bloumaan by buffelspoort die elander - sawa · 2016-02-29 · elander winter / winter 2015 - page 3...

38
Elander Winter / Winter 2015 Die voorste nuusblad in die Ooste Die Elander L Lekker brode & sop by Warmbad SAWA webwerf : www.sawa.org.za Elandsrand facebook: https://www.facebook.com/groups/424687670923259/ Voorsitter epos : [email protected] Jaargang 4 Winter/Winter 2015 “The best and most beauful things in the world cannot be seen or even touched - they must be felt with the heart” - Helen Keller Bloumaan by Buffelspoort

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 1 D

ie v

oors

te n

uusb

lad

in d

ie O

oste

Die

Ela

nder

LLekker brode & sop by Warmbad

SAWA webwerf : www.sawa.org.za

Elandsrand facebook: https://www.facebook.com/groups/424687670923259/

Voorsitter epos : [email protected]

Jaargang 4Winter/Winter 2015

“The best and most beau�ful things in the world cannot be seen or even touched - they must be felt with the heart” - Helen Keller

Bloumaan by Buffelspoort

Page 2: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 2

Inleidingng:g: Inleidinngg:

�� Woord vir Vandag 3

�� Voorsi�ersverslag 4

�� Verjaarsdae 5

�� Bestuur 6

�� 2015 kampe 7

�� Eastco (Magaliesburg)

30 Apr – 3 Mei 2015 8-11

�� Kleuters 12-13

�� Jongmense 14-15

�� Forever Resorts Warmbad(Gebiedskamp) (Bela Bela)

12 – 16 Junie 2015 16-18

�� Skrywe van Jannie Meyer

Nasionale Voorsi�er SAWA

4 Augustus 2015 19-20

�� ATKV Buffelspoort

(Buffelsfees)

31 Julie - 2 Aug'15 21-23

�� Interessant 24

�� SAWA Nuus 25-27

�� Senior Burgers 28

�� Kampresep 29

�� Barnyard 30

�� Humor 31

�� Memorial Poem 32

�� Lief, Leed & Herdenkings 33

�� Jannie se verjaarsdagpartytjie 34-36

�� Redaksioneel & bedankings 37

�� SAWA kontakbesonderhede 38

11

2-13

Page 3: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 3

Die Woord vir Vandag

Filippense 1:10 NLV

10 “Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat reg�g saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom”.

Moenie op jou gevoelens staatmaak nie

God het aan jou gevoelens gegee, en jy moet nie vir hulle skaam wees nie. Hulle dui gevaar aan en gee insig in verskeie situasies. God gebruik ons gevoelens om ons nader aan Hom te bring en verlig areas in

ons lewens wat aan die Heilige Gees onderwerp moet word. Gevoelens is egter subjek�ef; jy kan hulle nie altyd vertrou nie.

Een berader sê: 'Wanneer ou gevoelens terugkom voel ons bang, skaam, hopeloos, nie goed genoeg nie, hulpeloos en gebelgd... 'n Gebeurtenis kan die sneller vir hierdie reaksies wees... die einde van 'n ver-

houding, stres, probleme by die werk en huis, tye van veranderinge of siekte... en soms keer hierdie ge-voelens vir geen rede terug nie.' Jy moet dus jou gevoelens 'toets', anders gaan jy 'n lewe lei wat '...julle onwaardig maak om God te ontmoet...' (Kolossense 3:5 NLV). Dit kan rampspoedig wees om op te tree

volgens wat jy sien, hoor en voel.

In plaas daarvan om op gevoelens te reageer, moet jy leer om op God se Woord te reageer. Dis die regte manier, en dit verander nooit! Paulus sê, 'Ek bid dat julle... 'n al beter begrip en fyn aanvoeling ontwik-kel... [wat] julle in staat [sal] stel om dié dinge te onderskei wat reg�g saak maak...' (Filippense 1:9-10

NLV). Jy word nie deur jou gevoelens gedefinieer nie, jy word deur dit wat God van jou sê gedefinieer. Jy mag dalk waardeloos voel, maar God sê, '...jy [is] vir My kosbaar... omdat Ek jou lie�et...' (Jesaja 43:4

NLV). Jy mag dalk soos 'n mislukking voel, maar God sê, 'Vir hulle... [in] Christus Jesus... is die oordeel nou heeltemaal weggeneem' (Romeine 8:1 NLV).

Sielskos: 1 Kron 23;Luk 21

Geskryf deur Bob en Debby Gass

“Die Woord vir Vandag”

h�p://www.radiokansel.co.za/die-woord-vir-vandag

Page 4: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 4

Voorsi�ersverslag

Warmbad, ons Gebiedskamp was weereens 'n ongelooflike lekker kamp. Elandsrand het 30% van die staanplekke gevat en die ander streke gewys van wa�er stofasie ons gemaak is. Ds O�o Clasen was weer die Prediker vir die naweek met die tema, "Waar is jy".

natuur vir elkeen wat dit bygewoon het, baie beteken.

O�o en Hannelie was die beoordelaars vir die broodbakkompe�sie, waarvan Lorraine die wenner was. Baie dankie aan elkeen wat met groot entosiasme deelgeneem het. Volgende jaar sien Warmbad ons beslis weer.

anders was die oord so te sê leeg. Die fees self was ook teleurstellend, min stalletjies

gewees het, aangesien hulle baie staatmaak op die fondse wat ingesamel word. Soos

AJV 2015 hier kom ons! ! ! ! ! ! !

Groete

.

Erekode:

1. Ek sal strewe om die Christelike

grondslag van SAWA te bewaar

en uit te lewe;

2. Ek sal SAWA dien sover ek kan

en alles in my vermoë doen om

ons assosiasie uit te brei;

3. Ek sal ons geliefde land se

natuurskoon en sy fauna en

flora beskerm en bewaar;

4. Ek sal poog om alle openbare

geriewe en fasiliteite tot my

beskikking so te benut dat ander

gaste dit sonder ongerief kan

gebruik;

5. Ek sal poog om in alle opsigte

hoflik te wees, beleefd op te

tree en bedagsaam te handel

teenoor alle padgebruikers;

6. Ek sal daarop let om nie deur

my gedrag die eer van SAWA te

skend nie, maar sal poog om die

ag�ng van almal met wie ek in

aanraking kom, af te dwing.

Page 5: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 5

Verjaarsdae

Sou jou naam en/of datum van verjaarsdagmaand nie korrek wees nie; of jou naam glad nie onder jou verjaarsdagmaand is nie, laat asb vir Nico Zwarts weet.

