white rivers exploration (pty) ltd...2.1 analise en interpretasie van historiese data [jaar 2: 8...

10
Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd T/A Shango Solutions HHK House h/v Ethellaan en Ruthsingel Northcliff Gauteng Posbus 2591 Cresta 2118 Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.shango.co.za White Rivers Exploration (Pty) Ltd Prospekteerreg: FS 30/5/1/1/3/2/1/10520 EM Prospekteerreg en Omgewingsmagtiging vir die Kroonstad-Noord Prospekteerregprojek JULIE 2018 Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek. Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare deelnameproses (ODP). Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV). Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek

Upload: others

Post on 20-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd T/A Shango Solutions

HHK House

h/v Ethellaan en Ruthsingel Northcliff Gauteng

Posbus 2591

Cresta 2118

Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731

E-pos: [email protected] Webtuiste: www.shango.co.za

White Rivers Exploration (Pty) Ltd

Prospekteerreg: FS 30/5/1/1/3/2/1/10520 EM

Prospekteerreg en Omgewingsmagtiging vir die Kroonstad-Noord

Prospekteerregprojek

JULIE 2018

Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en

geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek.

Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare

deelnameproses (ODP).

Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem

aan die formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die

omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV).

Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien

van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek

Page 2: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

1

1. INLEIDING

White Rivers Exploration (Pty) Ltd (White Rivers Exploration) het 'n aansoek om prospekteerreg en

omgewingsmagtiging ingedien om vir die volgende kommoditeite te prospekteer:

SilWer

• Goud

• Steenkool

• Kobalt

• Koper

• Diamante (Alluviaal)

• Yster

• Mangaan

• Molibdeen

• Nikkel

• Lood

• Platinumgroepmetale

• Seldsame aardelemente

• Swael

• Uraan

• Wolfram

• Sink

Die aansoek om prospekteerreg is aanvaar deur die Departement van Mineralehulpbronne (DMH): Vrystaatse

Streekskantoor op die 25ste

Junie 2018. Die voorgenome projek sal bekendstaan as Kroonstad-Noord en dit poog

om die potensiële mineraalneerslag te verken en te kwantifiseer. Ten einde prospekteeraktiwiteite te onderneem,

benodig White Rivers Exploration ʼn prospekteerreg kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en

Petroleumhulpbronne, 2002 (WOMPH, Wet 28 of 2002, soos gewysig). Daar word ook van White Rivers

Exploration vereis om 'n omgewingsmagtiging (OM) te verkry kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur,

1998 (WNOB, Wet 107 van 1998, soos gewysig) wat die voorlegging van 'n basiese assesseringsverslag (BAV) en

'n omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV) behels, asook dat hulle 'n openbare deelnameproses (ODP)

onderneem. Shango Solutions (Pty) Ltd (Shango Solutions) is deur White Rivers Exploration aangestel as die

omgewingsassesseringspraktisyn (OAP) om te help om aan hierdie vereistes te voldoen.

2. DOEL VAN DIE BID

Openbare deelname maak 'n integrale deel uit van die basiese assesseringsproses. Die

agtergrondinligtingsdokument (AID) bied die leser die geleentheid om inligting te verkry, kommentaar te lewer,

kommerwekkende kwessies te opper en met die ontwikkeling van die proses saam te werk. Die verspreiding van

hierdie dokument is noodsaaklik om die leser in te lig oor hoe om by die proses betrokke te raak.

Hierdie dokument is daarop gemik om die leser van basiese inligting rakende die voorgenome projek te voorsien,

wat die volgende insluit:

'n Bekendstelling van die projek, asook besonderhede oor die ligging.

'n Aanduiding van die voorgenome aktiwiteite en die regsraamwerk waarbinne die projek uitgevoer word.

Omgewingsimpakte wat potensieel kan voorkom.

'n Verduideliking van die openbare deelnameproses (ODP) wat gevolg sal word.

ʼn Verduideliking van hoe om as ʼn belanghebbende en geraakte party (B&GP) betrokke te raak.

3. LIGGING

Tabel 1 dui die eiendombesonderhede aan van die prospekteerregaansoekgebied. Die gebied waarin daar

belanggestel word, dek 12 422.1 hektaar wat oor 66 plaasgedeeltes strek en is geleë in die Kroonstad-

Magistraatsdistrik, 13 km oos van Kroonstad, in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika (Figuur 1).

Page 3: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

2

Tabel 1: Besonderhede van eiendom.

