maandkrant okt 2015 pdf - wapadrant€¦ · oktober 2015 eers volg, dan verstaan: ... word nie want...

20
1 Maand-Krant OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha (Uit: E-Kerk, My Wêreld Nuusbrief) Die wetenskaplike vra vir die predikant aangaande sy geloof in God: How do you know that you’re not deluding yourself? For me, I need proof.” Die predikant antwoord: Proof…? Hm… Did you love your dad? Your father: did you love him?Sy (wetenskaplike): Yes, very much.” Hy: Prove it.” Die predikant is Palmer Joss, gespeel deur Matthew McConaughey in die rolprent Contact (1997). Die wetenskaplike is Ellie Arroway en word gespeel deur Jodie Foster. Sy is iemand wat niks kan aanvaar wat nie met sintuie waargeneem kan word en empiries bewys kan word nie. Net so eis baie mense vandag van Christene dat ons God, geloof of die waarheid van die Bybel moet kan “bewys”. Kom ek val sommer met die deur in die huis. Het jy geweet die hoogste en belangrikste waardes in die heelal kan nie bewys word nie? Hoe belangriker ‘n waarde, hoe minder kan dit bewys word. In elk geval nie deur die wetenskaplike metode van observasie nie. Ons kan nie bewys dat liefde ‘n belangrike morele waarde behoort te wees nie. Ons kan bewys dat baie mense dink dis belangrik. Maar bewys dat dit so móét wees? Nie sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, godsdienstiges of nie- gelowiges) dat ons dit as ‘n fundamentele waarde behoort te ag. Ons kan nie eers bewys dat liefde bestaan as ‘n emosie nie. Dis waarom Ellie Arroway in Contact nie kon bewys dat sy haar pa liefgehad het nie, alhoewel niemand enige rede sou kon hê om dit te bevraagteken nie. Dit was Nietzsche se hele punt: alle goeie dade wat ons vandag kan interpreteer as liefde was volgens hom maar net magspel. Ek maak vir my vrou die deur oop, koop blomme, was die skottelgoed bloot omdat dit lewe vir my makliker maak en sal maak dat sy vir my gee wat ek wil hê. Ons kan dus bewys dat mense bewéér hulle leef in liefde, maar bewys dat dit bestaan? Dis nie so eenvoudig nie. Tog aanvaar ons almal die bestaan van liefde. Ons kan nie belangrike morele waardes bewys nie. Ons kan byvoorbeeld nie bewys dat dít wat die Nazis aan die Jode gedoen het tydens die tweede wêreldoorlog, verkeerd was nie. Tog aanvaar meeste van ons dat dit gruwelike wandade was. So belangrik soos wat die wetenskap is kan die wetenskap homself nie eers bewys nie! Wanneer ‘n wetenskaplike byvoorbeeld deur die mikroskoop kyk word die lig-impulse deur sy oë gestuur na sy brein wat die impulse moet interpreteer. Ons het geen manier om wetenskaplik te “bewys” dat hierdie

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

1

Maand-Krant

OKTOBER 2015

EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

(Uit: E-Kerk, My Wêreld Nuusbrief) Die wetenskaplike vra vir die predikant aangaande sy geloof in God: “How do you know that you’re not deluding

yourself? For me, I need proof.” Die predikant antwoord: “Proof…? Hm… Did you love your dad? Your

father: did you love him?” Sy (wetenskaplike): “Yes, very much.” Hy: “Prove it.” Die predikant is Palmer Joss, gespeel deur Matthew McConaughey in die rolprent Contact (1997). Die wetenskaplike is Ellie Arroway en word gespeel deur Jodie Foster. Sy is iemand wat niks kan aanvaar wat nie met sintuie waargeneem kan word en empiries bewys kan word nie. Net so eis baie mense vandag van Christene dat ons God, geloof of die waarheid van die Bybel moet kan “bewys”. Kom ek val sommer met die deur in die huis. Het jy geweet die hoogste en belangrikste waardes in die heelal kan nie bewys word nie? Hoe belangriker ‘n waarde, hoe minder kan dit bewys word. In elk geval nie deur die wetenskaplike metode van observasie nie. Ons kan nie bewys dat liefde ‘n belangrike morele waarde behoort te wees nie. Ons kan bewys dat baie mense dink dis belangrik. Maar bewys dat dit so móét wees? Nie

sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, godsdienstiges of nie-gelowiges) dat ons dit as ‘n fundamentele waarde behoort te ag. Ons kan nie eers bewys dat liefde bestaan as ‘n emosie nie. Dis waarom Ellie Arroway in Contact nie kon bewys dat sy haar pa liefgehad het nie, alhoewel niemand enige rede sou kon hê om dit te bevraagteken nie. Dit was Nietzsche se hele punt: alle goeie dade wat ons vandag kan interpreteer as liefde was volgens hom maar net magspel. Ek maak vir my vrou die deur oop, koop blomme, was die skottelgoed bloot omdat dit lewe vir my makliker maak en sal maak dat sy vir my gee wat ek wil hê. Ons kan dus bewys dat mense bewéér hulle leef in liefde, maar bewys dat dit bestaan? Dis nie so eenvoudig nie. Tog aanvaar ons almal die bestaan van liefde. Ons kan nie belangrike morele waardes bewys nie. Ons kan byvoorbeeld nie bewys dat dít wat die Nazis aan die Jode gedoen het tydens die tweede wêreldoorlog, verkeerd was nie. Tog aanvaar meeste van ons dat dit gruwelike wandade was. So belangrik soos wat die wetenskap is kan die wetenskap homself nie eers bewys nie! Wanneer ‘n wetenskaplike byvoorbeeld deur die mikroskoop kyk word die lig-impulse deur sy oë gestuur na sy brein wat die impulse moet interpreteer. Ons het geen manier om wetenskaplik te “bewys” dat hierdie

