bb 20 maart tot 3 april 2016 - bergsigdv.co.za · bergsig boodskap 20 maart - 3 april 2016 in 1961...

4
20 Maart 20 Maart - 3 April 2016 3 April 2016 Bergsig Boodskap In 1961 is sendingwerk in die gebied in KwaZulu-Natal begin. Die NGK doen uitreike na hulle elke jaar. 09:00 Familiediens Ouditorium Dr. Kobus de Jager Deuroffer: Msinga Sending 20 Maart 2016, Sewende Lydensweek, Palmsondag Op Palmsondag word Jesus Christus se intog in Jerusa- lem herdenk (dit val die jaar op vandag). Lukas 19 : 28-39. Palmtakke en kruisies wat uit palmblare gemaak is, speel tradisioneel ’n groot rol in die viering van hierdie dag. ’n Palmtakkie in jou huis of in die tuin herinner ons aan die nuwe lewe wat ons by Christus kry as gevolg van die kruis. Lees Sagaria 9:9-10. Probeer die week ’n vredemaker wees in jou familie en tussen vriende. Leef soos Jesus! 19:00 Lydensnagmaal Ouditorium Ds. Johan Els Spesiale offer: Radio Kansel 24 Maart 2016 09:00 Goeie Vrydag Erediens Ouditorium Ds. Johan Els Spesiale offer: Radio Kansel 25 Maart 2016 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Johan Els Spesiale offer: Helpmekaar Studiefonds 27 Maart 2016, PAASFEES 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Johan Els Spesiale offer: Borg-’n-Kamer 3 April 2016, DOOP, Dag van danksegging en verootmoediging DIE TUIN, DIE KRUIS EN DIE GRAF Die tema vir Paasnaweek is Die Tuin, Die Kruis en Die Graf. Ds Johan Els is bring die Paasboodskap. Donderdagaand, 24 Maart gaan in die vorm van Lydensnagmaal wees en die tema is Die Tuin. Lid- mate kan op hulle eie of in groepe die kerkgebou be- soek tussen 18:00 en 20:00 die aand. Jy gaan ‘n oordenking (“meditasie”) ontvang oor die tuin van Gesemane, wat jy in stilte kan oordink en ’n kykie kry in die emosie wat Jesus op hierdie aand in die tuin sou beleef. Wanneer jy reg is kan jy op jou eie of in ’n groep na die nagmaaltafel kom om bedien te word deur een van die predikan- te span met Nagmaal. Vrydag, 25 Maart om 09:00 is die Goeie Vrydag ere- diens. Die tema is “Die Kruis” en die erediens gaan op ’n spesiale manier ingeklee word deur die Pro Musica Ensemble groep wat bestaan uit klassieke instumente (klavier, tjello, klarinet, dwarslfuit, alt- blokfluit en twee sopraan stemme) onder leiding van Anette Cronje. Dit gaan ’n besondere geleentheid wees om iemand saam te nooi! Sondag, 27 Maart is ons Paassondag Vreugdediens om 09:00 wanneer ons as families saam die Opstan- ding van Jesus vier! Tema: Die Graf. Hoor deur die Woord en prediking watter praktiese verskil dit aan ons lewens maak in 2016 dat Jesus opgestaan het en LEEF! Die Tuin Die Kruis Die Graf Dag van danksegging en verootmoediging Dankbaarheid is die sleutel tot vergenoegdheid. Dit is die Goddelike vermoë wat aan Christene die bek- waamheid gee om in ‘’n onvergenoegde wêreld te fokus op dankbaarheid. Die kind van God moet kies vir vergenoegdheid. Paulus het die keuse gedoen. Hy bely in Filippense 4:11 dat hy aan niks ’n gemis het nie. Deur verootmoediging en stilword by God kry ons tevredenheid, kalmte en ’n rustige vertroue in God t.s.v. die lewe se hoë eise. Teoloog: Johann Els uit die boek Die Bybel en my gemoed (samesteller Maretha Maartens) Die stuk is verkort. Die teoloog is van Bloemfontein. Palmsondag

Upload: others

Post on 10-Sep-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

20 Maart 20 Maart -- 3 April 2016 3 April 2016 Bergsig Boodskap

In 1961 is sendingwerk in die

gebied in KwaZulu-Natal

begin. Die NGK doen uitreike na hulle elke jaar.

