爀吀攀爀洀 - gold reef private school · 2021. 1. 29. · daar is vyf (3. musiekinstrumente)...

33
Plan for use of ICT, integrate the eLearning resources into our daily lessons plans (tablets, projector, laptops and etc...

Upload: others

Post on 20-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Plan for use of ICT, integrate the eLearning resources into our daily lessons plans (tablets, projector, laptops and etc...

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten TextGrade 7AfrikaansFal (bk1)Term 1-4

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

    AfritekTypewritten Text

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 1 of 32 www.e-classroom.co.za

    Woordsoorte: ‘n Kort opsommingSelfstandige naamwoorde

    Werkwoorde

    Dit is woorde wat mense, diere, plekke of dinge name gee: Melissa,

    kat, Gauteng, skool.

    Dit is aksiewoorde. Hierdie woorde sê wat gedoen word: eet, praat,

    loop, staan. Die seun slaap. Lidwoorde Bywoorde

    Daar is net twee lidwoorde in Afrikaans: ’n en die. Ons gebruik

    hulle voor selfstandige naamwoorde: ‘n boom, die boom,

    die bome.

    Hierdie woorde pas by werkwoorde – hulle beskryf die werkwoord:

    stadig, later, regop. Die dogter hardloop stadig.

    Byvoeglike naamwoorde Voorsetsels Hierdie woorde pas by selfstandige

    naamwoorde – hulle beskryf die naamwoorde: mooi, lank, vet, diep.

    Dit is ‘n baie mooi dogter.

    Hulle is kort woordjies soos op, onder, agter, voor, met, in. Hulle word voor ’n naamwoordgroep

    gebruik: op ’n stoel, agter die deur. Voornaamwoorde Voegwoorde

    Hulle word in die plek van ’n naamwoord gebruik: ek, jy, hy, sy,

    ons, julle, hulle: Ek hou van my skoene.

    Dit is woorde wat sinne aan mekaar bind: en, want, maar, dat, omdat.

    Jordan is lang, maar Sasha is kort.

    Telwoorde UitroepeDit is woorde waarmee ons tel:

    een, twee, drie, of eerste, tweede, derde. Dis die eerste keer dat twee

    seuns hulle huiswerk doen.

    Woorde soos O! Hoera! Eina! Sy skree: “Eina! Dis seer!

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 2 of 32 www.e-classroom.co.za

    Soorte sinne: ’n Sin is ‘n groep woorde wat met ’n hoofletter begin en met ’n punt . , ’n vraagteken ? of ’n uitroepteken ! eindig.

    Daar is vier soorte sinne in enige taal:Die stelsin: (As jy ’n stelling maak / iets sê.) Jordan drink koeldrank.

    Die vraagsin: (As jy iets vra.) Drink Jordan koeldrank?

    Die uitroepsin: (Gevoelens uit te druk.) Sjoe, dis lekker koeldrank!

    Die bevelsin: (As jy ’n bevel gee.) Drink die koeldrank!

    Wanneer gebruik ons dié tekens? ’n Mens skryf ’n punt (.) aan die einde van ’n stelsin. Jy skryf ’n vraagteken

    (?) aan die einde van ’n vraagsin. Jy skryf ’n uitroepteken (!) aan die einde

    van ’n bevelsin. Jy skryf ook ’n uitroepteken (!) aan die einde van ’n

    uitroepsin.

    Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne korrek oor. Begin met ’n hoofletter en besluit self of die sinne met ’n punt, ’n vraagteken of ’n uitroepteken eindig.

    1. wil jy koeldrank hê2. die koeldrank is nie op die tafel nie3. waar is die koeldrank4. karel het die koeldrank gedrink5. hy gooi die koeldrank in Mpho se glas6. moenie die koeldrank mors nie7. gee die koeldrank dadelik vir my

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 3 of 32 www.e-classroom.co.za

    Hoe werk ’n sin? Lees die sin en vra die vrae.

    Sin: Die kinders eet vanoggend lekkers by die skool.

