wel en wee van die militêre veterane : berig 05/2017 en... · deon van zyl van die seiners...

18
WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 WEE VAN DIE VETERANE 1. Passing of Gideon (Eon) du Toit of the SAN Chris Bennett of the deep blue sea advises “... with the deepest regret of the passing of Eon on 11/03/2017 at his home in Goodwood after a short but serious illness. Eon joined the SAN in the early 1970s as a Personnel Officer and served in various post including that of a DS at the Naval Staff Col before transferring to a senior post in the House of Representatives in the late 1980s. Our sincerest sympathy to Cecile and their children. The funeral service was held at the NG Kerk in Goodwood on 17/03/2017”. 2. Afsterwe van Johan (Pottie) Potgieter, HC, van die Geskut Swannie Sannepoel van die Geskut verwittig met leedwese van “… Johan se afsterwe op 10/03/2017 na twee beroerte-aanvalle”. Callie Roos van die Recces noem dat “… daar op 11/03/2017 tydens ‘n klein familie geleentheid van Pottie afskeid geneem is”. Swanie noem ook “... dat ‘n Gedenkdiens vir Pottie om 10:30 op Vrydag 24/03/2017 by die Coffee@Capital Resaurant te Venterlaan 192 in Capital Park, Pretoria, gehou word. Roete is Noord in Paul Krugerstraat verby die Dieretuin, oor die nek verby Hoërskool Langenhoven, links in Malherbestraat, links in Vierdal, tot waar die straat doodloop in Paul Krugerstraat. Coffee@Capital Restaurant is op die linkerkant. Daar is voldoende parkering maar parkering mag tydsaam wees. Probeer om vanaf 10:00 vir u eie gerief te arriveer. Drag is baadjie en das met medaljes. Ten einde gepasde reëlings vir verversings te tref, moet terugvoer aan Caren voor Donderdagoggend om 08:00 op e-posadres [email protected] of op selno 083 299 4355 gegee word. Versprei die boodskap asseblief aan vriende en kollegas”.

Upload: others

Post on 06-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017

WEE VAN DIE VETERANE

1. Passing of Gideon (Eon) du Toit of the SAN Chris Bennett of the deep blue sea advises “... with the deepest regret of the passing of Eon on 11/03/2017 at his home in Goodwood after a short but serious illness. Eon joined the SAN in the early 1970s as a Personnel Officer and served in various post including that of a DS at the Naval Staff Col before transferring to a senior post in the House of Representatives in the late 1980s. Our sincerest sympathy to Cecile and their children. The funeral service was held at the NG Kerk in Goodwood on 17/03/2017”. 2. Afsterwe van Johan (Pottie) Potgieter, HC, van die Geskut Swannie Sannepoel van die Geskut verwittig met leedwese van “… Johan se afsterwe op 10/03/2017 na twee beroerte-aanvalle”. Callie Roos van die Recces noem dat “… daar op 11/03/2017 tydens ‘n klein familie geleentheid van Pottie afskeid geneem is”. Swanie noem ook “... dat ‘n Gedenkdiens vir Pottie om 10:30 op Vrydag 24/03/2017 by die Coffee@Capital Resaurant te Venterlaan 192 in Capital Park, Pretoria, gehou word. Roete is Noord in Paul Krugerstraat verby die Dieretuin, oor die nek verby Hoërskool Langenhoven, links in Malherbestraat, links in Vierdal, tot waar die straat doodloop in Paul Krugerstraat. Coffee@Capital Restaurant is op die linkerkant. Daar is voldoende parkering maar parkering mag tydsaam wees. Probeer om vanaf 10:00 vir u eie gerief te arriveer. Drag is baadjie en das met medaljes. Ten einde gepasde reëlings vir verversings te tref, moet terugvoer aan Caren voor Donderdagoggend om 08:00 op e-posadres [email protected] of op selno 083 299 4355 gegee word. Versprei die boodskap asseblief aan vriende en kollegas”.

Page 2: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

3. Afsterwe van Piet Furstenberg van die Seiners Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van die voormalige Formasie SM van die Seinformasie het op 13/08/2017 by die Gereformeerde gemeente in Annlin plaasgevind. Piet was die laaste jare die RSM van 31 Bn se Veterane-vereniging”.

4. Passing of Jack van der Walt of the Medics Manuel Ferreira of the SAAF advises “… with deep regret of the passing of Jack on 09/03/2017, after retiring two years ago as the Head of the Orthopaedic Laboratory. I fondly remember that he always had the time and friendly words for his juniors. The Memorial Service took place on 16/03/2017 at the Chapel of 1 Mil Hosp. Rest in Peace”. 5. Passing of: Elizabeth : Wife of Manie

Arne advises with regret of “… the passing of Elizabeth, Manie’s beloved wife, on 06/11/2016 at Noordhoek Manor in Cape Town. Our sincerest condolences to Manie, Anton, Andre and Chantel and families”.

6. Afsterwe van Dolly : Vrou van Kpln (Dr) James Kemp Johan Brink van Personeel verwittig met leedwese van “… die afsterwe van my skoonmoeder weens hartversaking op 18/02/2016 in die rype ouderdom van 90 jaar in 2 Mil Hosp. Na ‘n privaatverassing het ‘n gedenkdiens op 24/02/2016 in Melkbosstrand plaasgevind. Ondanks die hoë ouderdom gaan dit goed met my skoonpa en is hy is tans in ‘n aftree-oord in Bellville woonagtig”.

