taak 3 29 julie 2015
TRANSCRIPT
Mongolië
VRAAG 1: WAT DUI DIE GEBOORTESYFER EN
STERFTESYFER VAN ‘N LAND VIR ONS AAN?
• Die geboortesyfer dui die aantal geboortes per 1000
mense per jaar aan.
• Die sterftesyfer word gedefinieer as die jaarlikse aantal
sterftes per 1000 mense in die bevolking.
VRAAG 2: SUID-AFRIKA HET IN 2009 ‘N
GEBOORTEKOERS VAN 19 GEHAD EN ‘N
STERFTEKOERS VAN 16. WAT DUI HIERDIE
TWEE SYFERS VIR ONS AAN?
Daar is in 2009 in Suid-Afrika 19 babas gebore per 1000
mense.
16 mense per 1000 mense in Suid-Afrika het in 2009
gesterf.
VRAAG 3: WAT WAS SUID-AFRIKA SE
NATUURLIKE GROEIKOERS/AANWASKOERS VIR
2009?
Natuurlik aanwaskoer = (geboortesyfer – sterftesyfer x 100) / 1000
= ((19 – 16) x 100) / 1000
= 300 / 1000
= 0,3
VRAAG 4: HOE VERSKIL DIE
GEBOORTESYFERS EN STERFTESYFERS IN
ONTWIKKELDE LANDE TEENOOR
ONTWIKKELENDE (ARM) LANDE?
Die geboortesyfers van ontwikkelde lande is baie laer as
ontwikkelende lande se geboortesyfers.
Die sterftesyfer van ontwikkelde lande is baie laer as die van ‘n
ontwikkelende land.
VRAAG 5: VAN WATTER NUT IS DIE
GEBOORTESYFERS EN STERFTESYFERS VIR ‘N
LAND SE REGERING?
Geboortesyfers beïnvloed die wyse waarop regerings beplan
om geld op onderwys en gesondheidsorgstelsels te bestee. Die
stelsel waarop die regering geld bestee, beïnvloed die bevolking
van daardie land direk.
Indien die geboortesyfer baie hoër as die sterftesyfer is, dan is
daar ‘n hoë koers van natuurlike aanwas en sal die
bevolkingsgrootte vinnig groei.
VRAAG 6: BEHALWE VIR NATUURLIKE
GROEI/AANWAS, HOE KAN ‘N LAND SE
BEVOLKING NOGSTEEDS VERANDER?
Natuurlike aanwas is nie die enigste rede waarom ‘n bevolking
kan groei nie. Migrasie (verskuiwing van mense) kan dit ook
laat verander.
Mense trek deesdae meer dikwels van een land na ‘n ander as
vroeër.
VRAAG 7: BESTUDEER DIE GRAFIEK EN
ANTWOORD DIE VRAE WAT VOLG:
(a) Definieer die volgende begrippe:
(i) Geboortesyfer
Die totale aantal geboortes in ‘n spesifieke gebied per jaar
uitgedruk per 1000 van die totale bevolking.
(ii) Sterftesyfer
Die jaarlikse aantal sterftes per 1000 mense in die bevolking.
(iii) Vrugbaarheidsyfer
Aantal kinders wat ‘n gemiddelde vrou in haar leeftyd sal hê.
(b) Watter geslag weerspieël die hoogste lewensverwagting inSuid-Afrika?
Vroulik
(c) Watter jaar toon die langste lewensverwagting vir mans?
1985
(d) Wat is die geprojekteerde lewensverwagting vir vroue in diejaar 2030?
52,5
(e) Verduidelik waarom ‘n dalende lewensverwagting totprobleme kan lei in die toekoms.
Mense wat op ‘n toenemend jonger ouderdom sterf is ‘ngevaar vir ‘n land omdat die bydraes van individue tot dieontwikkeling van die land afneem.
(f) Gee EEN moontlike rede vir die dalendelewensverwagtingsouderdom in Suid-Afrika.
MIV en vigs
(g) Die geprojekteerde lewensverwagtingsouderdom vir 2040 is bereken as 54,1 vir mans en 51,6 vir vroue. Bereken die gemiddelde geprojekteerde lewensverwagtingsouderdom vir2040.
52,7
(h) Hoe vergelyk die bogenoemde antwoord met die geprojekteerde 2030-lewensverwagting? Gee ‘n verduideliking vir hierdie tendens.
Gemiddelde lewensverwagting vir 2030 is 51,2. ‘n Toename in lewensverwagting word vir 2040 voorspel namate Suid-Afrikaners bewus raak van die negatiewe gevolge van MIV en vigs op lewensgehalte.
VRAAG 8: DEMOGRAWE GEBRUIK DATA OOR GEBOORTES,
STERFTES, LEWENSVERWAGTING, VRUGBAARHEID EN
NATUURLIKE AANWAS WANNEER HULLE BEVOLKING
BESTUDEER.
(a) Watter faktore kan ‘n land se geboortesyfer beïnvloed?
Ouderdom- en geslagstruktuur van ‘n bevolking
Vlak van onderwys
Godsdiens
Ekonomiese ontwikkeling
Staatsingryping, geboortebeperking en voorbehoeding
Swak voeding en geslagsdrang
Oorloë
Migrasie
Natuurlike rampe
(b) Watter faktore kan ‘n land se sterftesyfer beïnvloed?
Swak mediese dienste
Onhigiëniese toestande
Ondervoeding
MIV en vigs
Ouderdomstruktuur
Sosio-ekonomiese toestande
Onvoldoende behuising
Oorloë
Natuurlike rampe
(c) Watter faktore kan ‘n land se lewensverwagting beïnvloed?
Verbetering in gesondheidsorg en sanitasie
Vlak van onderwys
Armoede
Ekonomiese sukses
(d) Watter faktore kan ‘n land se vrugbaarheidssyferbeïnvloed?
Gesondheidsorg
Godsdiens
Bevolkingsbeleid
Sosio-ekonomiese welvaart
Voorbehoeding
(e)Watter faktore kan “n land se natuurlike aanwas beïnvloed?
Oorlog
Siekte
VRAAG 9: GEE DRIE REDES WAAROM DIE
GEBOORTESYFER HOËR SAL WEES IN DIE
ONTWIKKELENDE LANDE (ARM LANDE) AS BY
EKONOMIES ONTWIKKELDE LANDE.
Die gehalte mediese sorg beskikbaar sal die aantal babas wat
sterf beïnvloed. Mense in ontwikkelende lande, waar die
mediese sorg swak is, sal groter gesinne hê omdat sommige
van die kinder kan sterf.
Die meeste mense in ontwikkelende lande werk op die
landerye en het groot gesinne nodig om met die werk te help.
Die vlak van ekonomiese ontwikkeling in ‘n land beïnvloed dus
die geboortesyfer.
In ontwikkelende lande maak ouers op hul kinders staat om
hulle te onderhou as hulle oud is. Ekonomiese ontwikkeling en
regeringsbeleid beïnvloed dus ook die geboortesyfer.