gdecontent.co.za sciences... · web viewverskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die...

17
TSHWANE-NOORD TYD : 2 h 30 min PUNTE: 150 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitend die dekblad GRAAD 11 DISTRIK (D3) LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 JUNIE EKSAMEN 2016

Upload: others

Post on 14-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

TSHWANE-NOORD

TYD : 2 h 30 min PUNTE: 150

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitend die dekblad

INSTRUKSIES EN INLIGTING

GRAAD 11

DISTRIK (D3)LEWENSWETENSKAPPE

VRAESTEL 1JUNIE EKSAMEN 2016

Page 2: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.1. Beantwoord AL die vrae.2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK.3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies vir elke vraag aan.6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink.7. Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.10. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig.11. Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A

Bladsy 2 van 12

Page 3: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

1.1.1 Respirasie vind plaas in.…..A. alle lewendige organismes, gedurig.B. diere alleenlik, gedurig.C. plante, slegs gedurende die nag.D. diere gedurig, plante slegs gedurende die nag.

1.1.2 Tydens fotosintese vind die reaksies van die lig-afhanklike fase plaas in deel nommer………..van die chloroplast en die reaksies van die lig-onafhanklikefase plaas in die deel genommer…….

A. 1 en 3B. 2 en 3C. 3 en 2D. 3 en 4

1.1.3 Watter EEN van die volgende reaksies vind plaas in die lewer van ‘n mens?A. Ureum aminosureB. Stysel maltoseC. Glikogeen glukoseD. Gal hemoglobien

1.1.4 ‘n Jong dame het in ‘n vuil, geroeste spyker getrap. Die diagram toon bakterieë wat van die wond geïsoleer is asook ‘n reeks teenliggaampies wat

Bladsy 3 van 12

Page 4: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

reeds in haar liggaam teenwoordig was. Die teenliggaampies het‘n spesifieke vorm wat bind met die antigeen wat voorkom op die opper-vlakte van die bakterieë.

Die bakterium wat moontlik ‘n erge infeksie kan veroorsaak is…A. M B. NC. O D. P

1.1.5 ‘n Infeksie was behandel met n nuwe tipe medikasie wat die ontsekinglaat verminder het. In sommige van die pasiënte het die infeksie na eenweek teruggekeer. ‘n Moontlike rede hiervoor is dat….A. die pasiënte ‘n allergiese reaksie ontwikkel het teenoor die medikasie.B. die vermindering in inflammasie het veroorsaak dat die patogene weer-

standig geraak het teen die medikasie.C. die witbloedselle het nie effektief gefunksioneer nie en dus het die

ontsteking teruggekeer.D. van die weerstandige kieme was teenwoordig aan die begin van

die behandeling, die medisyne kon hulle nie vernietig nie en hullehet vermeerder.

1.1.6 Triplobastiese diere sonder ‘n deurlopende spysverteringskanaal en seloom.A. CnidariaB. PlatyhelminthesC. AnnelidaD. Arthropoda

1.1.7 In watter van die volgende plantgroepe is die manlike gamete afhanklik van water/klammigheid om na die eiersel te swem?

Bladsy 4 van 12

BakterieëTeenliggaampies

Page 5: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

A. Pteridofiete en gimnospermeB. Pteridofiete en angiosperme C. Briofiete en pteridofiete D. Briofiete en gimnosperme

1.1.8 Watter een van die volgende stowwe kan direk in die bloed opgeneemword sonder enige verdere vertering?A Proteine B Stysel C GlukoseD Vette

1.1.9 Die afvalprodukte wat gevorm word as gevolg van koolhidraat metabolisme is….A. ureum en koolstofdiosied. B. ureum en water.C. water en koolstofdioksied.D. ureum en nitrate.

1.1.10 Die finale fase van aerobiese respirasie in plante is…A die Kreb’s siklus.B oksidatiewe fosforilasie.C. alkoholiese fermentasie.D. glikolise. (10 x 2) (20)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer.1.2.1 Die weefsellaag wat gevorm word tussen die ektoderm en endoderm.1.2.2 Die proses waar energie geleidelik vrygestel word van ‘n brandstofmolekule

in ‘n lewende sel.1.2.3 Voorwerpe in die menslike liggaam wat kieme en gifstowwe vernietig.1.2.4 ‘n Draadagtige voortdrywingsmeganisme in sommige bakterieë.1.2.5 Die stof in plante wat lig-/stralingsenergie vir fotosintese vasvang.1.2.6 Die dominante generasie in die mos.1.2.7 Plekke waar sade gestoor word om biodiversiteit te bewaar.1.2.8 Struktuur wat gal stoor. 1.2.9 Plante met gekrulde blare en sori.1.2.10 Die indikator wat gebruik word om te toets vir die teenwoordigheid van

stysel. (10)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B,

Bladsy 5 van 12

Page 6: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B,beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II1.3.1 Die tipe simbiotiese verwantskap

getoon deur E. Coli wat in die menslike ingewande voorkom.

