badisa trio jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/badisa...kinders is van hul...

32
Badisa Trio Jaarverslag 2017 / 2018 NPO No: 011 891

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Badisa Trio Jaarverslag

2017 / 2018

NPO No: 011 891

Page 2: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

“History will judge us by the difference we make in the everyday lives of our children”

– Nelson Mandela

Page 3: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Wie is Badisa Trio

• Badisa Trio is ‘n program van Badisa, ‘n geregistreerde Nie-winsgewende organisasie (NPO 011-891).

• Badisa Trio het ‘n mandaat om op te tree volgens die Kinderwet, Wet 38 van 2005, ten einde die kwesbare kinders te beskerm.

• Badisa Trio lewer Kinderbeskermings dienste in die volgende areas: Bellville, Durbanville, Brackenfell, Kraaifontein, Scottsdene en Fisantekraal.

Page 4: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Visie en Missie

Visie: Omgee in Aksie

Missie: Om individue, families en gemeenskappe te bemagtig deur omvattende gemeenskaps gebasseerde programme

Page 5: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Van die Voorsitter van die Beheerraad

Die jaar 2017/2018 was weereens 'n moeilike jaar vir Badisa Trio en Moresterretjies gewees. Dit is as gevolg van moeilike ekonomiese toestande wat maak dat al hoe meer mense werkloos raak. Die effek hiervan is dat ons heelwat meer pleegkinders moes hanteer gemeet teenoor die vorige jare.

Ons het ook 'n hele paar van ons senior personeel verloor hoofsaaklik as gevolg van groter vergoedings.

Badisa Trio kry subsidies van die staat vir die aantal maatskaplike werkers en hulpwerkers wat ons gebruik. Dit is nie eers genoeg om ons salarisrekening goed te maak nie. Met ander woorde ons moet die ander uitgawes wat ons het self betaal. Gelukkig het ons 'n kundige span wat fondswerwing doen. Wat ons kantore se bedryfsuitgawes aan betref is dit so dat die staat se deel van ons totale uitgawes al hoe kleiner raak. Vir die 2017/2018 boekjaar was dit maar 73.3%.

Page 6: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Van die Voorsitter van die beheerraad

Ons het met verlede jaar se verslag genoem dat ons met die N G Kerk onderhandel het om die geboutjie by Scottsdene op te knap. Hulle het toe vir ons fondse beskikbaar gestel en ons kon nou die verwaarlooste ou geboutjie vervang. Ons groot dank gaan aan die NG Kerk vir hulle hulp in die verband. By Moresterretjies is ons ook gedurig aan die woel om probleme wat voorkom op te los.

Page 7: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Van die Voorsitter van die beheerraad

Ek wil afsluit om net die volgende bedankings te doen:

• Eerstens aan ons Hemelse Vader sonder wie se hulp Badisa Trio en Moresterretjies nie kan klaarkom nie. Sonder Hom is alles wat ons doen tevergeefs.

• Aan al ons personeel wat soms onder moeilike omstandighede baie goeie werk verrig.

• 'n Spesiale woord van dank aan al ons vrywillige werkers vir hulle onbaatsugtige diens by Badisa Trio.

• Aan al ons beheerraadslede vir hulle hulp en bystand. Ek sou nie sonder julle kan klaarkom nie.

• 'n Spesiale woord van dank aan Juanita Beukes vir haar onbaatsugtige diens. Sy was werklik die hart van Badisa Trio in menigte opsigte gewees.

• Aan al ons donateurs sonder wie se skenkings ons werklik nie kan klaarkom nie.

Baie dankie, Johnny Lourens

Page 8: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Dienslewering aan kinders en gesinne

Badisa Trio lewer ‘n kontinuum van dienste aan kinders en hul gesinne.

Hierdie dienste sluit in:

• Bewusmakings dienste

Projekte en programme word aangebied om die gemeenskap bewus te maak van kinderbeskermings kwessies

• Voorkoming en vroeë intervensie dienste

Gevalle-, groep- en gemeenskapwerk word aangewend ten einde statutêre dienste te voorkom

• Statutêre dienste

Kinderhofondersoeke wat op die beste belang van die kind gerig is vind plaas, wat soms lei tot die plasing van die kind in alternatiewe sorg.

• Nasorg dienste

Kinders in alternatiewe sorg en hul families ontvang gesinsherenigingsdienste ten einde hereniging te bevorder.

Page 9: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Samevatting van Badisa Trio personeel

Badisa Trio personeel samestelling:

• 14 Maatskaplike werkers

• 3 Maatskaplike Hulp werkers

• 3 Adminnestratiewe beamptes

• 2 Skoonmakers

• 1 Bestuurder Maatskaplike Dienste

Page 10: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Aantal mense bereik

Om die omvang van dienslewering in perspektief te plaas is die volgende statistiek belangrik:

In totaal is daar 10 905 mense in die afgelope jaar bereik.

• 5030 individue is op individuele vlak van dienste voorsien. • 171 individue is in groepverband van dienste voorsien. • 5438 individue is deur middel van gemeenskapswerk van

dienste voorsien.

