieë, klanke, bewegingspatrone en ruimte en hoe om dit te organiseer

bewus word van beweging en gebare

deel te neem aan dansaktiwiteite deur verskillende tegnieke te gebruik, soos: - vrye en choreografiese bewegings op maat van musiek - groot- en kleinspierbewegings - posisie in die ruimte en rigting - perseptueel-motoriese bewegings en spierkoördinasie - balans en ritme - tradisionele danse uit te voer - gelykmatige tyd te hou wanneer bewegings uitgevoer word - ‟n bewustheid toon van gehoor- en repetisietegnieke soos die op- en afgaan van die verhoog

Page 23: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

20

4. Drama

- Dramatisering

- Rolspel

- Mimiek

simbole uit eie inisiatief skep wat hulle met ander kan deel

bewus word van beweging en gebare en hoe om ruimte te gebruik deur eie vertolking

deel te neem aan drama-aktiwiteite deur verskillende apparate en tegnieke te gebruik soos:

- dramatisering en rolspel met of sonder apparaat, kostuums en maskers

- gesigsuitdrukkings, liggaamsvoorkoms, liggaamsbewustheid en liggaamlike belewenisse

- mimiek

5. Waardering hul eie en ander se pogings waardeer en geniet

persoonlike en sosiale vaardighede ontwikkel

hul interpretasie van en reaksie op ander se artistiese uitdrukking met ‟n waarderende houding te kommunikeer

skeppende werk met mekaar, ouers en die gemeenskap te deel

saam te werk in ‟n groep en die behoeftes van ander te respekteer

Page 24: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

21

13.5 Godsdiens- en Morele Onderrig

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese vaardighede Leerders sal in staat wees om:

1. Geloofsidentiteit

hul eie geloofsidentiteit ontdek

versorging deur ander as die basis om hulself te wees, waardeer

hul eie godsdiensgeloof te noem (waar van toepassing) en godsdienstige ervarings te deel

stories van hul eie geloof te deel

te verduidelik waarvoor hulle waardeer word, hoe ander dit aan hulle bewys en hoe hulle dit weer aan ander kan bewys

te verduidelik waarom omgee belangrik is vir almal

hulself te ervaar as uniek en spesiaal

2. Gelowe, Norme en Waardes

opinies, regte en behoeftes van ander oorweeg, respekteer en aanvaar

waardeer dat positiewe waardes en aksies ons saambind

eie menings te lug en ander se menings respekteer

respek te betoon vir ander se gelowe, regte en behoeftes

positief teenoor eie en ander se vermoëns, vaardighede en waardes te wees

mislukkings en sukses in ‟n positiewe manier te ervaar

3. Morele Waardes

tussen goed en kwaad te onderskei en waarde heg aan die goeie leiding van volwassenes en klasmaats

bewus wees van reëls en positiewe dissipline

goeie en behoorlike gedrag te demonstreer

goeie leiding van volwassenes te aanvaar en te respekteer

‟n paar klasreëls te noem en positiewe dissipline te aanvaar

4. Sosiale en Emosionele Ontwikkeling

ander aanvaar en aanvaar word

‟n bekwame sosiale lid van die portuurgroep wees

hul eie gevoelens herken en sensitief wees teenoor die gevoelens van ander

emosionele stabiliteit demonstreer deur die manier waarop hulle uitdrukking gee aan emosies en gevoelens

te werk of speel met klasmaats in pare of klein groepies en die waarde van samewerking en skikking te waardeer

mededeelsaam te wees en om toerusting , ondervinding en mense met ander te deel

empatie te ontwikkel en die genot van goeie vriendskappe te ontdek

bevrediging daarin te vind om mekaar en die groep te help

te leer om hul humeur te beteuel en meer vaardig te word in die gebruik van alternatiewe metodes om te kry wat hulle wil hê bv. om beurte met speletjies te kry

besluite te neem en om probleemsituasies op ‟n verantwoordelike manier te hanteer

