infokom 2010

2

Click here to load reader

Upload: steven-bosch

Post on 08-Mar-2016

220 views

Category:

Documents


3 download

DESCRIPTION

Inhouse Journal of the Shoolf of Communication Studies, North-West University, Potchefstroom

TRANSCRIPT

Page 1: Infokom 2010

30 April 2010

Annuschka Gevers

The honours students in development commu nication were introduced to their Yellow Roof Projects last week.

The Yellow Roof Project aims to help non-profit organisation (NPOs) with their communication strate-gies and other needs. The students have to work out a strategy for the chosen organisation and help with community service; in this way, they gain the necessary practical experience. The project is also tied to students’ assignments.

On Thursday and Friday the students visited the Mama Dora Pre-school, Lebogang Feeding Scheme, Mwabantu Child care, as well as Koningskinders. In order to be part of the Yellow Roof Project, the NPOs should not receive help from other student organisations and should be small and therefore easier manageable. The School of Communication Studies wants to build a sustainable foundation for these NPOs and work with them in the years to come.

Prof. Lynnette Fourie, a lecturer in development communication, says that this project is planned and

Students kick-start projectoperated by the students, as well as Kristel Fourie, a Masters student in development communication, who is acting as project manager.

“It is important that the students have a passion and a heart for the chosen organization and its people,” Kristel says.

There are four projects and the students work in groups of two. When choosing an organisation, they should have knowledge about what it means to be part of an organisation and what the NPOs needs are. According to Kristel the students are excited to start working and when everyone has chosen a project and a thorough assessment of the organisations’ strategies has been done, they can start on the assignments.

Honours students Fébé Bruyns and Jani Jooste says the visit was insightful.

“It is nice to see there are still people who have a heart for those in need,” Bruyns mentions.

The Yellow roof Projects was started in 2008 by the development communication honours students who saw the need to help non-profit organisations (NPOs) with their communication strategies.

Left: Hannelie Otto, a lecturer in development communication, during the students’ visit to the Yellow Roof Project organisations. Above: Two of the children who will benefit from the Yellow Roof Project. Photos: Hannelie Otto and Kristel Fourie.

Page 2: Infokom 2010

2

infokom word uitgegee deur die honneursstudente in korporatiewe media. Die redaksie vir hierdie uitgawe is:

Ruan Henning, Corné le Roux, Annuschka Gevers & Elvira Potgieter

Prof. Johannes Froneman, 'n dosent in joernalistiek, is onlangs as die eerste ombudsman vir die kampus se studentekoerant en -radiostasie aangewys.

Die ombudsman is 'n onafhanklike persoon wat kwessies oplos tussen die Wapad en PUKfm, en die publiek.

Die Wapad-redaksie het, nadat Froneman met hulle gesels het oor etiek in die pers en die persraad se kode, besluit dat hulle 'n behoefte het aan 'n ombudsman. BEK, wat die kampusmedia bestuur, het hom toe genader in dié verband.

“Koerante en radio verbind hulself aan ʼn kode om eties op te tree,” sê Froneman.

Indien iemand dus voel hulle word te na gekom deur die media, moet hulle dit eers met die betrokke redakteur of stasiebestuurder opneem.

Indien dit nie op dié manier opgelos kan word nie, kan die persoon Froneman nader om ‘n onafhanklike, regverdige beslissing te maak. Hy kan die koerant byvoorbeeld dan vra om 'n regstelling te maak.

Froneman tree dus op as 'n fassiliteerder tussen die twee partye, maar sê hy, “Ek is nie 'n regter nie”.

Froneman sien uit na dié nuwe taak en hy glo dat dit 'n aanduiding is dat studente die betroubaarheid en gehalte van die media wil verbeter.

Hy glo ook dat hierdie proses sal bydra tot mediageletterdheid onder die publiek en dat mense sal sien dat die media óók reëls en regulasies moet volg en dat hulle, die publiek, die reg het om te kla.

Om interne ombudsmanne aan te stel, is 'n nuwe tendens in veral Afrikaanse media. Ander publikasies gebruik die terme lesersredakteur of public editor.

Froneman nouombudsman op die kampus

“Ek het die kat uit die boom gekyk voordat ek PUK toe is en ek het nie aanklank by enige van die ander rigtings gevind nie. Ek het vir ’n breukdeel van ’n sekonde onderwys oorweeg, maar my inherente aversie teenoor kinders sou my nie baie gepas gemaak het vir daardie rigting nie.”

Só sê Dane Beisheim, 'n oudstudent in joernalistiek, wat vandag assistent-nuusredakteur is by 90.6fm Stereo, 'n gemeenskapsradiostasie in die Vaaldriehoek.

Sy werk behels die invordering, samestelling, subredigering en lees van die nuus oor die lug.

