marketstraat 145, fairland 011 678-4591/2 · pdf file · 2014-08-1406 augustus al...

10
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 21 24 Julie 2014 Vinkie Laerskool Fairland Goue Leeus kampioene! BELANGRIKE DATUMS 24 Julie Sluitingsdatum: ATKV-kinderboekkompetisie 28 Julie Oueraand (17:00 – 18:30) 28 – 30 Julie LAPA-boekuitstalling 29 Julie Fanie Viljoen besoek ons skool 6 Augustus ATKV-leesprojek: Gr. 6- en gr. 7-leerders Augustus WOW-spelfees: Tweede uitdunrondte 28 Augustus Battle of the Books: Eerste uitdunrondte UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom aan almal – elke leerder, ouer en personeellid. Ons glo dat die derde kwartaal met al die aktiwiteite aan almal se verwagtinge sal voldoen. ‘n Spesiale woord van welkom aan al die nuwe leerders wat by ons aangesluit het. Ons weet julle sal gou inpas en tuis voel. Daniël Brink - Gr. R/07 Duncan Lambrechts - Gr. 3/29 vanaf L/s Unika Mieke Swart - Gr. 2/16 vanaf L/s Knysna Nordika Grobbelaar - Gr. 7/30 vanaf L/s Kallie de Haas, Standerton Nico Grobbelaar - Gr. 2/14 vanaf L/s Kallie de Haas, Standerton Aan al ons ouers wat so mildelik bygedra het vir L/s Rustenburg – ‘n baie groot dankie. ‘n Bedrag van R35 525.00 is reeds aan hulle oorbetaal. Ons het ‘n brief van L/s Rustenburg ontvang, waarin hul waardering uitgespreek het vir die bydrae. Hulle help tans +200 leerders daagliks met twee etes. Van die personeel Baie welkom aan mnr. Willie Goosen. Ons wens jou ‘n aangename kwartaal toe en verseker jou van ons heelhartige ondersteuning. Voorsitters Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is as voorsitters vir 2014: Seuns: Kyle de Villiers Marig Engelbrecht Franku Muller Ian Small-Smith Dogters: Mila Botha Saskia Bowman Karene Janssen Pascale Viviers Ons wens hul baie sterkte en voorspoed toe met hul werksaamhede. VERJAARSDAE Baie geluk aan Melissa Breedt wat op 22 Julie verjaar het. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar voorspoedig en baie geseënd sal wees!

Upload: doannhu

Post on 19-Mar-2018

229 views

Category:

Documents


9 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 21 24 Julie 2014

Vinkie Laerskool Fairland

Goue Leeus kampioene!

BELANGRIKE DATUMS24 Julie Sluitingsdatum: ATKV-kinderboekkompetisie28 Julie Oueraand (17:00 – 18:30)28 – 30 Julie LAPA-boekuitstalling29 Julie Fanie Viljoen besoek ons skool6 Augustus ATKV-leesprojek: Gr. 6- en gr. 7-leerdersAugustus WOW-spelfees: Tweede uitdunrondte28 Augustus Battle of the Books: Eerste uitdunrondte

UIT DIE HOOF SE KANTOORBaie welkom aan almal – elke leerder, ouer en personeellid. Ons glo dat die derde kwartaal met al die aktiwiteite aan almal se verwagtinge sal voldoen.‘n Spesiale woord van welkom aan al die nuwe leerders wat by ons aangesluit het. Ons weet julle sal gou inpas en tuis voel.Daniël Brink - Gr. R/07Duncan Lambrechts - Gr. 3/29 vanaf L/s UnikaMieke Swart - Gr. 2/16 vanaf L/s KnysnaNordika Grobbelaar - Gr. 7/30 vanaf L/s Kallie de Haas, StandertonNico Grobbelaar - Gr. 2/14 vanaf L/s Kallie de Haas, StandertonAan al ons ouers wat so mildelik bygedra het vir L/s Rustenburg – ‘n baie groot dankie. ‘n Bedrag van R35 525.00 is reeds aan hulle oorbetaal.Ons het ‘n brief van L/s Rustenburg ontvang, waarin hul waardering uitgespreek het vir die bydrae. Hulle help tans +200 leerders daagliks met twee etes.Van die personeelBaie welkom aan mnr. Willie Goosen. Ons wens jou ‘n aangename kwartaal toe en verseker jou van ons heelhartige ondersteuning.VoorsittersBaie geluk aan die volgende leerders wat verkies is as voorsitters vir 2014:Seuns: Kyle de Villiers Marig Engelbrecht Franku Muller Ian Small-SmithDogters: Mila Botha Saskia Bowman Karene Janssen Pascale ViviersOns wens hul baie sterkte en voorspoed toe met hul werksaamhede.