    Vrae: Antwoorde Wie? Die kinders Wat doen hulle? Eet Wanneer? Vanoggend Wat? Lekkers Waar? By die skool

    Doen nou dieselfde met die volgende sinne.

    1. Sisanda ry Maandag met haar fiets skool toe.

    Wie? ____________ Wat doen sy? ____________ Wanneer? ____________ Hoe? ____________ Waarheen? ____________

    2. Thabo lees Woensdag sy opstel in die klas.

    Wie? ____________ Wat doen hy? ____________ Wanneer? ____________ Wat? ____________ Waar? ____________

    Maak die sinne langer.

    Dink kreatief!

    1. Die kinders drink…2. Die bouer bou…3. Die juffrou skryf…4. Die seun skop…5. My ouma bak…6. My pa ry…7. Ek eet…8. Ek speel met…9. Ek dink aan…

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 4 of 32 www.e-classroom.co.za

    Selfstandige naamwoorde: Selfstandige naamwoorde is woorde:

    wat mense, diere, plekke of dinge name gee:

    1. plante 2. diere 3. mense 4. plekke 5. dingea  b  c  d  e 

    Mense:

    kind

    onderwyser

    dokter

    Diere:

    kat

    slang

    muis

    Plante:

    blaar

    boom

    blomme

    Plekke:

    skool

    huis

    winkel

    Dinge:

    koppie

    selfoon

    motor

    A  Pas die korrekte prentjie by die korrekte selfstandige naamwoord:

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 5 of 32 

    soortname gekry!

    www.e-classroom.co.za

    Selfstandige naamwoorde: Ons toets dit op die volgende 3 maniere. 

    Meervoud en Verkleining Lidwoord (’n / die) Manlik en Vroulik (soms)

    M A P I E W B J V M S V O B Y X A A Y O K I T A F E L P A N A S V K L I P P Z S A A R T A P P E L T P K Y O K E X L W E E R T J I E B E E R R Q M E N S S K A T D E U R D H A A R G

    SELFSTANDIGE NAAMWOORDE

    is noemwoorde. Ons noem alledaagse dinge soortname, omdat daar baie daarvan in die wêreld is.

    Dit is goed wat ons kan sien, voel,

    Kyk mooi na die prent. Omkring al die prente van soortname. B 

    C  Hoeveel soortname kan jy in die blokkiesraaisel kry?

    Ek het

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 6 of 32 www.e-classroom.co.za

    M O T W R O O M Y S

    Eiename Eiename is die name:

    van mense soos Melissa en Jack;  van plekke soos Kaapstad en Johannesburg;   van strate soos Boomstraat en Noordweg;   van koerante soos The Star, Die Burger, Sowetan;   van motors soos Toyota, BMW, Opel;   van produkte soos Samsung, Wimpy, Coke;   van dae van die week: Sondag, Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag...  van die maande van die jaar: Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie... 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 7 of 32 www.e-classroom.co.za

    Eiename Melissa berei haarself vir ’n kompetisie

    by die skool voor. Help haar om aan

    twee eiename vir elke soortnaam te dink.

    Soortnaam Eienaam EienaamLandSeunMeisiePlaneetHondStadRivier

    Melissa het vergeet dat eiename met ’n hoofletter begin. Kan jy haar help om haar huiswerk reg te maak?

    Gebruik ’n potlood om die ontbrekende hooflettersin te vul.

    Omkring al die soortname

    a) My neef en niggie, ben en sonja, woon inkaapstad.

    b) Hulle is in mev. Johnston se klas in dielaerskool jan blom.

    c) Albei behoort aan die table view-lewensreddersklub.

    d) Hulle is junior lewensredders, genaamdkannetjies.

    e) Gedurende die somer bring hulle baie tydom die strand naby hul vakansiehuis inpringlebaai deur.

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 8 of 32 www.e-classroom.co.za

    Hoofletters Lees die paragraaf oor ’n prysuitdeling.

    Skryf dan die woorde aan die begin van sinne en al die eiename met hoofletters.

