the script of evil “what’s wrong, kadin? we must not waste time! … · 2020. 1. 25. · die...

12
24 The Script of Evil 52. The vanishing trick “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! The sooner you leave, the better! Before the colonel maybe find out what is at hand. Go now!” BLOEDSPORE IN DIE SAHARA 3. RUITERS VAN DIE HEL - Deel 3 Dan is daar ’n lang stilte. Dit is die swye van baie manne wat snaakse lewens gelei het en wat nou voor die poorte van die ewigheid staan. Dit is die swye wat altyd daar is voor die onvermydelike uiteinde. Die wraak is myne! 5: Die buit Hokaai! Bedaar. Jy het agt jaar hiervoor gewag. Geduldig gewag. Selfs parool van die hand gewys. Dit moet eenvoudig daar wees! Elke noot moet daar wees. Dis jou toekoms. Dis die basis van elke ding wat jy in agt jaar beplan het. En die wraak sal soet wees. Bevrore hart 1. Op pad Maar daar is nie nou tyd om daaroor te pieker nie. ‘n Lang onbekende pad lê voor. Sy gee die eerste treë op die pad, kry haar haastige pas reg en stap die toekoms in.

Upload: others

Post on 10-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

24

The Script of Evil 52. The vanishing trick

“What’s wrong, Kadin? We must not waste time! The sooner you leave, the better! Before the colonel maybe find out what is at hand. Go now!”

BLOEDSPORE IN DIE SAHARA 3. RUITERS VAN DIE HEL - Deel 3

Dan is daar ’n lang stilte. Dit is die swye van baie manne wat snaakse lewens gelei het en wat nou voor die poorte van die ewigheid staan. Dit is die swye wat altyd daar is voor die onvermydelike uiteinde.

Die wraak is myne! 5: Die buit

Hokaai! Bedaar. Jy het agt jaar hiervoor gewag. Geduldig gewag. Selfs parool van die hand gewys. Dit moet eenvoudig daar wees! Elke noot moet daar wees. Dis jou toekoms. Dis die basis van elke ding wat jy in agt jaar beplan het. En die wraak sal soet wees.

Bevrore hart 1. Op pad Maar daar is nie nou tyd om daaroor te pieker nie. ‘n Lang

onbekende pad lê voor. Sy gee die eerste treë op die pad, kry haar haastige pas reg en stap die toekoms in.

Page 2: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

2

Stories Magazine - Tydskrif Acknowledgements/ Erkennings No. 58 – 27 Jan 2020 Editor and Translator prof. Gert van Jaarsveld English https://storymagazine.home.blog Afrikaans https://storietydskrif.home.blog Redigering en Vertaling prof. Gert van Jaarsveld Besoek ons skakel “Oor ons skrywers”

23

Vir die eerste keer sedert sy op die lorrie geklim het, wonder sy of sy die regte ding gedoen het. Sê nou …

Maar daar is nie nou tyd om daaroor te pieker nie. ‘n Lang onbekende pad lê voor. Sy gee die eerste treë op die pad, kry haar haastige pas reg en stap die toekoms in.

Vervolg volgende week uitgawe 59

Page 3: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

22

meisiekinders groot gemaak het!” Hy het omgedraai en vloekende die huis verlaat.

Die verwysing na haar suster wat saam met ‘n man weggeloop het, het bitter seergemaak. Dit wou sy nie doen nie, daar is in ieder geval nie ‘n man betrokke nie. Sy was net moeg vir die armoedige bestaan, die roetine van werk in die huis, soms in die winkeltjie, van dronknesnaweke, van ‘n pa wat in sy brassery sy vrou en kinders aanrand, van die uitsigloosheid van haar bestaan, van die ongure jongmans en geslyte ou mans wat gedurig by haar probeer vlerksleep het. Sy was reeds agtien en haar lyf was vol beloftes wat mans laat watertand.

Sy het geweet dis vir die werkers ‘n lang naweek. Dit beteken hulle hou Vrydag vroeg op sodat dié wat wou huis toe wil gaan, die geleentheid kry. Die werkers wat van die omliggende dorpe kom, word dan met vragmotors aangery tot by die naaste groot dorp.

Sy het die laaste van haar karige besittinkies huilend in ‘n tassie gepak en by die lorrie gaan wag. Sy was seker sy doen die regte ding.

Die vragmotor kruip uiteindelik oor die rug van die laaste steil bult. Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie. Van hier af is dit gelyk. Hy meet die son wat op sy westerbaan stil in die lug hang, meet die horison. Daar is wolke in die weste aan’t opbou.

