appendix b3: advertisement...a7a' ,?#9 ! 2& ! 2& a % clarissa venter vroeër buite die wynbergse...

3
Belton Park Trading 127 (Pty) Ltd SLR Project No: 720.09017.00005 Scoping Report: Prospecting Right Application for Offshore Sea Concessions 14B, 15B & 17B November 2019 APPENDIX B3: ADVERTISEMENT

Upload: others

Post on 24-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Belton Park Trading 127 (Pty) Ltd SLR Project No: 720.09017.00005

    Scoping Report: Prospecting Right Application for Offshore Sea Concessions 14B, 15B & 17B November 2019

    APPENDIX B3: ADVERTISEMENT

  • P:\Jobs\IMD05BEIA - 720.09017.00005\Stakeholder docs\Advert-Notice\IMD05 Advert - Afrikaans Oct19.doc

    KENNISGEWING VAN PUBLIEKE DEELNAMEPROSES OMGEWINGSIMPAKSTUDIEPROSES VIR PROSPEKTERINGSREGAANSOEKE VIR AFLANDIGE DIAMANTE IN SEEKONSESSIES 14B, 15B EN 17B, WESKUS,

    SUID-AFRIKA DMRE Verwysings: WC30/5/1/1/2/10311PR; WC30/5/1/1/2/10312PR; en WC30/5/1/1/2/10313PR

    Kennis geskied hiermee van ‘n publieke deelnameproses in terme van die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies 2014, soos gewysig, gepromulgeer in terme van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur, 1998 (No. 107 van 1998) (NEMA).

    Aansoeker: Belton Park Trading 127 (Pty) Ltd (BPT127).

    Onafhanklike Omgewingskonsultant: SLR Consulting (South Africa) (Pty) Ltd (SLR).

    Aktiwiteit: BPT127 het ‘n aansoek by die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE) ingedien vir Prospekteringregte oor Seekonsessies 14B, 15B en 17B langs die Weskus van Suid-Afrika in terme van Artikel 16 van die Minerale en Petroleumhulpbronne Ontwikkelingswet, 2002 (No.28 van 2002) (MPRDA), soos gewysig. In elke konsessiegebied sal die prospekteringsaktiwiteite die volgende behels: (i) geofisiese opnames; (ii) boormonsters en (iii) grootmaat monsterneming. ‘n Aansoek om Omgewingsmagtiging word vereis vir die voorgestelde prospekteringsaktiwiteite.

    Aansoek vir Omgewingsmagtiging om die volgende aktiwiteite te onderneem: ‘n Omvang- en Omgewingsimpakstudieproses moet onderneem word vir die voorgestelde prospekteringsaktiwiteite aangesien dit val onder Gelyste Aktiwiteit 19 van Goewermentskennisgewing (GN) R984 (Kennisgewingslys 2, soos gewysig deur GN No. 327 van 7 April 2017). Gelyste Aktiwiteite 19A, 20 en 22 van GN R983 (Kennisgewingslys 1) is ook van toepassing op die voorgestelde projek.

    Geleentheid om deel te neem: ‘n Konsep Omvangsverslag is vir ‘n 30-dae oorsig- en kommentaarperiode vrygestel vanaf 14 Oktober tot 13 November 2019. Eksemplare van die Omvangsverslag is op versoek vanaf SLR beskikbaar of kan van die SLR webblad afgelaai word by https://slrconsulting.com/za/slr-documents/. Indien u of u organisasie wil registreer as ‘n belanghebbende of ‘n geaffekteerde party en / of u enige kwessies of kommentaar het op die voorgestelde projek vra ons dat u asseblief vir Me Candice Sadan van SLR sal kontak by die onderstaande kontakbesonderhede. Kommentaar moet by SLR ingedien word teen 13 November 2019.