VERJAARSDAEBaie geluk aan Melissa Breedt wat op 22 Julie verjaar het. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar voorspoedig en baie geseënd sal wees!

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

2

REDAKSIEBaie welkom terug aan al ons lesers! Ons skop uiteindelik die ou gedrukte Vinkie uit die nes uit. Die Vinkie betree ‘n nuwe fase in sy bestaan deur vanaf hierdie kwartaal slegs as ‘n elektroniese nuusbrief aan al ons kontakte gestuur te word. Ons is opgewonde oor die feit dat ons nou ook kan aanspraak maak op meer effektiewe benutting van ons tegnologiese hulpbronne en dat ‘n hele paar bome gespaar word in die proses! Die vernuwing gee aan ons ook die ekstra voordeel om nou ‘n Vinkie in volkleur aan ons lesers te verskaf, wat dit nie net meer toeganklik maak nie, maar ook meer aantreklik vir diegene wat dalk verveeld geraak het met lyste en lyste swart-en-wit resultate en prestasies! U kind se spog aksiefoto’s is dus nou ekstra welkom! Ons wil poog om weer van die Vinkie ‘n lekkerlees-blad te maak waarna julle elke week uitsien. Terselfdertyd bly dit ons hoof kommunikasiekanaal met julle wat tye, reëlings en beleid betref. Adverteerders moet asb. met Karén Reyneke in die kantoor skakel by [email protected]. vir inligting oor tariewe en formaatvereistes van julle advertensies of pamflette. Ons sien daarna uit om die vlugpatroon saam met julle uit te werk, want julle behoeftes bepaal ons rigting.Sterkte vir Kwartaal 3! Daar moet BAIE dinge gebeur en ons sal almal moet koppe bymekaarsit. Erika

AKADEMIEDie skoolbestuur het besluit om die toetsrooster vir die derde kwartaal aan te pas as gevolg van die Revue wat op 23 September begin.

Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 15 Augustus Wiskunde Afrikaans Engels Afrikaans

Di. 19 Augustus SK

Vr. 22 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Di. 26 Augustus LO

Vr. 29 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Vr. 5 September LV NW NW NW

Di. 9 September SW SW SW Tegnologie

Vr. 12 September NW LV LV SW

Di. 16 September EBW

Die ANA-toetse word op die volgende datums geskryf:16 September - Gr. 3,6 Afrikaans17 September - Gr. 1,2,4,5,7 Afrikaans18 September - Gr. 3,6 Wiskunde19 September - Gr. 1,2,4,5,7 Wiskunde

KULTUURREVUE Die volgende tydjie tot en met openingsaand op 23 September gaan fyn beplanning van ons en julle vereis. Die revue open op 23/09 en sal daarna nog 5 keer aangebied word. Die datums is soos volg:

Volle kleedrepetisie [tydens skooltyd] Donderdag 18 SeptemberTegniese repetisie Maandag 22 September 18:00-21:00 Almal

Opening Dinsdag 23 September 18:30Tweede optrede Woensdag 24 September 18:30Premiére Donderdag 25 September 18:30Derde optrede Maandag 29 September 18:30Voorlaaste optrede Dinsdag 30 September 18:30Laaste optrede Woensdag 1 Oktober 18:30

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

3

Die Woensdagaande se oefenprogram IN DIE SAAL lyk so:

DATUM 18:00 - 19:00 19:00 - 20:00

30 Julie Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars

06 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars

13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad sewes finale

20 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Polkadot bikini

27 Augustus Soliste: sang Soliste: dans

03 September Gr. R en gr. 1 Gr. 2 en gr. 3

10 September Gr. 4 en gr. 5 Gr. 6 en gr. 7

27 September Akteurs en soliste: sang Dansers en soliste: dans

Sanggroep- en seniorkooroefeninge: Dinsdae 17:00 – 19:00

DAG Eerste Pouse Tweede Pouse

Maandag Sounds of Silence:Jonathan en GerhardFly me to the moon:James C en Jonathan McL