    Aktiwiteit:

    Speel ’n speletjie met hoofletters. Verdeel in groepies van 4 of 5. Kies ’n letter van die alfabet, soos, A. Almal in die groepie dink aan ’n naam, ’n van, ’n dorp of stad en ’n ding met ’n naam wat met ’n P begin en maak ’n sin daarmee.

    Voorbeeld:

    Naam Van Dorp DingAndries Appels Alberton Apple iPhone

    Andries Appels bly in Alberton en gebruik sy Appel iPhone elke dag as ’n GPS om by die werk te kom.

     

    Mense se name word met hoofletters gespel.  Ons noem dit eiename.  Name van plekke, strate, skole en koerante is ook 

    eiename en word ook met hoofletters gespel. 

    mnre. chris joubert en gerhard van der merwe het pryse oorhandig aan melissa bailey, jack peace, jordan ramsay, megan kruger en danwell pieterse, wat bome op boomplantdag geplant het. mnr.

    appels, die skoolhoof van st. helena primêre skool, was baie trots op die leerders

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 9 of 32 www.e-classroom.co.za

    Vokale A, E, I, O, U

    Meervoude (meer as een) As ons wil sê daar is meer as een van iets, skryf ons gewoonlik -e of -s agteraan die woord, maar by party

    woorde skryf ons –‘s, -te, -we, -ë, -ers of -ens.

    Meervoude met -e

    Die meeste selfstandige naamwoorde se meervoude word met ’n -egevorm. Dit is woorde met een lettergreep, wat nie in twee verdeel kanword nie.

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 10 of 32 www.e-classroom.co.za

    As daar twee vokale (aa, ee, oo, uu) in die enkelvoudis, val een vokaal in die meervoud weg.

    As daar net een vokaal (a, e, i, o, u) in die enkelvoud is,

    skryf ons die konsonante dubbel in die meervoud.

    maar

    Daar is woorde met meer as een

    lettergreep wat ook ’n -e kry, maar

    dan moet die klem op die laaste

    lettergreep val.

    Daar is ander meervoude wat op -e eindig wat ’n mens maar net moetleer:

    Enkelvoud Meervoud Wiel Wiele Perd Perde

    Enkelvoud Meervoud Stoel Stoele Mens Mense

    Enkelvoud Meervoud Dam Damme Hen Henne Bom Bomme Bus Busse

    Enkelvoud Meervoud Paal Pale Been Bene Boom Bome Vuur Vure

    Enkelvoud Meervoud Rivier Riviere Kantoor Kantore Kombers Komberse Telegram Telegramme

    Enkelvoud Meervoud Dag Dae Pad Paaie Stad Stede Glas Glase

    Enkelvoud Meervoud Hemp Hemde Vraag Vrae Gat Gate Skip Skepe

    Net selfstandige naamwoorde 

    het meervoude 

    Pas op! By party woorde 

    gebeur snaakse dinge met spelling. 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 11 of 32 www.e-classroom.co.za

    Meervoude met -s

    Woorde met meer as een lettergreep en die klem op die eerstelettergreep, kry -s:

    Alle familiewoorde kry -s in die meervoud:

    Meervoude met -’s

    Kyk na hierdie woorde:

    Kyk na die laaste letter van die woorde hierbo. Kan jy sien dat die woorde wat op i, o, u, en lang a eindig, -’s in die meervoud kry? Onthou dit!

    Daar is nog baie ander meervoude wat volgens ander reëls werk. Leer hulle!

    Enkelvoud Meervoud Tafel Tafels Stasie Stasies Bottel Bottels Venster Vensters

    Enkelvoud Meervoud Oom Ooms Suster Susters Broer Broers Moeder Moeders

    Enkelvoud Meervoud Taxi Taxi’s Skadu Skadu’s

    Enkelvoud Meervoud Foto Foto’s Ma Ma’s

    Enkelvoud Meervoud Oog Oë Kind Kinders Speelding Speelgoed Lig Ligte Duif Duiwe

    Enkelvoud Meervoud Kalf Kalwers Bed Beddens Kas Kaste Knieg Knieë Brief Briewe

    As jy meervoude ken, is jy sommer 

    baie slim!