    SLR Consulting Kontakbesonderhede: Posbus 10145, Caledonplein, Kaapstad, 7905 Tel: (021) 461 1118 E-pos: [email protected] Webblad: www.slrconsulting.com/za Datum van advertensie: 14 Oktober 2019

  • Aktueel 3Maandag 14 Oktober 2019 Die Burger

    VARSAARBEIE

    VARSAARBEIE

    STRAWBERRYKING

    STRAWBERRYKING

    021 863 3230021 863 3230PAARLPAARL

    X1VRNL05-DB141019

    TREATS&DELIGHTSWARM KOSEPPING SLAGHUIS VERSKAF HALAALVOORAFVERPAKTE VLEIS & HOENDER VIR JOU GERIEFSLAGHUIS BAKKERYDINERDELI

    SAGGEMAAKTESTEAK 8499 OUKRAALWORS 140002 kg

    SLEGSCAPEGATE

    SLEGSCAPEGATE

    SLEGSCAPEGATE

    MIXED GRILL-ETE

    + JIVE 500 ml3999permeal AL KAUTHARGEKRUIDEBEESVLEIS12999perkg

    SLEGSCAPEGATE

    VINNIGE ONTBYTMET TJIPS 1999perporsie

    SLEGSCAPEGATE

    CHOCOLATELOG 2199elk

    SLEGSCAPEGATE

    WORTELBROOD1999elk

    SLEGSCAPEGATE

    OLIEBOLLE 19994’s

    SLEGSCAPEGATE

    TEXANBURGERS 5500

    “Get to ourGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGGG

    of the Year!”of HANDY ANDYHERVULSAKKIES

    2999750 mlMASSAEENHEIDR15.00

    2VIR

    3000EENHEDE

    OOR!

    1999750 ml/400 mlCHEMICO LIQUI CLEENHERVUL & THUNDER

    OPWASMIDDEL

    SPAAR GROOT!

    KOMBOKOPIE 19999110’s 2999750 ml

    MASSAEENHEID R1.82 VERSKEIE!

    ASTONISHDETERGENTTRIGGERS

    FINISH POWERBALL CLASSICSKOTTELGOEDWASSER-

    TABLETTE

    TERWYL VOORRAAD HOU ...SLEGS 100 BESKIKBAAR!

    SLEGS CAPEGATE!

    249994 kgUSN

    HYPERBOLICMASS

    • Ons behou die reg voor om hoeveelhede te beperk • Prys per eenheid geld slegs vir grootmaataankope • Pryse geldig solank voorraad hou • Behoudens foute en weglatings • Ons probeer verseker dat alle geadverteerde lyne korrek is • Indien inligting egter verkeerd gedruk word of ‘n fout voorkom, word die korrekte inligting op ‘n kennisgewing in die winkel vertoon • Produk is gestileer vir fotografie.

    EKSTRAPARKEERPLEK

    BY GIANT PARK 1COCHRANELAAN

    GROOTMAAT-AFSLAG

    AANGEBIED!PRAAT MET ONSBESTUURDERS

    CAPEGATEh.v. Okavango- & De Bronweg

    CapeGate, BrackenfellTEL: 021 980 8940 • FAKS: 021 981 3685

    HANDELSURE:Maandag-Donderdag: 8vm - 17:30nm

    Vrydag: 8vm - 12:30nm & 2:15nm - 5:30nm(Gesluit op Vrydae 12:30nm - 2:15nm)

    Saterdag: 8vm - 1nm • Sondag: 8:30vm - 12:30nm

    HANDELSURE:Maandag-Donderdag: 9vm - 6nm

    Vrydag: 9vm - 12:30nm & 2:15nm - 6nm(Gesluit op Vrydae 12:30nm - 2:15nm)

    Saterdag: 8:30vm - 4nm • Sondag: 9vm - 1nm

    EPPINGBenbowlaan 3, Epping 1

    Gunners SirkelTEL: 021 534 5925 • FAKS: 021 534 7927/8

    PRYSE GELDIG BYALBEI WINKELS TOT3 NOVEMBER 2019

    CAPEGATE:MNR D KARRIEMMNR BARDAYEPPING:

    MNR S KARIEMMNR KHAN

    DEUR TOT DEURGROOTMAAT-AFLEWERING

    ’n Minimum fooi salgeld. Vra binne die

    winkel vir besonderhede.

    EST.2001Epp

    ing

    CapeGate

    35991 kgBOKOMO

    CORN FLAKES

    GOEIE KOPIE!6999750 g

    RICOFFYKOFFIE

    SPAAR VANDAG!

