aantekeninge gedigte 2011 eat

35
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Gedigte: 2011-2012 AFRIKAANS EAT - GEDIGTE DIGTER Bls . 1. Kontak Theo de Jager p 2 2. Kabouterliefde Ingrid Jonker p 3 3. Woorde Vincent Oliphant p 5 4. Stad in die mis DJ Opperman p 9 5. Die hanswors SJ Pretorius p 12 6. Wie is hy? Adam Small p 15 7. Brief FR Abrahams p 16 8. Thumela E Barnard p 19 9. Spore op die maan Koos du Plessis p 20 10. Things that go bump in the night Rosa Keet p 23 Aantekeninge en vrae Aantekeninge en vrae saamgestel deur: Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011 1

Upload: hubertkrynauw

Post on 28-Mar-2015

15.482 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Aantekeninge

TRANSCRIPT

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Gedigte: 2011-2012

AFRIKAANS EAT - GEDIGTE

DIGTER Bls.

1. Kontak Theo de Jager p 2

2. Kabouter l i e fde Ingr id Jonker p 3

3. Woorde V incent O l iphant p 5

4. S tad in d ie mis D J Opperman p 9

5. D ie hanswors S J P re to r ius p 1 2

6. Wie i s hy? Adam Smal l p 1 5

7. Br ie f FR Abrahams p 1 6

8. Thumela E Barnard p 1 9

9. Spore op d ie maan Koos du P less i s p 2 0

10. Th ings that go bump in the n ight

Rosa Keet p 2 3

Aantekeninge enAantekeninge en vraevrae

saamgestel deur:HH Krynauw

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

1

Departement van Onderwys, Graaff-Reinet

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

2

1. Kontak - Theo de Jager

Kontak

1. Ek kon jou met ‘n selfoon bel2. om te sê dat ek jou baie mis,3. maar die kaart was gekrap, die batterye pap4. en die boodskap het in die niet verdamp

5. Ek het vir jou ‘n brief geskryf6. en my hart se hoeke daarin uitgewas7. maar my pen was krom, my vingers te dom8. om die woorde in die koevert te pas

9. Toe het ek maar ‘n duif gestuur10. sonder skrif of klank, en nou wag ek,11. hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom12. met ‘n takkie blare in sy bek. [Uit: Di-mensies, 1998]

(Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 52-52)

1 . Iemand wil met iemand in aanraking kom. 'n Aanraking, verbinding

2 . a) 'n geliefde wat weg isb) Hy mis haar baie.c) Die geliefde is weg en die spreker wil hê sy moet terugkom.

3 . a) “(D)ie kaart was gekrap” en “die batterye (was) pap”.b) Die boodskap het “verdwyn” omdat die spreker nie gebel het nie.

4 . “baie mis”

5 . a) Hy het 'n brief geskryf.b) Personifikasie. 'n Hart het nie hoeke nie. Die koevert het hoeke en sluit dus by die “hart se hoeke” aan. Die spreker voel hy kan sy “hart” (gevoelens) in die koevert se hoeke inpas.c) Die brief is nooit gepos nie.

6 . a) “toe”

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

3

b) duifc) Die duif is 'n simbool van vrede. Dit hoef nie skrif of klank te bevat nie.d) Hy “wag”, “hoop” en “bid”.

7 . a) Dat die geliefde met kom kontak sal maak in reaksie op die duif wat gestuur is.b) Die duif sal 'n takkie blare in sy bek hê.

8 . Hy sukkel om sy gevoelens mondelings (selfoon) en skriftelik (brief) oor te dra. Nou gebruik hy maar 'n skrif- en klanklose metode.

2. Kabouter l i e fde - Ingr id Jonker

KABOUTERLIEFDE (V i r S imone)

1. Die kabouter met die rooi-rooi petdie kabouter met die geel hemp aanhet sy hart gistraand vir my gegeeen sy hemp is vir die maan

2. Die hoepelronde blou-blou lughet kadoemps op die grond gevalhy’t dit blink-blou in sy hand geroltoe speel ons daarmee bal

3. Die sterre met hul wit ligtehet geknipoog toe ons laghul’t rondom ons in ‘n kring getreksoos ‘n laer in die nag

4. Die aandblom het sy trom-trompetgeblaas in die warrelwindkringdie kalkoentjies met hul rooi mondjieshet die springkaan-wals gesing

5. Die maan met sy geel lyfie het gaan plat lê op sy rughy’t gaan slaap by die gousblomme

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

4

met sy boepens in die lug

6. Die kabouter met die rooi-rooi harthet dit self vir my gesêhy’t die aardbol oor sy kop gegooio dis hier waar die liefde lê [Uit: Rook en Oker, 1963]

(Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 91-93)

1. Die digter, Ingrid Jonker, se dogter

2. a) Die kabouter het 'n rooi-rooi pet op en 'n geel hemp aan.b) “gistraand”, die vorige nagc) Die hempd) “hart”

3. a) metafoorb) In sy hand gerol en toe bal gespeel.c) “kadoemps”

4. a) Geknipoog en toe 'n laer om hulle getrekb) Beide verwys na dieselfde tipe vorm: rond. 'n Laer is soos die Voortrekkers van ouds gedoen het: hulle het 'n laer/kring met hul waens getrek om gevaarlike diere en aanvalle van buite uit te hou. Binne die laer was almal beskermd.

5. a) “kalkoentjies met hul rooi mondjies”b) Voltooi die volgende sin: In versreëls 15 en 16 word genoem dat die kalkoentjies die sprinkaan-wals gesing het. Dit is 'n voorbeeld van personifikasie. Die digter bedoel eintlik dat die wind deur die blomme waai.c) “Die aandblom het sy trom-trompet/geblaas in die warrelwindkring”. Vergelyk hoe die blom lyk en deur die wind gewaai word.

6. a) aand, laat in die nagb) “slaap”c) Die maan se boepens verwys eintlik na sekelmaan.

7. a) “het dit self vir my gesê”b) Uitroep van ekstase, opgewondenheid, vreugdec) Die kabouter met die rooi-rooi hart het dit self vir my gesê: – hy’t die aardbol oor sy kop gegooi – “O, dis hier waar die liefde lê!”