01/04/2015 Nagel B Mr (Ber�e) 03/04/2015 Scholtz W Mr (Werner) 12/04/2015 Myburgh E. Mr (E�enne) 14/04/2015 Nelson J. Miss (Jenna) 17/04/2015 Michelle M Mrs (Pretorius) 24/04/2015 Meyer A Mrs (Alet)

01/06/2015 Engelbrecht J. Mr (Jean) 02/06/2015 Zwarts L Mrs (Lorraine)

11/06/2015 Coetzee W. Mr (Willie 12/06/2015 Wolmarans JW Mr (Willa) 14/06/2015 Van Der Westhuizen A Mrs (Alta) 14/06/2015 Coetzee M Mrs (Micke) 18/06/2015 Swart H Mr (Hennie) 18/06/2015 Wolmarans NJS Mr (Nic) 20/06/2015 Pretorius J. Mr (Jacques) 20/06/2015 Pretorius J. Mr (Jean) 24/06/2015 Meyer JC Mr (Jannie) 27/06/2015 Diedericks H. L. Mr (Hendrik)

01/07/2015 Scholtz N. Miss (Ninke)

01/07/2015 Smit J Mrs (Janine)

05/07/2015 Böhnen HTE Mr (Hendrik)

06/07/2015 Van Deventer P. Mrs (Paula)

07/07/2015 Wobben C. Miss (Chante)

10/07/2015 Scholtz E. Mr (Eldrich)

15/07/2015 Haup�leisch WJ Mr (Willie)

18/07/2015 Etberg M Mrs (Marlene) 19/07/2015 Van Der Walt S. E. Mrs (Tokkie)

05/08/2015 Crause EC Mrs (Be�e)

09/08/2015 Haup�lesch L. Miss (Lize)

10/08/2015 Hyman A Mrs (Annerie)

14/08/2015 De Bruin A. Mrs (Adele)

15/08/2015 Van Niekerk E Mrs (Engela)

15/08/2015 Coetzee R Mrs (Ronel)

26/08/2015 Swannepoel S Mrs (Sandra)

28/08/2015 Scholtz M Mrs (Mylandia)

28/08/2015 Van Deventer G. Mr (Gerhard)

29/08/2015 Oosthuizen P Mrs (Petro)

30/08/2015 Engelbrecht SF Mr (Francois)

30/08/2015 Strydom T. N. Mrs (Teresa)

01/03/2015 Van Deventer JJ Mr (Japie)

02/03/2015 Oosthuizen J Mr (Jannie)

03/03/2015 Pretorius AP Mr (Adriaan)

03/03/2015 Wobben A Mrs (Alida)

06/03/2015 Mc Crate JF Mr (Freddie) 07/03/2015 Van Staden J. Mrs (Johanita)

08/03/2015 Nelson C. Miss (Chene)

09/03/2015 De Bruin L. Miss (Leverne) 11/03/2015 Opperman R Mr (Rudie)

12/03/2015 Van Niekerk EI Mr (Eugene) 17/03/2015 Wolmarans J Mrs (Joranie

19/03/2015 Alberts E. Miss (Erica)

22/03/2015 Swanepoel L Mr (Swannie)

24/03/2015 Van Deventer D. Mr (Drikus)

27/03/2015 Strydom S Mr (Stef) 30/03/2015 Strydom Mrs

07/05/2015 Mc Crate P Mrs (Paula) 07/05/2015 Van Staden C. Miss (Clariska) 15/05/2015 Wobben L Mr (Lionell) 27/05/2015 D Mrs (Dana) 27/05/2015 Van Zyl K. Mr (Kevin) 28/05/2015 Van Zyl HL Mr (Wikus) 30/05/2015 Strydom K. Miss (Kathleen) 31/05/2015 Haup�leisch L Mrs (Letesha)

Page 6: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 6

VoorsitterVan Swanepoel Posadres Tel No Voorletters GP 6 Huilboomstraat,

Dalpark, Uitbreiding 5, Brakpan, 1541

Huis Noemnaam Vlooi Werk Lid No 11716 Sel 083 227 7962E-pos [email protected] Faks

Onder VoorsitterVan van Deventer Posadres Tel No Voorletters DJ

Posbus 91, Paardekraal, 1752

Huis 011 954 2575Noemnaam Dániel Werk 016 824 4011Lid No 12061 Sel 083 408 2758E-pos [email protected] Faks 086 594 0058

SekretaresseVan Nelson Posadres Tel NoVoorletters EAY

Privaatsak X 14, Weltevredenpark, 1715

Huis GeenNoemnaam Elzabie Werk 011 761 9124Lid No 12523 Sel 082 338 8054E-pos [email protected] Faks 086 682 8519

PenningmeesterVan Smit Posadres Tel NoVoorletters N J

18 Kokerboomstr. Brackendowns, 1448

Huis 011-868-2253Noemnaam Cobus Werk 011-622-2606Lid No 11253 Sel 083-638-0465E-pos [email protected] Faks 011-615-3326

Addisionele Lid – RedakteurVan Van Zyl Posadres Tel No 011 867-4010Voorletters HL

4 Hennie Alberts Str, Brackenhurst, 1448

Huis 011 867-4010Noemnaam Wikus Werk 011 867-4010Lid No 12095 Sel 0826327744E-pos [email protected] Faks 08605574827

Addisionele Lid – JeugVan Nelson Posadres Tel No Voorletters DP

Privaatsak X 14, Weltevredenpark, 1715

Huis GeenNoemnaam Derrick Werk 011 761 9227Lid No 12523 Sel 082 877 8187E-pos [email protected] Faks 086 682 8519

Addisionele Lid – Skakelbeampte/Bate HouerVan Pretorius Posadres Tel No Voorletters A

56 Koorsboom Str, May-berrypark, 1448

Huis GeenNoemnaam Adriaan Werk 011 418 7071Lid No 12626 Sel 083 479 1627E-pos [email protected] Faks 011 418 7085

Bestuur 2014/20155

Page 7: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 7

30 Apr – 3 Mei Eastco Magaliesburg

12 – 16 Jun Forever Resorts Warmbad (Gebieds) Bela Bela

31 – 2 Aug Buffelspoort Magaliesberg

28 – 30 Aug Sionbergh (AJV) Heidelberg

23 – 27 Sept Klub Koppisol (Nasionaal) Vereeniging

23 – 25 Okt Klein Paradys Brits

27 – 29 Nov Malonjeni (Jeug) Heidelberg

* Datums verander aangesien die 1ste Mei en 24ste September publieke vakansie dae is

Kennisgewing van kampe vir 2015

Page 8: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 1

Eastco (Magaliesburg) - 30 Apr – 3 Mei 2015

En so begin ʼn heerlike langnaweek tussen die berge op ʼn Donderdag … lekker man lekker !!!