Page 2: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

2

waarnemings en interpretasies van ons as mense deur middel van ons brein en bewussyn korrek is nie. Tog aanvaar meeste van ons dat die realiteit geken kan word en dat ons die wêreld om ons getrou kan waar-neem met ons sintuie. Dit word egter in “geloof” aanvaar want presiese sekerheid kan ons nie gee nie, selfs nie eers die wetenskap nie. So ook met God en geloof. God kan nie bewys word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld waarneem binne tyd en ruimte. Ons kan egter God se vingerafdrukke in die natuur en wêreld raaksien en deur middel van gesonde argumentasie en denke sekere afleidings oor God maak. Dit kan ons weer lei tot redelike waarskynlikheid aangaande dit wat ons glo (en diep denke aangaande God is uiters noodsaaklik vir ons geloof!). Maar bewys? Nie sommer nie. Mense wat dus vir klinkklare “objektiewe” antwoorde soek moet maar weer dink. In Jesus se tyd het mense ook “objektiewe bewyse” gesoek deur te vra vir wonders en tekens. Eers tekens, dán sal hulle glo. Nie so met Jesus nie. Hy sê vir die Jode by die huttefees: “As iemand gewillig is om die wil van God te

doen, sal hy weet of hierdie leer van God af

kom” – Johannes 7: 17. Jesus sê dat sekerhede oor Hom juis die teenoorgestelde kant om werk: Éérs volg, éérs gehoorsaam wees, dán sal jy die waarheid sien, sien dat Jesus die waarheid is. Dis duidelik regdeur die evangelies. Toe elkeen van die dissipels hulle vriendskap met Jesus begin het was geen een van hulle seker oor Jesus nie. Dit was die stap op die pad sáám met Hom wat hulle later oortuig het. Aan die einde van die fliek Contact beleef Ellie Arroway hoe geestelike waarhede werk. As wetenskaplike wou sy nog altyd eers die feite

kry en dan ‘n opinie vorm. Sy beleef egter toe ‘n baie persoonlike geestelike avontuur wat sy nie kon bewys of verduidelik aan enige iemand anders nie, maar wat haar vir altyd verander het. Terwyl sy deur ‘n baie emosionele sessie moes gaan waar sy onder kruisverhoor staan deur haar mede-wetenskaplikes, kan sy geen enkele bewys van haar ervaring op die tafel plaas nie. Sy probeer verduidelik met die volgende woorde: “I had an experience that I can’t prove… I

can’t explain it but everything that I know as a

human being tells me that it was real. I was

given something wonderful, something that

changed me forever… a vision of the universe

that tells us undeniably how tiny and

insignificant and how rare and precious we all

are… a vision that tells us that we are part of

something that is bigger than ourselves, that

we’re not… that none of us are alone. I wish I

could share that. I wish that everyone could

even for one moment feel that awe and

humility and hope but… that continues to be

my wish.” Sy beleef ‘n diep geestelike ervaring van onuitspreeklike skoonheid en sy kan dit nie bewys nie. Haar gewilligheid om deel te neem aan die ervaring het egter aan haar die mees waardevolle en fundamentele geestelike kennis besorg: Daar’s ‘n groter Realiteit wat die wêreld en alles in die wêreld bymekaar hou en dit kan nie bewys word nie, nie deur die wetenskap nie. Jy moet, soos sy, eers die ervaring betree, dit binnegaan en dit leef, dán kom die begrip. Die dieper waarhede van die lewe kan nie bewys word nie. Dit kan net beleef word. Dis waarom Jesus ons uitnooi met die woorde “Volg My”. “Volg My en kom beleef dat Ek die waarheid is.” En wanneer ons Hom volg mag ons agterkom “how tiny and insignificant and how rare and

precious we all are… that we are part of

something that is bigger than ourselves, that

we’re not… that none of us are alone…”

Page 3: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

3

KOEKVERKOPING Ons kleingroep hou eenkeer per maand ‘n koekverkoping op ‘n Sondag tussen die

twee oggend-eredienste. Die fondse wat ons insamel word vir uitreikprojekte

gebruik. Die volgende verkoping word beplan vir 25 Oktober ná die eerste

oggenddiens. Dit vind plaas in die saal. Enige skenkings van gebak sal baie

waardeer word. Bring >asb ook geld saam om van die gebak te koop en kom

ondersteun ons! Vir meer inligting kontak Kobie de Ronde by 079 510 5482.

Kleingroep G028

##########

BESOEKE AAN DIE PAUL JUNGNICKELTEHUIS (PJN) Prof Amie van Wyk Dit is Donderdagmiddag 17:00. Rondom my sit ‘n groepie inwoners, talle in rystoele. Hulle is verstandelik en/of liggaamlik gestrem. Sommige se hande is erg misvorm, ander se bene en voete, nog ander se liggame. Sommige praat moeilik en byna onverstaanbaar. Hulle is altyd buitengewoon vriendelik en blymoedig en as ek vra hoe dit gaan, kom die antwoord spontaan: “Baie goed, dankie, dominee.” “En woon julle lekker?” “Ja, dominee.” “Is die kos lekker?” “Ja, dominee.” “En is die versorging goed?” “Ja, dominee.”

Sedert 17 Februarie 2013 lê ek elke twee weke by hulle ‘n besoek af en dan bring ek ‘n kort boodskap uit die Bybel. Soms vra ek een van hulle om ‘n gebed te doen en soms sing ons ‘n lied saam. Die woorde kom soms stotterend, maar die Here luister na elke gebed en elke lied, dit weet ons. Aan die begin het ons groepie uit tien-plus bestaan en vanjaar was ons al by geleentheid 33 saam.