8. Alles is moontlik in die wêreld van 'n kind. Die herhaling van elisie van die persoonlike voornaamwoord “hy’t” (versreëls 7, 11, 19 en 23) gee al 'n aanduiding dat dit 'n kind is wat hier oorborrel van iets groots. Die herhaling-samestellings soos “rooi-rooi” (versreëls 1 en 21) en “blou-blou” (versreël 5) sluit ook aan by die wêreld van 'n kind. Die verwysing na hierdie helder, vrolike kleure is kenmerkend van kinders. In die wêreld van 'n kind word die onmoontlike wel moontlik. Die blou lug wat op die grond val, die kabouter wat met die aarde bal speel en die lug in sy hand gooi.In 'n land van drome is daar nie grense nie. Die afwesigheid van leestekens, wat eintlik op dissipline binne 'n gedig dui, sinspeel op die opgewonde mededelings sonder ruspouse. Enjambement (vanaf versreëls 5 tot 23)

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

5

en gebroke rym versterk hierdie grensloosheid van die kinderwêreld. Kinders praat gewoonlik in kort en eenvoudige sinne met feitlik geen voegwoorde nie. Die sinne in hierdie gedig is ook kort en eenvoudig. Albei handel oor 'n liefdesverklaring. Die kleur rooi kom in beide strofes voor. Die “hart” word in beide strofes genoem. Die kabouter kom ook in beide strofes voor. In strofe 1 word na die liefdesverhouding verwys: “sy hart vir my gegee” en in die slotstrofe word die kabouter se woorde aangehaal. Hulle het dus met mekaar gepraat. 3 . Woorde - V incent O l iphant

Skrywer profiel van VINCENT OLIPHANT soos op TAFELBERG UITGEWERS se webtuiste

Vincent Oliphant is op 8 April 1954 gebore op Alicedale, ’n klein Oos-Kaapse dorpie naby Port Elizabeth.Hy het sy laerskoolloopbaan voltooi aan die Alicedale Metodiste Primêre skool waarna hy standerds 6 en 7 aan die Uitenhage Hoërskool voltooi het. Die laaste drie van sy skooljare het hy aan die Hoërskool Paterson in Port Elizabeth voltooi.

Hierna is hy na die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy ’n B.Sc.-graad met Wiskunde en Fisika as hoofvakke, asook ’n Sekondere Onderwys Diploma voltooi het. In hierdie tydperk het hy sy liefde vir skryf uitgeleef deur by die kampus skryfkring aan te sluit. Hy sou later sy formele opleiding by wyse van ’n B.Ed-graad en later ’n M.Ed-graad in Wiskunde-onderrig aan die Universiteit van Rhodes voltooi.

Sy eerste bundel, wat uit persoonlike gedigte bestaan het, is in 1981 onder die titel Bloed vloei in stilte deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Na ’n lang stilte het sy tweede bundel Die sagte vlees in 1998 by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Die gedigte in hierdie bundel is meer gevarieerd as sy eerste werk en sluit onder andere sosiaal-politieke sowel as persoonlike, veral liefdesgedigte in. Die bundel is oor die algemeen deur kritici sowel as deursnee lesers baie goed ontvang.

In 1995 het hy die tweede prys behaal in ’n poësie-kompetisie wat deur die Belgiese kultuurorganisasie, Concept, aangebied is. Die tema van die kompetisie was Vrede, Vriendskap En Verdraagsaamheid.

’n Ander hoogtepunt was sy uitnodiging in 1996 om aan die jaarlikse Poetry International Fees in Rotterdam deel te neem. Hierdie gebeurtenis was vir hom ’n onvergeetlike ervaring. ’n Paar van die gedigte in Die sagte vlees het in Rotterdam ontstaan.

Benewens sy belangstelling in skryfwerk het hy ’n standhoudende belangstelling in wiskunde-onderrig. Soos in sy poësie, probeer hy leerlinge en studente se ervaring van wiskunde as vak sover as moontlik vermenslik.

[Bron: Tafelberg Uitgewers]Vincent Oliphant se verse vloei nog sterk

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

6

"Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…" Selwyn Milborrow het met digter Vincent Oliphant hieroor asook sy digbundels gepraat.

Vincent Oliphant se woordgevoelige verse weerspieël die broosheid van die mens. Dit laat jou met ‘n gevoel van magteloosheid en terselfdetyd ook hoop vir die mensdom. Die temas in sy gedigte is van so 'n aard dat mense hulle daarmee kan vereenselwig.

Hy debuteer in 1983 met Bloed vloei in stilte (Tafelberg) en in 1998 verskyn Die sagte vlees (Tafelberg) wat goeie blootstelling kry danksy die tv-sepie Sewende laan, asook die tv-joernaalprogram Pasella. Hy is tans kurrikulum adviseur by die Departement van Onderwys.

Ek wonder wanneer kom daar ‘n nuwe bundel uit sy pen. ‘n Bundel wat soos welkome reëns die droogte kom breek.

Die volgende oggend bel ek Oliphant en is gelukkig om ‘n onderhoud te reël. Afgesien van sy werk by die Departement van Onderwys, gee hierdie man in sy vrye tyd klas by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Hy is ook besig met navorsing in wiskunde-onderrrig. Oppad na sy huis wonder ek wat sy indrukke rondom die derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium, en die taaldebat is. Dit was juis by die heel eerste simposium waar die tonge geklap het oor Oliphant se bundel Bloed vloei in stilte omdat dit nie protes-poësie was soos van swart skrywers van daardie tydperk nie."Ek was te besig met ‘n struggle van my eie," glimlag hy nederig.

In sy eerste bundel is die aanwesigheid van moeder en broer baie opmerklik. Hoe verskil dit van Die sagte vlees?"Bloed vloei in stilte was baie na binne gerig; Die sagte vlees daarenteen meer gebalanseerd, meer volwasse."Wat inspireer hom om te skryf, of verander dit soos mens ouer word?"Dit bly nog grootliks dieselfde: Liefde, verlange, verlies… die romantiese temas."Lees hy ander skrywers, en indien wel, wat lees hy?"Ja, van my gunsteling skrywers is Milan Kundera, John Updike en Andre P. Brink ."Hy het onlangs saam met sowat 130 Afrikaanse skrywers sy steun aan die beswaarskrif teen dubbelmediumonderrig by die US toegesê. Ek wou weet of die bestaan van Afrikaans bedreig word en of Marius Titus in die kol is met sy gedig "Skryfwerk" waarin hy sê:

"Soe, die beste manier omme taal te bewaar is:Liesit, praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit.Net soelank jy my verstaanstap skryf en taal ‘n lang pad saam."

"Ek is nie deel van die totale aanslag denkskool nie. Ek dink nie dat Afrikaans, of enige ander taal, moedswillig benadeel word nie. Benadeling kan egter ‘n onbedoelde gevolg wees. Verder is ek ten gunste van inisiatiewe wat ons veeltalige erfenis beskerm. Taal is immers nie net ‘n kommunikasie medium nie; dit is ook ‘n draer van kultuur. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek die beswaarskrif gesteun het."

Na aanleiding van sy brief wat onlangs in Rapport verskyn het lei mens af dat hy trots is om "bruin" en "kleurling" genoem te word. Daarin sê hy "Kleur is nie ‘n brandmerk nie; kleur is mooi. Kleur, met of sonder "-ling", is móói…".Dink hy daar is belangstelling onder bruines wat hul taal en identiteit betref, en is daar stemme wat opgaan vir 'n ontluikende bruin nasionalisme?