Eerstens heet Adrian en Michele almal welkom met ʼn kort leesstuk en sang gevolg deur ʼn gebed … waar Adrian so bietjie sy plot verloor … na almal bietjie in hulle moue lag, sluit Vlooi die verrig�nge af met ʼn “ meet and greet “ aan ons SAWA gaste.

Vrydagoggend begin bietjie stadig na ʼn baie koue nag daar tussen die berge, maar jy gaan nie ons Sawanante afskrik nie. Ons is mos “tough babies”, en soos oudergewoonte begin die dag met skriflesing deur Arno gevolg deur sang en gebed. So net na middagete begin Arno met die “Elandschallenge “ met Adrian as die hoof beoordelaar en met die hulp van Ursula en Erica as sy assistente om telling te hou. Michele was aangestel om aksie- en “Candid camera“ foto’s te neem.

Daar was vier spanne, naamlik die Sportsmanne, die Sangers, die Akteurs en die Historiese Figure. Die speletjies het begin met “Bear Grills“ vuurmaak waar deelnemers met ʼn lont, droë gras, takkies en wa�e vuur moes maak. Spanne het ook bonuspunte ontvang vir “fire dancing” en tot almal se verbasing het al die spanne binne sekondes hulle vure aan die gang gehad. Volgende was die “human aqueduct” waar spanne water met ʼn spons van ʼn emmer tot ʼn 1 liter bo�el moes aangee ... tregters en klein waterbekers is later goedgekeur.

Page 9: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 2

Die volgende opwindende speletjie was “bo�elgooi” waar lede van elke span ʼn kans gekry het om ʼn 2 liter bo�el so ver as moontlik te gooi, maar soos �piese Arno natuur, moes jy dit doen met jou hande agter jou knieë. Daarna het die “lawwe aflos” gevolg. ʼn Stokkie moes aangegee word tussen die bo-bene sonder om jou hande te gebruik! Volgende op die program was die “banana swing” waar daar ʼn tou om jou middel vasgebind is en aan die ander punt ʼn piesang! Mens moes toe probeer om so vinnig as moontlik ʼn bal oor ʼn seker afstand met die piesang te slaan.

Die laaste speletjie van die dag was die “long drop“. Hier moes elke deelnemers oor twee toue klim met ʼn groot R1- muntstuk tussen die boude vasgeknyp tot by ʼn kleinbordjie waar hulle dan moes “squat” en die muntstuk daarin laat val. Ekstra punte is toegedien vir die wat dit wel reggekry het of wat so naby as

Page 10: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 3

moontlik aan die bordjie was. Verdere punte is toegeken aan die spanne wat die speletjies voltooi het met hulle “crazy hats” op.

Soos verwag het die speletjies gesorg vir tonne pret en vermaak!

Saterdag het afgeskop met skriflesing en gebed gevolg deur “wooden mic“. Miems het al die “valsies” mooi vertel “not to quit our day jobs to join Idols”. Ai, wat ʼn teleurstelling, aangesien die waarheid maar altyd seermaak.

Na middagete het Arno met die “Crazy hat quiz“ begin waar die spanne dieselfde gebly het as die vorige

dag. Daar was 3 rondtes met 15 vrae per rondte . Alle spanne het ekstra punte ontvang, aangesien Arno so ʼn bietjie vergeet het hoeveel tone ʼn hond nou eintlik het. Is dit 16, 18 of 20?

Saterdagaand het Arno en Ursula pap en lekker, nee, liplek-lekker sous gemaak vir die gesamentlike braai, of eerder die “amper-nie-braai”, want die hout wat Arno “gescore” het, het gans en al te vinnig uitgebrand. Maar weereens, eg Sawanante, het ons gehak en gesteek, geblaas en gekrap, maar braai was daar gebraai!!

Page 11: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 4

Sondagoggend het Nico die ereediens behar�g wat gevolg is deur Kobus as die Boetebessie wat ʼn totaal van 12 boetes uitgedeel het. Willa het die Blapsbeker aan Freddie oorhandig, omdat hy Marc, ʼn nuwe SAWA lid, gekry het om sy vleis te braai, terwyl hy lekker rus�g gesit en kuier het!

Vlooi het die kamp afgesluit met ʼn paar a�ondigings en soos almal weet, was dit ʼn storie van fluit-fluit ons kamp is uit!

SAWA-groete

Arno & Ursula Alberts & Adrian & Michele Pretorius

Page 12: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 5

Jongspan

“Spot the difference” en kleur-in.

Page 13: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 6

c:"'::)

Page 14: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 7

Jongsmense h�p://h�p://www.hoezit.co.za/ekvoel/

WEES BAAS VAN JOU EMOSIES Elke dag ervaar jy verskillende emosies of gevoelens. Van dit is lekker en van dit is aaklig, maar jy kan in beheer daarvan wees. Dis skoolvakansie en jy is lekker opgewonde, maar dan vind jy uit jy het sleg gevaar in een van jou toetse. Skielik word jou opgewondenheid vervang met iets anders – teleurstelling, of dalk selfs angs.

Sommige mense sal dan iemand anders wil slegsê tot hulle beter voel, terwyl ander dit sien as ʼn geleentheid om volgende keer beter te doen. Só beïnvloed jou emo-sies jou lewe.

Dit maak dus nie saak wát jy voel nie, maar wat jy met emo-sies dóén wanneer jy dit voel. Hoe jy optree of jouself gedra wanneer sekere emosies kop uitsteek, is wat bepaal hoe jou lewe lyk...

Hoe werk jou emosies?

Jou emosies beïnvloed nie net hoe jy oor goed voel en dink nie, maar ook hoe jou liggaam op situasies reageer. As jy byvoorbeeld iemand is wat gril vir rep�ele, sal jy waarskynlik angs�g voel as jy hoor jou klas gaan op ʼn uitstappie na ʼn rep-�elpark. Jou hart kan dan selfs vinniger begin klop en jou hande kan begin sweet net aan die gedagte, terwyl iemand wat van rep�ele hou bloot opgewonde sal wees.

Slimkop-voorbeeld:

Dink aan ʼn glas skoon water. Selfs net een druppel kleursel kan die skoon glas water van kleur laat verander. As jy ʼn hele paar druppels kleursel ingooi sal die water nog donkerder word. Net so kan een emosie jou hele liggaam raak. Die intensiteit van emosies wissel ook. Dit beteken jy kan ʼn emosie effens (een druppel kleursel) of baie erg ervaar (ʼn paar druppels kleursel). Kan jy beheer neem oor jou emosies?

