ou grieke se waarheid hou nog water · lar. since the time of the ancient greeks this pure science...

12
Ou Grieke se waarheid hou nog water Op die foto regs is Wilhelm van der Vyver (’07) net na hy die vinnigste mansatleet in SA tot dusver vanjaar geword het met ’n tyd van 10.30 oor die 100 meter – op die ouderdom van 19. Onder is Francois Hougaard (ook ’07), wat saam met sy klasmaat Stephan Dippenaar vanjaar vir die Blou Bulle rugby speel, in aksie teen die Highlanders – ’n wedstryd wat die Bulle met 47-17 gewen het. Francois en Stephan is ook albei ingesluit in die SA o20-span na die o20-Wêreldbekertoernooi in Wallis. Dit lyk of die antieke Griekse ideaal van ’n gesonde gees in ’n gesonde liggaam darem nog iewers vaardig is in ’n tyd waar ons jonges al hoe meer onaktief voor rekenaars en televisiestelle plak. Afgesien van die uitstekende sportprestasies waaroor ons in hierdie uitgawe berig, was die akademiese uitslae van die 2007-matriekklas van die beste in die skool se geskiedenis. Drie kandidate – Jonas Bovijn (2de), Charl du Preez (19de) en Jan Buys (20ste) was onder die eerste 20 op die Kaapse Merie- telys; 35% van die klas het A- gemiddeldes behaal, terwyl 92% matriekulasievrystelling kry. Of the A averages, 23 scored more than 95%, of which 10 achieved more than 100%. In the various subjects, the A Christiaan Kotze – Rapport Mario van de Wall – Beeld symbol was more prevalent than either the B or C. Special awards for exellence in Mathematics (best in province) was made to Jonas and Cornél Basson, who both scored 100% for Maths HG. Pieter Botha’s Afrikaans HG was adjudged the best in the province with another score of 100%. PRG was also one of a few schools in the Western Cape ap- pearing on the Allan Gray Orbis Foudation’s Circle of Excellence Schools, as well as the German government’s School Partners of the Future. (More details inside). SUIDWAL STELLENBOSCH 7600 OSU/OBU T/F: 021 883 8627 PRG T: 021 887 0017 F: 021 883 8461 www.paulroos.co.za www.paulroos.org.za [email protected] Junie/June 2008

Upload: others

Post on 17-May-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

Ou Grieke se waarheid hou nog water

Op die foto regs is Wilhelm van der Vyver (’07) net na hy die vinnigste mansatleet in SA tot dusver vanjaar geword het met ’n tyd van 10.30 oor die 100 meter – op die ouderdom van 19. Onder is Francois Hougaard (ook ’07), wat saam met sy klasmaat Stephan Dippenaar vanjaar vir die Blou Bulle rugby speel, in aksie teen die Highlanders – ’n wedstryd wat die Bulle met 47-17 gewen het. Francois en Stephan is ook albei ingesluit in die SA o20-span na die o20-Wêreldbekertoernooi in Wallis.

Dit lyk of die antieke Griekse ideaal van ’n gesonde gees in ’n gesonde liggaam darem nog iewers vaardig is in ’n tyd waar ons jonges al hoe meer onaktief voor rekenaars en te levisiestelle plak.

Afgesien van die uitstekende sportprestasies waaroor ons in hierdie uitgawe berig, was die akademiese uitslae van die 2007-matriekklas van die beste in die skool se geskiedenis.

Drie kandidate – Jonas Bovijn (2de), Charl du Preez (19de) en Jan Buys (20ste) was onder die eerste 20 op die Kaapse Merie-telys; 35% van die klas het A-gemiddeldes behaal, terwyl 92% matriekulasievrystelling kry.

Of the A averages, 23 scored more than 95%, of which 10 achieved more than 100%.

In the various subjects, the A

Christiaan Kotze – Rapport

Mario van de Wall – Beeld

symbol was more prevalent than either the B or C.

Special awards for exellence in Mathematics (best in province) was made to Jonas and Cornél Basson, who both scored 100% for Maths HG. Pieter Botha’s Afrikaans HG was adjudged the best in the province with another score of 100%.

PRG was also one of a few schools in the Western Cape ap-pearing on the Allan Gray Orbis Foudation’s Circle of Excellence Schools, as well as the German government’s School Partners of the Future. (More details inside).

SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 • PRG T: 021 887 0017 • F: 021 883 8461 • www.paulroos.co.za • www.paulroos.org.za • [email protected]

Jun

ie/J

un

e 20

08

Page 2: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER2AVE ATQUE VALE

Edwin TylerJohann Kok John Henry Faul Pieter van Rensburg

Sedert die laaste nuusbrief het ons ’n hele paar oudskoliere ver loor.

Uit die matrieks van die der-tigerjare is Albert Strassheim (’34) en JD Basson (’39) oorlede.

Dr Piet Koornhof (’44) was sy matriekjaar op Paul Roos, en ook die Rhodesbeurswenner van 1948.

Oor sy loopbaan as politikus, minister en ambassadeur is daar baie geskryf, en alhoewel dit deesdae nogal vreemd is om ’n goeie woord oor die magsheb-bers van destyds te hoor, was dit opmerklik dat daar in die koe-rantberigte met sy afsterwe feitlik sonder uitsondering waardering vir hom as mens uitgespreek is.

Sy humorsin, sy basiese eerlik-heid en sy menslikheid was eien-skappe wat gereeld opgehaal is.

Dr Piet het ook ’n hele paar jaar sy gewig by die Oudskoliere-unie ingegooi en hy was ’n entoesias-tiese old boy.

Ongelukkig is hy in sy latere lewe deur ’n gulsige pers ter slag ting gelei – in ’n sogenaamde “feeding frenzy” wat hy soms met ’n soort naïewe eerlikheid onbe-wustelik sélf aan geblaas het. ’n Merkwaardige mens, dié was hy en ons eer sy nagedag tenis.

Uit die klasse van die vyftiger-jare is Johann Kok (’54) en Edwin Tyler (’55) oorlede.

Johann was ’n bekende musi-kant in die Helderbergkom – sy mondfl uitjie was ’n ster by vele konserte van die “Ou Menere” en die “Flierefl uiters”.

Eersgenoem de omdat al die musikante in die eerste helfte van die vorige eeu gebore is en die tweede omdat hy saam met die Nederlander Art Daane opgetree het.

