republic of namibia ministry of education junior … · die liggaamlike opvoeding komponent van die...
TRANSCRIPT
Republic of Namibia
MINISTRY OF EDUCATION
JUNIOR PRIMARY PHASE
FOR IMPLEMENTATION 2015
PHYSICAL EDUCATION SYLLABUS
GRADES 1 – 3
AFRIKAANSE VERSION
Ministerie van Onderwys National Institute for Educational Development (NIED) Privaatsak 2034 Okahandja Namibië © Kopiereg NIED, Ministerie van Onderwys, 2014 Liggaamlike Opvoeding Leerplan Grade 1 - 3 ISBN: 978-99945-2-055-8 Gedruk deur NIED Webtuiste: http://www.nied.edu.na Publikasiedatum: 2014
Inhoud
1. Inleiding ......................................................................................................................1
3. Doelstellings ...............................................................................................................1
4. Insluitende Onderwys ..................................................................................................2
5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre sake ......................................................2
7. Leerstandaarde ...........................................................................................................4
8. Omvang en opvolging – Pre-primêr tot graad 3 ...........................................................5
9. Leerinhoud ................................................................................................................ 10
10. Evaluering ................................................................................................................. 56
10.1 Evalueringsdoelwitte ................................................................................................. 56
10.2 Soorte evaluering ...................................................................................................... 56
10.3 Graadbeskrywings .................................................................................................... 56
10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering................................................. 57 10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering ................................................................ 57 10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering .................................................................. 58
11. Woordelys ................................................................................................................. 59
1 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
1. Inleiding
Hierdie leerplan beskryf die voorgenome leer en evaluering vir Liggaamlike Opvoeding in die Junior Primêre Fase. As ’n vak vorm Liggaamlike Opvoeding die grootste deel van die "liggaamlike" terrein van leer, maar het tematiese skakels met ander vakke oor die kurrikulum heen. Daar is drie hooftipes leerervarings op hierdie terrein. Die eerste tipe, wat te make het met die ontwikkeling van psigomotoriese vaardighede, is die basis van die alledaagse lewe. Die tweede tipe wat speel, bewegingsleer, dans en sport insluit, het te doen met die ontwikkeling van koördinasie, sosiale vaardighede, 'n sin vir die estetiese en die bemeestering en geniet van beweging. Die derde tipe handel oor die ontwikkeling van ’n positiewe houding teenoor die eie liggaam, en sluit in leerervarings wat ’n begrip kweek vir die ontwikkeling van menslike seksualiteit, hoe die menslike liggaam funksioneer en hoe om gesond te bly. Die Liggaamlike Opvoeding komponent van die liggaamlike terrein van leer bestaan uit fiksheid, speletjies en sportaktiwiteite.
Die doelstellings, leerdoelwitte en vaardighede wat mekaar tussen vakke oorvleuel, is deel van noodsaaklike leer binne die totale leerplan. In ideale omstandighede sal hierdie vak 2 periodes per week nodig hê van graad 1 tot 3, en moet aangevul word met skoolsportklubs en sportdae.
NIED het ingestem tot ’n vaste leerplan-hersieningsiklus. Na verwagting sal die implementering van die volgende hersiening van die Junior Primêre Fase in 2021 plaasvind.
2. Beredenering
Liggaamlike Opvoeding is ’n inherente deel van die algemene opvoedingsproses, en het ten doel om ’n betekenisvolle bydrae te maak tot die verbetering van jongmense se lewenskwaliteit, hulle in staat te stel om ’n gesonde lewenstyl te handhaaf en om doelgerig binne die gemeenskap te funksioneer. Daar is ’n verband tussen ’n gesonde liggaam en die vermoë om akademies goed te presteer. Daarom is dit baie belangrik dat leerders op ’n gereelde basis aan Liggaamlike Opvoeding-aktiwiteite sal deelneem.
3. Doelstellings
Die doelstellings van Liggaamlike Opvoeding is om –
gesindhede en praktyke te ontwikkel, en kennis en aktiwiteite te laat groei wat liggaamlike en geestelike gesondheid sal bevorder
samewerking, positiewe kompetisie, sportmangees en regverdige spel te bevorder deur deelname aan speletjies en sport
leerders se waarneembare motoriese vaardighede te ontwikkel en te verbeter deur deelname aan verskillende maniere van beweeg (bewegingsontwikkeling)
leerders se bewegingservaring te verbreed en ’n bewegingswoordeskat op te bou deur deelname aan verskillende maniere van beweeg (bewegingsontwikkeling)
help om liggaamlike fiksheid en doeltreffendheid in stand te hou en te ontwikkel (liggaamlike ontwikkeling)
’n begrip van goeie gesondheid te ontwikkel deur ’n belangstelling in en respek vir hulle eie liggame (gesondheidsontwikkeling)
leerders die plesier van beweging te laat ervaar en ’n positiewe houding teenoor Liggaamlike Opvoeding te ontwikkel
emosionele stabiliteit te versterk, insluitend ’n positiewe selfbeeld, selfbeheersing, onafhanklikheid, selfvertroue, eie besluitneming en kreatiewe vermoëns gebaseer op ’n goed gefundeerde waardesisteem (affektiewe/emosionele ontwikkeling)
gesonde interpersoonlike verhoudings te ontwikkel (sosiale ontwikkeling)
2 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
’n begrip van goeie normatiewe gedrag te ontwikkel, gebaseer op ’n gesonde waardesisteem (normatiewe ontwikkeling).
Grade 1-3 kan beskryf word as die ontdekkingsfase in Liggaamlike Opvoeding. Die leerders moet verskillende maniere van beweging ontdek deur deel te neem aan bewegingsaktiwiteite met speletjies waartydens prettige, uitdagende, selfsprekende en selfontdekkingsituasies geskep word. Die sienswyse van Liggaamlike Opvoeding is om die leerder holisties op te voed: liggaamlik, kognitief (verstandelik), emosioneel en sosiaal. Die belangrikste fokuspunt van Liggaamlike Opvoeding moet dus wees om die hele kind op te voed.
4. Insluitende Onderwys
Insluitende Onderwys is elke leerder se reg. Dit bevorder deelname aan of toegang tot die volle spektrum van opvoedkundige programme en dienste wat deur die opvoedkundige stelsel in hoofstroomskole beskikbaar gestel word. Die gedagte is om steun en erkenning te gee aan die uiteenlopendheid wat onder ALLE leerders aangetref word en om ALLE struikelblokke tot leer uit die weg te ruim.
Basiese Onderwys skep ’n parate gemeenskap, soos in die vooruitsig gestel in Visie 2030, deur insluiting te bevorder. Leerders met leerstruikelblokke en ander eiesoortige behoeftes sal ingesluit word in ’n hoofstroomskool, en hulle behoeftes sal aandag kry deur verskillende onderrigmetodes te gebruik en waar nodig, spesifieke leermateriaal te verskaf. Voorsiening sal gemaak word vir leerders wat so ernstig gestrem is dat hulle geen voordeel sal trek uit bywoning van insluitende skole nie. Dit sal volgens die behoeftes geskied met behulp van leer-ondersteuningseenhede, hulpeenhede of hulpskole totdat hulle ’n punt bereik waarop hulle in ’n insluitende skool opgeneem kan word, indien moontlik. Die leerplan, onderrigmetodes en materiaal word aangepas vir leerders in hierdie skole.
Die leerder-gesentreerde benadering tot onderwys is by uitstek geskik vir leerders met spesiale leerbehoeftes, omdat dit bou op wat leerders reeds weet en kan doen, en hulle dan help om nuwe kennis en vaardighede aan te leer. Die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys spesifiseer die vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te kan bemeester. Individuele Leerondersteuningsplanne (ILOP) moet daargestel word om die individuele leerproses vir leerders met spesiale leerbehoeftes te rig en te evalueer.
Meer riglyne oor hoe om vir leer en onderrig in ’n insluitende klaskamer te beplan is saamgevat in die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys (2012). Hierdie riglyne sal help om ALLE leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en benaderings wat tot sukses sal lei in ’n wêreld wat toenemend ingewikkeld raak, vinnig verander en oor ’n magdom van inligting en kommunikasietegnologie beskik.
Die Junior Primêre Fase bevorder gelyke geleenthede vir seuns en meisies, en maak dit vir albei geslagte moontlik om op gelyke vlak aan alle aktiwiteite deel te neem. Onderwysers moet weet en verstaan hoe om leerders gelykwaardig te behandel, en alle materiaal moet regverdig teenoor beide geslagte wees. Onderwysers moet daarteen waak om witbroodjies in die klas te hê en seker maak dat hulle onderrig geslagsgelykheid bevorder. Seuns en meisies moet die liggaamlike aktiwiteite saam doen, en die aktiwiteite moet so georganiseer word dat alle aspekte van liggaamlike, verstandelike en affektiewe ontwikkeling in ag geneem word.
5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre sake
Liggaamlike Opvoeding dra by tot die leerder se selfbeeld, liggaamsbewustheid, gesondheid en welsyn. Dit bevorder ook waardes soos samewerking en vriendskaplike wedywering. Dus skakel die vak in by Omgewingsleer, Godsdiens en Morele Opvoeding. Daar kan leerders
3 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
wees wat (wetend of onwetend) MIV-positief is, en dit is belangrik vir veiligheidsredes en ten einde stigmatisering te voorkom, dat die klas bewus gemaak word dat feitlik alle vorms van kontak met MIV-positiewe mense veilig is, en leer watter risiko's kontak kan inhou in die geval van snye en seerplekke.
Interkurrikulêre kwessies sluit in Omgewingsleer, MIV en Vigs, Bevolkingsopleiding, Opleiding vir Mensregte en Demokrasie (OMRD), Inligting en Kommunikasietegnologie (IKT) en Padveiligheid. Hierdie vakke is bygevoeg by die formele leerplan omdat dit alles gekoppel is aan bepaalde risiko's en uitdagings binne ons Namibiese gemeenskap. Al ons leerders moet verstaan –
wat die aard van hierdie risiko's en uitdagings is
wat die uitwerking daarvan op ons gemeenskap is
hoe dit in hulle plaaslike opset hanteer kan word
Die grootste risiko's en uitdagings is uitgewys as –
omgee vir en die bestuur van ons natuurlike hulpbronne
die gevolge van MIV en Vigs
gesondheidsprobleme wat verband hou met besoedeling, swak sanitasie en afval
sosiale onsekerheid as gevolg van ongelykheid en bestuur wat regte en verantwoordelikhede ignoreer
swak nakoming van padveiligheidsmaatreëls
sake rakend globalisering Party vakke is meer gepas om spesifieke interkurrikulêre kwessies aan te raak Hierdie leerplan bevat meer voorbeelde van ander skakels met interkurrikulêre kwessies; hieronder word net een voorbeeld van elke interkurrikulêre kwessie gegee:
Omgewings-bewustheid
MIV en Vigs OMRD Padveiligheid
Graad 2 Weer en die omgewing: Bespreek sportsoorte wat in verskillende seisoene beoefen word
Graad 1 Sorg vir jouself en vir ander: Bespreek hoe en waar hulp gekry kan word om ernstige wonde te versorg (opgedoen tydens speletjies)
Grade1 – 3 Sportvaardighede: Werk saam met ander, beoefen regverdige en gesonde kompetisie, en demonstreer goeie sportmangees
Graad 3 Verkeersveiligheid: Bespreek die gevare van fietsry/speel in besige strate
6. Benadering tot onderrig en leer
Die benadering tot onderrig en leer is gebaseer op die paradigma van leerder-gesentreerde onderrig (LGO) soos uiteengesit in ministeriële beleidsdokumente en die LGO se konsepraamwerk. Hierdie benadering verseker optimale leerkwaliteit as die beginsels toegepas word. Daarbenewens bly die tematiese/geïntegreerde benadering die fokuspunt van Junior Primêre onderrig en leer.
Die doel is om leer met begrip te ontwikkel, en daarmee saam die kennis, bevoegdhede en benaderingswyses wat kan bydra tot die ontwikkeling van die gemeenskap. Elke leerder bring ’n magdom kennis en sosiale ervarings saam skool toe, dinge waartoe die familie, die gemeenskap en wisselwerking met die omgewing bygedra het. Leer in die skool moet die leerder se vooraf kennis en ervarings insluit, daarop voortbou, dit uitbrei en uitdagings daaraan stel.
4 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
Leerders leer op hulle beste wanneer hulle aktief betrokke is by die leerproses deur intensiewe deelname, bydraes en skeppende werk. Elke leerder is ’n individu met sy/haar eie behoeftes, leertempo, ervarings en vaardighede. Die onderwyser moet vir hierdie behoeftes van die leerder voorsiening kan maak en leerervarings daarvolgens kan aanpas. Leerstrategieë moet mekaar afwissel, maar buigsaam wees binne goed gestruktureerde lesaanbiedings.
Om in groepe, in pare, as individue of as ’n hele klas te werk in Liggaamlike Opvoeding periodes, moet aktiwiteite georganiseer en gefokus wees. Samewerking en deelname moet so ver moontlik aangemoedig word. Byvoorbeeld, in Liggaamlike Opvoeding is daar ’n wye verskeidenheid fisieke aktiwiteite, en leerders wat in pare of groepe werk, kan by mekaar leer. Dit is belangrik dat take sinvol moet wees sodat leerders die toepaslikheid daarvan kan raaksien.