“Ek bied ook tesame met my kollega Isabel Venter ( ’n ou PUKfm-maat) ’n musiekprogram aan wat uitsluitlik fokus op plaaslike (Vaaldriehoek) en ander nasionale musiekgroepe. Die idee is om groepe wat dalk nog nie soveel blootstelling ontvang het nie, ’n platform te bied.”

Dit was egter nie so maklik om te kom waar hy nou is nie: “Weens die ekonomiese resessie het ek nie dadelik ’n werk gekry nie en ek het eers ’n internskap by 90.6fm gedoen voordat ek permanent aangestel is.”

Op die PUK was hy vir twee jaar

Dane vind sy voete by radiostasie

Ruan Henning

Corné le Roux

’n kuns-en-vermaak-verslaggewer by die kampuskoerant Wapad en hy het drie jaar lank by PUKfm as ’n aanbieder gewerk. “Ek het ook baie tyd voor die Wapad-kantoor bestee op die sementbankies en in Lovers Lane.”

Dane geniet sy werk: “Ek sou seker nie ’n gemeenskapsradio-joernalis gewees het as ek nie omgegee het vir die streek nie. Om in die Vaal te kan bly en werk is vir my iets waaruit ek baie genot put.”

Hy sê radiojoernalistiek kan baie geleenthede bied. “Veral by ’n gemeenskapsradiostasie leer jy baie vinnig om onder druk te werk.

Die deadlines is iets wat jou voorberei vir die vinnige pas van byvoorbeeld ’n besige dagblad of enige ander korporatiewe omgewing waar tyd gelykstaande is aan geld.” Volgens hom leer jy ook baie verskillende vaardighede aan, aangesien jy die meeste van die werk self moet doen.

Sy agtergrond in kommuni-kasiekasiestudies kom hom handig te pas in sy werk.

“Ek gebruik baie van wat ek geleer het op ’n daaglikse basis; al die tegnieke van insameling en onderhoudvoering, interpersoonlike kommunikasie en spraakkommunikasie, aangesien ek die nuus lees.” Hy sou wel graag meer van sportberiggewing wou leer.

Hy het baie van al die joernalistiekmodules in die kursus gehou en sy gunsteling-dosent was mev. Thalyta Swanepoel. “Ek het geweldig baie respek vir haar, omdat sy so ’n ervare en gesoute joernalis is.”

Sy raad: Raak betrokke by die kampuskoerant en kyk sommer ook of jy nie by plaaslike gemeenskapsmedia kan werk nie. Dit lyk alles baie goed op jou CV.”

Dane Beisheim, ‘n oudstudent in joernalistiek, is vandag nuusredakteur by die gemeenskapsradiostasie 90.6fm.

Elkeen van ons het iets waarvan ons nie graag wil afskeid neem nie, of dit nou ons geliefde teddiebeer uit ons kinderdae is of ‘n geliefkoosde, maar deurleefde denimbroek. Waarsonder kan ‘n kommunikasiestudent nie die dag mee aandurf nie?

Die derdejaar Jaco de Klerk kan nie sonder die goedkoop PUK-netwerk, Facebook of sy selfoon klaarkom nie. Hy gebruik die internet om onder e-posse van dosente te lees.

Nóg ‘n derdejaarstudent, Vernon van Emmenis, kan ook nie sonder

Selfone, kos die belangriksteElvira Potgieter ‘n rekenaar klaarkom nie, omdat hy

dit nodig het vir sy werk, verslae en televisiekyk.

Annie Jacobs is nie so verknog aan haar rekenaar nie; sy is wel gek na die studentesentrum se roomys: “Dit is net die awesomeste roomys ooit en dit help ‘n mens op ‘n afdag op kampus.”

Sannika Jansen van Vuuren, ‘n tweedejaarstudent, is ook ‘n selfoon- en lekkergoedverslaafde. Haar selfoon herinner haar aan alles wat sy nog moet doen en hou haar ook op hoogte van wat haar vriende en ou aanvang.

“Sweets gee ‘n mens weer moed,” sê sy oor haar soettand.

Corné le Roux, ‘n honneursstudent in korporatiewe media, sy sê sy is skoon omgekrap as sy nie kan eet nie.

Die tweedejaar Marga van der Merwe ontspan weer as sy na musiek luister. Sy kan nie ‘n dag sonder musiek klaarkom nie en sy glo ook dis ‘n geleentheid vir haar om ander mense se perspektiewe te verstaan.

Ruan Lottering, ‘n vyfdejaar-student wat reeds ‘n graad in sielkunde agter sy naam kan skryf, sê dat hy nie sonder mense sal oorleef nie. “Ek is nie materialisties nie; ek meet my rykdom aan menseverhoudings,“ sê hy.

Hier is van links Sannika Jansen van Vuuren, Corné le Roux, Annie Jacobs, Vernon van Emmenis, Jaco de Klerk, Marga van der Merwe en Ruan Lottering.