Johann was 27 jaar lank verbon-de aan die Departement Justisie, maar toe hy hoor dat hy Johan-nesburg toe verplaas word, het hy bedank en by Pepkor aangesluit. Hy is op 13 April vanjaar oorlede en hy laat sy eggenote, Marthie,

drie dogters, ’n seun en vyf klein-kinders agter.

John Henry Faul (’64) was heel moontlik die enigste skoolseun in die geskiedenis van PRG wat met die rektor se toestemming op die skoolterrein kon rook.

Die merkwaadige verhaal het sy oorsprong in 1965. John Henry het sy matriek in 1964 geslaag, maar hy was nie tevrede met die punte wat hy behaal het nie. Hy doen toe die dapper ding om in 1965 terug te kom om sy matriek te oor te doen. Met goeie gevolg.

Omdat hy toe al ouer as 19 was, is daar besluit om hom toe te laat om binne sekere beper-kings, ’n wettige dampie op die skoolterrein te mag slaan.

Hy was later baie jare lank ver-bonde aan die destydse Distillers Korporasie maar het na sy aftrede na Swellendam – sy eggenote se wêreld – verhuis om onder an-dere met brame te boer.

Een van sy groot liefdes was woonwaens en die buite lewe.

Hy was erg siek die laaste tyd, met ’n kombinasie van hartpro-bleme en diabetes, en hy is op 25 Mei vanjaar oorlede.

Uit die sewentigerjare het ons afskeid geneem van Van Zijl Loots (’70) en Jurie Cloete (’74).

Pieter van Rensburg (’06) is in Januarie tragies oorlede terwyl hy by sy ouers in Kanada gekuier het waar sy vader ’n mediese prak-tisyn is. Pieter was ’n eerstejaar mediese student.

Paul Roos one of four in SA

German Foreign Minister Frank-Walter Steinmeier launched this project in February at the German School in Jakarta, In-donesia: “We need, more than ever, places where children can meet, learn and be creative together.”

The initiative would aim to strengthen and expand the network of 117 existing Ger-man Schools abroad, where some 70,000 children and young people are taught, and schools that offer the German Language Diploma (DSD). This is intended to create a network of at least 1,000 part-ner schools spanning the entire globe. The initiative, which has been allocated funds of 45 million euros for 2008, aims to develop dynamic long-term links with Germany and en-courage teachers and students to participate in an open ex-

change of views and engage in cooperation. A series of new educational programmes will be made available for teachers and students.

PRG is one of only 4 schools in SA that have been selected to be a “Schools Partner.”

The fi rst learner to take ad-vantage of this opportunity is Stephan Kistner (Gr 11), who will leave for a 3 week youth camp in Germany during June. He will also attend a German language course.

In September, three PRG learners will join others from SA, Namibia and Madagascar for a drama workshop in Wind-hoek, Namibia. Various other countries in Africa will have similar workshops and fi nally a group of 20 students will be selected to join 20 German students for a joint production next June in Berlin.

Creating mutual understanding, facilitating access to the German language and arousing greater interest in modern Germany are the goals of the “Schools: Partners for the Future” initiative.

Professor Florian Breuer (’94) is the recipient of the prestigious Mei ring Naudé Medal for 2007. This medal (named after another old boy, Dr S Meiring Naudé, erstwhile head of the CSIR) is awarded annually by the council of the Royal Society of SA to hon-our the achievement of a young scientist under the age of 35.

According to Florian, it was Maths Olympiads at school that inspired him to become a math-ematician, while various men-tors during his student years at Stellenbosch University and in France cemented his interest in especially number theory.

Number theory is a branch of pure mathematics concerned with the properties of numbers in general, and integers in particu-lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology, e.g. in internet secu-rity, have recently been found.

“I have more projects than I have time for,” says the young

Florian Breuer awarded Meiring Naudé Medal

mathematician with an interest in Ducci sequences, the André-Oort conjecture, Drinfeld modules, the graphic mathematics-inspired artwork of M.C. Escher and the ancient oriental board game Go.

Florian published his fi rst in-ternational articles while still an undergraduate student at SU. An article based on his PhD degree, which he received from the Uni-versity of Denis Diderot in Paris in 2002, was published in the oldest mathematical journal, the Journal für die reine und ange-wandte Mathematik.

Photograph provided

Page 3: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER 3

Henry Steel (’07) is onlangs ge-kroon as Suid-Afrika se mans ope skaakkampioen. Hy het reeds ver-lede jaar sowel die goue as die sil-wer medalje by die Junior Afrikaspe-

Andries Rugbyspringbok nr 47

Alhoewel daar onlangs meer Rugbyspringbokke uit ander skole as PRG gekom het, hou Paul Roos nog steeds die rekord vir die totale aantal Springbokke – nou opgestoot na 47 – toe Andries Bekker (’02) vir SA gespeel het in die eerste toets teen Wallis. Andries is ook die 10de seun van ’n pa – in hierdie geval Hennie Bekker – wat vir die Bokke uitgedraf het. Hennie het in ’81 die berugte toer na Nieu-Seeland meege maak en die foto hierbo is 20 jaar later geneem toe Andries as graad 9-seun in 2001 vir Paul Roos teen Bishops gespeel het. Teen 2.08m is Andries die langste Springbok in die geskiedenis.

Nic de Jager

Die elfde US KanseliersmedaljeDie eerste Kanseliersmedalje

van die Universiteit Stellenbosch is in 1961 toegeken. Sedertdien was 11 Paul Roos old boys (24%) ontvangers van hierdie gesogte eerbewys.

Medalje nommer 11 is in De-sem ber verlede jaar ontvang deur Dirk de Villiers, Ph D Ing (matriek 2000).

Die medalje word toegeken aan die student wat die beste oor sy hele loopbaan aan die US pres-teer het. Akademiese prestasie is die grootste oorweging, maar betrokkenheid by studentesake in

Prof Russell Botman, rektor en vise-kanselier van die US oorhandig die Kanseliersmedalje vir 2007 aan Dirk de Villiers.

die algemeen weeg ook swaar.Dirk se gemiddelde punt oor

sy vier jaar voorgraadse studie was 93.1%. Sy daaropvolgende magistersgraad is opgegradeer na ’n doktorsgraad.

Hy het onlangs ook die Square Kilometre Array-post-doktorale beurs van R550 000.00 oor twee jaar verwerf.