7. Passing of Karen : Wife of Jack Greeff, HC, of Spec Forces Callie Roos of the Recces advises with regret of “… the passing of Karen on 08/03/2017. Please hold Jack and his family in your prayers and we wish him strength for the road ahead”. 8. Set-back for Andy Anderson of the Cavalry John French of the Cavalry reports “… that Andy is still not well. He is undergoing rehabilitation at the Vincent Pallotti Hospital in Cape Town. His wife, Elzabe, tells me that he has still not fully recovered and may not take anything by mouth. His mobility is not good and he has a tendency to fall asleep without warning. He may be moved to the ACVV Old Age Home in Ysterplaat. Had Andy been able to report personally it would probably have been along the lines of ‘… unserviceable, awaiting call in’. Our thoughts are with him as things are not going well”.

Page 3: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

9. Terugslag vir MS du Toit van die Infanterie en Afd Inl MS noem dat “… my siekte was toe nie verkalkte are nie, maar is deur iets soortgelyk aan ‘n ligte beroerte veroorsaak. Het nou gevind dat die spesiale medikasie wat voorgeskryf is my nou net meer hoofpyn gee. Ek gebruik ook ander medikasie om die by-niere te beheer, wat te veel adrenalien afskei wat soos weerlig in die brein ontlaai. Ek sien tans nie kans om per telefoon of persoonlik met mense te praat nie, omrede dit verdere spanning veroorsaak wat weer die by-niere prikkel. Die hersteltyderk kan tot vier maande duur”. 10. Operation for Robbie Harm of the SAN “The operation to remove a cancerous prostate was a complete success and there are no signs that cancer had spread to the associated lymph nodes. I had one or two setbacks while in hospital which delayed my discharge by a few days, but am now back at home. However, my physical conditioning needs much attention as I am far weaker than anticipated. My e-mail address is [email protected]”. PERSOONLIKE BOODSKAPPE 11. Genl Dirk Verbeek van die Seiners en Voormalige HSI “Na die operasie om 13 cm van my kolon saam met die kwaadaardige kanker te verwyder met ‘n verdere 13 dae in die Zuid-Afrikaanse Hospitaal, is my dieet streng aangepas en het ek 25 kg gewig verloor. Die grootste probleem met die herstel is om beheer oor die werking van die maag te verkry en na tien maande is dit nog nie heeltemal reg nie. Die vordering is goed en ek sal binnekort reg wees. Die dokters het my gewaarsku dat dit meer as drie maande kan neem om heeltemal te herstel!” 12. John French of the Cavalry “We have settled in very nicely in Darling and I now am writing a column titled The French Letter in our local web based newspaper called the Dorpskoerant. This keeps me out of mischief. If anyone has time on their hands take a look on the link www.dorpskoerant.co.za. my e-mail address is [email protected]”. HULDEBLYKE AAN JOHAN POTGIETER, HC, VAN DIE GESKUT 18. Genl Joffel van der Westhuizen van die Geskut “Pottie het op 10/03/2017, op die betreklike jeugdige ouderdom van 66 jaar, aan beroerte gesterf. ʼn Paar jaar gelede het ʼn boorpunt in sy enkel afgebreek en was hy weens infeksie op ʼn baie lang herstelpad en moes dit hom ʼn knou toegedien het. Pottie was een van die SAA(vd) se lewende karakters. Met sy grys baard, poniestert, pyp-in-die-mond en vonkel in die oog, was hy ʼn man met ʼn prikkelende teenwoordigheid. Maar, nooit grootbekkig nie, altyd rustig en weloorwoë, iets van hom wat ook in sy gedigte en besonderse houtwerk deurgeskemer het. Hy en Daan Nell het reuse werk gedoen om die TV Reeks ‘Grensoorlog’ aan te durf en te voltooi en Pottie se vertellinge in die reeks sal hom nog lank vir ons lewendig hou. Pottie het Op Savannah as ʼn lt as ‘n Opservasieposoffisier (OPO) begin en en het die operasie as ʼn kapt en as troepbevelvoerder voltooi. Met die geveg by Brug 14 was hy vir dae lank die OPO op Hippo Hill, direk bo die brug wat ‘n uitsig oor die Nhiavallei gebied het. Hier het Pottie sy staal gewys. Na die geveg het Pottie die honderde dooie Kubane help opruim en binne in hom is hy met daardie letsel dood. Net voor die terugtog het van ons Infanterie verdwaald

Page 4: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

geraak en is van hulle gewond. Pottie het die leiding geneem om hulle onder vuur na veiligheid gebring en het also die Honoris Crux verdien.” 19. Herman van Niekerk (HC) van die Geskut en Spesiale Magte “My baie goeie vriend, Johan Potgieter, het op 10/03/2017 gesterf. Ons was saam Gunners en ons het saam HCs gekry”.

MILITêRE AANGELEENTHEDE 20. German Firm to Support Upgrade of the SAN’s Frigates and Submarines According toe Angel’s MN the SA defence contractor, Denel, has teamed up with the German ThyssenKrupp Marine Systems (TKMS) to support the upgrade of the SAN’s frigates and submarines. The two companies signed a Memorandum of Understanding on board the SAS Amatola, in Rostock, Germany, during the frigate’s deployment to European waters. Denel’s Maritime Division will take responsibility for maintenance and upgrades on three Type 209/1400mod submarines (SAS Manthatisi (photo below), SAS Charlotte Maxeke and SAS Queen Modjadji) and four Valour-class frigates (SAS Amatola, SAS Isandlwana, SAS Spioenkop and SAS Mendi. The vessels were commissioned by the SAN between 2005 and 2008.