Hier verdwyn alle teologiese probleme, of anders gestel: verkry dit ‘n diepte wat ‘n teoloog laat steier. Ek besluit om vanjaar die wonderwerke van Jesus te behandel, en iemand vra: “Dominee, as Jesus soveel mense van hulle kwale kon genees het, waarom genees Hy dan nie ons ook nie?”

Jy tas na antwoorde. Jy wys daarop dat die groot Geneesheer ons van die grootste wonde, naamlik die sonde, genees. Ook daarop dat Christus nie alle siekes van sy tyd genees het nie. Verder dat Paulus drie maal gebid het dat die Here die doring in sy vlees moet wegneem maar moes hoor: My genade is vir jou genoeg. Jy wys op die beroemde woorde van Jesaja: dié wat op die Here wag, kry nuwe krag. Die Here gee dikwels nie krag vóór die swaar tyd nie, maar ín die swaar tyd. En dan uiteindelik: in die Groot Toekoms sal daar geen wonde of siekte of gebreke meer wees nie. En jy wonder: is só ‘n antwoord troosryk genoeg vir ‘n gemoed vol vrae en ‘n liggaam vol pyn?

Die begripsvermoë van die meeste is verswak en die evangelie moet in sy eenvoud gebring word. Hulle ken dit, dit staan in Johannes 3:16, hulle omhels dit van harte.

In bostaande uiteensetting word verwys na die inwoners van Paul Jungnickeltehuis in die ooste van Pretoria. Die tehuis is vernoem na die gestremde seun Paul van dr en mev Arrie Jungnickel. Die deure van die tehuis is in Mei 1983 geopen. Aanvanklik is behuising aan 42 volwasse persone verskaf, maar vanweë eenwording met ‘n ander tehuis word uiteindelik 139 gestremdes versorg.

Tans word die tehuis deur die (nie-winsgewende) Kungwini Welsynsorganisasie beheer en van die volgende items voorsien: basiese mediese versorging; voedselsekuriteit; washuisdienste; beskermde werkswinkel; terapeutiese programme; sosialiseringsprogramme; religieuse programme en maatskaplike werkdienste.

Page 4: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

4

Benewens die tehuis word ook talle ander welsyns- en opheffingsprogramme in die omgewing onderneem. Aan die hoof van PJN staan Thea de Bruyn, ‘n lidmaat van die Gereformeerde Kerk Wapadrant.

Elke keer voordat ek by die tehuis gaan besoek aflê, stuur ek ‘n sms aan Neels Schutte (links op die foto), wat as kontakpersoon optree en die ander laat weet dat die dominee op pad is. Vanjaar het een van die inwoners, Fourie Snyders, belydenis van die geloof in Wapadrantgemeente afgelê. Dit was aandoenlike oomblikke.

Webblad: www.kwo.org.za of e-pos: [email protected]

>>>>>>>>>>>

BRIEF AAN AL DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SA

Uit verskeie oorde het dit onder die aandag van die Kuratore gekom dat daar talle lidmate is wat teologie wil studeer en hulle vir die bediening wil bekwaam, maar wat deur omstandighede daarvan weerhou word om by die Teologiese Skool in Potchefstroom vir studie aan te meld. Van die redes wat genoem word, is gebrek aan fondse, 'n vaste beroep wat hulle nie vir die duur van die studietyd kan prysgee nie, of 'n ontoereikende matriekkwalifikasie.

Daarom bring die Kuratore die volgende onder die aandag van die kerke:

(1) Opleiding by die Teologiese Skool in Potchefstroom (TSP) is inderdaad die beste weg vir voornemende predikante om vir die bediening in die GKSA toegerus te word.

(2) Met goedkeuring van die Sinode is daar egter 'n weg geskep waarlangs die eerste vier jaar van predikantsopleiding van die TSP beskikbaar gestel word vir kandidate wat nie na Potchefstroom kan kom nie of wat nie die studie kan bekostig nie. Dit is naamlik deur die proses van afstandsonderrigleer (OAL) vanaf die TSP en die NWU, wat deur inisiatiewe van die maatskappy Docenda aan studente buite Potchefstroom beskikbaar gestel word.

(3) Voornemende kandidate wat daarin belangstel om hulle opleiding of deel daarvan langs hierdie weg te ondergaan, word versoek om by die Kuratore van die TSP die nodige aansoek te doen. Aansoekers word gevra om daarmee saam 'n duidelike motivering aan te heg waarom die studie nie in Potchefstroom kan plaasvind nie. Vir meer inligting en aansoekprosedure word belangstellendes versoek om te skakel met die Registrateur TSP, tel. 018 285 2351, of by die volgende e-posadres: [email protected].

(4) Voornemende kandidate wat oor 'n matriekkwalifikasie met vrystelling beskik, maar nie ʼn APS-telling van minstens 24 het nie, en dus nie toelating tot BTh kan kry nie, kan by die NWU aansoek doen om Uniprep, ʼn oorbruggingsjaar, te voltooi ten einde toelating tot BTh te kry. Uniprep is ʼn afstandprogram.

U broeder in Christus,

Prof GJC Jordaan

REKTOR TSP (Namens Kuratore)

Posbus 20004 Noordbrug 2522 Tel (018)299 1846

Faks(O86)772 0519 [email protected]

Page 5: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

5

Broeders en susters in die Here

Ek neem die vrymoedigheid om namens die deputate vir ekumeniese sake die verslegtende toestand van ons medegelowiges in Suid-Soedan onder u aandag te bring. Die burgeroorlog daar stuur op ʼn groter-wordende ramp af wat derduisende mense haweloos en sonder kos laat.

