riviernuus

20
STELLENBOSCH • idaSvaLLEi • CLOETESviLLE • BaNHOEk • kyLEmOrE • JOHaNNESdaL • PNiëL • LaNquEdOC • GrOOT drakENSTEiN 3 15 Mandela in Town Inside Council Chambers Excelsiors WEN Top 8 Skoolhoof tree uit Riviernuus Jaar 2 | Uitgawe 12 10 Oktober 2013 GRATIS/FREE 20 11 No Dam Problem “e Ida’s Valley Dam is safe and there is no need for residents to be concerned.” So says the engineering department at Stellenbosch Municipality. Ida’s Valley is located directly downstream from the dam and with the unusual amount of rain this winter, some residents are concerned that the dam could be in danger of collapsing. Riviernuus investigated these fears and spoke to the municipality. According to Esias de Jager at the municipality, several rumors are circulating that the dams are unsafe. “ese claims are not true as we have received positive reports from Department of Water Affairs indicating that the dams are in fair and good condition,” de Jager says. “ere are actually two dams next to each other and they are referred to as Ida’s Valley 1 & 2. e lower dam, which is visible from Helshoogte Pass, is known as Ida’s Valley 2 and was constructed in 1967. It has an earthfill embankment which is 34 meters high. “e upper Ida’s Valley 1 is a concrete gravity arch dam and was constructed in 1950 with a height of 29.4 meters,” he says. “Both these dams were designed to withstand extreme weather and rainfall and both are equipped with spillways and overflows to protect the dams from overflowing. “e dams are registered at the Department of Water Affairs in terms of the Dam Safety Legislation of the National Water Act. ey are classified as Category 3 dams and compulsory dam safety inspections are done by a competent professional person approved by Water Affairs. e last inspection was done in March last year and part of the inspection was the surveying of installed monitoring beacons that are checked for any movement of the concrete arch and embankment. Both were found to be stable. A report was submitted to Water Affairs verifying the safety of both the dams. ese thorough and detailed inspections are done every 5 years and the next inspection is scheduled for 2016,” says Esias. He also assures the public that the dams are visited regularly by the municipality’s Water Services staff who continuously operates and maintains Stellenbosch’s main water source. Currently both dams are 100% full and apart from the rain, the dams also get their water from the Eerste River. “During winter the Ida’s Valley Water Treatment Plant is supplied with water via pipelines from the Eerste River in the Jonkershoek Valley. e surplus water that is not used to supply the Ida’s Valley plant are transferred to the dams for supply in the summer period when the river level of the Eerste River is too low,” he says. Despite request from some people to open the dam for recreational activities, Stellenbosch Municipality is adamant not to expose its main water storage facility to any possible risks and contamination. Teach or I'll shoot! Teachers at Pniël Primary dressed up for Casual Day on 6 September. Stellenbosch Blinds & Shutters Irna van Wyk: 082 572 2740 SOMERSET WEST, STRAND, GORDON'S BAY: 021 851 0176 STELLENBOSCH, FRANSCHHOEK: 021 883 3783 E-mail: [email protected] • Fax: 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za Photo Supplied

Upload: riviernuus

Post on 21-Mar-2016

269 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Riviernuus 10 October 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Riviernuus

STELLENBOSCH • idaSvaLLEi • CLOETESviLLE • BaNHOEk • kyLEmOrE • JOHaNNESdaL • PNiëL • LaNquEdOC • GrOOT drakENSTEiN

3 15MandelainTown

InsideCouncilChambers

ExcelsiorsWENTop 8

Skoolhooftreeuit

RiviernuusJaar 2 | Uitgawe 12

10 Oktober 2013

GRATIS/FREE2011

No Dam Problem“The Ida’s Valley Dam is safe and there is no need for residents to be concerned.”

So says the engineering department at Stellenbosch Municipality.

Ida’s Valley is located directly downstream from the dam and with the unusual amount of rain this winter, some residents are concerned that the dam could be in danger of collapsing. Riviernuus investigated these fears and spoke to the municipality.

According to Esias de Jager at the municipality, several rumors are circulating that the dams are unsafe. “These claims are not true as we have received positive reports from Department of Water Affairs indicating that the dams are in fair and good condition,” de Jager says.

“There are actually two dams next to each other and they are referred to as Ida’s Valley 1 & 2. The lower dam, which is visible from Helshoogte Pass, is known as Ida’s Valley 2 and was constructed in 1967. It has an earthfill embankment which is 34 meters high.

“The upper Ida’s Valley 1 is a concrete gravity arch dam and was constructed in

1950 with a height of 29.4 meters,” he says. “Both these dams were designed to withstand extreme weather and rainfall and both are equipped with spillways and overflows to protect the dams from overflowing.

“The dams are registered at the Department of Water Affairs in terms of the Dam Safety Legislation of the National Water Act. They are classified as Category 3 dams and compulsory dam safety inspections are done by a competent professional person approved by Water Affairs. The last inspection was done in March last year and part of the inspection was the surveying of installed monitoring beacons that are checked for any movement of the concrete arch and embankment. Both were found to be stable. A report was submitted to Water Affairs verifying the safety of both the dams. These thorough and detailed inspections are done every 5 years and the next inspection is scheduled for 2016,” says Esias.

He also assures the public that the dams are visited regularly by the municipality’s Water Services staff who continuously operates and maintains Stellenbosch’s main water source.

Currently both dams are 100% full and apart from the rain, the dams also get their water from the Eerste River. “During winter the Ida’s Valley Water Treatment Plant is supplied with water via pipelines from the Eerste River in the Jonkershoek Valley. The surplus water that is not used to supply the Ida’s Valley plant are transferred to the dams for supply in the summer period

when the river level of the Eerste River is too low,” he says.

Despite request from some people to open the dam for recreational activities, Stellenbosch Municipality is adamant not to expose its main water storage facility to any possible risks and contamination.

Teach or I'll shoot! Teachers at Pniël Primary dressed up for Casual Day on 6 September.

Stellenbosch Blinds & Shutters

Irna van Wyk: 082 572 2740SOMERSET WEST, STRAND, GORDON'S BAY: 021 851 0176

STELLENBOSCH, FRANSCHHOEK: 021 883 3783 E-mail: [email protected] • Fax: 021 886 8516

www.stellenboschblinds.co.za

Phot

o Su

pplie

d

Page 2: Riviernuus

Ek het 'n droom dat Kayamandi en Cloetes-ville en Idasvallei en die omliggende gebiede die ekonomie van die hierdie dorp sal reg-verdig hanteer.

Ek het 'n droom dat die Boord, Uniepark, Paradyskloof, De Zalse ensomeer deur ALLE agter bewoon sal word. Ek het 'n droom dat een dag mense nie op die pigmentasie van hul vel getakseer sal word nie, maar op karakter en intellek!

- Ds Simon Adams (Idasvallei Leraarskring)

Contact usEditor: Wendell LawrenceTel: 021 - 885 2392Email: [email protected]

Design & layout: Shanaé LawrencePublisher: Swey design,Kylemore, StellenboschPrinters: CTP Printers Cape Town

Riviernuus subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to this code, please contact the Press Ombudsman at 011 - 484 3612/8.

REDAKSIEVan ons kant

2 Riviernuus

Lees Riviernuus aanlyn: www.issuu.com/riviernuus

'n Vriendelike Versoek...

ons op

Apartheid by ‘n plaasskoolSafe and Sound

The municipality has given their assurance that there is nothing wrong with the dams in Ida’s Valley.

They say there is no need for concern that anyone of the two dams will collapse. Here are photos from the two dams in question.

Spillway at Ida's Valley 2

Concrete gravity arch dam: Ida's Valley 1

Inlet tower at Ida's Valley 2

Illus

tras

ie: G

eral

d M

aket

ees

Phot

o: S

telle

nbos

ch M

unic

ipal

ity

BRIEWESkryf aan ons en die wenbrief

ontvang R100. Epos: [email protected]

EK HET ÓÓK ‘N DROOM

Baie dankie vir die plasing van ons artikel. Die reaksie van die die voorsitter van US raad was voorspelbaar.

Myns insiens is die Le Roux uitspraak, dat die Universiteit van Stellenbosch ontbind, vernederend. Sulke uitsprake maak pogings vir sosiale kohesie ongedaan. Sulke uitsprake verdiep die wantroue tussen swart en wit; ryk en arm; noord en suid op hierdie dorp. Dit beduiwel intermenslike verhoudinge.

Wat my op ons dorp pla is, ons het al die kundiges; al die bronne; al die inisiatiewe; al die goeie bedoelinge en daar gebeur net mooi niks interme van sosiale kohesie nie. Inteendeel, die armes word armer en die rykes superryk.

Ek het egter hoop dat eendag die plaas eienaar se kind onderrig van die plaaswerker se kind Stellenbosch Universiteit sal ontvang; die plaas eienaar se kind onderwys sal ontvang aan skole anderkant Merrimanlaan.

O, my Stellenbosc

h

se Nonnatjie

roep my...

Tydens die betogings in die 1980’s was ek op PC Petersen Primêr in Kylemore.

Daar was sprake dat die skool ontwrig sou word en ons nie klas sou kry nie. Niemand het geweet wat sou gebeur nie en ons was half opgewonde. Na ons gehoor het dat dinge in Idasvallei nie normaal is nie, het ons geweet dis net ‘n kwessie van tyd.

Die dag het aangebreek en met groot opwagting het ons uitgesien na duisende mense wat die skool sou invaar en ons uit ons klasse sou sit. Ons sou dan sing-sing in Skoolstraat afloop en selfs miskien ietsie aan die brand steek!

Dit was egter teleurstellend. Geen vryheidsvegters wat ons kom red teen die euwels van die samelewing nie. Ek dink daar was net 5 leerlinge wat geweier het om klas toe te gaan. Die res van ons was bietjie bang. Miskien het ons nie mooi besef waaroor alles gaan nie of miskien was ons bang vir ons ouers. “Jy sal elke dag skool toe gaan al moet ons jou in jou siekbed dra,” het my pa altyd gesê.

Ek onthou een van die onderwysers het met die 5 betogers gaan praat en na ‘n paar ure se ‘onderhandeling’ was die situasie ontlont. Teen 2’de pouse was die hele storie vergete.

Vanweë sy ligging het Kylemore meeste van die betogings vrygespring en het ons ‘half normaal’ aangegaan. My vriende op hoërskool in Idasvallei het gesê dis omdat ons van ‘n plaasskool kom!

Verlede maand was ek weer terug geneem na my nie-betoging-skooldae toe ek gaan fotos neem van die leerlinge wat staak oor die slegte situasie van hulle skoolgebou. Ek hoor dat daar vele vertoeë gerig was aan die onderwysdepartement oor die situasie en die staking was ‘n laaste uitweg om gehoor te word. Die staking het die gewensde uitwerking gehad want die gebou was gou-gou opgeknap.

Aan die ander kant wonder ek of ons nie besig is om ons kinders van kleins af groot te maak dat staking die antwoord is as daar nie gehoor word nie.

Ek kan ongelukkig tot vandag toe nie besluit wat die ergste was nie. ‘n Vervalle gebou waaraan die onder-wysdepartement min aandag skenk of die laerskoolkinders wat staak.

Of miskien sien mense ons nog steeds net as ‘n plaasskool...

In ‘n vorige uitgawe het Leon McClusky uit Noorweë geskryf en was hy op soek na sy ou klasmaats van 1978, Alecia Davids en Sharon Williams, by Klein Nederburg Hoërskool.

Riviernuus het die dames opgespoor en hul kontakbesonderhede aan Leon gestuur wie ons belowe het om ‘n opvolg artikel te skryf.

Page 3: Riviernuus

SIMONDIUMKom na die mens-mense

Besoek ons nuwe en verbeterde winkel in Simondium.Ons winterklerereeks is nou beskikbaar met ‘n verskeidenheid van kwaliteit handelsmerke bestand teen die nat en koue weer.

Hoofweg / R45 • 021 874 1650 (t) • 021 874 1111 (f) • www.kaapagri.co.za

Takbestuurder: Barry Perrins

BUITELEWE EN KAMPEERTOERUSTING • DIEREGESONDHEIDSPRODUKTE • TUINBESPROEING • TUINBOUBENODIGHEDE BOERDERYBENODIGHEDE • VEEVOER • BOUMATERIAAL • VEILIGHEIDSKLERE • VERF EN ALLES VIR DIE DOEN-DIT-SELF ENTOESIAS

sy finale toespraak aan die leerders was hy baie filosofies: “Ons dade, groot of klein, is klippies wat ons in die poel van die tyd gooi. Self verdwyn hulle, maar dit laat sirkels wat uitkring tot in ewigheid.”