    2199750 gNOLA

    MAYONNAISE

    SPAAR!

    110 g

    120 g135 g

    ++

    2599perkomboSIMBA

    CHEESE TWIRLS,FRITOS + NIKNAKS

    SIMBA KOMBO!

    WONDERFOODSPINK & WHITE of

    ROASTED MALLOWS

    279940’sMASSAEENHEID 70C

    1999400 gMANHATTANPINK & WHITE

    MARSHMALLOWS

    SPAAR!999 80 gBEACON

    SJOKOLADESTAWE

    SJOE!

    PRINGLES

    2999110 gMASSAEENHEIDR15.00

    2VIR

    330 ml

    330 ml

    180 ml5 Lt

    999 elkASSORTED

    IMPORTED DRINKS

    SJOE!

    COKE VANILLAor LIME or

    FANTA STRAWBERRYor LITCHI or

    DR. PEPPER ORIGINALor CHERRY or

    SCHWEPPES ASST. orNESCAFE CAFE VIET,ESPRESSO ROAST

    or LATTE orMINUTE MAID,

    FRUTTIA NECTARPEACH or PEAR

    15995 LiterAQUELLE

    STIL WATER

    WONDERLIK!29992 Liter

    OROSKONSENTRAAT

    SPAAR MET ONS!

    KEKER-ERTJIES, GEKAPTE TAMATIES,HEEL GESKILDE TAMATIES, ROOI

    NIERBOONTJIES, SWART BOONTJIESof BOTTERBOONTJIES

    FANTASTIES!999400 gMAREA

    VERSKEIE BLIKKIESGROENTE

    SPAAR NOU!29991 kgBUSY CORNER

    GEROOKTE WEENSEWORSIES

    FIRST CHOICELANGLEWE MELK

    64996 x1 LiterMASSAEENHEIDR10.83 KOOP NOU!

    16992 LiterTOLLA’SAMASI

    2 kg

    WONDERLIK!54992 kg

    RAINBOWIQF

    HOENDERPORSIES

    SJOE!18992 LiterSONNENDAL

    VOLROOM MELKKANNETJIES

    LO G.I, HERBof MULTI SEED

    MEDIUM12’s

    R21.99

    MMMMM!369915’sM.N FOODS

    GROOTTOEVOUROLLE

    3 Lt

    GROOT BESPARING!20993 LiterSONNENDAL

    NEKTAR

    DIE REGTE PRYS!1499385 g

    RHODESBEET GERASPER

    of GESNY

    SPAAR BAIE!699410 gRHODESGEBAKTE

    BOONTJIESTOMATELLA

    GEMENGDE GROENTE ofVERWERKTE ERTJIES

    2000400 gMASSAEENHEID R6.67

    3VIR

    BESTE PRYS!2999375 g/400 g

    BOKOMOOTEES

    ONTBYTGRAAN

    SLEGS GELDIG 2 - 20 OCTOBER 2019

    LAY’SSKYFIES

    2800125 gMASSA EENHEID:

    R14.00

    2VIR NORMALEPRYS

    R14.99elk

    MEGA UITVERKOPING!

    +SLEGS

    CAPEGATE

    perkg

    8 x100g

    www.gianthyper.co.za

    SLEGSCAPEGATE

    30002.25LiterTAB, DIET COKE of ZEROSPRITE ZERO, FANTA

    ZERO of STONEY ZERO

    2VIR

    ONGELOOFLIK!

    KENNISGEWING VAN PUBLIEKE DEELNAMEPROSESOMGEWINGSIMPAKSTUDIEPROSES VIR PROSPEKTERINGSREGAANSOEKEVIR AFLANDIGE DIAMANTE IN SEEKONSESSIES 14B, 15B EN 17B, WESKUS,

    SUID-AFRIKA

    Tel: (021) 461 1118

    Webblad: www.slrconsulting.com/za Datum van advertensie: 14 Oktober 2019

    Aansoek vir Omgewingsmagtiging om die volgende aktiwiteite te onderneem:

    'n Konsep Omvangsverslag is vir 'n 30-dae oorsig- en kommentaarperiode vrygestel vanafEksemplare van die Omvangsverslag is op versoek vanaf SLR beskikbaar of kan van die SLR webblad afgelaai word byhttps://slrconsulting.com/za/slr-documents/.