9 Million Bicycles:Chloë M en Gary BOver the Rainbow:Ela B en Chloë B

Dinsdag Greased Lightning:Janco Theart, Janco Spies, Gerhard, James en Jonathan

Proud Mary:Karinda S en Marguerite vS99 Red Balloons:Kyla S en Shanelle N

Woensdag Mustang Sally:Pascale V en Marguerite vS

Hot Gates:Chloë B en Kristi S

Donderdag Joyride:Leon, Lily en Lenka van Dyk

Shackles:James C

Kaartjiebesprekings sal teen Augustus open. Verdere inligting sal in volgende week se Vinkie geplaas word.NEA : YOUNG PERFORMER AWARDSElijah Flockhart Sertifikaat vir Visuele Kuns, tekenLayla Flockhart Sertifikaat vir Visuele Kuns, tekenKOORSeniorkoorOefening:Dinsdae: 17:00 – 19:00 in die saal.

JuniorkoorOefening:Donderdae: 14:00 – 15:30 in die saal.Erika Joubert

SPORTRUGBYGoue Leeus uitslae:o/13-span:Leeus vs Sharks wen 18 – 15 (Franku Muller speler van die wedstryd)Leeus vs EP Kings verloor 22 – 8Leeus vs SWD wen 14 – 12 (Ian Small-Smith speler van die wedstryd)Leeus vs Pumas wen 25 – 22o/12-span:Leeus vs Pumas wen 38 – 0Leeus vs Sharks wen 18 – 0 (Regardt Fourie speler van die wedstryd)Leeus vs Blou Bulle verloor 14 – 0Dean BenadieTENNISSeniorsTennisoefening: Maandae 17:00 – 18:00 (by Jean – Top 8 seuns en dogters) Indien ‘n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Nadia gemaak word.JuniorsTennisoefening: Maandae 16:00 – 17:00 (by Jean – Top 8 seuns en dogters) Indien ‘n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Lizahn gemaak word.LigaRondomtalieDie finale rondomtalie vir die dogters is op Woensdag 25 Junie gehou. Die top 10 dogters van die eerste rondomtalie het aan die tweede een rondte deelgeneem en ons het dus ons top 8 posisies vir die 2014-seisoen bepaal.Die rangleer vir die liga is soos volg:Seuns Dogters1. Reuben du Toit 1. Lize-li Smit2. Herman du Plessis 2. Mathilda Steyn3. Ruben Kruger 3. Ela Babüroğlu4. Juan Neveling 4. Carla Dannhauser5. Deon Muller 5. Emma Dirks

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

4

6. Jack van der Merwe 6. Ané Dannhauser7. Wilhelm de Klerk 7. Kara Schreuder8. Karl van der Westhuysen 8. Monique BouwerHier volg die voorlopige ligadatums vir die derde kwartaal:Juniorseuns:29 Julie Fairland A vs KDS A (weg) Fairland B vs King David Sandton (tuis)12 Augustus Fairland A vs Crawford Sandton A (tuis) Fairland B vs Louw Geldenhuys B (tuis)26 Augustus Fairland A vs Crawford Lonehill A (weg) Fairland B BYE9 September Fairland A vs Trinity A (tuis) Fairland B vs Trinity B (weg)23 September Fairland A vs Louw Geldenhuys A (tuis) Fairland B vs ?????Juniordogters:3 Augustus Fairland A vs Crawford Sandton (tuis) Fairland B vs Montrose (weg)19 Augustus Fairland A vs Louw Geldenhuys (weg) Fairland B vs Trinity (tuis)2 September Fairland A BYE Fairland B vs Louw Geldenhuys (weg)16 September Fairland A vs Aurora (tuis) Fairland B vs Parkview (weg)23 September Fairland A vs Trinity (weg) Fairland B vs Crawford Sandton (tuis)St. Benedicts

Die juniorseuns A-span het gedurende die vakansie aan die jaarlikse St. Benedicts-tennistoernooi deelgeneem. Hulle het algeheel 5de geëindig. Seuns, ons is baie trots op julle!