Liggaamlike Opvoeding sal uiters toepaslik en sinvol wees as dit in verband staan met leerders se lewens. By voorbeeld, speletjies wat die naboots van diere, karakters en sportpersoonlikhede insluit waar willekeurige rondhardloop betrokke is, kan met maats in die gemeenskap gespeel word.
In Liggaamlike Opvoeding moet die onderwyser besluit, volgens die leerdoelwitte en vaardighede wat bereik moet word, wanneer dit die beste is om leerders direk te onderrig, wanneer dit die beste is om hulle op hulle eie te laat speel, wanneer hulle afrigting nodig het, wanneer hulle verrykingsaktiwiteite nodig het, wanneer ’n bepaalde toename in vaardighede of inligting gevolg moet word, of wanneer leerders hulle eie pad deur voorgeskrewe take moet vind.
Dit word aanbeveel dat tyd gedurende die aanvanklike Liggaamlike Opvoeding periodes gebruik word vir onderrig in gedrags- en veiligheidsreëls soos om ander klere aan te trek, opdragte te gehoorsaam, apparaat op te pas, veilig te speel, ens. voordat die aktiwiteite begin.
So ver moontlik moet speletjies en sportsoorte wat in die gemeenskap bekend is, in die skool aangebied word. Tradisionele Afrika-speletjies en sportsoorte moet ingesluit word, veral as daar bekwame instrukteurs in die gemeenskap is.
7. Leerstandaarde
Wanneer leerders die Junior Primêre Fase in graad 1 betree, behoort hulle die behoefte te hê om te beweeg en energie te gebruik, en vertroud te wees met speletjies en sport. Liggaamlike Opvoeding moet hierop voortbou en daarmee voortgaan. Die eerste vyf weke in graad 1 moet gebruik word vir skoolgereedheidsaktiwiteite.
Wanneer hulle graad 3 van die Junior Primêre Fase voltooi het, behoort leerders die volgende te kan doen:
Liggaamlike fiksheid Gereeld deelneem aan liggaamlike fiksheidsaktiwiteite soos nabootsing, krag vertoon, uithouvermoë, soepelheid en koördinasie. Opdragte uitvoer en roetines gehoorsaam in fisieke aktiwiteite en speletjies.
Gimnastiek ’n Kombinasie van vaardighede saam met maats demonstreer en toepas, soos loko-motoriese, rotasie-, spring- en balanseer-aktiwiteite op klein en groot apparate.
5 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
Atletiek Uithouvermoë demonstreer deur verskillende aktiwiteite uit te voer soos hardloop, spring, gooi en kompeterende aktiwiteite Saamwerk met ander in ’n gesindheid van gesonde kompetisie.
Sportvaardighede Positiewe sportmangees demonstreer en veiligheidsreëls nakom soos die regte klere dra, opdragte gehoorsaam en apparaat oppas. Spierbeheer toepas soos dribbel, skop, gooi en vang.
Speletjies in beperkte ruimte Verduidelik hoekom dit belangrik is dat hulle liggaamlik aktief is en hoe hulle liggame voel tydens verskillende aktiwiteite. Beskryf en demonstreer hoe om veilig te speel. In opdrag werk leerders saam in pare en groepe en demonstreer regverdige deelname om eenvoudige gemeenskaplike oogmerke te bereik. 8. Omvang en opvolging – Pre-primêr tot graad 3
Ten einde die toename in vaardighede, kennis en gesindhede regdeur die Junior Primêre Fase te demonstreer geld die volgende omvang en opvolging van Pre-primêr tot graad 3. Die leerinhoud vir Pre-primêr is nie in hierdie dokument ingesluit nie, en kan in die Pre-primêre leerplan nageslaan word.
LIGGAAMLIKE FIKSHEID
PRE- PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
NABOOTSING, KRAGVERTOON, UITHOUVERMOË, SOEPELHEID EN KOÖRDINASIE
Leer vloeiende, gekoördineerde bewegings aan
Demonstreer koördinasie van die liggaam deur diere na te boots
Demonstreer koördinasie van die liggaam deur karakters na te boots
Demonstreer ’n gekoördineerde liggaam deur sportsterre na te boots
Demonstreer akkurate bewegings van die groot spiere van die liggaam
Demonstreer krag en uithouvermoë in die voet, been, maag, rug, skouers en arms
Demonstreer krag en uithouvermoë in die voet, been, maag, rug, skouers en arms
Demonstreer krag en uithouvermoë in die voet, been, maag, rug, skouers en arms
Voer gekoördineerde, simmetriese bewegings van die liggaamsdele uit
Demonstreer soepelheid van gewrigte met en sonder apparate
Demonstreer soepelheid van gewrigte met en sonder apparate
Demonstreer soepelheid van gewrigte met en sonder apparate
6 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
GIMNASTIEK
LOKO-MOTORIESE, ROTASIE-, SPRING-, BALANSEER-AKTIWITEITE SAAM MET MAAT EN AANPASSING VAN DIE LIGGAAM BY KLEIN EN GROOT APPARAAT
Werk saam met ander in pare
Werk saam met ander in pare en groepe
Werk saam met ander in pare, groepe en spanne
Beheer die beweging van die liggaam deur liggaamsdele te gebruik met hand-oog-koördinasie
Beweeg op verskillende maniere deur verskeie liggaamsdele te gebruik
Beweeg op verskillende maniere deur verskeie liggaamsdele te gebruik
Maak moeiliker bewegings deur verskillende liggaamsdele te gebruik vir ondersteuning
Draai op verskillende maniere rondom die lengte-as
Draai op verskillende maniere rondom die lengte-as met verskillende beginposisies en verskillende tempo's
Draai en gebruik kwart-, halwe en vol omwentelings om die lengte-as
Beweeg en gebruik die vyf basiese spronge met ’n vlak landing
Beweeg in halwe en vol draaie tydens die sprong, en voer ’n diep landing uit
Spring met hoogte op afstand en voer ’n diep landing uit
Hou die liggaam in die korrekte posisie vir balansering
Balanseer op een plek deur verskillende liggaamsdele te gebruik
Balanseer op een plek en verander liggaamsposisies
Balanseer op een plek en verander liggaamsposisies
PRE- PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Trek en stoot 'n maat deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en uit verskillende beginposisies
Trek en stoot 'n maat deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en uit verskillende beginposisies
Trek en stoot ’n maat uit/oor ’n gegewe area met/sonder ’n hulpmiddel
Speel speletjies met ’n maat met/sonder klein apparate
Speel speletjies met ’n maat deur gebruik te maak van nabootsing en klein apparate
Speel speletjies met ’n maat deur gebruik te maak van nabootsing en klein apparate
Balanseer en beweeg deur gebruik te maak van klein apparate Balanseer en beweeg met klein apparate soos ’n boontjiesakkie
Balanseer en beweeg met klein apparate soos stokkies
Balanseer en beweeg met klein apparate soos hoepels
Balanseer en spring op of oor klein apparate
Balanseer en spring op of oor klein apparate
Balanseer en spring op of oor klein apparate
7 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ATLETIEK
HARDLOOP, SPRING, GOOI EN KOMPETEER
Begin saamwerk met ander en begin om ’n gesindheid van gesonde kompetisie te toon
Werk saam met ander en toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie
Werk saam met ander in spanne, toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie en demonstreer goeie sportmangees
Demonstreer uithouvermoë in individuele hardloop
Demonstreer uithouvermoë in hardloop in groepsaktiwiteite
Demonstreer uithouvermoë in hardloop in spanne
Demonstreer vaardighede in spring vir afstand en hoogte
Demonstreer vaardighede in spring vir afstand en hoogte
Demonstreer vaardighede in spring vir afstand en hoogte
Demonstreer individuele vaardighede in gooi vir afstand
Demonstreer vaardighede in gooi vir afstand in pare
Demonstreer akkurater vaardighede in gooi vir afstand
Demonstreer mededingendheid as ’n individu
Demonstreer mededingendheid saam met ’n maat
Demonstreer mededingendheid in ’n groep
8 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
SPORTVAARDIGHEDE
GEDRAGSREËLS EN ROL, DRIBBEL, SKOP, HOP, GOOI EN KEER VAN ALLERLEI VOORWERPE MET/SONDER HULPMIDDELS
Neem suksesvol deel aan speletjies en sport
Begin om met ander saam te werk en begin om ’n gesindheid van gesonde kompetisie te toon
Kompeteer met ander en toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie
Werk saam met ander in spanne, toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie en demonstreer goeie sportmangees
PRE- PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Demonstreer hoe om klere en apparaat op te pas, gebruik korrekte terminologie en voer opdragte uit
Demonstreer graad 1-vaardighede en die gebruik van 'n uitgebreide woordeskat, en wys hoe om in groepe te werk
Demonstreer graad 2-vaardighede en die gebruik van ’n uitgebreide woordeskat asook die aanvaarding van besluite
Demonstreer rol- en keer-vaardighede met/sonder hulpmddels
Demonstreer rol- en keer-vaardighede met/sonder hulpmddels
Demonstreer rol- en keer-vaardighede met/sonder hulpmddels
Doen aktiwiteite met die hand of voet van keuse
Dribbel en keer allerlei voorwerpe
Dribbel en keer allerlei voorwerpe
Dribbel en keer allerlei voorwerpe
Beheer die beweging en rigting van die liggaam deur bene en voete te gebruik met voet-oog-koördinasie
Skop, gooi en hop voorwerpe met/sonder hulpmiddels
Skop, gooi en hop voorwerpe met/sonder hulpmiddels
Skop, gooi en hop voorwerpe met/sonder hulpmiddels
Speel "ek"-speletjies waar die klem op die individu val
Speel "ons"-speletjies waar die klem op "jou teen my" val
Speel moeiliker speletjies waar die klem op "jy en ek saam" en "ek teen hulle" val
9 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
SPELETJIES IN BEPERKTE RUIMTE
NABOOTS, GROOT GROEP, RAAK EN ONTWYK, EN TRADISIONELE SPELETJIES
Begin om met ander saam te werk en begin ’n gesindheid van gesonde kompetisie toon
Werk saam met ander en toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie
Werk saam met ander in spanne, toon ’n gesindheid van gesonde kompetisie en demonstreer goeie sportmangees
Demonstreer liggaamsbeheer ten einde vryelik rond te beweeg sonder om in hindernisse vas te loop Demonstreer deur beweging die liggaam se verhouding tot ruimte
Speel naboots-speletjies/aktiwiteite met ’n diere-oorsprong, speel raak en ontwyk in ’n groot groep en speel tradisionele speletjies
Demonstreer naboots-speletjies/aktiwiteite van ’n algemene aard
Demonstreer naboots-speletjies, en aktiwiteite met ’n sport-agtergrond
10 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
9. Leerinhoud Graad 1-leerders moet in die eerste termyn vir minstens vyf weke blootgestel word aan gereedheidsaktiwiteite voordat formele leer begin. Verwys na die dokument A School Readiness/Preparatory Programme (5 weeks), uitgegee deur (NIED 2011)
LIGGAAMLIKE FIKSHEID
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
NABOOTS-AKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders raak bewus van hulleself en hul liggame
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer nabootsaktiwiteite van diere-oorsprong wat vry hardloop insluit, bv.
- Voëls wat vlieg: vry hardloop met elmboë/arms wat flap
- Perde wat galop: vry hardloop/galop met die voorste knie hoog opgelig en ferm armbewegings
- Hardloop soos ’n volstruis: vry hardloop met reguit bene, leun agteroor met arms teen die sye of of teen die bors
- Hardloop soos ’n bobbejaan: vry hande-viervoet hardloop, stop elke paar meters om onder die arm te krap
demonstreer nabootsaktiwiteite van ’n algemene aard wat vry hardloop insluit, bv.
- Sweeftuie: arms sywaarts uitgestrek, vry hardloop, skuins draai en heen en weer swenk
- Motor bestuur: vry hardloop, maak asof hulle ’n denkbeeldige motor bestuur
demonstreer die naboots van sportmanne wat vry hardloop insluit, bv.
- Die veldwerker: hardloop, buk vooroor, tel ’n denkbeeldige bal op en gooi dit na die paaltjies
- Die naelloper: van "gereed" posisie, spring weg en hardloop vinnig na die ander kant
11 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SPIERKRAG EN UITHOUVERMOË (vrystaande oefening)
Leerdoelwit
Leerders neem deel aan ’n wye reeks Liggaamlike Opvoeding aktiwiteite
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer versterkende nabootsaktiwiteite vir/van die volgende spiere, bv.
- Voet:
Wurmloop met tone. Beweeg vorentoe, maar gebruik net die tone
- Been:
Hop soos ’n spreeu: met geboë elmboë en hande wat teen die skouers flap, spring vry rond met stywe knieë
- Maag:
Die tromslaner: sit krom en leun op hande, trommel met hakke om die beurt op die vloer
demonstreer versterkende nabootsaktiwiteite vir/van die volgende spiere, bv.
