ev · geagte ouers/dear parents ... binne distrik-noord en ons is werklik dankbaar vir almal se...

13
Geagte Ouers/Dear Parents It is astonishing that a term can pass by so quickly. With a quarter of the year behind us, we can have a thankful reflection on all the activities all our EVERS and parents were involved in. This would not have been possible without the dedication of our boys and girls, teachers and parents. BEHEERLIGGAAMVERKIESING Die eerste uitdaging vanjaar was om genoeg ouers (‘n kworum) byeen te kry vir die Beheerliggaamverkiesing vir die 2018-2021 termyn. Dit het ons ouers skitterend reggekry en danksy u deelname kon ons die verkiesing suksesvol afhandel. We would like to thank the following parents and staff for their willingness to serve on the Governing Body: Jacques Odendaal (Chairman of the Governing Body); Franzee Hess (Vice-Chair of the Governing Body); Roux van Zyl (Finance); Glynn Hugo (Secretary); Jaco Serfontein; Lethea Vosloo; Louise Rheeder; Naas Beets; Gys Burger (Co-opted) Henk Arangies (WCED Representative) We believe that we have a good team in place to be responsible governors for the next three years. Ons EVERS het hierdie kwartaal op vele terreine deelgeneem en ook uitgeblink. U sou volledige terugvoer hieroor ontvang het deur middel van die EVERFOKUS/E-POS/FACEBOOK of TWITTER. Lees ook gerus die verslae wat op my kort briefie volg. EVERAKSIE/FONDSINSAMELING/OUERSKAKELING Ons EVERAKSIE (die bestuur en die klasverteenwoordigers) het hierdie kwartaal weer ongelooflik hard gewerk om ons fondsinsamelings te dryf, maar ook baie goed daarin geslaag om ons ouers by die skool betrokke te kry. Ons wil ons ouers bly aanmoedig om hierdie organisasie op te soek en u hulp aan te bied. U hoef nie altyd betrokke te wees nie, maar u mag dalk baie graag ‘n spesifieke projek ondersteun of selfs lei. Kontak gerus vir Dia-louise Terblanche (Voorsitter van die Everaksie) in hierdie verband. We were totally overwhelmed by the support we received at the first ever Eversdal Food Fair. This was a great community event organized by our EVER ACTION. EVERS LEAVE A TRAIL EVERS LAAT ‘N SPOOR NA 1

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

EV

Geagte Ouers/Dear Parents It is astonishing that a term can pass by so quickly. With a quarter of the year behind us, we can have a thankful

reflection on all the activities all our EVERS and parents were involved in. This would not have been possible without

the dedication of our boys and girls, teachers and parents.

BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Die eerste uitdaging vanjaar was om genoeg ouers (‘n kworum) byeen te kry vir die Beheerliggaamverkiesing vir die

2018-2021 termyn. Dit het ons ouers skitterend reggekry en danksy u deelname kon ons die verkiesing suksesvol

afhandel.

We would like to thank the following parents and staff for their willingness to serve on the Governing Body:

• Jacques Odendaal (Chairman of the Governing Body);

• Franzee Hess (Vice-Chair of the Governing Body);

• Roux van Zyl (Finance);

• Glynn Hugo (Secretary);

• Jaco Serfontein;

• Lethea Vosloo;

• Louise Rheeder;

• Naas Beets;

• Gys Burger (Co-opted)

• Henk Arangies (WCED Representative)

We believe that we have a good team in place to be responsible governors for the next three years.

Ons EVERS het hierdie kwartaal op vele terreine deelgeneem en ook uitgeblink. U sou volledige terugvoer hieroor

ontvang het deur middel van die EVERFOKUS/E-POS/FACEBOOK of TWITTER. Lees ook gerus die verslae wat op

my kort briefie volg.

EVERAKSIE/FONDSINSAMELING/OUERSKAKELING

Ons EVERAKSIE (die bestuur en die klasverteenwoordigers) het hierdie kwartaal weer ongelooflik hard gewerk om ons fondsinsamelings te dryf, maar ook baie goed daarin geslaag om ons ouers by die skool betrokke te kry. Ons wil ons ouers bly aanmoedig om hierdie organisasie op te soek en u hulp aan te bied. U hoef nie altyd betrokke te wees nie, maar u mag dalk baie graag ‘n spesifieke projek ondersteun of selfs lei. Kontak gerus vir Dia-louise Terblanche (Voorsitter van die Everaksie) in hierdie verband. We were totally overwhelmed by the support we received at the first ever Eversdal Food Fair. This was a great community event organized by our EVER ACTION.