‘n Leerder kom groet en die hoof gee vir oulaas advies wat waarskynlik op homself ook van toepassing is: “Sterkte my maat en geniet dit sonder om na enigiets te verlang wat jy dink jy nie reg gedoen het nie. Weet net, jy het dit reg gedoen...”

Riviernuus 10 Oktober 2013 ONS MENSEHul stories

3

De Vries roep halt"‘n Tyd wanneer jy moet kan onderskei wanneer genoeg, genoeg is"

“Dis nou tyd vir iemand anders.” Dit is die gevoel van Kylemore Hoërskool se uittredende hoof, mnr Adam De Vries.

Die skool het onlangs formeel totsiens gesê aan die man wie die laaste 11 jaar aan die stuur was. “Daar wag nou ander uitdagings vir my en verkies om te sê dat ek uittree en nie aftree nie,” sê hy.

Volgens mnr De Vries, wie 60 jaar oud word in 2014, kom daar ‘n keerpunt in mens se lewe wanneer jy moet besin oor die toekoms. “‘n Tyd wanneer jy moet kan onderskei wanneer genoeg, genoeg is.”

Een van sý keerpunte het gekom na die skool se swak matriekresultate in 2012. Verlede jaar het Kylemore Hoërskool se matrikulante ‘n teleurstellende 53.3% slaagpersentasie in hul finale eksamen behaal (30.6% laer as die 83.9% in 2011).

“Die uitslae was egter nie die hoofrede nie. Dit was amper ‘n bedekte seën en in Mei-maand van hierdie jaar het ek besluit om halt te roep. ‘n Maklike besluit was dit nie want ek is sedert 2002 die hoof en het baie geheg geraak aan die gemeenskap. Kylemore Hoërskool is geseën met die wonderlikste kind. Hiér kan ons ons seëninge tel en is dit nie soos die metro-skole nie. Ons het boonop uitstaande onderwyspersoneel om die skool tot hoër hoogtes te lei,” sê hy.

Sy plan is om by jeugontwikkeling betrokke te raak. “Ons kan nie net die jeug skuld gee vir al die probleme nie. Ons moet strukture vir hulle stig,” sê De Vries.

“Ek gaan ook nou-saamwerk met tersiêre instansies om ‘n gemeenskapskurrikulum

op die been te bring. Verder gaan ek ook my gewig ingooi om onderwysstudente te evalueer.”

De Vries laat ‘n groot leemte by Kylemore Hoërskool en sê hy sal sy tyd in die Dwarsriviervallei nooit vergeet nie. Tydens

“Daar wag nou ander uitdagings vir my en verkies

om te sê dat ek uittree en nie aftree nie”

Bo: Mnr Adam De Vries, uittredende hoof, stap vir die laaste keer deur die gange van Kylemore Hoërskool

Matric Exam Timetable

The final exam for our matrics is less than three weeks away.Riviernuus wishes all Grade 12's well with their preparations. Below is the exam time-table for the mainstream subjects:

Date Subject Duration

28-Oct English (P1) 2h

29-Oct Accounting 3h

isiXhosa (P1) 14:00 2.5h

30-Oct Afrikaans (P1) 2h

31-Oct English (P2) 2.5h

1-Nov Maths (P1) 3h

Maths Literacy (P1) 3h

4-Nov Religious Holiday5-Nov Maths (P2) 3h

Maths Literacy (P2) 3h

6-Nov Maths (P3) 14:00 2h

7-Nov Economics 3h

8-NovPhysical Science (Physics) (P1) 3h

11-NovPhysical Science (Chemistry) (P2) 3h

12-Nov Afrikaans (P2) 2.5h

13-Nov History (P1) 3h

isiXhosa (P2) 14:00 2h

15-Nov Life Science (P1) 2.5h

18-Nov Life Science (P2) 2.5h

19-Nov Afrikaans (P3) 14:00 2.5h

20-Nov Business Studies 3h

21-Nov isiXhosa (P3) 14:00 3h

22-Nov Geography Theory (P1) 3h

Geography Mapwork (P2) 14:00 1.5h

25-Nov English (P3) 2.5h

26-Nov Tourism 3h

27-Nov History (P2) 3h

All subjects to be written at 09:00, unless indicated otherwise.Riviernuus can not be held responsible for any incorrect information. Learners are to check the timetable with their schools.Source: wced.pgwc.gov.za

Page 4: Riviernuus

COMMUNITYAchievers

4 Riviernuus

Short film MINESH, written and directed by Shalin Sirkar of Chalia Films, has been selected into the Orizzonti section of 70th Venice Film Festival.

MINESH is the only South African film in the official selection of this year’s Venice Film festival.

Filmed in Kylemore, this 12minute film tells the story of 6 year old who runs away from home. Minesh played by Tristan De La Cruz (8) is an introverted boy, hanging about in the garden while his father

Kylemore film selected for Venice Film Festivallandscapes. When he walks in on a violent scene of his parents, he is shocked and afraid. He runs away and spends time in a wild forest. When he emerges from the overgrowth, he finds himself sucked into the world of a few street children. The film highlights the psychological plight of kids who are exposed to domestic violence.

MINESH is a South African, German and Danish co-production with Karl Baumgartner and Thanassis Karathanos of Pallas Film, Germany, Peter Aalbæk Jensen of Zentropa Entertainment, Denmark, and Shalin Sirkar of Chalia Films.

Twee wyke binne Stellenbosch Munisipaliteit (Wyke 22 en 16)* het onlangs ‘n leiersfiguur uit elke wyk vereer.

Dr Dawie van Velden (Wyk 22) en Me Magdalene Blankenburg (Wyk 16) is beide erken vir hul onbaatsugtelike gemeenskapswerk. Die twee het elk ‘n sertifikaat van waardering ontvang tydens ‘n funksie in Stellenbosch op 3 September. Dr van Velden was vereer vir sy rol as mediese praktisyn, dosent, navorser en joernalis en Me Blanckenburg vir haar rol in die bewusmaking en bevegting van HIV/VIGS.

Die inisiatief tussen die twee wyke staan bekend as Golf 2216. “Wyke 22 en 16 wil hierdeur sê ons is hier met ‘n doel. Ons wil voortaan met mekaar saamwerk en van mekaar leer in ons dorp se beste belang,” sê Raadslid Esther Groenewald van Wyk 22.Raadslid Valerie Fernandez van Wyk 16 sê

die wyk is haar lewe. “Ek ken omtrent elke mens in ons wyk en waar hy of sy woon. Vanaand gaan egter nie net oor die twee wyke nie, maar oor die breë gemeenskap,” sê sy. “Ons wil graag drie dinge bevorder: Respek teenoor jouself, respek teenoor ander en om verantwoordelik op te tree.”

Tydens sy toespraak het Burgemeester Conrad Sidego die twee wyke geluk gewens met Golf 2216. “Hierdie is die soort genesing wat ons nodig het in ons land,” het

Golf 2216 OUT OFAFRICA

Ms TEEN

hy gesê. “By reaching out to one another, we are crossing the Banhoek Barrier in Stellenbosch. There is a big difference between success and significance. Success is what you achieve and significance is what you do for others. Tonight we are recognising people that made a significant difference. It’s the size of your heart that determines your significance.”

* Wyk 22 dek die Brandwacht area en Wyk 16 ‘n gedeelte van Cloetesville.

Van links:Dr Dawie van

Velden (Wyk 22) en Me Magdalene

Blankenburg (Wyk 16) met hul

sertifikate van waardering

Van link staan Rowena Petersen, Ghoela Palm, Eileen Smith (Donateur), Lilian Palm, Henrietta Palm, Patricia Cyster, Yvonne Cyster, Serena James, Serene Lackay, Shelma Meyer, Dawn Williams, Lucille Brookes en Ursula Meyer.

In Riviernuus se uitgawe van Oktober 2012 het ons berig oor die vroue van Pniël Paint & Patch (PPP) wie ‘n skenking van Eileen Smith van die Boland Kwilters Gilde ontvang het.

Selfgemaakte kwilts

Die groep vroue het onmiddellik aan die werk gespring en die geskenkte materiaal en naaimasjien gebruik om hul eie kwilts te maak. Die kleurvolle kwilts is onlangs voltooi en die groep is baie trots op hul handewerk.

Tydens die skoolvakansie het PPP ook met 'n projek begin om kinders handwerk-vaardighede te leer. Die kinders het handskoene gebrei, handsakkies gemaak asook lap-verf gedoen.

Nikee Adams (18) from Kylemore was crowned Miss Teen Out of Africa at the Out of Africa beauty pageant held in Paarl.

She came out on top in the categories Best Body, Best Fun and Tourism Outfit and Best Interview. A modeling contract with Above Talent Model Management was also awarded to her.

“I will also be competing against other teens in Bulgaria in 2014,” says an ecstatic Nikee.

Foto

: Ign

atiu

s Vlo

k

Foto

: Lin

dsy

Palm

Phot

o su

pplie

d

Page 5: Riviernuus

Riviernuus COMMUNITYReligion

510 October 2013

In 1993 the council of Pniël Congregational Church asked Mr Freddie Simpson and Rochelle Adams to compose a song to commemorate the church’s 150 year anniversary.

The two accepted the challenge and came up with the Coram Deo which now is the official song of Pniël. Coram Deo is a Latin phrase loosely translated ‘in the presence of God’.

On Sunday 22 September, during a special service to celebrate the 20 year anniversary of the song, the church officially acknowledged the work of the two composers. According to Rochelle, the original assignment was given to Mr Simpson. “My task was to add the notes and I wanted it to sound a bit like ‘God Save the Queen’. It took me quite some time to come up with something that I was satisfied with,” she says. “I was teaching music at Klein Nederburg High in Paarl and worked on the song during my off-periods. I then decided to add another verse and never in my wildest dreams thought that it would

20 Years of Coram Deo

become the official town song. I can only thank God for the talent that He has given me to use in the community.”

For Mr Simpson this was one of the proudest and emotional moments in his life. “It is an enormous honour to have been part of this chapter in our history,” Simpson says. “My father was involved with the church’s 100 year celebrations and I was keen to be part of the 150’th. Through the words of the song I wanted to pay tribute to our forefathers for the vision they had for our town. Their vision resulted in Pniël becoming a central point for many things in

the Dwars River Valley. This is reflected in the words ‘And so Pniël became the well’.”

According to Simpson, Pniël faced many challenges that threatened to divide the town. “Despite the divisions, it was the different generations that carried the original vision forward. There will still be challenges in future and the only way we will overcome this is if we are in unity. As illustrated in the last sentence of the refrain: ‘Coram Deo, Coram Deo, united we stand’.”

A job well done, Mr Freddie & Rochelle!

WORDS OF THE CORAM DEO

At the foot of Simon’s MountainOur ancestors once dwelled

They put their faith in the Living FountainAnd so Pniël became the well

They were but a few God-fearing menBack in eighteen forty three

They had the glorious vision thenOf what Pniël would one day be

So let us lift up our voices and give praiseTo our proud ancestors

for their struggle so braveHonour and respect them for what they have done

Let us stand united in our beloved home town

Coram Deo, Coram Deo, united we stand

Wake the song of joy and gladnessFor glorious vic’tries won

For years of strife and struggleIn our beloved town

We praise the Lord AlmightyGuarding and guiding us

And pray for blessings rich and freeOn our beloved town

WORDSMr. Freddie Simpson, Ms. Rochelle Adams

MUSICMs. Rochelle Adams

’n Groep teoloë wat aan die Universiteit Stellenbosch se Fakul-teit Teologie en gemeentes in Stellenbosch verbonde is, het op Sondag 29 September die eerste ‘Preek van die Leek’-geleentheid aangebied.

Die preek van die leek is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat nou vir die eerste keer ook in Suid-Afrika, en wel in Stellenbosch geloods word.

“Vroeër het predikante groot invloed op die samelewing gehad,” sê Prof Ian Nell van die Fakulteit Teologie. “Hierdie rol word in moderne samelewings dikwels deur skrywers, komediante, joernaliste, politici en wetenskaplikes oorgeneem, veral wanneer dit kom by die kweek van ’n profetiese bewussyn oor brandende kwessies in die samelewing.

“Ons is nuuskierig om te sien hoe die optrede van so ’n persoon binne die ruimte van ’n kerkdiens kan tuiskom waar daar gebid, gesing, gelees en gepreek word,” het hy bygevoeg.