21. SAS Amatola Heading Home after Ex Good Hope VII The SAN frigate SAS Amatola (photo below) is on her way back to the RSA via West Africa, after wrapping up Ex Good Hope VII with Germany. The exercise normally takes place every second year in South African waters and this is the first time it is being held in Europe. SAS Amatola moored in Kiel on 27/02/2017 ahead of the exercise and on 01/03/2017 the German and South African vessels headed to sea for various drills. She is expected back in Simon’s Town on 22/04/2017 after having conducted diplomatic visits to four African nations and will be in Walvis Bay between 17-19/04/2017.

Page 5: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

22. SAS Mendi on Display A very clean looking SAS Mendi on display for the Naval Festival over the past weekend.

23. Relocation of the Documentation Centre Paul Els advises that “... the Military Archives had started in Dec 2016 to relocate to a new archival building in Irene. All records and files have to be moved in their proper sequence and the estimated time of completion of the move is in Apr 2017. No requests for service certificates or service exemption letters can therefore be attended to until the move is completed”. 24. Gedenknaald by 1 Ondh Eenh (OHE) in Kimberley * Vroeër het ds Kaiser Cornelius navraag gedoen oor die gedenknaald wat by 5 OHE in Ondangwa opgerig was ter herdenking aan die lede van die eenheid wat insittendes was van die bus wat ‘n landmyn in Sektor 10 geaktiveer het. Thys Zondagh van Logistiek het verwittig dat die gedenknaald by KD Skool in Kimberley opgerig is en het vir Edward Ruziecki versoek om navraag te doen. Ed het later verwittig dat die gedenknaald by die Log Skool (ou KD Skool) op Youngsfield is en het die volgende fotos verskaf:

Page 6: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

25. USS Independence Under Tow to Breaking Yard The decommissioned aircraft carrier USS Independence 9photo below) has departed Washington bound for Brownsville, Texas, where she will be dismantled. She entered service in 1959, with many of her early years spent in the Mediterranean Fleet.

26. Use of an Unmanned Aerial Vehicle (UAV) to Serve as a Wingman to Combat Aircraft According to Arne’s MN, UAVs have always been controlled by ground stations, but the USN is developing a drone that could act as wingman to a combat pilot. The system is called Tactical Battle Manager (TBM) and streamlines cross-platform co-ordination of manned and unmanned air combat teams to operate in highly contested environments and allows a human operator to manage the UAV. The photo shows a pilot controlling his drone.

Page 7: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

MILITêRE MEDIESE VERSORGING 27. NTR. DIE SM MEDIESE VOORTSETTINGSFONDS (SMMVF) 28. Agtergrond In verlede week se Nuusbrief is ’n uiteensetting van die veranderings by die Fonds gegee en ook verwys na die aftrede van die Uitvoerende Hoof, Johan Crouse. 29. Bedankingsboodskap van Adm Johan Retief : Voormalige H Vloot en bekende Astronoom “Ek wil graag van die Nuusbrief gebruik maak om vir Johan Crouse te bedank vir die uitstekende diens wat die SMMVF aan die lede van die VPA onder sy leiding gelewer het. Dit was veral diegene van ons wat ver van die SAMGD se geneeskundige fasiliteite woonagtig is, wat by Johan se leiding gebaat het. Sy bereidwilligheid om te help, asook sy besoeke aan Veteranegroepe om hulle oor die Fonds se doen late in te lig, was baie waardeer. Aan Johan wens ons almal 'n rustige aftrede en 'n genotvolle en gesonde toekoms toe”. 30. Letter by Hercules du Plessis of Personnel to the RFMCF “I followed your advice in your letter of 27/02/2017 about the use of a generic substitute and consulted both our local GP and pharmacist, but was advised that the suggested generic medication can be provided but that I should first consult the physician who prescribed the medication. I have secured an appointment for 21/04/2017 for this purpose. What concerns me is that this medication was prescribed by the foremost cardiologist at 1 Mil Hosp after a series of tests and consultations spanning about three months. I had no say in this selection of medication and am in no way qualified to even express an opinion, least to insist on replacement of generic products. (I am informed that some are more costly than that prescribed!). I have no objection to using the generic products, but wonder what really prompted the RFMCF to issue this letter as you too, as fund administrators, would normally be hesitant to enter this domain. My concern is also triggered by recent press reports regarding the declining professional functionality of 1 Mil Hosp. Inadvertently, your letter raises the question of whether this is an indication that the RFMCF is heading towards financial difficulties or that the military health budget can no longer afford your services. This is exacerbated by the recent ruling to obtain authority for consultations locally, from the nearest Military Medical Clinic. I must state that the service previously provided by your administration was exemplary, whereas it is virtually impossible to get a reply from any phone number at 1 Mil Hosp. I trust that you will in due time alleviate fears of an imminent RFMCF failure. As it seems impossible to revitalise the ailing military health service, this is the military pensioner’s only recourse for medical service”.

Page 8: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

TOEKOMSTIGE OORLOë 31. NTR.