‘n Entjie verder hou hy stil. Dis waar die meisiekind moet afklim as sy Skuinsbult toe wil gaan soos sy gesê het.

Almal spring van die bak af, party om ‘n draaitjie te loop, ander net om bene te rek.

“Ek sien daar is ‘n weer aan die kom,” sê die bestuurder en wys na donker wolke wat in die weste saampak. “Dis so uur en ‘n half se stap na Skuinsbult, bietjie minder as jy vinnig loop.” Hy beduie na die wolke. “Hy behoort jou nie te vang nie. Nou ja, tot siens.”

Hy groet haar met die hand en roep die manne om op te klim. Amanda sien hoe die vragmotor al hoe kleiner word in die verte.

Opeens voel sy bitter alleen. Selfs die enkele bloekoms langs die pad staan eensaam en geruisloos in die windstille middag. Dis reeds laatmiddag, maar erg bedompig.

3

Our books – Ons boeke http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/

Page 4: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

4

Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs

21

Die meisie draai haar kop weg. Sy wens die mannetjie wil ophou om haar aan te staar asof sy slagvee is. Sy wens hy wil ophou met sy onkiese opmerkings.

“Los my uit!” sis sy deur die doek om haar kop, maar dis water op die meul van die ventjie.

“Maar ek wil jou juis nie uitlos nie. Jy lyk vir my mos sommer na ‘n lekker stuk. Jy het mos partykeer in die winkeltjie gewerk, waar hardloop jy nou heen? As jy vlug van ‘n man af, en ‘n ander soek, hier is ek.”

Hy probeer orent kom, maar die vragmotor se wiel vang ‘n hobbel en slinger hom terug in sy hoek. Dan vang sy oog die ouer man se bewegings. Hy sit omtrent in die middel van die ry, vroeg middeljarig. Hy is besig om sy knipmes stadig uit sy sak te haal.

Verbaas staar die jong man na hom, probeer die oë wat hom vasgevang het, ontwyk. Maar die man, ‘n breedgeskouerde boer met ‘n groot kakiehoed op, kyk net stip en vou sy knipmes oop. Die vlymskerp lem skitter ‘n oomblik in die son. Hy streel met sy duim oor die skerp snykant en wys met sy linkerhand na die jong man se gulp.

Die jong man verstaan soos enige boerseun sou. Hoeveel bokke daardie lem al gekapater het, weet hy nie. Van hoeveel bulletjies daardie lem al ossies gemaak het, is ook vir hom duister. Maar sy stertvere is gepluk. Hy sak dieper in sy hoek af en kyk in die blou lug op. Die boer glimlag effens en bêre sy mes. Dan dink hy aan sy dogter alleen op die plaas, miskien net so oud soos die enetjie in die hoek. Dit kan nie vir haar maklik wees om so alleen die wêreld in te vaar nie, wie weet waarheen. Net so moeilik is dit vir sy dogter om alleen die plaas aan die gang te hou terwyl hy werk om die plaas te probeer red. Hulle oë vang mekaar ‘n vlugtige oomblik. Hy kan die dankbaarheid daarin lees en glimlag net terug.

Amanda is innig dankbaar dat die boer haar van die mislike attensies gered het. Dis al erg genoeg om alleen die wêreld in te foeter. En dis erg genoeg om as’t ware van jou huis af weggejaag te word. Toe haar pa hoor van haar planne, het hy, lekker dronk oor middagete, haar byna te lyf gegaan.

“Gaan jy ook soos ‘n slet agter ‘n man aanhardloop! As ons nie goed genoeg vir jou is nie, pak jou tassie en voertsêk! Die hel weet waarom ek

Page 5: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

20

Bevrore Hart 1. Op pad

Die groen vragmotor kreun hortend die bult uit. Die ratkas sing en protesteer knarsend wanneer die ratte verwissel word en die enjin dan op ‘n nuwe toonhoogte huil. Hy vorder baie stadig. Plek-plek hop hy oor die ongelyke grondpad of hobbel om draaie oor die sinkplaat.

Die bestuurder hou sy oë angstig op die pad. Dit is maar ‘n nou paadjie, dig begroei aan een kant en afgrond die ander kant. Kort-kort blits sy oë af na die hittemeter en dan kyk hy bekommerd hoe die naald opkruip na die rooi gedeelte. Kook die enjin, weet hy, is dit ten minste ‘n halfuur of langer se wag om die enjin te laat afkoel en hy wil graag lank voor donker die bulte uit wees sodat hy voor die son sak, op die groot dorp op die plato kan wees. Daar sal hy sy menslike vrag aflaai. Maandag is dit weer terug na onder.