EVERS LEAVE A TRAIL

EVERS LAAT ‘N SPOOR NA 1

Page 2: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

SPORT AND CULTURE 2017 WCED SYSTEMIC RESULTS We were very proud of our results received from the 2017 WCED Systemic Tests. Our learners did extremely well and it is great to report that there is a very good CURRICULUM DELIVERY process in place at Eversdal Primary School. Laerskool Eversdal presteer op alle vlakke en vakke tussen die top drie skole binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid om die akademiese standaarde te handhaaf. We are thankful that we can work with talented learners and under- standing parents. Behind this great success is a good and balanced staff who cater for all the needs of all our learners. We are also greatful for an understanding Governing Body that keeps balance in mind when we employ staff members at Eversdal Primary School. KURRIKULUMPROJEK – EVERSDAL/KLAPMUTS Ons skool het baie gemeenskapsinteraksies en dit is dikwels ook ‘n uitvloeisel van ons DAMUS-fondsinsamelings. ‘n Langtermynprojek is egter ons interaksie en skakeling met Klapmuts Primêr – ‘n baie arm landelike skool in die Klapmuts-omgewing. Ten spyte van geweldige armoede word hierdie skool deur ‘n baie dinamiese skoolhoof (Ronnie Frans) en ‘n toegewyde personeel bestuur. Klapmuts Primary has made huge strides to incorporate technology in their teaching and we have been involved with their programme since 2010. They have developed their strategy without any hand-outs from the Western Cape Education Department by engaging with partners to improve their teaching strategies. We attended the opening of their tablet/curriculum programme last week and it was very evident that the partnership between our two schools were very important to them in realizing their dream.

This showcased our school as an alive, vibrant community and it got the whole school together in one single event. A sincere thanks to Natalie Bierman (organizer) and the whole team of parents and teachers who supported her. We thank all our parents for the positive feedback and we will definitely improve this event in the future. Die Chas Everitt 5 km Pretstap was ook ‘n heerlike, gesonde geleentheid waaraan die hele skool kon deelneem. Dit was weer ‘n baie kort en genotvolle oggend en ons wil ons ouers en EVERS aanmoedig om volgende jaar in NOG groter getalle hieraan deel te

neem.

Ons leerders het ook al die kwartaal uitstekend gevaar op die sportveld, hetsy dit op die atletiekbaan, die krieketveld of die tennisbaan was. Ons Skaakspanne het uitstekend gevaar in die onderskeie kompetisies waaraan hulle deelgeneem het. Daar is ‘n lekker opwinding onder die leerders vir die winterseisoen wat voorlê. Our cultural programmes also pick up in second and third terms. Our u/13A Rugby and Netball teams have already played their first matches of the season. They drew matches against the toughest teams in the league and really stood up to the challenge.

Page 3: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

Laerskool Eversdal en Klapmuts Primêr se personeel werk ook saam om verskillende insigte in ons eie kurrikulumprojek te kry en ons deel al ons werk met hulle. Daar is ook geweldige innoverende onderwyser/esse op hul personeel wat ook hul materiaal met ons deel. Hierdie interaksie tus-en die twee skole (van twee uiters verskillende omgewings) voeg baie waarde vir beide toe. TEN SLOTTE Ons leerders is baie divers in hul talente, maar ook in hul eiesoortigheid. Dit bly ongelooflik om te sien hoe ons personeel daagliks by hierdie eie-soortigheid aanpas. Dit sal altyd ‘n uitdaging bly, aangesien ons personeel ook, ten spyte van hul opleiding, elkeen ‘n eie, unieke persoonlikheid het. Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen onderwyser/es en leerder. Raising a child is not an easy job and it can be quite challenging for a parent. I want to invite our parents not to hesitate to contact me when you need advice in dealing with difficult situations relating to your son or daughter. The care and welfare of our learners remains our first priority. We wish all our school folk a restful holiday and, for those who celebrate Easter, a blessed one. Regards SIGNED ELECTRONICALLY: H. ARANGIES EVERSDAL PRIMARY SCHOOL: HEADMASTER 2018-28-03

CARLOU BRAND 082 338 5490 [email protected]

LIKE ME ON FACEBOOK Carlou Brand - Chas Everitt

#AssetOpportunity

Page 4: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

BEHEERLIGGAAM / GOVERNING B

CURRICULUM / KURRIKULUM

GRONDSLAGFASE / FOUNDATION

PHASE

The function of education is to teach one to think intensively and critically. Intelligence plus character - that is the goal of true education. (Martin Luther King, Jr.)

Grade 1 In Grade 1, the learners continue to learn through experience and discovery. They move from the known to the unknown. They are prepared, during the previous year, for this first formal school year. However, when the day arrives and the school year starts with great excitement, it is still a great adaptation for parent and child. Ons salueer des te meer hierdie klein mensies en wat hul in die eerste kwartaal reeds vermag het. Hulle het formeel begin lees, wat beteken dat vreemde woordjies ontrafel kan word. Hulle skryf in spooklyne en het al voor die klasmaats mondeling gepraat. Wiskundige begrippe word deur probleemoplossing en ondersoekende leer onder die knie gekry. Hulle herken getalle en manipuleer dit behendig wanneer hulle

woordprobleme berekend en met verbasende insig uitpluis.

The learners' creative development will not be left behind. During art lessons, they are ex-posed to a variety of media and materials. They are encouraged to draw, paint, design and create.

Leerders leer om saam te werk en tydens groepwerk word 'n magdom lewensvaardig-hede aangespreek. Die vaardigheidsprogram ontwikkel die Evertjies fisies. Dit word op 'n gestruktureerde, maar prettige manier aange-bied om te verseker dat die groot- en kleinspiertjies die noodsaaklike oefening kry.