- Voet:
Loop op die tone soos ’n hoë kameelperd
- Been:
Kangaroe-spring: van ’n halwe hurkposisie met arms gebuig voor die bors, vry spring en spring weer agtertoe in 'n halwe hurkposisie
Maag:
Bootroei: sit krom, arms vorentoe, roei romp vorentoe en agtertoe, buig en strek arms
demonstreer versterkende nabootsaktiwiteite vir/van die volgende spiere, bv.
- Voet:
Loop op die buitekant/ binnekant van die voete soos ’n man met horrelvoete
Been:
Paddaspring: van hurkposisie met hande op die vloer tussen die bene, vry spring om eers op voete te land en dan op hande – soos ’n padda wat van klip tot klip spring
Maag:
Mallemeule: sit krom, leun op hande en lig voete van die grond af, stoot liggaam in die rondte met hande
12 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- Rug:
Houtkap: staan in skêrposisie met arms omhoog, romp swaai af en strek op in kap-posisie
- Skouers en arms:
Hasiespring: hurk met hande langs die ore, vry hop en land elke keer eers op die hande, dan op die voete
- Rug:
Hoenders drink water: kniel, romp buig vooroor, sit-kniel sodat voorkop die vloer raak, strek die romp
- Skouers en arms:
Donkieskop: uit ’n handeviervoet-posisie skop bene in die lug so wild as moontlik
- Back:
Soek visse: lê vooroor met hande agter dis rug geklem. Lig romp met wieg- en strekbewegings, draai kop heen en weer
- Skouers en arms:
Mankhond: vry hardloop in handeviervoet-posisie met een voet in die lug
13 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SOEPELHEID-AKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders demonstreer soepelheid met behulp van ’n verskeidenheid bewegings
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
- demonstreer nabootsaktiwiteite om soepelheid in die volgende gewrigte te bereik, bv.
- Enkel:
Dinosourus-loop. In handeviervoet-posisie loop op plat voete en met stywe bene. Loop vorentoe en sê hand, hand, voet, voet. Beweeg net die hand op die woord hand.
- Knie:
Beer-loop. In handeviervoet-posisie loop vorentoe met stywe arms en bene; beweeg arm en been aan dieselfde kant met elke tree.
- demonstreer nabootsaktiwiteite om soepelheid in die volgende gewrigte te bereik, bv.
- Enkel:
Die tromspeler. Sit krom, leun op hande en speel trom met tone en hakke om die beurt.
- Knie:
Tel tone. Sit langbeen, buig vooroor, raak tone met vingers en tel die tone aan elke voet.
- demonstreer nabootsaktiwiteite om soepelheid in die volgende gewrigte te bereik, bv.
- Enkel:
Groot gomlastiekband. Maats kniel met gesigte na mekaar. Sit ’n groot denkbeeldige gomlastiekband om hulle skouers. In hierdie posisie en met gepunte tone strek elkeen sy liggaam weg van dié van sy maat
- Knie:
Dubbel roeiboot. Sit langbeen en rug teen rug sodat maats se skouers en heupe raak. Lê agteroor op een maat se rug, ontspan en leun vooroor. Voer die aktiwiteit ritmies uit.
14 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- Heup:
Eet lekkers. Staan, met ’n denkbeeldige lekker styf tussen die knieë vasgeknyp. Buig vooroor en knibbel aan die lekker.
- Skouer:
Klim ’n leer. Staan en maak of hulle ’n touleer klim. Gebruik net die arms.
- Ruggraat:
Bome. Staan en maak of hulle hoë bome is. Strek takke (arms) ver bokant die kop uit. ’n Sterk wind laat die bome sywaarts, ens. oorbuig.
- Heup:
Vars blomme en verlepte blomme. Staan wydsbeen en gestrek met vingers uitgestrek en kop boontoe gedraai. Dan verlep die blom stadig in die warm son en die liggaam sak af tot geboë. As die blom water kry, staan hy weer op.
- Skouer:
Windmeulens. Staan wydsbeen met een hand op die heup en swaai die ander arm agteruit in die rondte.
- Ruggraat:
Hobbelperd. Lê op die maag. Gryp enkels met hande vas en wieg vorentoe en agtertoe.
- Heup:
Arabiese groet. Kniel-sit met gestrekte romp, lig en laat sak arms ritmies.
- Skouer:
Staan wydsbeen. Maak of hulle swemmers is wat rugslag, kruipslag en vlinderslag swem met die arms
- Ruggraat:
Brûe en slange. In pare. Een maak ’n brug met sy liggaam terwyl die ander een (die slang) onder die brug deur wikkel. Ruil om.
15 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SOEPELHEID-AKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders demonstreer soepelheid met klein apparaat (skoene, sakke, balle, stokke, hoepels)
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer soepelheid-oefeninge met boontjiesakkies of skoene vir die volgende gewrigte, bv.
- Enkel:
Met die tone van die regtervoet, tel ’n boontjiesakkie op en maak sirkelbewegings met die voet. Neem die sakkie met die linkervoet oor en herhaal die beweging.
- Knie:
Sit langbeen en wydsbeen met ’n sakkie in albei hande. Buig vorentoe en plaas die sakkie agter die linkervoet. Kom regop, buig vorentoe en tel die sakkie op. Herhaal met die regtervoet.
demonstreer soepelheid-oefeninge met stokke vir die volgende gewrgte, bv.
- Enkel:
Sit krom met die stok voor die voete. Tik met die hak en toon om die beurt aan elke kant van die stok.
- Knee:
Sit langbeen. Hou die stok aan albei kante vas. Trek die linkerbeen op en stoot die voetsool teen die middel van die stok. Strek die linkerbeen boontoe. Keer terug na oorspronklike posisie. Herhaal met die regterbeen.
demonstreer soepelheid-oefeninge met balle of hoepels in die volgende gewrigte, bv.
- Enkel:
Loop vorentoe en dribbel ’n bal eers met die binnekant, dan met die buitekant van die voet. Loop in die rondte op ’n hoepel wat plat lê.
- Knie:
Staan met bal in albei hande voor. Swaai gestrekte linkerbeen op en skop die bal uit die hande uit. Herhaal met die regterbeen.
Staan wydsbeen oor hoepel. Raak aan die voorste kant van die hoepel, dan aan die agterste kant. Keer terug na staan.
16 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- Heup:
Kniel en strek, hou boontjiesakkie bo die kop. Met boontjiesakkie in een hand, buig romp vorentoe en af tot by kniel-sit. Sit boontjiesakkie in ander hand, agter die rug, ens.
Skouer:
Staan in skêrposisie, hou boontjiesakkie in een hand. Windmeul, swaai arm in die rondte na agter. Ruil bene en arms.
- Ruggraat:
Staan wydsbeen met arms opgelig en 'n boontjiesakkie in albei hande. Romp leun agtertoe, laat val boontjiesakkie op die vloer, romp buig vorentoe en af om boontjiesakkie tussen die bene op te tel.
- Heup:
Staan wydsbeen met stok agter die rug in gebuigde elmboë. Draai romp na teenoorgestelde kante.
- Skouer:
Staan en hou stok horisontaal met arms voor. Buig bene, laat sak stok en klim oor. Swaai die stok van agter oor die kop terug na voor terwyl die hande hulle greep behou.
- Ruggraat:
Staan en stut regterhand op een punt van stok terwyl die ander punt vertikaal op die grond rus. Beweeg liggaam onder die regterhand deur terwyl stok op die grond gehou word. Herhaal in teenoorgestelde rigting onder linkerhand deur.
- Heup:
Hurk met albei hande op die bal. Strek bene en rol bal in die rondte om die voete.
Swaai hoepel om heupe (hoela-hoepel)
- Skouer:
Lê op die maag met romp opgelig, met ’n bal in die hand. Plaas bal in ander hand, agter die rug, ens.
Staan met hoepel in albei hande bokant die kop. Laat sak hoepel, klim deur en strek weer tot beginposisie.
Ruggraat:
Staan wydsbeen in ’n sirkel. Die eerste leerder gee die bal oor sy kop aan na die een agter hom. Hy gee dit onder sy bene deur na die volgende, ens.
Lê op die maag met die hoepel in albei hande hoog bokant die kop.
17 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
GIMNASTIEK
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SELFBEWEGING
Leerdoelwit
Leerders beweeg van een pun na ’n ander op verskillende maniere
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
beweeg op verskillende maniere met behulp van verskillende liggaamsdele, bv.
- Voete
Loop op hakke, tone en kante van die voet
loop en hou arms in verskillende posisies/beweeg arms op verskillende maniere
loop met reguit bene, met knieë gebuig, ens..
- Hande en voete (vorentoe, grond toe)
vry hardloop handeviervoet soos ’n hond
kruppel hond. Vry hardloop handeviervoet met een hand in die lug
mank hond. vry hardloop handeviervoet met een voet in die lug
beweeg op verskillende maniere op verskillende liggaamsdele, bv. soos in graad 1
- Voete
loop oral in die kamer op die voete
loop sonder die hakke op die vloer
loop met die tone weg van die vloer
- Hande en voete
beweeg rond met behulp van hande en voete
beweeg in verskillende rigtings
maak moeiliker bewegings en gebruik verskillende liggaamsdele vir ondersteuning, bv. soos in graad 2 en voeg die volgende opdragte by: hardloop oral rond sonder om in iemand vas te hardloop
loop met groot geraas (trap hard) en dan weer sag (loop saggies)
hardloop rond en stop as die onderwyser sê: "En stop!"
hardloop eers, draf dan met baie klein treetjies
hardloop stadig rond en versnel as die teken gegee word, ens.
beweeg op hande en voete en beweeg net
een hand en een voet op ’n keer met rug/maag/sy na die vloer
beweeg op twee hande en een voet/twee voete en een hand
18 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- Wurmloop. Lê op die maag en maak kort treetjies met voete na die hande toe, hou bene reguit, beweeg dan hande vorentoe tot by beginposisie
Hande en voete (rug na die vloer toe):
- kewerkruip. Met rug na die vloer , beweeg handeviervoet vorentoe of agtertoe
- Sleepwa. Met rug na die vloer , sleep die voete oor die vloer maar gebruik net die arms
Hande en voete (sy na die vloer toe):
- krap-loop. Loop handeviervoet sywaarts na albei kante
beweeg op verskillende maniere uit verskillende beginposisies
Hande en voete
- beweeg eers die hande, dan die voete
beweeg met die maag na bo
Ander liggaamsdele
- kruip/seil
- beweeg sonder om die hande te gebruik
Staan
Op hoeveel maniere kan jy beweeg uit ’n staande beginposisie uit?
beweeg op verskillende maniere, en verander elke keer die liggaamsposisie
Voete
loop oral in die kamer op die voete
loop sonder die hakke op die vloer
loop met die tone weg van die vloer
Hande en voete
Wys maniere van beweeg met behulp van hande en voete beweeg in verskillende rigtings beweeg eers die hande, dan die voete
beweeg met die maag na bo
19 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
- Horlosie-wyser. met die sy na die vloer , loop met die voete om die ondersteunende hand.
- Hande en knieë
krimpvarkie krul op. Die krimpvarkie hardloop ’n paar treë vooroor op sy knieë en krul dan vinnig so klein as moontlik op
- Sit en voete
wurm. In langbeensit/kromsitposisie beweeg vorentoe soos ’n wurm
beweeg op verskillende maniere met behulp van groot en klein bewegings
herhaal bogenoemde bewegings maar beklemtoon groot en klein bewegings, bv.
loop op die tone soos ’n groot boom of ’n klein boompie
- Opgetrekte bene/langbeensit
Trek bene op en beweeg vorentoe sonder om die hande te gebruik
- Lê op die maag
wys op hoeveel maniere jy kan beweeg vanuit maaglê-posisie
hoe hoog/laag kan jy in hierdie posisie beweeg?
- Hurk
beweeg vorentoe/agtertoe/sywaarts in hurk-posisie
- Ander liggaamsdele
gebruik liggaamsdele om in die kamer rond te beweeg
watter soort bewegings kan jy maak?
kruip/seil
beweeg sonder om die hande te gebruik
beweeg op verskillende maniere, en verander telkens van rigting
herhaal bogenoemde bewegings maar beklemtoon verskillende rigtings, bv. vorentoe, agtertoe en sywaarts
loop handeviervoet, en dui verandering van rigting aan met tekens
20 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beweeg op verskillende maniere en verander telkens van rigting, tempo en vlak deur verandering van rigting vorentoe, agtertoe, sywaarts te beklemtoon, bv.
kewerkruip in verskillende rigtings
Tempo (vinnig en stadig), bv.
kruppel hond wat vinnig en stadig hardloop
Vlakke (hoog en laag), bv.
loop met arms in verskillende posisies, so hoog of so laag as moontlik
beweeg op verskillende maniere met behulp van verskillende vloerpatrone deur die verskillende vloerpatrone wat gebruik kan word te beklemtoon, bv.
’n vierkant of ’n sirkel
enige syfer, bv.