Op die bak met houttralies aan weerskante en agter, sit die vrag. ‘n Tiental werkers van die bosboustasie onder die berg op pad huis toe vir die naweek, hulle lywe moeg en gesigte strak. Hulle oë kyk maar sien niks. Die ongemak en die geskud van die vragmotor pla hulle nie veel nie; die vooruitsig na die naweek en om weer hulle geliefdes te sien, hou hulle gedagtes vol. Die meeste van hulle is boere wat gedwing is, soos baie ander deur die droogte en peste onder die vee, om uit te spring en vir ‘n baas te gaan werk. Baie is houtkappers onder by die bosboustasie. Ander het op die koolmyne gaan werk.

Hulle is almal stil, behalwe ‘n slungel van ‘n vent in gehawende klere wat agter in die hoek van die bak sit. Die stof wat onder die wiele opborrel, het hom byna onherkenbaar bedek.

“Ek dink nie jy moet so alleen sit nie. Kom ek gaan sit daar by jou. Dan kan ek jou styf vashou. Dink jy nie dit sal lekker wees nie?”

In die hoek oorkant hom sit die meisie. Sy het ‘n doek om haar kop gedraai om die ergste stof te probeer uithou. Sy sit klein en verkrimp en bang in die hoek. Sy is die enigste vrou op die bak.

“Na watter man toe is jy op pad?” terg die vent weer. “Ek is hier, jy moet net sê.”

5

The Script of Evil When Evil brings Love

52. The vanishing trick Captain Dexter, the leader of the foot soldiers, tests the door of the storeroom and asks Sergeant Moore: “Was this door locked earlier today when you came here to check?”

“Yes, Captain.” “Well, we don’t have the right to kick in the door to make sure there is

no one hiding behind the door. Maybe the colonel will be dismayed if we upset the owners.”

They hear a voice: “What is going on here?” They turn around and his flank enlightens him: “This is one of the

owners, Captain.” Ronnie walks in through the open roll-up door. “What vehicle sped out

of here and why is this door open; do you know what is going on? I hope we didn’t have a burglary here under the noses of the army!”

He pretends to peep as if he wants to ascertain that the door is still locked. “That storeroom is full of valuable farm equipment. Is the door still intact or is it broken?”

Dexter answers: “It doesn’t look like a burglary; the door is still locked. What did you see?”

“I think I saw a vehicle speeding out of here and when I looked through my room’s window I only saw a cloud of dust and taillights as it raced down the road. I suspected it came from the barn. That is why I have come to inspect and find the roll-up door open. What the heck is going on? Did you find the roll-up door open?”

“Yes, it was open.” Dexter points to the locked storeroom. “Can you unlock the storeroom so that we can inspect inside?”

“No, I rushed out in a hurry and haven’t brought the key. I will have to go and fetch it, but if it is still locked no one broke in. I don’t understand why the roll-up door is open, because the rest of the barn is empty with no vehicle in it. It simply doesn’t make sense! The only valuables are locked away in the storeroom and you confirmed it is still locked.”

Morrison’s voice comes urgently from the backpack of the carrier’s radio: “Greyhound, come in. Did you find anything, over?”

Page 6: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

6

Dexter takes the mouthpiece from the carrier’s back. “Greyhound here! The place is empty, Colonel, no sign of anything, over.”

“Captain, get all your troops into the three Casspirs and move your asses to the farm road, over.”

“Understood Colonel. The Greyhounds are on their way, over.” “See you later!” Dexter slaps Ronnie on his shoulder and he and his

men trot in line through the open roll-up door into the dark night. Ronnie closes the roll-up door and opens the backdoor facing the

woods and peeps outside. He hears Jane’s whistle code from the woods indicating it is safe and he closes the door before he walks up to the storeroom’s door and knocks on it. “It is safe now, Chloe.”

Someone unlocked the door from the inside and Chloe walks out carrying a rather large rucksack on her back followed by the eight fugitives.

Ronnie gives her a fist and they lead the group quickly to the backdoor. “Promise me you are going to be very careful, Chloe. Please come back in one piece!”

Chloe opens the backdoor and peeps outside. The dark forest looks quiet and very attractive to her. She looks back, opens the door wide and gestures that they must follow her.

She smiles at Ronnie. “See you later, chum!” ~*~*~ Heinrich studies the moving dots on his laptop. The green dots are

Bloodhound, the two agents in the jeep. The orange dots are Bats, in the helicopter. The purple dots are Greyhound and his foot soldiers. Then the eight red dots grouped together are the fugitives in their vehicle.