SKAAKOefeningGr. 1: Kamer 22 13:30 – 14:15Gr. 2 en 3: Kamer 25 14:00 – 15:00 Gr. 4 – 7: Kamer 1 15:00 – 16:30Gr. 2-leerders moet in die wagklas wag totdat skaak begin.Alle spelers moet asb. skaakoefeninge bywoon. Spanne word nou gefinaliseer vir ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind. Liga begin op 28 Julie. Hier volg die voorlopige liga-bepalings vir die onderskeie spanne:Ontwikkelingsan:28 Julie vs Trinity Randpark weg11 Augustus vs Jan Celliers tuis25 Augustus vs Louw Geldenhuys tuis8 September vs Trinity Randpark weg15 September vs Fontainebleau tuiso/9-span:28 Julie vs Fontainebleau tuis11 Augustus vs Blairgowrie weg25 Augustus vs King David Victory Park tuis8 September vs Northcliff Primary weg15 September vs Louw Geldenhuys tuiso/11-span:28 Julie vs Blairgowrie tuis4 Augustus vs Northcliff Primary weg11 Augustus vs Trinity Randpark tuis25 Augustus vs L/s Piet van Vuuren tuis8 September vs Trinity Little Falls weg15 September vs Bordeau Primary weg22 September vs Fontainebleau tuiso/13-span:28 Julie vs Louw Geldenhuys weg4 Augustus vs Trinity Randpar tuis11 Augustus vs Northcliff Primary tuis25 Augustus vs BYE8 September vs Blairgowrie tuis15 September vs Jan Celliers weg22 September vs Trinity Little Falls wegSkaakgroeteAnnemarie Heymans

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

5

KRIEKETKriekettoer – eerste spanUitslae:Fairland vs Ellisras Fairland wen met 106 lopiesFairland vs Stella Fairland wen met 70 lopiesFairland vs Ermelo Fairland wen met 10 paaltjiesFairland vs Genl. Hendrik Schoeman Fairland wen met 46 lopiesBaie geluk aan die eerste span met hulle puik uitslae. Sterkte vir die seisoen wat voorlê.Baie geluk ook aan Neil Eksteen en Herman Neveling wat gekies is vir die BVP-span!Oefentye:o/9 – o/13:Maandae: 14:15 – 15:45Dinsdae: 13:45 – 15:15Woensdae: 13:45 – 15:15Krieketvaardighede:Gr. 1- en gr. 2-leerders:Maandae: 13:40 – 14:10Dinsdae: 13:10 – 13:40Woensdae: 13:10 – 13:40Micheal VermeulenHOKKIEOefentye: (Dogters)

SPANNE MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 13:30 – 14:15 13:00 – 13:45 (Wedstryde) 13:00 – 13:45

o/8 13:30 – 14:15 13:00 – 13:45 (Wedstryde) 13:00 – 13:45

o/9 14:00 – 15:15 13:30 – 14:45 (Wedstryde) 13:30 – 14:45

o/10 14:15 – 15:30 13:45 – 15:00 (Wedstryde) 13:45 – 15:00

o/11 14:15 – 15:30 13:45 – 15:00 (Wedstryde) 13:45 – 15:00

o/12 14:15 – 15:30 13:45 – 15:00 (Wedstryde) 13:45 – 15:00

o/13 14:15 – 15:30 13:45 – 15:00 (Wedstryde) 13:45 – 15:00

Hokkie-kursus:25 Julie - o/10- tot o/13-dogters01 Augustus - o/7- tot o/9-dogtersKoste: R50.00 per spelerDie kursus word aangebied deur Allistar Fredericks (School of Hockey), Julian Hykes (SA Nasionale speler) asook verskeie ander provinsiale spelers.

Oefentye: (Seuns)