8 6 3
enige letter, bv.
b m s
beweeg op verskillende maniere, tempo's en vlakke deur verskillende tempo's te beklemtoon, bv.
vinnig en stadig
loop vier treë vinnig en vier treë stadig
21 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit Leerders voer ’n verskeidenheid rotasiebewegings om die lengte-as uit
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
voer ’n verskeidenheid rotasiegewegings om die lengte-as uit, bv.
Staan op toon/hak van een voet – draai in die rondte soos ’n tol
Hurk met gewig op die tone van een voet, draai in die rondte soos ’n tol
Sit met opgetrekte bene met gewig op die sitvlak, draai in die rondte soos ’n tol
Vorentoe kniel Met gewig op een knie, draai in die rondte soos ’n tol
Op die rug lê met arms uitgestrek bokant die kop, rol om op die maag, ens. soos ’n boomstomp
voer ’n verskeidenheid rotasiegewegings om die lengte-as uit, uit verskillende beginposisies, na links en regs, met verandering van tempo, bv.
- draai in die rondte op een voet soos ’n lang tol
- draai in die rondte soos ’n klein tol
- herhaal dit na beide kante toe (kloksgewys en anti-kloksgewys)
op hoeveel liggaamsdele kan jy in die rondte draai soos ’n tol?
- kwart, halwe en vol draaie om die lengte-as, wissel staanposisies en liggaamsdele vir steun en rigting af:
- in verskillende beginposisies
- na links en regs
- met verandering van tempo
soos graad 2, maar maak kwart, halwe of vol draaie, bv.
- draai in die rondte op een voet soos ’n tol wat ’n vol draai maak
- herhaal in die ander rigting
kruis die arms wanneer hierdie beweging uitgevoer word
22 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders voer ’n verskeidenheid lengte-bewegings uit rondom die swaardlyn (vorentoe-agtertoe-lyn)
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
draai rondom die swaardlyn en gebruik verskillende liggaamsdele vir ondersteuning, bv.
Hande, voete en knieë Van vooroor kniel rol sywaarts op rug/skouers en terug tot vooroor kniel soos ’n vark wat in die modder rol
Hande Hasiespring sywaarts uit ’n hurk-posisie
draai op verskillende maniere rondom die swaardlyn en gebruik die hande vir tydelike ondersteuning, bv. spring sywaarts soos ’n hasie wat oor ’n bossie spring rol sywaarts soos ’n wiel
rol sywaarts soos ’n wiel
rol ook na die ander kant toe
draai om die swaardlyn soos in graad 2 en doen die volgende daarby, bv.
Wydsbeensit. Buig vorentoe en plaas bors/maag op die dy. Rol om, hou die bene agter die knieë vas en wieg heen en weer. Rol romp in ’n sirkelbeweging sywaarts op die ander skouer en keer terug na wydsbeensit, kyk in die teenoorgestelde rigting.
23 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders voer ’n verskeidenheid rotasie-bewegings uit rondom die frontale lyn (vorentoe gerig)
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
beweeg die liggaam heen en weer (wieg) met behulp van verskillende liggaamsdele vir ondersteuning, bv.
Sitvlak/rug/skouers
met arms om opgetrekte knieë gevou, wieg/rol agteroor tot op skouers en weer terug tot beginposisie
Bors/maag/dy
Lê op die maag met arms bokant die kop, wieg heen en weer van bors na dye, ens
draai om die frontale lyn, bv.
in handeviervoetposisie, steek regterhand deur die opening tussen die linkerarm en linkerbeen, laat die kop die arm volg. Lig heupe en rol oor die regterskouer
Herhaal die beweging met die regterarm en rol oor die linkerskouer
Staan wydsbeen. Steek albei arms ver tussen die bene deur. Rol vorentoe op die skouers na langbeensit
- draai vorentoe om die frontale lyn beginposisie, bv.
- hurk, staan, staan wydsbeen
- posisie van ledemate tydens draaibeweging, bv. bene bymekaar, bene weg van mekaar, reguit bene, ens.
- finale posisie, bv. met opgetrekte knieë, langbeensit, hurk, ens.
tempo, bv. rol vinnig of stadig
Rol rond binne die ruimte en kyk deur hoeveel verskillende vorms hulle kan gaan
24 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SPRING OP EEN PLEK OP VERSKILLENDE MANIERE
Leerdoelwit
Leerders spring en land met gebuigde knieë
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
spring en voer ’n vlak landing uit, bv. spring soos ’n bal wat hop
spring en voer ’n diep landing uit, bv. spring hoog in die lug en land in ’n hurkposisie
spring en land met ’n sprong op knieë soos ’n hasie wat vir wildehonde wegkruip
spring en voer ’n diep landing uit, bv. voer enkel/opeenvolgende spronge op een plek uit en land op albei voete. Moenie soseer op die sprong konsentreer nie, maar eerder op ’n veerkragtige landing
draf stadig, trap vas op een voet en land op albei voete, konsentreer op ’n goeie landing
spring op een plek en verander posisie van ledemate in die lug, bv. hou arms in lug tydens die sprong
hou een been vas tydens die sprong
maak ’n ster tydens die sprong
spring op een plek en verander liggaamsposisie in die lug, bv.
strek/krul die liggaam op tydens die sprong
spring en maak wye/smal/rinkhalsbewegings in die lug tydens die sprong
spring op een plek, verander beginposisies van ledemate in die lug, bv. vlak of diep landings plasing van voete tydens landing spring en konsentreer op goeie, sagte landings spring op soveel verskillende maniere as waaraan jy kan dink
25 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
beweeg met behulp van die vyf basiese spronge, bv.
van twee voete op twee voete van een voet op twee voete van twee voete op een voet van een voet op dieselfde voet van een voet op die ander voet
maak halwe en vol draaie in die lug tydens ’n sprong, bv.
spring en gebruik die voete op verskillende maniere, verander die lengte van die sprong/tempo/rigting/ritmiese herhalings kyk hoeveel soorte spronge daar is afhangend van of jy met een of twee voete wegspring en op een of twee voete land staan en spring ver vorentoe/agtertoe/sywaarts sit ’n paar verskillende spronge aanmekaar
spring hoog en ver volgens vereistes en varieer posisie van die ledemate tydens die sprong, bv. draf en spring so hoog as moontlik draf en spring met ’n hand/ander liggaamsdeel as die hoogste deel van die liggaam staan en spring so hoog as moontlik en land ’n meter weg, vorentoe/agtertoe/sywaarts
26 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
BALANSERING Leerdoelwit
Leerders balanseer op verskillende maniere op een plek
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
balanseer op een plek en gebruik verskillende liggaamsdele vir ondersteuning, bv.
Voete staan
staan op die tone
staan wydsbeen staan in skêrposisie leun vooroor
staan op een been staan wydsbeen, romp vorentoe, balans na voor
balanseer op een plek en verander liggaamsposise (voorkant, sykant of rugkant na die vloer toe), bv. gebruik liggaamsdele vir ondersteuning posisie van ledemate balanseer op verskeie groepe van drie liggaamsdele plaas gewig op/balanseer op verskeie bypassende dele, bv. voete, hande, knieë plaas liggaamsgewig op verskeie plekke, bv. sitvlak, rug, bors. Verminder grootte van liggaamsdeel.
balanseer op een plek en verander liggaamsposise (voorkant, sykant of rugkant na die vloer toe), bv. liggaamsdele gebruik vir ondersteuning posisie van liggaamsdele
balanseer op verskillende groepe van drie liggaamsdele plaas gewig op/balanseer op verskeie bypassende dele, bv. voete, hande, knieë
plaas liggaamsgewig op verskeie plekke, bv. sitvlak, rug, bors. Verminder grootte van liggaamsdeel.
27 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Knieë kniel ondersteun vorentoe kniel
Hande en knieë/voete
handeviervoet vooroor kniel staan soos ’n krap
met rug na onder, steun op arms en bene
ondersteun met sy na onder
beweeg rond en stop kort-kort om op ’n nuwe manier op verskillende liggaamsdele te balanseer Vind verskeie maniere van balansering op twee of drie liggaamsdele. Beweeg ander liggaamsdele stadig, probeer om alles in balans te hou
Staan op albei voete. Lig een voet stadig van die vloer af op en strek dit in verskillende rigtings
beweeg rond en stop kort-kort om op ’n nuwe manier op verskillende liggaamsdele te balanseer
Vind verskeie maniere van balansering op twee of drie liggaamsdele. Beweeg ander liggaamsdele stadig, probeer om alles in balans te hou
Staan op albei voete. Lig een voet stadig van die vloer af op en strek dit in verskillende rigtings
28 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Sit balanseer in sitposisie
Skof balanseer op skof Kopstaan
Romp lê op maag lê op rug lê op sy
Hande en kop Hurk en balanseer met kop op die vloer
handstaan donkieskop
29 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Leerdoelwit
Leerders voer ’n verskeidenheid trek- en stootbewegings saam met ’n maat uit
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
trek en stoot ’n maat met behulp van verskeie liggaamsdele en uit verskillende beginposisis, bv.
Trek Een-arm toutrek Opponente kyk na mekaar, hou teenoorgestelde hand van maat vas. Probeer maat van balans af trek
Twee-hande toutrek Opponente kyk na mekaar, hou mekaar se hande vas. Probeer die maat van balans af trek
NB: Wanneer aktiwiteite met maats gedoen word, is dit belangrik dat die maats wat saamwerk, ewe groot en ewe swaar is.
trek en stoot ’n maat met behulp van verskeie liggaamsdele en uit verskillende beginposisis, bv.
Trek Elmboog trek. Opponente haak elmboë in mekaar en probeer mekaar van balans af trek
Spring-trek Spring op een been, hou maat se teenoorgestelde hand vas en probeer hom van balans af trek
trek en stoot ’n maat oor/uit ’n vasgestelde gebied uit met/sonder ’n hulpmiddel
Vasgestelde gebied Gebruik dieselfde aktiwiteite as vir graad 1 en 2, maar laat een of albei maats in ’n vasgestelde gebied staan, bv. ’n hoepel, ’n kring wat op die grond getrek is of agter ’n tou of stok
Gebruik ’n hulpmiddel Gebruik dieselfde aktiwiteite as vir graad 1 en 2, maar hou ’n stok vas in plaas van hande:
maats sit krom en hou ’n stok in hulle hande, dan probeer hulle mekaar omtrek
30 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Stoot Stoot met een skouer. Opponente staan langs mekaar en kyk in teenoorgestelde rigtings sodat regterskouers mekaar raak. Op ’n teken probeer elkeen om die maat agtertoe te stoot
Skouer stoot. Opponente staan teenoor mekaar in skêrposisie met die hande op die ander een se skouers. Op ’n teken probeer hulle mekaar agtertoe stoot.
Stoot Soos vir graad 1, voeg by: Rug-teen-rug stoot. Leun rug teen rug met elmboë ingehaak. Stoot agteruit en probeer om die opponent weg te stoot
Vrae Met hoeveel van jou liggaamsdele kan jy jou maat wegstoot? Kan jy jou maat wegstoot of nadertrek uit die volgende posisies: staan, staan op een been, kniel, opgetrekte knieë, ens.
Osgeveg Opponente staan gebukkend vooroor en hou ’n stok horisontaal voor die kop. Stamp-stoot soos die stampende horings van ’n os
31 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Leerdoelwit
Leerders voer volg-en-ontwyk aktiwiteite uit saam met ’n maat
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
speel speletjies waar 'n maat agtervolg/ontwyk word, bv. Vang jou maat se stert Een maat steek ’n gekleurde lint agter aan sy broek vas om soos ’n stert te lyk. Op ’n teken jaag sy maat hom en probeer die stert afhaal. As die jaer dit regkry, steek hy die stert aan sy eie broek vas. Sy maat moet hom genoeg tyd gee om weg te kom voordat hy hom begin jaag
speel speletjies waar 'n maat agtervolg/ontwyk word, bv.
Tonetrap Met die hande agter die rug probeer die twee opponente so veel kere as moontlik op mekaar se tone trap
speel speletjies waar 'n maat agtervolg/ontwyk word, bv.
Knie-boks In pare. Elke speler probeer sy opponent se knieë so veel kere as moontlik raakslaan
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Leerdoelwit
Leerders werk saam met ’n maat deur gebruik te maak van verskillende nabootsende aktiwiteite
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Werk saam met ’n maat, bv. boots ’n maat se bewegings na, bv.
Werk saam met ’n maat, bv.beweeg op verskillende maniere saam met ’n maat, bv.
32 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Volg die leier
A volg B en doen presies wat B doen. Ruil om
A en B staan langs mekaar. Hulle besluit in watter rigting hulle wil beweeg en boots mekaar se bewegings na
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Leerdoelwit
Leerders beweeg tussen, om, oor, in, op, onder en deur klein apparate
beweeg tussen, om, oor en op klein apparate soos boontjiesakkies, skoene, blikkies, klippe, gekleurde linte, sokkies of stroke materiaal op verskillende maniere, bv. plaas klein apparate in ’n informele patroon oor die hele area en beweeg tussen, om, oor en op hulle op verskillende maniere:
- op verskillende liggaamsdele
- vorentoe, agtertoe en sywaarts
- vinnig en stadig
- hoog en laag
- deur te draai en te rol
beweeg tussen, om, oor en onderdeur stokke en toue wat op die grond lê of deur ’n maat vasgehou word, op verskillende maniere, bv.