09:00 Familiediens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

Deuroffer: Msinga Sending

20 Maart 2016, Sewende Lydensweek, Palmsondag

Op Palmsondag word Jesus

Christus se intog in Jerusa-

lem herdenk (dit val die jaar

op vandag).

Lukas 19 : 28-39. Palmtakke

en kruisies wat uit palmblare

gemaak is, speel tradisioneel

’n groot rol in die viering van

hierdie dag. ’n Palmtakkie in

jou huis of in die tuin herinner

ons aan die nuwe lewe wat

ons by Christus kry as gevolg

van die kruis.

Lees Sagaria 9:9-10. Probeer

die week ’n vredemaker

wees in jou familie en tussen

vriende. Leef soos Jesus!

19:00 Lydensnagmaal Ouditorium Ds. Johan Els

Spesiale offer: Radio Kansel

24 Maart 2016

09:00 Goeie Vrydag Erediens Ouditorium Ds. Johan Els

Spesiale offer: Radio Kansel

25 Maart 2016

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Johan Els

Spesiale offer: Helpmekaar Studiefonds

27 Maart 2016, PAASFEES

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Johan Els

Spesiale offer: Borg-’n-Kamer

3 April 2016, DOOP, Dag van danksegging en verootmoediging

DIE TUIN, DIE KRUIS EN DIE GRAF Die tema vir Paasnaweek is Die Tuin, Die Kruis en Die Graf. Ds Johan Els is bring die Paasboodskap.

Donderdagaand, 24 Maart gaan in die vorm van Lydensnagmaal wees en die tema is Die Tuin. Lid-mate kan op hulle eie of in groepe die kerkgebou be-soek tussen 18:00 en 20:00 die aand. Jy gaan ‘n oordenking (“meditasie”) ontvang oor die tuin van

Gesemane, wat jy in stilte kan oordink en ’n kykie kry in die emosie wat Jesus op hierdie aand in die tuin sou beleef. Wanneer jy reg is kan jy op jou eie of in ’n groep na die nagmaaltafel kom om bedien te word deur een van die predikan-te span met Nagmaal.

Vrydag, 25 Maart om 09:00 is die Goeie Vrydag ere-diens. Die tema is “Die Kruis” en die erediens gaan op ’n spesiale manier ingeklee word deur die Pro Musica Ensemble groep

wat bestaan uit klassieke instumente (klavier, tjello, klarinet, dwarslfuit, alt-blokfluit en twee sopraan stemme) onder leiding van Anette Cronje. Dit gaan ’n besondere geleentheid wees om iemand saam te nooi!

Sondag, 27 Maart is ons Paassondag Vreugdediens om 09:00 wanneer ons as families saam die Opstan-ding van Jesus vier! Tema: Die Graf. Hoor deur die Woord en prediking watter praktiese verskil dit aan ons lewens maak in 2016 dat Jesus opgestaan het en LEEF!

Die Tuin

Die Kruis

Die Graf

Dag van danksegging en verootmoediging

Dankbaarheid is die sleutel

tot vergenoegdheid. Dit is

die Goddelike vermoë wat aan Christene die bek-

waamheid gee om in ‘’n

onvergenoegde wêreld te

fokus op dankbaarheid. Die kind van God moet kies

vir vergenoegdheid. Paulus

het die keuse gedoen. Hy

bely in Filippense 4:11 dat hy aan niks ’n gemis het

nie. Deur verootmoediging

en stilword by God kry ons

tevredenheid, kalmte en ’n rustige vertroue in God

t.s.v. die lewe se hoë eise.

Teoloog: Johann Els uit

die boek Die Bybel en my gemoed (samesteller

Maretha Maartens) Die stuk is verkort. Die teoloog

is van Bloemfontein.

Palmsondag

Bergsigprojekte oor grense

BENODIG ’n HUISHULP/TUINMAN? Ons doen “screening” in samewerking met MES by die

sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker daar is geen oortredings nie.

Ons kan u van hulp wees teen ’n minimale donasie.

Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of

e-pos: [email protected]

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

BETESDA BOEKRAK

Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie

tweedehandse boeke en DVD’s teen goeie pryse.

Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer

gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou

kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die vertrek op pad na die

dameskleedkamer. Boeke kan heelweek gekoop word.

UITREIKPROJEKTE

Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-

kantoor deur die loop van die week.

’n Span van Bergsig gaan gedurende die Junie/Julievakansie ons SA sendelinge in Thailand be-dien in samewerking met Kingfisher.

Die gemeente het die behoefte om meer daadwerklik te ondersteun en te bemoedig. Met hierdie begeerte in ge-dagte is die leiding van ons Here ontvang om vanjaar sendelinge daar te gaan besoek en vir hulle tot seën te wees.

Ons wil nie net sendelinge daar bemoedig en blootgestel word aan hul werksaamhede nie, maar wil na hul luister, saam met hulle bid, dink en inbou in hul lewens - hulle tot diens wees.

Kingfisher reis ook al jare saam met Bergsig gemeente en is genader om as deel van die besoek 'n ruimte te skep vir toerusting en fasilitering.

Ons wil dus graag 'n driedag-werkswinkel aanbied waarin ons saam dink, na mekaar luister en in die Woord gaan delf - die Heilige Gees gaan vertrou vir die pad vorentoe. Ons wil in Jesus se voetspore volg in Thailand en getrou aan Sy Woord, Sy liggaam daar wees en Sy lig laat skyn. Ons ver-trou die Here om saam te ontdek, vir inspirasie en ge-fokusde strategieë uit Sy hart.

Daar is nog een plek beskikbaar op die span vir ’n persoon wat wil saamgaan. Kontak die uitreikekantoor indien jy be-langstel. Kostes en finale detail moet nog gefinaliseer word.

Gemeentelede kan ‘n heerlike opgesaagde Loeriesfontein slagskapie losslaan deur ‘n nommer te borg by ontvangs ter stywing van die Thailand fondse.

André en Marina, ons Frontida sendelingegpaar in Thailand bly tot April in Suid-Afrika. Gesels lekker met hulle wanneer julle hul raakloop.

Indien u met hulle ’n afspraak wil maak of hulle wil nooi na u kleingroep e-pos na [email protected]

FRONTIDA SENDELINGE BESOEK SA

HOUSE OF GRACE

Twee van ons House of Grace kinders het aan die SA’s Hip Hop kompetiese in Johannesburg deelgeneem die afgelope vakansie. Hulle span het goud verower en hulle is later vanjaar as die verteenwoordigers van SA oppad na Vegas vir die internasionale kampioenskappe!!! Welgedaan en baie geluk aan die span.

Nog Thailand-dinge ...

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Lukas 24 :

5b - 6

Die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas. Lukas 23 : 45 - 46

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Moederskamer

Geriewe Die moederskamer by die dames-

badkamer is ingerig vir pasgebore ba-bas tot 1 jaar oud.

Die tweede moederskamer is agter die

liturgiese ruimte vir 1-2 jariges.

In beide vertrekke is klank en beeld.

Die gebedskamer is slegs vir mammas

wat borsvoed. ’n Stil atmosfeer met

geen ander ouderdom kinders teen-woordig moet daar gehandhaaf word.

Wanneer klaar met voeding kan mam-

mas weer na die moederskamer vir

babas tot 1 jaar oue ouderdom gaan.

T-HEMDE

Almal wat #elkEEN t-hemde bestel

het, moet dit asseblief betaal voordat

die oorhoofse bestelling geplaas kan

word. Doen dit asb. spoedig. Ander wat reeds betaal het, moet lank wag

vir hul t-hemde omdat alles gelyk be-

stel moet word.

Sien bankbesonderhede agterop BB.

Verwysing is jou naam en t-hemp.

SLEUTELHOUERS

Op 15 Mei sal #elkEEN sleutelhouers

uitgedeel word aan die wat laas nie gekry het nie.

Wêreld Waterdag word elke

jaar op 22 Maart gevier. Dit

is as internasionale dag verklaar deur die VN se

Algemene Vergadering in

1992. Vir ‘n dor land soos

Suid-Afrika behoort die kwessie van water ‘n uiters

belangrike aangeleentheid

te wees. Ons aanvaar die

voorsiening van water as baie vanselfsprekend. Draai

net die kraan oop en daar is

helder, gesonde en skoon

water net soveel as wat ons

wil hê. Maar is die voor-siening van water soos wat

ons daaraan gewoond ge-

raak het volhoubaar??