Op vroeë intervensievlak lewer Môresterretjies speelskool aan 20 kinders van plaaswerkers daagliks ‘n voldag diens waar kinders se volle potensiaal ontgun word deur ‘n opvoeder, 2 assistent opvoeders en ‘n kok.

Page 11: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Uiteensetting van die 8 mees prominente problematiek wat gedurende die 2017 /2018 boekjaar deur BADISA Trio hanteer is.

Page 12: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

1 Kinderverwaarlosing

In die afgelope jaar is daar

328 sake van verwaarloosde kinders hanteer deur Badisa Trio. Hierdie verwaarlosing vind plaas op fisiese-, emosionele-, mediese- en

/ of opvoedkundige vlak deur hul biologiese ouers of versorgers.

Page 13: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers affekteer elke aspek van

hulle kinders se bestaan.

In die afgelope jaar het Badisa Trio met 295 ouers, wie se ouerskapsvaardighede ontoereikend is, gewerk.

Die impak hiervan op elkeen van hierdie ouers se kinders is enorm. Dus plaas Badisa Trio ‘n baie sterk fokus op die toerus

van ouers met vaardighede deur middel van ouerleiding.

2 Ontoereikende ouerskap

Page 14: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Die voorkoms van gedragsmoeilike kinders neem toe as gevolg van armoede, enkel ouer gesinne, afwesigheid van vaders, ontoereikende ouers,

bendes, dwelms en ander maatskaplike euwels. Onder hierdie omstandighede raak baie kinders se

visie van hoop die oënskynlike voorspoed wat bende lede en dwelmhandelaars geniet.

In die afgelope jaar is 146 kinders met gedragsprobleme hanteer.

3 Gedragsmoeilike kinders

Page 15: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

4 Volwasse substans afhanklikheid

Badisa Trio lewer slegs dienste aan volwassenes waar middelafhanklikheid ‘n probleem is, indien

die betrokke kinders se veiligheid daardeur bedreig word.

In die afgelope jaar is 118 sake van hierdie aard hanteer.

Page 16: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

5 Mishandelde kinders

Badisa Trio het in die afgelope jaar

94 sake van

kinder mishandeling hanteer. Elkeen van hierdie kinders is as gevolg van

Badisa Trio se ingrepe bevry, veilig en geborge.

Page 17: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

In die afgelope jaar is

90 sake hanteer waar armoede die verbrokkeling van gesinslewe bedreig het. Vele gesinne is

van klere, huisware, skoolgelde, vervoergeld en ander gebruiksartikels voorsien. Dit is ‘n wonderlike voorreg om die

goedhartigheid van donateurs te kan versprei en verligting kan beleef wanneer basiese behoeftes bevredig word.

Hierdie hulp hou gesinne bymekaar.

6 Armoede en bestaanbeveiliging

Page 18: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

7 Seksueel gemolesteerde kinders

In die afgelope jaar is

70 sake van seksuele molestering hanteer. Seksuele molestering is uiters kompleks om te hanteer. Dit vind meestal plaas

deur iemand wie die kind ken en kinders word dikwels tot geheimhouding gedreig.

In meeste gevalle is ‘n forensiese assessering nodig om hierdie oortreding te bewys. Sonder voldoende bewyse is dit baie moeilik om die kind die nodige beskerming te

bied. Forensiese assessering vereis spesialis vaardighede wat baie duur is. Deur middel van donateurs word fondse ingesamel om spesialis assesserings van kinders

deur te voer. Hierdie donateurs het toepaslike beskerming en dienslewering vir hierdie kinders verseker.

Page 19: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

8 Huweliks en verhoudingsprobleme

In die afgelope jaar is daar met

53 paartjies gewerk waar huweliks- of verhoudingsprobleme

voor gekom het.

Verhoudingsprobleme lei dan weer tot verskeie ander probleme in die gesin.

Page 20: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Pleegsorg en Gesinsherenigingsdienste

As gevolg van die oorsake soos in die verslag genoem, word Maatskaplike Werkers genoodsaak om kinders uit hul biologiese ouers se sorg te verwyder.

In die afgelope jaar het Badisa Trio dienste aan 586 kinders gelewer wat reeds uit hul ouers se sorg

verwyder, en in pleegsorg geplaas is.

Daar is ook dienste aan 243 biologiese ouers gelewer ten einde moontlike hereniging met hul kinders te kan bewerkstellig.

15 Kinders is wel herstel in hul ouers se sorg.

Page 21: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Dienste aan die breër gemeenskappe

“Each of us as citizens, has a role to play in creating a

better world for our children.” - Nelson Mandela

Page 22: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Badisa Trio werk baie nou saam met die skole in die bedieningsgebied om sake van kinderverwaarlosing, mishandeling en misbruik te hanteer. Baie van Badisa Trio se aanmeldings kom van die skole in die gemeenskap af. Badisa Trio het by verskeie skole en kerke poppekaste aangebied ten einde Gr R – Gr 3 kinders bewus te maak van seksuele misbruik en boelie gedrag.