Beweeg onderdeur 'n stok met een punt op die grond en die ander punt in die hand
Beweeg oor en onderdeur stokke of toue wat deur ’n maat vasgehou word
beweeg tussen, om, oor, in en deur hoepels wat op die grond lê, wat deur ’n maat vasgehou
word, of rol op verskillende maniere
Beweeg rondom ’n tollende hoepel
Beweeg oor, deur en onderdeur ’n hoepel(s) wat deur ’n maat vasgehou word
33 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
AKTIWITEITE SAAM MET ’N MAAT
Leerdoelwit
Leerders voer balanseer- en bewegingaktiwiteite uit met klein apparate (boontjiesakkies, skoene, blikkies klippies, gekleurde linte, kouse) in hulle hande
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
balanseer op of bo-oor boontjiesakkies, skoene, blikkies, klippes, gekleurde linte, kouse of stroke materiaal op verskillende maniere, bv.
balanseer boontjiesakkie, skoen of klippie op verskillende dele van die liggaam of hou die boontjiesakkie, skoen, klippie, gekleurde lint of strook materiaal in posisie op verskillende dele van die liggaam; voer gelyktydig verskeie bewegings met die liggaam uit Vryloop met boontjiesakkie/skoen op die kop sonder om dit te laat val Hurk en knyp boontjiesakkie/ge kleurde lint tussen voete vas:
Hasiespring
Paddaspring
balanseer op of bo-oor stokke en toue wat op die grond lê of deur ’n maat vasgehou word op verskillende maniere, bv.
Balanseer stok op verskillende liggaamsdele of hou die stok of tou in posisie met verskillende liggaamsdele; voer gelyktydig verskeie bewegings met die liggaam uit Balanseer stok vertikaal op handpalm of vingerpunt; staan stil, vryloop of terugloop. Gebruik teenoorgestelde hand om stok te balanseer of te gryp voor dit val. (Die stok kan ook op ander liggaamsdle gebalanseer word, bv. voet, ken, neus, skouer, knie, ens.)
balanseer op of bo-oor hoepels, bv.
Hou hoepels in posisie met verskillende liggaamsdele, voer gelyktydig verskeie bewegings met die liggaam uit Vry hardloop, hou hoepel soos stuurwiel. Op ’n teken, sit die hoepel op die grond neer en doen ’n handstaan
Staan wydsbeen. Roteer hoepel om middellyf (hoelahoep) na links en regs
34 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
staan met rug na onder en
apparaat op midrif – kruip soos ’n kewer vorentoe of agteruit
Knyp boontjiesakkie/gekleurde lint met een voet se tone vas. Spring eenbeen op die ander voet
Sit langbeen met stok dwarsoor voete en hande agter op die grond gesteun. Lig albei bene en rol stok tot by die heupe. Steun op hande en hakke, lig heupe en rol stok terug na beginposisie
Lê vooroor. Hou dubbel gevoude springtou tussen hande agter die rug. Haak tou om voete en trek styf. Lig kop op en wieg soos ’n bootjie op die grond.
Bootry. Lê vooroor en hou hoepel hoog bokant die kop in die hande. Haak voete ook in. Wieg heen en weer op die maag
35 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders spring oor voorwerpe wat deur hulleself vasgehou word (boontjiesakkies, skoene, blikkies, klippies, gekleurde linte, sokkies)
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
spring met ’n tou wat hulle self hanteer, bv.
Staan met tou in korrekte posisie agter die hakke. Swaai tou oor die kop sodat dit voor die voete lê. Tree bo-oor vorentoe. Herhaal die oefening en doen dit elke keer vinniger
Horisontale touspring. Hou tou in een hand. Swaai dit horisontaal in ’n sirkel op knie-hoogte en spring oor.
spring met ’n tou wat hulle self hanteer, bv.
spring met ’n hoepel (touspring) wat hulle self hanteer, bv. Staan langs die hoepel, hou dit met een hand vas. Swaai die hoepel onder deur die voete en spring oor. Swaai hoepel terug na eerste posisie en spring weer. Herhaal ritmies.
ritmies.
Staan. Hou hoepel op middelhoogte vas. Tree bo-oor, swaai tot skouerhoogte en bo-oor die kop. Herhaal ritmies en elke keer vinniger (touspring met hoepel)
36 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
eksperimenteer met verskillende maniere van spring terwyl die tou bo-oor die kop geswaai word, bv. Spring op een plek met een been voor (tree oor tou). Ruil bene
Spring op een plek met bene teen mekaar, met of sonder tussenwip
Spring op alternatiewe bene met knieë hoog opgetel (hardloop op een plek)
huppel op maat van ’n rympie, bv.
“klein ronde balletjie
hop, hop, hop
groot ronde sokkerbal
skop, skop, skop”
OF
Arme Jannie
“Hier is ek, arme Jannie,
Ek wil so graag hoog spring, maar ek kan nie."
eksperimenteer met verskillende maniere van huppel, bv
huppel/spring met ’n hoepel
huppel met ’n hoepel sonder dat die voete vashaak huppel met ’n hoepel net soos met touspring
spring met ’n hoepel en beweeg terselfdertyd vorentoe en agtertoe
37 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ATLETIEK
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
HARDLOOP-AKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders doen hardloop-aktiwiteite/speletjies met die klem op uithouvermoë
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer uithouvermoë, bv. deur die volgende speletjies te speel, bv.
Bly by die bal: Terwyl ’n bal tussen twee strepe gerol word, moet leerders probeer om by te bly
Maak die mandjie vol: Maak ’n snippermandjie vol boontjiesakkies. Die juffrou versprei die sakkies oor die hele vloer en leerders moet hulle optel en terugplaas in die snippermandjie
demonstreer uithouvermoë, bv. deur die volgende speletjies te speel, bv.
Kyk en reageer:
Die juffrou lig haar arm en wys in enige rigting. Die leerders moet reageer deur in daardie rigting te hardloop.
Raak-raak: Twee of drie leerders uit groep A raak liggies aan die bokant van die uitgestrekte hande van leerders in groep B. As ’n leerder onder die hand geraak word, m.a.w. die palm, jaag hy die leerder uit groep A. As hy hom vang, kry hy ’n punt vir sy span.
demonstreer uithouvermoë, bv. deur die volgende speletjies te speel, bv.
Haal die bal in: Die juffrou rol ’n bal in die rigting van ’n groep leerders wat in ’n ry ongeveer tien meter uit mekaar staan. ’n Ander bal lê 5 tot 8 meter van die ry af. As die rollende bal by die stilstaande bal kom, moet die leerders weghardloop en sorg dat die bal hulle nie inhaal nie. Verminder die afstand tussen die stilstaande bal en die ry leerders.
Haal ’n maat in: B wag vir A wat na hom toe hardloop. Sodra A ’n bepaalde punt bereik, spring B weg en hardloop so vinnig as moontlik om voor A te bly, terwyl A hom probeer inhaal voor hy ’n derde afgebakende punt bereik.
38 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Volg: Plaas ’n gekleurde lint om elke leerder se middel. Leerders volg dan die leier wat dieselfde kleur lint het.
Trein-trein: Hardloop op een plek met vinnige arm- en beenbewegings
Volg die leier: Die leerders volg die leier wat oral rond hardloop. Die leier verander spoed terwyl die ander probeer byhou.
Letter/eennommerpeletjie: "Skryf" (hardloop) denkbeeldige letters/nommers op die oefen-terrein. Juffrou/groepleier sê ’n letter/nommer en die leerders hardloop in die vorm daarvan
Robotspeletjie: Leerders reageer volgens ’n kleur wat die juffrou omhoog hou (boontjiesakkie, vlag, ens.) of uitroep. Op rooi staan die leerders stil, op oranje draf hulle en op groen spring hulle. Moenie afstande van 400 meter oorskry sonder om ’n kort hersteltyd te gee nie.
Ontsnap: Groepe A en B gaan staan op bepaalde plekke (beginposisies) omtrent 3 meter uit mekaar. Op ’n gegewe teken probeer een groep die ander groep vang
Volg die leier: Die leerders volg die leier wat oral rond hardloop. Die leier verander spoed terwyl die ander probeer byhou.
Letter/twee-syfernommer-speletjie: "Skryf" (hardloop) denkbeeldige letters/nommers op die oefenterrein. Die juffrou/groepleier roep ’n letter/nommer uit en die leerders hardloop om dit te vorm
Robotspeletjie: Leerders reageer volgens ’n kleur wat die juffrou omhoog hou (boontjiesakkie, vlag, ens.) of uitroep. Op rooi staan die leerders stil, op oranje draf hulle en op groen spring hulle. Moenie afstande van 400 meter oorskry sonder om ’n kort hersteltyd te gee nie.
Gryp: Twee spanne A en B staan aan weerskante van ’n boontjiesakkie op twee grenslyne 10 meter uit mekaar. Die leier roep ’n nommer en een leerder uit elke groep probeer die boontjiesakkie gryp vir drie punte. Die een wat die sakkie gryp, word gejaag deur die ander een en as hy gevang word voor hy oor die streep is, kry die ander span ’n bonuspunt.
Volg die leier: Die leerders volg die leier wat oral rond hardloop. Die leier verander spoed terwyl die ander probeer byhou.
Woordspeletjie: "Skryf" (hardloop) denkbeeldige letters/woorde op die oefenterrein. Die juffrou/groepleier roep ’n letter/woord uit en die leerders hardloop om dit te vorm
Robotspeletjie: Leerders reageer volgens ’n kleur wat die juffrou omhoog hou (boontjiesakkie, vlag, ens.) of uitroep. Op rooi staan die leerders stil, op oranje draf hulle en op groen spring hulle. Moenie afstande van 400 meter oorskry sonder om ’n kort hersteltyd te gee nie.
39 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
SPRINGAKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders voer springaktiwiteite uit met die klem op afstand
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer springvaardighede vir afstand, bv. Spring in ’n hoepel in: Hardloop tussen hoepels wat oral op die grond lê. Op 'n gegewe teken spring leerders in ’n hoepel in. Elke keer word een hoepel weggevat. Kyk wie hou die langste aan.
Vul die hoeke: Voer verskillende soorte spronge uit (hasiespring, paddaspring, eenbeenspring, tweebeenspring, ens.) van al vier die hoeke van die speelveld na die middel toe waar hulle ’n voorwerp ontvang. Hulle hardloop terug na die hoeke met die voorwerpe en herhaal die hele aksie. Kyk watter groep versamel die meeste voorwerpe.
demonstreer springvaardighede vir afstand, bv.
Raak-raak op een been: Spring op een been en probeer om hulle maats te raak
Sandsak-spring: Die juffrou swaai ’n tou waaraan ’n sandsakkie of ander voorwerp vasgemaak is. Die leerders spring oor die tou met albei bene, een been of alternatiewelik vorentoe, agtertoe of sywaarts.
demonstreer springvaardighede vir afstand, bv.
Hoepelspronge: Voer verskillende spronge uit in hoepels of tussen stokke wat in ’n ry geplaas is, bv. spring op een of twee bene, wissel dit af. Beweeg hoepels stelselmatig verder van mekaar. Lig stokke met behulp van stene, blikke of bokse
Spring oor ’n tou: Twee leerders (die hardlopers) hou die punte van ’n tou vas en staan 5 tot 6 meter van mekaar af. Die res van die klas staan op die speelarea tussen die hardlopers. Die hardlopers hou die tou kniehoogte en hardloop in ’n sekere rigting. Die ander leerders moet op verskillende maniere oor die tou spring.
40 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders voer springaktiwiteite uit met die klem op hoogte
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer springvaardighede vir hoogte, bv.
Spring oor voorwerpe: Spring op verskillende maniere oor verskeie voorwerpe, bv. skoene, boontjiesakkies, ens. wat oor die oefenarea versprei lê
Spring oor rekband/tou Twee leerders hou die rekband/tou vas terwyl die ander heen en weer sywaarts spring, met of sonder tussenwip, op twee voete
Hoppende bal Spring aanhoudend op en af op een plek met voete bymekaar
demonstreer springvaardighede vir hoogte, bv.
Sandsak-spring Die juffrou swaai ’n tou waaraan ’n sandsakkie of ander voorwerp vasgemaak is. Die leerders spring oor die tou met albei bene, een been of alternatiewelik vorentoe, agtertoe of sywaarts.
Spring oor voorwerpe Spring op verskillende maniere oor verskeie voorwerpe, bv. skoene, boontjiesakkies, ens. wat oor die oefenarea versprei lê
demonstreer springvaardighede vir hoogte, bv.
Maats spring saam Maats maak beurte om vertikaal oor ’n tou te spring
Spring- en hardloopvaardighede Hasiespring oor die tou, hardloop en hasiespring oor die volgende hindernis
Herhaal, maar spring vanaf een of albei bene
41 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
GOOI-AKTIWITEITE
Leerdoelwit
Leerders voer gooi-aktiwiteite/speletjies uit met die klem op afstand
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer gooi-vaardighede vir afstand, bv.