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

7

"Ek hou nie van die idee van etniese nasionalisme nie. Dit klink te veel na laer trek, en impliseer ‘n ons-teen-hulle houding. Ek het in my artikel ‘n positiewe inhoud aan bruinwees of kleurlingwees probeer gee. Die negatiewe konnotasies wat aan ons as ‘n groep mense geheg word, soms selfs vanuit eie geledere, het my die laaste tyd gesteur."Hoe dan so, Vincent? "Ek vermoed dat die voortgesette teenkanting teen die benaming kleurling daarmee te doen het dat die term gemengdheid impliseer.Gemengdheid word dan, miskien meestal onbewustelik, teenoor suiwerheid gestel. Ek is egter van mening dat gemengdheid of hibriditeit iets positiefs kan wees omdat dit dui op ‘n wyer, ryker herkoms. Ek sou bly wees as ons intellektuele en ander meningsvormers die oormatige sensitiwiteit rondom hierdie kwessie wou laat vaar."

‘n Hoogtepunt vir hom was in 1996 toe hy genooi was om aan die jaarlikse Poetry International Fees in Rotterdam deel te neem. Vir my is hierdie onderhoud met Vincent Oliphant beslis ‘n hoogtepunt in my lewe.Soos in sy poësie, probeer hy leerlinge se ervaring van wiskunde as vak sover as moontlik vermenslik. Toe ek groet besef ek Vincent Oliphant is bloot ‘n reisiger wie deur sy skryfwerk die reis vir andere so maklik moontlik wil maak.

Hy is digter, akademikus, man, pa, maar bo als is hy mens en medemens.

Woorde

1. my woorde het nie die krag2. om bose magte tot ‘n val te bring nie3. my woorde kan bloot sing

4. my woorde is nie ‘n dak5. om onder te skuil nie6. my woorde is swak

7. my woorde kan nie keer8. dat ons die kromme note haal nie9. my woorde is kaal

10. glo tog11. "my woorde het nie die byt12. van koeëls en grofgeskut nie13. nee14. my woorde kan bloot bid15. en pleit16. en wens17. medeburgers van die lewe18. dat ons van grense sal vergeet19. en bloot mens sal wees20. en medemens…"

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

8

(Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 149-150)

1. Sy woorde is nie sterk genoeg om bose magte te beïnvloed nie.

2. Hy kan sy mense met sy talent singend lei; dit is mooi, positiewe woorde wat nie afbreek nie.

3. Die uitdrukking “die kromme note haal” beteken dat jy iets besonder hard, met alle mag moet doen.

4. Tersine

5. Die eerste versreëls is in die ontkennende vorm en vertel wat sy woorde nié kan doen nie, met die uitbreiding ('n sinsnede of bysin) in die middelste versreël. Elke strofe eindig met sy woorde se onmag: sy woorde kan “bloot sing”, hulle is “swak’” en “kaal”.

6. Sy “woorde het nie die krag/om bose magte tot 'n val te bring nie”.Sy “woorde is nie 'n skuiling nie”.Sy “woorde kan nie keer/dat ons die kromme note haal nie”.Sy “woorde het nie die byt/van koeëls en grofgeskut nie”.

7. Bid, pleit en wens

8. a) Polisindeton (herhaling van die en-voegwoord)b) Deur die herhaling word die werkwoorde beklemtoon; dit word aaneen gelees en versterk so die ritme en tempo van die versreël.

9. Dit beklemtoon die woorde.

10. Dat almal, ongeag ras, bloot mens sal wees en bowenal medemens. Daar moet dus nie grense wees nie en elkeen moet die ander sy plekkie in die son gun.

11. Dit is die slotwoorde van die gedig. “Medemens” rym met “wens”, “grense” en “mens”. Die woord word herhaal in “medeburgers” (versreël 17).

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

9

4. S tad in d ie mis - D J Opperman

(Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 162-163)

1. Die stad is oos 'n meedoënlose/wrede monster wat die weerlose mens wil vernietig./Die stad hou 'n bedreiging vir die mens in.

2. a) “gespanne”b) beangs/bevrees/bang

3. a) Die “wit duisternis” is metafories vir die mis in die stad.b) “Duisternis” word gewoonlik met donker, swart geassosieer – hier word dit as “wit” beskryf. Die baie wit mis veroorsaak dat 'n mens niks kan sien nie.

4. Die boubedryf5. Metafoor6. Stadsgeluide/motors/voertuie – die “knor” in “oop mote” (strate)7. Progressie word deur die werkwoorde voorgestel: sluip > knor > waggel > hap. Daar is progressie vanaf

bedreiging tot vernietiging.8. “en met sy hap sluit staal op staal”9. Dit dui moontlik op die oneweredige hoogtes van geboue/dakke in die stad.10. kake/tande11. Enjambement

12. Personifikasie:a) die stadsrumoer – “ek hoor hom knor” (versreël 5)b) die monsteragtigheid van die stad – “oë bloedbelope” (versreël 9)c) die beweging van die dierlike stad – “waggel sy pilare-pote” (versreël 6) of “kantelende rug” (versreël 7)

13. kommapunte/leestekensJoernaal: Die stad word uitgebeeld as 'n monsteragtige dier wat almal bedreig. Die spreker ervaar die stad met angs as 'n dier wat die mens willoos in sy greep wil vasvang en vernietig.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

123456789

10

Stad in die mis

Met gespanne spierloop ek deur die miswant om my sluip ’n dieronder wit duisternis;ek hoor hom knor en in oop motewaggel sy pilare-poteen sy kantelende rug metaal;op hoeke van die strate blinksy oë bloedbelope,en met sy hap sluit staal op staal.

D.J. Opperman

10

Vrae

VRAAG 1

1. Die spreker is gespanne (r. 1) wanneer hy in die stad loop. Met watter gevoel sou jy gespanne kan assosieer? (1)

2. Voltooi die volgende deur die gepaste beeldspraak in te vul.In reël 1 – 4 word die stad _______ as ’n dier voorgestel wat onder die mis wegkruip. (1)

3. Waarna verwys die mis in reël 2? (1)

4. Wat impliseer die spreker met om my sluip ’n dier (r. 3)? (2)

5. Spreek jou kortliks uit (in nie meer as TWEE sinne nie) oor die paradoksale/kontrasterende aanwending van wit duisternis (r. 4). (2)

6. Waarna, dink jy, verwys knor (r. 5)? Ondersteun jou antwoord met ’n voorbeeld. (2)

7. Die dier ontwikkel progressief, soos afgelei kan word uit reël 5 – 10. Dui die funksionaliteit, al dan nie, van die ontwikkeling aan. (2)

8. Die gedig word aangebied in die vorm van ’n tipe beeldspraak.

8.1 Benoem die beeldspraak.8.2 Ondersteun jou antwoord met ’n voorbeeld uit die gedig.

(1)(1)

9. Die dreigende monster word as ’n genadelose dier voorgestel. Haal die reël aan wat die aanname sal ondersteun. (1)

10. Sê in ’n kort, motiverende sin of jy, as (moontlike) stadsmens, ook die stad ervaar soos die spreker in die gedig. (1)

[15]

Nog Vrae

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

11

VRAAG 2

2.1 Watter tipe spreker is in hierdie gedig aan die woord?2.2 Wat is die rede vir die spreker se gespanne toestand?2.3 Waarna verwys knor (r. 5) heel waarskynlik? (Die antwoord is nie ’n dier se gebrul nie.)2.4 Blink stadsliggies hou dikwels iets mooi in, maar dit is nie hier die geval nie. Watter

enkele woord in reël 9 bevestig hierdie stelling?2.5 Hierdie gedig is ’n goeie voorbeeld van ’n volgehoue metafoor. Verduidelik watter saak

met die stad in verband gebring word.2.6 Duisternis is veronderstel om swart te wees, maar in die gedig is dit wit. Verduidelik

hierdie skynbare weerspreking.2.7 Waarom lyk dit vir die spreker of die pilare-pote waggel ( r. 6)?2.8 Waarna verwys “rug metaal” (r. 7)?2.9 Gee ’n voorbeeld van rymdwang in die eerste reël.2.10 Dink u dat die dier waarna hier in reël 1–5 verwys word moontlik ’n olifant kan wees?