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 12 of 32 www.e-classroom.co.za

    Leer die volgende:

    Aktiwiteit 1:

    Afrikaans Sonder Grense Gr7 (Bl 208) 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 13 of 32 www.e-classroom.co.za

    Kyk na die prentjie en skryf die meervoud van die woorde tussen hakies neer.

    Aktiwiteit 2:

    Kyk na die prentjies en tel hoeveel daar van elke dier is.

    Gee die meervoude van die woorde tussen hakkies:

    1. Daar is 3 (kat) _______________

    2. Daar is 6 (hoender) _______________

    3. Daar is 2 (slang) _______________

    4. Daar is 4 (skaap) _______________

    Aktiwiteit 3:

    Kies die regte vorm van die meervoud in kolom B om by die regte woord in kolom A te pas. Kolom A Kolom B

    1. Ma a) -e

    2. Kind b) -s

    3. Tafeldoek c) -ers

    4. Nagereg d) –‘s

    5. Oupa e) -te

    Daar is vyf (1. kind) op die foto, drie (2. seun) en twee meisies.

    Daar is vyf (3. musiekinstrumente) waarmee hulle musiek maak.

    Die kitaar waarop die seun speel het ses (4. snaar). As daar vyf (5.

    kind) is, hoeveel (6. oog), (7. oor), (8. hand), (9 been), (10. vinger)

    het hulle?

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 14 of 32 www.e-classroom.co.za

    Akriwiteit 4: Party woorde het twee meervoude, byvoorbeeld motor – motors (voertuie)

    of motore (enjins). Hier bepaal jy die betekenis watter een jy moet gebruik.

    1. Kies die regte vorm van die meervoud en omkring dit:

    a. Die saals / sale moet stewig vasgemaak word voordat julle op

    die perde kan ry.

    b. Die mens dra deesdae baie lasse / laste.

    c. Lys is ’n mengsel van gasse / gaste.

    2. Maak nou sinne met die woorde wat jy nie gekies het nie sodat die

    betekenis duidelik verwoord word.

    _______________________________________________________

    _______________________________________________________

    _______________________________________________________

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 15 of 32 www.e-classroom.co.za

    Verkleinwoorde (iets wat klein is) As iets klein is, skryf ons gewoonlik -ie, -jie, -tjie, -pie, -kie, -etjie of - ‘tjie

    agteraan die woord.

    Afrikaans het meer verkleinwoorde as ander

    tale.

    Verkleinwoorde met -ie

    Woorde wat op -s, -k, -p, -g en -f (skaapgif) eindig, se verkleinwoorde word

    gevorm deur -ie by te voeg.

    Enkelvoud Verkleinwoord Boek Boekie Tafel Tafeltjie Lied Liedjie Raam Raampie Heining Heininkie Pan Pannetjie Foto Foto’tjie

    Enkelvoud Verkleinwoord Huis Huisie Tak Takkie Ploeg Ploegie Duif Duifie Skaap Skapie

    Net selfstandige naamwoorde het verkleinwoorde 

    Kan jy sien dat verkleinwoorde op verskillende maniere gevorm kan word? Las net ‐ie, ‐tjie, ‐jie, ‐pie, ‐kie, ‐etjie en ‐’tjie agter aan die woorde! 

      Kan jy uitwerk waarom takkie twee k’s (kk) kry? En wat het van die twee a’s in skaap geword? Kyk weer 

    na meervoude. 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 16 of 32 www.e-classroom.co.za

    Verkleinwoorde met -tjie

    Verkleinwoorde met -jie

    As ’n woord op -d of -t eindig, kry dit net -jie in die

    Verkleinwoord.

    Verkleinwoorde met -pie

    Enkelvoud Verkleinwoord Stoel Stoeltjie Blaar Blaartjie Koei Koeitjie Dier Diertjie

    Enkelvoud Verkleinwoord Hond Hondjie Kat Katjie

    Enkelvoud Verkleinwoord Oom Oompie Duim Duimpie Boom Boompie Arm Armpie

    Die meeste woorde in Afrikaans kry ’n ‐tjie in die verkleining. Onthou, 

    ons spreek ‐djie en ‐tjie soos ‐kie uit. 