The homework evening has ensured that the academics, accompanited by captivation, are done with ease. This was truly a very pro-ductive term.

Graad 2 Hierdie kwartaal het die Graad 2-maats hard gewerk. In Lewensvaardigheid het ons geleer hoe om `n goeie maat te wees, hoe ons water kan gebruik en bespaar, die noodsaaklike dinge wat nodig is om te lewe en dat ons nie almal eenders is nie. Die leerders geniet hulle kunsperiodes terdeë. Hulle het pragtige borde met gesonde kos geteken deur slegs met koue en warm kleure te werk. We learned new methods in Mathe-matics. As a group, we enjoy our Ever Gym pe-riods, during which new skills are learned.

Grade 3 During this term, our Grade 3s enjoyed many fun activities. We especially enjoyed our sea creature oral. We studied many interesting creatures, such as the leafy sea dragon, the scary looking angler fish, different types of jelly fish and even a very big and colourful octopus. Die Graad 3’s het ‘n Tegnologieprojek aange-pak waar die leerders ‘n fotoraam moes maak. Die Evers het dit geniet om hulle families aan ons voor te stel en die rame volgens elkeen se persoonlikheid te versier. Our grade threes also had the opportunity to visit the new library room with computers and took out many books. They especially like the Where’s Wally books and different joke books. They also had the opportunity to work on CAMI Math and Cami Reader, on the computer.

Die Graad 3-leerders kyk terug op ‘n opwin-dende kwartaal waarin hard gewerk, maar ook lekker gelag en gespeel is.

INTERSENFASE / INTERSEN PHASE

IMPORTANT DATES: BELANGRIKE DATUMS:

10 Apr. Skole heropen Didaktiese klasse begin Sportoefeninge begin – VOLG MAANDAG SE SPORTROOSTER TER VOORBEREIDING VAN WEEK SE RUGBY 11 Apr. Kwikspar Rugby Day – U/13A SPORT PRACTISES TO CONTINUE AS NORMAL 12 Apr. Everaksievergadering – 07:30

Kwikspar Rugbydag – O/11B & O/13B

13 Apr. Netball: u/12A & u/13A at Bellville H/S Senior Choir practise: 13:00 – 16:00 14 Apr. Sportdag vs Van Riebeekstrand - WEG Juniorkoor oefen: 11:00 – 13:00 16 Apr. Neatness Control 17 Apr. Gr. 4 Outing: Gr 4E1 & 4E2

Page 5: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

Graad 4

Die Graad 4-leerders het ons grootste ver-wagtinge oortref met hulle vaardighede en geoliede ratte op hulle tablette met OneNote. Leer het ‘n splinternuwe uitdaging geword en, saam met die ontdekking van nuwe vakke, is daar ook geleer om saam die kurrikulum te ontdek.

During History, they discovered an appreciation

for artefacts and the story behind each object. Some of us were able to grow beautiful beanstalks while others are still wait-ting for something green to emerge. Research for their Geography task was done in class, with the use of iPads and tablets - many learned new skills. Graad 5 Met die gebruik en ontdekking van OneNote en die elektroniese kurrikulum het die die graad 5’s met ywer voortgebou op die kennis en vaardighede wat aangeleer is in graad 4. Hierdie kwartaal het ons Graad 5-klasse floreer in die STEM-klas. Daar is steeds groot opgewondenheid oor die “Coding” op die skootrekenaars. Gedurende die NW-periodes het die klasse ‘n gewerwelde dier of skelet van ‘n mens gemaak uit herwinbare materiaal. Dit was ‘n verlenging van die eenheid oor verte-brate en invertebrate. Through exploring the San and Khoikhoi people the learners discovered our country’s rich inheritance, using 21st century technology. Graad 6

Natuurwetenskap: Groot was die opgewondenheid om al ons eksperimente in die nuwe NW-Laboratorium te kon gaan uitvoer en nie meer in die klas om een tafeltjie hoef te gestaan het nie. Elke groep was hierdie kwartaal werklik bevoorreg om by hulle eie stasie, in kleiner groepies, te kon wees. Hulle kon die Jodiumtoets op verskeie kossoorte uitvoer om te toets of die voedsel-soorte stysel bevat of nie.

Scholar Patrol: The scholar patrol consists of Grade 6 learners who diligently perform their duties every day. They see to it that learners and parents are able to cross the road safely. Early morning, even when it is dark, you can see the reflective jackets and hear the whistles blowing. Come rain or shine, they are always on duty. We trust them to keep us safe! Grootskerm-TV: Die res van die Graad 6-klasse kon nie hul opgewondenheid bedwing toe die 65 duim TV’s in ons klasse geïnstalleer is nie. Met die lig in ons klasse was dit ‘n groot uitdaging om die beeld van die projektors helder te kry vir die

leerders. Die nuwe TV’s is baie helder en duidelik en verg baie minder inspanning van die leerders om die beeld te sien. Ons werk sommer nou lekkerder en met ‘n nuwe visie.