EIETYDSE MILITêRE GESKIEDENIS

32. Detail oor Sigarette

* Agtergrond Gedurende die laat sestigerjare was daar ’n spookstorie dat ’n mag van die VVO, afkomstig vanuit Afrika, sou poog om die JG Strijdom-lughawe naby Windhoek te beset en ʼn mag by ’n afgeleё plekkie met die naam van Sigaretti neer te laat. Paul Els wil wee twat die storie is en laasweek is bydraes van genl PO du Preez en Toon Cook geplaas. * Joos Cloete van die SALM “Sigarette was in die laat sestigerjare ‘n verspotte klein vliegveldjie wat na aan Botswana se grens en op die Westelike punt van die Caprivi geleë is. Dit het ‘n baie kort grondaanloopbaan gehad. Die enigste manier om die plek te kry was om die pad op die grens tussen Botswana en die Caprivi Suidwaarts tot ‘n tweespoorpaadjie en dit dan tot by Sigarette volg. Dit is moeilik om dit in die plat bebosde omgewing te vind. Die enigste inwoners was destyds ‘n Boesmanstam. In Apr 1968 het die VVO besluit om ‘n VVO afvaardiging na SWA te stuur en om volgens een of ander internasionale reg, ses mense, wat lede van die internasionale pers sou insluit, daar op die grond te plaas, sodat hulle SWA namens die VVO sou annekseer. Die plan was om die ses met ‘n ligte tweemotorige vliegtuig vanaf Zambië in te vlieg en op ‘n afgeleë vliegveld te land, waar hulle ongehinderd die anneksasie sou uitvoer. Sigarette is vir hierdie doel gekies, maar dit is duidelik dat hulle beplanning swak was, want ‘n swaargelaaide tweemotorige vliegtuig sou nie daar kon land nie. Die SAP het lank voor die tyd van die plan geweet en die nodige voorsorgmaatreëls is vroegtydig getref. Op 03/04/1968 het ‘n Dakota van 44 Esk, een Super Frelon van 15 Esk , en een Canbarra van 12 Esk na Eros en JG Strydom in Windhoek vertrek. Die plan was dat sodra die ligte vliegtuig in Zambië opstyg en die Lugverkeer die vlugplan ontvang, die Canbarra die ligte vliegtuig sou onderskep en dwing om op JG Strydom-lughawe of op enige ander vliegveld te land. Die ses sou op die vliegveld deur die SAP ingewag word en nie toegelaat word om die vliegtuig te verlaat nie tot tyd en wyl die Dakota of die Frelon opgedaag het nie. Die ses sou nie voet op SWA se grondgebied sit nie en sou vanaf hulle vliegtuig na die Dakota of die Frelon gedra word. Sodoende sou die anneksasie nie wettig wees nie, maar die beplanning het blykbaar uitgelek want die VVO het na twintig dae die operasie gekanselleer. Die bemanning van die Frelon was Hennie van Wyngaard, wat later deur Hector Voss afgelos is, Joos Cloete, Stapie Stapelberg en Ben Lombard. Die name van die ander vliegtuie se bemannings kan ek nie meer onthou nie”.

Page 9: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

33. The Fallen 9000 in WW2

Arlene Bronkhorst notes that “… on 13/09/2013, British artist Jamie, accompanied by numerous volunteers, took to the beaches of Normandy with rakes and stencils to etch 9 000 silhouettes as a stark visual reminder of those who died during the D-Day beach landings at Arromanches in Normandy on 06/06/1944 during WW2. Word spread and nearly 500 local residents arrived to help with the etches, which lasted only a few hours before being washed away by the tide.

34. Operasie van die Bye en Betrokkendheid van Pierre van Ryneveld in Owamboland In paragraaf 41 hieronder word verwys na Lukas se Waal se boek oor Owambo wat onder andere handel oor die ongehoorsame Hoofman Ipumbu van die Ukuambi-stam in Owamboland, wat aanhoudend die gesag van die SWA Administrasie uitgedaag het. In Nov 1921 was die Ukuambi-stam maar 8 000 sterk maar hy het in Nov 1921 ‘n aanval teen ‘n kraal van die Ukwanyama-stam geloods, wat uit 55 000 lede bestaan het. Die bevolking van Owamboland het toe uit net 147 600 persone bestaan. Ipumpu het sy onderdane met ‘n ysterhand regeer en rebelle swaar gestraf en hy het ‘n reputasie gehad om verwagtende vrouens se ingewande te laat uithaal, om sy nuuskierigheid te bevredig. Baie van sy mense het hom teen 1932 verlaat om onder minder outoritêre omstandighede te lewe. Die SWA administrasie het besluit om Ipumbu ‘n les te leer en het die Unie van SA versoek om militêre hulp te verleen. In 1932 het lt-kol Pierre van Ryneveld na Owambo met drie Westland Wapiti-vliegtuie gevlieg, terwyl lt Kriegler, Bev Kleingeweer-tak by die SA Mil Kol, met die UVM se hele pantservermoë van twee Crosley pantserkarre padlangs soontoe beweeg het. Pierre moes ’n lugaanval op Ipumbu se kraal uitvoer, terwyl lt Kriegler die kraal moes afbrand. Om 08:55 op 15/08/1932 is die panserkarre naby die kraal opgestel en het die vliegtuie die kraal met bomme en masjiengewere bestook, maar was die kraal toe reeds leeg. Tydens die aanval was Sam Nujoma net meer as drie jaar oud en in een van die omliggende krale wat nie aangeval was nie. Toe Kriegler met ‘n blik petrol uitgeklim om die naaste kraal aan die brand te steek, het ‘n swerm bye, wat Ipumbu goedgesind is, deur die pantserkar se oop geskuttoring ingetrek en die insittendes en Kriegler buite die kar aangeval. As julle die res van die storie wil lees, moet daar vir Lukas se boek gewag word. Die foto is na die operasie geneem.