He anxiously yells over the radio: “Bloodhound, stop and turn around! They have turned off in a bush path and are driving into the woods and you bypassed them. Turn around and speed back! I will tell you where to look out for the path on your left side. Quickly! It looks as if they have stopped. They are probably going to divide up or else get rid of their wristbands.”

Morrison comes barging out of breath into the office: “Greyhound, I want Casspirs 1 and 2 as soon as possible at the farm gate and wait there. Heinrich will tell you where you must form a line to block all exits to the highway. Casspir 3, follow Bloodhound. Create an offcut line and chase after Bloodhound. Heinrich will tell you where they turned off and vanished into the woods, over.”

19

Illustrasie verskaf deur Anja Ries Hierdie boek is beskikbaar in ons boekwinkel http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/

Page 7: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

18

Hy luister fyn. Dis doodstil. Dan tree hy versigtig na binne in die donkerte van die kamertjie. Net ‘n paar treë tussen hom en sy geld. Sy hart klop in sy keel. Sy maag is hol.

Sy hand voel aan die koel muur, beweeg vinnig oor die hobbelrige oppervlak tot hy dit voel. Die bakstene wat effens uitstaan. Hy woel hulle een vir een los en steek sy hand in die ruimte, voel gretig met sy vingers vooruit. Dan voel hy dit. Die plat seilsak. Hy voel ook die dik lyn waarmee hy die sak toegebind het om die geld te beskerm teen nattigheid. Hy trek saggies en dit kom gewillig mee.

Twee arms sluit van agter om sy lyf. “Ek het jou vuilgoed!” Vervolg volgende week uitgawe 59

7

Suddenly the red dots disperse and Heinrich warns anxiously: “They are splitting up and moving around as individuals. Soon we will have eight dots to follow. Bat, come in.”

Haasbroek’s voice comes over the radio: “Bat here. They are now in a very bushy and hilly terrain with deep slopes, so you will have to follow them on foot. The trees are very high and dense and it is dark. We haven’t found any trace of them. Also, we haven’t seen the vehicle in which they sped away, over.”

Morrison yells in his mouthpiece: “Damn! Keep hanging and search! One time or another you must see them in an opening in the woods! Something is terribly wrong! I just can’t put my finger on it!”

Morrison sees that it seems that the red dots are moving in a south-westerly direction; thus in the direction of the highway. “Greyhound 1 and 2, wait at the farm gate. We are probably going to deploy you to the west of the farm gate next to the fence. They are on their way to you, over.”

The Greyhounds confirm that they are ready. ~*~*~ Chloe, in the meantime, supplied each of them with a weak LED

flashlight that they wear on their heads and organized them into a line, like ducks in a row, from the weakest and slowest to the fastest and strongest. Kadin follows first step by step right behind Chloe and wonders what she is carrying in the big sack on her back. It sounds like liquid when Chloe shakes or makes quick movements. Kadin is curious but she must concentrate to keep up because Chloe moves so nimbly and quickly and she shines her light just behind Chloe’s heals to prevent her from stumbling over a tree trunk or branch in the way over which Chloe lithely moves. Then she must stop and struggle to catch up with Chloe.

Kadin wonders about this beautiful, short lady. She is so self-assured. She handles the huge dogs so effectively that they know precisely how to execute her orders. Kadin can’t believe the owners of the farm help them so committedly. They are so selfless. She wishes she could thank them, but everything is happening so rapidly, there is no opportunity.

Kadin has just begun to worry that she will not cope and will have to call Chloe to steady her pace, when Chloe’s strides ease and she walks slower until she stops, turns around and speaks: “We are here, people.” She points with her torch in the direction of a big tree and they see the kombi that Lyle hid for them under the tree.

Page 8: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

8

Chloe gives instructions. “The key is in the ignition, Nico. Hunter said you must use the night vision he put on the front seat to drive without lights up to the highway. He is afraid the helicopter might see your lights and reveal our strategy. It is only a short distance along the bush path before you will see the opening in the fence. I will ensure that you are safely on your way before I am going to call the dogs to this south-easterly part of the farm. Only put on the kombi’s lights when you have turned into the highway and beware of approaching traffic without your lights. Make sure the highway is clear before you get on. Come, move your asses! Bon, voyage! Cheers!”

She gives everyone a fist as they pass her on their way to the kombi but Kadin just stands there and looks at her. Chloe looks at her.