Graad 7 Die graad 7’s het goed aangepas in die Senior Fase. Hulle het die kwartaal in die Natuur-wetenskapklas geleer oor die klassifikasie van diere. Hulle het onder meer die skerpioen bespreek. Gedurende die buitelugkamp het hulle die geleentheid gehad om die diere te soek en te bestudeer. In Technology, they had the opportunity to design and make a model of a “jaws of life.” Levers, pneumatics and hydraulics were the focus points. EBW het hul definitief meer geldbewus gemaak. Hul het die geskiedenis van geld, informele en formele besighede bestudeer. Their creativity sparked in the Creative Arts plays. In both Visual Art and Technology, drawing skills were broaden by using vanishing points.

OPERASIONELE BESTUUR/

OPERATIONAL MANAGEMENT

So aan die begin van ’n nuwe jaar is daar soveel dinge, soveel aksies, soveel nuwe stelsels, en dan dink ’n mens onwillekeurig terug aan daardie tye wat verandering gebring het.

May I just remind you that change leads to renewal and that brings excitement. This was certainly true for term 1 of 2018. We started off with a bang, welcoming seven Grade 1 classes and 22 new Evers from Grade 2 – 7. By now they are all true Evers. Ons skool loop op geoliede wiele. Stelsels is in plek en elke departement, wat in die skool-stelsel verteenwoordig word, het ’n bekwame bestuurder in beheer. Hierdie verskillende be-stuurskomponente vergader gereeld, soms ook in kleiner groepe, om terugvoering te gee oor die stand van sake in elke afdeling. The school’s biggest challenge remains the management of water. Sporting codes sud-denly cancelling matches due to the lack of watering facilities, presented us with many meetings to discuss the way forward. On the one hand, we were sensitive to the call to do our utmost to bring the school’s water consumption down, but on the other hand we still wanted to give our sporting teams the opportunity to compete against other schools. Thank you for understanding.

Page 6: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

Vanaf die WKOD se kant is daar ook baie voor-skrifte ontvang rondom gewysigde assesse-rings vir die Grondslagfase (die skool wag nog vir die Ifsenfase se aanpassings). Hierdie wysigings gaan ook met baie druk gepaard, want die relevante dokumentasie is pas ont-vang. You also read about the numerous accolades the school received, after 2017’s systemic tests for Grade 3 and 6, in Languages and Mathe-matics. We are proud of these accolades but also humble in receiving them, knowing that this could place a burden on teachers to only teach to receive these excellent results year after year. In doing so, we will make a huge mistake, by not preparing our Evers for their future. Die skool gaan voort om addisionele dienste via die Procurasentrum aan te bied. Hier is ’n span bewame personeel betrokke wat waarde toevoeg tot die breë spektrum van dienste gelewer. Woon gerus hulle kwartaallikse Ouerondersteuningsvergaderings by.

The school would also like to request you to teach your children to be very specific when they come to school. They need to ensure that they remember their books, lunch, sport clothes, etc. If you do need to deliver some-thing for your child, you need to report at Reception and please make sure the goods are marked clearly. Please, no parents may enter the school through any other means than reporting at Reception! You may not go to your child’s classroom.

Die nuwe Beheerliggaam het reeds hulle werk-saamhede begin en tydens die eerste verga-dering is die ampsdraers verkies. Die skool glo en vertrou dat die verbintenis oor die volgende drie jaar sal bydra om Eversdal tot nog hoër hoogtes te neem. If a person uses every hour of every day to put smiles on people’s faces and accept new challenges, it must make a difference in the end! Together we can all make a difference today, as well as in the new term, thereby changing the outcome of tomorrow.

CULTURE / KULTUUR

Ons Evers woeker reeds fluks op die kul-tuurfront! ATKV-REDENAARS

Laerskool Eversdal het vanjaar 10 sprekers vir die ATKV-Redenaarskompetisie ingeskryf. Al die redenaars is tans hard aan die oefen vir die eerste rondte, wat vroeg in die tweede kwar-taal sal plaasvind.

EISTEDDFOD

The Eisteddfod Entries are in and we all look

forward to preparing the learners for the ad-

judication in August.

CONCERT This year the Grade 4–7 learners will be hosting our school concert. At the beginning of next term, we will have a meeting with all our parents. We are looking forward to hosting another spectacular event. EVERDRAMA Mev. Spangenberg is verantwoordelik vir die skryf van vanjaar se eenbedryf wat by die fees-te opgevoer gaan word. Daar sal volgende

kwataal in alle erns begin word met repetisies.

EVERJAM

Everjam is ‘n saamsinggeleentheid vir Evers, groot en klein. Hierdie jaar sing Gr. 3-7 Evers lekker saam met hul onderwysers op ‘n Maandagoggend – wat ‘n heerlike manier om die week te begin! Ons begin met ‘n kort gedagte en lig daarna die dak onder geklank van instrumente en sang. Kinders kry die ge-leentheid om liedjies op die Ever-manier te leer.

CHOIR

The Junior Choir consist of 61 Grade 1 to 3 learners. They are working very hard, learning many new and difficult music, in order to be prepared for the upcoming performances in the second term. Ons is trots op wat hulle reeds vermag het en glo dit kan vorentoe net al hoe beter gaan.

