-
Grootkerk Bankbesonderhede
NG Grootkerk, FNB, Takkode : 210216, Rek No. : 62438198930
Verjaarsdae :
25 September—Mimi Lategan
26 September—Louis Blom, Neil Burger
27 September—Andries Burger, Johan Dames,
Gert van Aswegen, Michelle Weitz
28 September—Melissa Bezuidenhout, Janine
Coetzer, Martin Crouse, Andries Fourie, Sonje
Fourie, Fonsie Loots, Karin van Wyk
29 September—Fredre Lategan
01 Oktober—Philip Fitchet, MC Marais, Erenst
Mostert
Ons benodig asb dringend bydraes
vir die Noodspens. Kontantbydraes
kan asseblief by die kerkkantoor
afgegee word.
Leraarspos—Grootkerk
Beroepingsproses:
Die pre-advieskommissie is hard aan die werk!! Ons is opgewonde om te bevestig dat die eerste proefpreke en onderhoude
reeds op16 en 23 Oktober plaasvind.
Karoolus 30 Sept & 1 Okt
Ons gemeente gaan ‘n “coffee
shop” by die fees hê! Ons nooi
u uit om deel te wees van die
fondsinsamelingspoging vir
die Heer se Koninkryk!
Enige kontantbydraes en hulp
sal waardeer word!!!!
Vir meer inligting, kontak asb.
die kerkkantoor.
Gebedspan vir ons
gemeente
Ons gebedspan het weer Donderdag byeengekom en is dankbaar dat Leon
ingewillig het om as koördineerder op te tree. Bid asb saam met ons vir die beroeping – die besoeke van en
onderhoude met kandidate begin reeds hierdie maand.
Sondag : 25 September 2016
09:30 Erediens GK (Leon Fourie)
Kollekte : Vrouebediening
18:00 Erediens te Adendorp
Sondag : 02 Oktober 2016
Erediens GK (Ds Louis Venter)
Doopsondag
Help asseblief !!
Elsa Loots wil weet of daar nie iemand in
die gemeente is om te help met die vol-
gende nie :
Sop koop—1-2 maal per week vir die
HIV+ pasiënte by die Midlandse Hos-
pitaal. Die maatskaplike werkster,
Mev Stannard, neem dit in ontvangs
en versprei dit onder die pasiënte.
Help met die insameling van groente
en brood vir die sopkombuis in
Umasizakhe en help met die opskep
en uitdeel van die brood elke Dinsdag-
middag om 14:30 . Vir die aankoop
van brood en groente word ‘n donasie
van R200 per maand gevra.
Kontak Elsa asb by 0727225711 indien u
enige verdere inligting benodig. U hulp
word opreg waardeer !
-
25 September 2016
GR
OO
TN
UU
S
ww
w.n
ggroo
tkerk.co
.za / ww
w.faceb
oo
k.com
/Gro
otkerk
Sed
ert 1
1 N
ov 1
79
2
B
aie
we
lko
m in
die
er
ed
ien
s!
Leon
Fou
rie le
i die
die
ns v
an
oggen
d.
Mag d
ie H
eer S
y S
eën
oor o
ns u
itgie
t van
dag.
Teks : J
er 1
:4-1
0
“G
od s
it woord
e in
ons m
on
d”
Vrouediens Lentetee
Sit ‘n interessante hoed op en kom kuier gerus saam op die 18de Oktober om 18:00 in die Nuwekerksaal. Uitnodigings kan afgehaal word by die kerkkantoor.
Voorbidding
♥ Ons dra al die siekes in die gemeente na die Here toe in gebed met die bede dat Hy
heling in hul liggame sal bring volgens Sy
goeie bedoelinge met ons.
♥ Doen ook voorbidding vir jongmense wat
hul geloof in die Here gaan bely, asook
hulle wat hierdie vakansie op reis sal
wees.
Jerigomure
Jerigomure is ‘n
gebedsweek wat
plaasvind vanaf 9 tot
16 Oktober. Dis ‘n
24/7 proses waar God
se aangesig opgesoek gaan word.
Kontak asb. die kerkkantoor vir
meer inligting.
Humor vir die week
● Jongdominee in ‘n preek: Ek dink Petrus het aanvanklik nie so baie van Jesus gehou nie -
omdat Hy sy skoonma gesond gemaak het.
In die ou dae voor predikante mikrofone gehad het,
kry hierdie predikant toe 'n lapelmikrofoon. Hy is 'n
ywerige prediker en loop heen en weer, en pluk-pluk
aan die kabel soos hy rondstap. Naderhand vra 'n
dogtertjie vir haar ma: 'As hy loskom, sal hy ons
seermaak?'
● Predikant: Iemand wat ses dae onsigbaar is, en die sewende dag onverstaanbaar.
● Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die paadjie afkom en kollekte opneem. Hy leun
oor na sy ma toe en sê: ‘Moenie vir my betaal nie. Ek is
nog onder ses!’…
● Dominee word afgetrek vir spoed. Konstabel: Adres.
Dominee: no 1 Kerkstraat. Werk adres: no 1 Kerkstraat. Pos adres: no 1 Kerkstraat.
Konstabel: Jis, dan is jy nog werkloos ook, en jy vat sulke
kanse.
Tannie; vra ‘n klein seuntjie vir ‘n mooi jong meisie op die strand, gaan Tannie elke Sondag kerk toe? Ja! sê die meise verbaas. Is Tannie ‘n Christen vra hy weer, sy knik beves-tigend. Bid Tannie elke aand? weer ‘n knik. Sal Tannie asseblief my beursie vashou solank ek gaan swem? - Wys jou net, kinderlike vertroue.
● Dominee stap die straat af en sien ‘n klein seuntjie by die voordeur van ‘n huis wat op en af spring en sukkel om die deurklokkie by te kom. Dominee maak toe maar die hekkie oop en stap nader en lui die deurklokkie vir die kind en vra toe vir hom; Nou wat nou boetman.? Seuntjie; Nou hardloop ons oom, nou hardloop ons.