“What’s wrong, Kadin? We must not waste time! The sooner you leave, the better! Before the colonel maybe find out what is at hand. Go now!”

Kadin ignores her and comes forward and hugs her passionately. “Thanks, Chloe, and say thank you to Ronnie and Lyle. You are the most wonderful people and so selfless; it is difficult to understand.”

Chloe smiles and hugs her tightly: “Oh shame, my darling, you are so cute! Don’t let something happen to you, please. Be very careful and make sure that all of you return to us in one piece in a month’s time. Please, go now!”

Kadin leaves her and runs towards the kombi that Nico has started already.

Chloe follows the kombi until it drives through the opening in the fence and then she stops and sees how they safely turn onto the highway, how the lights come on and how they drive away. She listens to the sound of the engine and listens how it proceeds safely into the distance before she turns around and walks back to the big tree. She takes the whistle and blows. She then takes the sack from her back, opens it and pulls out a tightly bound five-liter plastic bag filled with water and puts it down in front of her and patiently stands and waits.

The dogs now are suddenly going to change direction from west to east and there are probably foot soldiers following them. Those soldiers will have to be warned from the head office that the signals are now moving in another direction and this will buy a little time. It will take some time for the dogs to reach her on the eastern side of the farm gate, but she is ready. Nico and his passengers will be far away by the time the helicopter and foot soldiers reach this place. The trick worked and the

17

kinderjare. Grootgeword in ‘n myndorpie langs die teerpad. Mynteringpa op pensioen. Tien kinders om voor te sorg en dan nog sommer ander familie ook. Klein beknopte kamertjies. Kinders tot drie op een bed, altyd te min kos, veral toe hy ‘n tiener was. Ouer broers gaan werk, trek uit die huis. Bietjie meer plek. Ouer susters verlaat die huis, binne ‘n jaar terug met ‘n kleintjie. Weer minder plek. Daarom vlug hy, bly hy ure by die ou mynskag en die lendelam geboutjie wat seker eers ‘n stoor was. Speel hy ure om. Droom hy op die dak van die geboutjie sy dae verby. Wonder oor sy toekoms. Fabriekswerker soos party van sy broers? Spoorwegwerkers soos ander? Kondukteur. Ja, dit was nogal iets. Netjies in sy uniform. Dis hy wat ‘n tamaai trein beheer met die blaas van ‘n fluitjie. Lekker om soveel mag te hê. Treindrywer miskien?

Enigiets om aan die gemorsbestaan te ontsnap. ‘n Ou skoorsteen in die geboutjie met ‘n gat wat vrotterig toegepleister

was, was sy geheime wegsteekplek. Hy het die stene een vir een losgewikkel, sy knipmes en ‘n medalje wat hy êrens opgetel het en ‘n paar los sente daarin gebêre. Toe het hy die stene weer een vir een in die opening gepak. Dit was sy skat. Niemand sou daaraan raak nie.

In dié gat het hy sy gedeelte van die rooftog kom wegsteek. Die ou bloekom staan aan die linkerkant van die pad soos hy agt jaar

gelede gestaan het. Reusagtig troon hy oor die ander bosse rondom hom. Dis sy hoofbaken. Hy ry stadiger, laat vinniger verkeer verbykom. Dan stop hy skuins langs die pad sodat sy ligte in die bosse langs die pad skyn. Alles soos voorheen, net die bosse het digter gegroei. Hy weet presies waar die ou teerpad loop, nou toegegroei met gras en bossies. Hy wag tot die pad doodstil is en stuur dan die BMW vinnig tussen die bosse in.

Takke krap aan die kar en swaai agter hom toe, sluit hom af van die gesig van die pad. Hy volg die ou pad. Die teerlaag het jare gelede reeds opgebrokkel en is hobbelrig. Hy kan nou stadiger ry. Geen heining nie. Alles net soos jare gelede. Drie honderd meter verder. Die ou mynskag doem voor hom op. Hy draai effens regs en dan is die geboutjie in sy ligveld. Sy hart bokspring. Dit staan nog steeds. Die gat waar eens ‘n deur was, gerusstellend oop en donker.

Hy hou so ‘n tien treë van die gebou af stil, skakel die hoofligte af. Sterre en maan maak genoeg lig en hy sou selfs in die pikdonker sy weg vind. So vertroud en gerusstellend alles. Hy klim uit, kyk versigtig rond en stap nader. Toe hy die opening ingaan, kry hy die reuk van ‘n ou vuur. Sy hart mis ‘n slag. Iemand was dus hier. Sê nou? Geen geluid nie.