Sê net ja of nee.2.11 Gee TWEE redes vir u antwoord in Vraag 2.10.2.12 Verklaar die slotreël in u eie woorde.2.13 Die dier in die gedig word progressief gevaarliker. Eers sluip hy. Dan … hy en laastens …

hy. (Vul slegs die ontbrekende handelingswoorde in.)2.14 Die spreker sê nooit na watter stad hy verwys nie. Watter funksie dink u het hierdie vae

aanduiding?2.15 Waarop kan die “bloedbelope oë” (r. 9) dui?2.16 Watter TWEE woorde in reël 7 sou eerder met mekaar kon omgeruil word?

2.17 Hierdie gedig bestaan uit tien versreëls. Hoewel die digter alles in een strofe aanbied, is daar duidelik meer as een deel of fase in die gedig te herken.

2.17.1 Hoeveel fases of afdelings is daar?2.17.2 Met behulp van watter tegniek verdeel die digter die gedig in die dele wat u

kan onderskei?

2.18 Uit reël 8 – 10 is die dier wat beskryf word, baie gevaarlik. Noem EEN eienskap van die dier wat dit bevestig asook EEN handeling van die dier.

2.19 Verduidelik hoe die digter die tipografie (hoe die gedig afgedruk is) in die eerste drie versreëls aanwend om die gevaar van die dier te vergroot.

2.20 In reël een is die spreker nog duidelik aanwesig, maar in die slotreël verskyn hy glad nie. Hy word as’t ware deur die dier verorber. Haal EEN woord uit die slotreël wat sinspeel op hierdie verorberingshandeling.

TOTAAL VIR AFDELING A:

(1)(1)

(1)

(1)

(1)

(2)(1)(1)(2)

(1)(2)(1)

(2)

(2)(1)(2)

(1)

(2)

(2)

(2)

(1)

[30]

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

12

5. D ie hanswors - S J P re to r ius

Sarel Jakop Pretorius het in 1943 met Vonke by J.L. van Schaik gedebuteer as digter. Tot met sy dood in 1995 het hy bestendig bly dig en publiseer. Altesame 12 bundels uit sy pen het die lig gesien.

Die hanswors

1. Oor sy afsigtelike boggel2. en kromheid het hulle hom gekoggel, 3. en bitterder was hul venyn4. as sy vergroeide ruggraatpyn.

5. Tussen die diere in ‘n hoek6. het hy die eensaamheid gesoek:7. “met klere wat gedurig gaar is,8. Wat doen die vent met sy salaris?”

9. Hy’t maandeliks by die poskantoor10. ‘n brief gepos of een gelees11. by die dierkratte, oor en oor:12. “Sou daar tog êrens iemand wees?”

13. En daardie ewige reuk en drank:14. nie een sou huil as hy bedank,15. maar waar hy in die sirkustent16. aapagtig teen die firmament,17. hoog teen die takelwerk, kon klouter,18. die dood uittart, en, klein kabouter,19. sy duiwelstreke uithaal onder20. dat almal skater vir die wonder,21. is hy, hoeseer verag, verlate, nog deur die baas beskou as bate.

22. Toe het ‘n brief gekom eendag …23. Hy’t oor die bed gebuk, verblind,24. terwyl ‘n boggelvroutjie, sag,25. sterwend fluister: “Dankie my kind …”

[Uit: Album 60, 1976]

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

13

(Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl 192-193)

1. “ruggraatpyn”2. Versreëls 5 en 6; 113. Waarskynlik vir sy ma gestuur/dalk drank gekoop.4. Dat hy so nou en dan sterk drank gedrink het/dalk 'n drankprobleem gehad het.5. Niemand sou omgee as hy wil bedank nie.6. Bo teen die dak rondklouter en akrobatiese toertjies doen, en ook onder op die grond sy lyf regte

hanswors hou en mense met sy mannewales laat lag.7. Die woord “Toe” en die ellips aan die einde van versreël 23.8. Dat sy vir hom dankie sê dat hy vir haar gesorg het en vir haar geld gestuur het en gereeld met haar

gekorrespondeer het.9. “maar waar hy in die sirkustent/aapagtig teen die firmament” (versreël 15 en 16)10. “kon klouter ... klein kabouter”; “hoeseer verag, verlate”; “baas beskou asbate”. In al hierdie gevalle is

dit 'n uitheffingstegniek.11. Oor sy afsigtelike boggel, en kromheid, het hul hom gekoggel (paarrym) Toe het 'n brief gekom

eendag ... Hy’t oor die bed gebuk, verblind, terwyl 'n boggelvroutjie, sag, sterwend fluister: “Dankie my kind ...” (kruisrym)

12. Dat hy verblind was van trane. Hy het gehuil.13. Dat hierdie man wat soveel vir sy moeder omgegee het, nie 'n greintjie omgee van sy medemens

ontvang het nie.14. Langer vraag:

Stemming: Swaarmoedig beteken ook hartseer/neerdrukkend/morbied. Inhoud: Dit is 'n hartseer verhaal wat die leser al klaar tot swaarmoedigheid stem. Slot van die gedig: Die slot is dramaties geskryf, amper soos 'n verhaal, om die hartseer van die

situasie uit te lig. Retoriese vrae: Voorbeeld uit die gedig: “Wat doen die vent met sy salaris?” – dit lig die

harteloosheid van die medemens uit. “Sou daar tog êrens iemand wees?” – beklemtoon die feit dat sy kollegas gedink het hy is alleen op die wêreld en hulleself nie kon indink dat iemand vir hom kon omgee nie.

Woordkeuse: Lang woorde met swaar klanke: “afsigtelike boggel”, “bitterder”, “vergroeide ruggraatpyn”; “eensaamheid”; “maandeliks”; “poskantoor”, ens.

Klanke: Harde klanke met baie eksplosiewe en harde frikatiewe: “boggel”, “gaar”; “gekoggel”, “vergroeide ruggraatpyn”

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

14

VRAAG 1

DIE HANSWORS – SJ Pretorius

1.1 Die hansworsie moes daagliks pyn verduur. Beantwoord die volgende vrae hieroor in jou eie woorde.1.1.1 Watter fisiese pyn moes hy verduur? (1)

Sy rug het ‘n boggel / sy ruggraat het vreeslik gepyn

1.1.2 Watter emosionele pyn moes hy verduur? (1)Die mense wat hom spot en verafsku ens.

1.2 Waarom, dink jy, sou die hansworsie sy briewe ‘oor en oor’ (r 11) lees?Jou antwoord moet in die konteks van die gedig geplaas word. (2)Die woorde van sy ma beteken baie vir hom / dis ‘n brief van die enigste mens wat lief is vir hom / hy het niks anders om te doen nie ens.

