acta non verba...my wense is dat u en u familie hierdie kers seisoen sal ge-niet, en vir hulle wat...
TRANSCRIPT
Acta Non Verba
Lees Binne:
Desember2019 Q 4 Uitgawe 17
True reconciliation is never cheap, for it is based on forgiveness which is costly. Forgiveness in turn depends on repentance, which
has to be based on an acknowledgment of what was done wrong, and therefore on disclosure of the truth. You cannot forgive what
you do not know. ~ Desmond Tutu
Kontakbesonderhede:
(t) 027 712 8000
(f) 027 712 8040
Facebook: Namakwa District
Municipality
Website: www.namakwa-
dm.gov.za
NC MHS Summit Stille optog UB in Buffelsrivier Nuwe Speaker
2
From the Municipal Manager’s Desk
We are on the verge of the end of another decade and about to start a new one
with renewed hope. The year is normally ended when Christians all over the
world celebrates Christmas. Is it all about the presents and the 3 days that coun-
cil generously donates to us or what is the true meaning of Christmas to us?
Each one of us will have to find take time and do some soul searching in order
to find out what it means to us.
This quarter was ended with mix emotions. We have won the Rugby World Cup
and will be the champions for the next four years but we have also heard many a foreigner in our beloved country.
Eskom has also dealt us another blow with load shedding but hopefully we shall look at alternative energy re-
sources in order to protect our assets against power failure. Our women and children that depends on us as men
have also suffered during this time and it is time that we reclaim our position as protectors but that we also re-
spect those that want to take care of themselves.
The audit of this year was a very tough one and we need to pull up our socks to prevent a similar experience. We
need to take ownership and owned up. This year’s audit opinion was again an unqualified opinion that we can be
proud of but let us work very hard to achieve a clean audit opinion. The issues at hand that we need to deal with
is not that serious and we should be able to address those issues successfully. We should constantly look for so-
lutions that can be replicated in order to assist our sister municipalities to achieve the same level audit opinion.
Our district is in the midst of a drought and we will have to use water wisely. Many of our towns are currently ex-
periencing water restrictions and our focus will have to shift towards that in order to find lasting solutions to bring
about a change in the life’s of our people, so please think of those in need of water when you open up your tap.
Our farmers have been suffering in silence and the role that they play in our communities are massive. We should
continue to fight on their behalves in order to assist them with. The recent drought relief support can be attributed
to the role that NDM played in advocating the plight of the farmers.
On behalf of council as well as management we want to wish you all a fulfilling festive period and may you return
renewed and ready to tackle the second half of the financial year. Please remember the words of Gordon Hinck-
ley, “’Go forward in life with a twinkle in your eye and a smile on your face but with great and strong purpose in
your heart”.
.
Chris Fortuin
Wanneer is genoeg, genoeg?
Op die vooraand van 16
dae van aktivisme van
geen geweld teen vroue
en kinders is n jong
beeldskone meisie
sinneloos vermoor.
Hierdie grusame toneel
het in die plek waar sy
die veiligste voel gebeur met haar baba wat slaap
in die ander vertrek.
Dit breek my opnuut om te weet dat so iets op ons
voorstoep gebeur en dat ons mense nie genoeg
doen om dié klas van moorde te keer nie. In sulke
tye moet gemeenskappe bymekaar kom om
bewusmaking te bring onder ons dorpe , om n
mate van gerus te skep onder ons vroumense en
kinders. Ekt voorheen reeds hieroor geskryf en ek
gaan nog hieroor skryf tot ons mense hul oë oop-
maak en tot ons weer veilig voel.
Ek vrees vir my lewe, maar ek kan ook nie dag vir
dag vasgevang sit in my huis want daar sal ek ook
nie veilig wees nie.
Waar is ons leiers wat moet help dat geregtigheid
moet skied? Op wie moet ons staatmaak? Wie
praat namens die wat nie meer n stem het nie.
Ons stelsel het ons gefaal, en ons as vroumense
staan alleen om veilig te wees en onsself te
beskerm teen die gewetenloses daarbuite.
Vir julle wat stilgemaak is, wat nie meer n stem
het nie, vir julle wat voor jul tyd gegaan het. Ons
sal jul te wees en vir julle nalatenskap te veg en te
help dat die wat julle seergemaak het boet vir hul
dade en nooit weer iemand leed sal aandoen nie.
Lees ook oor die stille optog wat NDM gereël het.