Jip, jy kan! Jy kan nie altyd beheer hoe jy voel nie, maar jy kán beheer hoe jy optree wanneer jy so voel.Dit is byvoorbeeld maklik om gaaf met ander te wees wanneer jy gelukkig en tevrede voel, maar dis moeilik wanneer jy kwaad is. Onthou egter dat jy nie ander se gevoelens kan seermaak net omdat jy vies is nie.

Page 15: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 8

Slimkop-vraag:

Voorbeelde van emosies is geluk, opgewondenheid, tevredenheid, hartseer, woede, angs�gheid of vrees. Kan jy aan nog ʼn paar emosies of gevoelens dink? Hanteer só jou emosies:

�� Onthou, alle emosies is normaal.

�� As jou hart vinnig begin klop, kalmeer jouself deur diep in en uit asem te haal.

�� Loop weg van ʼn situasie voordat jy iets sê waaroor jy dalk later spyt kan wees.

�� Praat met iemand oor hoe jy voel eerder as om moeilike gevoelens op te krop.

�� Vertel jou kant van die storie - dit kan jou in ʼn japtrap beter laat voel.

�� Stop jouself as jy agterkom jy is gemeen met iemand en dink aan ander oplossings vir die situasie sonder om ander in die proses seer te maak.

Deur: Angelique Biagioni

“Try to be a rainbow in someone's cloud” - Maya Angelou

Page 16: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 1

Forever Resorts Warmbad (Gebiedskamp) (Bela Bela) 12 – 16 Junie 2015

Vrydagmiddag vat ons die langpad Warmbad toe en verbasend genoeg is die pad nie naastenby so erg soos verlede jaar nie. By Warmbad aangekom word ons in 'n algemene rig�ng gestuur en ons begin staanplek soek waar almal min of meer saam kan staan. Baie behulpsame (en duur) werkers is maar te ywerig om te help. Baie gou is almal se kampe opgeslaan en is ons boekevat toe waar Ds. O�o Clasen ons aan die naweek se tema, “Waar is jy”, bekendstel. Saterdag het almal hul eie ding gedoen en die kinders was nêrens te vinde nie. Swembaddens en glybane is uitgetoets. Party vlug vir hulle ouers se kos en maak hulle tuis in die plaas-like Spur. Saterdagaand het ons 'n gesamentlike braai gehad, waarna ons mekaar in die onderdak swembad “raakswem”. Sondagoggend het Ds. O�o se boodskap in die natuur vir elkeen wat dit bygewoon het, baie beteken. Die res van die dag het almal op hul eie deurgebring en die warm weer is benut deur buite in die warm water te swem of net rus�g saam met vriende te kuier. Maandag na afslui�ng het 'n paar manne 'n moontlike nuwe oord besoek en van die vrouens het die plaaslike winkelsentrum besoek om proviant aan te vul vir die broodbakkompe�sie later die middag. Van ons ander lede het besluit om die natuur te gaan verken te perd.

Vroegmiddag het die geur van vars brood oor die kampterrein gehang. Almal het met hulle brode by Wil-la se karavaan bymekaargekom vir sop en brood vir sy verjaarsdag.

Page 17: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 2

Ds. O�o en Hannelie was die beoordelaars vir die broodbakkompe�sie, waarvan Lorraine die wenner was. Danksy Willa se reuse pot heerlike sop en 'n verskeidenheid brode, het almal meer as genoeg geëet. Baie dankie aan elkeen wat met groot entosiasme deelgeneem het. Die onderdak swembad sluit 'n genoeglike aand af. Dinsdagoggend het almal vroeg opgepak en sommige het eers die Spur besoek voor die langpad huistoe aangepak is. Baie dankie aan almal wat saamgekamp het. DV volgende jaar sien Warmbad ons beslis weer.

Groete Vlooi

Page 18: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 3

Page 19: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 4

Skrywe van Jannie Meyer - Nasionale Voorsi�er SAWA 4 Augustus 2015

Dagsê Sawanante.

Al die streke dink seker in die tyd net aan die AJV's. ’n Paar streke het dit reeds afgehandel, maar die meerderheid streke se AJV’s lê nog voor. Graag wens ek julle sterkte toe en vertrou dat dit glad sal loop.

Ek wil egter ’n bietjie terugvoering gee vanaf die pas afgelope NUB (1 Augustus). Net ter inlig�ng van ons nuwer lede. Die NUB staan vir die Nasionale Uitvoerende Bestuur en bestaan uit die President van SAWA, die Dagbestuur en die gebiedsvoorsi�ers. Die sekretariële beampte, webmeester en redakteur woon ook die vergadering by. Tydens die vergadering is ’n hele aantal sake bespreek en ek noem graag ’n paar.

�� Die gebiedsvoorsi�ers het elkeen die geleentheid gekry om verslag te doen oor die stand van sake

in die streke in hul onderskeie gebiede. Die feit dat SAWA moet vernuwe en selfs meer van tegno-logie gebruik moet maak het baie sterk na vore gekom. Dit is beslis ’n aspek wat moet aandag ge-niet in die volgende jaar. Kommer heers oor nie net ledewerwing, nie maar ook ledebehoud. Dit blyk dat selfs getroue lede nie meer so gereeld kan kamp nie, as gevolg van finansiële druk. Ons beleef ook ’n tyd in SAWA waar baie van ons lede ongesteld en selfs geliefdes aan die dood af-gestaan het. Ons dink so aan ons SAWA-vriende en bid hul sterkte toe.

�� Die SAWA administrasie is bespreek en ons verneem dat Willem Gerber goed gevorder het met die

SAWA geskiedenisboek wat ons beoog om in die jaar 2019 uit te reik tesame met SAWA se 50 ste bestaansjaarvieringe.

�� Die finansies is breedvoerig bespreek en goedgekeur. �� Met die hoë koste van drukwerk en posgeld en ook die baie veranderinge wat in die jaarprogram

voorkom, het die NUB besluit om nie die jaarprogram die jaar weer aan alle lede in drukformaat te stuur nie, maar wel elektronies. Lede sal egter die geleentheid gegee word om, indien hulle wel ’n gedrukte een sou wou hê, dit deur die kantoor bestel kan word. Dit sal ook in ’n formaat gestuur word waar dit self gedruk kan word en dit sal lyk soos die huidige.

�� Die NUB het ook gevoel dat die Kongres weer moet terugskuif na Novembermaand. Die rede word

aangevoer dat die tydsverloop tussen die vergaderings van streke, gebiede en die NUB nie in lyn met die Administra�ewe reëls is nie. Ondersoek sal gedoen word om al die SAWA vergaderings in lyn en in ooreenstemming met die Grondwet en Administra�ewe reëls te kry.