MAANDAE WOENSDAE VRYDAE

15:15 – 16:15 15:00 – 16:00 Wedstryde

D10-hokkieJean-Mari Engelbrecht en Christo de Jong het gedurende die afgelope vakansie vir hulle onderskeie o/13 D10-hokkiespanne gespeel. Dit was op Potchefstroom tydens die streektoernooi vir provinsiale B-spanne in die noorde van Suid-Afrika. Beide dié leerders was instrumenteel in hul onderskeie spanne se prestasies om in die finaal van die toernooi te speel. Jean-Mari het 6 van haar span se 13 doele aangeteken. Een hiervan was afkomstig van ‘n sierlike kerfhou wat die bokant van die doelhok besoek het - wat die toeskouers, veral die seunspelers, in vervoering gehad het. As onder-kaptein moes Jean-Mari ook dikwels toesien dat die wedstrydplan uitgevoer word tydens haar rotasie met die spankaptein. Christo het as doelwagter ook sy staal tentoongestel. In die 6 wedstryde oor 3 dae het hy slegs 1 doel afgestaan. Na ‘n gelykoptelling teen Noord-Wes in die finaal, het sy afrigter hom gekies i.p.v. sy rotasie spanmaat, om die 5 maal 8 sekonde doeluitskietstryd waar te neem. Christo het 3 van die 5 aanslae op die doelhok afgeweer en daarmee die toernooi vir sy span beklink. Welgedaan julle twee. Julle het Laerskool Fairland se vlag hoog laat wapper tydens dié prestige toernooi.LANDLOOPGr. R- tot gr. 7-leerders word uitgenooi om in te skakel by Laerskool Fairland se landloopseisoen. Laerskool Fairland bied vir jou ‘n geleentheid om te leer hoe om te draf, gewoond te raak aan ‘n oefenprogram en lekker fiks te word. Daar is vanjaar 4 ligabyeenkomste.Oefentye:Maandag-, Dinsdag- en Woensdagmiddae: 15:45 – 17:00Donderdagmiddae: 14:00 – 15:00Saterdagoggende oefen ons by Deltapark en die skoolbussie vertrek om 07:00 vanaf die skool en is 09:00 weer terug by die skool vir die leerders wat wil saamry.Kom oefen saam met ons vir die landloopseisoen!Liga-byeenkomste:7 Augustus - Ruimsig14 Augustus - (Sal bevestig word)21 Augustus - Alberts Farm28 Augustus - (Sal bevestig word)

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

6

Die afstand vir elke ouderdomsgroep is soos volg:o/7 – o/10 (seuns en dogters) 2kmo/11 – o/12 (seuns en dogters) 3kmo/13 (dogters) 3kmo/13 (seuns) 4kmONDERSTEUNERSHEMDE EN –PETTEDaar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asb. ‘n ondersteunershemp en –pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan.

INLIGTINGSENTRUMLAPA-BOEKUITSTALLING 28 – 30 JULIE 2014Dis weer sulke tyd, ja boeketyd! Lapa kom stal weer Lapa-boekuitgewers se gunsteling boeke, asook ander uitgewers se boeke uit vanaf Maandag 28 Julie tot Woensdag 30 Julie in die saal. Maak gerus deur die loop van die drie dae ‘n draai en koop ‘n boekbederf vir iemand spesiaal in jou lewe. Die leerders sal weer geleentheid kry om gedurende skooltyd ‘n draai te maak en na die boeke te loer. Stuur gerus vanaf Dinsdag 29 Julie ‘n geldjie saam as u nie self ‘n draai kan kom maak nie. ‘n Pamflet met beskikbare boeke en pryse sal in die week se Vinkie geplaas word.FANIE VILJOEN BESOEK LAERSKOOL FAIRLAND OP DINSDAG 29 JULIEDit is ook weer sulke tyd, en dit is besoektyd van ‘n baie bekende en uiters gewilde skrywer, Fanie Viljoen. Dié skrywer besoek gr. 4- tot 7-leerders op Dinsdag 29 Julie. Hy is die skrywer van o.a. Klou, Kaptein Hamerkophaai, 13 Spookstories, Nog 13 spookstories, Koue Rillings, Grilbrigade en al die Nova-reeks boeke. Beslis nie ‘n geleentheid om mis te loop nie! Besoek die mediasentrum en neem een van sy boeke uit (al sy boeke is hier beskikbaar) of bring ‘n geldjie om een van sy boeke volgende week in die hande te kry. WOW-SPELFEES 2014 Gr. 1 – 3Dié betrokke leerders wat deur is na die tweede uitdunrondte en reeds briefies ontvang het, se skriftelike uitdunne vind soos volg plaas:Gr. 1 Dinsdag 5 AugustusGr. 2 Woensdag 6 AugustusGr. 3 Donderdag 7 AugustusDie betrokke leerders sal na die inligtingsentrum geroep word deur die loop van die dag en dan sal hulle ‘n skriftelike toetsie aflê. Diegene wat die tweede rondte slaag, sal dan weer genooi word vir ‘n derde, mondelinge uitdunrondte. Gr. 4 – 7Die volgende leerders is deur na die tweede uitdunrondte wat sal plaasvind in die tweede en derde week in Augustus. Hulle het reeds hul briewe ontvang met verdere inligting. Baie geluk aan al die formidabele spellers! Welgedaan!