Ek het van ds. Patrick Jok van die Sudanese Reformed Churches, met wie ons ekumeni ese eenheid het, die volgende verneem: “The humanitarian situation of our members as well as of the country is growing bad. We have been hoping that peace would come, but the indicators are showing the opposite. We nee d your prayers.”

Baie van die lidmate woon tans onder haglike omstandighede in VN-vlugtelingkampe. Die finansiële hulp wat ons verlede jaar kon verleen, het ʼn verskil gemaak, maar is lankal uitgeput. Ons vra vir u ernstige voorbidding! Malan van Rhyn (VDM)

<<<<<<< Kruis- Kultuur Nuus

Met elke nuwe groen blaar speel die lente se orkes toenemend driftig die melodie van ‘n nuwe lewende groeiseisoen. Al meer bome vee slaap uit die oë en gaan koop nuwe klere vir die jaar wat kom. Daar is baie kleure om van te kies maar die bome kies altyd groen, of jy nou ‘n dik boom is met maer takke, of ‘n lang maer boom met krom wortels, groen bly die populere keuse! Vet stamme, maer stamme, kort stamme, lang stamme almal lyk en voel ewe pronkerig in lente groen. Mens hoor nooit ‘n histeriese boom uitroep: hier-die groen gaan nie by my pas nie want ek het dié winter te veel bas aangesit! Nee, die lente se mooi sit nie in die hoogte van die boom of die buiging van die tak nie maar in die glans van ‘n juigende nuwe lewe wat gedra word met innerlike blydskap. Die lente se groen is ‘n ander soort groen as die diepgroen van ‘n selfversekerde somerblaar, dis ‘n ligte groen, ‘n nuwe groen, ‘n bly-wees groen asof daar ‘n gloeilamp in elke blaar aangeskakel is. Dis ‘n boom wat sê: ek het hoop vir die nuwe jaar.

Dalk kan ons ‘n ding of twee by die Here se skepping leer, miskien moet ons nie ons geluk soek in hoe ons lyk of waar ons geplant

is nie, maar in die nuwe lewe wat God deur ons laat vloei. Ook ons is lote aan ‘n Wingerdstok wat lewenssap nie uit ons omstandighede put nie maar drink uit die oorvol Bron waaruit ons groei. Dalk word party bome so oud omdat hulle nie al hul ou

blare saamdra nie maar elke jaar die oud afgooi en nuut aantrek vir die nuwe

geleentheid wat die Vader gee. Dalk kan hulle so uitbundig groen wees omdat hulle nie die ou blare laat saam partytjie hou nie! Miskien is daar ook ou blare, seer blare en kwaad blare wat ons moet afskud sodat dit wat nuut en hoopvol is, deur God in ons gegroei kan word. Soms moet ons ook sing: dis heerlike lente die winter is verby!

Ons eer die Here vir dit wat Hy hier by ons en ook in elkeen van julle se lewe laat gebeur.

1. Skool: Ons het pas besoek gehad van die mense wat die curriculum van ons skool ontwikkel het. Soos julle weet is dit ‘n curriculum wat spesiaal ontwerp is vir kinders wat uit landelike omgewings kom. Hierdie kursus word in Engels aangebied deur ons onderwysers om te verseker dat die kinders toegang sal hê tot beter geleenthede as wanneer hulle slegs Sotho magtig is. Hulle het ons kinders getoets en bevind dat ons kinders se lees en wiskunde vaardighede

Page 6: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

6

heeltemal op standaard is. Daar is bevind dat ons gr. 1 kinders se leesvaardighede op dieselfde standaard is as eerstetaal leerders. Mens moet in ag neem dat die kinders eintlik Sotho sprekers is en tog is hulle vaardighde op dieselfde standaard as kinders wat Engels as huistaal het! Ons is dankbaar vir die goeie werk wat by die skool gedoen word.

Ons eer die Here ook vir die geloofs-ontwikkeling wat by die kinders plaasvind deur die werking van die Gees. Die kinders bid met oortuiging en daar het al verskeie wonderlike dinge plaasgevind as gevolg van hierdie kinders se gebede!

2. Naskoolse opleiding: Ons is tans by twee skole in Meqheleng besig met die opvoeding van kinders wat sukkel om akademies te vorder. Ons eer die Here vir die vordering wat hier gemaak word. Ons gebruik dieselfde curriculum as by ons plaasskool en die kinders vorder goed. Ons het ook pas ‘n week opleiding aangebied vir al ons hulponderwysers wat ons gebruik om hierdie naskoolse hulp aan kinders te verskaf. Ons het ook hulponderwysers van Clocolan opgelei wat reeds begin het met ‘n skool vir kinders wat nie toegang tot staat-skole het nie.

Ons dank die Here dat Hy vir ons so ‘n geleentheid gee om kinders se lewens te impakteer met die wonder van Sy Koninkryk.

Ons sal graag nog hulponderwysers wil oplei om die groot nood in die omgewing aan te spreek. Ons dink waarlik dat hierdie ‘n praktiese manier is om nog kinders op ander plekke te bereik.

3. Ekonomiese ontwikkeling: Soos julle weet kyk ons ook na maniere om ons gemeenskap te help om ekonomies vooruitgang te maak. Dis ‘n Koninkryks- beginsel dat mense goeie rentmeesters moet wees en dis belangrik vir ons land dat mense maniere moet vind om te kan voortbestaan. Ons het reeds verskeie gesprekke gehad met persone wat ons geïdentifiseer het om hierdie

projek te loods in Meqheleng in Ficksburg en Clocolan. Ons is tans besig om sisteme in plek te kry om die finansies en logistiek te bestuur. Die idee is steeds om varsprodukte wat ons op die plaas produseer soos meel, vleis, melk en eiers aan klein besighede te voorsien teen ‘n lae prys sodat hulle dit kan bemark in hul omgewing teen ‘n billike prys tot voordeel van die gemeenskap.