�� Die ontleding van die ledetal het weer getoon dat ons ledetal gedaal

het. Dit bly kommerwekkend. �� Enkele grondwetwysigings is deur die NUB goedgekeur en sal op die

jaar se Kongres dien.

Page 20: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 5

�� ’n Ooreenkoms is met Wegsleep bereik waar die elektroniese weergawe teen ’n spesiale tarief aan lede beskikbaar gestel sal word. SAWA gaan ook vir Wegsleep advertensie spasie gee en SAWA kry ook ’n advertensie in die Wegsleep. Inlig�ng sal volg sodra dit vasgemaak is.

�� Wegsleep bied ’n sleepakademie aan, een by Buffelspoort en een by Goudini, om woonwa eienaars

te help om ’n EB-lisensie te bekom. Meer inlig�ng sal volg soos dit bekend word. Fanie Marx van Waterberg is nou hierby betrokke.

�� Die NUB het goedgekeur dat ’n totale nuwe webblad opgestel sal word. Ons Webmeester, Diana

Fourie tesame met Renier van den Berg het ’n deeglike studie gedoen en na aanleiding daarvan is die besluit geneem.

�� Streke wat nog nie voldoen aan die riglyne rakende Facebook nie, sal deur hul Gebiedvoorsi�ers

genader word om dit wel reg te stel. Daar is ook drie streke wat ’n tweede onak�ewe blad het wat moontlik verwyder kan word om verwarring te voorkom.

�� Die Nasionale kamp vind plaas 25 - 27 September (Senior Burgers 23-25 September) te Koppisol.

Neem ook in ag dat die 24ste ’n publieke vakansiedag is. Gebied Goue Weste saam met die Ska-kelbeampte, Brian van Niekerk, is ons kampkommandante en ’n heerlike naweek word in die vooruitsig gestel. Die besprekingsvorm en program sal eersdaags versprei word.

�� Gebied Jakaranda hou weer die naweek van 2 - 4 Oktober ’n 4x4 naweek vir al die 4x4 entoesiaste.

Inlig�ng sal volg. �� Die Kongres vind plaas vanaf 16 - 18 Oktober te Buffelspoort en alle reëlings is reeds vasgemaak.

Streek Bosveld is ons kampkommandante vir die naweek. �� Die nominasies vir President en Dagbestuur is ook afgehandel. Baie dankie aan al die lede wat

hulself beskikbaar gestel het en ons wens julle sterkte toe. Die lys van genomineerdes is reeds deur die Nasionale Sekretaris, Mar�n Rix versprei.

Elke gebiedsvoorsi�er sal meer breedvoerig terugvoer gee en enige spesifieke vrae kan aan hulle gerig word.

Ons lewe in onsekere omstandighede en voel soms dat dit net ’n stryd tot oorlewing is. Kom ons kyk na SAWA as ons stresontladingsmeganisme. Kom ons kyk daarna as iets wat vir ons belangrik is. Kom ons steun mekaar en verstaan dat ons nie almal dieselfde is nie. Ondersteun mekaar soos Christene dit doen.

Geniet die kampe, met of sonder die AJV's en kom ons kyk of elkeen van ons ’n bydra kan maak om SAWA die organisasie te maak waarop elkeen van ons kan trots wees.

Tot ons weer sien.

Groetnis

Jannie Meyer - Nasionale Voorsi�er SAWA

[email protected] Posbus 434, Alberton, 1450 H: 011 902 3860 S: 082 462 7615 F: 011 869 3559

Page 21: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 6

ATKV Buffelspoort (Buffelsfees) 31 Julie - 2 Aug'15

Met ons aankoms vroeg Vrydagoggend, het die wind ons omtrent weggewaai, was dit bi�er koud.

Met ‘n groot gesukkel het ons uiteindelik ons tent op-geslaan gekry. Vir mense wat die Kaap se winde ken, dit was amper so iets.

‘n Rukkie daarna het Adrian met sy ryhuis opgedaag en gehelp om die staanplekke uit te sorteer en toe ook sy staan gekry.

Die res van ons Elandsranders het so deur die loop van die dag opgedaag. Ons was teen die einde 22 waens.

Vrydagaand na Boekevat en verwelkoming, is die sop-po�e ingevaar en is sop en heerlike broodjies geniet.

Hoewel dit baie koud was, het die Elandranders nog lekker saam gekuier.

Saterdagoggend na Boekevat, het ons die res van die sop en broodjies geëet. Daarna het die mense so op hul eie tyd by die Buffelsfees ‘n draai gaan maak.

‘n Paar kunstenaars het deur die loop van die dag opgetree, maar ongelukkig was daar maar min mense wat die Buffelsfees byge-woon het.

Saterdagaand was ‘n fees op sy eie met die vure wat om 5 uur aangesteek is, en soos ons Elandsranders ken,

n y

n

r

,

Page 22: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 7

lekker saamgebraai en tot laat gekuier.

Sondagoggend is daar oudergewoonte die gebruiklike boekevat gehou, waarna Vlooi die afslui�ng gehou het.

Baie van ons lede het eers van die oord se middagete gebruik gemaak. Daarna het die mense so een na die ander huiswaarts vertrek.

Page 23: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 8

Ons wil net as kamp kommandante almal bedank vir die mooi samewerking wat die naweek ‘n groot sukses gemaak het.

SAWA groete.

Leon en Kobie van der Zwan

Page 24: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 1

Interessant

http://http://www.hoezit.co.za/watsnuut/

http://earthsky.org/space/when-is-the-next-blue-moon

'n BLOUMAAN-VRYDAG! - 31 Julie 2015

Jy het seker al die Engelse uitdrukking "Once in

a Blue Moon" gehoor? Dit beteken basies iets

wat baie selde gebeur - en dit kom van 'n reg-

te, egte "Bloumaan" af - iets wat OOK baie min

gebeur. En raai wat? Maak seker jy kyk va-

naand na die maan - want dit is 'n Bloumaan!

'n Bloumaan. Foto:

Shutterstock.com

Hier is 'n paar interessante Bloumaan-feite:

Kan 'n maan regtig blou wees? Wel, dit is een tipe maankleur wat regtig BAIE skaars is, so jy sal dit nie sommer sien nie, hoewel ongewone lugkondisies (soos partikels stof of rook) die kleur kan veroorsaak.

So hoekom noem hulle dit 'n Bloumaan? Wel... Dis een van daai mensdinge. Wat beteken: ons is nie seker nie.