Page 9: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

16

5: Die buit

Dwergie kom presies om half nege die vertrek binne. Sonder ‘n woord wink hy. Hannes volg hom dadelik. Hulle verlaat die vertrek en gaan deur die deur agter die lessenaar. Weer ‘n donker gangetjie. Dan kom hulle in ‘n soort pakkamer. Bokse vol niks, dink hy. Maar daar is baie. Teen die mure opgestapel. In onordelike hope dwarsdeur die vertrek. Dalk vol dwelms en alle ander onwettige goed, dink Hannes vlugtig. Dwergie lei hom tussen die bokse deur tot waar hulle aan die bopunt van die pakkamer deur ‘n deur regs gaan in ‘n verligte dubbelgarage.

Dis ‘n pragtige wit BMW waarop sy baas waarskynlik baie trots was. Dwergie oorhandig die sleutel aan hom, maar beduie hy moet wag. By ‘n sydeur glip Dwergie uit, bespied die omgewing vir ‘n paar minute vir enigiets verdag. Dan kom hy vinnig binne en maak die garagedeur oop. Hy beduie vir Hannes om in te klim en te ry.

Hannes wil nog sê: sê dankie vir Smiley, maar Dwergie beduie dringend dat hy moet gou maak en ry. Oomblikke later is hy in die verlate systraat, stadig op pad na die hoofstraat. Daar draai hy links in die rigting van Roodepoort. Die wit motor vou hom gerusstellend toe. Hy weet hy moet nie nou haastig raak en dalk aandag trek nie. Baie geld wag vir hom. Daar is geen rede vir voorspooksels nie. Hy het dit goed gebêre in die ou gebou waar hy as kind ure omgespeel het. Maar dan kan hy nie help om tog te wonder nie. Sê nou die gebou bestaan nie meer nie, is omgestoot of het omgeval, of hulle het die gebied omhein, of iemand het net dalkies per ongeluk daarop afgekom?

Hokaai! Bedaar. Jy het agt jaar hiervoor gewag. Geduldig gewag. Selfs parool van die hand gewys. Dit moet eenvoudig daar wees! Elke noot moet daar wees. Dis jou toekoms. Dis die basis van elke ding wat jy in agt jaar beplan het. En die wraak sal soet wees.

Snaaks hoe min alles in agt jaar verander het. Hy neem die ou pad na Roodepoort. Hy onthou goed die aand toe hy die geld hier kom wegsteek het. Was hy slimmer, het hulle hom nie gevang nie. Hy moes geweet het daar gaan fout kom toe Rothwell voorgestel het hulle moet die geld poel, hy weet van veilige beleggings, hulle moet eers seker maak hoeveel hulle gebuit het, hy sal alles neem, veilig hou en later regverdig verdeel. Hannes het sy sak gevat en in sy bakkie geklim en gery en die geld gaan wegsteek. Twee weke later het hulle hom by Sylvia se huis gearresteer.

Dis ‘n omgewing wat hy goed ken. Hy weet presies hoe ver om te ry, vir watter bakens om op die uitkyk te wees. Dis die omgewing van sy arm

9

first phase of Operation Mind-messing is successful. Now for the second part of the operation: she, Hunter, Jane, and the dogs must get back to the army base without being discovered and Nico’s group must avoid roadblocks until they reach PE and then they must get to the safe hiding place before the plague starts.

Chloe doesn’t want to be caught red-handed and will try to avoid them as long as she can. Although, she knows they will probably at dawn use trackers to analyze all footprints which will give them a clear picture. It is not a question if the colonel will put the pieces of the escape puzzle together, it is how quickly he will be able to do it. She wonders what the colonel will think about their treason.

It really is a shame, because up to now they have been getting along quite nicely.

Continues next week in Edition 59

Page 10: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

10

Kopiereg @ Pieter Haasbroek (2019) Aanlyn winkel: https://sqrindle.com/category/fiction-and-literature Webwerf: https://www.softcoverbooks.co.za

15

Voorbladfoto verskaf deur Gert van Jaarsveld Hierdie boek is beskikbaar in ons boekwinkel http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/

Page 11: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

14

“Praat as jy wil praat, jong. Dit sal aan niemand ’n vaal kol maak nie. Ek skat nie een van ons het by hierdie leër aangesluit ter wille van ’n ruskuur nie.”