Page 10: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

MILITêRE GRAFTE 35. Graf van Maj Willie de Koker van Spes Magte Trevor Floyd van die Parabats berig dat “... die begrafplaas in Wellington ’n Heldeakker het maar dit lyk soos ‘n varkhok en dit lyk asof ’n vragmotor oor Willie se graf gery het. Ek gaan vir die MOTHS se Deputy Old Bill, wat self in Wellington woon, die begrafplaas wys, sodat ons kan bepaal wat daar gedoen kan word. Ons moet begin rondkrap in plekke soos Vredenburg en Hopefield waar van ons makkers begrawe is. Interessant genoeg is die Breytenbach Museum in Wellington, ter ere van Jan se familie”. 36. Projek van Elektroniese Genologiese Gemeenskap van Suid Afrika (EGGSA) Paul Els van die Seiners noem dat “... EGGSA ‘n begrafplaasprojek begin het om militêre grafte in die RSA te registreer en beskik reeds oor ongeveer 70 000 fotos van militêre grafte. Ons lede ry nie by ‘n begrafplaas verby sonder om fotos te neem nie en selfs plase word vir grafte deursoek. Informasie oor die projek is op ons webblad http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=43 http://www.eggsa.org/library/main.php beskikbaar. Verdere steun word benodig en fotos kan na my e-posadres by [email protected] gestuur word. 37. Spes Magte se Webblad Heinrich von Berg van die Recces noem dat “... ons vir Spes Magte ’n helde-akker op die skakel by http://www.recce.co.za/in-memoriam/restinpeace geskep het, wat binnekort met 'n ‘In Memoriam per Dag’ bladsy aangevul gaan word. Stuur vir my goeie fotos van ons lede se grafstene sodat dit op ons webblad geplaas kan word”. 38. Douw Steyn van Spes Magte “Ons lede moet aanmoedig word om detail oor ons makkers, wat wyd en syd verlore lê, bymekaar te maak sodat daar vir hulle op ons die webblad erkenning gegee kan word. Dit sluit diegene in wat se asse in nismure, bo-op kaggels en in kombuiskaste bewaar word. Ons moet almal help om die dooies te besoek en mooi fotos te neem”. NUWE MILITêRE BOEKE

39. Boek oor Sektor 20 Johan van Wyngaard van Leërinligting noem dat sy “… boek oor Sektor 70 voltooi en gedruk is en dat ek in samewerking met Paul Els met die boek oor die geskiedenis van Sektor 20 besig is. Daar kort egter baie informasie oor Sektor 20 en ek sal graag met lede in verbinding wil tree wat bereid is om insette te lewer. My e-posadres is [email protected] en selno is of 083 534 2377”.

Page 11: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

PAUL ELS SE BOEKE

40. Presenting Numbered Hardcover Issues of The Latest Book Paul says that he had “... arranged an occasion on 08/03/2017 to hand special printed and numbered hardcover books of Ons Was Daar Sektor 10 to those who had helped me to make my dream come true. The photo shows the handing of book no 3 of 10 to Braam Rossouw, who had assisted me with his stories as OC of 25 Engr Sqn in Oshikati”.

41. Boek vir Lukas de Waal “Lukas skryf die tweede gedeelte van die boek oor die plante, stamme, staatsamptenare en die verhaal van die militêre optrede in 1932 deur Pierre van Ryneveld teen die ongehoorsame Hoofman van die Kwambi-stam in Owamboland. Ons behoort sy boek in vier maande te voltooi”. Nota. Die foto toon Paul se oorhandiging van die boek oor Sektor 10 aan Lukas en kyk par 34 oor Pierre van Ryneveld se Operasie van die Bye.

42. Paul se Hulp aan Twee Ander Makkers “Ek is tans besig om vir Herman van Niekerk van die Recces en Koos Moorcroft van die Parabats met hulle boeke te help en sommer vir ‘n hele paar ander makkers ook”. 43. Boek oor Militêre Basis Walvisbaai “Ek het die boek oor Walvisbaai op 20/02/2017 begin en dit beslaan reeds 129 bladsye, maar benodig nog baie detail. Het 2 SAI Bn ‘n gedenknaald gehad? Op die Net vind ek niks van wilde diere of slange in die omgewing van Walvisbaai nie, maar van die troepe het na Springbokke in die woestyn daar naby verwys. Dit lyk asof daar geen lede van die SALM en SAV op Walvisbaai was nie! Julle insette is noodsaaklik. Het wel vanaf ‘n ander bron ‘n wonderlike artikel oor die bou van die SAV se kanonstellings op die strand van Walvisbaai gekry.