Die moderne definisie van 'n Bloumaan is die tweede volmaan in een kalendermaand. Byvoor-beeld: die eerste volmaan in Julie was op 2 Julie vanjaar, en die tweede volmaan is vanaand. So vanaand se maan is 'n Bloumaan. Dit gebeur omtrent elke twee tot drie jaar dat daar twee volmane in een maand is - net wanneer die eerste volmaan BAIE vroeg in die betrokke maand verskyn.

Die laaste Bloumaan was op 31 Augustus 2012.

'n Ouer definisie van wat 'n Bloumaan nou eintlik is, beskryf dit as die derde van vier volmane in een seisoen.

Albei definisies word deesdae gebruik, afhangende van omstandighede - want omdat die idee van 'n Bloumaan en "Once in a Blue Moon" eintlik deel is van volksoorlewerings (stories wat mense van geslag tot geslag oordra), is albei definisies heel aanvaarbaar.

Dit kan gebeur dat daar twee Bloumane in een kalenderjaar verskyn. Die laaste keer wat dit gebeur het, was in 1999.

Die volgende keer wat dit gaan gebeur, is in Januarie en Maart in 2018, en dan weer in Januarie en Maart 2037!

Page 25: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 2

SAWA Nuus

Omsendbrief Mei 2015

Dagsê Sawanante.

Ek vertou dit gaan goed by die streke en glo julle geniet die kamplewe. Met die winter wat feitlik hier is, hoop ek dat almal oorleef sonder te veel wintersiektes en ongemak.

Op die SAW-front gaan die SAWA-sake darem voort soos dit moet. Tydens die NUB vergadering van 9 Mei is daar soos gewoonlik weer ’n hele aantal punte aangeraak. Hier volg ’n kort opsomming van die gebeure:

Al die gebiede is dit eens dat ledewerwing ’n prioriteit moet wees, veral jonger lede.

Kommer word uitgespreek dat gereelde kampers minder gereeld kamp en dat lede moontlik eerder selektief kamp waar dit dalk meer bekostigbaar kan wees.

Die vraag is gevra, hoeveel lede moet ’n saamtrek / Senior Burger saamtrek bywoon om erken te word as ’n saamtrek? Ondersoek word gedoen.

Die finansies van SAWA is breedvoerig bespreek en goedgekeur. Streke word versoek om alle uitstaande rekeninge by die kantoor af te handel voor die einde van die finansiële jaar (einde Junie). Die begroting vir 2015/16 is voorgehou en goedgekeur.

Beide gebiede, Goeie Hoop en Kaap Middellande, het die afgelope paar maande Nasionale saamtrekke gehou. Beide gebiede maak dan ook daardeur ’n bydra tot die Nasionale kas. Saam met die binnelandsstreke wat by die Presidente saamtrek gedurende Paasnaweek ook fondse ingesamel het, is die NUB baie dankbaar vir alle lede se bydra in die verband. Hierdie bydrae bring mee dat ons die ledegeld van SAWA redelik aanvaarbaar kan hou.

Die konsep jaarprogram vir 2016 is reeds versprei aan streke. Streke word aangemoedig om so noukeurig as moontlik en met oorleg die volgende jaar se kampe te beplan omdat dit ’n daadwerk-like invloed op ons kampbywoning het.

Die grondwetkomitee gaan ’n voorstel indien tydens die kongres aangaande die hoeveelheid streeksvergaderings wat gehou moet word. Ondersoek word ook gelas na die moontlikheid om die minimum aantal lede op ’n streeksbestuur te verminder van ses na vyf.

Page 26: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 3

Die nuwe redakteur van die Sawanant het ook haar eerste uitgawe van die Sawanant voltooi en die vergadering wens Mariaan geluk met die uitgawe. Die Sawanant sal binne die volgende paar dae gepos word. Die NUB het ook besluit dat die Sawanant slegs twee keer per jaar sal verskyn vanweë hoë drukkostes en nuuswaardigheid.

Kommer heers oor die nuwe EB-lisensie wetgewing wat beoog word. Lees gerus die berig in die Wegsleep van April 2015 (bladsy14). Dit kan ’n daadwerklike invloed hê op potensiële woonwa- eienaars en ook nuwe lede.

Die Toekenningskommitee vergader die 1ste Augustus. Alle aansoeke vir enige Nasionale toeken-nings sowel as die hoër streek- en gebiedstoekennings, moet die kantoor ten minste ’n week voor die datum bereik, sodat dit gekontroleer kan word. Alle toekennings moet ook aan die kantoor gestuur word vir kontrole en rekordhouding.

Nominasievorms vir die President en Dagbestuur sal binnekort versprei word. Die keerdatum is 1 Augustus 2015.

Die volgende Nasionale saamtrek is 25 - 27 September by Koppisol. Die naweek word aangebied deur gebied Goue Weste. Die tarief vir gewone lede beloop R220,00 per nag plus R20,00 vir die plaatjie. Die Senior Burger kamp sal reeds vanaf die 23ste plaasvind en die tarief sal later bekend gemaak word. Die gebied beplan om Saterdagaand potjiekos voor te sit met ’n kuiergeleentheid in die saal waar daar musiek en vermaak sal wees. Alle lede vir wie dit binne bereik is word hartlik uitgenooi na die geleentheid.

Gebied Jakaranda se 4x4 naweek was ’n reuse sukses. Die volgende 4x4x naweek word beplan vir 2 - 4 Oktober. Dit is egter nie net beperk tot die gebied nie en alle belangstellendes is welkom. Die uitstappie behels ook 4x4 opleiding.

Die Presidente 2016 vind weer by Klipdraai plaas. Na die sukses van die jaar se Presidente sien ons reeds uit daarna. Gebied Jakaranda het ingestem om as kampkommandante op te tree vir die na-week. Ons glo dit sal weer ’n groot sukses wees.

Die kongres 2015 vind weer by Buffelspoort plaas. Reëlings met die oord is reeds aan die gang en die kampkommandante, Bosveld streek, is reeds hard aan die werk.

Verskeie ander sake is ook bespreek, maar die gebiedsvoorsitters sal meer breedvoerig daaroor rapporteer.

Op ’n meer algemene punt was ek en Alet bevoorreg om ’n hele aantal streke en gebiede te besoek. As jy so rondbeweeg in SAWA, kom jy agter dat die lede van SAWA besonderse mense is. Elke streek en ge-bied het sy eie manier en gees waarvolgens hy funksioneer, wat dit altyd interessant hou. Tussen daardie lede is daar besondere mense en ek beskou dit as ’n voorreg om die lede van SAWA te ontmoet.