Ons het reeds beleef hoe

damme in sekere dorpe en gebiede opdroog en mense

sonder drinkwater sit. Met

die El Nino verskynsel in

volle swang is die waarskyn-likheid groot dat ons nou

weer die begin van ‘n droog-

tesiklus beleef en dat reën-

valsyfers laer sal neig. Dit

kan ‘n rampspoedige invloed op ons waterbronne hê.

Wat kan ek doen om te

help? Besef eerstens dat

water ‘n skaars hulpbron is

waarmee ek met ver-sigtigheid en spaar-

samigheid moet omgaan.

Hier is ‘n paar wenke wat

kan help:

Stort liewer as om te bad. Moenie langer as 5 minute

onder die stort staan nie.

Moenie die krane groot oop-

draai nie. Maak jou lyf nat en draai die krane toe.

Seep jou dan in en draai

weer die krane oop om jou

af te spoel. Tot 400 liter per

week kan so bespaar word.

Draai die kraan toe tussen

die borsel van jou tande, die

was van jou gesig en om te

skeer.

Tap net genoeg water in die ketel om water te kook vir

die tee of koffie wat jy be-

nodig.

Moenie meer water as wat

nodig is in ‘n kastrol gebruik

wanneer jy kos kook nie.

Maak lekkende krane en

toilette onmiddellik reg. Jy

kan so tot ‘n 100 000 liter

water per jaar bespaar.

Rapporteer dadelik wanneer

jy waterlekke in toevoerpype

bemerk. Wees jy die een

wat optree en moenie vir iemand anders wag nie.

Gooi jou plante vroeg in die

oggend of laatmiddag nat.

Tot 90% van die water kan verdamp gedurende die dag.

Plant liewer meer geharde

plante wat min water gebruik

of begin ‘n klippiestuin.

Water is lewe! Ons lewe! Moenie dit mors nie!

Kyk gerus na die volgende

skakels oor water:

www.dwa.gov.za en

www.unwater.org

� Department: Water and Sanitation. Private Bag

X313, Pretoria, 0001. Toll free number (enquiries)

0800 200 200.

� Hands-On: Stream and

Pond Life; Wetlands and

People; SWAP Starter Kit;

Water is life! A teacher's handbook; Enviro Facts; My

Carbon Footprint; and Water

Lesson Plans for Grades R-

12.

www.dwa.gov.za and www.unwater.org

Op ’n vergadering van die kerkraad gehou 7 Maart

2016 is die volgende gemeentelede op die kerk-

raad verkies:

Werner Bekker, Dirk Bosman, Adriaan Tromp, Peter Mont-

gomery, Marelize Vlok,

Die bevestiging is 15 Mei

Ons gee breedvoerig terugvoer oor die

Durbanville Plaasfees in die Bergsig

Boodskap van 10 April. Die foto’s en bedrag ingesamel sal dan gedeel

word.

Daar is EK GLO boeke

@ R100 stuk te koop by die kerk.

Die oorspronklike prys is R149.99 by

CUM boeke. Die boek dek kwartaal

2 - 4 se veldtog preekreekse.

Vra by die ontvangstoonbank by die

kerkkantoor.

WêRELD WATERDAG : LEWEGEWENDE WATER

#elkEEN

Kleuterskool KERKRAAD

Ons deel nuus oor die VKO (Vroeë Kind Ontwikkelingsentrum (Curro

skool)

Die munisipale prosesse is steeds aan die gang en behoort teen Junie afgehandel te wees. Intussen het Curro terugvoering gegee dat ons projek inskuif in hul 2017 finansiële

jaar wat strek van Jan - Des.

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

DURBANVILLE/BERGSIG

SENIORGROEP

Uitstappie na Houtbaai op 31 Maart 2016

Bus vertrek om 10:00 vanaf

Durbanville Gemeente.

Navrae: Sarel Engelbrecht bel by

021 975 4780.

6 April

8-10 April