Groete
Jodine Cloete
3
Twee NDM werkers, Anna Strauss en Charlene Cloete het vir drie weke, na-
weke en vakansiedae ingesluit, hul tyd opgeoffer om een van ons B-munisipaliteite gaan ondersteun met rekordsbestuur. Hulle is uit hul gemak-sone geneem en het baie hard gewerk om te verseker dat as hulle weggaan die munisipaliteit net kan voortgaan met die standaard wat hulle gestel het. Ons is gelukkig om sulke lojale en ervare personeel by ons te hê, en ver-trou dat dit ook sommer ‘n aansporing vir ons ander kollegas sal wees om die ekstra myl te loop.
NDM kollegas help uit
3
NDM se Munisipale Gesondheidsdepartement het onlangs die NC
MHS Summit in Kathu bygewoon.
Dié departement het ook n voorlegging gedoen op hul goeie vordering.
Die LUR van Gesondheid, en die voorsitter van Salga het n declaration
onderteken met die departement waar hulle toewyding gee om hierdie
funksie te verbeter.
NDM Munsipale Gesondheid woon summit by
NDM hou stille optog
Namakwa Distriksmunisipaliteit het ‘n stille optog deur
Bergsig se strate gehou ter nagedagtenis aan die vroue
wat so wreed op die dorp vermoor is.
Hierdie optog is geloods onder die slagspreuk: “Hou op
ons vroue en kinders vermoor.” NDM wil met hierdie
optog bewusmaking bring onder vroue en mans om n
stand te neem teen vroue en kindermishandeling.
Die optog het by die sokkerveld begin waar ‘n 23-jarige
meisie vroeër vanjaar op 3 Junie vermoor is. Die voorval
het na bewering naby die sokkerveld gebeur. Die betogers
het tot by Shakira Links se huis gestap. Sy is op 23 Novem-
ber 2019 dood in haar huis aangetref.
Betogers wat in swart geklee is het met plakkate en swart
kleefband op hul mond betoog om uit te beeld dat dié
vroue se stemme virewig stil is. Raadslede van die
Distriksmunisipaliteit, werkers en die Burgemeester van
Kamiesberg het blomme aan die familie van Links oorhan-
dig asook n woord van bemoediging.
Die optog was ondersteun deur verskeie amptenare van
departemente en inwoners van die Distrik. Mnr. En Mej
Noord Kaap en mej Aggeneys was ook deel van die optog.
NDM het beslis in hul doel geslaag want die gemeenskap
het in hordes opgedaag en die boodskap was kragtig
oorgedra.
4
5
5
Uitvoerende Burgemeester kersboodskap
6
Die Feesseisoen is hier en Kersfees is om die draai! Dis ‘n
spesiale tyd waarna ons die hele jaar uitsien, ‘n spesiale tyd
om saam met familie en vriende deur te bring. Ons kyk terug
en ons is dankbaar vir alle suksesse wat ons as `n munisipal-
iteit/distrik in hierdie jaar bereik het, terwyl daar ook ander
doelwitte was wat ons nie behaal het nie. Baie dankie aan al
die inwoners van die Namakwa streek vir u vertroue wat
julle in ons het en die geleentheid en voorreg wat julle ons
gee om julle te kan dien. Kersfees hou vir ons `n boodskap
van Liefde, Vrede en Versoening in,`n tyd van omgee en
deel met diegene wat minder bevoorreg is. Mag ons almal
voortleef in hierdie wonderbaarlike gees wat die geboorte
van hierdie Jesus Kind vir ons teweeg bring.
My wense is dat u en u familie hierdie kers seisoen sal ge-
niet, en vir hulle wat `n geliefde in die jaar verloor het en sal
mis met die kersfees, mag die Here u ondersteun en
onderskraag met Sy liefdeshand. Diegene wat op die paaie
sal gaan ,bly asseblief binne die wetsregulasies, moenie
drink en bestuur nie en neem ander padgebruikers ook in ag.
`n Geseende Kersfees en `n Voorspoedige Nuwejaar vir
almal !!!
The Municipal Health Services Department received an award for Best Overall Improved Metropolitan and District Municipality by the Department of Health. We want to congratulate each and every one of the practitioners for the work that they are doing and also Mr. Denver Smith for managing so well.
Die Uitvoerende Burgemeester, raadslid Mervin Cloete het on-
langs 'n besoek in Buffelsrivier afgelê waar 'n bejaarde tannie se
huis afgebrand het. Raadslid Cloete het beddegoed aan haar ges-
kenk. Hy het ook stoele aan die Calvynse Kerk in Buffelsrivier oor-
handig.