1.3 Die hansworsie is ongewild onder sy kollegas (r 14), hy lyk verskriklik (r 7), stink en is moontlik ‘n alkoholis (r 13) . Verduidelik in jou eie woorde waarom die sirkusbaas nie ontslae van hom raak nie. (2)Mense geniet nog sy toertjies en dus bring hy geld in vir die sirkus ens.

1.4 In die laaste strofe lees ons dat die hansworsie ‘verblind’ is. Het hy permanent sy gesig verloor? Verduidelik volledig. (2)Nee. Hy huil, dus kan hy nie goed sien deur sy trane nie.

1.5 Waarom, dink jy, bedank ‘n ‘boggelvroutjie’ hom in die laaste reël? (1)Dis sy ma wat hom bedank dat hy al die jare haar (finansieël) ondersteun het

1.6 Volgens jou, watter les moet die hansworsie se kollegas leer? (1)Dwergies met boggelrûe is nog steeds mense met gevoelens ens.(enigiets wat pas)

[10]

30 punte

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

15

6. Wie i s hy? - Adam Smal l

Die Groot Small - oor die lewe en werk van Adam SmallSteward van Wyk 

Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington in die Boland gebore. Sy familie aan vaderskant is Christelik-Gereformeerd en dié van sy moeder Islamities; dié invloede prent by hom vroeg reeds kulturele en godsdienstige verdraagsaamheid in. Sy vormingsjare is op die plaas Goree buite Robertson, waar sy pa skoolhoof, gemeenskapsleier en lekeprediker van die plaaswerkers was. Sy vroegste herinneringe is van hierdie gebied: van die eenvoud van die mense, maar ook van armoede en veral van die rooibruin aarde.

Sy vader word later skoolhoof in Retreat op die Kaapse vlakte. Dit is hier waar Small die eerste keer kennis maak met Kaaps, die spreektaal van werkersklasmense, wat hy so treffend in sy werk aanwend. Hy woon daarna verskeie Katolieke skole by en matrikuleer in 1953. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad vir ‘n graad in Tale en Filosofie en voltooi in 1963 'n MA cum laude oor die filosofie van Nicolai Hartmann en Friedrich Nietzsche. In hierdie tyd studeer hy ook aan die Universiteite van Londen en Oxford, onder andere onder die wêreldbekende wetenskapsfilosoof Karl Popper.

In 1959 word Small dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare, en in 1960 word hy een van die akademiese grondleggers van die Universiteit van Wes-Kaapland toe hy as die eerste hoof van die Departement Filosofie aangestel word. Hy raak in die vroeë sewentigs betrokke by die Swartbewustheidsbeweging en word een van die intellektuele en segspersone van hierdie beweging.

In 1973 bedank hy onder druk by die UWK. Hy woon daarna in Johannesburg, waar hy aan die hoof staan van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste. In 1977 vestig hy hom weer in die Kaap en is tot 1983 werksaam as direkteur van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk. Hy keer in 1984 terug na die UWK as hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Einde 1997 tree hy uit diens.

Wie is hy?

1. Die poet2. wie's hy3. Djulle het so baie bek oorie poet, 4. ma wie's hy? 5. Is hy rêrag soes djulle dink6. die ou moerie pen ennie ink7. wat in sy study sit en poems dink?

8. Nai, 9. djulle's mistaken, 10. nie hy nie11. ma djulle is die poets, 12. djulle wat innie straat in loep13. ennie gladde bek verkoep14. ma die dinge sien15. en soema net daa God tien hulle roep!

[Uit: Sê sjibbolet, 1963]

Wie's hy? (Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 202)

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

16

1. Na digters. Die spreker wil weet wie die digter is, met ander woorde, hoe lyk die persoon wat gedigte skryf?

2. Wie is die digter? Is hy (die digter) rêrig soos die mense dink hy is?3. Nee. Aanvanklik lyk dit so, maar die spreker beantwoord die vrae in die tweede strofe.4. Om dit te beklemtoon. Die doel van die vraag is om spanning te wek. Ook om die leser geleentheid te gee

om self na te dink en miskien ‘n antwoord te verskaf.5. Die gewone mens op straat.6. Dit beklemtoon die woord. Dit is ’n vraag waaroor hy baie wonder.7. Iemand wat in sy studeerkamer sit en gedigte uitdink.8. Die gewone mens.9. Die gewone mens op straat wat bewus is van verkeerde dinge wat ander doen en dan besluit om rekenskap

van hulle te eis.

7. Br ie f - Fe rne l R . Abrahams

1. Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig(Mom, I am also writing a simple poem)

2. sommer so, nes Antjie(Just like Antjie)

3. maar ek gebruik soms leestekens(But I occasionally use punctuation)

4. en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie(And I won’t call you “you”)

5. want dit hoort vir my(Because to me that belongs…)

6. nes plastiekblomme en wit skoene(Just like plastic flowers and white shoes)

7. nie by Ma nie.(Not with you, Mother)

8. ek het grootgeword, weet Ma(You know Mom, I’ve grown up)

9. ek skrifk soms vir myself(I sometimes scare myself)

10. want my skoolbaadjie pas nie meer nie(because my school blazer does not fit any more)

11. my hare is lank(my hair is long)

12. ek wil ‘n oorring dra(I want to wear an earring)

13. ek bid byna nooit nie(I don’t often pray – almost never!)

14. En ek glo nie sommer net in God nie(And I don’t sheepishly believe in God)

15. Ek dink, praat, skryf selfs oor die dood(I think, talk and even write about death)

16. ek wonder of Ma van my verse sal hou –(I wonder if you would like my poetry, Mom)

17. Ek weet Ma sou wou hê ek moes klein bly-

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

17

(I know you would have liked me to stay little, Mom)18. en ek het nie

(And I did not)19. kon nie

(could not)20. ‘skuus Mammie

(Sorry Mommy)21. maar ek is nog Ma se kind

(But I am still your child, Mom)22. grootmenskind

(grown up (adult) child)23. anderster kind

(different child) [Uit: Tydskrif vir Letterkunde. 1989]Feite

• Gebaseer op Antjie Krog se gedig Ma.• Based on Antjie Krogs poem: Ma.• Spreker het verander / grootgeword• Speaker changed / grew up• Word rebels : oorring / bid nie / bevraagteken dinge, selfs God• Starting to be rebellious : earring / no praying / question things, even God• Hy skryf verse – weet nie of sy ma daarvan sal hou nie• Writes poetry – does not know if his mom would like it• Al het hy verander is hy nog lief vir sy ma (vra om verskoning)• Even though he changed he still loves his mom• Hy is nie soos ander mense nie• He is not like other people – he is different