Gooi en gaan haal: Gooi ’n voorwerp, bv. ’n boontjiesakkie, onderhands of oorhands so ver as moontlik. Hardloop en gaan haal die voorwerp
demonstreer gooi-vaardighede vir afstand, bv.
Heen en weer gooi: Gooi ’n voorwerp onderhands vir ’n maat wat dit vang en weer teruggooi
demonstreer gooi-vaardighede vir afstand, bv.
Teikengooi met klippe: Die juffrou plaas ’n voorwerp, bv. ’n blikkie, boksie, ens. ’n paar meter van die leerders af. Elke leerder kry drie klippe. Wie kan die teiken tref?
Hoë bal:
Gooi ’n voorwerp so hoog as moontlik in die lug op en vang dit as dit afkom
Heen en weer hop:
Hop die bal oorhands vir ’n maat wat dit vang en terughop
Gooi ’n voorwerp in ’n houer in: Gooi ’n voorwerp, bv. ’n boontjiesakkie of klip in ’n houer in , bv. ’n boks of snipper-mandjie 3 – 5 meter ver. Die afstand kan stelselmatig vergroot word
42 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
KOMPETISIE
Leerdoelwit
Leerders neem deel aan kompetisies, individueel, in pare of in groepe
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer mededingendheid as ’n individu, bv.
Hardloop om ’n merker ’n ent weg en terug. Kyk wie is eerste terug
Kyk wie kan ’n voorwerp (onderhands of oorhands) die verste gooi. Gaan haal die voorwerp en doen dit weer
Hoepelspronge: Plaas hoepels ± een tree uitmekaar in ’n ry. Laat leerders van een hoepel na die volgende spring. Beweeg hoepels verder uit mekaar. Herhaal.
demonstreer mededingfendheid met ’n maat, bv.
Werk in pare. Van ’n gemerkte punt spring leerder A vanuit ’n staande posisie so ver as moontlik en merk die landingspunt. Leerder B spring op dieselfde manier van hierdie punt af en merk sy landingspunt. Die paar met die grootste afstand is die wenners.
Werk in pare. Elke paar kry ’n voorwerp, bv. ’n boontjiesakkie. Van ’n gemerkte punt af gooi leerder A die sakkie so ver as moontlik. Leerder B tel die sakkie op en gooi dit nog verder. Die gesamentlike afstand word bereken om die wenners te bepaal
Werk in pare. Sit arms om mekaar se middellywe, lig die buitekantse been op en hou dit met die ander arm vas. Ondersteun mekaar en spring op twee bene tot by ’n gemerkte punt. Die paar wat eerste daar kom, is die wenners
demonstreer mededingendheid as ’n groep, bv.
Hardloop aflos in groepe
Hoek-aflos: Groepe A,B,C en D. Op ’n teken begin al die groepe antikloksgewys na die volgende hoek hardloop. Elke keer wanneer ’n groep hulle afstand voltooi het, moet hulle stop en bymekaar staan. Punte word vir die wengroep gegee. Aan die einde word die wengroep aangekondig.
Kyk wie kan in die meeste hoepels spring op verskillende afstande. Gooi ’n voorwerp in die lug op en kyk wie kan dit die meeste kere suiwer vang as dit afkom
Spanne staan in rye. Die leier staan 3 tot 5 meter voor sy span met sy gesig na hulle toe. Hy gooi ’n voorwerp na die eerste leerder wat dit vang en teruggooi, waarna hy gaan sit. Herhaal. Die laaste een in die ry vang dievoorwerp en hardloop vorentoe. Herhaal tot elkeen ’n kans gehad het om voor te staan
43 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
SPORTVAARDIGHEDE
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders pas ’n wye reeks gedragsreëls in sport toe
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer hoe om klere en apparaat te versorg, korrekte woordeskat te gebruik, opdragte uit te voer, bv.
terk oefenklere aan
hang klere op
vou klere op
bêre persoonike items
was hande ens. ná speletjies
gehoorsaam opdragte
sit, staan, lê plat, draai om, spring (basiese woordeskat)
versorging, bêre en vervoer van apparaat
plaas klein apparate in houers, (bokse, ens.)
apparate mag nie oor die grond gesleep word nie
trek skoene en sokkies uit as hulle op apparate speel
demonstreer graad 1-vaardighede, gebruik uitgebreide woordeskat en wys hoe om in groepe te werk, bv.
langbeensit, opgetrekte knieë, knielhurk
verduidelik en demonstreer hoe groepaktiwiteite uitgevoer moet word
demonstreer graad 2-vaardighede, gebruik uitgebreide woordeskat en aanvaar besluite, bv.
wen
verloor
gelyk
tyd is verby
44 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders rol en keer voorwerpe sonder om ’n hulpmiddel te gebruik
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
gebruik ’n verskeidenheid voorwerpe om rol- en keer-vaardighede te demonstreer, bv.
gebruik verskillende voorwerpe om rol- en keervaardighede te demonstreer, bv.
gebruik verskillende voorwerpe om rol- en keeraktiwiteite te demonstreer, bv.
balle, balle van opgefrommelde papier, boontjiesakkies, ou sokkies in bondels gebind, saad/vrugte van verskillende bome of plante, blikkies, hoepels, ens.
gebruik voorwerpe met verskillende vorms en groottes,
waar moontlik moet linker- en regterarms en -bene geoefen word
rol en keer/veldwerkaktiwiteite:
rol bal met verskillende liggaamsdele, bv. hand, neus, voorkop, elmboog
rol bal met regter- en linkerhand
rol bal in verskillende rigtings, bv. vorentoe, agtertoe, sywaarts
rol en keer/veldwerkaktiwiteite met balle en hoepels:
rol bal vorentoe met albei hande
rol hoepel vorentoe met regter- en linkerhand
rol bal/hoepel in verskillende rigtings, bv. vorentoe, agtertoe en sywaarts
rol bal/hoepel en wissel hande, bv. links, regs, links, regs
rol bal tussen twee teikens, bv. blikkies
rol hoepel vir ’n maat
Rol en keer/veldwerikaktiwiteite met balle en hoepels:
rol bal vorentoe met albei hande
rol hoepel vorentoe met regter- en linkerhand
rol bal/hoepel in verskillende rigtings, bv. vorentoe, agtertoe en sywaarts
rol bal/hoepel met alternatiewe hande, bv. links, regs, links, regs
rol bal tussen twee teikens, bv. blikkies
rol bal na ’n teiken, bv. blikkies
rol hoepel vir 'n maat
45 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders dribbel en keer voorwerpe (boontjiesakkies, balle) sonder ’n hulpmiddel
dribbel ’n voorwerp, bv. ’n boontjiesakkie of bal met die regterhand tot by ’n bepaalde punt. Dribbel die voorwerp terug na die beginpunt met die linkerhand dribbel die voorwerp afwisselend met die linker- en regterhand
dribbel ’n voorwerp, bv. ’n boontjiesakkie of bal met die regtervoet tot by ’n bepaalde punt. Dribbel die voorwerp terug na die beginpunt met die linkervoet
dribbel die voorwerp afwisselend met die linker- en regtervoet
skop die bal met verskillende dele van die voet, bv. binnekant, toon, buitekant, ens. skop die bal vir ’n maat wat dit keer, optel en terugrol
dribbel ’n voorwerp in ’n reguit lyn, en gebruik hande afwisselend
dribbel ’n voorwerp in ’n reguit lyn, en gebruik voete afwisselend
dribbel ’n voorwerp met die hande sigsag tussen hindernisse deur dribbel ’n voorwerp met die voete sigsag tussen hindernisse deur dribbel ’n voorwerp met die voete tussen stilstaande voorwerpe deur, bv. hoepels. Op ’n teken, dribbel die voorwerp met die hande om die naaste voorwerp
skop die bal tussen twee voorwerpe, bv. blikke of klippe skop die bal na ’n teiken, bv. ’n maat wat ’n hoepel vashou
skop ’n bal na ’n maat wat dit met sy voete keer en terugskop
dribbel ’n voorwerp in ’n reguit lyn, en gebruik hande afwisselend
dribbel ’n voorwerp in ’n reguit lyn, en gebruik voete afwisselend
dribbel ’n voorwerp met die hande sigsag tussen hindernisse deur dribbel ’n voorwerp met die voete sigsag tussen hindernisse deur dribbel ’n voorwerp met die voete tussen stilstaande voorwerpe deur, bv. hoepels. Op ’n teken, dribbel die voorwerp met die hande om die naaste voorwerp
skop die bal tussen twee voorwerpe, bv. blikke of klippe skop die bal na ’n teiken, bv. ’n maat wat ’n hoepel vashou
skop ’n bal na ’n maat wat dit met sy voete keer en terugskop
46 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders gooi voorwerpe (boontjiesakkies, balle) en vang hulle reg
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
gooi ’n voorwerp in die lug op en vang dit met al twee hande wanneer dit afkom, bv. gooi ’n voorwerp so ver as moontlilk en gaan haal dit weer gooi ’n voorwerp op verskillende maniere, bv. oorarm, onderhands, met albei hande, met regter/linkerhand gooi voorwerp vir ’n maat wat dit vang en teruggooi
gooi ’n voorwerp in die lug op en vang dit met al twee hande wanneer dit afkom, bv.
Maat A gooi ’n voorwerp in enige rigting. Maat B moet dit keer of vang en teruggooi vir A. Ruil posisies ná ’n tyd. Gooi ’n voorwerp –
- na ’n teiken, bv. ’n muur, 'n koerant wat aan ’n tou hang
- oor ’n teiken, bv. ’n tou, boom, pale
- in ’n teiken in, bv. ’n hoepel, boks, mandjie
Plaas ’n voorwerp in ’n kous of ’n sakkie, bv. ’n lemoensakkie. Hou dit aan die een punt vas en slinger dit weg
gooi ’n voorwerp in die lug op en klap jou hande twee keer voor jy dit vang, bv.
Gebruik liggaamsdele om ’n voorwerp te gooi. Vang dit met enige ander liggaamsdeel, bv. voet, rug, knie Staan ’n paar treë van ’n muur af. Wie kan ’n teiken wat op die muur geteken is, raakgooi? Gebruik drie voorwerpe (bv. klippe, balle) om ’n koerant wat oor ’n tou hang, raak te gooi Gooi ’n voorwerp heen en weer sonder om dit mis te vang Maak ’n speletjie op saam met ’n maat waarin ’n voorwerp gegooi word
47 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders hop ’n bal met verskillende liggaamsdele
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
hop ’n groot bal op een plek en vang dit met albei hande
herhaal bogenoemde aktiwiteit met ’n klein balletjie hop ’n bal aanhoudend op een plek –
- met albei hande
- met die regterhand
- met die linkerhand
- hop die bal vir ’n maat om die beurt met die linkerhand en die regterhand op verskillende maniere hop die bal en sê ’n rympie op, bv. “Ek hop die bal ure lank boem, boem, boem luister na die klop-klop klank boem, boem, boem"
hop die bal aanhoudend terwyl hulle loop
hop die bal laer en hoër op bevel (laag! hoog!) hop die bal terwyl hulle tussen voorwerpe beweeg, bv. hoepels. Op ’n teken staan hulle stil en hop die bal aanhoudend in die naaste hoepel of om die naaste voorwerp
Hop die bal aanhoudend en doen terselfdertyd die volgende aktiwiteite:
- hop die bal voor die liggaam
- hop die bal onder die regterbeen
- hop die bal onder die linkerbeen
- hop die bal rondom die liggaam (enige ander aktiwiteite kan bygevoeg word; dit kan ook op maat van ’n rympie gedoen word)
hop ’n klein balletjie (tennisbal) op een plek en vang dit met een hand/albei hande hop die bal aanhoudend terwyl hulle loop
hop die bal terwyl hulle tussen voorwerpe beweeg, bv. hoepels. Op ’n teken staan hulle stil en hop die bal aanhoudend in die naaste hoepel of om die naaste voorwerp soos met hopspeletjie met tennisbal Hop die bal aanhoudend en doen terselfdertyd die volgende aktiwiteite:
- hop die bal voor die liggaam
- hop die bal onder die regterbeen
- hop die bal onder die linkerbeen
- hop die bal rondom die liggaam (enige ander aktiwiteite kan bygevoeg word; dit kan ook op maat van ’n rympie gedoen word)
48 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
slaan/klap ’n voorwerp, bv.