    Kan jy sê hoekom dié woorde ’n ‐pie in die verkleining kry? Kyk na die 

    laaste klank. 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 17 of 32 www.e-classroom.co.za

    Verkleinwoorde met -kie

    Woorde met meer as een lettergreep

    wat op -ng eindig, kry -kie in die

    verkleinwoord.

    Verkleinwoorde met -etjie

    Woorde met ’n kort klank (bv. a, e, i, o en u) voor l, m, n, r en ng, kry -etjie in die verkleining. Hierdie woorde het net een lettergreep.

    Enkelvoud Verkleinwoord Koning Koninkie Horing Horinkie Rekening Rekeninkie Piesang Piesankie

    Enkelvoud Verkleinwoord Ring Ringetjie Pen Pennetjie Kar Karretjie Bul Bulletjie Dam Dammetjie Tol Tolletjie

    Woorde wat op ‐m eindig, kry 

    gewoonlik ’n ‐pie in die verkleining. 

    Het jy gesien daar is nie meer ’n ‐g in die verkleinwoord nie? 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 18 of 32 www.e-classroom.co.za

    Verkleinwoorde met -’tjie

    Woorde wat op -i, -o, -u of ’n beklemtoonde -a eindig, kry -’tjie in die

    verkleining.

    Daar sal altyd woorde wees wat nie na al die reëls wil luister nie.

    Aktiwiteit 1:

    Kies die regte vorm van die verkleinwoord in kolom B om by die

    regte woord in kolom A te pas.

    Kolom A Kolom B

    1. Hoek a) - tjie

    2. Skoen b) – jie

    3. Piesang c) – etjie

    4. Bed d) - ie

    5. Slang e) - kie

    6. Video f) -pie

    7. Boom g) – ‘tjie

    Enkelvoud Verkleinwoord Taxi Taxi’tjie Foto Foto’tjie Skadu Skadu’tjie Ma Ma’tjie

    Enkelvoud Verkleinwoord Gat Gaatjie Glas Glasie Pad Paadjie Mandjie Mandjietjie

    Ons moet die woorde net leer! 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 19 of 32 www.e-classroom.co.za

    Byvoeglike naamwoorde: Byvoeglike naamwoorde is woorde soos lank, ver en sag wat mense, dinge en plekke beskryf.

    Dit is ’n rooi motor. = Die motor is rooi.

    Dit is ’n ou motor. = Die motor is oud.

    Dit is ’n goeie enjin. = Die enjin is goed.

    Dit is nuwe bande. = Die bande is nuut.

    Kan jy sien dat die byvoeglike naamwoord nie altyd presies dieselfde lyk nie? Dit hang af waar dit in die sin staan. Kyk na:

    Byvoeglike naamwoord Goeie Goed

    Byvoeglike naamwoord Ou Oud

    Die woord rooi en oud vertel ons meer van die motor.  Die word goed vertel ons meer van die enjin en 

    nuut  vertel ons meer van die bande. 

    Jy sal oplet dat die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige 

    naamwoord  kan staan, maar dit kan ook  na is gebruik word. 

    My rooi motor is wel oud, maar die enjin is goed en die bande is 

    nog nuut! 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 20 of 32 www.e-classroom.co.za

    Byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige naamwoord

    Byvoeglike naamwoorde sonder -e (bly dieselfde)

    Die meeste kort byvoeglike naamwoorde (met een lettergreep) kry nie ’n -e as dit voor die selfstandige naamwoord staan nie.

    ’n Lang woord (met meer as een lettergreep) wat op -er eindig, kry ook nie ’n -e nie.

    Byvoeglike naamwoorde met -e

    As kort woorde (met een lettergreep) op ’n -f, -s, -d of -g eindig, gebeur snaakse dinge met die spelling:

    Byvoeglike naamwoorde sonder -e Die vark is vet. Dit is ’n vet vark. Die man is kort. Dit is ’n kort man. Die leeu is sterk. Dit is ’n sterk leeu.