Dirk werk tans saam aan die Square Kilometre Array, wat sal bestaan uit ’n vierkant kilometer van antennas waar na radioseine uit die buitenste ruim geluister kan word. (So dink ons – Red)

Anton Jordaan: Stellenbosch Sentrum vir Fotografi ese Dienste

Sedert die jare sewentig van die vorige eeu was daar altyd ’n konstante by die Oudskoliere-unie. Voorsitters en komitees het gekom en gegaan, maar die rots waarop die huisie staan, was Heléne van Wyk.

En nou het sy besluit om haar drag ’n bietjie ligter te maak en op haar betrokkenheid by die skool sélf te konsentreer.

Heléne (wil nie afgeneem word nie) is een van daardie mense wat jy voel alles weet van die skool en sy geskiedenis. Sy ont ken dit heftig, maar wie was nou weer hoofseun in 1984? Sy sal weet. Sommer so uit die kop uit.

Haar verbintenis van 42 jaar met die skool kom al uit die laat 60’s toe sy en haar man, die geliefde onderwyser, wyle Ockie van Wyk, hier begin het.

Ons sal haar mis, maar sy is darem nog op die skoolterrein – nie heeltemal uit die oog nie.

Na baie jare diens, as lid en as voorsitter, het Johan van Niekerk ook besluit om die gésel neer te

lê. So ook Philip Myburgh, nog ’n staatmaker oor vele jare.

Niël du Toit en Ben Momberg, twee toegewyde lede, het aan die einde van 2007 uitgetree.

Evert Loubser en Francois Koe-ge lenberg (’88) en Jacques de Villiers (’86) het hulle plekke geneem en Danie Steytler (’99) sal aan die einde van die jaar by die Unie aansluit sodra hy van oorsee af terugkeer. Gelukkig is Hilda Swartz nog daar.

Ander komiteelede wie se Zimmerrame met vergaderings buite die OSU-kantoor gepar-keer word, is Pieter-Jan Bestbier (’86, huidige voorsitter), Wouter Pienaar (’58), Eg gie Nieuwoudt (’78), Lappies Labu schagne (’72) en Nic de Jager (’58).

Die OSU het onlangs ’n tjek van R100 000 aan die skool oorhandig vir die Welgevallen Trustfonds waaruit oa beurse vir belowende leerders gefi nan-sier word. ’n Verdere R100 000 word eersdaags in die Trustfonds inbetaal.

Bedrywigheid by Oudskoliere-unie

Nic de Jager

le in Algiers verower. Brein vlugheid is skynbaar in sy gene, want sy pa, old boy Sarel, was in ’73 eerste op die Wes-Kaapse Merie telys vir matrieks. Sarel was ook in 1979 die ontvanger van die US Kanseliers-medalje na hy ’n MSc (Wiskundige Statistiek) verwerf het met ’n gemid-delde punt van 92.95% oor sy uni-ver siteitsloopbaan.

Henry volg in Bobby Fisher se spore

Vyf PRG-eerstespanspe-lers is in ge sluit in die WP Cra ven weekspan – die slot Reniel Hugo, agsteman Reu-ben Johannes, vleuel Tythan Adams en Rick Schroeder (skrum skakel). Die losskakel Dylan Peter sen is as reserwe agterspeler gekies. Matthew Markram (fl ank) sal vir die WP Akademiespan uitdraf.

Cravenweekspan

Page 4: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER4

Dan in the land of the talking BushesDan Hugo (head boy ’03) became SA Xterra champ at the

championships in Grabouw in April 2008. He is currently back on the Xterra scene in the US and has clocked up a second place in the Xterra West in Temecula, California. In June and July he is going to be a virtual Flying Dutchman with cham-pionships in Pelham, Richmond, Wales, the Czech Republic, France and South Africa.

In 2003 and 2004 he was the SA Junior Triathlon champion.He comes from a sporting family – his dad is Stefan Hugo,

who won the Berg River Canoe Marathon seven times. Of his years at Paul Roos, Dan writes: “...was blessed with the most incredible opportunity at The Roos, as head boy, which was simply a licence to have the most amazing year, and live for a greater cause than myself. Meant less training and racing and the chance to make a difference in lives around me.”

In June, 2007, Dan crashed out of the US South East Cham-pionships in Pelham and broke his wrist. He took some time to recuperate, but seems to be in fi ne fettle again.

The photograph, kindly donated by professional photographer Rich Cruse, shows Dan in Action at Temecula.

copyright 2008 • Rich Cruse • richcruse.com

Soos die Suidwestrein en die Rhodesiëtrein van die jare vyftig en sestig (waaroor daar liefs ’n sluier van fatsoenlikheid getrek sal word) was die Greytrein van die afgelope paar jaar ook ’n instel-ling met baie plesiere en hier en daar ’n hoofpyn. Maar danksy die ongebreidelde vooruitgang van die spoorweë is daar nou nie meer treine te huur nie.

The Grey Train, therefore is, in the words of the Python: “... a dead parrot. Gone to see its Maker. Deceased. Not pinin’ for the fjords.”

But what is it we hear in the distance? Rallying trumpets? Tally ho!, or similar. The sheriff’s posse thunders over the hill in a cloud of dust; revealing... a fl eet of Intercape super luxury busses. Or buses, if you so wish. Complete with air conditioning, DVD player, reclining seats, toilet and braai facilities. (OK, not braai facilities. But a selection of refreshments, nonetheless) .

Greynaweek (14-16 Augustus) gaan ’n hele paar busse Bloem-fontein toe, vol spelers, ondersteuners en aanhangsels. Die koste beloop R600.00 p/p retoer, en geen bespreking sonder vooruit-betaling nie. Finish en klaar. (Askies Kommissaris Selebi). Skakel asseblief vroegtydig met Hilda Swartz by die OSU kantoor.

Greytrein duik in die hek

Twee van die gouemedaljewen-ners by die onlangse nasionale skolekampioenskap in Rusten-burg – Brynn-Peter Kemp (gr11), wat in die gewigstoot o17 ’n af-stand van 18.55m behaal het, en Ruaan van Wyk (gr 10), wat die o/17 nasionale skolekampioen in die paalspring geword het met ’n hoogte van 4.20 meter.

On the right is Dalen Goliath (Gr 8) who was selected to represent South Africa at the Kimura Shukokai Karate World Championships in Switzerland in June. Dalen is a brilliant all-rounder, who became the Boys’ Lightweight (12 - 13 years) World Champion in this discipline at a tournament in Finland in 2006. He is also a kickboxer of note and he played for the WP u13 rugby team last year. At the mo-

ment, he is one of the star wings of the PRG u14A team. Apart from his sporting prowess, he is academically strong – having been in the top10 of his class at his primary school.