Plaas naam Plaasgedeelte Algemene landmeterskode

Aandenking 1559 0(RE) F02000000000155900000

Aandenking 1559 1 F02000000000155900001

Aandenking 1559 2 F02000000000155900002

Aandenking 1559 3 F02000000000155900003

Aankry 2125 0 F02000000000212500000

Abraam`s Pan 2016 0 F02000000000201600000

Annex 2159 0 F02000000000215900000

Bloemhoek 987 0(RE) F02000000000098700000

Bloemhof 545 0(RE) F02000000000054500000

Boomtuin 2491 0(RE) F02000000000249100000

Brit`s Rust 1497 0 F02000000000149700000

Canada 738 0(RE) F02000000000073800000

Canada 738 1 F02000000000073800001

Cyferfontein 2560 0 F02000000000256000000

Devilliersdeel 1617 0 F02000000000161700000

Devilliershof 1618 0 F02000000000161800000

Doornkop 669 0(RE) F02000000000066900000

Doornkop 669 1 F02000000000066900001

Doornkop 669 2 F02000000000066900002

Eerste Rust 116 0(RE) F02000000000011600000

Elim 52 0 F02000000000005200000

Erfdeel 1560 0 F02000000000156000000

Evergreen 1236 0(RE) F02000000000123600000

Frederiks Rust 1320 0 F02000000000132000000

Gelukspruit 2580 0(RE) F02000000000258000000

Gelukspruit 2580 1 F02000000000258000001

Goedemoed 385 0 F02000000000038500000

Gouwgevonden 1650 0 F02000000000165000000

Harmonie 2291 0 F02000000000229100000

Hlobane 1385 1 F02000000000138500001

Kailhama 1387 0(RE) F02000000000138700000

Kailhama 1387 1 F02000000000138700001

Kalkfontein 881 RE F02000000000088100000

Kalkfontein 881 1 F02000000000088100001

Klein Klipkraal 33 0 F02000000000003300000

Kleingeluk 2082 0 F02000000000208200000

Klipdraai 664 0 F02000000000066400000

Klip-Kraal 587 0 F02000000000058700000

Kromspruit 1498 0 F02000000000149800000

Langland 517 RE F02000000000051700000

Langland 517 1 F02000000000051700001

Mamre 2120 0 F02000000000212000000

Manica 580 0 F02000000000058000000

Mizpah 2083 0 F02000000000208300000

Montreal-West 64 0 F02000000000006400000

Page 4: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

3

Plaas naam Plaasgedeelte Algemene landmeterskode

Mooidam 893 0 F02000000000089300000

Morning Star 1238 0 F02000000000123800000

Newlands 2238 0 F02000000000223800000

Ngwathe 2596 0 F02000000000259600000

Nooitgedacht 2239 0 F02000000000223900000

Overlap 1495 0 F02000000000149500000

Panplaats 512 0 F02000000000051200000

Peace 392 0 F02000000000039200000

Pietershoek 1386 1 F02000000000138600001

Potgieters Rust 38 0(RE) F02000000000003800000

Potgieters Rust 541 0(RE) F02000000000054100000

Potgieters Rust 541 2 F02000000000054100002

Sonryk 2506 0 F02000000000250600000

Swaarverdien 2292 0 F02000000000229200000

The Gums 1331 1 F02000000000133100001

The Gums 1331 2 F02000000000133100002

The Gums 1331 3 F02000000000133100003

Uelzen 1994 0(RE) F02000000000199400000

Vryheid 1566 0 F02000000000156600000

Zoar 1496 0 F02000000000149600000

Zuidhoek 2304 0 F02000000000230400000

Page 5: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

4

Figuur 1: Liggingskaart.

Page 6: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

5

4. PROJEKBESKRWYING

Nie-indringende prospekteeraktiwiteite sal onderneem word as deel van die voorgenome prospekteerwerkprogram.

Die omvang van hierdie aktiwiteite is soos volg:

Fase 1

1.1 Vind en verkry historiese eksplorasiedata [Jaar 1: 3 maande]

Alle historiese data wat die posisie en ekonomiese potensiaal van die teikenhorisonne uiteensit, sal verkry word. Die

data wat verkry word, sal wees in die vorm van historiese boorgatinligting, kadasterkaarte, geologiese kaarte,

geologiese verslae, geofisiese opnames (alle beskikbare, bestaande gepubliseerde gravimetriese, radiometriese,

magnetiese, seismiese data, afstandwaarnemingdata, asook enige inligting ten opsigte van vorige ontginning of

mynbou, sal geraadpleeg en geïnterneer word). Data sal bestudeer en geverifieer word (GV/GB-prosedure).