Page 12: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

Daar is duisende leë dromme by die vliegveld op Rooikop. Waar het al die dromme vandaan gekom? Hierdie is ‘n goeie foto, maar ek benodig dit in ‘n groter formaat. Weet iemand iets van die konvooi wat op die foto getoon word?” 44. Nog Navrae oor Militêre Basis Walvisbaai * “Die Mobiele Wag was blykbaar in Walvisbaai voor 1960 maar ek het geen detail daaroor nie. Was 4 SAI Bn in Walvisbaai na 1989 ontplooi? * Ek het van lede van die SAV ongelooflike stories gekry en ek kan nie glo wat hulle alles daar gedoen het nie. Maar sover het ek byna niks van die SALM, SAGD, HK Walvisbaai Militêre Gebied, 55 Vd Werkplaas en Walvisbaai Komdo gekry nie. * Wanneer is die basis in Walvisbaai gesluit toe almal na Rooikop oorgeplaas is? * ‘n AO Steenkamp het in 1965 met in ‘n militêre voertuig doodverongeluk, maar ek kry sy naam nie op enige lys nie”. 45. Paul se Nuwe Boek ‘Ons Was Daar Sektor 10’ “Die boek is nou beskikbaar vanaf [email protected] beskikbaar. Dit is in A4-formaat met 537 bladsye en 1 600 fotos, wat die stories van die SAW en SAP in Owambo en Kaokoveld vertel. Dit gee persoonlike stories en fotos en kortliks iets van permanente eenhede wat daar was. Stories soos oor die bus met families in wat ‘n landmyn getrap het, ‘n kind se storie oor sy verblyf in Oshivelo, die geweergrenaat wat uit ‘n soldaat se bors verwyder is, Muile met R nommers en vele meer. Die prys is R440”. 46. Paul se Frustrasie “Wat my sommer doodmoeg maak is dat daar nog talle stories is wat nie gedokumenteer is nie. Die lede van die SALM kan baie stories vertel maar sit dit nie op skrif nie. Wat is verkeerd met ons mense? Ek sal maar aandonner en in boeke sit wat ek kan kry”. ALGEMENE ASPEKTE

Page 13: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

AKTIWITEITE VAN DIE SA WEERMAGVERENIGING (SAWV) 47. Projekte van die SAWV. Johan du Preez is die Ondervoorsitter van die SAWV en rapporteer soos volg: “Ons het verskeie projekte met name van voëls, waarvan Projek Kolgans een is en wat daarop gemik is om die kameraderie tussen die lede en hulle gesinne te hernu en te bevorder. Ons eenhede reg oor die land reël ‘n maandelikse ontbyt, normaalweg op die 1ste of 2de Saterdag van elke maand, waarby die Militêre Veterane kan inskakel. Tydens van hierdie geleenthede word gassprekers genooi om kort maar insiggewende onderwerpe aan te bied. Ons is vinnig besig om strukture in plek te kry sodat hierdie tradisie landswyd uitgebrei kan word. Op 11/03/2017 is die vyfde ontbyt by die Chatterley’s Teetuin gehou en tydens hierdie geleentheid is medaljes aan van ons lede toegeken. Projek Golden Eagle is daarop gemik om ons lede te help met hulle uitstaande of verlore medaljes. Lede wat belangstel om die maandelikse ontbyt in hulle area by te woon is welkom om ons te skakel by die SAWV se kantoor by 060 603 2930 of op e-posadres [email protected]. In die dorpe waar ons nog nie eenhede het nie, word die plaaslike Veterane versoek om ons te help om Projek Kolgans daar gevestig te kry”. 48. Medaljeparades van die SAW Vereniging (SAWV). Jan Malan is die Voorsitter van die SAWV en voeg die volgende by: Die SAWV bied ‘n diens aan ons lede om hulle uitstaande medaljes op te spoor. Die SANW oorhandig nie medaljes van die SAW nie en ons benut gepaste geleenthede om hierdie medaljes te oorhandig, aangesien een van ons doelstellings is om aan die Veterane erkenning te gee vir die diens wat hulle gelewer het. As deel van ons Projek Kolgans het Marius Cornelissen medaljes aan die volgende tydens die maandelikse ontbyt op 11/03/2017 oorhandig: * Medalje vir 40 jaar se troue diens en balkie vir 40 jaar se voortreflike diens aan AO1 Phillipus Fourie, wat postuum deur sy dogter, AO1 Magdalena Catherina Bronkhorst ontvang is. * Medalje vir troue diens met ‘n balkie vir 30 jaar voortreflike diens aan die volgende: Kol Edward John Ruziecki AO1 Magdalena Catherina Bronkhorst AO1 Paul Johannes Els (foto hieronder) * Medalje vir troue diens in Silwer toegeken aan lt-kol Joachim Hermanus Ehlers, MMM. * Kommando Sluitingsmedalje toegeken aan AO1 Johann Georg du Preez.

Page 14: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

49. Roland de Vries van die Meg Infanterie was Teenwoordig “Baie dankie Jan Malan dat ek en Ian Cameron van AfriForum julle pragtige byeenkoms vir die Veterane se verrigtinge op 11/03/2017 kon bywoon. Baie geluk ook aan al die medalje-ontvangers en vir Paul Els met sy boekbekendstelling oor Sektor 10. Dankie insgelyks vir die geleentheid dat ek en Ian oor geweldsmisdaad kon gesels en ook na julle planne kon luister. Ons gaan beslis ‘n werksessie later saam met die Paratroopers van Wit Willem Pretorius hou, ter ondersteuning van ons Projek Nehemia, wat AfriForum as 'n voog namens die gemeenskap die stryd teen geweldsmisdaad aanvoer. Die SAWV en die Valskermveterane van Willem Pretorius gaan saamwerk en ons begin eersdaags met voortgesette beplanning. Die foto is hiertydens geneem en van links na regs staan Chris Wehrmann, Daan Nell, myself, Jan Malan, Ian Cameron (Hoof van Gemeenskapsveiligheid by AfriForum) en Marius Cornelissen. Kom ons skep hoop en vertroue in Geloof!”