“Die openbare figure wat gaan preek is nie gekies op grond van hul religieuse geloofsoortuigings nie, maar op grond van hul dapper en kreatiewe deelname aan openbare debatte en hul invloed in die samelewing. Predikante van ons tyd dra lankal nie meer toga’s nie,” het hy gesê. Die inisiatief is ook nie geloofsgebonde nie en enigeen is welkom om die preke by te woon.

Beyers Truter, wynmaker, was op 6 Oktober aan die beurt. Van die ander leke-predikers wat reeds hul deelname bevestig het is Rhoda Kadalie (HUB van Impumelelo Social Innovations Centre en

politieke aktivis - 13 Okt), Conrad Sidego (burgemeester van Stellenbosch - 20 Okt) en dr Chris van der Merwe (HUB van Curro Privaat Skole - 27 Okt).

Die projekspan is van oordeel dat dit interessant en selfs spannend behoort te wees wanneer persone uit verkskillende omgewings met ’n Bybelteks in die hand op die kansel sou klim. Prof Amanda Gouws, professor by die US se Departement Politieke Wetenskap, was die eerste ‘leke-prediker’ en sy het juis ‘n spannende onderwerp aangeraak. Die titel van haar preek was “What it means when a King asks for a virgin” en het gehandel oor die kondisie waaronder vroue leef in wêreld wat deur mans gedomineer word. Sy het die teksverse in Genesis 34: 1-17 en Esther 2: 1-18 gebruik as motivering vir haar preek en gesê dat dit veronderstel is om uitlokkend (provocative) te wees.

Vir meer besonderhede asook Prof Gouws en Beyers Truter se preke, kan die webwerf van die projek besoek word by: http://preekvandieleek.co.za/tuis/

Die preekgeleenthede word om 18:00 in die kerkgebou van NG Kerk Stellenbosch Wes-gemeente gehou (hoek van Alexander- en Papegaaistraat). - Berig deur: Pia Nanny

die Preek van die Leek'Dominees' van hierdie tyd bestyg die kansel

Eerste 'leke-prediker': Prof. Amanda Gouws

Die teken van die tier:

Van links Abraham Jaftha

(Asher), Craig Damons (Gad), Eldeno Du Toit

(Zabelon) en Gareth Williams

(ook Zabelon)

Ons sien hulle gereeld kaalvoet stap en groot sakke dra. Hulle klere is gemaak van streepsakke en hulle spandeer gewoonlik etlike dae in die berg op soek na kruie.

Riviernuus het met vier Rastafariërs gepraat na hulle drie weke in die berge bo Kylemore deurgebring het.

“Ons lewe volgens die antieke tye,” sê Abraham Jaftha of Asher soos hy onder sy Rastafariër-broers bekend staan. “Die Bybel sê mens moet in sak en as lewe. Dit is so opgeteken in die boeke van Job en Openbaring. Dis hoekom ons in sakke geklee is en ons liggame met as bedek is.”

Eldeno Du Toit (Zabelon) sê hulle eet net vrugte en groente. “Ons is een met die natuur en eet nie vleis of vis nie. Ons eet niks wat deur mense doodgemaak is nie.”

In die drie weke op die berg het hulle verskeie kruie versamel wat hulle beoog om te verkoop. “Ons het Boeghoe, Bloublomsalie, Tiemie en nog vele ander,” sê Craig Damons (Gad).

Hierdie Rastafariërs kom uit verskillende dele van die Wes-Kaap (Ceres, Grassy Park, Kuilsrivier) en glo die geloof is hul roeping in die lewe. “Mense moet in harmonie met mekaar lewe,” sê Zabelon. “One Love!” sê hulle gelyktydig.

Rastas in ‘sak en as’

Checking the bellWinston Hendricks from Kylemore inspects the bell in the belfry of the historic St. Georges Church in Groot Drakenstein. The church is being renovated to prepare for the arrival of the new rector, Father Jo Humbles, in December.  Meanwhile Father Trevor Steyn is conducting service every weekend in the four Anglican churches in the parish and Polly Meyer has started Sunday school at St. Georges.

Coram DeoComposers:

From left Mr Freddie Simpson,

Ms Rochelle Adams and

Rev. Leon Klate

Phot

o su

pplie

d

Page 6: Riviernuus

GEMEENSKAPUitreiking

6 Riviernuus

- CHriSTELLE KLEIN

te pleeg. Sodra hulle egter onder Sylvia se hande deurgekom het, was daar nie meer sprake van selfmoord nie. Van die kinders was sommige kere sonder klere en sopnat net daar afgelaai.

Sylvia werk ook verskriklik baie met getraumatiseerde slagoffers. Sy stap ‘n pad met hulle totdat sy tevrede is met die resultate.

Sy mag wel Kylemore verlaat, maar is steeds van plan om haar gemeenskapsdiens in Worcester voor te sit.

Baie dankie vir 18 jaar se goeie werk in ons gemeenskap, Mev Benn. Kylemore is definitief een staatmaker armer.

Vir die afgelope 18 jaar het Sylvia Benn (regs) baie beteken vir die gemeenskap van Kylemore.

Sy het menige harte gesteel deur uit te reik na ander. Ongelukkig gaan sy Kylemore verlaat om in Worcester te gaan woon.

In die laat negentigs het sy as vrywillige by die welsyn aangesluit en die ‘Oog op die Kind’ kursus voltooi. Hierna het sy met groot liefde en passie met kinders begin werk. Haar vrywillge werk het later haar stokperdjie geword en sy het gewerk asof sy daarvoor betaal word!

Dit was egter nie genoeg nie en Sylvia het by die Groot-Drakenstein Polisie se trauma eenheid aangesluit. Later is haar huis as veiligheidshuis oopgestel en vir haar het dit nie saak gemaak watter tyd van die nag dit was nie - as die foon lui spring sy uit die bed om iemand te gaan help.

Daar was met tye baie kinders in haar huis aangeneem. Van hulle so jonk as 8 maande. Selfs tienermeisies wat dreig om selfmoord

Staatmaker Vrou verlaat Kylemore

Die Abba-netwerk vergader elke eerste Vrydag van die maand by die Stellen-bocsh Lodge. Hier kry rolspelers in die veld van substansafhanklikheid die geleentheid om hul projekte bekend te stel en te netwerk met ander.

Dit is ook ‘n geleentheid vir ondersteuning, hulp en verwysings.

Die Abba-netwerk is op 19 April 2001 deur Deronea Kotze en nog ander op die dorp gestig. Deronea is ‘n beheerraadslid van Abba en die koördineerder van die netwerk.  Vir verdere navrae, skakel Deronea by 021 888 0100.

netwerk

Die Abba netwerkers tydens September se geleentheid.

Smartie Town sluit Vrouemaand af

Me Elize Anthony en vriende het die vroue van Smartie Town bederf met ‘n ete in die Cloetesville Klubhuis om vrouemaand af te sluit.

Behalwe die smaaklike ete het die vroue ook na inspirende stories van gassprekers geluister. Magdalene Blanckenburg, wyksraadslid vir Wyk 16, het vertel oor

haar siektestryd en hoe sy dit elke keer oorwin het. Doreen Williams van Doreen’s Alterations het die vroue moed ingepraat oor morele waardes, werk en besigheid.

Tot groot vermaak van almal het die gaste deelgeneem aan speletjies en uit volle bors bekende liedjies saamgesing. Die foto bo wys die vroue en kinders van Smartie Town in ligte luim.

Bonnita Klaasen, wyksraadslid vir Wyk 17 in Cloetesville, het op 23 Augustus ‘n Vrouedag ontbyt vir die vroue in die wyk gereël.

“Ons doen baie vir baie mense. Ons is in vele gevalle die slagoffers en ‘survivors’. Dis hoekom ons die ontbyt verdien,” sê Bonnita. Verskeie sprekers het die vroue gemotiveer en bederf met geskenkbewyse en lekkernye.

‘I’m a survivor’

Andrea Jacobs (heelbo-links) en Elsie Paulse (onder-links) ontvang

geskenbewyse van Bonnita Klaasen.

Foto

ver

skaf

Page 7: Riviernuus

Dates Ward(s) and Chaiperson VenuesCOMMUNITY ROAD SHOWS start at 19:00

Thursday, 3 Oct 2013 5 – Cllr DD Joubert Brückner De Villiers Primary School

6 – Cllr NE Mcombring St Idas Primary School

Monday, 7 Oct 2013 18 – Cllr SJ Louw Klapmuts Primary School

Tuesday, 8 Oct 2013 7 – Cllr PJ Retief Doornbosch Hall

8 – Cllr Q Smit

9 – Cllr MG Smuts

10 – Cllr R Du Toit

22 – Cllr E Groenewald

Dates Ward(s) and Chaiperson VenuesCOMMUNITY ROAD SHOWS start at 19:00

Wednesday, 9 Oct 2013 12 – Cllr N Mananga-Gugushe Kayamandi High School (New)

13 – Cllr N Gcaza Kayamandi Community Hall

Thursday, 10 Oct 2013 20 – Cllr A Crombie Raithby Methodist Church

Monday, 14 Oct 2013 14 – Cllr P Sitshoti Kayamandi Community Hall

15 – Cllr L Ronoti

1 - Clr A Frazenburg Groendal Community Hall

2 – Cllr N Ntsunguzi

Tuesday, 15 Oct 2013 21 – Cllr EL Maree Rhynse Church

4 – Cllr MC Johnson Kylemore Community Hall

Wednesday, 16 Oct 2013 19 – Cllr JK Hendriks Bottelary Tennis Court

Thursday, 17 Oct 2013 17 – Cllr P Biscombe VGK Church- Cloetesville

Monday, 21 Oct 2013 11 – Cllr JP Serdyn Huis Horizon

3 – Cllr NM August Wemmershoek Hall

Tuesday, 22 Oct 2013 16 – Cllr V Fernandez Eike Hall (Cloetesville)

Page 8: Riviernuus

FOCUSMillion Trees Project

8 Riviernuus

30 Nuwe fabrieke in Jamestown“Daar is reeds honderde fabrieke in Jamestown en die dorp kry vandag nog 30 by,” sê die Speaker van Stellenbosch Munisipaliteit, Raadslid Cyril Jooste.

“Die belangrike ding van fabrieke is dat hulle iets produseer wat mense kan gebruik. Die 30 nuwe fabrieke produseer suurstof en ons noem hulle bome.” Die speaker het gepraat tydens die aanplanting van 30 nuwe bome by Weber Gedenk Primêr as deel van Boomplantweek en die munisipaliteit se 1 Million Tree Projek.

Van die bome wat geplant is, is die Kruisbessieboom (Suid-Afrika se Boom van die Jaar). Jooste het gesê indien alle bome as fabrieke gesien word, is hierdie boom beslis ook ‘n fabriekswinkel (factory shop). “Voëls en insekte gebruik die boom se blare, takke en vrugte. Wanneer die boom groot

is, kan mense selfs konfyt van die vrugte maak.”

Die Speaker het ‘n Chinese gesegde aangehaal wat sê dat die beste tyd om ‘n boom te plant 20 jaar gelede is. Die tweede beste tyd is nou.

Behalwe die speaker se toespraak, het van die leerlinge ook oor belangrike onderwerpe gepraat: Annuschka Jacobs het gepraat oor Bome van die Bybel, Fabian Daniëls oor indringerbome, Lindsey Wenn het gepraat oor die belangrikheid van bome plant, Mia Cooksend het verduidelik hoe om ‘n boom te plant, Sebastian Jonkers oor aardverwarming en Chantal Stuurman het afgesluit met die herwinning van bome.

Die Spier Wines Forum, wat bestaan uit vrywillige personeel van die wynlandgoed het ook gehelp om die 30 bome aan te plant.

BLESSiNG OF THE TrEESAs part of Arbour Week and their 1 Million Tree Project, Stellenbosch recently held their Blessing of the Trees Ceremony in Church Street.

This historical street was cordoned off for the event and transformed into an impressive outdoor venue.

The deputy mayor, Councillor Martin Smuts, thanked the municipal team for organising the occasion and creating awareness. “Council has Green Economy as a main goal. I therefore invite businesses and individuals to participate in the 1 Million Tree project as part of social investment. Planting trees change lives and dignity,” the deputy concluded.

In a very entertaining and informative speech, Councillor Pietman Retief took the audience on a historic journey on the daily lives of Adam Tas and his friends who frequented Church Street during their days. “Tonight Adam would have looked up his friends Hans Conderman and Jan Bothma to share a drink or two. Although Adam was a Jew, he had a lot to say about the members of the church (where De Ouwe Werf is currently situated). Adam would most probably told us about the affair between Jan Kats and the pastor’s wife,” Retief said to the laughter of the crowd.