Page 25: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

22

13.6 Fisiese Ontwikkeling

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings

Leerders sal:

Basiese Vaardighede

Leerders sal in staat wees om:

1. Groot-motoriese Ontwikkeling

- Groot-motoriese bewegings

effektiewe beheer oor en koördinasie van die groot spiere van die liggaam hê

goeie spiergroei en motoriese koördinasie ontwikkel

akkurate bewegings van die groter spiere van die liggaam te demonstreer, bv. arms en bene

daaglikse take uit te voer met ywer en waaksaamheid

- Balans beheer behou oor die liggaam wanneer albei sye gelyktydig, individueel of alternatiewelik gebruik word

die liggaam met minimale ondersteuning in die korrekte posisie te behou in die uitvoering van verskeie take en balanseeroefeninge

vloeiende, gekoördineerde bewegings te ontwikkel wat hulle in staat sal stel om met selfvertroue te beweeg

- Koördinasie spiere beweeg om in ‟n bedrewe, harmonieuse patroon te funksioneer

gekoördineerde, simmetriese bewegings met alle liggaamsdele uit te voer

suksesvol deel te neem aan speletjies, sport en danse

- Oog-hand-

koördinasie

bewegings uitvoer met die hande soos aangedui deur die oë

die beweging en rigting van die liggaam te beheer deur die arms, hande en vingers te gebruik (soos aangedui deur die oë)

- Oog-voet-

koördinasie

visueel die beweging van die voete stuur

die beweging en rigting van die liggaam te beheer deur die bene en voete te gebruik (soos aangedui deur die oë)

- Ritme ‟n gevoel van ritmiese tydhou ontwikkel deur gekoördineerde liggaamsbewegings

groot-motoriese aktiwiteite uit te voer op sensoriese (gehoor- en visueel) stimuli, bv. musiek, klap, ens.

2. Fynspier-ontwikkeling

- Fynspierbeheer, -beweging en -ritme

voldoende beheer en koördinasie hê van die klein spiere van die liggaam, bv. vingers, tong en oë

klein voorwerpe te manipuleer en beheer te hê oor skryfmateriaal

oog- en tongbewegings te beheer

toepaslike beheer te hê om ‟n aktiwiteit te begin en te eindig

klein-motoriese aktiwiteite in verband te bring met gehoorstimuli, bv. musiek, klap, ens.

Page 26: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

Pre-Primary Syllabus NIED 2015

23

Fisiese Ontwikkeling (vervolg)

Temas en Onderwerpe

Leerdoelstellings Leerders sal:

Basiese Vaardighede Leerders sal in staat wees om:

3. Liggaamsbewu-stheid

- Liggaamskonsep

die liggaam ken, insluitende ‟n innerlike bewustheid van die liggaam in verhouding tot voorwerpe

die liggaam op so ‟n wyse te beheer dat hul vrylik kan rondbeweeg en versperrings vermy

deur liggaamsbewegings die liggaam se verhouding tot die ruimte te demonstreer

- Liggaamsbegrip verstaan dat die liggaam verskillende dele het wat verskillende funksies verrig

die dele van die liggaam en hul funksies op te noem

aan te dui watter dele van die liggaam aan mekaar geheg is

spesifieke liggaamsdele gelyktydig (harmonieus) en ongelyktydig (disharmonieus) te beweeg

- Dominansie ‟n voorkeur vir die gebruik van ‟n spesifieke hand, voet, oog of sy van die liggaam ontwikkel

aktiwiteite uit te voer met dominante hand, voet en/of oog

- Lateraliteit, Rigtingbewust-

heid en Middellynkruising

‟n innerlike bewustheid ontwikkel van die linker- en regterkant en die middellyn van die liggaam

rigting van die eksterne wêreld in verhouding tot hulself ervaar

die regter- en linkerkant van hul eie liggaam en ander se liggame te benoem

die vertikale middellyn van die liggaam te kruis

die rigting van beweging of van stilstaande voorwerpe in verhouding tot hulself aan te dui