    14 Oktober tot 13 November 2019.

    Aansoeker: Belton Park Trading 127 (Pty) Ltd (BPT127).

    Kennis geskied hiermee van 'n publieke deelnameproses in terme van die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies 2014, soosgewysig, gepromulgeer in terme van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur, 1998 (No. 107 van 1998) (NEMA).

    Aktiwiteit: BPT127 het 'n aansoek by die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE) ingedien vir Prospektering regteoor Seekonsessies 14B, 15B en 17B langs die Weskus van Suid-Afrika in terme van Artikel 16 van die Minerale en PetroleumhulpbronneOntwikkelingswet, 2002 (No.28 van 2002) (MPRDA), soos gewysig. In elke konsessiegebied sal die prospekteringsaktiwiteite dievolgende behels: (i) geofisiese opnames; (ii) boormonsters en (iii) grootmaat monsterneming. 'nAansoek om Omgewingsmagtiging wordvereis vir die voorgestelde prospekteringsaktiwiteite.

    s

    DMRE Verwysings: WC30/5/1/1/2/10311PR; WC30/5/1/1/2/10312PR; en WC30/5/1/1/2/10313PR

    Posbus 10145, Caledonplein, Kaapstad, 7905

    Onafhanklike Omgewingskonsultant: SLR Consulting (SouthAfrica) (Pty) Ltd (SLR).

    'n Omvang- en Omgewingsimpakstudieproses moet onderneem word vir die voorgestelde prospekteringsaktiwiteite aangesien dit valonder Gelyste Aktiwiteit 19 van Goewermentskennisgewing (GN) R984 (Kennisgewingslys 2, soos gewysig deur GN No. 327 van 7 April2017). GelysteAktiwiteite 19A, 20 en 22 van GN R983 (Kennisgewingslys 1) is ook van toepassing op die voorgestelde projek.

    Geleentheid om deel te neem:

    Indien u of u organisasie wil registreer as 'n belanghebbende of 'n geaffekteerde party en / of u enige kwessies of kommentaar het op dievoorgestelde projek vra ons dat u asseblief vir Me Candice Sadan van SLR sal kontak by die onderstaande kontakbesonderhede.Kommentaar moet by SLR ingedien word teen 13 November 2019.

    SLR Consulting Kontakbesonderhede:

    E-pos: [email protected]

    X1VT2QMM-DB141019

    Clarissa Venter vroeër buite die Wynbergse landdroshof. Foto: JACO MARAIS

    Marelize Barnard

    Dit is só hartseer dat politieke agendas gedryf word en dít ten koste van onderwysers wat met hul hande in die hare sit en die beroep verlaat, “want ons doen niks reg nie”.

    So sê Clarissa Venter (34), die Kaapstadse onderwyseres wat op 5 Januarie vanjaar in ’n on-deronsie in ’n klaskamer was toe ’n leerling haar met ’n tafel gestamp en sy die leerling daarna geklap het.

    Venter, ’n onderwyseres by die Sans Souci Girls High in Nuweland, het Saterdag gesê sy sal saamwerk met ’n ondersoek van die nasionale onderwysde-partement oor die voorval.

    Verder werk sy ook saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Sace) wat op

    15 Oktober voortgaan met ’n dissiplinêre proses.

    “Vir my gaan dit oor die leer-linge. Dit is hoekom ek doen wat ek doen. My kinders is my lewe en ek is seker ek is ook hulle s’n,” sê Venter.

    Maar hoewel sy tot nou toe nie self in die media gepraat het oor haar kant van die saak nie, is genoeg ook nou genoeg. Sy erken sy is ’n geliefde on-derwyseres. Die dag van die voorval was juis haar verjaar-dag en sy het oliebolle vir haar leerlinge gevat. Dit was ’n vro-like oggend in die klas totdat die voorval gebeur het.

    Venter is hoogs ontevrede oor aantygings in ’n verklaring deur die Kamer vir Regstuden-te (CLS), wat die leerling ver-teenwoordig.