“It was Willem Adrian van der Stel, son of Simon, who instructed that 12 000 oak trees be transported from Constantia to Stellenbosch. 8 000 of these trees were planted in Stellenbosch and 4 000 were destined for Groot-Drakenstein.”

Fittingly three oak trees were recently planted in Church Street which restored the character of the street. This was done in collaboration with the municipality’s strategic partners Spier, Trees SA, 1000 Trees Project, Leaf-a-Legacy and Wildlands Conservation Trust.

Dr Andrew Venter, CEO of Wildlands, encouraged everybody to adopt and plant a tree. “In doing so you will help to establish green and leafy communities,” he said.

A memorandum of understanding was signed between Wildlands Conservation Trust, Leaf-a-Legacy and Stellenbosch Municipality. Wildlands and its partners have well established mechanisms for supporting and enabling the municipality’s Million Trees Project by disadvantaged and marginalised community members. Leaf-a-Legacy is developing a community project aimed at job creation, greening the environment and creating a culture of cooperation amongst the communities of Stellenbosch. The trees were officially blessed by Pastor Mac Adaimi of the Shofar Congregation.

Waaierpalm ParkDie nuwe en verbeterde Waaierpalm Park in Cloetesville is onlangs amptelik geopen.

Dié parkie wat vernoem is na die straat waarin dit geleë is, is ‘n toonbeeld van die gemeenskap se inisiatief en uithouvermoeë om ‘n beter omgewing te skep.

Volgens mnr Leonard De Villiers (Dok), een van die dryfvere agter die parkie, het die gemeenskap self eienaarskap geneem en begin omsien na die park. “Ek het eendag op my stoep gesit en gestaar na die vaal vlakte voor my wat veronderstel was om ‘n parkie te wees. Daar was niks gras en dit was definitief nie ‘n plek waar kinders lekker kon speel nie. Ek en my bure het ‘n komitee gevorm en met die hulp van Stellenbosch Munisipaliteit het dinge stelselmatig begin verander,” sê Dok.

“In 2012 het ons die munisipaliteit gevra om gras aan te lê. Daarna het ons gevra vir besproeiing, later vir rubber onder matte, nuwe speelapparate, toe dreinering en vandag

kry ons nog bome ook,” sê hy opgewonde. “Ons wil ons raadslid Paul Biscombe baie dankie sê vir sy rol. Ons komitee kom al ‘n lang pad met hom aan en hy is beslis ‘n man van sy woord.”

Gerald Esau van die munisipaliteit het gesê hierdie is die parkie met die beste uitsig in Stellenbosch. “Die park is vir al die inwoners van die wyk asook die res van Stellenbosch.” Gerald het ook voorgestel dat drie van die bome wat geplant was, die name kry Peace, Prosperity en Unity om die simboliek van die geleentheid uit te beeld. Die nuwe bome vorm deel van die munisipaliteit se 1 Million Trees projek.

Die parkie se besproeiing word deur die gemeenskap behartig en inwoners het selfs ekstra ‘pop-ups’ installeer. Die kinders in die area was ook bedank vir hulle samewerking deurdat hulle altyd vullis in die dromme gooi. Aan die einde van die verrigtinge het die munisipaliteit die kinders met vrugte en lekkernye bederf.

Alroy Cyster (links)van Stellenbosch Munisipaliteit en inwoner Leonard (Dok) De Villiers

vier die opening van Waaierpalm Park in

Cloetesville.

2885 Trees have been planted since 22 April 2013

Sharon October, Dries Mellet, Alana Mellet (all from PSG)

Dennis Moss (Dennis Moss Partnership), Cllr Pietman Retief, Shanaé Lawrence (Riviernuus)

Samantha Travis and Mia Groenewald

( both Reliance Compost)

Above: Lydia Willems (Leaf-a-Legacy), Acting

Mayor Martin Smuts, Dr Rian Venter

(Wildlands Conservation)

Left: Jacques Rossouw (Distell),

Randall Wicombe

Right: Luceille andGerald Esau (Municipality)

Page 9: Riviernuus

Riviernuus FOKUSKuns & Kultuur

910 Oktober 2013

idasvallei stal fotos uitIn ‘n poging om Idasvallei se erfenis te bewaar het twee inwoners, Warren Carstens en Christo Maart, onlangs ‘n foto uitstalling in die Idasvallei biblioteek aangebied.

Die uitstalling vorm deel van ‘n groter projek om Idasvallei se erfenis te dokumenteer.

“Vanaand is ‘n informele afskop van ‘n projek om die geskiedenis van Idasvallei na te vors en vas te vang,” het die seremoniemeester Otto van Noie gesê. “Warren en Christo het ‘n passie vir die geskiedenis en het die biblioteek genader om die uitstalling aan te bied. Die biblioteek sal dus voortaan as basis vir die uitstalling wees en die hele projek sal onder die vaandel van die Idasvallei Leraarskring dien,” sê van Noie. “Hierdie is ‘n gemeenskapsprojek en ons is bly die Leraarskring het ingestem om die projek te bestuur. Die Leraarskring bestaan nie net uit kerke nie, maar ook uit die Moslem gemeenskap en ander organisasies. Hulle is dus die perfekte kandidate vir die projek.”

Me Colleen Adonis van die biblioteek, het gesê dat alles uit ons verlede deel is van ons erfenis. “Ons moet dit beskerm sodat ons dit aan geslagte kan oordra. Idasvallei het ‘n baie ryk erfenis en van die fotos op uitstalling bevat 2’de en 3’de geslagte van

families. Christo is verantwoordelik vir baie van die fotos en almal van hulle vertel ‘n storie,” sê Colleen.

Tydens die geleentheid het Me Sophie Daniëls, ‘n welbekende afgetrede onder-wyser, die gehoor vertel hoe families van omliggende plase hulle in Idasvallei kom vestig het. Me Daniëls onthou elke familie, watter kerk hulle aan behoort het en watter beroep elkeen gehad het.

Me Matthew Cyster, trustee van die Pniël Erfenis Trust wat onlangs die Pniël

Museum opgerig het, het gepraat oor die belangrikheid van so ‘n projek. “Indien ons ‘n opname oor prioriteite in ons gemeenskap moet neem, sal erfenis baie laag op die lys verskyn,” sê mnr Cyster. “Tussen werk, kinders en skool het ons nie baie tyd om nog aan erfenis te dink nie. Ek dink die Idasvallei projek kon nie op ‘n beter tyd plaasgevind het nie.” Hy het saamgestem dat die Leraarskring die perfekte organisasie is om die projek te dryf en het homself ook beskikbaar gestel vir enige advies.

Ter afsluting het mnr van Noie gesê dat die proses nie in ‘n maand se tyd afgehandel kan word nie. “As ‘n begin wil ons graag hê dat mense hulle bronne soos portrette, fotos en geskrewe dokumentasie aan ons beskikbaar moet stel. Almal is welkom om by te dra, selfs diegene wie nie meer in Idasvallei woon nie.”

Vir verdere informasie of om bronne beskibaar te stel, kontak asb Me Colleen Adonis by die biblioteek: 021 808 8148.

Trots op Idasvallei se erfenis, van links Christo Maart, Me Sophie Daniëls, Me Colleen Adonis

en Warren Carstens.

Warren Carstens wys

‘n ou foto.

Die Ou Ben Venito Hotel

Chinese Girl Returns to South Africa

Chinese Girl, an iconic painting by South African artist Vladimir Tretchikoff, was recently purchased by Laurence Graff, owner of Delaire Graff Wine Estate on Helshoogte Pass.

The painting is one of the most widely reproduced and recognisable in the world.

Frequently named as one of the world’s top art collectors (June 2012, Art News) Graff paid just below one million pounds (R14 mil) for the painting at Bonhams auction house in Central London. Commenting on his recent acquisition, Mr Graff said: “As a young man, I noticed the image of Tretchikoff’s Chinese Girl continuously displayed in many different locations in

print form. It was the first piece of art that made an impact on me, and I believe ignited my interest and passion for art. You can imagine my surprise to have learned of the sale of the original painting and of course, my decision to buy it was immediate.”

Tretchikoff painted with oils and watercolours and died in Cape Town in 2006 at the age of 92.

Chinese Girl will be exhibited for public display at the Delaire Graff Estate from 1 December. The painting’s arrival will be marked by a special launch event, which will be used to raise funds for Mr Graff’s charitable foundation, FACET (For Africa’s Children Every Time).

At Rivendell we pride our horses not only for their beauty and quality but for their temperament, ridability and spirit. Our wide range of stallions also ensures we have something to suit your needs, whether you are looking for a top eventer, a dressage champion or a steady all rounder.

With the use of not only imported warmblood stallions but also some of South Africa's finest Thoroughbred bloodlines, Rivendell is producing young horses that were born to be athletes and if produced correctly they will without doubt compete on an international level.

www.Rivendellstud.co.za | Karin 084 598 5981Photography & Design by www.TracyRobertson.co.za

Page 10: Riviernuus

Gebeure

FOKUS10 Riviernuus

Wat sê Stellenbosch oor Mandela?

Dit gaan nie net oor die beeld nie, maar oor die hele area voor die stadsaal. Die beeld is eintlik die hele grasperk met bankies en nie net die 'blok' nie. Ek het nooit van die parkering en verkeerstekens voor die stadsaal gehou nie en na die munisipaliteit my genader het oor die projek, het ek gedink dit is nou my kans om voor die stadsaal skoon te maak! Die stadsaal is basies 'n wit blok met bruin hortjies en dis hoekom die beeld bestaan uit ‘n wit blok met geroeste bruin yster. Die beeld en meditasie bankie lyn ook op met die vensters van die stadsaal en munisipale gebou. Mense kan nou op die bankies sit en hulself afvra of hulle ook kan vergewe soos Mandela vergewe het.

Mens verwag altyd brons beelde, maar in die geval het ek iets gesoek wat mens se konsentrasie verg, iets intellektueel. Meeste beelde sien mens ook net in die dag. Hierdie beeld het twee lewens. Een in die dag en een in die nag. Die spierwit ligte in die aand laat dit duidelik uitstaan. Mens kan selfs die ligte verander na gelang van die tema, bv rooi vir HIV/VIGS, groen vir omgewing, ens. En natuurlik, die stadsaal wys weer mooi.

Strydom van der Merwe (Die kunstenaar)

Kirsten Muir (left)(Deputy Head Girl, Rhenish Girls' High School)It is beautiful. I like the fact that it's unique. It’s not your normal statue and the artist incorporated everything.Fei-fei Xukan(Head Girl, Rhenish Girls' High School) It is very well thought out. It is appropriate and match the buildings and surroundings.

JC AnthonyIn my eerlike opinie is dit iets wat die dorp nodig het. Mandela was ‘n dinamiese mens en hierdie is ‘n goeie nalatenskap vir wat hy in Stellenbosch gedoen het.

Ansaaf Crombie (links)(Raadslid)Dis ‘n groot gebeurtenis in ons lewe!Nellie LoubserEk is baie dankbaar, veral vir die wat met die idee opgekom het. Thank the Lord, Mandela deserves this.

James Fourie(Raadslid)Dis fantasties. Dit pas mooi in by Stellenbosch se kultuur en omgewing. Dis ‘n wonderlike funksie en sê baie van die etos van samewerking in Stellenbosch.

Zandre Michaels (links) (Hoofseun, Pieter Langeveldt Primêr)Dis baie mooi en iets anders. Ek het iets anders verwag, maar dit is baie oorspronklik.Amray Stuurman (Hoofdogter, Pieter Langeveldt Primêr) Daar is sekerlik geskiedenis gemaak in Stellenbosch. Ek het nog nooit so iets gesien nie.

Alayne Reesberg(CEO, World Design Capital 2014)This event is above party politics. The statue is fabulous. It was so unexpected. To think that a piece of metal would have such an impact. It also works very well with negative space.

Andi Norton (Project Manager for the Unveiling Project)I am very proud. Although there are statues of Mandela in Gauteng and even at the old Victor Verster prison, it almost feels as if Stellenbosch has done something groundbreaking. It even looks as if Mandela is smiling at us. We are lucky to have Strydom van der Merwe as resident to have given something of world class.

CA De Bruyn (Burgemeester, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit)Dit is pragtig en ‘n totale afwyking van dit wat mens verwag van ‘n Madiba-beeld. Uniek en verskriklik skeppend met die visuele en geografiese koppeling. Mens moet eintlik tyd spandeer en rondom die beeld loop om dit te waardeer. Dit herinner my baie aan die Kennedy grafte in Washington.

Donovan Joubert (Raadslid)Dit lyk baie goed. Ek hoop ons Stellenboschers sal Madiba se voorbeeld volg van deernis, respek en liefde.