Gr. 4Ruben Aucamp Megan Badenhorst Andrea BeukesAnton Booysen Ashton Coetzee Caley DamesAné Dannhauser Carla Dannhauser Ben de BruynKyle de Vos Ilouise du Plessis Johan du ToitBennu Dyson Lourens Fourie Zelrie GagianoJayme Geeringh Tiana Goosen Dané KotzéZoë le Grange Margaux le Roux Lyné OlivierAnika Oosthuizen Dené Potgieter Raine PretoriusMaria Prinsloo Alain Robinson Jacques ScheltemaLea Simpson Marcel Steyn Lené UeckermannJack van der Merwe Karl van der Westhuizen Luan van EedenAndré van Graan Lana Vos Franco VoslooZack van Niekerk Elize Naude Gr. 5Kyla Booyens Suné Botha Charlie de KockRheinard Ferreira Caitlin Goosen Luan HusselmannLiam Keuler Lize-li Smit Mathilda SteynInez Terblanche Megan Townsend Steffahn van der WesthuizenSchalk Viljoen Gr. 6Pieter le Roux Anja Steyn Henri van der WesthuizenKyle Vorster Shaun Wilson Gr. 7Saskia Bowman Xander Coetzer Nicola de BruynMarig Engelbrecht Ruan Fritz Imke JonkerChris Meintjes Shanelle Nagel Mika NelAidan Parsons Hilde Rabie Ian Small-SmithKristi Steyn Daniël Swart Chloë van DeventerMarkus van Zyl ATKV-LEESPROJEK, gr. 6- en gr.7-lesers: 6 AugustusOnthou om jou boeke deur te lees asook op te som. Jy is self verantwoordelik om boeke te kom ruil en seker te maak dat jy al die boeke gelees het. Eksamendatum: 6 Augustus. Briewe en opsommings is aan betrokke deelnemers uitgedeel. Doen net jou bes, die res volg vanself!BATTLE OF THE BOOKS, gr. 6- en gr. 7-lesers: 28 AugustusOnthou om jou boeke (minimum van vier) deur te lees en op te som. Jy is self verantwoordelik om boeke te kom ruil en seker te maak jy het jou boeke gelees en opgesom. Datum van eerste uitdunrondte: Donderdag 28 Augustus. Augustus is ‘n ware leesfees-maand hier by Laerskool Fairland!Geniet dit!Leanie Taljaard

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

7

ALGEMEENVERE-KASVere-kastye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroeteLillian Ankersmit082 324-5034NASKOOLSENTRUM‘n Baie groot dankie aan die personeel wat so hard gewerk het en toesig oor die naskoolleerders gehou het. ‘n Dankie uit ons hart vir Grethe Doubell-Schüssler en haar span wat die leerders telkens met ‘n heerlike eetdingetjie verras het.DANKIEOns wil ook baie dankie sê vir Grethe Doubell-Schüssler wat gereël het dat ons skool ‘n skenking kry van koorbankies van die Pro Cantate-koor. Ons waardeer die groot gebaar ongelooflik baie.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDDie beheerliggaam het besluit dat daar vir die volgende vier sportkodes (buiteskoolverband) koördineerders uit die personeel aangestel word. Hierdie persone sal slegs die nodige inligting deurgee. Geen afrigting sal verskaf word nie. • Gholf - Ruan Basson ([email protected])• Swem - Johanette Judels ([email protected])• Avontuursport - Lindsay Stadtlander ([email protected])• Ruitersport - Marli Grobbelaar ([email protected])Ruitersport Resultate vir die vierde skoleliga gehou te Maple Ridge Equestrian Farm op Sondag 8 Junie.• Caitlin Kruger neem aan 3 items deel en behaal

‘n tweede plek vir dressage vlak 1, ‘n 8ste plek vir “Equitation” en ‘n 10de plek vir “Working Riding” met haar perd, Midnight Express.

• Kyla Booyens neem aan 3 items deel en behaal ‘n 3de plek vir skouspring (50 cm), vlak 1, ‘n 7de plek vir “Working riding” en ‘n 11de plek vir skouspring met haar perd, Coco.