    Sy betwis van die aantygings

    wat die CLS op Twitter en Facebook maak.

    Die CLS sê onder meer dit is “opmerklik dat die skool gou opgetree en begin het met ’n dissiplinêre proses teen die leerling, wat die slagoffer is, maar nie vir Venter, wat die oortreder was, dissiplinêr ver-hoor het nie”.

    Venter sê dit is onwaar. Sy is dissiplinêr verhoor deur die skool en skuldig bevind aan on-etiese gedrag en dat sy die naam van die skool in oneer ge-bring het. Daarvoor is sy be-

    boet en betaal steeds maande-liks haar boete van R2 000.

    Verder is dit ook nie ’n nuwe verwikkeling dat Sace die saak verder neem nie. Sy het al vroeër met hulle vergader.

    Die CSL verwys in sy verkla-ring na ’n berig op 6 September 2010 in The Star oor ’n onder-wyseres genaamd C. Venter wat “twee leerlinge verbaal aangeval het omdat hulle Xho-sa gepraat het”. Daar moet vol-gens hulle vasgestel word of dit dieselfde Venter is.

    Venter was in 2010 ’n joerna-lis in Port Elizabeth en nie ’n onderwyseres nie.

    Strafregtelike klagte teen Venter is in Augustus in die landdroshof in Wynberg terug-getrek. Venter gee ook weer by die skool klas. Die leerling het die skool verlaat.

    ‘‘My kinders is my lewe en ek is seker ek is ook hulle s’n.

    KLAP-ONNIE:

    ‘Hulle jok op sosiale media’

    Fonda op 81 ‘moeilik’ in en uit vangwaOp 81 staan die veteraan-aktrise en aktivis Jane Fonda steeds sterk vir dit waarin sy glo, al word sy aangekeer en lei polisie-beamptes haar met (plas-tiek)boeie en arms agter haar rug in die openbaar weg.

    Dit was ook nie die eerste keer nie.

    Fonda, geklee in ’n skelrooi jas en met ’n plakkaat in die hand wat lees “No New Fossil Oils” is Vrydag op die trappe van die Kongresgebou in Washington aangekeer toe sy deelgeneem het aan ’n nuwe veldtog bekend as Fire Drill Friday.

    Met dié veldtog gaan ’n groep aktiviste van nou af op Vrydae betoog en fokus op die klimaats-krisis.

    Fonda sê in ’n inskrywing op haar blog hoe sy en ander beto-gers met wit plastiekbande ge-boei is en na ’n nabygeleë poli-siekantoor geneem is.

    “Die plastiekboeie maak seer-der as dié van metaal.

    “En ek het uitgevind dit is nie maklik vir iemand van 81 jaar oud om in en uit die polisie-vangwa te klim as jy nie jou hande kan gebruik nie.

    Sy skryf 16 betogers is aange-keer. Hulle is aangehou, maar die seldeure is nie gesluit nie en hulle het die tyd gebruik om planne te maak vir nog optrede. Daarna het elkeen $50 (net min-der as R740) betaal en toe verder gaan planne maak in ’n koffie-winkel.

    Die organisasie beplan om weer Vrydag te betoog en het ge-vra dat mense meer oor hul doel-wit lees by Firedrillfridays.com.

    ‘Duwweltjie’-monument kry nuwe staanplekDie driepuntige monument wat 50 jaar gelede in Victoriastraat, Stellenbosch, ter ere van inge-nieurswese opgerig is, het nou ’n nuwe tuiste.

    Prof. Wikus van Niekerk, de-kaan van die fakulteit ingenieurs-wese aan die Universiteit Stellen-bosch (US), sê dit is heel gepas dat dié monument in die jaar dat die fakulteit sy 75ste bestaansjaar vier na sy gebouekompleks in Banghoekweg verskuif word.

    Die fakulteit, wat in 1944 gestig is, was van 1946 tot 1969 in die ge-bou van die destydse Stellenbosse Gimnasium (nou die visuele-kunstegebou) in Victoriastraat.