Page 27: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 4

Daar gebeur ook baie besondere dinge in SAWA. Ons het jongmense wat op besondere manier presteer, Nasionale- en provinsiale spanne haal en selfs wêreldrekords breek. Ons het streke wat op besondere maniere in die gemeenskap betrokke raak en reuse werk doen. Ek wil graag ’n beroep op alle lede doen om vir ons hierdie uitstaande aksies deur te stuur (web en Sawanant), sodat ons almal kan deel in die goeie nuus en saam bly en trots kan wees op SAWA en sy lede.

Met betrekking tot ledewerwing wonder ek of dit nie tyd geword het dat ons moet kyk na hoe ons saamtrekke aanbied nie. Is SAWA en die maniere wat ons kampe aanbied nog aanloklik vir potensiële lede? Is die beeld wat ons uitstraal dit waarna ons streef? Ek sal graag insette van lede in die verband wil ontvang.

Met al die streke se AJ V's wat om die draai lê, wil ek graag almal sterkte toewens. Die streeknominasie-vorms sal seker eersdaags versprei word en ek doen ’n beroep op alle lede om goed na te dink oor wie hulle op die besture moet verteenwoordig. Die funksionering van SAWA is in al die lede se hande.

Ten slotte wens ek al die Sawanante sterkte en voorspoed toe. Kamp lekker en ry voorspoedig. Bly warm en veilig deur die winter.

Vriendelik SAWA groete.

Jannie Meyer Nasionale Voorsitter

[email protected]

Posbus 434, Alberton, 1450

H: 011 902 3860

S: 082 462 7615

F: 011 869 3559

Page 28: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 5

Senior Burgers

Iets om na uit te sien ...

Beplanning aan ʼn kersietoer is al goed op dreef. Die kersietoer sal gedurende November 2016 plaasvind om saam te val met die Ficksburg kersiefees en sal oor twee weke strek.

Die Kersiefees sal die hooftema van die toer wees, maar weens die ryk geskiedenis verbonde aan die Oos-Vrystaat en natuurlik die aanskoulike natuurskoon, sal daar ook baie ander besienswaardighede ingesluit word.

In 2018 word daar gekyk na ʼn Namibië-toer. Dit sal waarskynlik (maar nog nie definitief nie) vanaf Suid na Noord strek, terug deur Botswana en dalk net so oor die 3 weke wees. Die roete en kampplekke sal toeganklik vir ʼn padwa wees, maar sommige roetes sal wel grondpad insluit.

Oor die algemeen is die grondpaaie in Namibië in ʼn beter toestand as baie van Suid-Afrika se teerpaaie. Namibië het ook in vele opsigte uiteenlopende besienswaardighede: aan die suidekant is byvoorbeeld Ai-Ais, Visrivier Canyon, die reuse se speelplek, kokerboomwoud en Kolmanskop. Sentraal is die Nauwkluftpark, Duwisebkasteel, Hardapdam, Sossusvlei en die maanlandskap, maar ongelukkig is die meeste nie toeganklik met ʼn padwa nie. Noord is daar aan die westekant die Skedelkus, Kaokoveld en sentraal die Etosha, Twyfelfontein en naby Grootfontein ʼn deel van die pad wat jou laat dink jy ry opdraande, maar intussen is dit ʼn afdraande.

Ongelukkig sal nie al die plekke besoek kan word nie, maar net om in Namibië te reis, is ʼn ervaring. Baie plekke is daar niks om te sien nie, maar die “niks” is ook die moeite werd om te sien.

Groetnis

Dániel

Page 29: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 6

Kampresep/Recipes

Chocolate Pudding Dump Cake

INGREDIENTS

16 oz/455g package chocolate cake mix

3.9 oz/11g package instant chocolate pudding

1/2 cups milk

1/2 cups semi-sweet chocolate chips

METHOD

Lightly oil or spray 12 inch dutch oven; line with parchment paper if desired.

In large bowl, whisk milk with pudding mix until thickened.

Stir in cake mix; mix until well combined, batter will be thick.

Spread batter in prepared dutch oven.

Sprinkle evenly with chocolate chips.

Bake at 350 degrees for 30-35 minutes or until edges pull away from sides.

Allow to cool before lifting from oven with parchment paper.

(By— http://www.sunset.com/food-wine/

techniques/dutch-oven-desserts)

Page 30: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 7

Rivonia Barnyard

SAWA Elandsrand – Fondsinsamelingsprojek

Elandsrand bestuur was gelukkig genoeg gewees om weereens ‘n Barnyard fondsinsamelingsfunksie

vas te stel.

Tema: 50 Carat Gold

Datum: 11 Oktober 2015

Tyd: 13h00 vir 13h30

Plek: Barnyard Rivonia, Rivonia Crossing 2, h/v Witkoppen en Rivoniaweg

Koste: R85 (volwassenes en hoërskoolkinders)

R70 (Laerskoolkinders tot 12 jaar)

Voorskool: gratis

Graag wil ons lede versoek om die datum nou al in julle dagboeke vas te maak en om solank al julle

vriende en familie te nooi om die dag saam met ons te kom

geniet.

Soos julle sal sien, is die kostes heelwat goedkoper as

voorheen en wil ons almal aanmoedig om solank kaartjies te

begin verkoop!

Julle ondersteuning word hoog op prys gestel.

Vriendelike groete,

Elandsrand Bestuurspan

Page 31: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 8

Humour

Gatiep en Meraai sit in die skeihof.

Die regter moet besluit wie toesig van die minderjarige kind moet kry.

Die regter vra vir Meraai: "Meraai, gee vir my jou redes hoekom jy toesig moet kry?"

Meraai antwoord: "Djou honor, ek net nege maande aan die kind gedra en deur al die labourpains ge-gaan met die geboorte.

Dit gee my die reg om toesig te kry."

Die regter draai na Gatiep en vra: "Gatiep, sê vir my, gee my jou redes hoekom jy toesig moet kry?".

Gatiep antwoord: "Djou honor, as ek 'n R5,00 coin in 'n Coke masjien gooi en hy gooi 'n blikkie coke onder uit, is daai blikke myne of die masjien s'n??"

Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet.

"Jannie, asseblief!!" sê sy ma. "Wag asseblief tot ons gebid het."

"Ek hoef nie," sê hy dadelik.

"Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons by die huis eet."

"Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."

Page 32: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 1

Memorial Poem Twenty-Third Psalm

The Lord is my shepherd; I shall not want.

He maketh me to lie down in green pastures;

He leadeth me beside the s�ll waters. He

restoreth my soul; He leadeth me in the

paths of righteousness for His name’s sake.