Michael Jordaan (’85) tans Uit-voe rende Hoof van First National Bank-FirstRand Bpk is in Maart vanjaar in Switserland aangewys as een van die 245 jong wêreld-leiers wat deur die Wêreld Eko-nomiese Forum vereer word. Die groep word gekies deur 31 inter-nasionale medialeiers uit bykans 5 000 kandidate uit 65 lande.

Die toekenning erken jong

leiers wêreldwyd vir hulle pro-fessionele prestasies, hulle diens aan die gemeenskap en moont-like bydraes tot die toekoms.

Afgesien van 12 ander Suid-Afri kaners op die lys is Steffi Graf en Leonard di Caprio van die ander bekendes op die lys.

Ander uit Suid-Afri ka is oa Ernie Els en Ferial Haffejee (redak teur van die Mail & Guardian).

Old boy benoem as jong wêreldleier

Nic de Jager

Alet Conradie

Page 5: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER 5

After last year’s national hockey tournament, Keldohn Swanepoel (top left) and Veraldo Terblanche (both Gr 11) were included in the SA u16 training squad. PRG’s u16 team has also had a remarkable 2008 this far, being undefeated at the Kearsney College Tournament against some of the top hockey

Heerden sien uit na nachos en tortillasHeerden Herman (gr 12), was

op ouderdom 16 die SA 1500m ope vryslag swemkampioen.

Hy het ook in Desember 2007 Ryk Neethling se 14-jaar oue re-kord oor die 1500m vir 16-jariges met 8 sekondes verbeter.

In Julie is Heerden op pad na die Junior Wêreldswemkampioen-skap in Monterrey, Meksiko.

Maar hy is nie net ’n sportfeno-meen nie – aan die einde van ver-lede jaar was hy akademies die topleerder in die graad 11-klas.

Ter de Villiers (’00) is tans nommer vyf op die wêreldranglys van 400m hekkiesatlete – en die vinnigste Suid-Afrikaner vanjaar oor die afstand. Hy het reeds gekwalifi seer vir die Olimpiese Spele in Beijing en hy het pas in Duitsland by die Askina Internasionale Atletiekbyeenkoms met ’n tyd van 49.82 eerste oor die wenstreep genael. As gevolg van ’n besering was dit sy eerste byeenkoms na die SA Kampioenskap in Maart. Sy beste tyd vanjaar was 48.71.In Julie 2000 was hy die eerste Paul Rooser wat vir die SA Senior Atletiekspan gekies is terwyl hy nog op skool was. In 2001, by die Junior Statebondspele in Edinburgh, Skotland het hy twee goue medaljes ontvang – vir 400m hekkies en vir die 4x400-afl os. By die Junior Wêreldatletiekkampioenskap dieselfde jaar in Chile, was hy die jongste deelnemer in die 400 m hekkies en is hy naelskraap in die fi naal geklop.

Nic de Jager

Nic de Jager

Nic de Jager

Alet Conradie

Jacques Hanekom word WP Curriebeker rugbyafrigter

In 2005 is Jacques Hanekom, geskiedenisonderwyser en mede-afrigter van die eerste rugbyspan en die Bituas na 16 jaar by Paul Roos deur Nic Mallett weggerok-kel om vir WP hulle junior rug-byspelers te werf en te bestuur.

’n Jaar later is hy aangestel as hoof van die WP Rugbyinstituut, wat eers op Nuweland gesetel was, maar later oorgeskuif het na

die kampus op Stellenbosch.So pas het hy, bykomend tot sy

pligte by die WP Rugbyinstituut, die addisionele verantwoordelik-heid aanvaar om die voorspeler-afrigter van WP se Curriebe ker-span te word.

Jacques en sy ouers, Bredasdor-pers Koos en Jeanette, is nog net sulke ingeburgerde lede van die maroenfamilie.

schools in SA – including Kears-ney College, Parktown BHS and other luminary teams.

The First Team, after an extreme-ly successful tour of Malaysia (top photograph) last year, narrowly lost only 1 game out of 6 at this year’s Founders Hockey Festival in Durban. Subsequently they have

made mincemeat of top teams like Paarl Gym, Paarl Boishaai, Pinelands and Somerset Col-lege.

There are 55 Boland hockey players in the school. Of the u18, u16 and u14 Boland A teams, more than half are Paul Roosers.

Photographer unknown

Page 6: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER6

The Boland Pro 20 Champions for 2007 with their medals and trophy. Back: Riyaad Henry, Mr Adrian Holdstock (coach), Keldohn Swane poel, Tershwin Raubenheimer, Ruan Rust, Christiaan Schutte, Dewald Botha, Mr Sakkie Swart (Manager, Agony Uncle, Mascot), Petrus Swart, Stephen Baard, Mr Willem Steyn (coach). Front: Bernard Waugh, Schalk van Wyk, Emile Kriek, Willem Groenewald, Renier Marais, Mr Warren Kirsten (coach).

Rugby World Cup (the real one) visits PRG

A right royal commotion was caused towards the end of last year when a delegation of the International Rugby Board visited PRG with the William Webb-Ellis World Rugby Cup. The-one-that-is-not-touched. The Real One. The IRB delegation was very impressed with the rich rugby history and tradition refl ected in the PRG Archives. In the picture are an assortment of admiring rogues (the ones in

front) with the hallowed cup. The offi cials at the back are: Frans van Niekerk (Director: Market-ing and Communication, PRG), Johan Prinsloo (CEO: SA Rugby), Jannie van der Westhuizen (Rector: PRG), Mike Miller (CEO: International Rugby Board), Oregan Hoskins (President: SA Rugby), Bernard Lapasset (President: IRB), Koos Basson (old boy and Vice President: SA Rugby) and Mervin Green (Manager: SA Youth Rugby).

PRG is die Universiteit Stel-lenbosch se belangrikste enkele voedingsbron. By die afgelope gradeplegtighede in Desember verlede jaar en Maart vanjaar het 142 old boys grade ontvang – die grootste aantal in die han-delswetenskappe, nl 60.

Daar word goed bygedra om die land se geweldige tekort aan ingenieurs en wetenskaplikes te verlig met 23 BSc-grade en 20 ingenieursgrade.

Kultuur word nie agterweë gelaat nie, met 20 BA-grade. En vir ons liggaams- en wettiese welsyn is daar 2 medici en 7 regsmanne.