    Die monument is in 1968 deur

    tegniese en siviele ingenieurswese uit, die eerste drie rigtings wat destyds deur die fakulteit aange-bied is. Dit is in die departement siviele ingenieurswese gemaak.

    Van Niekerk verwys skertsend na die monument as “duwweltjie” omdat dit soos ’n reuse-duwwel-tjie lyk.

    Die fakulteit het die beeld se verskuiwing en nuwe ereplek voor die algemene ingenieurs-

    gebou op 9 Oktober gevier.Oor ’n driekwarteeu heen het

    die fakulteit ingenieurswese se akademiese aanbod uitgebrei. Chemiese ingenieurswese en be-dryfsingenieurswese is onderskei-delik in 1969 en 1984 as die vierde en vyfde departemente bygevoeg.

    In 2002 het die departement me-ganiese ingenieurswese ’n tweede graadprogram, megatroniese inge-nieurswese, bekend gestel.

    Van 2020 sal ’n BIng-graad in data-ingenieurswese aangebied word. Saam met die voorgraadse modules en nagraadse programme in datawetenskap sal die nuwe program studente vir die vierde nywerheidsrevolusie toerus.

    finalejaarstudente in die beelden-de kunste as projek ontwerp en beeld werktuigkundige, elektro-

    Prof. Wikus van Niekerk, die dekaan van die fakulteit ingenieurswese (links), en prof. Wim de Villiers, die rektor van die US, by die monument wat verskuif is. Foto: US

    ‘Verhouding’ met onnie: Seuns kry dalk beradingJackie Kruger

    ’n Onderwyseres wat beskuldig word van seksuele wangedrag met leerlinge by die spogskool Bishops Diocesan College in Rondebosch in Kaapstad is deur ’n sielkundige van die skool be-skryf as ’n pligsgetroue en geres-pekteerde leerkrag van wie al-mal gehou het.

    Die skool het vroeër bekend gemaak dat die onderwyseres – wat intussen as Fiona Viotti (30) geïdentifiseer is – onmiddellik bedank het en dat die bewerings ondersoek word.

    Rapport berig die skool het haar bedanking Saterdag in ’n brief aan ouers oorgedra nadat bewerings van die verhoudings met “sommige van ons seuns” aan die lig gekom het.

    Viotti, ’n waterpolo-afrigter wat in 2006 Suid-Afrika se water-polo-span by die Statebondspele verteenwoordig het, het na bewe-ring ’n verhouding met ’n ma-triekseun (18) gehad, berig die Weekend Argus. Die verhouding het blykbaar rugbaar geword toe die seun dit glo wou beëindig.

    Peter Farlam, ’n sielkundige by die skool se Bishops Support Unit, wou nie kommentaar lewer nie omdat hy dalk berading sal moet gee aan seuns wat moont-lik geraak word.

    Hy het wel gesê Viotti was ’n pligsgetroue en gerespekteerde onderwyseres van wie almal ge-hou het. “Berading sal verskaf word aan enige seuns wat moontlik hierdeur geraak word.”

    Adv. William Booth, wie se dienste Viotti intussen bekom

    het, sê by navraag omdat die saak deur die skool ondersoek word, wil hulle nie in dié stadi-um kommentaar lewer op die aangeleentheid nie.

    Viotti is volgens ’n nuusbrief van die skool verlede jaar in September in Plettenbergbaai met Pavo Viotti getroud. Hulle is blykbaar intussen uitmekaar, berig die Sunday Times.

    Volgens dié koerant het Adam Pike, voorsitter van die Old Dio-cesans’ Union, in ’n brief aan le-de oor die kwessie geskryf hulle moenie bespiegel op ’n wyse wat die ondersoek kan benadeel of aanhits nie.

    Kol. Andrè Traut, ’n polisie-woordvoerder, sê by navraag nog geen klagte oor die voorval is by die polisie ingedien nie.

    Dit is onbekend hoe oud die seun was toe die beweerde ver-houding begin het.

    Viotti se oom is die oud-Springbokrugbyafrigter Nick Mallett. Sy is die dogter van Mal-lett se broer, Dave, wat die skool se eerste rugbyspan afrig.

    Fiona en Pavo Viotti. Foto: WWW.BISHOPS.ORG.ZA