Sandra Jooste (links)(Raadslid)Baie mense weet nie wat dit is nie. As jy nie in kuns is nie, gaan jy nie sommer weet wat dit is nie. Ivan Meyer se toespraak was baie emosioneel en het my geraak.Malcolm Johnson(Raadslid)Mandela word gesien as die voorstander van versoening en die beeld spreek warmte van versoening. Dis ‘n eer om te kan vereenselwig met wat vandag gebeur het.

Maxwell MthiniI am very happy. The statue looks 100%. Why should we go to other towns in South Africa to see Madiba? Mandela is now in Stellenbosch.

Annemarie Ferns(HUB, Stellenbosch 360)‘n Briljante konsep. Dit weerspieël versoening, hoop en vergifnis. Hierdie pragtige denkbeeld is ook goed vir toerisme en gaan nog duisende na ons dorp lok.

Milton van Wyk(Onderwyser, Pniël Primêr)Die minsiter se toespraak was tops. Hy het dit oorgedra met passie. Mens moenie altyd net oor politiek praat nie. Ek het ‘n nuwe woord geleer: Kulturele Warmte. Die standbeeld versinnebeeld kulturele warmte, veral in Stellenbosch waar apartheid eintlik begin het.

Pieter van Huyningen(Stellenbosch Innovation District)Dis werklik baie mooi gedoen veral in ‘n dorp met ‘n geskiedenis van apartheidsleiers. Dink net aan die storie van vereniging wat ons oor 30 jaar kan vertel. Ons moet die kutluur en kunste gebruik om by mekaar te leer.

Amanda Notile (centre)(Teacher, Makupula High)This is a living history. His spirit will live through this.

Paul Biscombe (Raadslid)Dit is iets besonders en nie stereotiep nie. Die suiwer boodskap wat dit uitstuur is iets besonders.

Xoliswa Mdemka(Councillor)You have to look twice to realise the beauty of the statue. It is a good memorial of Mandela. We believe in cultural warmth and may he get well soon.

Sophie Louw(Raadslid)Soos die minister gesê het: Dit moet die begin wees vir ons in Stellenbosch. Ons moet diversiteit uitbeeld.

By die onthulling van die Mandela-beeld voor die stadsaal op 2 Oktober, het Riviernuus by sommige van die gaste gaan uitvind wat hulle van die beeld dink.

Page 11: Riviernuus

UNVEILING MADIBA

“Nelson Mandela was the architect of cultural warmth.” These were the words of Western Cape Minister of Cultural Affairs and Sport, Dr Ivan Meyer, at the unveiling of a statue in honour of our former president Nelson Mandela.

The statue, in front of the town hall, was unveiled on 2 October and the dignified yet elegant ceremony was attended by many prominent Stellenboschers. Among the guests were acting mayor Councillor Martin Smuts, teachers and learners from local schools and other important dignitaries.

The statue was designed and erected by renowned local artist Strydom van der Merwe and it also received the stamp

of approval from the Nelson Mandela Foundation.

The minister went on to say that this is a great moment for Stellenbosch. “It is a clear intention to show that Stellenbosch belongs to everyone. It is also fitting that civic leaders pay tribute to mr Mandela in this way.”

Minister Meyer gave a brief history of Madiba’s childhood. “Mandela’s father was a chief but after a white magistrate received a complaint from a neighbour about the chief’s cattle grazing on his land, the magistrate punished Mandela’s father by taking away his cattle, land and stripping him of his chieftaincy,” Meyer said.

“There was no greater pain for a young Mandela to see his father getting stripped from his chieftaincy. He probably had all

the right to be angry. However, he didn’t retaliate and what we can learn from this is that one must do what others don’t expect you to do.”

The minister used the example of Mandela’s visit to Ms Betsie Verwoerd in 1995 at her home in Orania. “Mandela spoke to her in Afrikaans - in a language of cultural warmth. Ms Verwoerd served Mandela tea in her best tea-set and offered him koeksisters. The former first lady actually offered Mandela cultural warmth. We must therefore strive to practice the value of cultural warmth that Nelson Mandela taught us. Cultural warmth is in abundance and it is free.

“When we unveil his statue we are stepping back, thus saying we are moving away from ethnocentrism. This historic occasion asks us to move in a direction that celebrates

your culture, my culture, our heritage,” the minister said.

The minister ended off by saying one of Mandela’s other values was that he was very disciplined and always on time. “If we want to live by Mandela’s values, we should also always be on time.”

In thanking everyone for their contribution to this project, the acting mayor said the municipality achieved what they set out to do. “This project was a short, but exciting walk to freedom,” Councillor Smuts said.

He drew the audience’s attention to the three major features at the town hall: the 1679 town gable which depicts a mould of the VOC; the war memorable for everyone in Stellenbosch who lost their lives during wars and now the statue of Mandela.

Left: Minister Ivan Meyer, unveils the Mandela statue.

From right: Acting mayor, Councilor Martin Smuts,

Minister Meyer, Strydom van der Merwe

and Ms Smuts.

Right: Mr Mandela's quote:"Never, never and never shall it be that this beautiful land

will again experience the oppression of one by another."

Riviernuus 10 October 2013 Brought to you by

Page 12: Riviernuus

FOKUSKwessies

12 Riviernuus

Riviernuus is in besit van die volledige lys van ondernemings. Hier is ‘n uittreksel:

MUNISIPALITEIT IDASVALLEI SPORTRAAD

Voorbereiding en instandhouding van krieketvelde.Aanstelling van ‘n hulp vir die sportgrond operateur te Idasvallei sportgronde.Tydelike werker vir 7 maande.

Idasvallei Sportraad verskaf moontlike name van persone wat beskik oor ondervinding van krieketveld voorbereiding.Hanteer alle aktiwiteite wat hul eie assistent betref (Baas).

Aanmoediging van skoon sport- en fasiliteite administrasie.

Verskaf van die volgende maandelikse administratiewe dokumentasie:• Maandelikse verslae van genotuleerde

vergaderings• Lys van speelroosters• Lys van maandelikse verhurings

Implementering :• Kapitale projekte in samewerking met

Sportsraad

Verskaf insette in die voorbereiding en opstel van spesifikasies.

Opgradering van informele sportruimte aan die agterkant van die A-rugbyveld as addisionele oefenfasiliteite.

Verskaf hulp met voorbereiding.

Samestelling van ‘n fasiliteitsbestuursplan in samewerking met Sportraad.• Inspeksies• Terreinbestuur• Opleiding• Speelrooster vir gebruik

Samestelling van ‘n fasiliteitsbestuursplan in samewerking met Munisipaliteit.• Voorraad opname• Inspeksies• Terreinbestuur• Opleiding

Addisionele befondsing – die Munisipaliteit sal ondersteuning verleen indien vorm voltooi moet word.

Lotto aansoek

Idasvallei Krieket'Dit reën te veel. Ons het te min mannekrag. Ons het te veel velde wat onderhou moet word. Ons het ‘n tekort aan bevoegde werknemers om die velde voor te berei.'

Hierdie is van die verskonings en redes wat deur die jare aangevoer is vir die haglike stand van ons krieketfasiliteite in Idasvallei. Ongelukkig het niks nog verander nie. Ons trek nog steeds aan die agterste speen wat fasiliteite betref. Die ironie is dat sekere klubs in Stellenbosch, wat ook onder Munisipale beheer is, selde hierdie probleme ondervind. Dit reën seker slegs in Idasvallei en al die mannekrag word seker elders ingespan deur bevoegde werknemers.

As bekommerde inwoner en krieketklublid het hierdie situasie ondraaglik geword. Ons het op 6 Julie saam met die Idasvallei Sportraad ‘n protesoptog gehou na die Stadsaal, waar ‘n petisie aan die munisipaliteit oorhandig is. Sekere terug-voer is ontvang oor van die aspekte wat aangeraak is, maar dit wil voorkom asof die pleidooi van krieket in Idasvallei weer op dowe ore geval het. Daar is weer ‘n brief op 9 September na die Munisipaliteit gestuur rakende die krieketgeriewe in Idasvallei. Ons wag steeds vir ‘n amptelike terugvoer en AKSIE.

Verlede jaar is daar ook vergader met amptenare van die Munisipaliteit rakende dieselfde probleme en oplossings is probeer vind. Ons klub het ook aangedui dat die

Munisipaliteit hulle volle samewerking het met enige aksies wat beplan sou word. Dinge het vir ‘n maand gelyk asof dit in die regte rigting beweeg, maar ongelukkig het dit daarna weer na ‘normaal’ terug gekeer.

Ons seisoen het amptelik op 5 Oktober begin met ‘n vriendskaplike wedstryd op Idasvallei en hierdie week skop die liga af. Hoe kan ons voorberei op sulke sub-standaard geriewe? Ons kompeteer in die Top Liga van Boland se Klubkrieket en is dit waarmee ons moet saamleef?

Ons het wel begrip vir die feit dat dit dalk moeilik sou wees om ons speelvelde te onderhou en voor te berei in die winter, aangesien daar rugby gespeel word, maar ons oefengeriewe? Daar is GEEN verskoning waarom ons oefen-nette in hierdie toestand moet wees nie. Die “turf” oefenblaaie is basies onbruikbaar omdat dit nie onderhou word nie. Ons sement oefenblaaie is ‘n gevaar vir enige speler. Ons het verlede jaar begin met ‘n ontwikkelingsprojek waar ons jong spelers die geleenthede wil gee om

Gevaar: Skerp Punte is die opinie van die skrywer en nie noodwendig die van Riviernuus nie.

GEVAAR:Skerp Puntemet

- SHirLE C O R N E L I S S E N

krieket te speel. Hoekom moet ons kinders opgroei met sub-standaard fasiliteite?

Ons vra nie vir die beste krieket fasiliteite nie, net dat dit ten minste op standaard moet wees vir oefening en wedstryde. As daar nie genoeg bevoegde mense is nie, kry dan mense. Daar is baie werklose mense in Idasvallei wat deur die Munisipaliteit bemagtig kan word deur hulle op kursusse te stuur wat aan hulle die nodige vaardighede sal bied om hierdie werk te verrig. Stel hulle dan kontraktueel aan vir die krieketseisoen. Ons kan nie elke keer na dieselfde verskonings luister nie. Die tyd het gekom vir AKSIE vanaf ons gemeenskap, klubs ens.

Indien die verskonings en redes, soos bo genoem, ‘n realiteit is, moet ALLE krieketvelde onder Munisipale beheer dieselfde lyk. Ongelukkig weet ons dit is nie die geval nie. Sekere velde is net eenvoudig op ‘n beter standaard as ander. By sekere velde word daar miskien ekstra aandag gegee.

Wanneer gaan die dag aanbreek dat ons op ‘n gelyke voet kan meeding? Wat beteken ons ‘kruisies’ tydens verkiesings? Ek is bewus dat daar wel ook ander sosiale kwessies is wat aandag moet geniet, maar Sport is ‘n integrale deel van opvoeding en sosiale ontwikkeling. Wanneer gaan ons daadwerklik daaraan begin aandag gee? Of wag ons weer vir die volgende verkiesing om ‘n klomp leë beloftes te maak? Nee wat, my kruisie word gereserveer vir die dag dat daar wel verandering begin plaasvind.

MUNISIPALITEIT IDASVALLEI SPORTRAAD

BMX baan Sportraad moet deel vorm van die plasing van die BMX baan. Fondse vanaf Dept van Sport.

Hokkieveld vir sokkeroefening : Die Munisipaliteit laat die bestuur van velde vir oefeninge aan die Sportraad oor.

Sportraad besluit oor die aanwending van die hokkieveld as addisionele sportgerief.

Sekuriteit :• Eksterne sekuriteitswagte.• Munisipaliteit sal ondersoek instel of die

kontrak nie aan die Polisie, Buurtwag oorgedra kan word nie.

Sekuriteit : Sportraad verantwoordelik vir • Intern gebou en strukture.• Alarm in die gebou.

Toilette herstel

Bou deur toe by hokkieveld om verdere vandalisme te voorkom.

Sportraad sal na alternatiewe gebruiks-moontlikhede van die perseel moet kyk.

Munisipaliteit installeer Pre-paid meters. Pre-paid elektrisiteitsmeters.

Ligte is reeds afgehandel. Ligte reeds afgehandel.

MOU - LuckhoffMOU – Luckhoff – Sportraad moet leiding neem en vergaderings reël met Dept Onderwys en Munisipaliteit.