ALGEMENE ASPEKTE 50. Tandem-valskermsprong deur die van den Berg-familie Frans van den Berg van die Infanterie noem dat “… op 21/10/2006 het ons sewe broers en drie susters van die van den Berg-gesin, met al tien kinders van dieselfde ouerpaar, ‘n gelyktydige tandem-valskermsprong by die Wonderboom-lughawe uitgevoer. Dit is steeds ‘n wêreldrekord. Elkeen van ons het saam met 'n tandem-meester en 'n kameraman gespring, derhalwe is die bewyse van elkeen se sprong op video en op enkelfoto's verewig. Die TV-program ‘Kwela’ het dit ook twee weke later uitgesaai. Die foto is voor die sprong geneem”.

Page 15: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

51. World’s First Ship Tunnel to Bypass Norway’s Most Dangerous Waters According to Angel’s MN, authority has been given to finance the world’s first full-scale ship tunnel (photo below), bypassing one of the most dangerous areas for vessels along the Norwegian coast. The Stad Ship Tunnel will be blasted through 1.7 miles of rock, allowing ships the size of coastal steamers to navigate it. The Stadhavet Sea is considered one of the most exposed and dangerous areas for vessels along the coast of Norway, with sometimes more than 100 storm days per year and a dangerous combination of wind, currents, and waves.

52. Detail Required about Athol Kenneth Murray of 2 Bn Royal Durban Light Infantry CPO Richard Murray of the New Zealand Navy states that his “... grandfather, 7133 Athol Kenneth Murray, served with 2 Bn Royal Durban Light Infantry between 21/9/41 and 22/9/42 during WW2. He died in 1975 shortly after my family moved to NZ and I have always wondered about his military service. He did not really talk to my father about his time in the Army, other than mentioning that he was at Tobruk. I would like to know whether the DLI would still have Unit diaries or other records of that time in which my grandfather could be mentioned. Any help would be much appreciated. My e-mail address is [email protected]”. 53. The Harvest of Old Age. Deon Potgieter of the MOTHS in Mossel Bay is still young at heart, but finds pleasure in the following statement by Marcus Tullius Cicero, ca 106 BC: “Nature has only a single path and that path is run but once, and to each stage of existence has been allotted its own appropriate quality; so that the weaknesses of childhood, the impetuosity of youth, the seriousness of middle life, the maturity of old age - each bears some of Nature’s fruit, which must be garnered in its own season. Each has something which ought to be enjoyed in its own time. Intelligence, reflection, and judgement reside in older persons. Age, especially an honoured old age, has potentially so great authority that this is of more value than all the pleasures of youth. Old age is the consummation of life, just as of a play. The harvest of old age is the recollection and abundance of blessings previously secured”.

Page 16: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

WELSYNSWERK 54. Plaas vir Parabats en Ander Veterane Sonder Heenkome Renier Du Toit en Mike Cronje van die Parabats rapporteer dat “... die stigting ’In His Honour Outreach Foundation, ’n plaas as skenking net buite Rustenburg ontvang het. Die plaas is die afgelope vyf jaar onbewoon en ons beplan om die plaas op te knap, om behuising vir ons hulpbehoewendes te skep en dit uiteindelik selfonderhoudend te maak. Die oordragprokureur het ons reeds van 'n koopkontrak voorsien, wat in die stigting se naam geregistreer sal word, maar ons benodig die oordragkoste van ongeveer R24 000. Ons vra almal se hulp hiermee. Ons wil hierdie grond bekom om vir ons Veterane wat nie heenkome het nie, maar ook 'n veilge tuiste te kan skep. Ons het die grond, kom ons maak dit nou ‘n tuiste vir ons mense. Kontak Mike vir verdere besonderhede op 071 595 6300. Die bankbesonderhede is soos volg: In His Honour Outreach Foundation ABSA takkode 632005 Rekeningnommer 9244722025 Swift Kode ABSAZAJJ”

SOEKTOGTE 55. Waar is Johan Preller van Personeel? Jan Schoeman van Spes Magte benodig Johan se kontakbesonderhede en sal hulp waardeer. Sy e-posadres is [email protected]. GELEENTHEDE, FUNKSIES EN KURSUS- EN ANDER RE-UNIES

56. Re-unie van die SA Leër se Junior Leiergroep van 1962 Daan Nell van die Parabats noem dat “… die junior leiergroep van 1962 wat in die eerste week van Apr 1962 kommissierang by die SA Leërkol ontvang het, hou ‘n re-unie in die eerste week van Apr 2017 by Evendon House in Gloverlaan, Centurion. Genl Jannie Geldenhuys het destyds as ‘n kaptein die kursus aangebied. Eggenotes moet bywoon. Geen verskonings word aanvaar nie en die makkers moet hulle bywoning met Piet Fairbanks by [email protected] of op sy selno by 082 332 2553 bevestig. Piet sal detail oor die datum en aard van die re-unie verskaf”.