Die Seniorkoor bestaan hierdie jaar uit ‘n rekordgetal van 110 lede. Hulle het reeds die tweede naweek van die kwartaal ‘n oefenkamp gehad om al die nuwe musiek aan te leer. They are planning to participate in several com-petitions and concerts this year, including the 10th World Choir Games in Tshwane, and are hard at work preparing for the first concert which will take place early in the second term. BYBELVASVRA

Die Bybelvasvraspanne is druk besig om voor te berei vir die eerste rondte in Mei. Dis ook die eerste jaar wat ons ‘n juniorspan ingeskryf het. This year the content consists of Proverbs, Daniel and Isaiah. Liezl, Joandi, Marika and Liezl de Jager are preparing the learners to be-come the winners. Good luck for the first round.

KUNS

Grondslagfase

Graad 1: Die jaar is afgeskop met die tema “Ek.” Ons het die mooiste selfportrette met pastelle geteken. Hare het tekstuur gekry deur koerant-repies te skeur en te plak, waarna ons daaroor geverf het. Graad 1’s kon hulle eie primêre kleur kies om die agtergrond te verf.

Page 7: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

Die kunswerke is afgerond met ink stempel-werk. Nou fokus ons op verftegnieke; hoe om die kwas reg vas te hou, die kwas mooi skoon te maak na elke kleur se gebruik (met min water) en ons verf ons eie primêre en sekon-

dêre kleure!

Grade 2: We celebrated ‘healthy food’ by draw-ing fish and vegetables on a plate, using pastels. These items were cut out and glued onto a background simulating a checked tablecloth in warm or cold colours. Voila! Ready to enjoy a healthy plate of food! Ons teken nou Everspore - werklike aardvark- spore! Die spoor word deur middel van diago-nale lyne in abstrakte blokke verdeel, waarna ons warm en koue kleure gebruik vir kontras.

Die Evers laat kleurvolle spore na! Grade 3: Our Grade 3s drew masks, each showing a different emotion. They concentrated on lines and shapes to create a specific emotion. Each mask was filled with either warm- or cold coloured patterns. Words descri-bing emotion were written all around the masks and offered an ideal opportunity to discuss the various emotions we feel. Final touches were added with pieces of gold and silver paper. Ons het die kwartaal afgesluit met die tema, “Noodhulp”.

Ifsen: A very fast, very busy term in the art room! Considering what the learners were able to produce the last three years, we took it up a notch and, still following CAPS, increased the level of difficulty of the tasks slightly. The learners took up the challenge!

Die Graad 5’s het opgradeer van “Ek teken my maatjie wat ‘n sport beoefen” na ‘n saamgestel-de skets waarin sport, en die deelname daaraan, uitgebeeld word. Vir hierdie taak is potlood, kleurkryt, drie skakerings pastel, fyn skeur-en-plak, swart pen en effekleur waterverf gebruik. Grade 6 started off by learning effective methods of how to draw animals. The theme for their portrait was “Wild animals in art”. The buzz word for the term is “monochrome” and they have to use only one colour, plus black/white and water to complete the whole sketch. This task will still continue into the first weeks of term two.

Die Graad 7’s het afgeskop deur te leer dat dit wat hulle nog elke dag sit en teken op hulle notas tydens lesse, ‘n naam het: “Doodles!” Daarna het ons weggespring met seker die

mees suksesvolle kunsprojek tot op hede – “vanishing point art!” Hulle is gaande daaroor en briljante sketse kom vorendag! Hierdie taak neem ook veel langer as verwag en sal beslis volgende kwartaal voortgesit word.

The IFSEN art room is proud to announce that this term we did all of our tasks and cleaning using only the water produced by the staff- room aircon! With creativity like this we can only go UP!

MUSIEKDEPARTEMENT

Ons musiekleerders is fluks aan die gang-, elkeen het sy eie program. We expanded this year by including Mrs Carin van Zyl as a guitar teacher, currently teaching 22 additional lear-ners. Altesaam 143 leerders neem tans musiek by die skool.

PERCUSSION BAND / MARIMBA BAND Being busy with the marimbas for a year now, the learners have developed valuable skills and listening abilities. They are studying new songs at quite a fast pace and are therefore preparing for upcoming performances and an Eisteddfod.

Our Grade 2 and 3 percussion bands, led by Mrs Prozesky, are also practising every week. Ons sien uit na die uitkoms van hulle harde werk.

LEERDERSAKE / LEARNER

MATTERS

MENSLIKE HULPBRONNE / HUMAN RESOURCES

Aan die einde van die kwartaal kan al ons per-soneel met dankbaarheid terugkyk na dit wat by die skool bereik kon word. The start of 2018 welcomed four new staff members to the Eversdal Team. In die Grondslagfase het Mev. Gerda Cardoso in ‘n Graad 1-klas, en Mev. Amelia de Wet in ‘n Graad 3-klas aangesluit. Also in the Foun-dation Phase, Mrs Jeanne-Amé Fourie started in a Grade 3 English class. In the Intersen Phase we welcomed Mrs Hiloise Koen who joined us in Grade 4. Die Sportkantoor het twee nuwe lede bygekry, nl. Mnr. Roubi Kapp en Mej. Ulandi Pretorius. Mnr. Kobus van Schalkwyk het na sy aftrede wel besluit om nog in die middae behulpsaam te wees met afrigting. Ons verwelkom hom terug. Thank you to Mrs Raksha Mahadev who was the substitute teacher in Mrs Cat le Roux’s