Teen druktyd het Riviernuus verneem dat die gras by die krieketnette gesny is. Blykbaar is iemand ook op kontrakbasis deur die munisipaliteit aangestel. Die aanstelling kon egter nie bevestig word nie.

Fotos verskaf

TERUGVOER VANAF MUNISIPALITEIT:Gerald Esau, Bestuurder Gemeenskapsdiente, Stellenbosch Munisipaliteit:

Tydens ‘n vergadering tussen myself en Rhodes Benting van die Idasvallei Sportraad, is sterk ondernemings gemaak vir die verbetering van die bestuur van die fasiliteite. As Munisipaliteit het ons ook onderneem om addisionele hulp te voorsien vir die instandhouding van die krieketvelde te Idasvallei. Werkverrigting te Idasvallei is belemmer deur die ongure weeromstandighede wat die afgelope week geheers het in Stellenbosch.

Page 13: Riviernuus

In 'n Petroljoggie se skoene

Ek wou nog altyd weet hoe dit voel om ‘n petroljoggie te wees! "Hoeveel petrol? Watter tipe? Olie? Vensters? Water?" Hoe moeilik kan dit nou weees? En indien daar nie motors is nie, kyk jy TV, luister radio of lees ‘n boek...

Met die staking van petroljoggies het ek dus my kans aangegryp en my dienste aangebied by Total Simonsrust. Gewapen met warm klere, kos, fles koffie (en ‘n boek) meld ek om 18:00 vir diens aan op Dinsdag 17 September vir my twaalf-ure skof. Kry my ‘crash course’ by mede-eienaar, Corne Lotriet, en om 18:10 bedien ek my eerste kliënt met R200 unleaded!

Dit het my ‘n tydjie geneem om te besef dat LRP die rooi pomp is en ‘Unleaded’ die groene. ‘n Paar keer het ek die verkeerde pomp in die hand gehad en gelukkig betyds my fout agtergekom. Dit kan maklik gebeur dat jou aandag vir ‘n paar sekondes afgetrek word en jy bietjie meer ingooi as wat jy moet.

Ek dink ek het in totaal sowat R6 000 se petrol ingegooi en selfs ‘n paar rand se tips verdien. ‘n Barmhartige Samaritaan het my twee liqui-fruits en ‘n 'whole nut chocolate' gekoop. Sy’t my seker bietjie jammer gekry! Dan is daar die dame wat R20 kom ingooi het en nog wou hê

ek moes haar vensters was. Dit terwyl die reën neerval en haar ruitveërs in goeie toestand was! Die aand het verder redelik goed verloop en die res van die span het dit baie maklik gemaak.

Indien jy wil weet hoe moeilik dit finansieël met mense gaan, is die petrolstasie ‘n goeie barometer. Skielik het ek nie meer so sleg gevoel om net R50 se petrol in te gooi wanneer ek ‘n vulstasie besoek nie. Daar is nog baie ander wat ook in dieselfde bootjie is. Seker net twee mense het gesê: “Fill up please!”

In die verlede het ek my half vererg wanneer petroljoggies my tot drie keer vra wat en hoeveel ek wil ‘ingooi’. Ek besef nou dat dit definitief nie so maklik is soos dit voorkom nie.

Ongelukkig het ek nie tyd gehad om my boek te lees nie! Dit het begin stil raak en teen 22:30 was daar besluit om die garage toe te maak. R135 later (R35 vir tips) het ek nuwe respek vir beide petroljoggies en garage eienaars en sal nie sommer weer hul diens as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek't ook besef dat ek liefs by joernalistiek moet bly!

Dankie Corne, Natalie, Deline, Terence, Ryan, Tinkie en Desmond. Dit was uitputtend maar groot pret!

Bouwerk aan ‘n nuwe skoolgebou vir PC Pietersen Primêr in Kylemore kan moontlik eers oor drie jaar in die 2016/17 finansiële boekjaar begin.

Na die onlangse staking deur ouers en leerlinge asook ‘n publieke vergadering waar verteenwoordigers van die Weskaapse Onderwys Departement die gemeenskap verseker het dat ‘n nuwe skool in 2015/16 gebou sal word, het Riviernuus verdere navrae gedoen oor die beloofde nuwe skool.

Dit blyk nou dat daar slegs begroot is vir die omgewingsimpakstudie in 2015/16. Indien daar geen klagtes of enige struikelblokke tydens die studie opduik nie, sal die nuwe skool moontlik eers die jaar daarna gebou word (indien daarvoor begroot word).

Die bestaande gebou het nog gepleisterde gipsportmure (rhino board dry walls) en sekere areas het nog asbesdakke. Dit maak

Nuwe skool vir PC eers in 2017

The Black Business Unity Stellenbosch (BBUS) recently signed a Memorandum of Understanding (MOU) with the Stellenbosch Municipality at a formal function.

According to Widmark Moses, Local Economic Development (LED) Manager at the municipality, the MOU is the start of a formal structure where black businesses will start communicating with the municipality.

The organisation, which is the brainchild of local councillor Franklin Adams, aims to support, promote and empower black businesses in Stellenbosch. The BBUS will act as parent organisation for individual businesses and affiliations and will negotiate with the municipality on their behalf. Currently five bodies have joined. They are Franschhoek Informal Small Business Association (FISBA), Western Cape Business Opportunities Forum (WCBOF), Simonsberg Business Forum (SBF), Kayamandi Development Forum (KDF) and South African Cape Corps Military Veteran's Association (SACCMVA).

The mayor of Stellenbosch Municipality, Conrad Sidego, was also present at the launch and congratulated the organisation on this initiative. “I am delighted and excited about what you embark on. You

are most welcome to work with the municipality. At the basis of all of this, is a shared vision,” he said. “I would like to see a Stellenbosch Business Forum that includes all businesses across the municipality, but for now this will do.”

The mayor encouraged people to become entrepreneurs. “We always talk about fighting poverty, but what we should really talk about is creating wealth. If more people get involved in businesses and entrepreneurship, the housing problems and poverty will take care of itself. By just giving someone a house, will not help. They need a job, they need income. All of this will ensure that Stellenbosch becomes the Preferred Investment Destination,” he said.

“That is why I am embarrassed about the way in which we handled the informal traders next to Die Braak. I am the first to admit that it was a big mistake. The municipality therefore needs the BBUS and others to assist us.” The MOU will be presented to council for formally endorsement at the next meeting in October. Meanwhile the BBUS encourages any business in Stellenbosch to join. For further details contact Franklin Adams at [email protected].

Black Business Unity

die skool ‘n maklike teiken vir vandaliste en inbrekers. Die laaste inbraak was tydens die skoolvakansie en het gelei tot ‘n brand wat ‘n aantal klaskamers en toilette verwoes het. Die skade het veroorsaak dat die skool vir etlike weke sonder elektrisiteit moes klaarkom en sommige leerlinge moes in klaskamers onderrig ontvang waarvan die vensters en deure stukkend was.

Die situasie het kookpunt bereik toe ouers en leerlinge ‘n demonstrasie voor die skoolhek gehou het. Leerlinge het vir 'n week lank gestaak. Volgens die skoolhoof mnr Pieter van er Westhuizen, het die skool die kwessie onder die Departement van Onderwys se aandag gebring. “Dat die WKOD ons met 4 mobiele klaskamers en die herstel van die verwoeste klaskamers kom troos het, is 'n pluspunt. Daar is nog heelwat herstelwerk wat gedoen moet word. Hoe dit ookal sy: Dit was tog bemoedigend om te sien hoe enkele ouerlede en ‘n paar gemeenskapslede saam kon staan om hul

stemme dik te maak oor die agteruitgang van ons skoolgebou en terrein.

Die anderkant van die munstuk is net so kommerwekkend en dit is dat ons kosbare leerder en kinderlewens in die proses vernietig kan word indien hulle aan te veel protes rondom hulle blootgestel word.

Dit is my grootste wens dat ons leerders en studente hulle nie sal laat ontspoor deur boikotte en proteste wat meestal negatief op hul lewens inwerk maar sal voortgaan om altyd na opvoeding te soek en die pad van suksesse sal loop. Ons het leiers soos hierdie nodig om die pas vir ons te help aangee.” sê die skoolhoof.

PC Pietersen Primêr

kort na die brand

Signing the MOUBack from left:

Shafiek Biscombe (SBF), Mangaliso Mqeba

(KDF), Mayor Conrad Sidego, Pedro Goliath

(SACCMVA), Anita Fisher (FISBA),

John Andrews (FISBA)Front, Ernst Morgan (FISBA) and Franklin

Adams (WCBOF)

Sake13Riviernuus FOKUS10 Oktober 2013

Riviernuus redakteur,

Wendell Lawrence, aan diens

Page 14: Riviernuus

Gebeure

SKOLE14 Riviernuus

Grootste skenking in 170 jaar“Twee besonderse pilare in enige gemeenskap het op ‘n wonderlike manier bymekaar gekom. Dit is onderwys en gesondheid.”

So het Ds Leon Klate van Pniël Congregational Kerk gesê tydens die offisiële oorhandiging van rekenaar- en netwerktoerusting van Mediclinic aan Pniël Primêre Skool.

Mediclinic het 30 skootrekenaars aan die skool se onderwysers geskenk. Benewens die rekenaars het die skool ook ‘n volle geïntegreerde netwerkstelsel ontvang wat deur een van Mediclinic se diensverskaffers, Structure Connectivity Solutions, geinstalleer was. Die skenking beloop ongeveer R130 000 en volgens die skoolhoof, Mnr Ruben November, is dit by verre die grootste skenking in die 170 jaar van die skool se bestaan.

Tydens sy toespraak het Mnr Koert Pretorius, Mediclinic se Hoof Uitvoerende Beampte, gesê dat onderwys een van die hoekstene in enige samelewing vorm. “As ‘n verantwoordelike korporatiewe burger, glo Mediclinic dat volhoubare ontwikkeling

fundamenteel is tot die toekoms van ons land. Ons moet dus iets vir ons kinders nalaat waaarop hulle kan voortbou. Een van die maniere hoe dit gedoen kan word is deur gemeenskapsbetrokkenheid. Ons probeer altyd ‘n verskil in mense se lewens maak en ons personeel word dus aangemoedig om aktief betrokke te raak by plaaslike gemeenskappe.” Pretorius het sy vertroue uitgespreek dat die skenking ‘n positiewe impak sal maak wat tot ‘n groter en blinker toekoms vir Suid-Afrika sal beteken. “Ons is saam met die onderwysers en kinders opgewonde oor die projek en moontlik sal van die leerlinge eendag ‘n beroep in gesonheid kies en selfs deel van die Mediclinic-familie word,” sê hy.

Die Wes-Kaap se minister van Onderwys, Mnr Donald Grant, was ook teenwoordig en het sy waardering teenoor die skenking uitgespreek. “Ons is passievol om Informasie en Kommunikasie Tegnolgie (ICT) by skole te verbeter en aan te moedig. Hierdie projek sal dus ons onderwysers help om die kurrikulum aan die leerders beter oor te dra. If we teach today as we were taught yesterday, we’ll rob our children of tomorrow,” sê die minister. “Sonder die ondersteuning van onderwysers sal nuwe

tegnolgie min kans tot sukses hê.” Die minister het bygevoeg dat hy nou baie uitsien na die verbetering van Pniël Primêr se jaarlikse resultate.

Volgens mnr Stephan November, wie verantwoordelik is vir die skool se rekenaarstelsels, gaan hierdie projek die werk van onderwysers aansienlik vergemaklik en kan hulle nou baie beter en makliker navorsing doen. “Voorheen het almal na my klaskamer gekom vir

hulpbronne, maar nou kan elkeen dit self deur hul skootrekenaar in hul eie klas doen.”

Mnr Edward Ontong, een van die skool se beheerraadslede, het Mediclinic bedank vir hul wonderlike daad van vrygewigheid. “Mag julle harmonie en tevredenheid in jul werksomgewing ervaar en aanhou om te floreer.”

Baie dankie Mediclinic!

NURSING THE HEARTBEAT OF HEALTH CARE

POST-BASIC NURSING PROGRAMMES

The Nurses Pledge highlights that nursing is a career path chosen by those with a passion for the field. A passion which is often driven by undertaking continuous professional development throughout the lifespan of such a career - all in order to make an even bigger difference to the lives nurses touch as part of their daily task.

CPUT offers the following specialty qualifications and courses to professional nurses, who are registered with the South African Nursing Council (SANC):

• MTech Nursing • BTech Oncology Nursing • BTech Occupational Health Nursing • BTech Primary Health Care • Diploma in Nursing Management.

The BTech courses can be undertaken full-time (1 year) or part-time (2 years) and each has its own compulsory practical component.