Hierdie is ook ‘n dissipleskap geleentheid om mense op te lei in die beginsels van die koninkryk.

Ons sal graag “shipping containers” wil gebruik om hierdie klein besighede op verskillende plekke te begin. Dit sal wonderlik wees as ons hulp kan kry in die verkryging van hierdie “shipping containers”.

4. Hulp: Dankie vir almal wat reeds so wonderlik betrokke is. Ek neem daarom ook verder vrymoedigheid deur te vra vir hulp: 1. Ons moet ‘n nuwe onderwyser aanstel by

ons skool vir volgende jaar, hierdie salaris beloop R8000 per maand.

2. Ons sal graag nog hulponderwysers wil oplei om ander skole te bedien, tans betaal ons hulle R1000 per maand.

3. Soos reeds genoem sal ons graag “shipping containers” wil gebruik vir die begin van klein besighede in die Ficksburg en Clocolan omgewings tot opheffing van die ekonomiese omstandighede van mense in daardie gebiede.

5. Slot Ons dank die Here vir wat Hy doen, dit is Sy Koninkryk en Hy voorsien vir groot en klein, mag elkeen van julle ook Sy wonderlike teenwoordigheid ervaar! Mag elkeen van ons besef dat die Here ons gebruik waar ons is tot sigbaarmaking van Sy koninkryk. Mag ons nuwe lentebome wees reg vir die nuwe seisoen! Geniet die Here! Groete Petrus (Sloet) Grové

Page 7: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

7

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE

Jaar tot datum (8 maande) beloop die netto surplus R124 750.

HOE WORD DIE FONDSE AANGEWEND: (Deel 6) Hiermee wil die Finansiesdiensgroep die lidmate stelselmatig in die opvolgende Maand-Krante inlig oor die aanwending van al die fondse, met die doel tot meer deursigtigheid en begrip. Hierdie keer staan ons stil by die UITREIK DIENSGROEP-begrotingspos, waar daar opsommend vir die volgende begroot word. nl:

� Personeel – Hier is 1 deeltydse personeellid betrokke, om toe te sien dat die betrokke bediening se werksaamhede koördineer en administreer word. (Dit beloop 17 % van die betrokke pos en 1.1 % van die totale begroting.)

� Befondsing van die amptelike uitreik-aksies - Vir die aanwending om die gemeente se amptelike uitreik-inisiatiewe en dus ook die 3 nie-winsgewende organisasies (NPO) van die gemeente, finansieel te ondersteun. (Dit beloop 70% van die betrokke pos en 4.4% van die totale begroting.)

� Ander kostes - Vir die aanwending van: Bemarking, kursusse en ander byeenkomste/funksies, administratiewe kostes, ens. (Dit beloop 13 % van die betrokke pos en 0.8 % van die totale begroting.)

**********************************************************

Verdeling: Verloop van die beriggewing (reeds gepubliseer, tans en vir die toekoms)

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

Kerkkas Kerkkantoor Terrein en Geboue

Diakonie Eredienste Uitreik Pastoraal Gesin en Jeug

Kleingroepe Bedienaars Kapitaal

********************************************************** “Vir ‘n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op Vrywillige finansiële Skenkings / Donasies / Dankoffers / Liefdegawes / Bydraes. Ons bankbesonderhede vir hierdie doel: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. (BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing). Anonieme bydraes ook welkom. Vir meer gereelde bydraes kan ‘n debietorder gereël word by die kerkkantoor by: 012 991-1395 / [email protected]

Page 8: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

8

GKSA-ALMANAK 2016 Bestelling vir die GKSA-Almanak 2016 kan nou soos volg geplaas word: Skryf jou naam, van, kontak-nommer en aantal eksemplare wat jy wil hê, op ‘n koevert, en plaas die kontant (R70 per eksemplaar) in die koevert. Plaas die koevert in die bydraekassie of gee af by die kerkkantoor gedurende die week. Bestellings sluit 25 Okt 2015.

^^^^^^^^^

********

U word hartlik uitgenooi, my broeder en suster, om met u lofstem tot eer van die HERE, ons Verbondsgod, te kom deel wees van ʼn Psalmfees tot die eer van Sy Naam as voortsetting van die herdenking van die hervorming. Ons gaan fokus op die Totius-berymings. Plek: Gereformeerde Kerk Akasia Datum: Sondag 1 November 2015 Tyd: 14:00 Navrae: Willie 084 548 5429

Page 9: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

9

T T CLOETE-VIERING IN ONS KERKGEBOU: ‘n Interessante, leersame oggend! Wanneer: Dinsdag 27 Oktober Tyd: 09:00–10:00 (in die tydgleuf van die Senior-Bybelstudiegroep) Kom deel ‘n paar gedagtes met Annatjie Strydom oor die lewe en werk van TT Cloete Bring u digbundels saam en laat die digkuns u inspireer. Van Cloete, ‘n gedig wat spreek van sy verwondering oor die natuur en oor God wat skep

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die môremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur ‘n digter gemaak

^^^^^^^^^^

Gedig na aanleiding van die depressie waardeur ekse lf is My Getsemane En dan – op ‘n dag My God, my God Sien ek die lig Waarom het U my verlaat? Gaan op ‘n skrefie oop My in ‘n gat Ek’t weer u guns gewen! So diep en donker ingedompel?