57. Re-unie van die SA Mil Akad se Jaargroep van 1967 Ears (Engelse maand) van den Heever van die Kavallerie maak bekend dat “… dit vanjaar 50 jaar gelede is dat die lede van die 1967 jaargroep (ook bekend as MA67) by die SA Mil Akad hulle deeltydse aandag aan hulle studies gewy het. Dawid Bestbier van Logistiek is besig om ‘n byeenkoms te reël, voordat ons te oud raak vir sulke wedervaringe. Die eerste aktiwiteit op die kalender is ‘n sosiale byeenkoms op 29/04/2017 by Dawid se geriewe. Kontak my asseblief by [email protected] vir verdere inligting”. 58. Re-unie van Oudlede van D Spesiale Take van Afd Inl op 06/05/2017 Cor van Niekerk van die Infanterie en Afd Inl herinner “… aan die bymekaarkoms vanaf 11:00 op 06/05/2017 by Chatterleys in Valhalla. Elkeen moet R50 vir ete saambring en genoeg vir die kontantkroeg. My e-posadres is [email protected]”.

Page 17: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

59. Kwartaallikse Byeenkomste van die Overberg se Militêre Veterane Jos Rabie van die Parabats noem dat “… besoekers van elders gereeld ons kwartaallikse byeenkomste bywoon. Makkers wat beplan om deur die loop van die jaar ons omgewing tussen Franskraal en Bettiesbaai te besoek, kan gerus ‘n aantekening van ons volgende beplande samekomste maak: * Op Donderdag 01/06/2017 is Bertus Steenkamp van Afd Inl, ‘n historikus in eie reg, ons besoekspreker. Hy kom praat oor sy en prof Louis Changuion se boek Omstrede Land. * Op Woensdag 06/09/2017 is dit Arné Söderlund se beurt om met ons oor sy en Douw Steyn se boek Iron Fist From The Sea te gesels. Ons jaareindbeplanning vir Des 2017 is nog nie gefinaliseer nie maar beloof om weer ‘n groot sukses te wees. Ons kom in die omgewing van Hermanus byeen en vir bywoning kan ek by [email protected] of 082 784 6373 gekontak word. NETWORKING

60. Belegging in ‘n Ekskusiewe Hotelontwikkeling Pieter van Rooyen van die Seiners noem dat hy ‘n “… unieke beleggingsmodel ontwikkel het om ‘n eksklusiewe hotelontwikkeling teen die Noordelike hange van Northcliff in Johannesburg te bemark. Die uitsig is asemrowend en op n helder dag kan die Voortrekker Monument gesien word. Die eienaar het al die bouwerk met eie fondse gedoen en het besluit om aandele beskikbaar te stel om die hoofgebou te voltooi. Dit word deur ‘n aandeelskema hanteer en die ‘koop om te verhuur’ verskaf ‘n verwagte opbrengs van 20% per jaar wat in die derde jaar tot 50 % kan styg. Die belegger kan na drie jaar sy belegging laat uitkeer. Daar word net 25% se aandele verkoop en die belegging word deur onbelaste vaste eiendom verseker wat ook ‘n belastingvoordeel bied. Belangstellendes kan my op 081 567 4247 vir meer inligting kontak”.

ADMINISTRASIE

61. Nuwe Lede * Anneke van Rensburg * Jaco van As * Jan Schoeman * Leonie van den Heever * Lourens Smith * Pierre Lundberg * Piet Scholtz * Pieter van Rooyen

LAASTE LAWWE (EN SOMS ERNSTIGE) STUKKE

62. Military Planning of North Korea The scrupulous dictator of North Korea, Ting Pong Tong, who demands that his generals appear with notebook in hand when in his presense, has resumed the testing of long-distance ballistic missiles. He has also ordered the development of covert dirty tricks, that include the cloning of harmless animals to support his crazy military ambitions.

Page 18: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 05/2017 EN... · Deon van Zyl van die Seiners verwittig met leedwese van “… die afsterwe van Piet op 08/03/207. Die gedenkdiens van

63. Celebrating St Patrick’s Day on 17/03/2017. Kinnie van Eeden of the Infantry regularly visit the United Kingdom and does not miss the festivities on St Patrick’s Day. This year he was in London and was intrigued to hear the following conversation in Murphy’s Pub in London (and sorry it is a bit long): The two men were sitting next to each other at the pub and after a while one looks at the other and says “… I can’t help but think, from listening to you on this special day, that you are from Ireland”. The other responds proudly with “… yes, that I am!” The first one says “… so am I! And where about from Ireland might you be?” The other one answers with “… I am from Dublin, I am”. The first one responds with “… so am I!” “Mother Mary and begora. And what street did you live on in Dublin?” The other one says “… a lovely little area it was. I lived on McCleary Street in the old central part of town”. The first one says, “… faith and it’s a small world. So did I! So did I! And to what school would you have been going?” He answers with “… well now, I went to St Mary’s, of course”. The first one gets really excited and says “… and so did I. Tell me, what year did you graduate?” He answers with “… well, now, let’s see. I graduated in 1964”. The first one exclaims “… the Good Lord and St Patrick must be smiling down upon us! I can hardly believe our good luck at winding up in the same place tonight. Can you believe it, I graduated from St Mary’s in 1964 my own self!” Brian, the barman, walks over to Kinnie, shaking his head and mutters “… it is going to be a long night tonight”. Kinnie asked “… why do you say that, Brian and he responded with ”… it is St Patrick’s Day and the Murphy twins are drunk again!” SLOT

64. And on that Irish note, sterkte vir ‘n lekker warm, dog hopelik weer ‘n natterige week.

Johann

VRYWARINGSKLOUSULE

65. Hierdie Nuusbrief bevat die uiteenlopende en diverse persoonlike menings van Militêre Veterane en die Opsteller van die Nuusbrief kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.