Marleigh druk sy sigaartjie in die sand dood. “Dit was skuld,” sê hy. “Jy weet hoe dit is. Ek het geld geleen en toe

kon ek dit nie terugbetaal nie. Ek het deurmekaar geraak met knape wat goed uit groot woonhuise verwyder het. Daar by ons is baie groot woonhuise, soos jy seker weet. Hulle het my twee jaar tronk toe gestuur. Toe ek uitkom, kon ek niemand meer in die gesig kyk nie. Daarom het ek hierheen gekom.”

Neels gee Marleigh weer ’n sigaartjie. Hy praat aanvanklik nie, maar later sê hy.

“Die meeste van ons het maar die een of ander tyd iets gedoen waarop ons nie baie trots is nie.”

Hy swyg dan en hy sien Marleigh na hom staar en hy verstaan dan dat hy teenoor die Engelsman nou ook inligting verskuldig is.

Vervolg volgende week uitgawe 59

11

3. RUITERS VAN DIE HEL - Deel 3

Nou is die maneuver van die Bormoen-ruitery voltooi. Op driehonderd tree het hulle stilgehou en hulle het nou ’n sterk kring rondom die Legioen-vierkant gevorm.

Een van die ruiters breek uit en kom na Monclaire toe aangery. Daar is goue draad op sy wit en rooi mondering ingelê en hy is heelwat ligter van vel as die gewone Arabiere. Daarby is sy gelaatstrekke ook fyner.

“Hoekom kap hulle nie sommer daardie vuilgoed om nie?” fluister Org vir Joos, maar Joos luister hierdie keer nie.

Terwyl hy na hierdie windmaker-Bormoen staan en kyk, kry Joos ’n koue gevoel deur hom, ’n haat wat hy byna nie kan keer nie. Dit is ’n haat wat hy partykeer lank kan vergeet, maar wat dan eindelik maar weer na hom toe terugkom. Dit is ’n haat wat hom by die Vreemdelegioen laat aansluit het.

In sy verbeelding sien Joos weer ’n man wat al jare dood is. Hy sien weer sy broer Andries, ’n jongeling wat totaal anders was as hy, Joos. Daardie broer van hom het behep geraak met ’n sending. Dit het by hom ’n obsessie geword. Hy was nie tevrede om na Kenia of een van daardie gebiede te gaan nie, die tradisionele gebied van die Suid-Afrikaanse sendelinge nie. Nee, hy het dit in sy kop gekry om na Noord-Afrika te kom.

Joos voel die hitte in hom groter word. Sy broer is hier vermoor, in hierdie godverlate kontrei. Daar is gerugte dat hy in opdrag van niemand minder as El Dowla vermoor is nie.

Hy is nie net vermoor nie. Voordat hulle hom vermoor het, het hulle hul eers met hom vermaak, hom gemartel en hom gebreek. Daar was proteste en ’n ondersoek, maar die Bormoen ontken eenvoudig dat hulle iets met die moord op hierdie sendeling te doen gehad het en daar rus die saak nog altyd.

Maar Joos het al die jare geweier om die saak te laat rus. Dit is waarom hy nou hier staan tussen hierdie klompie soldate, wat besef dat hulle reg in die kake van die dood kom vasloop het.

By hom is daar nou nie vrees nie. By hom is daar nou net die vooruitsig op wraak. As dit nie is op hierdie ellendeling El Dowla nie, dan minstens op party van hulle wat dalk meegedoen het aan die moord op sy broer, of op hul kinders, of op hul vaders.

Die Bormoen kom hou ’n tree van Monclaire af stil. Hy tel sy glinsterende kromsabel hoog bo sy kop op, by wyse van ’n formele

Page 12: The Script of Evil “What’s wrong, Kadin? We must not waste time! … · 2020. 1. 25. · Die bestuurder glimlag. Die naald lê teen die rooi, maar die enjin het nie gekook nie

12

saluut. Monclaire en L’Ame beantwoord dit deur hul eie kort swaarde omhoog te stoot.

Die Arabier praat op Frans met Monclaire. Hy praat nie lank nie en Monclaire se antwoord is ook kort en bondig.

Toe hy sy perd met die hakke steek, glimlag daardie Arabier. Selfs onder sy baard en onder sy blas vel, het Monclaire se gesig bleek geword. Dit kan hulle almal sien en Monclaire kan dit nie vir hulle wegsteek nie.

Monclaire loop en tik senuweeagtig met sy kort swaard teen sy been terwyl hy na die vierkant aangestap kom.

Op sy bevel draai hulle almal om en kyk na hom. Hy staar lank in die sand vas en dan maak hy sy keel skoon en begin met hulle te praat.