Ooreenkomste tussen Ma en B rief • Albei briewe aan ma’s• Both letters to their mothers• Albei hou van hulle ma’s• Both of them like their mother• Albei gebruik eenvoudige taal• Both use plain / simple language• Albei vra om verskoning• Both apologies / say sorry• Tipografie is dieselfde: oneweredige lengte strofes, details en besonderhede in strofe twee• Typography is the same: length of different stanzas differ, details given in the second stanza• Albei deur jong mense geskryf; seuns is wel ouer, maar soek ervaring soos ‘n tiener• Both written by young people

Verskille tussen Ma en Brief

MA BRIEF• Ma Mammie• Eerlikheid Bietjie rebelsheid• Oorspronklik Gebaseer op Ma• Sonder leestekens Soms leesstekens• Jy (Disrespekvolle aanspreekvorm) Meer respek• Heel moontlik ‘n meisie Definitief ‘n seun• Huldeblyk aan ma Selfgesentreerd (boetedoening en wie en wat hy is

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

18

Versreël 15: “Ek dink, praat, skryf selfs oor die dood” • Óf sy geloof het verdiep – hy dink oor die Hemel / Hel• Óf hy glo nie meer wat sy ma hom oor die Hemel/Hel geleer het nie – hy het sy eie mening daaroor• Hemel/hel = hiernamaals

Versreëls 5 – 7: want dit hoort vir my //nes plastiekblomme en wit skoene //nie by Ma nie • Disrespek (“JY”) hoort nie by sy ma nie – hy respekteer sy ma• Sy ma hou van korrekte en mooi dinge• Vars blomme pas by sy ma• Wit skoene = swak smaak (So sê modekenners)• Sy ma het goeie smaak

Is Brief PLAGIAAT?• Nee…..• Gee in sy gedig erkenning aan Antjie Krog• Sê duidelik dat hy iemand anders se gedig naboots (copy)• Sê ook iets vir sy ma• Maar sê dit op sy eie unieke manier

Fernel R Abrahams• Brief is in 1989 geskryf• Hy is ‘n parlementêre navorser• Hy is ‘n vryskut-resensent vir Rapport

Brief (Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 11-13)

1. a) Antjie Krog; “Antjie” in versreël 2 b) Dit is 'n eenvoudige gedig. Hy wil nie dat leestekens en taalreëls sy boodskap beïnvloed nie.

2. Die aanspreekvorm “Mammie”. Die verkleining dui op 'n emosievolle woord wat liefde en respek beklemtoon.

3. a) Die aandagstrepe in versreëls 8, 16 en 17; die punt in versreël 7. 4. b) Ek het grootgeword, weet Ma – ek skrik soms vir myself, want my skoolbaadjie pas nie meer nie, my

hare is lank, ek wil 'n oorring dra, ek bid byna nooit nie en ek glo nie sommer net in God nie. Ek dink, praat, skryf selfs oor die dood – ek wonder of Ma van my verse sal hou –

5. Eienaam, aanspreekvorm6. a) Respek

b) Spreek haar as “Ma” of “Mammie” aan (versreëls 1, 7, 8, 16, 17, 20, 21).7. Plastiekblomme en wit skoene; sy respek en liefde vir sy ma wat altyd opreg en edel was in alles wat sy

gedoen het – hy kan haar nie met oppervlakkige dinge assosieer nie.8. a) Vestig die aandag op sy grootword.

b) Inlassin, die spreker se gedagte word uitgehef.9. a) Breë skouers: “baadjie pas nie meer nie” lang hare dra oorring

b) Hy bid nie meer so baie nie en bevraagteken selfs die lewe.10. Versreël 1411. Hy dink, praat en skryf nou oor die dood. Hy wonder daaroor.12. Dat hy nooit moes grootword nie. Hy moes klein bly. Hier dui dit nie net op die letterlike van klein nie,

maar ook klein in sy denke.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

19

13. Versreël 19 beklemtoon sy onmag; hy het nie beheer oor sy grootwordproses nie. Versreëls 22 en 23 beklemtoon die soort “kind” wat hy nou is: grootmens/volwasse en anders.

14. “‘skuus” in plaas van ekskuus15. Dit sluit aan by versreël 19: hy het geen beheer oor sy grootword nie.

8. Thumela - E lmé Barnard

1. tot siens meneer2. het jy geskree3. en vir oulaas gemaak ernstig4. na ’n kennisgewingbord5. met hordes sportaankondigings6. en lyste eksamenroosters7. wat jou nie meer kon raak8. gestaar9. Jou boeksak toe10. met ’n wilde tol11. die lug ingeskiet12. en ’n geskiedenisboek gepos13. sodat die blaaie14. verward15. oor die verlate skoolvierkant saai16. terwyl jy laggend17. om ’n hoek verdwyn18. gemaak geskok19. het meneer weggedraai20. maar ek het bly wonder21. of dit vir jou22. dan niks beteken

[Uit: Verjoernaal]

Thumela Elmé Barnard (Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 14-15)

1. 'n Leerder wat heel waarskynlik die skool verlaat/wat aan die einde van sy skoolloopbaan gekom het.2. Hy het net tot siens geskree.3. “oulaas”4. Hy stel nie regtig meer belang in wat op die kennisgewingbord staan nie. Dalk probeer hy die

onderwyser nog vir oulaas beïndruk.5. “eksamentyd”6. Hy is moontlik bly dat hy klaar is met skool.7. Hy het die boek hard gegooi.8. Die afsluiting van 'n fase in sy lewe; die einde van sy skoolloopbaan – sy skoolloopbaan is iets van die

verlede, dus geskiedenis.9. Die blaaie het uit die boek geskeur as gevolg van die krag waarmee dit gegooi is. Dit waai dus nou

deurmekaar oor die skoolvierkant. Dit kan ook as personifikasie gesien word: dit kan iets van die leerder se skoolloopbaan impliseer.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

20

10. Hy is heel waarskynlik baie bly dat sy skoolloopbaan nou iets van die verlede is. Dit kan ook moontlik tartend wees: die leerder het die onderwyser geskree-groet en nou verdwyn hy laggend om die hoek nadat hy die boek rondgegooi het. Hy weet die skoolreëls geld nie meer vir hom nie.

11. Die leerder is “gemaak ernstig” – hy gee voor dat hy in die sportaankondigings belangstel, maar dit is van geen belang meer vir hom nie. Die onderwyser is “gemaak geskok” – moontlik verstaan hy hoe die leerder voel en dit skok hom nie werklik nie; hy het dit verwag.

12. Die gedig kan in drie dele ingedeel word.Deel Versreëls Waaroor handel dié deel?Deel 1 1–17 Die handelinge/optrede van die leerder wat die skool verlaatDeel 2 18–19 Die onderwyser se reaksie op deel 1Deel 3 20–22 Die ek-spreker se gedagtes

13. Verskeie moontlikhede: Die einde van sy skoolloopbaan; die inligting op die kennisgewingbord; geskiedenis, die onderwyser, skool, ens.