(Vir die neurotiese perfeksio-niste en kompulsiewe foutsoekers wat net 132 kry – moenie stres nie. Daar is ook nog 10 ander grade wat nie in groepe ingedeel is nie – Red)

Die semi-fi nale wedstryd van die voormalige PYZ-krieket toer-nooi (deesdae die Boland Pro 20-toernooi wat geborg word deur Falston Sport) moes tot almal se teleur stelling as gevolg van reën ’n week uitgestel word, maar die bruisende entoesiasme het in daardie week nie afge-neem nie.

Dié toernooi is die laaste wed-stryde van die seisoen, en die deelnemende spanne wil almal graag hulle jaar op ’n hoë noot afsluit, wat die kompetisie baie straf maak.

Die PRG Eerste XI het met heel-wat toewyding die semi-finaal gehaal, waar hulle op Boland-park teen Langeberg te staan gekom het.

Die wedstryde word oor 20 boul beurte beslis, en Langeberg het 98 lopies in hulle kolfbeurt aangeteken.

Dit het die maroenmasjien net 14 boulbeurte geneem om die totaal verby te steek en met 7 paaltjies te wen. Emile Kriek, met ’n soliede 36 lopies en Bernard Waugh was die beste kolwers.

The opponents in the final were the very capable team of

New Orleans, who went on to score 113 runs in their alotted 20 overs. With the pavilion full of noisy maroons bursting with

cacophonous “gees”, Emile Kriek slogged the winning runs off a brilliant boundary for an un-beaten 75, to pass New Orleans

PRG Boland Pro 20 Krieketkampioene

with nine wickets still standing. Dewald Botha was another rock of stability in the victory. (No pun intended – Ed).

142 grade toegeken

Hierdie nuusbrief word ontwerp en hoofsaaklik geskryf en ge-fotografeer deur Nic de Jager, plaas like bergie van Stellenbosch. Bydraes en foto’s is baie welkom. Stuur asseblief aan die OSU se webadres (op die mashoof).

Jack Scannell

Lize Rossouw

Page 7: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER 7

’n Paar van die jong tennissterre wat tans by PRG deur Gerrie Berner afgerig word. Kloksgewys van links is Wiehahn de Jager, wat ingesluit is in die SA o15-span wat in Julie in Tsjeggië gaan deelneem. Bo is Wesley Montgomery wat ’n jaar gelede die nommer 1 o14-speler in SA was. Onder is Wayne Montgomery, Wesley se jonger boetie en Marc van der Merwe, o14 Afrika-dubbelskampioene, wat Afrika in Augustus gaan verteenwoordig by die Wêreldbekertoernooi, ook in Tsjeggië. Wayne is nog in graad 7 in die Laerskool De Hoop in Somer set -Wes, maar sy kop staan Paul Roos toe volgende jaar. Marc se pa, Marcel, is die man wat daardie “English Toffee” bevrore jogurt maak waarvoor ’n hele paar manne al hul eersgeboortereg verpand het. Pa Marcel is ook ’n old boy wat tot graad 10 (in 1978) in Paul Roos was.

Anyone for tennis?Anyone bold enough to challenge these small to medium fry to a tennis match will have to be very fi t and sprightly around the court. Otherwise, you might be forced to adjust your self-image netherwards.

It is generally accepted that Paul Roos has one of the top – if not the top – schools tennis team in the country.

With the inspiring Gerrie Berner as coach, the tennismaroons regularly beat their opponents, achieving overwhelming scores.

Recently they won the prestig-ious Bestmed Gerrie Berner Tour-nament for the third year running, with the top 12 tennis schools in the country competing, includ-ing Affies, Waterkloof HS, St

Stithians, Johannesburg and Grey College, Bloemfontein.

The team beat Cradock HS, Paarl Boishaai and Pretoria Boys’ High 9-0 and St Stithians by 8-1. In the final, it was Paul Roos versus Affi es from Pretoria – and despite a tiring heat wave, the maroons managed to build up a lead of 5-1, making it unneces-sary to play doubles matches.

The u15 team was the national champion last year, winning the u15 tournament in Pretoria.

Nic de Jager Nic de Jager

Alet Conradie

Laat Nuus • Late News • Laat Nuus • Late News •• Jappas Mocke (’03) is ’n lid

van die SA Lewensreddingspan wat eersdaags aan ’n interna-sionale kompetisie in Duitsland gaan deelneem.

• Jody Rose (’04) has been chosen for the Upcoming Spring boks rugby team to play in a tournament in Romania.

• Gepraat van hokkie. Paul Roos se spanne het met die

onlangse Winter’s Day al hulle wedstryde teen SACS óf ge-wen óf gelykop gespeel. Teen Rondebosch BHS het net éé n hokkiespan nie gewen nie.

• Jonathan van Gesselleen (Gr 11) was the fi rst schoolboy over the line at this year’s Cape Argus Cycle Race, and he was placed an excellent 10th over-all in the A Group.

Page 8: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER8

Jacques de Villiers, duxleerling van 2006, oorhandig die sertifi kaat vir die topmatrikulant aan Jonas Bovijn, duxleerling van 2007. Jonas was tweede op die Kaapse Merietelys, met Charl du Preez 19de en Jan Buys 20ste.

Die 1996-matriekklas het tydens hulle 10-jaar reünie in 2006 be-sluit om ’n bydrae te maak tot die Welgevallen Trust, met die spesi-fi eke doel om jong onderwysers van hoogstaande kwaliteit te kan werf en subsidieer met die hoë lewenskoste van Stellenbosch.

’n Groep van 19 het sedert die reünie maandeliks, eenmalig of jaarliks ’n betaling gemaak.Die groep bestaan uit Pieter

Morkel, Edmond-Douw Jacobs, Wilhelm Hertzog, Bennie Schoe-man, Renier Kuipers, Willem van Wyk, Werner Swanepoel, Stefan Rossouw, H de Villiers, Johan le Roux, Jan Kotze, Marcel Villet, JH Harmse, M Laserevic, Pierre Rust, Jac Fourie, Shaun Nienaber, S Snyman en Andries Olivier.

Die beste onderwys personeel is van die hoogste belang vir volge-houe voortrefl ikheid.