The Diploma is offered over 18 months, of which the first year will comprise of evening classes and the second year classes are presented on Saturdays and require completion of a compulsory practical component (1 week at a hospital during the first year of study).

For detailed information pertaining to these programmes, please visit: www.bit.ly/cputhealthsciences

FACULTY OF HEALTH AND WELLNESS SCIENCES

www.cput.ac.za

113643RVRNS

Onderwys ontmoet

gesondheid:van links

Mnr Koert Pretorius (HUB

Mediclinic),Mnr Ruben November

(skoolhoof),Mnr Donald Grant

(Wes-Kaap Minister van Onderwys)

Page 15: Riviernuus

Politiek15Riviernuus FOKUS10 Oktober 2013

Pollie sê

"Strike it Lucky..."Elke jaar in Augustus en September sit ons hier in die Suide met dieselfde ou kraaines: Staak-seisoen!

Ek verstaan dit nie. Na elke onderhandeling word daar gesê dat die unie en die werkgewer ‘n ooreenkoms bereik het. Bv. “Ons het besluit op 10% verhoging hierdie jaar en 11% vir die volgende twee jaar.” So wat dit eintlik vir my sê is dat daar nie

weer ‘n staking vir 'n paar jaar gaan wees nie.

Maar dis nie hoe dit vir my lyk nie! Hoekom het ons dan elke jaar ‘n staking? Of kry elke unie 'n beurt? En dan is daar nog die manne wat simpatiseer en self ook besluit om te staak! Dis net so goed ek en my voëlfamilie besluit om te staak en dan besluit die pikkewyne en volstruise om ook saam te vlieg, want hulle voel vir ons voëls. Mos 'birds of a feather'!

Kyk, moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink daar is baie werkers wie baie min geld verdien en onder baie moeilike omstandighede lewe. Hulle kan doen met 'n increase (soos ons almal). Dan is daar beslis base wat die hele ding uitbuit en mense peanuts betaal.

Nou hoor ek dat ons unie (Kongres van Suid-Afrikaanse Voëltjies Unie - Kosavu) van hulle hoofvoël ontslae geraak het

omdat hy te veel gechirp het oor die e-tolls in die noorde. Iewers is daar 'n slang in die gras. Ek hoor ook mense praat van Voëltjie Nommer 1...

Vir die res van ons is ons enigste staking, die lotto. Die een waar hulle jou aanmoedig om lekker te strike... strike it lucky!

Chirp weer volgende keer!

Riviernuus glo sterk in vryheid van spraak. Onderstaande artikels moet egter nie as die koerant se opinie aanvaar word nie.

Inside Council Chambers

Riviernuus attended the 14’th and 15’th meetings of the Stellenbosch Council and will in future give regular feedback to our readers on the decisions and recommendations approved by our law makers.

These meetings are open to the public and anyone is welcome to attend. Be warned - with representatives of different political parties in one room (see picture above), it is bound to get rough at times!

How does it work?

Councillors sit around an oval-shaped table with the majority party (in this case the DA) on the one side and the minority parties (ANC, SCA, SPA, Cope, ACDP, NPP) on the opposite side. At the head sits the Speaker (Councillor Cyril Jooste) with Mayor Conrad Sidego and Municipal Manager Christa Liebenberg next to him. Municipal administrators are also present to provide feedback if necessary. The speaker is the chairman of these meetings and all

questions and comments are directed through him. He decides who speaks and when they speak and it is his task to make sure everything runs smoothly – not an easy job. The agenda is about 200 pages thick and the meeting usually starts at 15:30 and ends around 22:30. During the last meeting, a number of issues were still not resolved and had to stand over until the next meeting in October.

Here are some of the decisions taken by council:

• That the approved budget for the 2013/14 financial year be adjusted to include money that was not spent in

the previous financial year. The total amount of money not spent last year is about R12mil

• The proposed electricity increase of 8.3% be adjusted to 7% - as per National Energy Regulator of South Africa (NERSA). (This is only applicable to certain electricity categories and will result in a loss of income for the municipality of about R3 mil of the projected R300 mil electricity budget.)

• That the draft By-Law on prevention of public nuisances and the keeping of animals be advertised

• That the Draft By-Law on Problem Buildings be advertised

• That the Draft By-Law on Informal Trade be advertised

• Council to establish a Housing Forum to investigate the Droëdyke housing initiative (Droëdyke is an area 5km from Stellenbosch CBD, just past Distell)

• The Performance Evaluation of all Directors be approved

• The Municipal Manager will be appointed as Municipal Electoral Officer for Stellenbosch Area.

Ek steek die papiertjie op. Sien dit as ‘n olyftak.

Franklin, moenie asem

haal nie, jy gaan uitgesit word!

Fender boetie, fender

weg!Kom ons

gaan oor na ‘n koukus toe.

Oh, sy’s wakker!

Punt van orde

Mooi Dorette,

mooi!

Ons moet bruin en swart mense, Stellenboschers maak – nie

Droëdykers nie!

This is the right direction towards a good direction. Raadslid, as jy my

weer onderbreek, gaan ek jou vra om

te waai!

Kom ons maak nie ons oë vir die realiteit toe nie.

Farmworkers will become property owners.

Kan ons net die hande sien asb.

SPEAKERMAYOR SCAANC NPP ACDPCOPE

DAMEDIA

MUNICIPALMANAGER

SPA

Heard in council meeting:Apart from the serious discussions, one often hears very interesting and funny remarks being hurled across the table.

Page 16: Riviernuus

BUSINESSInnovation

16 Riviernuus

Innovation Capital of South africa

2013-2014 GRANTS-IN-AID

SUNDRY:Publieke

KommentaarMet deursigtigheid as doel maak ons graag

die volgende bekend:

Stellenbosch Munisipaliteit het die aansoeke vir Grant-in-Aid oorweeg. ’n Lys van die suksesvolle aansoeke is ter insae beskikbaar by die plaaslike biblioteke en die kantoor Gemeenskaps Ontwikkeling.

Geskrewe kommentaar op hierdie donasies is welkom en kan gerig word aan:

M [email protected]

Die periode vir kommentaar sluit:31 Oktober 2013

CHRISTA LIEBENBERGMUNISIPALE BESTUURDER

2013-2014 GRANTS-IN-AID

SUNDRY:Public Comments

With transparency as aim, wesubmit the following:

Stellenbosch Municipality hasassessed the Grant-in-Aid applications. A list of successful applications is available

at all public libraries and the office ofCommunity Development.

We invite written comments on the intended donations.

Said comments can be addressed to:

M [email protected]

The closing date for comments is31 October 2013.

CHRISTA LIEBENBERGMUNICIPAL MANAGER

2013-2014 GRANTS-IN-AID

SUNDRY:Izimvo Zoluntu

Ukulandela iinkonzo ezinyanisekileyo nezingenamfihlo sikhupha oku

kulandelayo:

Umasipala wase Stellenboschuhlenga-hlengise izicelo zenkxasomali

ye Grant In Aid. Uluhlu lwezicelo eziphumeleleyo luyafumaneka kuwo onke

amathala eencwadi ase Stellenbosch nakwi ofisi ze Community Development

Services. Sifuna ukuva uluvookanye izimvo zakho

ezibhaliweyo.

Ungazithumela ngokusebenzisa olunxibelelwano ku:

M [email protected].

Ezi zicelo ziyavala ngomhla we 31Oktobha 2013.

CHRISTA LIEBENBERGMUNICIPAL MANAGER

Stellenbosch wants to become the Innovation Capital of South Africa.

To spearhead innovation while inspiring each and every South African to make the mental shift towards innovation, Stellenbosch Municipality’s Executive Mayor, Conrad Sidego, hosted an Innovation Conference at the Protea Hotel in Techno Park on 1 and 2 October.

The conference was held under the banner “From Innovation to Winning Nation”. The

INNO>ATION STATION

mayor said that we cannot continue with the business as usual approach, but that we needed to think out of the box and be innovative. “This led us to the vision that Stellenbosch should strive to become the Innovation Capital of South Africa”.

Some of the keynote speakers at the conference were Professor Russell Botman (Rector of Stellenbosch University), Jannie Mouton (Founder and Chairman of PSG), Michael Jordaan (Former CEO of FNB), Dr Lionel Louw (Religious Leader) and Professor Herman Giliomee (Historian).

Innovation Speakers: From left Meredith Ryan (Enterprise Development, ABSA), Jannie Mouton (Chairman, PSG), Michael Jordaan (Former CEO, FNB), Anita Nel (CEO, Innovus) and Stephen Kevan (Chief Marketing Officer, NinetyEast Financial)

Riviernuus, together with Stellenbosch Innovation District (SID), are excited to announce the launch of our innovation page called Innovation Station (Innovasiestasie).

In the next few editions, Innovation Station will showcase interesting projects from different industries in and around Stellenbosch that are changing the South African landscape.

If you know of any innovations (big or small), please phone the newspaper on 021 885 2392 or email [email protected]. We will gladly publish it.

RiviernuusAND

Page 17: Riviernuus

Tournaments17Riviernuus SPORT10 October 2013

Pniël Ladies Win Petanque Tournament

Team mates Lettie Simpson (right) and Preetie Lackay from Pniël won the annual Petanque Doubles Competition of the Berg River Forum for Retired Persons.

The finals were played on 10 September at the Municipal Boule O’Drome in Paarl where the two beat Joyce Fortuin and Debbie Smith with a score of 13-5. The two champions reached the final by winning all their qualifying games.

Congratulations ladies!

Impact through Sport

On Saturday, 28 September 2013, Juanita Muller Sports Consulting hosted a tag-rugby tournament at Van Der Stel Sports Grounds in Stellenbosch.

Juanita Muller is a sports coach who believes that the lives of children can be impacted positively through sport – this mindset has birthed the community based organisation “Impact through Sport” which she spearheads. She is also the coach for the Sasol No Fear tag-rugby team. The tournament was the first in a series that will be hosted in and around Cape Town in an effort to sow positivity in our communities as well as promote healthy lifestyles through playing sport. Andrea Mentoor, female Springbok

rugby player, was also in attendance to support the event.

Several schools and children from the Cloetesville and greater Stellenbosch area were invited to play in the tournament where the game of tag-rugby was introduced and they were given an opportunity to participate in tag-rugby games. Eight mixed teams of 10 players participated, including a team from the Stellenbosch Childrens Shelter. White City RFC emerged as champions on the day. The children were provided with wholesome meals and refreshments as part of the tournament and were also given t-shirts.

A curtain raiser tag-rugby game was played between Eben Donges Secondary and Cloetesville Secondary and resulted in a win of 9 - 4 for Eben Donges. The main game was between Sasol No Fear and Cloetesville Pointers which Sasol No Fear won 11 – 8.

White City RFC – champions of the tournament – with Wynanda Jacobs (left) from Keep the active in Cloetesville, Sasol No Fear

coaches Juanita Muller (middle) and Sergio Samuels.

- NaTaSHa KINNEAR

WE CAN DO KARATE!The proud young students of Pniël Ryushin-kan Karate Dojo

with their certificates and belts after successfullycompleting their examinations in the Pniël Millenium Hall.

RIVIERNUUS NOW

AVAILABLE IN ISRAEL

Mitch Lackay from Pniël reads

his favourite newspaper at the entrance of the

Anwar College in Jerusalem,

while on pilgrimage

through Israel with his parents

Marlon andCharlene.

Advertise in Riviernuus

Contact Wendellon

021 885 2392 [email protected]

Phot

o su

pplie

d

Phot

o su

pplie

d

Phot

o su

pplie

d

Phot

o su

pplie

d

Page 18: Riviernuus

FOKUSSimondium

18 Riviernuus

Simondium kry nuwe Kleuterskool

Die eerste kleuterskool vir kinders van Simondium se plakkers-kamp, het op 2 Oktober sy deure oopgemaak.

Volgens Nazely Valentyn van Simondium Landelike Ontwikkelingsforum, het hulle die behoefte raakgesien. “Baie van ons ouers wil gaan werk, maar moet bedags na hul kinders kyk,” sê Nazley. “Kinders by die huis word ook blootgestel aan baie dinge. Na ‘n aantal gemeenskapsvergaderings is besluit om ‘n kleuterskool oop te maak waar die kinders ontwikkel word en selfs ontbyt en middagete kry.”

Tans is daar 16 kleuters en 3 onderwysers.Die skool is gehuisves in herboude skeepsvraghouers (containers) en deel die perseel met die naaldwerkgroep en sopkombuis.