    Byvoeglike naamwoorde Die partytjie is lekker. Dit is ’n lekker partytjie Die tee is bitter. Dit is bitter tee.

    Byvoeglike naamwoorde met -e Die man is doof. Dit is ’n dowe man. Die grappie is snaaks. Dit is ’n snaakse grappie. Die boek is goed. Dit is ’n goeie boek.

    Onthou die woord feesdag, met f, s, d, en ’n g! 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 21 of 32 www.e-classroom.co.za

    Leer die volgende:

    dood: Daar lê ’n dooie kat.

    koud: Dit is ’n koue dag.

    goed: Dit is ’n goeie opstel.

    breed: Baie motors ry in die breë straat.

    laag: Daar is ’n lae muurtjie voor die huis.

    vroeg: Hoe laat vertrek die vroeë trein?

    droog: Die droë blare lê op die grond.

    leeg: Die leë kamer kry môre meubels.

    Lang woorde (met meer as een lettergreep)

    kry gewoonlik -e.

    Byvoeglike naamwoorde met -ng

    Byvoeglike naamwoorde (meer as een lettergreep) Die toets is maklik. Dit is ’n maklike toets. Die hond is lelik. Dit is ’n lelike hond. Die boek is interessant Dit is ’n interessante boek.

    Byvoeglike naamwoorde (meer as een lettergreep) Die model se bene is lank. Die model het lang bene. Die seun is jonk. Die jong seun moet skool toe gaan.

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 22 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1: Lees die advertensie oor ’n nuwe vrugtesap en skryf al die byvoeglike naamwoorde neer:

    nuut 

    vars 

    heerlik 

    lekker 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 23 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 2:Voltooi die sinne. Skryf die regte vorm van die woord.

    1. Die vrugtesap is heerlik. Dis heerlike vrugtesap. 2. Die vrugtesap is nuut. Dis __________ vrugtesap. 3. Die vrugtesap is suiwer. Dis __________ vrugtesap. 4. Die vrugtesap is gesond. Dis __________ vrugtesap. 5. Die sap is vars. Dis __________ sap. 6. Die sap is verfrissend. Dis __________ sap. 7. Die sap is smaaklik. Dis __________ sap. 8. Die sap is lekker. Dis __________ sap.

    Trappe van Vergelyking: As ’n mens goed met mekaar wil vergelyk, kan jy woorde soos sterk, sterker as en die sterkste gebruik. Dit laat ’n mens aan trappies dink. Vergelyk die drie diere met mekaar:

    ’n Leeu is sterker as ’n muis, maar ’n olifant is die sterkste van die drie.

    Trap 1

    Sterk

    Trap 2

    Sterker as

    Trap 3

    Die sterkste

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 24 of 32 www.e-classroom.co.za

    Lees die volgende trappe van vergelyking hardop.

    Trap 1 Trap 2 Trap 3 Kort Korter as Die kortste Moeilik Moeiliker as Die moeilikste Gevaarlik Gevaarliker as Die gevaarlikste

    Kan jy sien dat -er word by die woord in TRAP 2 gevoeg word; die word altyd saam met die woord + -ste in TRAP 3 geskryf.

    Die trappe van vergelyking van woorde wat op -e eindig, word gevorm deur meer en mees te gebruik.

    Opgewonde - meer opgewonde as - die mees opgewonde

    Ontevrede - meer ontevrede as - die mees ontevrede

    Leer die woorde:

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 25 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1:

    Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:

    1. ’n Klas is (klein) as ’n skool, maar ‘n universiteit is die (groot) van aldrie.

    2. Marna ken haar werk (goed) as Mary, maar Elmarie ken haar werkdie (goed)

    3. Dit is die (interessant) storie wat ek nog gelees het.4. James is die (snaaks) kind in ons skool.5. Ek is (tevrede) met hierdie boek as met my ou boek.

    Intensiewe Vorme: Dit is byvoeglike naamwoorde soos vuurwarm en yskoud wat sê dat iets sommer baie warm of baie koud is. Dit word altyd as een woord geskryf.