A: KommensalismeB: Mutualisme

1.3.2 Alle organismes in die filum is sessiel

A: PoriferaB: Chordata

1.3.3 ‘n Limfvat in die villus van die dunderm

A: LakteaalB: Limfknoop

1.3.4 Word afgeskei as bloedsuiker vlakke te hoog is

A: GlukoseB: Glukagon

1.3.5 Verhoed dat voedsel die tragea binnegaan tydens die slukproses.

A: Kardiale sfinkterB: Epiglottis

(5 x 2) (10)

1.4 Bestudeer die volgende diagram en antwoord die vrae wat volg.

1.4.1 Aan watter Ryk behoort bogenoemde organisme? (1)1.4.2 Is hierdie organisme ‘n parasiet of ‘n saprofiet? (1)1.4.3 Gee ‘n rede vir jou antwoord in Vraag 1.4.2. (2)1.4.4 Verskaf byskrifte vir A, C, D en E. (4)1.4.5 Noem EEN gebuik van die organisme in die mediese bedryf. (2)

(10)TOTAAL AFDELING A: 50

AFDELING B

Bladsy 6 van 12

Page 7: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

VRAAG 2

2.1 Die onderstaande diagram stel 'n kladogram (filogenetiese boom) voor wat die verwantskappe tussen dierfilums toon. Die letters (A tot D) dui die kenmerke aan wat gedeel word deur die verskillende dierfilums, wat na die letter volg.Die punt waar verskillende filums van mekaar verskil, word deur die vorming van sytakke/verdelings in nuwe filums aangedui.

2.1.1 Watter kenmerk word volgens die kladogram deur al die organismes in die diereryk gedeel? (1)

2.1.2 Watter LETTER stel elk van die die volgende kenmerke met betrekking totdie liggaamsplan voor:a) Kefalisasie (1)b) Seloom (1)c) Werwelkolom (1)d) Segmentasie (1)e) Simmetrie (1)

2.1.3 Skryf die name van die filums neer wat die kenmerk wat deur C voorgestel word vertoon, maar nie die kenmerk wat deur D voorgestel word nie. (2)

2.1.4 Maak gebruik van ‘n diagram om die rangskikking van weefsellae in ‘norganimse met ‘n pseudo-seloom te toon. (6)

(14)

2.2 Bestudeer die diagrammatiese voorstelling wat die weerstandigheid van bakterieë

Bladsy 7 van 12

Page 8: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

teenoor medikasie toon en beantwoord die vrae wat volg.

2.2.1 Pas stellings A – F teenoor die regte byskrif 1 -6 op die boostande diagram. Skryf slegs die letter van die stelling teenoor die byskrifnommer, bv. 1 – F.

STELLINGS:A Kursus antibiotika is nie voltooi nie/is gestaakB Weerstandige bakteriee oorleef en vermeerderC Mutasies bestaan wat weerstandig is teen die antibiotikaD Bakterieë is vernietig deur antibiotikaE Bakterieë vermeerder deur tweedelingF Nuwe populasie van weerstandige bakterieë (6)

2.3 Bestudeer die volgende twee diagramme en beantwoord die vrae wat volg.Bladsy 8 van 12

Page 9: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

2.3.1 Aan watter plantgroep behoort hierdie plante? (1)2.3.2 Watter diagram A of B, verteenwoordig ‘n monokotiel/eensaadlobbige plant? (1)2.3.3 Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord in Vraag 2.3.2. (2)2.3.4 Diagram A kan as ‘n volledige blom beskou word.