Page 8: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

class while she was on maternity leave for the first term of 2018. Mnr. Christo Snyman het hierdie kwartaal die leisels in die Graad 5A3-klas geneem. Ons het groot waardering daarvoor. Mr Aaron Bopani joined the team as a general worker. Dit was ’n besige kwartaal. Almal het saam-gewerk om te verseker dat ’n suksesvolle Voedselfees afgehandel kon word. Ons op-voeders en terreinwerkers verdien almal ’n welkome ruskans.

BEMARKING/MARKETING

FUNDRAISING PROJECTS

Under the leadership of Mrs Dia-louise Terblanche and the EVER ACTION, 2018 kicked off with the Chas Everitt Fun Run, followed by the Treasure Hunt three days later. At the Fun Run 630 people participated and those who dressed up for the occasion, were responsible for great fun! The Treasure Hunt was, like all the previous years, a great money spinner and contributed R65,000 to the coffers of the school. We appreciate all the efforts of the parents who supported the Evers!

LOJALITEITSKAARTE

Eversdal het hierdie kwartaal weer baatgevind by die inkomste wat deur lojaliteitskaarte ge-genereer word. Die skool is tans deel van My School (Woolworths), Makro (Cape Gate) en Spectra (skryfbehoeftehandelaar by GlenGarry) se projekte. Dit is so eenvoudig soos, die ouers toon hulle kaarte (met Eversdal as be-gunstigde) by die handelaars wanneer hulle aankope doen en die skool kry op ‘n gereelde basis ‘n persentasie van die aankope. CHARITY Our motto is DAMUS - WE GIVE. Once again, the Evers lived up to this motto by collecting, as part of the preparations for DAY ZERO, bottled water for the SPCA. This project took place under the leadership of Mrs Maryke Botha. PLATINUMBORGE Die skool is bevoorreg om vanjaar weer eens die platinumborgskap van Chas Everitt te geniet. Dit is nou al die sesde jaar dat Mnr. Charl Louw en Mev. Carlou Brand van Chas Everitt as platinumborge betrokke is by Eversdal. Platinumborge wat oor so ‘n lang termyn betrokke is, is vir ‘n skool goud werd! Dan het daar vanjaar ‘n nuwe platinumborg tot die arena toegetree, by name Standard Bank. Ons wil vir hierdie bankgroep baie welkom heet

en hoop dat dit die begin van nog ‘n lang-termynverhouding is.

FINANSIES/FINANCES

Effektiewe finansiële bestuur is uiters nood-saaklik om leer en onderrig in die skool te bevorder. Finansiële aanspreeklikheid is een van die hoekstene van goeie beheer, verslag-gewing en monetering. Our Financial Committee is committed to maintaining the best practices in financial go-vernance, financial management, and re-porting. Good financial practices mean: responsible management of funds and aligning the budget with the school’s strategic plan. Die skoolfondskomitee staan gereed om die 2017 uitstaande skoolgelde op te volg. Ons wil graag ons ouers wat getrou skoolfonds betaal, hartlik bedank! Parents, please keep in mind that you are liable to pay school fees according to the South African School’s Act, section 39! Therefore, if you are struggling to make school payments and need to make arrangements, please contact the Finance Office or send an e-mail to [email protected]

PROCURA

SOSIALE-, EMOSIONELE- EN

LEERONDERSTEUNING

Wanneer ons na Procura verwys, verwys ons na die ondersteuning van leerders met spesiale behoeftes in die hoofstroomskool. Ons beywer ons om seker te maak dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik op sy/haar eie, unieke wyse. Hetsy akademies of emosioneel, wil ons verseker dat ons leerders gebalanseerde, vol-waardige lede van ons gemeenskap word.

Procura maintains Eversdal's ethos of "We give" and we are thankful that we could assist many learners, both emotionally and aca-demically, this term. With the assistance of a team of professional people and our Damus fund, we were able to accommodate all our learners. We thrive to create a warm and welcoming atmosphere, where our learners can feel safe and protected.

LIBRARY/BIBLIOTEEK

The library opened on 29 January, for the taking out of books. From the start, the learners eagerly and enthusiastically lined up to take out books! Our library monitors adapted very quickly to the new pressure and did an

Page 9: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

excellent job! Well done, Eversdal is proud of you! We celebrated World Read Aloud Day on February 1st, by reading aloud in our classes! Some of our Gr. 7 learners read to the little ones in Gr. 1 and Gr. 2. It went so well that many of these eager listeners asked me if the “big children” can come again!