    Leer die intensiewe vorme:

    Rooi = Bloedrooi

    Groen = Grasgroen

    Kleure Baie rooi is bloedrooi. Baie groen is grasgroen. Baie blou is potblou. Baie swart is pikswart. Baie wit is spierwit. Baie geel is goudgeel.

    Teenoorgesteldes Splinternuut is nie stokoud nie. Vuurwarm is nie yskoud nie. Dolleeg is nie propvol nie. Papnat is nie kurkdroog nie. Peperduur is nie spotgoedkoop nie. Pikswart is nie spierwit nie.

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 26 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1:

    1. Die koeldrank is yskoud en die koffie is ___________.2. Die emmer is propvol, die koppie is ______________.3. Die meisie reën papnat, die seun is die klas is ____________.4. Die een huis is stokoud, die ander huis is _______________.

    Aktiwiteit 2:

    Gee een woord vir die woorde tussen hakies:

    Ek hou van helder kleure. As ek ’n prentjie verf, maak ek die hemel 1. (baie blou) en die wolke 2. (baie wit). Ek verf die blare van die bome 3.(baie groen). Ek kleur die blomme 4. (baie rooi) en 5.(baie geel) in. Ek maak die dak 6.(baie swart).

    Leer die volgende:

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 27 of 32 www.e-classroom.co.za

    Vergelykings:’n Mens gebruik byvoeglike naamwoorde dikwels ook in vergelykings:

    Leer die volgende:

    Aktiwiteit 1: Voltooi die vergelykings.

    Voorbeeld: So glad soos ________.

    Antwoord: So glad soos seep.

    1. So dood soos ’n ___________2. So dapper soos ’n __________3. So lig soos ’n ____________4. So blind soos ’n __________5. So stil soos ’n ____________6. So arm soos ’n ___________7. So rooi soos _____________8. So groot soos ’n __________9. So mak soos ’n __________

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 28 of 32 www.e-classroom.co.za

    Voornaamwoorde:Daar is baie verskillende soorte voornaamwoorde. Hier word net die persoonlike-, besitlike- en betreklike voornaamwoorde gewys. Lees die sinne in die tabel hardop saam. Beklemtoon die voornaamwoord.

    Persoonlike voornaamwoorde

    Besitlike voornaamwoorde

    Persoonlike voornaamwoorde

    Ek, jy sy hy, ons, julle, hulle

    My, jou, haar, sy, ons, julle, hulle,

    myne, joune, hare, syne, ons

    s’n, julle s’n, hulle s’n

    Ek, jy, sy hy, ons, julle, hulle, my, jou, haar , sy ,

    ons, julle, hulle, dit

    Ek sê dis my appel. Dis myne Ek vat dit vir my. Jy sê dis jou appel. Dis joune. Jy vat dit vir jou. Sy sê dis haar appel. Dis hare. Sy vat dit vir haar. Hy sê dis sy appel. Dis syne. Hy vat dit vir hom. Ons sê dis ons appels. Dis ons s’n. Ons vat dit vir ons. Julle sê dis julle appels. Dis julle s’n. Julle vat dit vir julle. Hulle sê dis hulle appels. Dis hulle s’n. Hulle vat dit vir hulle.

    Die woord dit is ook ‘n voornaamwoord, want dit staan in die plek van die naamwoord appel. 

    Die voornaamwoord u word in die plek van jy en julle gebruik in formele situasies 

    en vir respek, bv. U sê dit is u appel. 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 29 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1: Kies die regte woorde en voltooi die sinne.

    ’n Fabel van Aesopus – Die boer en sy seuns

    ’n Boer het twee seuns gehad. Hy sê vir 1. _____ seuns: “2. _____ kinders, ek wil vir julle ’n geheim (secret) vertel. Daar is ’n skat (treasure) op die plaas. 3. _____ moet dit kry.”

    Die seuns antwoord: “Vader, ons sal 4. _____ bes doen om die skat te kry.”

    Die boer sê: “Seuns, 5. _____ moet hard op die plaas werk.”

    Die seuns ploeg die lande om, maar 6. _____ kry die skat nêrens nie.