Bewys hierdie stelling korrek deur die verskillende kranse te benoem ASOOK die byskrif nommers te verskaf wat elke krans opmaak. (11)

2.3.5 Verduidelik hoe die blom in Diagram A aangepas is vir bestuiwing en noemdie bestuiwingsagent vir hierdie tipe blom. (5)

(20) TOTAAL VRAAG 2: 40

VRAAG 3

3.1 Verskeie biochemiese prosesse word in Vraag 3.1.1 – 3.1.4 beskryf. Verskaf vir elkvan die prosesse die volgende:

a) die korrekte biologiese naam van die prosesb) die presiese plek waar dit plaasvind

3.1.1 Glukose word omgeskakel na pirodruiwesuur met ‘n klein hoeveelheid ATPas wins. (2)

3.1.2 In die teenwoordigheid van suurstof word die pirodruiwesuur afgebreek na koolstofdioksied. (2)

3.1.3 Lig energie word benodig om watermolekules op te breek om waterstof tevorm en suurstof vry te stel. (3)

3.1.4 Koolstofdioksied word vasgevang, waterstof en ATP word bygevoeg om ‘n eenvoudige koolhidraat te vorm. (3)

(10)

3.2 Die diagram toon ‘n transverse snit deur ‘n blaar. Beantwoord die volgende vrae.

Bladsy 9 van 12

Page 10: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

3.2.1 Wat is fotosintese? (1)3.2.2 Lys DRIE vereistes vir fotosintese. (3)3.2.3 Verskaf ‘n rede vir elk van die volgende ten opsigte van fotosintese.

a) Fotosintese vind die vinnigste plaas in area A. (1)b) Fotosintese vind nie in meeste epidermale selle plaas nie. (1)c) Opening by X. (1)d) Verskeie intersellulere lugruimtes in weefsel B. (1)

3.2.4 Verduidelik hoe die proses van fotosintese geaffekteer sal word indien die onderste oppervlak van die blaar met Vaseline bedek sou word. (3)

(11)

3.3 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.Bladsy 10 van 12

A

B

X

Page 11: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

3.3.1 Verskaf byskrifte vir A, E, G en H. (4)3.3.2 Skryf die letter van die deel:

a) wat beide ‘n enokriene- en eksokriene klier voorstel. (1)b) waar proteinvertering begin. (1)c) waar die meeste water en minerale soute geabsorbeer word. (1)

(7)

3.4 Lees die onderstaande stuk.

stomach. At frequent intervals the meat was removed to find out how long it w

[www.livescience.com]

Die resultate word in die onderstaande tabel aangetoon.Voedselsoort Verteringstyd in die maag Verteringstyd in die proefbuis

Bladsy 11 van 12

Gedeelte van die menslike spysverteringstelse

Tydens ‘n skietvoorval op 19 jarige leeftyd is Alexis St Martin se linkerkant van sy maag weg geskiet. ‘n Mediese dokter, Dr. Beaumont, was vining op die toneel, maar het Alexis nie 36 uur gegee om te oorleef nie.

Alexis het wonderbaarlik herstel maar is met ‘n gat in sy maag gelos. Om te verhoed dat voedsel en maagsappe uitvloei moes hy ‘n verband dra.

Dr. Beaumont het hierdie goue geleentheid aangegryp om die verteringsproses in die maag te bestudeer. Hy het ‘n stuk vleis aan ‘n toutjie vasgemaak en dit deur die gat in Alexis se maag ingeplaas. Met gereelde tussenposes is die vleis verwyder om uit te vind hoe lank dit die vleis sou neem om verteer te word.

Hy het in ‘n reeks ondersoeke maagsappe van Alexis se maag gebruik. Verskillende soorte voedsel is in proefbuise geplaas en dan met Alexis se maagsappe bedek by 38 oC. Die verteringstyd van die voedsingstowwe was vergelyk met die verteringstyd in die maag.

Page 12: gdecontent.co.za Sciences... · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs

(min.) (min.)Rou eiers 120 255Hard gekookte eiers 210 480Melk 135 285Biefstuk 190 495Kaas 210 435

3.4.1 Waarom is die proefbuise by 38 oC gehou? (1)3.4.2 Watter organiese nutrient is teenwoordig in al bogenoemde voedselsoorte? (1)3.4.3 Gee die naam van die ensiem verantwoordelik vir die vertering van hierdie

nutrient. (1)3.4.4 Hoekom neem dit langer om die hard gekookte eier te verteer as die rou

eier? (2)3.4.5 Maak gebruik van ‘n staafgrafiek om die verteringstyd van die

verskillende voedselsoorte in die maag alleen aan te dui. (7) (12)

TOTAAL VRAAG 3: 40 TOTAAL AFDELING B: 80

AFDELING C GEEN afdeling C meer in vraestelle nie

VRAAG 4

Beskryf hoe die produkte van die ligfase gebruik word in die DONKERFASE van fotosinteseom ‘n GLUKOSE molekuul te vorm en hoe hierdie glukose molekuul in ‘n plantsel afgebreek word om energie vry te stel. INHOUD: (17)

SINTESE: (3) (20)

TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150

Bladsy 12 van 12