Pieter Morkel, tans ook onderwyser by PRG, oorhandig ’n tjek aan Frans van Niekerk, Adjunkrektor en Direkteur: Bemarking en Kom-munikasie vir die Welgevallen Trust. Dit bevat die opbrengs van die donasies van die ’96-matrieks vir 2006 en 2007

Die storie begin ’n jaar of wat gelede op die einste heilige grond van Engelse rugby toe Nic Koornhof, voormalige Paul Roos-ouer en oud-Minister van Onderwys van die Wes-Kaap en Kevin Waterston mekaar in ’n losie raakgesels.

Kevin is die hoof van Investec Private Bank in Engeland, en met

sy volgende besoek aan SA het Nic hom en Frans van Niekerk genooi om saam te gaan eet.

Seeing that Frans is the head honcho of marketing at Paul Roos, he slid his toe into the wa-ter and slyly mentioned the Paul Roos Foundation.

“Oh, but we have our own charity foundation”, said Kevin.

“Investec sponsors the Starfish Foundation for children left or-phaned by the AIDS epidemic. But what about combining forces for an event...” (Not his exact words – Ed)

And so it came to pass that 80 representatives of top internation-al companies congregated in the splendour of the British House of Commons for a function to ben-efi t the Starfi sh Foudation as well as the Paul Roos Foundation.

Die Paul Roos Stigting se rol is om belowende swart en bruin seuns wat dalk nie die finan-siële vermoë het nie die kans te gee om hulle akademiese en

Paul Roos Stigting ontvang in die Britse “House of Commons”

Nic Koornhof, voormalige Minister van Onderwys van die Wes-Kaap en oud Paul Roos-ouer en Jannie van der Westhuizen, rektor, in die gang van die Britse Laerhuis in die Paleis van Westminster.

Laat dit nou nooit gesê word dat rugbykyk nie baie posi-tiewe gevolge kan hê nie. Goed, dis rugby op Twicken-ham, wat nou nie eintlik gewone rugbykyk is nie.

sportpotensiaal by PRG ten volle te ontwikkel.

Die PRG kontingent by die House of Commons was Jaco Odendaal, Jean Groenewald, Nic, Frans en die rektor, Jannie van der West huizen, wat aan die gaste die doel witte van die Stigting verduidelik het.

En dís nou waar Twickenham weer ter sprake kom – R400 000 is as direkte gevolg van die aand ingesamel.

Belangstellendes kan gerus met Frans van Niekerk by die skool skakel. Bydraes vir dié besondere Stiging is belasting aftrekbaar en van groot waarde vir die skool.

Nic de Jager

Nic de Jager

Reinhardt Strydom (’95) is heel moontlik die eerste old boy wat vir ’n ander land internasionale krieket speel. Hy het onlangs vir Ierland die kolfbeurt teen Bangladesh in Dhaka in die eerste van drie eendagwedstryde geopen. In sy matriekjaar het Reinhardt die toekenning vir die beste bouler gekry en ook in sy laaste wedstryd vir Paul Roos (teen Gim) ’n rekord van 113 nie uit nie as die nom-mer 7-kolwer aangeteken.

Sy jonger broer, Gerhard, is ook ’n uithaler krieketspeler wat tans in Ierland professioneel vir Lisburn Cricket Club in Belfast speel. In die eerste vyf beurte vir sy nuwe klub het Gerhard drie hondertalle aangeteken.

Frans van Niekerk

Page 9: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER 9

1958

AGTER: Dan Visser, Fanas Pretorius, Neels Grobbelaar, Udo Bartsch, Boetie Claassen, Chris du Plessis.THIRD ROW: Frans Nieuwoudt, Car-el Vlok (met strepieshemp), Dawid Venter, Peter Vanderspuy, Robert Scott, Frikkie Carstens, Pang Basson. TWEEDE RY: Anton Hauptfl eisch (met fl eurige trui), Carel Lacock, Attie Tredoux, George Craven, Tokkas van Heerden, Arthur Stevens. SEATED: Giel Möller, Paul du Toit, Philip Nel, James Joubert, Danie Gerryts, Götz Pahl, Johann de Villiers, Nic de Jager. HEEL VOOR: Billy Howe, Danie Miller, Duif van Dyk, Bodo Brendel, Xandré Autef, John Calefato, Wouter Pienaar.

REÜNIES • REUNIONS

’n Paar presteerders by die onlangse Stellenbosse Eisteddfod. Links is Meyer Scholtz, Jan Costandius, Gavin Broadhurst (met tjello), Pierre la Grange, Jan Buys (met klarinet), David Kim (met viool) en Stephan Kistner (met hobo).

The group at Machu Picchu. In front: Karel Verhoeven, Du Toit Kemp, Jabus Kotze, Wesley Hoon. At the back: Marcel Campbell (teacher), Koos Roux, Lourens Steyn, Pierre Liebenberg (teacher), Carel Calitz, Reinhardt Venter, Brahm Moolman, Charl Liebenberg (adult).

Paul Roos invades the Amazon jungleA group of intrepid adventurers

left SA in March to explore the wonders of Peru.

After a week in the Amazon jungle, where they stayed in jungle camps, travelled by boat and saw rare three metre otters,

they explored the south of Peru, including Lake Titicaca and the Uros fl oating islands, went river rafting in Arequipa, sand board-ing and dune buggy riding in the desert, ending their tour in the capital, Lima, early in April.

Friendly bystander

Alet Conradie

Die 1958-matrieks was ’n klas van 97. Van dié getal is so ’n 20 ons al vooruit, terwyl 15 manne glad nie opgespoor kon word nie.

Van die 62 beskikbares het 39 vir die reünie opgedaag – Götz Pahl uit Venezuela, Peter Vander-spuy uit Sydney, Udo Bartsch

en Boetie Claassen uit Namibië. Voorts was daar ’n hele paar uit Gauteng en ander streke van die land. Dis amper 60%.

By intense phoning and veiled threats, Wouter Pienaar and his committee achieved quite remarkable attendance, and an enjoyable time was had by all...