1.2 Datavaslegging, GV/GB-vestiging van databasis [Jaar 1: 9 maande]

Die data-inventaris sal opgestel word in Microsoft Access-databasisse vir toekomstige verwysing en vir maklike

toegang tot die relevante inligting. Die historiese data sal op gepaste elektroniese databasisse vasgelê word. Die

vasgelegde data sal 'n streng GV/GB-proses ondergaan om te verseker dat dit van die hoogste gehalte en

akkuraatheid is. Wanneer die databasisse hersien is, sal hulle oorgeskakel word in formate wat vir

interpretasiedoeleindes gebruik kan word. Hierdie databasisse sal die grondslag vorm van geologiese inligting wat

die geologiese model en hulpbronskatting van inligting sal voorsien.

Fase 2

2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande]

Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek word deur 'n span van

Witwatersrand-geologiedeskundiges. Die doel van die oefening is om nomenklatuur te standaardiseer, geologiese

verhoudings te ondersoek, die geologiese omgewing te bepaal en om die afsettingsomgewing van die gouddraende

horison te herkonstrueer om sodoende die faktore wat die mineralisasie beheer, beter te verstaan.

2.2 Lessenaarstudie [Jaar 2: 4 maande]

Die uitkomste van die interpretasie tesame met die mineralisasie-model sal voorgelê word in die vorm van 'n

geologiese lessenaarstudieverslag. Die bevindinge van hierdie verslag sal die grondslag vorm vir die toekomstige

eksplorasiestrategie.

2.3 Aanvanklike veldbesoek [Jaar 2: 2 weke]

'n Veldbesoek sal onderneem word om die applikant vertroud te maak met die oppervlakkenmerke (soos historiese

myne, infrastruktuur, dagsome, waterliggame en moeraslande) in die projekgebied en om die

oppervlakgrondeienaars te ontmoet. Gedurende hierdie besoek sal plaasgrense en plaasaktiwiteite binne die

projekgebied geverifieer word. 'n Poging sal aangewend word om enige faktore te identifiseer wat 'n impak kan hê

op die eksplorasieprogram. Daarbenewens sal daar 'n poging aangewend word om die krae van die historiese

boorgate te vind.

Fase 3

3.1 Opsporing en verkryging van toegang tot die historiese kern [Jaar 3: 3 maande]

Sleutelboorgate wat voorheen in die gebied gesink is, sal geïdentifiseer word en daar sal met die eienaars

onderhandel word om toegang tot die kern te verkry.

3.2 Aantekening en hertoetsing van relevante kern [Jaar 3: 5 maande]

Wanneer toegang tot die historiese kern verkry is, sal die kern weer aangeteken en, indien nodig, hertoets word.

Hierdie aktiwiteit sal toelaat dat historiese boorgat-logboeke geverifieer word en sodoende vertroue verhoog in die

data wat die geologiese model ondersteun.

Page 7: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

6

3.3 Interpretasie en integrasie van data in 'n databasis [Jaar 3: 4 maande]

Wanneer die aantekening en monsterneming voltooi is, sal die vasgelegde inligting ingesluit word in die databasis

vir verdere gebruik in geologiese modellering en hulpbronskatting.

Fase 4

4.1 Vestiging van 'n voorlopige geologiese model [Jaar 4: 6 maande]

Die historiese data sal gebruik word om 'n voorlopige 3-dimensionele geologiese model te ontwikkel. Hierdie model

sal gebruik word om die eksplorasieprogram en die geofisiese opnames vir die prospekteergebied verder te verfyn.

4.2 Geofisiese opname (indien vereis) [Jaar 4: 2 maande]

Geofisiese opnames wat deur mynmaatskappye in die verlede gedoen is, is beskikbaar en kan verkry word sonder

dat dit nodig is om verdere opnames te doen. Aëromagnetiese streekopnames is toeganklik, en op grond van 'n

gunstige uitkoms van die werk in Jaar 1 en 2 sal daar besluit word of hierdie opnames aangekoop sal word.

4.3 Interpretasie van geofisiese opname [Jaar 4: 4 maande]

Die resultate van die geofisiese opname-ondersoek sal gesintetiseer en geïnterpreteer word in die konteks van die

voorlopige geologiese model. Die opname-data sal in die databasis geïnkorporeer word.

Fase 5

5.1 Finalisering van die geologiese model [Jaar 5: 3 maande]

Die 3D- geologiese model sal, op grond van die heraantekening en hertoetsing van die historiese kern, vir gebruik

tydens hulpbronskatting bygewerk en gefinaliseer word.