4. Ontspanning

ervaar hoe die liggaam voel wanneer dit gespanne is en hoe dit voel as dit ontspanne is

te demonstreer hoe om spiere saam te trek en hoe om spiere te ontspan

te verduidelik waarom ontspanning nodig is wanneer die liggaam gespanne is

die noodsaaklikheid van oefening en rus te bespreek

Page 27: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

24

14 Addisionele Inligting Die Streekskantoor van die Ministerie van Onderwys moet toesien dat ‟n volledige toegeruste klaskamer beskikbaar is alvorens Pre-primêre leerders ingeskryf word. Hieronder is ‟n lys van materiaal en toerusting wat benodig word om die sillabus suksesvol te implementeer. Toerusting wat op die Voorraadlys moet kom:

Itembeskrywing Hoeveelheid benodig

Itembeskrywing Hoeveelheid benodig

Sluitbare kas vir die onderwyser/es

ten minste 1

Nr. 3 banke of ronde tafels vir leerders

13

5

Onderwyserstafel 1 Nr. 3 stoele vir leerders 25

Onderwyserstoel 1 Vertoontafels 4

Wasskottel vir handewas en waterspel

1 Rondepuntskêre 1 per leerder

Boekrak 1 *Mat (opsioneel) 1

Sandtafel (opsioneel) 1 Storieboeke verskeie

Legkaarte (2-12 stukke) verskeie Speletjies verskeie

Telraam en Balanseerskaal 1 elk Balanseerbalk 1

Speelgoed soos poppe, karre, balle springtoue, teestelletjies, plastiek/houtdiere, ens.

verskeie Konstruksiestelle van hout- of plastiekblokkies (verskillende vorms en groottes)

verskeie

*As ‟n mat nie beskikbaar is nie, kan enige tipe beskermende materiaal soos kartonbokse voorlopig gebruik word vir werk op die vloer. Verbruikbare items wat jaarliks aangeskaf moet word:

Itembeskrywing Hoeveelheid benodig

Itembeskrywing Hoeveelheid benodig

Werkboeke vir leerders 1 per leerder Potlode (dik-as nie beskikbaar, dun HB-potlode

3 per leerder

Oefeningboeke (ongelinieerd) 3 per leerder Skryfbehoeftes vir die onderwyser/es se behoeftes bv. penne, leers, viltpenne, gelinieerde papier, ens.

Wondergom (Prestik) 10 per klas Plakkaatkarton A1 15 per klas

Vetkryt 1 pakkie per leerder

Inkleurpotlode 1 pakkie per leerder

Poeierverf (rooi,blou, geel,groen, pers, oranje, swart, wit)

ten minste een van elk

Verfkwaste (12mm en 19mm) 10 van elk

Modelleerklei-verskillende kleure 10 bokse per klas

Gom (Pritt of houtlym) 10 per klas

Skryfbordwisser 2 per klas Bordkryt (wit en verskillende kleure)

1 boksie van elk per klas

Speelgrondapparaat Leerders moet die geleentheid hê om te klim, swaai, kruip en te balanseer op speelgrondapparaat. Ou motorbande kan gebruik word om sulke apparaat te maak as fondse om aan te koop nie beskikbaar is nie. Idees hiervoor verskyn in die Hulpmiddelhandleiding vir Onderwysers.

Page 28: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE PRE … · Die kind moet reeds vyf jaar oud wees teen 31 Desember van ... liedjies en beweging. Leerders behoort sover moontlik aangemoedig

25

The National Institute for Educational Development P/Bag 2034 Okahandja NAMIBIA Telephone: +264 62 509000 Facsimile: +264 62 509073 E-mail: [email protected] Website: http://www.nied.edu.na © NIED 2015