Nic de Jager

Page 10: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER10

AGTER/BACK: Leonard Solms, Johan van Eeden, George Wolfaardt, Alfred Smidt, Ludwig van Coppenhagen, Johannes Breytenbach (links agter ou met donker bril), Louis van Niekerk, Johan (Vettie) van der Merwe, Niel Esterhuyse, Eduard Roelofse, Dirk Verwoerd en Ian Stevenson. 2DE VAN AGTER: Leon Cronjé, Julius Andrag, Herman Kruger, Johan Hanekom, Wilhelm Cronjé, Gerhard Heydenrych, Hennie Pitzer (regs onder Vettie en regs van ou met donker bril). 3RD FROM BACK: Frik Kirsten, Joos Agenbach, Johan Reyneke, Paul Bevan,

Johan Engelbrecht (links agter Eggie), Charles Botha, Pieter Cilliers (skuins regs agter Charles Botha), Koot de Klerk (skuins regs voor P Cilliers), GP van den Hever (reg onder D Verwoerd), Wilfred Stripp (regs onder GP vd Hever), Wouter O’Kennedy, Jan Buurman (lang ou regs voor W O’Kennedy). 4DE VAN AGTER: Sielie Pieterse, Kobus White, Albertus Heyns, Charl Visser, Eggie Nieuwoudt, Kobus du Toit, Francois Schoombee. FRONT: Marius van der Merwe, Johan Burger, Dirk Linde, David Stephens, Frans Brown, Danie Winterbach.

Die 1978-matriekklas het die saal daardie jaar op die tradisionele wyse verlaat, maar onder ’n somber wolk. Daar is uit owerheidsweë gevoel dat niks goeds uit só ’n klomp mokkels kan kom nie.

Die “ongelukkige insi dent” is weer opgerakel by die groep se 30-jarige reünie in Mei.

Dit was die oggend van die matrieks se laaste skooldag en chaos was oudergewoonte vaar-dig op die waters.

Met die doodsveragting eie aan die jeug, het een van die matrieks (geen name nie) homself met ’n brandende “thunderfl ash” voor die rektor se kantoor be vind.

Toe hy skielik agterkom dat sy hand óf sy lewe dalk nou in gevaar is, was al uitweg om die brandende ding in die wenke-posbus by die rektor se kantoor te gooi en te laat spaander.

Ná die oorverdowende ontplof-fi ng was daar ongeveer ’n halfmi-nuut doodse stilte in die skool terwyl stukke van die gestorwe posbus soos herfsblare grond-

waarts gefl adder het.Almal het gaandeweg hulle

asems teruggekry maar daar was glo dié wat moes gaan verklee. Nodeloos om te sê was die luim van die afskeid in die saal somber en beswaard.

Die rektor (destyds mnr Slab-bert) het volgens Eggie Nieu-woudt van sy afskeidstoespraak afgewyk en baie emosioneel na die ooblyfsels van die posbus langs hom op die tafel gewys.

“Dit”, het hy gesê, “sal my altyd laat dink as die enigste nala ten-skap van die matriekklas van 1978.” Of iets in dier voege.

Die manne het in Mei 2008 be sluit dat hulle, ten spyte van die rektor se duister vermoede, tog nie te sleg gevaar het nie.

In die woorde van Eggie Nieu-woudt:

“Uit die 116 matrieks is daar 2 advokate, 1 regter, 8 prokureurs, 9 ingenieurs, 8 mediese dokters (een is ook ’n tandarts én ’n oor-neus-en-keelspesialis, dws 14 jaar se studies), 3 tandartse, 1 predikant, 1 veearts, 2 aptekers, 2 professore, 3 doktore, 5 weten-skaplikes, 1 bankbestuurder en 2 onderwysers.

“Dus het meer as 40% van die klas wat die rektor so ontstel het, uiteindelik universiteitskwali fi ka-sies behaal. Twee van ons klas-maats het die gesogte Rhodes-beurs gewen vir nagraadse studie aan Oxford. Daar is ook een van ons wat die militêr as beroep gekies het en tans ’n kolonel in die SANW is.

“Die klas het ook heelwat entre-preneurs en boere opgelewer wat tans baie suksesvol is.

“Op sportgebied het ons ook goed gevaar, met 1 Springbok (snelroei) en 1 Junior Spring-bok (fietsry). Ons eerstespan krieketkaptein het kaptein van die Namibiese nasionale span geword en deelgeneem aan een van die wêreldbekertoernooie.

“Ons klasmaats het ook baie gehol, ons weet van die volgende statisiek: 16x Comrades, 19x Two Oceans, 95x marathonne, 28 Ultramarathonne en 212x mara-thonne en korter.

“Ons moet bysê dat meer as die helfte van hierdie wedlope deur Emile Muller gedoen is. Sy totale aantal km gehardloop is meer as 61,000km, wat 1 en half maal om die aarde met die ewenaar langs is. Ons het ook twee lede wat vanjaar die Cape Epic-fi etstoer voltooi het.

“’n Interessante brokkie oor ons klas is dat net 3 van ons klasmaats getrou het met die meisie wat hy matriek-afskeid toe geneem het en al drie van hulle is nog steeds getroud.”

Die bom in die posbus en ander verhale

1978Nic de Jager

Page 11: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER 11

1988

AGTER: Christiaan van Lamp; Herman Spangenberg; Aldo Mang-iagalli; Bernard Fick; Daan van Wyk; Marc Marais; Graeme Phibbs; Willem Bekker; Etienne Beneke; John McKinnon; Deon de Swardt; George du Plessis; Marc Nel; Erich Maritz; Brandon Booth; Carl Schultz. MIDDEL: Daniel Lutz; Anton Holtmann; Jürgen von Wech-mar; Erwin Goebel; Marius Geldenhuys; Albertus de Waal; André Vos; Monti Maritz; Flip du Toit; Cronjé Ferreira. VOOR: Albert Galloway; Gerhard Strydom; André Nieuwenhuys; Evert Loubser; Francois Koegelenberg; Bernabé Strydom; Lourens du Plessis; Brian Lawrie; Hein de Goede.

Die 1988-matrieks het hulle 20-jaar reünie die naweek van 7-9 Maart gehou.

Francois Koegelenberg skryf: “Die reünie het uit luilekker

kuiers, ’n wyntoer, ’n spitbraai en die gebruiklike wynveiling bestaan.

“Net Mannetjies, Evert en Ber-tus het klaarblyklik aan alles deel geneem. Party manne was maar ‘moeg’ aan die einde van die nawekie.

“Die veiling was weer iets om te aanskou!

“Christiaan van Lamp was nie net, soos gebruiklik, baie vry-gewig nie, maar het ook ’n ‘vark op die hoef’ geskenk, wat deur doktor Schulz opgeëis is. Prob-leem is dat hy in Rotterdam bly en Chris weier om die vark te slag. ‘’n Vark op die hoef’, hou hy vol... So gelukkig soos ’n vark in Rotterdam?