Badisa Trio het ook ‘n Poppie Projek waar lappoppe verkoop word in die gemeenskap. Elke poppie verteenwoordig ‘n kind waarmee Badisa Trio werk. Die inkomste wat gegenereer word uit die verkope van die poppies word aangewend vir die dienslewering aan kinders.

Poppie projek en Poppekaste

Page 23: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Badisa Trio bied gereelde ouerleiding

sessies aan vir die breër gemeenskap. Hierdie

sessies rus die ouers met nuwe vaardighede toe,

ten einde ‘n gesonde kind en ‘n gesonde

gemeenskap te kweek.

Ouerleiding

Page 24: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Op naby geleë plase is daar dikwels jong kinders bedags sonder toesig, aangesien die

ouers moet gaan werk.

Môresterretjies verseker dat 20 kleuters tussen die

ouderdom van 3 en 5 jaar oud bedags gestimuleer en besig

gehou word in ‘n veilige omgewing. Môresterretjies is

‘n geregistreerde Vroeë Kinder Ontwikkel sentrum en ontvang

‘n staatsubsidie.

Môresterretjies

Page 25: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Badisa Trio is betrokke by studente opleiding en het die afgelope jaar 14, 3de en 4de jaar

maatskaplike werk studente van die Universiteit van Stellenbosch geakkomodeer.

Studente is ‘n groot hulpbron vir Badisa Trio. As deel van hul opleiding, bied hul hulp en

ondersteuning aan die gemeenskap deur middel van gevallewerk, groepwerk, gemeenskapwerk

en terapie.

Daar is ook ‘n Hulp Maatskaplike werk student van Hugenote Kollege by die Bellville

geakkomodeer.

6 Pearsons Instituut sielkunde studente het ook hul praktiese opleiding by Badisa Trio voltooi en

voorsien sodoende baie kliënte van terapie.

Studente

Page 26: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers
Page 27: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Vrywilligers is die hart van Badisa Trio.

As gevolg van die hoë gevalleladings van die personeel en die behoeftes in die gemeenskap, word vrywilligers

benut om hande te vat met Badisa Trio ten einde ‘n gesonder samelewing te skep.

Vrywilligers word onder andere benut by die beheerraad, in die klerewinkels, om poppekaste aan te

bied, om opknappings werk by die kantoor te doen, hulp met die verkoop van die poppies en reël van die

vakansieprogramme.

Vrywilligers maak die onmoontlike moontlik.

Vrywilligers

Page 28: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Donateurs is persone en kerke wat Badisa Trio ondersteun en dra van dag tot dag.

Donateurs:

• Maak dit moontlik vir maatskaplike werkers om vir babas in nood situasies van doeke en melk te voorsien.

• Skenk nie-bederfbare voedsel wat dit moontlik maak om maandeliks kospakkies aan gesinne in nood te kan uit deel.

• Skenk klere en huisraad wat dit moontlik maak om gesinne in nood by te staan.

• Skenk items om kerspartytjies te laat realiseer.

• Skenk papier en ander skryfbehoeftes wat die bedryfsuitgawes van die kantore verlig

• Gee finansiële donasies wat die algemene bedryfskostes van Badisa Trio verlig.

Donateurs

Page 29: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Badisa Trio Inkomstes en Uitgawes

3 510 578

1 594 028

5 129 499

-

1 000 000

2 000 000

3 000 000

4 000 000

5 000 000

6 000 000

Totale Inkomste Totale Uitgawes

Subsidie Ander Uitgawes

R5 104 606

Page 30: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Inkomste en uitgawes per kantoor

1 371 251

866 759

1 205 248

67 320

231 959

114 359

302 047

343 082

602 581

1 763 377

1 134 479 1 695 879

388 905 146 859

-

200 000

400 000

600 000

800 000

1 000 000

1 200 000

1 400 000

1 600 000

1 800 000

2 000 000

Subsidie Ander Uitgawes

Page 31: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Sy pa bring hom in by die deure. Hy wil nie daar wees nie, ek hou my asem op en hoop hy bly. Stil stil, neem hy sy sitplek in. In afsondering sit hy, afgeslote van die groep. Teen alle verwagtinge kom hy terug. Week na week kom hy alleen. Teen week 3 neem hy deel aan gesprekke, week 4 bring hy selfs ‘n notaboekie. Hy voltooi die ouerleiding kursus. Ek kan verandering in sy oë sien. Hy wil verander, hy wil ‘n better pappa vir sy kind wees. Ons moet nog ‘n lang pad stap voor sy kind weer kan huis toe gaan, maar hy het die eerste tree geneem… daar is nuwe hoop.

Storie van hoop

Page 32: Badisa Trio Jaarverslagbadisatrio.co.za/test/wp-content/uploads/2018/09/Badisa...Kinders is van hul ouers of versorgers afhanklik vir elke aspek van hul bestaan. Ontoereikende ouers

Volg ons opFacebook: www.facebook.com/BadisaTrio 021 987 2940 | [email protected] | www.badisatrio.co.za

Baie Dankie