7
Veiligheid eerste
Die Uitvoerende Burgemeester, raadslid Mervin Cloete, en
raadslede van die Namakwa Distriksmunisipaliteit het by die
weegbrug in Springbok pamflette uitgedeel om bewusmaking
van veiligheid oor die kersseisoen onder bestuurders se aandag
te bring. Die verkeersdepartement was ook betrokke by hierdie
inisiatief.
NDM hou laaste Raadsvergadering vir 2019
8
Die 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en
kinders is op Maandag, 25 November tydens die laaste alge-mene vergadering van die Raad geloods by die Namakwa Distriksmunisipaliteit.
Tydens vandag se Raadsvergadering was n kers aangesteek vir 16dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders. Die Uitvoerende Burgemeester, raadslid Mervin Cloete, het tydens sy mededelings genoem dat daar geen meer respek vir vroue is nie, en dat daar saam moet hande gevat word om hierdie euwel hok te slaan.
Raadslid Gillian Pieters is by die laaste Spesiale Raadsvergadering aangewys vir n
tydperk van ses maande as die nuwe waarnemende Speaker van die Namakwa
Distriksmunisipaliteit. Baie geluk raadslid Pieters.
NDM wil ook die nuwe Burgemeester van Nama Khoi gelukwens met sy
aanstelling.
NDM kry nuwe Speaker
9
Baie geluk aan Immanual Smith
met sy 10 jaar langdiens by NDM.
Mooiste Kersboodskap Matt.9:13 “Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar die sondaars.”
Elke jaar gaan kersfees gepaard met baie besluite. Waar gaan ons wees, wat gaan ons eet en wie gaan wat kry? Met Jingle Bells in jou ore breek die frustrasie van nog ‘n jaar se kersfeesinkopies aan. Jy en jou vrou is al klaar kwaad vir mekaar nog voor die eerste geskenk gekoop is.
As jy soos ek sukkel met geskenke, lees hierdie ver-haal en gee dit vir iemand weg voor dit te laat is!
Waarheen is jou skip van drome oppad?
Sy het bekend gestaan as die skip van drome. Sy was agt honderd en negentig voet lank. Veertien duisend mense het aan haar gebou. Die anker het vyftien en half ton geweeg en is deur twintig perde van die fabriek af tot by die skip getrek. Die binnekant van hierdie skip het tien maande geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar mijoen ure se werk aan Louis Quinze, Klassieke Versailles en Victoriaanse versierings, Crown Berger skilderye, Franse kaffees en Turkse baddens om maar net ‘n paar op te noem.
Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n koerant van 1912 word berig dat selfs God haar nie kan sink nie.
Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens saam na haar watergraf.
Tydens hierdie twee ure het interessante verhale afgespeel. Daar was te min reddingsbote. Die rykes en vernames het gesorg dat hulle eerste plek kry. Later het die Kaptein oor sy megafoon afgekondig dat net vrouens met babatjies plek op die reddingsbote mag kry. ‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad nie. Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvon-nis. Skielik het haar situasie verander toe die man sy
kind in haar arms sit en sê: Dit is joune…hardloop vir jou plek op die reddingsboot!
Wat is jou grootste Kersgeskenk?
Ons is almal daarvan bewus dat ons lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink. Ons is ook bewus daarvan dat nie almal in hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan haal nie.
Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy kind in jou arms en sê: Dit is joune… hardloop na my red-dingsboot. Moenie wag tot dit te laat is nie. Wan-neer ‘n skip sink, word lug uitgeblaas en water ingesu-ig. Wag jy tot dit te laat is, word jy saam ingesuig al spring jy. Die meeste mense wat hulle lewe in die Ti-tanic ramp verloor het, het nie verdrink nie maar verk-luim.Wie wil in koue water ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op sy onsinkbare reddingsboot voorberei het.
Stuur die geskenk aan:
Miskien is daar iemand waaroor jy baie bekommerd is of wonder waar hulle welvaart hulle aan die einde van nog ‘n jaar gebring het? Miskien sukkel jy ook soos ek om geskenke te koop en wonder wat jy vir die of daai een sal koop hierdie jaar. Ek gee jou toestemming om hierdie kersfees-reddingsverhaal aan te stuur. Stuur dit aan as ‘n geskenk.
Sit Jesus in die arms van mense wat oopoë besig is om te sink. Dit is na alles waaroor Kersfees gaan.
“Sonder Jesus is ‘n vyftien en ‘n half ton anker te lig en 70 000 oorvol skip te swaar”.
My wens vir almal is dat almal van julle reeds julle plekke op God se reddingsboot ingeneem het.
E.