“Die skool is nog nie op standaard nie, maar niemand gaan jou help as daar niks is nie,” sê Nazely. “Die kleuters het ‘n tekort

aan opvoedkundige speelgoed, skryfbehoeftes, tafels, stoele, rakke en gordyne. Ons onderwysers het ook verdere opleiding nodig.” By die opening van die skool het Agrimark Simondium 20 matrassies aan die kleuterskool geskenk. Vir enige donasies of skenkings, kontak Nazely by 021 874 1553 of 072 461 2174.

Ouers, onderwysers en kleuters met hulle nuwe matrassies van Simondium Agrimark.

Rugby soek

eenheid

Dis nou ‘n geruime tyd dat ek met die begeerte in my loop. Dit is om eenheid in Simondiumrugby te bewerkstellig.

Ek kan nie sien hoe daar nog verkillende rugbyspanne in ons dorp is nadat al die vier topspanne saamgesmelt het. Ek sal graag wil sien dat ‘n span soos Du Cap met ons kom gesels want ons wil graag hê dat alle rugbyspelende manne en jongmanne by ons klub moet kom aansluit. Ons het die struktuur vir alle rugbyspelers en die gemeenskap staan sterk agter ons. Ons is baie dankbaar hieroor.

Word deel van ‘n verenigde Simondium. Indien potensiële borge sien dat ons net een span is, sal dinge begin gebeur. Daar is plek vir elke belangstellende sportmens - maak nie saak of hulle bestuur, afrigters of speler is nie. Ons as Simondium Rugbyklub onderskat niemand se integriteit nie.

Aan die spelers wat hier bly maar elders rugby speel, wil ek ook beroep doen om huis toe te kom en te speel waar jou hart is. Ons kan net bo uitkom as hier eenheid bereik word. Ek vra uit die diepte van my hart dat ons sportmense dit tog moet oorweeg en die regte besluit neem vir ons volgende generasie.

SIMONDIUM

Ons winkel is oop vir jou gerief, 24 uur van die dag.Het jy dalk melk en brood vergeet, lus vir iets soet of suur, geld ontrek by ‘n otm of brandstof ingooi? Alles is hier beskikbaar, kom besoek ons gerus.

Hoofweg / R45 • 021 874 1650 (t) • 021 874 1111 (f) • www.kaapagri.co.za

- WiLLEm GOEDEMAN Afrigter, Simondium Rugbyklub

Simondium Agrimarkers op Loslitdag

Van links:Jackie Cyster,

Vernon Uithaler, John Morris,

Porchia Anthony, Hennie Carstens, Danecia Hogarth,

Valda Davids, Porchia Fortuin, Marsha Harris en

Barry Perrins

Page 19: Riviernuus

Rugby19Riviernuus SPORT10 Oktober 2013

Wipplank-seisoen vir Villagers- WiNSTON STUBBS Voorsitter, Pniël Villagers Rugby

Nadat Pniël Villagers aan die einde van die eerste rondte laaste op die punteleer was, het die span hul sokkies opgetrek en baie hard teruggeveg.

Ons kon daarin slaag om 5’de op die punteleer van die WP se Premier A Liga te eindig. ‘n Besonderse prestasie in die lig van die klub se swak vertonings die afgelope 5 jaar.

Die klub was versekerlik aan die begin van die 2013 seisoen met baie groot uitdagings gekonfronteer - veral met ‘n jong (maar entoesiastiese) bestuurspan. Die verwagtinge was groot maar met ‘n span spelers wat hierdie jaar vir die eerste

keer saamgespeel het, was die realiteite vinnig blootgestel.

Die druk was deurgans duidelik sigbaar en ons hoof-afrigter was aan die einde van die eerste rondte van mening dat sy bydrae nie die nodige uitwerking op die span gehad het nie. Villagers was dus genoodsaak om vinnige verandering aan die afrigtingspan aan te bring. Swak opkoms by oefensessies, beserings aan sluetelspelers en die gebrek aan toegewydheid en dissipline is maar ‘n paar redes hoekom ons nie goed begin het nie. Die tekort aan ondervinding as ‘n span moet egter baie prominent genoem word.

Mnr Leonard  Wentzel, geen onbekende in ons plaaslike rugbygemeenskap, was die verantwoordelikheid gegee om die ‘wa deur die drif ’ te trek. Hy’t die geleentheid met albei hande aangegryp en met die hulp van sy afrigtingspan (Trevor Adams en Nazeem Jooste), kon die span verskeie wedstryde oortuigend wen. Die wedstryde teen die

twee liga-voorlopers (Sir Lowrians en Collegians) was versekerlik die hoogtepunt van die seisoen. Ons eerste span is die enigste wat Collegians hierdie seisoen op hul tuisveld kon klop. Meer belangrik, die spelers het hul potensiaal besef. ‘n Jong groep spelers met enorme potensiaal wat die dorp, vallei en breër rugbygemeenskap nog baie trots kan maak.

Vir die eerste keer in die geskiedenis het ons ‘n vroue-rugbyspan op die been gebring. Die span het goed gekombineer, hard gewerk en kon daarin slaag om onder die top 4 in die vroue-liga te eindig, Inderdaad ‘n wonderlike prestasie. Die insluiting van Adrea Mentoor in die Nasionale vrouespan is defenitief ‘n hoogtepunt van die seisoen.

Volgende jaar sal ons weer in die Superliga-B kompetisie van die Westelike Provinsie Rugby Unie speel en met die entoesiasme waarmee die klub en spelers die seisoen afgesluit het, kan ons uitsien na ‘n opwindende 2014. ‘n  Enorme taak wag egter op die spelers wie reeds in September byeen gekom het om die af-seisoen te beplan. Huidige asook nuwe spelers (mans en vroue) word dus uitgenooi om deel te wees van Fase 1 wat sal strek tot einde November 2013.  

Die klub se bekeruitdeling-dans het op Vrydag, 4 Oktober, plaasgevind en was ‘n besonderse geleentheid met die president van WP Rugby, Thelo Wakefield, ook teenwoordig.

Om gemeenskapsrugby in die huidige era te bestuur is versekerlik geen maklike taak nie. Spelers, toeskouers en borge moet besef dat volhoubaarheid slegs deur middel van kollektiewe verantwoordelikheid sal verseker dat rugby en die klub vir die volgende generasies sal voortbestaan.

"Kollektiewe verant-woordelikheid sal verseker dat

rugby en die klub vir die volgende generasies sal voortbestaan."

Pniël Villagers het op Vrydag, 4 Oktober, hul jaarlikse bekeruitdelingsfunksie in die Milleniumsaal op die dorp gehou. Mnr Thelo Wakefield, president van WP Rugby, was die gasspreker.

“Ek het ‘n baie sagte plek in my hart vir die klub,” het hy gesê. “Die dorp was nog altyd bekend vir hul uitstaande rugby. Daar is geen manier hoe ons klubs sooos Pniël kan ignoreer nie. Dis hoekom ons hoop dat WP ‘n Curriebeker semi-finaal op Nuweland kan speel. Dit sal R8mil ekstra-inkomste vir die unie beteken wat weer na die klubs teruggeploeg kan word.”

Hierdie seisoen was sy eerste termyn as president en net soos Villagers was daar maklike en moeilike tye. Hy het die Kaapstad Stadion en spelers se salarisse as van die uitdagings uitgelig. “Gelukkig was ons onoorwonne in ons eerste agt wedstryde wat dinge makliker gemaak het.”

Die president het saamgestem met die klub se voorsitter, Winston Stubbs, dat Villagers ‘n nuwe rigting moet inslaan en dinge anders moet doen. “By WP moes ons ook van rigting verander. ‘n Nuwe manier van hoe ons dinge doen op en van die veld. Om mense egter te kry om anders te dink en doen, bly ‘n uitdaging. Dieselfde geld ook vir Villagers.”

Mnr Wakefield het Pniël ‘n suksesvolle 2014 seisoen toegewens. “Bring die klub terug na waar hy was,” het hy gesê.

Pniël Bekeruitdeling

Bo Administrateur van die Jaar:

Carmen Engelbrecht

Links Span van die Jaar: Vrouespan met afrigters

en Thelo Wakefield (President, WP Rugby)

Sportman en Sportvrou van die Jaar: van links Winston Stubbs (Voorsitter),

Paul-John Robyn (Sportman), Andrea Mentoor (Sportvrou), Thelo Wakefield (President, WP Rugby)

Speler van die Jaar: Melrick Thomas (regs)

ontvang sy toekenning van Ivor Myburgh (Snr)

Mees Waardevolle Speler: Chad-Lee Lakey (regs)

ontvang sy toekenning van Andy Cyster

Page 20: Riviernuus

SPORTNuus

20 Riviernuus

What memories will you make today?VISIT THE FRANSCHHOEK MOTOR MUSEUM

Monday - Friday 10h00 to 17h00 (last admission 16h00)Saturday - Sunday 10h00 to 16h00 (last admission 15h00)

Open most public holidays - phone for confirmationEntry fee: R60/adult; R50/pensioner; R30/child (3-12 yrs)

The Franschhoek Motor Museum is located on the R45, Groot Drakenstein, look for the L’Ormarins Estate.GPS:33o52’18,79”S 18o59’54,64”ENo motorcycles or buses larger than 22-seaters allowed.

Tel: 021 874 9065 • Email: [email protected] • www.fmm.co.za

Be Secured, Stay AssuredSECURITY SERVICES

BANHOEK

Patrolling / Access Cotrol /

Guarding of Residential, Industrial

& Commercial Properties

CONTACT US TODAY021 885 2273

WE DO

Excelsiors wen Top 8Dit was ‘n klipharde finaal in die Top 8 kompetisie tussen die rugbyspanne van Excelsiors (Cloetesville) en Pumas (Delft) op Saterdag, 14 September, by die Van Der Stel Sportgronde.

Na ‘n aantal onsuksesvolle aanslae deur Excelsiors het Razeen Arnolds die enigste drie in die eerste helfte aangeteken. Ongelukkig het Wasfi Cornelson nie sy skopskoene saamgebring nie en kon hy nie die drie verdoel nie. Hy het sewe keer mis gekorrel! Die Pumas het met twee strafskoppe geslaag en die telling was 5-6 vir die manne van Delft met net 15 minute in die westryd oor.

Op daardie stadium was die Pumas oortuig daarvan dat hulle die oorhand in die wedstryd het en die beker reeds op pad Delft toe is. Hulle ondersteuners het behoorlik op die stadion van hul laat hoor.

Excelsiors het egter vasgebyt en aanhou terugveg met aanvallende fases. Die druk het te veel geword vir die Pumas en hulle het in die doodsnikke van die wedstryd ‘n strafskop vlak voor hul pale afgestaan. Wasfi het weer aangetree en vir die eerste keer in die wedstryd het hy die bal oor die pale geskop om die telling na 8-6 te neem.

Die Pumas se onderteuners was verpletterd en ten spyte van hul span se desperate aanval in die laaste minuut, was die Cloetesvillers se verdediging waterdig tot die eindfluitjie geblaas het.

Die naam Excelsiors is ‘n Latynse woord met ‘n poëtiese betekenis van ‘altyd opwaarts’. Dit is presies wat die spelers tydens die finaal getoon het.

Excelsiors het die toernooi aangepak met die hongerte vir sukses omdat hulle die vorige seisoen afskeid moes neem van die beker. Goeie voorbereiding, leiding en motivering vanaf die twee afrigters (Roy Davidse en Sedick Cornelson) en al die ondersteuners, het ‘n groot aandeel in Excelsiors se sukses gehad.

Vroeër vanjaar het die klub ook ‘n ere-toekening vanaf die munisipaliteit ontvang vir die oudste lewende sportklub op Stellenbosch. Die klub is in 1881 gestig en is vandag nog ‘n krag om mee rekening te hou.

In die ander finaal kon Excelsiors se B-Span ongelukkig nie die mas opkom teen Blue Stars nie.

- HiLTON DANIELS

1 uit 8 SKOPPEWasfi Cornelson skop die beslissende strafskop pale toe om Exelsiors met 8-6 te laat wen. Hy het sewe keer voor dit mis gekorrel, maar hierdie belangrikste een oorgeskop!

Excelsiors Rugbyklub se be-stuur met die sertifikaat wat hulle van Stellenbosch Munisipaliteit ontvang het vir die oudste rugbyklub in

Stellenbosch.Van links: Martinus

Groenewald (add lid), Hilton Daniels (sekretaris),

Omar Pool (president), Roy Davidse (hoof-afrigter),

Isgaak Ras (voorsitter), Heinrich Phillander

(onder-voorsitter), Sedick Cornelson (kassier en hulp-afrigter), Hassiem Arnolds

(klubkaptein)Foto

ver

skaf