5.2 Hulpbronskatting [Jaar 5: 6 maande]

'n Finale driedimensionele geologiese model wat gegrond is op die boorgate wat heraangeteken en hertoets is en

die ander historiese data sal gebruik word om 'n hulpbronskatting uit te voer.

5.3 Konsepstudie [Jaar 5: 3 maande]

'n Konseptuele studie, wat nie net die geologiese hulpbronne nie, maar ook die ontginning-, omgewings- en

finansiële aspekte, ens. in ag sal neem, sal onderneem word om die pad vorentoe vir die projek te bepaal.

5. GEOLOGIESE FORMASIE EN PROSPEKTEERTEIKENS

Die gebied waarvoor aansoek gedoen is, is hoofsaaklik gekies op grond van die historiese data wat vir die streek

beskikbaar is, en hierdie data dui op die moontlikheid dat ekonomies lewensvatbare hulpbronne voorkom. Die

Vrystaatse Goudveld is gedurende die 1930’s op geofisiese wyse ontdek, toe dr. R Krahmann die rand van die

Witwatersrandkom afgebaken het deur die magnetiese skalie van die Wes Rand-groep met ʼn magnetometer te

karteer. Dit is gevolg deur uitgebreide eksplorasieboorwerk vir diamante, wat die goudhoudende konglomeraat van

die Sentrale Rand-groep (Figuur 2) gesny het. Die gevolg was die ontwikkeling van een van die grootste goudvelde

op aarde.

Welkom, die grootste dorp in die Vrystaatse Goudveld, lê ongeveer 270 kilometer suidwes van Johannesburg, en

ongeveer 1 370 meter bo gemiddelde seevlak. Welkom se goudveld het elf myne in die driehoek tussen Allanridge,

Welkom en Virginia opgelewer. Hierdie myne het gesamentlik meer as 9.6 miljoen kilogram goud gelewer.

Die Vrystaatse Goudveld is tipies bedek met 500 meter Karoo-supergroepstrata, wat hoofsaaklik bestaan uit

horisontale lae sandsteen en skalie van die Ecca-groep. Die Ecca-groep bevat steenkool op lae vlakke, wat

ontginbaar kan wees. Bykomend tot goud, is die primêre prospekteerteiken silwer, uraan, swael, diamante,

seldsame aardelemente en metale in die platinumgroep tans en ook histories as neweprodukte van goud onttrek.

Page 8: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

7

Basismetale (kobalt, koper, mangaan, molibdeen, nikkel, lood, wolfram en sink) kan moontlik in mafiese intrusies

teenwoordig wees.

Figuur 2: Kaart van die Witwatersrandkom (Pretorius, 1964), asook dieptes vir die Sentrale Rand-groep.

6. REGULATORIESE VEREISTES

Suid-Afrikaanse wetgewing vereis dat omgewingsmagtiging vir sekere aktiwiteite verkry word voordat daar met

prospekteerwerk begin word. As deel van die aansoekproses vir omgewingsmagtiging, is dit nodig om die

omgewings- en maatskaplike impakte wat met die aktiwiteite gepaard gaan vas te stel, sodat enige moontlike

negatiewe en/of positiewe gevolge wat daaruit kan spruit, geïdentifiseer kan word. Maatreëls moet voorgestel word

om hierdie impakte te vermy of tot die minimum te beperk.

Kragtens die WNOB en sy OIA-regulasies (GN 324/GN 325/GN 327), kan die volgende gelyste aktiwiteit vir die

voorgenome projek geld, en as sodanig is die aansoek aan ʼn basiese assesseringsproses onderhewig:

RK R. 327 (van 2017), Aktiwiteit 20: Enige aktiwiteit, ingeslote die bedryf van daardie aktiwiteit wat ʼn

prospekteerreg kragtens artikel 16 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne, 2002

(Wet 28 van 2002), vereis, ingeslote (a) gepaardgaande infrastruktuur, strukture en grondwerk, wat direk verband

hou met prospektering vir ʼn mineraal, of (b) die primêre verwerking van ʼn minerale hulpbron, ingeslote winning,

onttrekking, klassifikasie, konsentrasie, vergruising, sifting of was; maar uitgeslote die sekondêre verwerking van ʼn

minerale hulpbron, ingeslote smelting, veredeling, reduksie, raffinering, kalsinering of vergassing.