'n boontjiesakkie, selfgemaakte bal, ens. in die lug met een hand en vang dit weer
slaan/klap ’n voorwerp aanhoudend in die lug met –
- albei hande
- regterhand of linkerhand
regter- en linkerhand afwisselend (gebruik handpalms of vuiste)
die volgende voorwerpe kan gebruik word: boontjiesakkies, selfgemaakte balle, klein houtblokkies, balle, ens. die volgende hulpmiddels kan gebruik word: stokke, planke, knuppels, opgerolde tydskrifte, kolwe, ens.
slaan ’n voorwerp van ’n steunpunt af, bv. ’n bal wat op ’n stoel of bank lê (’n kartonbekertjie kan gebruik word om die voorwerp op neer te sit) slaan ’n voorwerp wat hang, bv. ’n selfgemaakte bal aan die punt van ’n tou wat aan ’n boomtak vasgemaak is of ’n bal in ’n kous wat deur ’n maat vasgehou word speletjie: gooi ’n bal in die lug en kyk watter speler kan dit die langste in die lug hou deur dit aanhoudend met een of albei hande te slaan
dribbel ’n voorwerp op die grond met ’n implement wat in die linker/regterhand gehou word (hou die voorwerp so na as moontlik aan die implement)
soos vir graad 2, maar lei die leerders met behulp van vrae:
dribbel ’n voorwerp op die grond met ’n hulpmiddel in verskillende rigtings, bv. vorentoe, agtertoe, sywaarts dribbel ’n voorwerp tussen hindernisse deur
49 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders neem deel aan ’n verskeidenheid speletjies
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
speel speletjies waar die klem val op die individu ("ek"-speletjies) en speletjies waar ’n maat gevolg of ontwyk word, bv. Vang die bal binne die horlosie: Nr. 1 staan in die middel van die sirkel met die bal. (Daar is ongeveer ses leerders in die groep.) Hy hop die bal of gooi dit in die lug, en nr. 2 moet hardloop en dit vang. Herhaal. As hulle meer gevorderd is, kan hulle die nommer uitroep van die een wat die bal moet vang. Maak die sirkel (horlosie) groter.
speel speletjies met die klem op "ek-" speletjies, "ek-" en "jy-" en jaagspeletjies, bv.
Staan ’n ry en tref teikens Leerders staan in ’n ry, elk met ’n bal – nie meer as ses in die ry nie. Die leerders kom een vir een na die streep toe en probeer om ’n teiken te tref deur die bal daarheen te rol. Hoeveel in die ry het die teiken getref?
’n Vanger is nodig om die balle te keer, behalwe as daar ’n heining agter die teiken is. In daardie geval kan elkeen sy eie bal gaan haal.
(Voorwerpe, bv. boontjiesakkies, klippies, ens. kan ook na die teikens gegooi word)
speel speletjies met die klem op "jy-en-ek-saam" speletjies en "ek-teen-hulle" speletjies, bv.
Hardloop vir jou lewe Leerders staan in ’n kring (nie meer as ses tot agt in ’n kring nie). O huppel aan die buitekant rondom die kring. O gaan staan tussen enige twee leerders in die kring, strek sy arms sywaarts uit en raak aan die twee weerskante van hom met die woorde, "Hardloop vir jou lewe!" Hulle draai weg en hardloop in teenoorgestelde rigtings om die kring en kyk wie is eerste by die oorblywende oop spasie, want O het in een van die spasies gaan staan. Die een wat verloor, word nou O.
50 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Rol die bal uit die kring Leerders staan wydsbeen in ’n kring sodat hulle voete aan mekaar raak. Twee leerders binne die kring probeer ’n bal tussen die bene van dié in die kring rol. Dié in die kring probeer die bal keer. Ruil om sodat almal ’n beurt kry om binne die kring te wees en die bal te rol
Hou die bal – dit is "gevaarlik" Leerders staan in ’n kring en een leerder begin die speletjie deur die bal van hom af weg te skop. Die bal moet op die grond bly. Die leerders moet dus die bal met die binne- of buitekant van die voet wegstoot. Dit moet vinnig gebeur, want die bal is "gevaarlik". Sit nog "gevaarlike" balle by. (Die grootte van die bal kan ook verander word.)
Omruil-aflos Die voorste een in elke ry het ’n boontjiesakkie. Op ’n bevel hardloop die voorstes van ry A en ry B tot by punt C halfpad tussen die twee rye. A en B ruil sakkies. Al twee hardloop terug na hulle rye, gee die sakkie vir die voorste een in die ry en gaan staan agter. Herhaal totdat die agterstes weer voor is. Variasie: Later kan punt C weggelaat word. Dan ruil ry A en B sakkies waar hulle mekaar ontmoet . Gooi-teen-die-muur aflos: No. 1 gooi die bal teen die muur en beweeg vinnig uit die pad en gaan staan agter in die ry. No. 2 moet vinnig vorentoe beweeg en no. 1 se plek inneem om die bal te vang.
Drie teen een Drie hou hande vas en vorm ’n kring. Aan die buitekant hardloop een van een kant na die ander en probeer om die een verste van hom af in die kring te raak. Die ander hou hande vas en beweeg van kant tot kant sodat die een aan die buitekant nie die een verste van hom kan raak nie. Ruil om Hou die bal in die lug (in pare) Verdeel die klas in pare met ’n bal vir elke twee spelers. Hulle slaan die bal in die lug op en kyk hoe lank hulle die bal in die lug kan hou. As die bal op die grond val, verloor hulle ’n lewe. Kyk wie kan die minste lewens verloor.
51 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Die hond vang die kat Leerders (± 8 in ’n groep) staan in ’n kring en gee ’n boontjiesakkie vir mekaar aan (die kat).
Wanneer die "kat" so twee aangeë ver is, kom die "hond" ('n bal) by en probeer om die kat te vang. Besluit hoe ver die leerders van mekaar af moet staan en hoe gou die hond moet bykom
Variasie: In plaas van ’n muur kan een leerder voor staan om die bal te vang en te gooi
Juffrou-bal aflos Nie meer as ses leerders nie staan in ’n ry met hul gesigte na die "juffrou" wat met ’n bal in ’n hoepel op ’n gemerkte plek staan. Op ’n gegewe oomblik word die bal vir no. 1 gegooi, wat dit weer teruggooi. Hou so aan totdat no. 6 die bal gevang het. Hy hou die bal en neem die "juffrou" se plek voor in. Die "juffrou" hardloop en gaan staan op no. 1 se plek. Die ander skuif almal een plek aan. Hou so aan totdat die oorspronklike "juffrou" weer voor is
Ontwyk bal (een teen twee) Nr. 1 en nr. 2 probeer O se bene onder die knieë raakgooi met die bal. O spring op en af op sy tone en draai elke keer na die een wat die bal het. Nr. 1 en nr. 2 moenie elke keer vir O se bene mik nie, maar ook die bal vir mekaar gooi sonder om te mik. Hulle mag nie die bal vir langer as 3 sekondes hou nie en moet ook nie die bal so wild gooi dat die maat aan die ander kant dit nie kan vang nie
Maak self reëls oor wanneer om om te ruil
52 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
SPELETJIES IN BEPERKTE RUIMTES
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
NABOOTSING Leerdoelwit
Leerders voer verskeie naboots-speletjies/aktiwiteite uit
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
demonstreer naboots-speletjies/aktiwiteite van diere-oorsprong, bv. Perde wat galop: Vry hardloop met voorste knie hoog gelig en sterk armbewegings
Paddaspring Van hurkposisie met hande tussen die bene op die grond, vryspring en land eers op voete, dan op hande Voëls wat vlieg: Vry hardloop en klap arms of elmboë
demonstreer naboots-speletjies /aktiwiteite van algemene aard, bv. Saag hout: Staan in skêrposisie, draai middellyf na verskillende kante en maak saagbeweging met die arms
Houtkap: Staan in skêrposisie met arms opgelig na bo, swaai middellyf af en strek weer op in ’n kap-aksie
Bome wat wieg: Staan wysdbeen, hou arms sywaarts uit en effens gebuig by die elmboë en ontspanne polse, wieg heen en weer met ’n draaibeweging
demonstreer nabootsspeletjies/aktiwiteite gebaseer op sport, bv.
Die bokser: Dans rond en doen skadu-boks, met linkervoet en -arm na vore Die hardloper: Van "gereed"-posisie op ’n streep, spring weg en hardloop vinnig oor ’n bepaalde afstand Fietsry: "Staan" op die skof, ondersteun heupe en beweeg bene in die rondte in ’n fietsry-aksie
53 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
GROOT GROEP AKTIWITEITE/SPELETJIES
Leerdoelwit
Leerders neem deel aan aktiwiteite vir groot groepe
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Padda in die dam: Die deelnemers huppel rondom die "padda" wat in die middel hurk, en sing: "Padda in die dam, probeer my vang!" Skielik spring die padda op en jaag almal na hulle "huise" toe, terwyl hy so veel as moontlik van hulle probeer raak
Towertapyte Teken 'n paar vierkante wat soos towertapyte lyk of plaas klein matjies of hoepels op die grond. Die deelnemers huppel, met of sonder musiek, agter die leier aan. Op ’n gegewe teken stop almal. Dié wat nie op 'n "towertapyt" staan nie, kry ’n bepaalde merk. Dié wat geen merke op het aan die einde van die speletjie nie, is die wenners
Vliegtuig: Die deelnemers word in groepe verdeel en elke groep het sy eie "lughawe". Die deelnemers (vliegtuie) styg op en "vlieg" vrylik rond. Op ’n gegewe teken moet die vliegtuie gaan "land", en almal "vlieg" terug na hul eie "lughawens" – die groep wat eerste almal terug is, is die wenners.
Storm die tier: Die "tiere" loop rond in hulle "hok" (twee paralelle strepe in die middel van die speelarea). Die ander deelnemers probeer om van die een kant van die "hok" oor te hardloop na die ander kant toe, sonder om deur die "tiere" gevang te word. Stel voor dat die deelnemers so saggies as moontlik beweeg sodat die "tiere" hulle nie hoor nie. Die "tiere" mag hulle net vang as hulle in die "hok" is. Al die deelnemers moet in dieselfde rigting hardloop.
Derdemannetjie: Die deelnemers staan in pare in twee rye in die middel van die speelarea. Die juffrou is die "derdemannetjie". Op ’n gegewe teken hardloop al die deelnemers na die teenoorgestelde kante van die speelarea en weer terug. In die middel probeer elkeen weer ’n maat kry, die juffrou ingesluit. Die een wat sonder ’n maat oorbly, is die volgende "derdemannetjie". Bak ’n koek: Die klas word in groepe verdeel, en elke groep kry die naam van ’n bestanddeel van die koek. Elke "bestanddeel" is in sy eie blok (vierkante wat op die grond geteken is). Die juffrou staan in die middel en roep die name van die bestanddele uit wat sy nodig het en dié wat geroep word, huppel uit hulle blokke en vorm ’n groot kring om die juffrou. Die juffrou sê die volgende terwyl die deelnemers hulle eie vertolking gee van die beweging wat nodig is: "Ons maak die koek aan."
54 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Slange: Kies twee of drie deelnemers om slange te wees, bv. mambas, kobras en pofadders. Laat hulle die res van die klas vang. Dié wat gevang is word deur die slang na sy huis toe geneem en moet onthou watter "slang" hulle gepik het. Werk die verskillende slange se aantal "byte" uit.
Boere en hase: Die deelnemers maak of hulle hase is en "hasiespring" rond op die speelarea. Die "boer" kom met ’n paar "honde" wat handeviervoet hardloop. Hulle jaag die "hase". Dié wat gevang word, word ook "honde". Gemerkte plekke kan as gate dien waar die "hase" veilig kan wegkruip vir die "honde".
Ou Mamma Van Wyk Die "mamma" stap voor met al die deelnemers agter haar. Hulle probeer haar raak terwyl hulle sing: "Ou Mamma Van Wyk, val in die slyk, daar kry sy ’n sent en dink sy is ryk." "Mamma" draai om en vra: "Wie se kinders is julle?" Die kinders gee sommer enige naam en die "Mamma" stap voort. As hulle antwoord: "Joune", draai sy om en jaag hulle. Sy probeer so veel as moontlik van hulle vang voor hulle veilig by hulle "huise" is.
Die hond in sy hok: Aan die een kant van die speelarea lê die "hond" in sy "hok" en slaap. Die ander deelnemers is aan die ander kant in hulle "huis". Hulle kruip versigtig op hulle tone nader terwyl hulle sing: "Hondjie, kom uit jou hok! Hondjie, kom uit jou hok!" Die "hond" maak net sy oë oop en grom. As die deelnemers naby genoeg is, spring hy uit en probeer soveel as moontlik van hulle vang voor hulle by die "huis" is.
“Ons sif die meel" "Ons klits die eiers" "Die koek is klein" As die juffrou sê: "Ons gaan die koek eet!", hardloop almal terug na hulle blokke terwyl sy probeer on so veel as moontlik te vang Aanraak: In vry formasie jaag een deelnemer die ander en probeer om ’n ander speler te raak. Wanneer ’n speler geraak word, word hy die een wat die ander jaag.
Raak-aan-almal: Die juffrou hou genoeg gekleurde bande vir die hele klas vas. Een deelnemer met ’n band probeer so veel van die ander as moontlik raak. As een geraak word, sit hy 'n band aan en help om die die ander te raak
55 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
TRADISIONELE SPELETJIES
ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3
Leerdoelwit
Leerders speel ’n verskeidenheid tradisionele speletjies
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
Vaardighede: Leerders moet die volgende kan doen:
kies eie tradisionele speletjies, bv.