14. Die titel beteken: stuur dit weg. Dit kan dui op die seun wat nou die skool verlaat. Dit kan ook moontlik wys op die seun se houding teenoor iets soos die geskiedenisboek/skoolgaan – hy gooi dit letterlik (en figuurlik) weg.

9. Spore op d ie maan - Koos du P less i s

Koos du PlessisKoos du Plessis is as Jacobus Johannes du Plessis op 10 Mei 1945 in Rustenburg gebore. Sy ouers was Jacobus Johannes du Plessis en Hester Johanna du Plessis (neé Buitendag). Koos word groot as die jongste van vier kinders. Sy ouer suster is Hester, en sy twee ouer broers Boet en Henning. Hy spandeer sy vormingsjare op die Oosrandse myndorp Springs en voltooi sy skoolopleiding aan die Laerskool PAM Brink en Hoër Seunskool Hugenote. Hierna studeer hy vir ‘n onderwysdiploma aan die Pretoriase Normaalkollege en behaal ‘n BA-graad met spesialisering in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Later voltooi hy ‘n BA honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dis gedurende sy studentejare in 1964 wat hy vir Mornay du Plessis ontmoet met wie hy in Junie 1969 getroud is. Koos en Mornay het drie kinders, Irma, Karien en Karla. Koos was in wese koerantman en het as joernalis, subredakteur en nuusredakteur by verskeie publikasies gewerk, onder meer Oggendblad, Die Vaderland, Die Nataller en Die Transvaler. Vanaf 1973 tot en met sy dood in 1984 was hy woonagtig in Wierdapark, ‘n voorstad van die destydse Verwoerdburg, tans Centurion. Koos het in die vroeë oggendure van 15 Januarie 1984 op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte verongeluk

Spore op d ie maan

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

21

1. Elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel2. want iets sê: "Stomme drommel,3. die ruimte lê vol rommel"4. En ek begin verstaan:5. Daar is geen nuwe oord om heen te gaan6. want kyk, daar lê reeds spore op die maan

7. Want die stad blom elke nag8. strooi sy saad en skemerdag9. breek staalspruite teen die aardkors 10. waar jy gaan11. Rommelberge groei omheen12. en daar's swaelsuur in die reën13. en kyk, daar lê reeds spore op die maan.

14. sou ek gaan?15. Ontvlug is onbegonne;16. selfs droom is onbesonne,17. want die wêreld is oorwonne18. en ek begin verstaan:19. Daar's geen nuwe paaie om te baan,20. want kyk, daar lê reeds spore op die maan

21. elke hektaar is verkoop22. elke opstal lê gesloop23. en die wêreld wag verwese, in die waan24. dat 'n wonder sal gebeur25. om sy rusperleërs te keer - 26. maar kyk, daar lê reeds spore op die maan

27. Vlug na berg of woud…28. Meen jy dat daar geeneen is;29. dat jy eindelik alleen is?30. Ag, verspieders loer op Venus31. en ek begin verstaan:32. Daar is geen nuwe oord om heen te gaan33. want kyk, daar lê reeds spore op die maan

34. Elke woord is retoriek35. elke droom is bloot plastiek36. en atoom's die idioom van wie verstaan37. Iewers moet 'n rusplek wees38. vir die afgematte gees-39. maar kyk, daar lê reeds spore op die maan;40. duisend donker spore op die maan.41. Kyk, daar lê reeds spore op die maan.

[Uit: Kinders van die wind en ander lirieke, 1981]Spore op die maan (Antwoorde op vrae in Versjoernaal, bl. 54-56)

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

22

1. Die eerste maanlanding in Julie 1969. Neil Armstrong was die eerste mens wat voet op die maan gesit het.

2. neerdrukkend3. a) Die mens se planne vir vooruitgang en nuwe ontdekkings.

b) Die mens was al oral; die spore op die maan is bewys dat die mens al die buitenste ruimte ondersoek het. Die planne is nie eintlik nuut nie.

4. Strofe 1: Daar is nie nuwe plekke om te besoek nie.Strofe 3: Daar is al orals paaie gebou om onbekende en verafgeleë plekke te bereik.

5. “strooi sy saad en skemerdag”6. a) Staalkonstruksies van nuwe geboue wat in die aanbou is.

b) Personifikasie7. a) “Rommelberge” verwys na al die vullishope wat al hoe groter word. Hierdie metafoor som die effek

van die mens se rommelstrooi in een woord op.b) “rusperleërs” verwys na die mens wat soos rusper alles voor hul vernietig in sy strewe na vooruitgang. Die mens word met 'n klomp ruspers vergelyk wat die uitwerking van die vooruitgang kragtig saamvat.

8. Die mens het die wêreld al oorwin in sy strewe na vooruitgang.9. a) Vir 'n wonderwerk om die mense se verwoestende vooruitgang te keer.

b) Nee. Die voegwoord “maar” dui op die teendeel en die woord “reeds” bevestig dat die wonderwerk al klaar gebeur het: die mens was klaar in die ruimte, op die maan.

10. Versugting, teken van magteloosheid.11. a) Spioene, verkenners

b) Die planeet die naaste aan die aarde.12. a) Die sin moet eintlik lees: “en die atoom is die ...”

b) Die digter wend hierdie effek aan ter wille van die musikaliteit/ritme.13. Die spreker beklemtoon dat die onmoontlike alreeds bereik is. Dit skep 'n tipe van finaliteit aan die

gedig sodat die mens besef hoe vinnig sy vooruitgang was en kan terugdink op die effek wat dit op die aarde het.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

23

10. Th ings that go bump in the n ight - Rosa Keet

Stap 1: Woordeskat

1. jy los my alleen (you leave me alone)

2. in ’n huis vol geluide (in a house full of sounds)

3. en hoe minder ek probeer luister [and the less I want to listen]

4. hoe harder klink die klank [the louder the noise sounds]

5. van ’n onbekende voetstap [of a strange footstep]

6. op die donker trap [on the dark staircase]

7. bang vaak verdwaal ek laat [scared and sleepy I roam around]

8. in die gange op soek 9. na slaap

[in the passages in search of sleep]10. wat om elke naghoek verdwyn

[which disappears around every dark corner]11. ek skrik 12. vir die naaldekokerstraatlig

[I’m frightened of every dragon fly street lamp] 13. deur skaars bewegende blare

[through leaves that hardly move]14. jou jas aan die kapstok 15. is ’n man sonder bene

[your jacket on the coat stand is a man without legs]16. ek is bang 17. vir die stofsuierslang 18. op die vloer van die spens

[I’m scared of the vacuum cleaner snake on the floor of the pantry]19. en tot jy terugkom 20. sleep ek my vlees 21. soos ’n kis agter my aan

[and until you return I drag my flesh behind me like a coffin or a box] [Uit: Hysteria, 1974]

Stap 2: Die gedig

Hierdie gedig is getoonset deur Clarabelle van Niekerk en word gesing deur Mynie Grové. Die woorde en titel is effens verander. Die titel is “Jy los my alleen”. Dit is een van die snitte van haar CD, A Portrait of Mynie Grové.