“Nóg ’n interessante item was ‘35 minute se narkose’ geskenk deur Dokter Bollos. Hy het be-loof dat hy deur ‘Oom Jurie Els’ geassisteer sou word. Die

narkose is ontvang deur iemand wie se wederhelf eersdaags ’n keisersnee moet ondergaan.

“Nou ja, dit was groot pret om

almal te sien wat sulke goeie herinneringe kon terugbring. Wat ’n voorreg om in Paul Roos te kon wees!”

1953

AGTER: Frans Prins, Eric Kielblock, Johan Fourie, Willie du Toit, An-dries Rossouw. VOOR: Johan Gerber, Changa Botha (hoofseun van 1953), Hein Fastenau, die rektor, Jannie van der Westhuizen, Nico Mostert. INLAS: Nico van Eyssen.

55 jaar gelede was hulle die main manne – die matrieks van ’53. In Mei vanjaar was hulle weer by hulle alma mater – ’n bietjie ouer, wyser, maar nog net so vol “sports” as toe hulle op skool was. Hopelik sal almal nog hier wees in 2016, wanneer die skool 150 word.

Nic de Jager

Nic de Jager

Page 12: Ou Grieke se waarheid hou nog water · lar. Since the time of the ancient Greeks this pure science was seen as “more art than science”, but applications in coding and cryptology,

PRG • OSU NUUSBRIEF • 05/2008 • OBU NEWSLETTER12

DATUMS VIR 2008

DATUM/DATE AKTIWITEIT/ACTIVITY PLEK/VENUE

15 Jul Hockey: Cape International Festival Cape Town

19 Jul Rugby: Oakdale Weg

23 Jul Tennis: Marilie Moolmantoernooi begin Cradock

25 Jul Reünie/Reunion: 1998 Matrieks/Matrix Stellenbosch

26 Jul Rugby: Boland Landbou Tuis

5 Aug Golf: St John’s International Festival Sun City

8 AugTennis: Pretoria o15-skoletoernooi

beginPretoria

9 Aug Rugby: Strand/Monumentpark Tuis

14 Aug Grey Bloem Interskole begin Weg

23 Aug Rugby/Hockey: Wynberg BHS Home

23 Aug Reünie/Reunion: 1968 Matrieks/Matrix Stellenbosch

26 Aug PRG Musiekkonsert PRG

4 Sept OSU/OBU Jaarvergadering en Dinee Longroom

12-14 SeptWater Polo: Wynberg BHS Mellier Cup

u15 TournamentWynberg BHS

19 Sept Reünie/Reunion: 1963 Matrieks/Matrix PRG

26 Sept Matriekafskeid Stellenbosch

27-29 Sept Water Polo: SACS u19 Tournament SACS

3 OctSquash: Gray’s Paarl Open Junior Tourna-

ment beginsPaarl

9 Okt Sport: Gala-aand/Gala Evening PRG kampus

10 Okt Atletiek: Engen Top-10-byeenkoms Bloemfontein

11 Oct Cricket: Bishops Home/away

16 Okt PRG Prysuitdeling PRG-sentrum

18 Okt Krieket: Rondebosch BHS Tuis/weg

24 Okt Atletiek: PRG Byeenkoms Coetzenburg

25 Oct Cricket: New Orleans (u19A) Home

1 Nov Krieket: Boland Landbou Weg

2 Nov Biathlé: Wêreldkampioenskap Kaapstad

St Benedict’s Seweskampioene IIIDie PRG Sewesspan is die der-

de jaar agtereenvolgens as die kampioene by die St. Benedict’s-toernooi aangewys.

Topspanne van oor die land het die toernooi in Johannesburg bygewoon.

Wat die prestasie merkwaardig maak, is dat die PRG-span nog net een wedstryd in die bestaan van die toernooi verloor het – vanjaar se openings wedstryd,

teen Glenwood HS van Durban. In die fi naal het hulle wraak ge-neem deur die einste Glenwood-span met 43-22 ore aan te sit.

In die poelwedstryde het hulle onder andere met Paarl Gim (47-19) en Paarl Boishaai (33-7) afgereken.

Die span het altesaam 49 drieë in hulle sewe wedstryde aan-geteken, met Tythan Adams (11) die top-driedrukker.

Die seëvierende sewesspan: agter staan Dawie Snyman Jr (afrigter), JP du Plessis, Estiaan de Swardt, Albert Marais, Frans van Niekerk (bestuurder), Johan Smit en Matthew Markram. In die middel is Reuben Johannes en Dylan Petersen. Voor hurk Dudley de Reuck, Tshotsho Mbovane, Tythan Adams, Nico van der Westhuizen en Rick Schroeder.

Pine Pienaar het eers by die Stellenbosch-klub gaan kollek-teer en nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Ander ouers het ruimskoots bygedra. Dank sy PRG se goeie verhouding met Affies, het die hoof, dr Pierre Edwards, en die oud-eerstespan rugbyafrig ter, Sakkie van der Walt, hulle in vloed gebruik. Barend van Graan, die Hoof Uit voerende Beampte van die Blou Bulle, het gehelp om die reëlings te olie.

En só het Tienie van Wyk (gr 12) een van sy groot drome ver -wesenlik – om sy Bloubul-helde in ’n wedstryd op die einste Lof-tus Versveld te sien speel.

Tienie didn’t just “see”. He was invited to watch the game from the opulence of that Blue Bull holy of holies, the Bloukamer. Tremble ye who enter here...

To cap it all, after the game against the Waratahs, he was in-vited into the tog rooms to speak to his heroes.

Tienie was just a regular young boy, until he had to have his ton-sils removed when he was a tod-

dler. Something went dreadfully wrong with the anaesthetic, and he was left a quadriplegic.

Maar ’n volbloed Paul Rooser die ís hy en betrokke by sport sowel as die sosiale lewe.

Tydens vanjaar se atletiekbyeen-koms tussen Boishaai en PRG

Tienie se Blou Droom verwesenlik

het die Leerlingraad ’n spe siale rol stoelwedren ge reël waaraan Tienie deelgeneem het – gestoot deur ’n paar atletiekbulle (die hoofseun, Charl de Villiers en Tienie se broer, Schalk). Die entoesiasme was só groot dat sy rolstoel in die ge har war ’n slag

omgeval het, maar sonder merk-bare skade. Opgeklim en weer gery, soos die liedjie sê.

Op die foto links is die rol-stoelwedren en regs is Tienie in die Bloubul-kleedkamer ná die Waratah-wedstryd, saam met sy helde Pierre Spies en JP Nel.

Forma Fotografi e Ester van Wyk