• Carla Keulder neem aan 9 items deel en behaal ‘n eerste en vierde plek vir “Performance Riding” vlak 1, ‘n 3de en 4de plek vir “In-hand Utility”,

‘n 3de plek vir “Working Riding”, ‘n 2de en 4de plek vir “Working hunter”, ‘n 4de plek vir “Equitation” vlak 4 en ‘n 4de plek, vlak 4 (80cm) vir skouspring met haar 2 perde, Blaze en Falcon Bolero.

• Cherise Wybenga neem aan 6 skouspring-items (90, 100 en 110cm) deel. Sy behaal 6 eerste plekke (vlakke 5, 6 en 7) met haar 3 perde, Cruisa Strawberry, Bob Marley’s Rasta en Cruisa Angel’s Delight.

• Yahsna Higgins neem aan 4 items (skouspring, working riding en “Equitation”)deel. Sy behaal ‘n 9de en 11de plek vir skouspring vlak 2 (60cm) met haar perd, Master Gimli.

• Angie Geyser neem aan 4 items (Equitation, working hunter en skouspring) deel. Sy behaal ‘n 2de plek vir skouspring (70cm), vlak 3 met haar perd, Kismet.

Baie geluk aan die ruiterspan! Ons hoor julle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou met jul optog met die Fairlandbanier en jul perde mooi getooi in die skool se kleure!Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Gautengwes-span:Cherise Wybenga Angie Geyser Carla Keulder Kyla Booyens Caitlin KrugerRuitersport Uithourit te SondelaRheinard Ferreira en sy aqrabierperd Heimdahl Cavalheiro, het op 24 Mei 2014 by die Sondela Natuurreservaat aan ‘n 60 km uithourit deelgeneem. Die rit word jaarliks aangebied deur die Premier Uithouritklub. Behalwe vir blase op die hande het hulle heelhuids anderkant uitgekom!Rheinard en Cavalheiro het die afstand in 5 uur 16 minute voltooi, die 2de vinnigste tyd in die afdeling vir kinders 10 tot 14 jaar op ‘n beginnerperd.

KRIEKETJohan Bredenkamp is na afloop van die somerseisoen uit meer as 400 seuns van alle ouderdomsgroepe aangewys as die speler van die jaar by Randburg-krieketklub. Hy het ook verskeie ander toekennings ontvang vir beste kolwer in sy ouderdomsgroep, boulwerk en vir sy span wat al hulle wedstryde gewen het. Baie geluk Johan!JUDOEric Beyl het weer op Saterdag 7 Junie aan ‘n judokampioenskap deelgeneem en ‘n goue medalje verower. Dit was vir die Gauteng Regional Ranking in die 21kg- groep wat ook op ‘n uitklopbasis beslis was.Baie geluk Eric!

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

8

KARATEBarend Rabie het op Saterdag 31 Mei deelgeneem aan die KDISA Nasionale Kampioenskap by die Berario Ontspanningssentrum. Hy het derde geëindig in die witbelt-kata vir seuns 7 jaar oud. Hiervoor het hy ‘n bronsmedalje verower. Baie geluk Barend!Bianca Kotze het ook op Saterdag 31 Mei aan die KDISA Nasionale Kampioenskap deelgeneem. Sy het eerste geëindig in haar kategorie vir die kata-afdeling en verower ‘n goue medalje!Hou so aan Bianca! Ons wag vir die swartbelt!AKROBAATNicola de Bruyn het aan die Sentraal-Gauteng akrobaat streekskompetisie deelgeneem en haar Sentraal -Gautengkleure verwerf met ‘n punt van 8.73. Sy het haar provinsie op 21 Junie verteenwoordig by die Senior Nasionale akrobaatkompetisie in Pretoria.RITMIESE GIMNASTIEKLuané Human het op Saterdag 24 Mei aan die Sentraal-Gauteng streekskompetisie in ritmiese gimnastiek deelgeneem. Sy het ‘n 4de plek behaal met haar vloerdans en algeheel het sy ‘n 5de plek behaal. Hiervoor verwerf sy haar Sentraal-Gautengkleure en neem op 28 Junie deel aan die provinsiale kompetisie.Emma Groeneveld het tydens dieselfde kompetisie vyfde plek behaal vir die vlak 1 o/7 tou-item, asook algeheel 6de plek vir die o/7-groep. Hiervoor verwerf sy ook haar Sentraal-Gautengkleure en neem op 28 Junie deel aan die provinsiale kompetisie.Lomé Roberts het ook aan bogenoemde kompetisie deelgeneem en sy verower ‘n 2de plek vir die tou-item en ‘n algehele 4de plek. Sy verwerf ook haar Sentraal-Gautengkleure en verteenwoordig haar provinsie op 28 Junie.Cara de Wet verwerf by dieselfde kompetisie ‘n 5de plek vir Tou, ‘n 4de plek vir “freestyle” en ‘n algehele 3de plek en ‘n bronsmedalje. Sy verwerf ook haar Sentraal-Gautengkleure.Delané Potgieter het ook aan die kompetisie deelgeneem en eindig 4de in die o/8- groep, vlak 2 waar sy haar Sentraal-Gautengkleure verwerf en deurdring na die nasionale kompetisie op 27 en 28 Junie.Leah Groeneveld het op Saterdag 24 Mei aan die Sentraal-Gauteng Kampioenskap deelgeneem. Sy het eerste plek behaal vir die vlak 2 o/8- hoepelitem, asook ‘n eerste plek vir die o/8- bal-item en sy is as die algehele wenner vir o/8 aangewys en verower hiermee drie goue medaljes!Sy het ook die trofee vir die hoogste algehele punt in vlak 2 vanaf o/8 – o/12 ontvang. Sy verwerf dus ook haar Sentraal-Gautengkleure en dring deur na die provinsiale kompetisie. Baie geluk Leah! Dit is ‘n pragtige prestasie en ons is baie trots op jou!