Page 9: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

8

7. TIPIESE IMPAKTE WAT MET HIERDIE AKTIWITEITE VERBAND HOU

Die volgende impakte sal, onder andere, deur die basiese assesseringsverslag beoordeel en daarby ingesluit word:

Veiligheids- en sekuriteitsrisiko’s vir grondeienaars en wettige bewoners

Inmenging met grondgebruik

Sin vir die plek

8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES

Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese assesseringsproses gevolg word, word hier onder beskryf.

Aanvang en toepassing

Stel aansoekvorm op en dien dan in

Openbare deelnameproses

Identifisering van B&GPs

Voorbereiding van kennisgewingdokumente (AID, brief, advertensie, terreinkennisgewing,

registrasievorm)

Kennisgewing aan B&GPs en relevante belanghebbendes van die projek

Plasing van terreinkennisgewings en advertensie

Basiese assesseringsverslag (BAV) en omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV)

Saamstel van basislyn-omgewingsdata en identifisering van potensiële impakte wat met die projek

verband hou

Assessering van alternatiewe projekaspekte

Spesialisstudies onderneem (indien van toepassing)

Potensiële impakte word getakseer en versagtende maatreëls voorgestel

Moniteringsprogramme word voorgestel om seker te maak dat versagtende maatreëls doeltreffend is

Voorlopige BAV/OBPV word aan die publiek en die owerhede beskikbaar gestel vir openbare oorsig en

kommentaar

Finale BAV/OBPV word bygewerk en sluit alle kommentaar in voordat dit voorgelê word aan die DMH

DMH aanvaar die BAV/OBPV of vra vir bykomende inligting

Rekord van beslissing

DMH neem 'n besluit en keur die aansoek vir omgewingsmagtiging goed of af

Alle B&GPs word in kennis gestel van die uitslag van die aansoek en van hulle reg om appèl aan te teken

9. TYDPERK WAARVOOR DIE OMGEWINGSMAGTIGING VEREIS WORD

Die omgewingsmagtiging word vir vyf (5) jaar vereis.

10. BEHOEFTE AAN EN WENSLIKHEID VAN DIE PROJEK

Indien die prospekteerwerk suksesvol is en ʼn hulpbron gekwantifiseer word, sal dit op ʼn moontlike lewensvatbare

ekonomiese aktiwiteit in die vorm van mynbou dui. Mynbou sal grootliks tot plaaslike ekonomiese groei bydra deur

middel van direkte indiensneming, toekomstige sakegeleenthede, mynreggelde en belastinginkomste.

Ons is hier

Page 10: White Rivers Exploration (Pty) Ltd...2.1 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 2: 8 maande] Die saamgestelde databasisse, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek

9

11. OPENBARE DEELNAMEPROSES

Die leser word hiermee genooi om vrylik deel te neem, en enige vrae of inligting wat tot die basiese

assesseringsproses kan bydra, in te dien. Openbare deelname is ʼn noodsaaklike komponent van die proses. Dit

spreek tot die reg van B&GPs om oor die voorgenome aktiwiteite ingelig te word en betrokke te wees by die besluite

wat hulle raak. Dit bied ook aan die OAP die geleentheid om die kwessies en bekommernisse wat deur B&GPs

geopper word, aan te spreek, wat die OAP in staat stel om al die moontlike impakte van die voorgenome projek te

assesseer.

12. UITNODIGING OM TE REGISTREER

Indien u as 'n B&GP wil registreer en op hoogte gehou wil word van hierdie projek, moet u asseblief die aangehegte

vraelys invul en terugbesorg aan Shango Solutions teen nie later nie as die 31ste

Augustus 2018.

Enige navrae, kommentaar of bekommernisse ten opsigte van hierdie aansoek kan gerig word aan Shango

Solutions by:

Tel: 011 678 6504

Faks: 011 678 9731

E-pos: [email protected]

Kontakpersoon: Me Zizo Siwendu (Omgewingsassesseringspraktisyn/OAP)

Projeknaam: Kroonstad-Noord Prospekteerreg

Posadres: Posbus 2591, Cresta, 2118, Suid-Afrika

Enige kommentaar of bekommernisse oor hierdie aansoek kan ook gerig word aan die DMH (en 'n afskrif

gestuur na Shango Solutions):

Tel: 057 391 1385

Faks: 057 357 6003

E-pos: [email protected]

Kontakpersoon: Me Nkateko Mhlarhi

Posadres: Privaat Sak X33, Welkom, 9460

DMH-verwysingsnommer: FS 30/5/1/1/3/2/1/10520 EM

Vir aandag: Myndirektoraat: Omgewingsbestuur DMH – Vrystaatse Streekskantoor