“Manne van die Legioen,” sê Monclaire met ’n treffende kalmte. “Julle kan self sien wat by Fort Ney aan die gang is. Ek is nou net meegedeel dat tensy die garnisoen presies op die middag oorgee, dit is oor vyf uur, hulle aangeval sal word. Die Bormoen dreig om die garnisoen uit te moor. As hulle egter oorgee, sal hulle veilig na Dini Sadazi kan terugkeer. Ek hoef julle nie te sê wat die antwoord van die garnisoen was nie. Die fort is deel van Frankryk en dit sal verdedig word tot die laaste man toe.”

Monclaire swyg ’n bietjie en dan praat hy verder. “Vir ons hier het die Bormoen wat nou net met my gepraat het, ook ’n

boodskap. Hy het ons aangeraai om hier pad te gee. As ons nie saam met die garnisoen op die middag uittrek nie, sal ons ook uitgemoor word. Dit is nie vir my nodig om aan die manne van die Legioen kinderstorietjies te vertel nie. Teen ’n mag soos daardie is daar vir die fort weinig hoop. Vir ons hier op die kaal sand is daar nog minder hoop. Ons is heeltemal omsingel, soos julle sien. Dit is dieselfde met die fort. Die garnisoen gaan veg tot die laaste man. Ons gaan dieselfde doen. Sterkte, mes legionnaires.”

Dan is daar ’n lang stilte. Dit is die swye van baie manne wat snaakse lewens gelei het en wat nou voor die poorte van die ewigheid staan. Dit is die swye wat altyd daar is voor die onvermydelike uiteinde.

Die spanning word verbreek deur iemand wat iewers in die vierkant hoes. Daar kom ’n beweging deur die geledere van die Legioensoldate. Manne gaan vinnig op die sand lê of staan in groepe of gaan sit op hul hurke. Hulle gesels sag en kalm. Daar is by hulle nou ’n vreemde fatsoenlikheid. Daar word nie gevloek nie en daar is nie ’n bakleiery nie, iets wat in die Legioen heeltemal vreemd is. Hulle is opgelei om te dood

13

en om, indien nodig, self te sterf. Op hul dag het hulle al baie gedood. Binnekort sal hulle weer dood uitdeel.

Joos sê vir Neels en Org. “Ek het geweet die dood moet die een of die ander tyd ’n mens inhaal,

maar ek het nie gemeen ek sal net vyf uur kry om oor my sondes na te dink nie.”

Hy trek sy speelkaarte hierdie keer almal uit en skommel hulle. Hy doen dit die keer openlik. Nou sal niemand hom meer daaroor bekommer nie.

Hy lê die kaarte doelloos op die sand en gooi, want niemand stel nou besonder baie belang in ’n spel met kaarte nie. Marleigh, die Engelsman, het hier na die drie toe gekom en hy en Org en Neels lê en rook aan swart sigaartjies.

“Ek skat ons het maar min kans om hier uit te kom, of hoe?” verneem Marleigh.

Neels wuif met sy groot hand in die rigting van die Bormoen. “Hoe lyk dit vir jou, boet? Dalk sal ons ’n uur kan uithou, straks bietjie langer. Daarna is dit klaar met kees.”

“Ja,” sê Org. “Nou is dit die tyd vir beroemde laaste woorde.” Die Engelsman lag kortaf. Hy praat soos die meeste Engelse

universiteitsmanne uit die hoër stand praat. Eers het hulle sy been daaroor getrek, maar nou nie meer nie, want in die Legioen raak ’n mens aan die meeste dinge gewoond, selfs aan ’n buitengewone Engelse aksent.

“Ek het geen beroemde laaste woorde nie,” sê Marleigh. “Ek het net gedink dat wanneer ek hier klaar gedien het, ek terug huis toe sou kon gaan. Toe ek by hierdie leër aangesluit het, was ek nie juis gewild by my familie nie.”

Marleigh het nog nooit iets oor sy verlede gesê nie en niemand het hom nog ooit daarna gevra nie. Daardie soort ding doen jy nie in die Legioen nie. Dit word net nie gedoen nie. Dit is heeltemal taboe.

Maar Marleigh wil nou oor sy verlede gesels, want hy het ’n begeerte om dit te doen. Neels is natuurlik nie ’n genie nie. Met verstand is hy maar swak

bedeel. Hy het egter die krag om drie manne tegelyk aan te pak en diep in sy binneste het hy ’n streep van liefdevolheid teenoor sy medemens. Hy is die soort man wat jou kakebeen sal afslaan as jy hom kwaad maak, maar wat later vir jou blomme na die hospitaal sal bring.

Neels sê.