Yea, though I walk through the valley of

the shadow of death, I will fear no evil: for

Thou art with me; thy rod and thy staff they

comfort me. Thou preparest a table before

me in the presence of mine enemies: Thou

anointest my head with oil, my cup runneth

over. Surely goodness and mercy shall follow

me all the days of my life: and I shall dwell

in the house of the Lord forever.

- h�p://www.memorialprayercards.com/

Page 33: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 2

Lief & Leed & Herdenkings 12 April

Lief:

�� Vlooi noem dat dit goed was om Hennie Swart se broer by die Presidente-kamp te sien, na sy hartoperasie en nieroorplan�ng.

�� Willa en Juranie Wolmarans se dogter, Anri, is Saterdag 11 April 2015 getroud.

�� Michele Pretorius het haar Vlak 3 in Noodhulp hernu.

Leed: Geen leed.

24 Mei

Lief:

�� Cobus Smit het beves�ging van ʼn nuwe werk gekry.

�� Dániel noem dat dit baie goed gaan met Hendrik Böhnen na sy voet operasie.

�� Freddie en Paula McCrate se dogter het getrou.

�� Kobus Strydom het ʼn bevordering by die werk gekry en ʼn Suzuki Boulevard aangeskaf.

�� Willie en Marietjie Robbertze het n nuwe woonwa gekoop.

Leed:

�� Freddie McCrate was betrokke in ‘smash and grab’ op pad na ʼn kliënt toe.

�� Willie Robbertze het byna sy vinger verloor met die hak van sy nuwe woonwa.

28 Junie

Lief: Cobus Smit het beves�ging van ʼn 3-maande kontrak werk gekry.

Leed:

�� Pieter en Adel de Bruin se swaer, Joop, is Vrydag 26 Junie 2015 oorlede.

�� Wessie vd Westhuizen se vader is oorlede.

�� Edith en Hendrik Bohnen het ‘n wiel op die woonwa verloor.

�� Kobus en Teresa Strydom se moeder het ‘n motorvoertuigongeluk gehad.

5 Augustus

Lief: Antonie en Tanya Schu�e het ‘n woonwa aangekoop.

Leed: Nico en Lorraine Zwars se seun is afgelos by die werk.

Nuwe Lede / Uitbreidings:

�� Antonie & Tanya Schu�e

�� March Lewis & Angelique Robbetze

�� Sam & Melinda Coetzee

Page 34: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 3

Jannie se verjaarsdagpartytjie - 27 Junie 2015

Baie geluk Jannie. Ons wens jou nog vele jare toe.

Hiermee n paar fotos van die

onvergeetlike aand...

Page 35: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 4

Page 36: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 5

“Perhaps they are not stars but rather openings in Heaven where the love of our lost ones shines down to let us know they are happy”

- Eskimo Legend

Page 37: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 6

Redaksioneel & bedankings Hello daar julle. Hierdie was vir my een van die “lekkerste” uitgawes om te doen. Soos ek deur al die kampbriewe lees en die Elander beplan, kon ek nie die groot glimlag op my gesig keer nie, en ek hoop julle stem saam met my.

Ons kon ongelukkig nie die saamterk by Eastco vanaf 30 April - 2 Mei 2015 bywoon nie, maar as ek so na al die foto’s kyk, het ons lede beslis ‘n lekker pretvolle naweek gehad.

Die Warmbad-kamp vanaf 12 - 16 Junie 2015, is seker ons gunstelling kamp van die jaar (met ‘n lekker langnaweek daarby). Die naweekprogram was nie baie besig nie. Dit het almal genoeg tyd gegee om lek-ker te ontspan teen hul eie pas. Ons lede het hulself besig gehou deur swem, stap, perdry, tennis of net lekker kuier by die gesamentlike braai.

Die Buffelspoort-kamp vanaf 31 Julie 2015 - 2 Auguatus 2015 was ook ‘n baie lekker kamp en ‘n ekstra daggie sou baie lekker gewees het. Die “Buffelsfees” was ‘n “disappointment”. Daar was baie min om te doen by die fees en dit was dieselfde �pe stalletjies soos al die jare tevore. Niks spesiaal nie. Nietemin, die oord maak altyd seker dat daar genoeg is om te doen. Die kinders het hulself besig gehou en die wat in die winter wou swem, het die onderdak swembad geniet. Anne en Grant het my en Cobus mooi touwys gemaak met muurbal en tennis.

Ek sien baie uit na ons AJV wat net om die draai is, en dit laat my dink hoe vinnig die jaar verby gevlieg het.

Aan my ou staatmakers, Nico, Michele, Tanya en Sandra, baie dankie vir julle hulp met die Elander. Ek hoop julle geniet hierdie uitgawe!!!!

Groete

Wikus

Page 38: Bloumaan by Buffelspoort Die Elander - SAWA · 2016-02-29 · Elander Winter / Winter 2015 - page 3 Die Woord vir Vandag Filippense 1:10 NLV 10 “Dit sal julle in staat stel om dié

Elander Winter / Winter 2015 - page 7

SAWA se missie Om:

• vir Afrikaans-georiënteerde kampeerders ‘n tuiste te bied waar hulle binne ‘n Christelike konteks hulle beginsels en kultuur kan uitleef;

• vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekos�gbaar as moontlik te kampeer;

• die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met ander instansies;

• die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf;

• in alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

SAWA kontakbesonderhede

SAWA webwerf: www.sawa.org.za

Elandsrand facebook: h�ps://www.facebook.com/groups/424687670923259/

Elandsrand voorsi�er: Gerhard (Vlooi) Swanepoel

Elandsrand voorsi�er epos: [email protected]

Elandsrand voorsi�er kontaknommer: 083 227 7962 (S)

Elandsrand Bank besonderhede:

Rekening by FNB - Gauteng East - 62375 339 879; Takkode - 220 125; Tjekrek

Verw - Lid nr OF voorle�ters & van & streek naam. Asb nie “SAWA” nie

SAWA Nasionale Voorsi�er: Jannie Meyer

SAWA Nasionale Voorsi�er epos: [email protected]

SAWA Nasionale Voorsi�er kontaknommer: 082 462 7615 (S)

AWA hoo�antoor bank besonderhede:

Rekening by ABSA – 230 155 771; Takkode – 632 005; Tjekrek

Verw - Lid nr OF voorle�ters & van & streek naam. Asb nie “SAWA” nie

Die Elander word uitgegee deur Elandsrandstreek van die SA Woonwa-Assosiasie. Plasings van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensies impliseer nie

noodwendig dat dit die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word deur die redakteur verantwoord.