In Afrikaans is die titel: Dinge wat in die nag val of dinge wat ’n mens in die nag bang maak. Dis ’n gesegde wat veral teenoor kinders gebruik word. In die nag hoor ’n mens soms geluide en jy weet nie waardeur hulle veroorsaak word nie. Omdat jy nie weet nie, maak dit jou bang en jy kan nie slaap nie.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

24

Daar is geen hoofletters of punktuasie in die hele gedig nie. Die gedig begin met “jy los my alleen” en beweeg dan met behulp van enjambemente tot aan die einde van die laaste reël. Die funksie hiervan is om die vrees wat sy voel aan die leser oor te dra. Daar is egter drie aparte reëls wat meer beklemtoon word, al lyk dit asof al die reëls ewe veel klem dra. Hulle is “na slaap”, “ek skrik” en “ek is bang”. Die laaste twee is eintlik herhalend en wil vir die leser oordra hóé bang sy is.

Daar is veral vier interessante vergelykings / metafore in die gedig. Die straatlig word vergelyk met ’n naaldekoker. Ons weet dat ’n naaldekoker wat vlieg altyd vir ’n paar oomblikke bokant ’n plek huiwer en dan verder beweeg. Dit is miskien die lig wat deur die blare skyn wat die vorm van die naaldekoker aanneem of die feit dat dit vir ’n rukkie doodstil is en dan weer tussen die “skaars bewegende blare” verdwyn.

’n Ander metafoor is die jas wat ’n man sonder bene is. Die woord “is” is belangrik omdat haar vrees haar wysmaak dat dit ’n misvormde persoon is wat in die donkerte na haar kyk. Ons het al almal die ervaring gehad dat ons ’n vorm sien wat lyk soos iets gevaarliks of snaaks.

Die derde metafoor is die “stofsuierslang” wat haar bang maak. Oor die algemeen is ons almal bang vir goed soos slange en spinnekoppe en in die donker sal so iets ons laat skrik, want ons is alreeds senuweeagtig omdat ons vreemde geluide gehoor het!

Laastens vergelyk die spreker haar eie liggaam (vlees) met ’n kis. Syself wil ontsnap of wegkom van die gevaar waarin sy verkeer, maar haar liggaam is ’n las wat sy moet saamsleep. (In die fliek THE MISSION waarin Robert de Niro die rol van ’n hervormde priester gespeel het, sleep hy sy “sondes” in die vorm van swaarde en sabels agter hom aan terwyl hy teen steil kranse moet uitklim.)

In hierdie gedig word die liggaam wat die spreker eintlik sal wil “red” in ’n gevaarlike situasie, die las wat sy moet dra. Die woord “kis” laat ons ook aan die dood dink en daarvoor is ons ook bang.

Dwarsdeur die gedig hoor ons van “jy” en “jou”. Ons weet nie spesifiek wie die persoon is nie, maar dit kan enige iemand wees op wie die spreker gewoonlik kan staatmaak. Dit kan wees dat dit ’n kind is wat alleen by die huis is en wag vir sy of haar ma / pa. Dit kan wees dat dit ’n jong vrou is wat vir haar man of geliefde wag.

Vrae

1. Na wie verwys “jy” en “my” in die eerste versreël van die gedig? (2)2. Noem een van die “geluide” waarna die spreker verwys. (1)3. Wat is die moontlike oorsaak van die geluid wat sy hoor (a) werklik en (b) in haar verbeelding? (2)4. Verduidelik wat bedoel word daarmee as sy sê dat sy in die gange soek na slaap? (2)5. Gee drie voorbeelde van die spreker se aktiewe verbeelding. (3)6. Gee bewyse uit die gedig dat die spreker in die huis rondloop. (3)7. Gee twee voorbeelde van metafore wat in die gedig voorkom. (2)8. Gee ’n ander woord vir “vlees”. (1)9. Wat beteken die vergelyking in die laaste twee reëls? (2)10. Haal twee afsonderlike versreëls aan wat bewys dat die spreker benoud is. (2)

Moontlike antwoorde

1. “jy” is die persoon wat weggegaan het en “ek” is die persoon wat agterbly.2. ’n Voetstap op ’n trap.3. Dis miskien die huis wat warm was en in die nag afkoel. As dit gebeur hoor ons kraakgeluide wat soms

klink asof iemand loop. In haar verbeelding hoor sy ’n moontlike inbreker wat haar wil aanval.

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

25

4. As sy eers gerus voel, sal sy aan die slaap kan raak. Nou moet sy die oorsaak van die geluide opspoor.5. Sy sien ’n straatlig aan vir ’n naaldekoker; sy dink die stofsuier se pyp is ’n slang; ’n jas aan ’n kapstok

lyk vir haar soos ’n man sonder bene.6. Sy beweeg van die trap in die gang na ’n venster en dan na die spens.7. Naaldekokerstraatlig / stofsuierslang8. Liggaam9. My liggaam is die rede vir my bangheid. Ek probeer my liggaam teen aanvallers beskerm en dit word

dus vir my ’n las.10. “ek skrik” / “ek is bang”

[www.litnet.co.za - Riëtte Hugo, Herschel]

Things that go bump in the night (Antwoorde op vrae in Versjoernaal, 100-101)

1. Die titel verwys na die dinge, geluide in die nag wat jou bangmaak as jy sukkel om aan die slaap te raak.2. Die “jy” is die persoon wat weg is, dalk die spreker (“my”) se geliefde of eggenoot.3. Sy is bang en wil haar nie ontstel deur na elke geluid te luister nie.4. a) Klank van 'n onbekende voetstap

b) Die dak, houttrappe wat kraak, wind op die dak.c) Hierdie geluid laat die spreker bang, onseker, benoud, beangs, onveiligvoel.d) Dit is slegs haar verbeelding. As jy bang is, verbeel jy jou soms baie dinge.

5. a) “bang vaak verdwaal ek”b) Sy is bang omdat sy alleen is en daarom skrik sy vir elke geluid.c) “op soek”d) Onwaar. “verdwaal ek laat”

6. a) Versreëls 9, 11 en 16b) Die werkwoorde “slaap”; “skrik”; “bang” beklemtoon die spreker se emosies. Dit beklemtoon die tema van die gedig.c) Die spreker wil slaap, maar sy skrik vir geluide en is dan bang vir hierdie geluide.

7. a) Op die vloer in die spens.b) Die spreker is bang vir die stofsuier wat soos 'n slang lyk. Hierdie tipe beeldspraak is 'n metafoor.c) Die straatlig deur die bewegende blare en die jas aan die kapstok.

8. Sy beweeg van die trap in die gang na 'n venster en dan na die spens.9. Dit beklemtoon die vrees wat die spreker voel.10. Hier word dit aktueel. Dit is op elkeen van ons van toepassing. My liggaam (“vlees”) is die eintlike rede

vir die angs. Ek probeer my liggaam teen aanvallers (letterlik en figuurlik) beskerm en dus word hierdie einste liggaam 'n las (“kis”).

Gr 12 Afr EAT Gedigte 2011

26