    Werkwoorde:Kyk na die prent en soek ’n paar werkwoorde (doen woorde).

    Julle julle ons My sy hulle

    spring 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 30 of 32 www.e-classroom.co.za

    Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:

    Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd) Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd) Om te sê wat ons gaan doen (toekomende tyd)

    Sal word gebruik in die toekomende tyd en die werkwoord gaan na die 

    einde van die sin. 

    Wenk om te onthou in verlede tyd: Kan verander na kon.  Die res van die sin bly dieselfde. 

    Wil verander na wou.  Die res van die sin bly dieselfde. 

    Moet verander na moes. Die res van die sin bly dieselfde. 

    Sal verander na sou. Die res van die sin bly dieselfde. 

    Is verander na was.  Die res van die sin bly dieselfde. 

    Indien ’n sin reeds “het” in die sin het, bly dit daar en ons skryf “gehad” aan die einde van die sin voor die infinitief. 

    Bv. Ek het ’n vriend. – Ek het ’n vriend gehad. 

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 31 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1: Voltooi die tabel met die tye.

    Verlede Tyd (Voeg het ge- by)

    Teenwoordige Tyd Toekomende Tyd (Voeg sal by)

    Ek het my boek gelees. Jy _______.

    Sy _______.

    Hy _______.

    Ons _______.

    Ons _______.

    Julle _______.

    Hulle _______.

    Ek lees my boek. Jy luister na musiek.

    Sy skryf met haar pen.

    Hy leer sy Afrikaans.

    Ons praat oor sport.

    Ons kyk die rugby.

    Julle dink aan revue.

    Hulle teken ‘n boom.

    Ek sal my boek lees. Jy _______.

    Sy _______.

    Hy _______.

    Ons _______.

    Ons _______.

    Julle _______.

    Hulle _______.

    Voegwoorde:As jy sinne langer wil maak, verbind jy hulle met voegwoorde soos en, want, daarom, omdat. Die woordorde van die sin na die voegwoord is nie altyd dieselfde nie. Dit kan op drie maniere geskryf word, daarom praat ons van drie groepe voegwoorde.

    GROEP 1 (Geen verandering in

    woordorde nie) *Die tweede sin

    verander nie.

    GROEP 2 (Die werkwoord van

    die tweede sin spring vorentoe en staan

    direk na die voegwoord)

    GROEP 3 (Werkwoord skuif na

    einde van sin) * Werkwoord van die

    tweede sin spring na die einde van die sin

    en maar want asook dus daarom dan toe daarna

    dat sodat omdat nadat terwyl alhowel

    aangesien Ek wil dadelik eet, want ek is honger.

    Ek is honger, dus wil ek dadelik eet.

    Ek wil dadelik eet omdat ek honger is.

  • Afrikaans Taalreëls

    Page 32 of 32 www.e-classroom.co.za

    Aktiwiteit 1: Verbind die volgende sinne met die voegwoorde. 1. Dit is bewolk. Dit gaan reën. (en)2. Die wind waai. Dit gaan reën. (dus)3. Dit is koud. Dit sneeu op die berge. (want)4. Dit is mooi weer. Dit is later bewolk. (maar).5. Dit is warm. Dit is sonnig vandag. (omdat)

    Ontkenning:Ons gebruik in Afrikaans ‘n dubbele ontkenning

    (negatief), as ons wil sê dat iets nie so is nie.

    Net een nie: in kort sinnetjies is daar net een nie.

    Twee nie’s (nie.. nie ): Die meeste sinne kry twee nie’s in die ontkenning.

    Ontkenningswoorde en nie: Sinne met woorde soos iemand, êrens en ooit verander as dit in ontkenning gebruik word. Daar kom nog altyd ‘n nie aan die einde van die sin.

    Onthou!! 

    Nie + iemand = niemand … nie 

    Nie + êrens = nêrens … nieNie + iets – niks nie

    Nie + ooit = nooit nieNie + nog = nie meer nie

    Nie + al = nog nieNie + al ooit = nog nooit nie

    afr binder 1elearning cover page

    afrikaans-taalreels-bk1 - Copy