Die deksel, swart soos roet Nou jubel ek Het U opgesit En sing van vreugd My alleen gelos U’t my weer raakgesien Om self te sien kom klaar En aan u hart gedruk!

Waarom bly U so ver van my My God, my God Laat my alleen in my ellende? Hoe groot is u genade Ek roep en roep, maar tevergeefs Oor ‘n enkel sterweling U oor is van my weggedraai. So klein, so dom, so nietig!

My dag is swart, my nag pikswart In u groot heelal! Hoe moet ek maak Bets Schutte Om weer die lig te sien En in u guns te kom?

Page 10: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

10

Die eendagwerkswinkel vind plaas op 7 November

*********

El Shalem Fondsinsameling El Shalem Fondsinsameling El Shalem Fondsinsameling El Shalem Fondsinsameling

Optrede deur:

Mathys Roets

Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, h/v Alethea- en Basden-laan, Centurion Wanneer: Saterdag, 7 November 2015 om 11:00 Kostes: R 80 p/p. Navrae: Minnette de Beer Selnommer: 0834693637

Page 11: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

11

Page 12: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

12

TOTSIENS Die tyd het aangebreek dat ons uit die gemeente na Modimolle (Nylstroom) vertrek. Dit is nie moontlik om aan elkeen persoonlik totsiens te sê ni e, dus doen ons dit langs hierdie weg. GK Wapadrant was die afgelope 15 jaar ons geestelike t uiste waar ons ons dissipelskap kon uitleef en in die geloof kon groei. Baie dankie aan al die broeders en susters wat deel van ons lewe kon wees en vir die liefde en geloofsonder steuning wat ons ontvang het, veral van ons kleingroep (KG 030). Mag julle almal elke dag die groot genade en liefde van die Here ervaar en met vreugde jul christenskap uitleef. Gr oete, Geurt en Marthella van Dijk.

>>>>>>>>

AFRI-DUET FEES

Datum: 23 Oktober 2015 in die ZK Matthews Teater – Unisa.

Kunstenaars is Willie & Natasha Joubert, Jannie Moolman & Corlea Botha, Henry van Dyk & Helena

Ceronio, Louis Loock & Zanne Stapelberg. Bespreek by [email protected]. Sien meer

besonderhede op kennisgewingbord in die saal.

***************

BEROEPE ONTVANG 1. Dr AJ (Albert) Coetsee van Uitschot na Bloempark 2. Ds D Kotzee (Dirk) van Gobabis na Pretoria Alkantrant BEROEPE AANVAAR Ds OL Moncho [Oageng] van Itsoseng Bokone na Ikageng. BEROEPE BEDANK 1. Ds RA Bain (Ronald) van Potchefstroom Cachet na Pretoria Alkantrant. 2. Dr AJ (Albert) Coetzee van Uitschot na Bloempark.

>>>>>>>>>

Attestate ontvang: Geref Cullinan: Catharina Magaretha Maree en Jan Christoffel Erasmus Maree (seun); Greenfields 1 Geref Groblersdal: Erasmus Johannes Smit; Plot 110, Bashewa Geref Rietvallei: Gerhardus Johannes Cornelis, Cornelia Jansen van Rensburg en dooplidmate Susanna Maria, Ilouise en Gerli; Tuinplaasstraat 659 Attestate na: Geref Centurion: Johann & Anna Catharina Nöthling Geref Pietersburg-Suid: Adriaan Johan & Barbara Bianca Nel met dooplidmaat Driaan Geref Klerksdorp-Noord: Eljana Goosen Geref Lyttelton: Cornelius Alwyn & Alida Jansen Geref Lyttelton: Pieter Gert Lodewyk & Jacobus Lourens Carolus van der Walt Geref Nylstroom: Geurt & Marthella van Dijk Bewys van lidmaatskap aangevra: Johan Paul Gerard & Pauline Lentz Gerhard & Anna Johanna Coetzee Elizabeth Wilhelmina Prinsloo Johannes Gerhardus Stephanus & Nicolene Elmarie Minnaar en dooplidmaat Hugo Judith Maryna Adriana Sophia May Pieter Adriaan Goosen Karin Crous Jurgens Jacobus & Reynet Doman

Page 13: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

13

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 / [email protected] PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 5-11 OKTOBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 12-18 OKTOBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 19-25 OKTOBER Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 26 OKTOBER – 1 NOVEMBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 2-8 NOVEMBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 9-15 NOVEMBER Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Mariaan vd Walt: 083 2398 913; KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869 Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 5-11 OKTOBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) 12-18 OKTOBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 19-25 OKTOBER Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 26 OKTOBER – 1 NOVEMBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) 2-8 NOVEMBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 9-15 NOVEMBER Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593

Page 14: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

14

ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGéNE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, M EDFORUM, ZUID-AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MUELMED-, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARAN DA, UROLOGIE André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant-gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Vorster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545