Jenna-Ashley Labuschagne het junior Sentraal- Gautengkleure verwerf en sal op 27 en 28 Junie Sentraal-Gauteng verteenwoordig by die ritmiese interprovinsiale kompetisie. Baie geluk Jenna! Ons hou vir jou styf duime vas.MUSIEKCara Oosthuizen behaal 2 sertifikate met ‘n A++ simbool vir haar blokfluitsolo – klassiek en populêr by die Hoërskool Florida Musieksentrum se kunswedstryd.Mart-Leen Oosthuizen behaal 3 sertifkate met ‘n A+ simbool vir haar klarinetsolo – klassiek en populêr asook vir klaviersolo: eie komposisie by dieselfde kunswedstryd.Die twee sussies het saam deelgeneem aan ‘n klarinet – en blokfluitduo en hier behaal hulle ‘n A+ simbool.Baie geluk aan die twee opkomende musikante! Ons is trots op julle!

ADVERTENSIESCONSTANTIA SKOOLKLEREOuers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het.Tel.no.: (011) 791-1300Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburge-posadres: [email protected] leweransier:Sportmans Warehouse:Tel.no.: (011) 431-0406Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburgwebtuiste: www.schoolandleisure.co.zaSUPER SEWES - KAMP (Voorbereidingskamp vir hoërskool)Datum: 9 OktoberKoste: R800 per persoon + R70 busgeldKontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080) Wimpie Kritzinger (082 672-3332) Ds. Anton Ferreira (082 495-5968RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOLKlavier // Dromme // Viool // Sang - Beginners tot gevorderd. Berario Ontspanningsentrum.Retha – 081 351-7491TAG-a-LONG Label SpecialistsIs jy gefrustreerd met jou kinders se klere en hul belangrike persoonlike besittings wat verlore raak? Is jy opsoek na ‘n kwaliteit produk wat effektief en maklik is om te gebruik? TAG-a-LONG Label Specialists het die oplossing! TAG-a-LONG verskaf al 5 jaar kinderetikette aan die Suid-Afrikaanse mark. Ons gehalte produkte kan gebruik word om klere, boeke, skryfbehoeftes en

Page 9: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

9

kosblikke te merk . . . en dit teen bekostigbare pryse! Het jy enige knope of some wat verstel moet word of dalk ‘n wapen en balkies wat aangewerk moet word? Skakel/sms my gerus of stuur ‘n e-pos sodat ek vir jou meer inligting aangaande ons produkte, pryse en dienste kan verskaf.Elke JansenSel nr.: 082 777 5630E-pos: [email protected] of [email protected]

Page 10: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 · PDF file · 2014-08-1406 Augustus Al die akteurs/karakters Dansgroep Counting stars 13 Augustus Al die graad sewes finale Al die graad

10