During the month of love, we had a “Love your Library Campaign” and had beautiful book-marks and hearts everywhere! Everyone could write a letter to the library: “Dear Library, I love you because…” Internasionale Moedertaledag op Woensdag, 21 Februarie, is ‘n dag wat deur UNESCO be-paal is om diversiteit in taal en kultuur regoor die wêreld te vier, asook die belangrikheid om in jou eie taal onderrig te word! Die leerders is aangemoedig om verskillende kulture en tale te vier deur die lees van gedigte, stories te vertel of liedjies te sing! We celebrated Dr Seuss Day on 2 March. The learners took part in many activities in the library. Op 5 Maart het een van die land se veelbekroonde kinder- en jeugboekskrywers, Jaco Jacobs, vir ons kom kuier! Hy het ons leerders só gemotiveer om te lees, dat ons biblioteek vir die volgende paar weke uit sy nate gebars het! LAPA het ‘n boekverkoping op 5 en 6 Maart gehou en ons het R50 995 se boeke verkoop waarvan die skool 10% van die verkope in die vorm van boeke ontvang het! South African Library Week 2018 was held between 19 – 25 March, with the theme: Libraries: Heart of the Community. The theme re-emphasizes the idea that libraries belong to the community and are central to it. All libraries, whether it is a School, Public, Academic or Special Library, are at the heart of their communities, to offer vital resources to address the needs of the community and are also gathering places for the community gathers. Our library provides free accessible space, information resources and services to all our teachers and learners. A Book Sale by The Book People on 26 and 27 March, marked the end of a very busy library term.

GEBOUE EN TERREIN

Wat die Geboue-en-Terreinportefeulje betref, was dit ‘n baie besige kwartaal. Die

waterbeperkings het ‘n groot impak gehad op die manier hoe water bestuur word in die skool, asook op ons velde. Ons het verskeie watertenks op die terrein geïnstalleer, wat water aan verskillende areas voorsien. Al die badkamers is meer water-effektief gemaak deur handreinigers te installeer en leerders aan te moedig om dit, i.p.v. krane, te gebruik. Al ons buitekrane het slotte gekry, maar die fonteine is oopgelos vir leerders om water by te drink. We are proud to announce that we have decreased our water usage substantially over the past few months. Our swimming pool is also topped up with borehole water, which was tested and treated before being pumped into the pool. We are currently looking at other options to use water even more effectively. Die opgradering van die area agter die Oink is ook besig om tot ‘n einde te kom. Ons kan nie wag vir die voltooiing van die projek nie. Die tennisbane word ook tans opgradeer en herstel om te verseker dat ons leerders beseringvry op die bane kan bly speel. We will be commencing with quite a few projects next term and will keep the parents updated.

Page 10: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

1. ATHLETICS

Results of the Foundation Phase Inter-House Athletics Meeting held on Friday, 26 January 2018

House winners - Foundation Phase: 1. Tulbagh 368 2. Eksteen 351 3. Verwey 307 Sangbeker: Eksteen Trophy winners: u/7 Girls (Best u/7 Girl’s Athlete): Lisa Besterfield u/7 Boys (Best u/7 Boy’s Athlete): Gideon Jooste u/8 Girls (Best u/8 Girl’s Athlete): Tatiana Thomatos u/8 Boys (Best u/8 Boy’s Athlete): Ross Tilling u/9 Girls (Best u/9 Girl’s Athlete): Mila Muller u/9 Boys (Best u/9 Boy’s Athlete): Ben van der Merwe

Die volgende Evers het vanjaar WP-kleure vir Atletiek ontvang:

• Juan van Deventer vir Seuns o/10 gewigstoot. • Rohan Hendrikse vir Seuns o/12 spiesgooi. Die volgende Evers het vanjaar Sone-kleure vir Atletiek ontvang: • Carlo Brink vir Seuns o/10 hoogspring. • Natasha Watson vir Dogters o/11 70 m hekkies. • Reuben Smith vir Seuns o/12 verspring. • Cohen Williams vir Seuns o/12 100 m & 150 m. • Christiaan Lehmensich vir Seuns o/12 75 m hekkies. • Stefan Roux vir Seuns o/12 diskus. • Evan Kotze vir Seuns o/12 gewigstoot. • Lienka Serfontein vir Dogters o/13 hoogspring.

• Dejean Tolmie vir Seuns o/13 80 m hekkies & 200 m hekkies.

2. KRIEKET

MINI-KRIEKET KWARTAAL 1 (2018)

Op Maandag, 22 Januarie, het die Mini-krieketseisoen van 2018 ‘n aanvang geneem. We had more than 138 boys (u/7 to u/9) enrolling to participate for the season ahead. Even though we had some practise days with temperatures outside exceeding 30˚C, the boys still turned up in their numbers to enjoy the sport of mini-cricket. Tydens die kwartaal het ons mini-krieket seuns aan verskeie Mini-kriekettoernooie deelgeneem. Dit was ons O/7 seuns se beurt om in die Boland te gaan “kuier” tydens hulle deelname aan Laerskool Hugo Rust se Mini-krieketdag wat aangebied is by Landbouskool Boland. Laerskool Eversdal se O/7A, B en C-spannetjies het aan die toernooi deelgeneem, en die seuns, het, ongeag baie warm temperature, baie goeie krieket gespeel. Wednesday, 14 February, was once again time for our Annual Internal Mini-Cricket Tournament for all our u/7 to u/9 mini-cricket players. There was a good turn out by the boys who participated on the day.