@@@@@@@ VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR OKTOBER 2015

Noemnaam Van Verjaar Landlyn

Pieter Prinsloo 10/01 346-2021

Louis Holtzhausen 10/02

FJ Lessing 10/02 361-6888

Elandri Pet 10/02

Cassie Roodt 10/02

Dirk Van Rooy 10/02

Annemijn Vink 10/02

Bernadet De Wet 10/03

André Knoetze 10/03 992-5699

Tristan Kotzé 10/03

Mieke Lombard 10/03 348-9033

Shane Moore 10/03 993-1513

Neville Rabie 10/03

Goodson Mchenga 10/04

Kobus Mostert 10/04 361-7498

Frans Stapelberg 10/04

Burger Venter 10/04 996-1777

Emil Bekker 10/05

Eduard De Muelenaere 10/05 365-2656

André Groenewald 10/05 807-4614

Meykayla Kloppers 10/05

Suzanne Boshoff 10/06

Adél Botha 10/06 991-3528

Hélen Coetzee 10/06

Valerie Cornberg 10/06 736-2796

Page 15: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

15

Elida Du Toit 10/06

Cornél Esterhuizen 10/06 991-6377

Zani Malan 10/06

Anjenel Van Der Walt 10/06 811-5129

Suzanne Van der Walt 10/06

Cobus De Jager 10/07

Renzo Derksen 10/07

Alida Jooste 10/07

Carla Kruger 10/07

Amanda Nel 10/07 807-4571

Louise Smuts 10/07 998-0259

Ida Van Tonder 10/07 991-0208

Vincent Vlok 10/07 997-6834

Marentia Jordaan 10/08

Corrie Kleynhans 10/08 991-3144

Anje Kruger 10/08

Johan Prinsloo 10/08

Ockie Scholtz 10/08

Lucas Weideman 10/08 998-7440

Ria Booyens 10/09

Lou Coetzer 10/09 991-1241

Christo Erasmus 10/09

Mariaan Blattes 10/10 993 3649

Ravonne J van Vuuren 10/10 991-0540

Martin Rautenbach 10/10

Reinhard Schlenther 10/10

Fern Smook 10/10

Ewald Vorster 10/10 993-1850

Suritha Aucamp 10/11 348-7581

Jef Brugmans 10/11

Fransie De Villiers 10/11

Roy Geyser 10/11

Ester Oberholster 10/11

Martina Schoen 10/11 809-0421

Jacques J van Vuuren 10/12

Jaco Lursen 10/12 993-1013

Kevin Markram 10/12

Karla Meyer 10/12 807-7587

Ruben Muller 10/12 993-2816

Leona Venter 10/12 991-7636

Renctia Wessels 10/12 993-2672

Anton Ferreira 10/13

Gerrie Nel 10/13 807-4571

Wicus Olivier 10/13 998-9138

Pieter Peach 10/13

Petro V Wyk de Vries 10/13 993-1915

Geo Basson 10/14

Annelize Du Plessis 10/14

Charmaine Trollip 10/14 347-1310

Hendrik Kloppers 10/15 993-3663

Burgher Pienaar 10/15

Page 16: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

16

Rudolf Steenkamp 10/15

Sorein Van Vollenhoven 10/15 997-2085

Ammie Van Wyk 10/15 997-1725

Frans Kruger 10/16

Saartjie Kuyper 10/16 807-3760

Amelia Pretorius 10/16

Charné Ries 10/16

Cassie Schutte 10/16 804-7885

Péru Van Niekerk 10/16

Tom Vosloo 10/16

Johann Badenhorst 10/17

Yvonne Labuschagne 10/17

Tonnie Van der Laan 10/17

Barry Griesel 10/18

Martin Heystek 10/18

Estiaan Lubbe 10/18

Dillian Pienaar 10/18

Hettie Van Niekerk 10/18 997-3732

Koos Van Rooy 10/18 991-8524

Andries Van Wyk 10/18 345-1613

Trudie Watkinson 10/18

Marietjie Badenhorst 10/19 991-0990

Kobus Coetzer 10/19 809-0882

Nadia Labuschagne 10/19

Carien Louwrens 10/19

Nadia Van Rooyen 10/19 991-6161

Niel Erasmus 10/20

Martin Kruger 10/20 996-0296

Dirk Postma 10/20

Werner Roos 10/20

Sarie Aucamp 10/21 991-6377

Nic Bester 10/21 993-3307

Annette Leijenaar 10/21

Annalize Olivier 10/21 811-5024

Jan Hendrik Schutte 10/21 348-8584

Niehla Weideman 10/21

Therese Bron 10/22

Callie Coetzee 10/22 365-3470

Maritza Coetzee 10/22

Elle McKenna 10/22

Aart Van Dijk 10/22

Theuns Van Heerden 10/22

Herman Erasmus 10/23 998-7160

Pieter Goosen 10/23

Sonia Helberg 10/23 991-4062

Willie Kuperus 10/23 991-3984

Wikus Roos 10/23 993 5657

Zandré Stapelberg 10/23

Johann Steenkamp 10/23

Andries Visser 10/23

Derrick Bartie 10/24

Page 17: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

17

Frans Cloete 10/24 996-1442

Danie Crous 10/24

Rigter Jansen 10/24

Almi Lamey 10/24 804-6889

Johan Badenhorst 10/25

Liezl De Beer 10/25

Hanlie Lombard 10/25

Handru Stapelberg 10/25

Kylie Swanepoel 10/25

Marisa Van Niekerk 10/25

Robert Whitehead 10/25 993-1057

Chantal Coetzer 10/26

Faan Crous 10/26 361-7248

Zandelee Esterhuizen 10/26 991-6377

Luna Gravett 10/26

Stephan Labuschagne 10/26

Letty Maglangu 10/26

Reinart Moraal 10/26

Geertje Slump 10/26 807-6120

Marlies Viljoen 10/26 998-2665

Wynand Badenhorst 10/27

Gideo Basson 10/27

Anna-Marie Brummer 10/27 996-0337

Richard Cornberg 10/27 736-2796

Johan De Klerk 10/27 347-0026

Flip De Witt 10/27

Henk Fourie 10/27 991-3631

Nanette Hennop 10/27

Anzelle Heystek 10/27

Crizaan Naudé 10/27

Arné Strydom 10/27 991-3404

Charl Van Der Walt 10/27 809-0794

Marlie Van der Zwaard 10/27 662-0714

Lourensa Botha 10/28

Lana De Kock 10/28

Basie Jansen 10/28 998-3975