- Klippie-spring (hopscotch)
- Boompie verplant
- Vroteier
Amangus: Deelnemers word in twee groepe verdeel. Een span is die hardlopers en die ander span die veldwerkers. Twee van die veldwerkers staan aan twee verskillende kante van die speelarea en gooi die bal heen en weer vir mekaar terwyl die hardlopers van lyn A na lyn B hardloop. Die ander veldwerkers help om die bal te gaan haal en op te tel. As die bal ’n hardloper tref, is hy uit die speletjie uit.
kies eie tradisionele speletjies, bv.
- Klippie-spring
- Boompie verplant
- Vroteier
Amangus: Deelnemers word in twee groepe verdeel. Een span is die hardlopers en die ander span die veldwerkers. Twee van die veldwerkers staan aan twee verskillende kante van die speelarea Die span hardlopers is in die middel van die speelarea. Die twee spelers van die veldwerkers gooi die bal. Die hardlopers hardloop na hulle huise terwyl hulle tel en koes. As die bal ’n hardloper raak, is hy uit. ’n Span wen as hulle die gestelde totaal, bv. 40 bereik.
kies eie tradisionele speletjies, bv.
- Klippie-spring
- Boompie verplant
- Vroteier
Amangus:
Deelnemers word in twee groepe verdeel. Een span is die hardlopers en die ander span die veldwerkers. Twee van die veldwerkers staan aan twee verskillende kante van die speelarea Die span hardlopers is in die middel van die speelarea. Die twee spelers van die veldwerkers gooi die bal. Die hardlopers hardloop na hulle huise terwyl hulle tel en koes. As die bal ’n hardloper raak, is hy uit. ’n Span wen as hulle die gestelde totaal, bv. 40 bereik.
56 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
10. Evaluering
Ten einde die volle omvang en vlakke van vaardighede te bepaal is ’n verskeidenheid deurlopende evaluering-siuasies in die Junior Primêre fase nodig om ’n totale beeld van die leerder se vordering en bemeestering te gee. Deurlopende Evaluering (DE) moet duidelik, eenvoudig en hanteerbaar wees, en stewig geanker in leerdergerigte beginsels en praktyke. Die vaardighede in die sillabus lê die begrip en bekwaamhede neer wat ’n leerder moet bereik en wat geëvalueer moet word. Die doelwit is egter dat die die sillabus leer-gedrewe moet wees, eerder as evaluering-gedrewe. 10.1 Evalueringsdoelwitte Die doel van DE is om betroubare en toepaslike inligting oor die leerder se bemeestering van die vaardighede te bekom. Hierdie inligting moet gebruik word om terugvoering aan leerders te gee oor hulle sterk en swak punte; waar hulle goed doen en waar en hoe hulle behoort te verbeter. Ouers moet gereeld deur middel van ’n formele skoolrapport op hoogte gebring word van hulle kinders se vordering. Hulle moet aangemoedig word om hulle kinders se prestasies te beloon en hulle opvoeding te ondersteun. Deurlopende evaluering help onderwysers ook om hulle onderrig te verbeter en vir die leerders ’n beter leerervaring te gee. Die fokus moet wees op evaluering vir leer eerder as evaluering van leer. Ons evalueer om ’n betroubare beeld te kry van elke leerder se bemeestering van die vaardighede ten einde verdere onderrig/leer te verbeter, leerondersteuning te gee en onderrigstelsels te evalueer.
10.2 Soorte evaluering Informele evalueringsmetodes: Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die vaardighede wat in die Eerste Taal (Afrikaans) sillabus uiteengesit word, bemeester het, en daarvolgens die leerder se vordering bepaal. In ’n groot mate kan dit op ’n informele wyse geskied deur waarneming van elke leerder se vordering in leer- en praktiese situasies terwyl hulle ondersoek, verskynsels en data interpreteer, kennis toepas, kommunikeer, standpunt inneem, sowel as in hulle deelname in die algemeen. ’n Wye reeks informele evalueringsprosedures moet gebruik word, bv. praktiese take, waarnemingstegnieke, informele vraagstelling, bespreking en evaluering deur klasmaats. Evaluering moet op die basiese vaardighede konsentreer en moet verband hou met die doelwitte vir elke onderwerp. Dit kan individuele, paar- of groepaktiwiteite insluit. Die deelname en betrokkenheid van leerders by groepwerk moet ook in ag geneem word. Met elke stap van die leerproses moet die onderwyser seker maak dat die leerders al die basiese vaardighede bemeester.
Formele evalueringsmetodes: Dit behels evalueringstake soos vasvra, kort toetse, mondelinge toetse en werkblaaie. Werkblaaie is baie nuttig en kan óf op die skryfbord óf op papier aangebied word. Dit is baie belangrik dat onderwysers hulle werk organiseer en beplan om leerders te evalueer en punte toe te ken en punte word dan verwerk uit tien (10). Die gebruik van formele geskrewe en mondelinge toetse kan net ’n beperkte omvang van vaardighede toets, en moet dus nie baie tyd in beslag neem nie. Kort toetse kan gedurende die Afrikaans Eerstetaalperiode afgehandel word en moet beskou word as ’n gewone taalaktiwiteit.
10.3 Graadbeskrywings Die leerder se vlak van bemeestering in verhouding tot die vaardighede in die Eerste Taal (Afrikaans) sillabus word in letterwaardes aangedui. Dit is noodsaaklik dat die letterwaardes
57 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
wat toegeken word, die leerder se werklike vlak van bemeestering weerspieël in verhouding tot die vaardighede. In grade 1 tot 3 hou letterwaardes verband met ‘n persentasie. Die verhouding tussen die waardes wat toegeken word en die vaardighede word hieronder aangedui.
Graad % Vaardigheidsbeskrywings
A 80%+ Bemeester vaardighede uitstekend. Die leerder vaar uitmuntend in al die afdelings van die vaardigheid.
B 70-79% Bemeester vaardighede baie goed. Die leerder se prestasie lê beduidend bo die gemiddelde vereistes en die leerder is baie knap op die meeste vlakke van vaardigheid.
C 60-69% Bemeester vaardighede goed. Die leerder het die vaardighede bevredigend bemeester in vreemde situasies en kontekste.
D 50-59%
Bemeester vaardighede bevredigend. Die leerder se vaardighede stem ooreen met die gemiddelde vereistes. Die leerder kan dalk in sommige afdelings ondersteuning nodig hê.
E 40-49%
Bemeester die minimum aantal vaardighede om as vaardig beskou te word. Die leerder het dalk nie al die vaardighede bemeester nie, maar sy/haar bemeestering is genoeg om bo die vaardigheidsvlak te wees. Die leerder hetop feitlik alle vlakke leerondersteuning nodig.
U 0-39%
Ongegradeer.Die leerder was nie in staat om ’n minimum vlak van vaardigheid te bereik nie, selfs met aansienlike hulp van die onderwyser. Die leerder het leerondersteuning baie nodig.
10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering (Besonderhede is beskikbaar in die Junior Primary National Policy Guide) Evaluering moet deel uitmaak van die lesbeplanning, en daar moet duidelike evalueringstandaarde wees. Tydens lesse en terwyl leerders besig is met normale klasaktiwiteite is die onderwyser besig met formele en informele deurlopende evaluering vir al die verskillende vaardighede in al die vakke. In die Junior Primêre fase staan evaluering in noue verband met die kriteria. Dit beteken dat, as punte of letterwaardes toegeken word, dit noodsaaklik is dat hulle die leerder se bemeesteringsvlak in verhouding tot die vaardighede weerspieël. 10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering Informele Deurlopende Evaluering word gedoen deur noukeurige en geskrewe aantekeninge (sien voorbeeld 10.4.3). Dit beteken dat die onderwyser waarnemings oor bemeestering of probleme op die klaslys aanteken, terwyl die leerders met lesaktiwiteite besig is. Hierdie aantekeninge of opmerkings help dan weer met toekomstige lesbeplanning, vereistes vir leerondersteuning en die toekenning van punte vir Formele Deurlopende Evaluering. Dit is nie nodig om ’n opmerking of nota vir elke vaardigheid te maak nie – ’n merkie is al wat nodig is om te wys dat ’n leerder die bepaade vaardigheid bemeester het. Geskrewe bewys is egter nodig as ’n leerder sukkel en meer hulp nodig het.
58 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering Formele Deurlopende Evaluering word gewoonlik gedoen ná afhandeling van ’n tema of as ’n bepaalde begrip geëvalueer moet word voordat ’n nuwe begrip aangepak word. Hiervoor kan verskeie kort skriftelike of mondelinge toetse of vasvrageleenthede oor die termyn versprei word waarvoor die onderwyser dan punte toeken. Gedurende die termyn moet onderwysers rekord hou van die punte wat toegeken is vir Deurlopende evaluering op die Formele Deurlopende Evaluering klaslys. Hierdie evaluering vind plaas gedurende normale klasaktiwiteite. Dit beteken dat daar GEEN “toetsweek” of “toetsrooster” in die Junior Primêre fase (Gr. 1-3) is waar leerlinge moet leer vir toetse nie. Aan die einde van die termyn word die punte vir elke vak bymekaar getel in die “Totaal” kolom. Die “gemiddeld” word bereken deur die “Totaal” te deel deur die hoeveelheid evaluerings wat gedoen is. Die desimale breuke word afgerond volgens die wiskundige reël, bv. 3.2 = 3. Die gemiddelde punt word oorgedra na die Formele Deurlopende Evaluering Rekordvorm in onderskeie kolomme. Die onderwyser tel die kolomme bymekaar om die totaal te kry en bereken dan die persentasie. Die persentasie word verwerk na letterwaardes soos aangedui in 10.3. (Besonderhede oor rekordhouding is beskikbaar in die Junior Primêre Deurlopende Evaluering Rekordvorm)
59 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
11. Woordelys
NB Die betekenisse wat hier gegee word, is van toepassing op die woord binne die konteks van hierdie leerplan en nie noodwendig op enige ander konteks nie. Apparaat konvensionele liggaamlike opvoeding-voorwerpe soos
balle, hoepels, boontjiesakkies en toue Bevoegdhede meetbare vaardighede wat beskou word as noodsaaklik
om ’n taak te verrig of ’n standaard te bereik Deurlopende evaluering meting van leerders se vordering op grond van die werk
wat hulle deurlopend in die klaskamer doen of toetse/vasvra wat hulle aflê deur die termyn of jaar, eerder as op grond van net een eksamen
Diversiteit etniese variasie sowel as sosio-ekonomiese en
geslagsvariasie binne ’n groep, gemeenskap of instelling Dribbel ’n bal met kort, vinnige skoppe of hoppe vorentoe stuur Frontale lyn ’n denkbeeldige lyn wat horisontaal deur die liggaam oor
die skouers en bors loop Geïntegreer ’n kombinasie van dele of voorwerpe wat goed saamwerk Globlaisering wêreldwye integrasie en ontwikkeling as gevolg van
verbeterde tegnologie en kommunikasie; soms loop dit uit op ’n verlies van individuele kulturele identiteite
Hoofstroomskole skole wat in beginsel voldoen aan die behoeftes van
leerders wat nie spesiale opvoedkundige behoeftes het nie. Enige skool wat nie ’n spesiale skool is nie
Hulpmiddels alledaagse voorwerpe soos stokke, houtplanke, kolwe,
bokse, stroke materiaal, skoene, blikkies en klippe wat gebruik kan word in Liggaamlike Opvoeding-aktiwiteite
Insluiting om almal in te sluit Interkurrikulêre sake sake rakende kennis, vaardighede, begrippe en waardes
wat toegepas kan word op meer as een vak of leerterrein Klippie-spring (hopscotch) ’n speletjie waarin leerders binne ’n stel vierkante wat op
die grond geteken is, spring Leerstandaarde geskrewe stellings/voorskrifte van wat leerders behoort te
weet en te kan doen voortvloeiend uit hulle onderrig aan die einde van ’n tydperk, bv. aan die einde van die Junior Primêre Fase. Dit word ook inhoudstandaarde genoem. Leerstandaarde beskryf die dinge wat onderwysers behoort te onderrig en wat leerders behoort te leer
Lengte-as ’n denkbeeldige vertikale lyn deur die liggaam van die kop
tot by die voete
60 NIED-leerplan: Liggaamlike Opvoeding Junior Primêre Fase 2014
Skoolgereedheid/Voorbereidingsprogram – ’n program wat opgestel is vir graad 1 Namibiese leerders as gevolg van die feit dat baie leerders nie skoolgereed is wanneer hulle skool toe gaan nie. Dit is opgestel om leerders te help om begrippe en vaardighede onder die knie te kry wat nodig is vir formele leer
Swaardlyn ’n denkbeeldige lyn wat by die middel deur die liggaam
loop van voor na agter Tematiese skakels – konneksioes met soortgelyke idees of onderwerpe in
ander vakgebiede Trippel – die spoed van ’n perd of ander dier wat vinniger beweeg
as ’n looppas, maar nie hardloop nie; kort, vinnige treetjies
Vooraf kennis – kennis waaroor leerders reeds beskik Wydsbeen staan – staan met bene uit mekaar, bene aan weerskante van ’n
voorwerp
The National Institute for Educational Development Ptrivaatsak 2034 Okahandja NAMIBIË Telefoon: +64 62 509000 Faks: +64 62 509033 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.nied.edu.na © NIED 2014