SPORT/ SPORTS

Page 11: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

Op Vrydag, 2 Maart was dit weer tyd vir Laerskool Eversdal se jaarlikse O/7 tot O/9 C, D en E-toernooi. Tydens hierdie toernooi het 5 skole ons kom besoek om deel uit te maak van hierdie toernooi, waaronder meer as 334 seuns deelgeneem het. Elke span/skool het twee wedstrydjies op die dag gespeel en ‘n feestelike atmosfeer het langs die speelveld geheers, met ouers, ooms, tannies en selfs vriende wat die geleentheid saam kom geniet het. Our last mini-cricket fixture saw us taking part at Worcester Primary School’s u/7 to u/9 tournament. We left for Worcester early on Saturday morning. Our boys played competitive cricket in very warm conditions, but enjoyed a good day out on the field. Welgedaan aan al ons mini-krieketseuns wat pragtig deelgeneem het tydens die krieketseisoen. Ons is voorwaar trots op ‘n ieder en elk van julle. The following U/13 players were nominated for District North Nets:

1. Jeandré le Grange 2. Handré Kriek 3. Diaan van Wyk 4. Jaigus Logenstein 5. Kaden de Klerk 6. Wilhelm Gelderblom

The following U/12 players were nominated for District Nets

1. Arno Koen 2. Chris Roets 3. Dian Winkel 4. Charl Botha 5. Dante Rix 6. Lian Fourie

Die volgende O/11 spelers is genomineer om aan die Distriksnette deel te neem:

1. Francois van der Merwe 2. Bernard Naude 3. Brent Goosen 4. Marlu Odendaal 5. Ceelan Nadassen

Jeandré le Grange neems tans deel aan die WP O/13-proewe.

3. SWEM

Ons swemmers het op Donderdag, 15 Februarie 2018 aan Laerskool Durbanville se gala deelgeneem.

Woensdag, 21 Februarie 2018, het die Sotheby`s Skolegala plaasgevind. Daar was vyf deelnemende skole wat

gekompeteer het vir die trofee. Kenridge het weggestap met die trofee. Ons is baie trots op ons skool se seuns- en

meisiesleeraflosspanne wat tans baie goed presteer!

Dinsdag, 27 Februarie 2018, het die Evergala plaasgevind. Die swemmers het die dag baie geniet en drie rekords is

verbeter. The following swimmers received a trophy:

Junior Victrix Ludorum: Tatiana Thomatos

Junior Victor Ludorum: Carlo vd Merwe

Senior Victrix Ludorum: Tara Uys

Senior Victor Ludorum: Michael vd Merwe

Page 12: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

4. TENNIS

Die volgende spelers het WP gedurende kwartaal 1 van 2018 verteenwoordig:

WP A: Jana van Tonder Nina Adlem Henry du Toit Chrislo Joubert Danté Rix Stephan Roux Ethan Bougard WP B: Ilke van der Merwe Peta Kruger Ruben Cilliers Mila van Wyk Tommy Muller

Uitslae van die Eikestad Tennistoernooi (o/11 Dubbels Seuns en Dogters):

Ons Evers het vanjaar (22 – 23 Februarie) tydens die bogenoemde toernooi te Stellenbosch puik gevaar met ‘n 4de plek vir die o/11A-span.

Baie geluk aan die volgende seuns en dogters. Ons is baie trots op julle!

O/11:

Seuns: Dogters:

Ruben Cilliers Ilke v/d Merwe

Morgan Eaton Peta Kruger

Pieter Combrink Jana van Tonder

Raynard Palmer Lischa Koegelenberg

Uitslae van die Durbanville Tennistoernooi (o/11 Dubbels Seuns en Dogters):

o/11 A: Eerste plek

Seuns: Dogters:

Ethan Bougard Ilke van der Merwe

Ruben Cilliers Peta Kruger

o/11 B: Vyfde plek

Seuns: Dogters:

Nicol Truter Jana van Tonder

Tommy Muller Lischa Koegelenberg

Page 13: EV · Geagte Ouers/Dear Parents ... binne Distrik-Noord en ons is werklik dankbaar vir almal se betrokkenheid ... Somtyds bots persoonlikhede - tussen kinders, maar ook soms tussen

5. CHESS

The Ever Chess players participated in individual tournaments, such as the WP Schools Chess Trials this term. The first matches were be played in teams took place on Saturday, 24 March 2018, at Panorama P/S. Our u/13 Team achieved 3rd place. Ligawedstryde begin vroeg in die nuwe kwartaal. Baie geluk aan die onderstaande Evers wat die naweek van 9 – 10 Maart 2018 deelgeneem het aan die Wes-kaapproewe. The Western Cape team lists and all other info regarding the next round will be known as soon as the final confirmation information from the organizers of the Western Cape Trials are received. • o/9 Dogters: Emily Sieberts • o/9 Seuns: Daniel Visagie • o/11 Dogters: Ankia Lubbe • o/11 Seuns: Marnus de Wit, Stephan Schnabel, Morgan Eaton • o/13 Seuns: Kian Blomerus Welgedaan Evers, ons is baie trots op julle!