Marguerite Lamey 10/28 804-6889

Ella-Marie Leuschner 10/28 348-7242

Alida Nigrini 10/28 347-7681

Lena Van Der Walt 10/28 751-1799

Louis Van Heerden 10/28

Morné Van Tonder 10/28

Maritha Vorster 10/28

Rinie White 10/28

Matty Coetzee 10/29

Tjaart Conradie 10/29

Jan De Beer 10/29

Fanie Du Plessis 10/30

Wessel Du Plessis 10/30

Anton Kooi 10/30 998-5577

Lismari Van Der Walt 10/30 809-2625

Page 18: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

18

Amelia Van Zyl 10/30

Hester Veltkamp 10/30 998-9237

Simon Venter 10/30

Andries Visser 10/30 993-1389

Hernus De Vries 10/31

Henrico Du Plessis 10/31

Thea Fourie 10/31

Judy Linnenkamp 10/31 991-5457

Ida Smit 10/31

Gené Van Niekerk 10/31 998-8952

Louis Van Wyk 10/31 997-1725

^^^^^^^^^^

ALMAL SE MANDJIE

Wildebeest "Off-road"-kampsleepwa te huur. Tent, yskas/vrieskas-kombinasie, gasbottels, kratte en eetgerei ingesluit. R5000 deposito, R480/dag. Laer koste/dag vir langer periodes. Kontak Matthys by 082 093 8615 of [email protected] of Marius by 072 237 0422 of [email protected] Betroubare tuinwerker beskikbaar op Maandae: Koos werk 3 dae per week by die kerk in die tuin en is baie betroubaar. Kontak hom by 076 281 5766. Grassnyer gesoek: ’n Werker by die kerk is op soek na ’n ou grassnyer wat hy kan gebruik om Saterdae ’n ekstra inkomste te verdien deur grasperke in sy omgewing te sny. As jy kan help skakel asb vir Patrick by 076 525 4498. Te huur in Waterkloofrif: Veilige tuineenheid, 1 slaapkamer, badkamer, opwasgeriewe, Skoon-maakdiens een dag per week. Privaatingang, motorafdak en gebruik van swembad en lapa. Perfek vir nagraadse student of jong werkende man. R3 800 p.m. Okkupasie 1 Oktober 2015 Kontak Estelle by 072 785 3935. SPEELGROEPIE vir 3-5 jariges in liefdevolle, huislike omgewing (3 of 4 dae per week, van 8:30 tot 12:30). Klein groepie, maksimum 12. Jare ondervinding. Kontak Ineke du Preez by 082 649 4907. Vroulike kassier word dringend benodig by ʼn winkel in Atterbury Value Mart. Kontak asb vir Marie Oosthuizen of Johan van Zyl by 012 991-6231 Herstel van ou klokke: Het u ‘n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in ‘n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719 of 082 551 6183. Valley View 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). Ek maak nuwe seile vir tuinsambrele volgens die ou patroon asook 'n oortreksel wat die afge-slaande sambreel kan beskerm. Kontak Vicky by 072 181 3468 of stuur ook WhatsApp.

Page 19: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

19

As jy ’n dubbelbed-raamwerk (nie ’n basis nie) en/of ‘n enkelbedmatras, of ’n laaikas het om te skenk, kontak asb die kerkkantoor 012 991 1395. Dit is vir die sekuriteitsmense by die kerk. Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R15 per houer. Bel Sarel Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237. Gemeubileerde suite in Waterkloofrif. Ruim slaapkamer met badkamer, sitkamer en kroeg- yskas. Privaatingang, motorafdak en gebruik van swembad en lapa. R1 200 per nag. Geen etes ingesluit. Kontak Magda by 072 510 6531 Gemeubileerde woonstel in Menlopark te huur vir ‘n enkelpersoon vanaf 1 Oktober 2015. Naby universiteit, skole en busroetes geleë. Slaap-/sit- en badkamer en kombuis. Ingesluit by die huur is: Parkering, ADT-sekuriteit, DSTV-aansluiting, water en ligte, plus wasgoed. NIE-ROKERS teen R5000 per maand. Kontaknommers: 082 784 2343 / 082 949 1717.

Page 20: Maandkrant Okt 2015 PDF - Wapadrant€¦ · OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: ... word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld

20

PKM Transport Algemene Meubelvervoere

en Langafstande.

Bokse en Verpak-kingsmateriale te koop.

Skakel asb vir gratis kwotasie by u woning.

Kassie / Anna-Mari 0861 111 129 of

082 454 8159

10 OKTOBER BY LAERSKOOL HEKPOORT Dit is weer tyd vir groot pret en plesier wanneer die 4x4-eienaars hul vernuf op ons 4x4-hindernisbaan

gaan toets. Die baan se uitleg is verander, daar is ‘n uitdagende moddergat en elke hindernis het ‘n

“man”- of “muis”-opsie! Standaard 4x4-voertuie kan ook deelneem. Dit is ‘n

dag vir die hele gesin. Eet- en drinkgoed beskikbaar, verskeie stalletjies, ens.

Grootskermrugby. Inskrywings begin 7:30 @ R300 p/voertuig wat deelneem. Toeskouers toegang R40

p/p en kinders onder 12 jr R20. Veilige oornagkampering met pragtige

ablusiegeriewe, slegs R500 per staanplek (4 persone). R100 vir ektra persoon.

Adverteer jou besigheid! Borg ‘n hindernis vir slegs R1000. Vir meer inligting skakel:

Alex by 082 5616 300 of Jaco by 082 8545 422